Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 13 Maart 2013

Vroeër

GRATIS

Nou

‘Ons voel verraai. Ons het bykans twee dekades hierna gekyk. Niemand kan dit bekostig om dit op eie koste nat te lei ook nie.’ VROEËR. Inwoners van huise langs ’n sirkelvormige pad rondom ’n park in Hadisonpark het gedeeltes van die park die afgelope aantal jare in stand gehou, soos die sny van gras en die aanplant van bome en struike. Hulle is hewig ontsteld, omdat dit nou tot niet gaan. Foto: Emile Hendricks

NOU. Onooglik. Sedert die gratis watervoorsiening deur die Sol Plaatje­munisipaliteit gestaak is, het die park vinnig agteruitgegaan en selfs in ’n stortingsterrein ontaard. Inlas: Die roosbo­ me vrek nou vinnig. Foto: Louis Botha

Verval in park ontstel

Inwoners bitter oor agteruitgang sedert verkoop van erf Ruan Bruwer BAIE inwoners van Hadisonpark is teleurgesteld, bitter en ontevrede oor wat met “hul park” aan die gang is. Die park, vroeër ’n gewilde speelplek vir kinders van die omgewing, is nou ’n onooglikheid en vinnig aan die agteruitgaan en word ’n stortingsterrein. Inwoners van 40 omliggende huise het die park – omring deur Yolande- en Goffeesingel – van sowat 1,9 hektaar etlike jare op eie koste gekoester, versorg en onderhou terwyl dit aan die Hadisonpark-

trust behoort het. Die munisipaliteit het wel die water voorsien. Die trust is gestig om die park as ’n groen gebied vir die omgewing te behou. Dinge het egter verander toe die park aan ’n private ontwikkelaar, volgens die munisipaliteit Theo Payton, verkoop is om dit vir woondoeleindes te hersoneer om 50 meenthuise daarop te bou. Hy wou aanvanklik 144 laekostewoonstelle daar oprig, maar is tot 50 meenthuise beperk. Hy moet vir die voorsiening van basiese dienste betaal. Hy moes ’n aansoek by die muni-

sipaliteit vir die goedkeuring van die terrein- en bouplanne indien voordat enige geboue opgerig word. Die bouery sou in Januarie begin het, maar geen teken is nog te sien dat dit binnekort gaan gebeur nie. “Die watervoorsiening het skielik onlangs opgehou en sedertdien is die tuindienste ook opgeskort. Kinders het van ver gekom om hier te speel. “Hier was gedurig krieket- en rugbywedstryde en selfs ’n atletiekbaan. Hier was in ’n stadium selfs ’n foefieslide,” het ’n inwoner, Louis Botha, gesê.

Die hele singel se mense was betrokke en die meeste van hulle het die gedeelte van die park reg voor hul huis in stand gehou. Die Coetzees sê hulle het elke Saterdag die gras gesny, selfs die gedeeltes voor die bure se huise. “Rose is geplant en besproeiing aangebring. Nou het hulle geen doel meer nie.” Otto Scheepers is ook bitter oor die aangeleentheid. Hy het baie moeite met die gras oorkant sy huis gedoen. Hy het baie onlangs ’n doringboom se takke gesnoei en in die proses sy hand sodanig beseer dat dit

geopereer moes word. “Ons voel verraai. Ons het bykans twee dekades hierna gekyk. Niemand kan dit bekostig om dit op eie koste nat te lei ook nie,” het hy gesê. “Alles in Kimberley gaan tot niet. Die park was ’n veilige gebied om in te speel, die ouers kon hul kinders uit hul huise dophou,” het Botha mismoedig gesê. Die inwoners is ook bekommerd dat die bouery gaan sloer en die oop gebied aanloklik vir booswigte gaan word om in leeg te lê. Payton kon nie vir kommentaar opgespoor word nie.


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013

Jy dalk volgende wenner BENEDICT LEWIS is die jongste wenner van ’n geskenkbewys van R100 danksy die Diamond Pavilion Shopping Mall. Al wat hy moes doen om dit te wen was om Noordkaap se Facebook-blad te “like”. Hy het dit gedoen en ons het sy naam uit die hoed getrek. Dié week kan dit jou beurt wees. Gaan eenvoudig na Facebook en soek “Noordkaap koerant”. Of tik die volgende adres by Internet Explorer in om vinnig daarby uit te kom – www.facebook.com/NoordkaapKoerant. Loer na die blad waar jy baie ekstras sal vind. Ons laai ook gereeld ’n spotprent, grappie of iets vermaakliks op. Ons hou die Kimberley-publiek ook op die hoogte van dit waarvan hulle moet weet. Sien ook ekstra foto’s van die Mnr. en Mej. Diamantveld-geleentheid. Sou jy nie die harde kopie in die hande kry nie, sal jy hier kan sien watter stories in die koerant verskyn het. Maar moenie vergeet om te “like” nie. Vandeesweek se geskenkbewys moet ’n eienaar kry.

Reunion planned DID you attend the Commercial High School/ Hoër Handelskool Kimberley between 1976 and 1989? A reunion is being planned for the weekend of 25 to 27 October for these old boys, girls and teachers. Contact Christoline Abbott Hodgson on email at comreunion@mweb.co.za or call 082-372-3975 during the day.

Ekspoprogram het iets van als DIE Rietrivier-landbou-ekspo in samewerking met GWK word Vrydag en Saterdag op Modderrivier gehou. Die program begin Vrydag al om 06:00 met ’n manne-ontbyt met Trevor Gaw en Flip Kühn. Van 09:00 af word bustoere na besigtiging van watervoorsiening en verskeie aanplantings onderneem. Landbousprekers sal by besoekpunte praat en daar sal landboudemonstrasies wees. Vir die kinders is daar heeldag ’n pretpark. Om 13:00 sing Hugo, Wieda en Wiets. Later, om 19:00, tree die gewilde duo Lianie May en Jay op. Saterdag kry die vroue hul beurt met ’n vroue-oggend waar Lizz Meiring die gasspreker is. Die hekke open om 09:00 en deur die dag sal ’n potjiekos- en armdrukkompetisie aangebied word. Die Superrugbywedstryde kan op ’n groot skerm gekyk word. Hugo, Wieda en Wietz sal weer optree, daar is ’n 4x4- en ander voertuiguitstallings terwyl stalletjies en kindervermaak die hele dag aan

JAY en Lianie May. die gang is. Toegang vir volwassenes is R50 per persoon en vir kinders kos dit R30. Rig navrae aan Marina by 083-3967967.

‘Blanket of awareness’ to cover Karoo THE William Humphreys Art Gallery’s prison project in the female Correctional Service Centre in Kimberley is currently working on an initiative in collaboration with the Boitumelo project called Karos vir die Karoo. The aim of this project is to cover 1 000 square metres of the Karoo with a “blanket”. The “blanket” will consist of a number of smaller blankets. This is going to be a major land art

event of which the main aim is to draw attention to the threat of fracking in the Karoo. The project is in desperate need of materials. If you have any wool or knitting yarn, knitting needles or crochet hooks, the gallery would welcome it as a donation towards this project. If you would like to knit a blanket yourself or for more information, phone Liz Bosman at the gallery on 053-831-1724/5.

Vryfees het jou stem nodig

Lions host car boot sale

DANKSY die SMS-stemme wat die ondersteuners van die Vryfees in Januarie uitgebring het, is die fees in die kykNET-Fiëstakompetisie as een van die vier gewildste feeste in Suid-Afrika benoem. Ondersteuners van die Vryfees moet nou verder vir hul gunsteling-fees stem om te verseker dit word op 22 Maart as wenner aangewys. Om te stem stuur ’n SMS na 33690. Begin die SMS met die kode A4 Vryfees. SMS’e kos R1,50. Slegs 30 SMS’e per elke selfoonnommer word toegelaat. Die stembus sluit op 14 Maart. Die ander drie benoemde feeste in die kompetisie is Innibos, KKNK en die Renosterhoringfees. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal ook nie verreken word nie. ’n Onafhanklike ouditeursfirma sal die resultate hersien.

THE Lions Club of Kimberley, as part of their programme of serving their community, is organising and hosting a car boot sale in the Trim Park Car Park off Oliver Road this Saturday from 09:00 until 13:00. The fee per car for a space to sell anything you like (within reason) from your car boot is R50. This allows you space for your car and a small table to display your goods. Don’t miss this chance to sell some of those bits and pieces that you are reluctant to give away because they are at least worth something and you will only part with them for money. Come and enjoy the outdoors and possibly pick up a bargain. It is perhaps worth remembering that your trash is someone else’s treasure. Refreshments will be on sale. All proceeds and donations go towards the Lions Club charity account which supports local charitable causes. For more information, phone Cornell Viljoen, the club’s president, on 082-788-2023.

Birds under discussion RONELLE VISAGIE of the Platberg Karoo Raptor Project of the Endangered Wildlife Trust will give an illustrated talk on Working with birds in the Karoo at the public meeting of the Wildlife and Environment Society of South Africa on Tuesday, 19 March. Ronelle is a farmer’s wife who for many years has monitored and ringed birds of prey, checked power lines for bird mortalities and mediated cases of conflict between these birds and farmers. Anyone who is interested is welcome to attend the talk. Cost is R10 for non-members. The talk will begin at 18:30 at the Lady Oppenheimer Hall, McGregor Museum (use the back gate in Egerton Road). Direct any enquiries you may have to Suzanne on 082-849-7655.

Klublede deel passie vir hengel DIE Kimberley-ligtegerei-boothengelklub is onlangs gestig en het reeds voorverlede naweek sy eerste kompetisie by die Vanderkloofdam gehou. Die klub bestaan uit 12 amptelike lede en volgens die sekretaresse van die klub, Adéle van Niekerk, is hulle hoopvol hulle sal tot 40 lede kan vermeerder. Skippie Scheepers is as die klub se eerste voorsitter verkies. Die wenners van die eerste kompetisie was in die mansafdeling Kobus van Niekerk wat ’n karp van 4,3 kg uit die water gehaal het en Linda Scheepers wat onder die vroue koning gekraai het met haar karp van 3 kg. Op die stigtingsvergadering is Warrenton, Barkly-Wes, Douglas, Vanderkloofdam, Broadwater, die Bloemhofdam, die Allemanskraaldam en die Erfenisdam as moontlike hengelplekke geïdentifiseer. Die volgende kompetisie is vir 3 en 4 Mei by Broadwater gereël. Hengelliefhebbers wat daarin belang stel om hulle by die klub aan te sluit, kan Van Niekerk op adele@chaztech.co.za of by 053-8312080 bereik.


NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013

Húlle dra die kroon ALWINA MALHERBE, Mej. Leefstyl.

DRA die kroon. Rikus van Wyk en Michelle du Plessis is verlede week uit ’n groep van 20 finaliste as onderskeidelik Mnr. en Mej. Diamantveld op die skool se jaarlikse glansaand ge­ kroon. Die kompetisie se hoofdoel is om geld vir die matriekafskeidgeselligheid later vanjaar in te samel. Die tema vir die aand was I adore Paris. Ian Lessing was die eerste prins, Marlé van Zyl eerste prinses, Stefan Steyn tweede prins en Anchen Strauss die tweede prinses. Foto’s: Louis Botha Fotografie

BOETA ALLEN en Marlé van Zyl was onderskeidelik Mnr. en Mej. Persoonlik­ heid.

RIKUS VAN WYK was ook as Mnr. Fotoge­ nies aangewys. Anchen Strauss het met die titel van Mej. Fotogenies weggestap.

MNR. LEEFSTYL: Ian Lessing.

3


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013

Skeidsregters dringend nodig RUGBYSKEIDSREGTERS is ernstig aan die kwyn hier in die Noord-Kaap, maar ook in die res van die land. Niemand sien eenvoudig meer kans om blootgestel te word aan al die kritiek nie. Want kritiek sal daar gewis wees. Sommige ondersteuners probeer dit soms hul taak maak om die skeidsregter, ’n maklike teiken, persoonlik by te kom, veral wanneer hul span slae gekry het. In Griekwaland-Wes moet skeidsregters ’n baie groot deel van hulle Saterdag opoffer om wedstryde te laat plaasvind. Sonder ’n skeidsregter is ’n wedstryd tog nie moontlik nie. Saterdag was twee van Griekwas se voorste fluitjieblasers by drie wedstryde betrokke en het tussendeur ook nog tussen Kimberley en Hartswater gependel. Daar word baie opofferings gemaak,

skeidsregters oefen hard om topfiks te wees om sodoende die beste moontlike beslissings te maak en daar word ook nog baie tyd met die reëlboek gespandeer. Om oor tien jaar nog genoeg skeidsregters te hê om aan die behoefte te voldoen, moet daar nou reeds nuwe fluitjieblasers gewerf word. Jy sal graag daardie persoon wil verseker hy sal dit geniet. Soos sake nou staan, waar toeskouers willens en wetens skeidsregters beledig en daarmee wegkom, is dit moeilik om daardie versekering te gee. Skole en klubs wat wedstryde aanbied het ’n verantwoordelikheid en plig om toe te sien dat daar teen toeskouers opgetree word wat ’n skeidsregter openlik persoonlik beledig. Elkeen wat rugby ondersteun, het ’n plig om fluitjieblasers teen hierdie mense te beskerm in beswil van die spel.

Die Diamantstad se koerant

SKETS: Danie Cronjé

Laat Sy wil geskied Ds. Hannes Noëth LANGS die sterfbed van iemand beleef ’n mens van die mees intense emosies moontlik. Die skrywer Rainer Maria Rilke het juis gesê om ’n enkele goeie vers te kan skryf, moes jy al langs die sterwendes gesit het. Dit raak ’n mens. Dit put jou emosioneel uit, maar dit voed ook. Daar langs die sterfbed beleef ’n mens intense groei-oomblikke. Daar waar die tyd stil raak en dinge skielik anders beskou word, daar groei jy soms baie meer as wat jy verwag. So het ek in ’n stadium saam met ’n ma langs haar sterwende seun gesit. Ons het baie gekuier. Saggies, fluisterend. Heelnag. En nog ’n dag. Weer ’n nag. Haar kind is daarna oorlede. Daar waar ek en sy gesit het, het tyd nie saak gemaak nie. Ander krisisse, probleme, afsprake en bekommernisse het verbygegaan. Hier het ons gewag vir die onwerklike. Vir haar was dit so onnatuurlik. Sy het my vertel hoe sy gewag het dat hy gebore moes word. Sy het gewag vir die lewensoomblik. Hoe geweldig was haar afwagting. Amper soos nou. Nou wag sy egter vir die sterwens-

oomblik. Sy het gewag dat ’n lewe begin. Nou moet sy wag dat die lewe eindig. Dit was so midde van die eerste nag dat haar seun haar nader gewink het. Vir my ook. Hy wou graag met ons praat. Vir ons iets vra. Hy het met sy ma gepraat. Sy het haar kop geskud. Hy het weer gevra. Hy het gevra dat sy ma moet bid dat hy sterf. Hy kon die lyding nie meer verduur nie. Maar sy het sy ma gebly. Haar antwoord was kort en sterk: “ ’n Ma kan mos nooit so bid nie.” Sy het sy opdrag na my gedelegeer. “Dominee, bid jy, maar bid reg. Ons kan nie vra dat hy sterf nie.” Haar oë was simpatiek en het self swaargekry, maar haar verstand was reg toe sy my die opdrag gee: “Bid dat God se wil sal geskied. Bid net dit.” Toe hy sterf, het sy daarna terugverwys: “Sy wil het geskied. Nou is ek rustig.”

BERIGTE oor Kimberley wat die afgelope week in die nuus was: ) Die stadige groei van die Noord-Kaapse ekonomie beteken die provinsiale regering kan nie werkgeleenthede vir werkloses skep nie, aldus Fred Wyngaard, Noord-Kaapse Cope-leier. Wyngaard het gesê die NoordKaap se groeikoers was in 2012 net 2,5%. Volgens die nasionale regering is ’n groeikoers van 6% nodig om op groot skaal werk te kan skep. ) ’n Amptenaar in die stadsbeplanningsafdeling by die Sol Plaatje-munisipaliteit is weens beweerde korrupsie in hegtenis geneem. Die amptenaar het na bewering hersoneringsaansoeke teen betaling van ’n lid van die publiek in ontvangs geneem en dit dan verwerk. Yonela Bala is deur die Valke en munisipale sekuriteitsbeamptes in hegtenis geneem. ) Grizelda Cjiekella, waarnemende premier, het in haar repliek op die debat oor haar provinsiale rede haar sweep ’n paar keer in die rigting van die opposisie laat klap. Volgens haar was haar rede ’n openlike en deursigtige weergawe van die werk van die regering om mense se lewensgehalte te verbeter. Sy het onder meer gesê heelwat vordering is gemaak met die regstellingswerk wat betref die bou van die nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley. ) Die vonke het ’n paar keer in die wetgewer gespat met die opposisie wat weer uitgestap

het en dreig met regstappe, terwyl die ANC gevra het vir optrede teen die opposisielede oor dié “aanhoudende uitstappery”. Die opposisie is beswaard oor die nuwe reëls van die wetgewer en die wyse waarop dit volgens hom deur die ANC deurgedruk is. Zamani Saul, die ANC se provinsiale sekretaris, het weer gesê die “kinderagtige” gedrag van opposisiepartye in die Noord-Kaap het nou die punt bereik waar dit nie meer geduld kan word nie. ) Die eerste graadkursusse – in verpleegkunde en lewens- en fisiese wetenskap – begin in 2015 by die nuwe universiteit in Kimberley. Die B.Ed.-graad wat reeds by die Nasionale Instituut vir Hoër Onderwys aangebied word, word volgende jaar voortgesit. In 2014, wanneer die universiteit na verwagting amptelik sal open, word benewens die B.Ed.-graad nog net diplomakursusse aangebied. ’n Graad in verpleegkunde kom in 2015 by, asook ’n diploma in verpleegkunde.

GEBEURTENISSE op 13 Maart in die geskiedenis: 1701 – ’n Goed bewapende kommando van 40 man vertrek uit Kaapstad om Khoi te verjaag wat 40 stuks vee gebuit het. 1884 – Basoetoland word ’n kroonkolonie. 1888 – De Beers Consolidated Mines Ltd. word gestig om kontrole oor bykans alle diamantproduksie in Suid-Afrika uit te oefen. 1889 – Die Verdrag van Potchefstroom word tussen die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) en die Oranje-Vrystaat (OVS) gesluit. 1900 – Britse magte onder lord Roberts neem Bloemfontein in. 1967 – Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se vliegtuig, Rietbok, stort in die see naby OosLonden neer. Altesame 25 mense sterf. 1991 – Pres. F.W. de Klerk stel twee nuwe ministers aan, maar behou die minister van verdediging, Magnus Malan, ondanks politieke leiers se eise dat Malan moet bedank. 1992 – ’n Aardbewing wat 6,2 op die Richterskaal registreer tref Turkye. Minstens 570

mense sterf. 1994 – Pres. Lucas Mangope van Bophuthatswana bedank en Suid-Afrika stel dr. Tjaart van der Walt aan om tydelik die land se administrasie te behartig. 2004 – Die kabinetminister en voormalige minister van justisie, Dullah Omar, sterf op 69-jarige ouderdom aan Hodgkinsiekte. Geboortes op hierdie dag: 1949 – Rina Hugo, Suid-Afrikaanse sangeres en vrou van Johan van Rensburg. 1982 – Adam Thomson, All Black-flank en Wêreldbekerwenner. 1985– Adnan Akmal, een van drie broers wat vir Pakistan krieket speel.

Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330

Posbus 1583 Kimberley 8300

Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw


NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013

PLUS VERDIEN PUNTE

WEEKLIKSE WENNERS Produk is gestileer vir fotografie

4499 per kg

Grootmaat Stowebeesvleis (Been in)

879

2499

per kg

Elk

Parmalat of Yum Chum Laevet Gladde Jogurt Multipakke Verskeie 6 x 100g

County Fair Vars Heel Hoender met Binnegoed

7499 Jacobs Krönung Koffie 200g

KOOP2

29

15

79

99

PnP Sonneblomolie 2 liter

Snowflake Koekmeelblom 2.5kg

6999

VIR

2400 Coca-Cola Gewone 2 liter

2899

Elk

Firstwatch Whisky 750ml

Twinsaver Enkellaag Toiletpapier 10s

Alkohol Nie Te Koop Aan Persone Onder die Ouderdom Van 18 Nie. Drink Verantwoordelik.

Altyd daar vir jou PRYSE SLEGS GELDIG 12 - 17 MAART 2013 BY ALLE PICK N PAY SUPERMARKTE, FAMILIEWINKELS, MINIMARKTE EN HYPERS IN GAUTENG, VRYSTAAT, NOORDWES, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN EN VRYBURG. BOTSWANA, NAMIBIË, SWAZILAND, LESOTHO EN EXPRESS WINKELS UITGESLUIT. ‘smart shopper’ punte is steeds geldig in Express en Daily Winkels.

www.picknpay.co.za

Herwin Asseblief KLANTHULPLYN TOLVRY: 0800 11 22 88

(SLEGS LANDLYN. SELFOONTARIEWE GELDIG)

Pick n Pay poog om aan die aanvraag vir hierdie promosie-items te voldoen, maar voorrade is beperk. Sommige winkels mag dalk nie party van hierdie produkte in voorraad hê nie. Gaan asseblief beskikbaarheid na: tolvry: 0800 11 22 88 (slegs landlyn of selfoontariewe geldig). Ons streef daarna om te verseker dat alle gedrukte inligting korrek is, maar aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige drukfoute wat mag plaasvind nie. Geadverteerde pryse sluit BTW in waar toepaslik. Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. ‘smart shopper’ bepalings en voorwaardes geld. Sekere produkte is uitgesluit uit die ‘smart shopper’ program. Kyk asseblief in die winkel of gaan aanlyn vir nog besonderhede.

1176504B_A

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013 DIE D.S. Jacobs­landsdiensklub van die Hoërskool Adamantia is ’n tweede jaar agter­ eenvolgens as die aktiefste skole­landsdiens­ klub in die land aangewys. Die klub was in 2009 en 2010 die naaswenner. Wat die pres­ tasie besonders maak, is dat Adamantia met sy nagenoeg 50 lede ander skole met veel meer klublede uitgestof het. Hoe groter die klub, hoe groter die kanse om as aktiefste ge­ kroon te word.

Kry groenvlagstatus vir tuinprojek DIE skool het ook groenvlagstatus van die nasionale omgewingspro­ gram Eco­Schools ontvang vir sy tuinprojek wat hy begin het. Die skool, leerlinge en onderwysers is almal positief teenoor bewaring en herwinning ingestel, het Ada Rheeder, klubleier, gesê. Van links is, voor: Ané Hensberg (voorsitter) en Tanya Sinden (ondervoorsitter); agter: Rheeder en Marelize du Plessis (klubleier).

Fokus op herwinning NOG ’n projek wat Adamantia se landsdiensklub gelei het, is ’n herwin­ ningsprojek. Alle plastiek­, papier­, blik­ en glasprodukte word by die skool herwin en die skool maak selfs geld daardeur. Die leerlinge het onlangs gehelp met die sorteerdery voordat ’n kontrakteur al die her­ winbare produkte kom haal het. ’n Derde projek wat die klub aangepak het, was die bou van uilkaste vir bio­diversiteit.

DIE klub het 15 bome van Eco­Schools gekry om op die skool se terrein te plant. Dit is Vrydag gedoen. Dit is om sy erfenis te bewaar en ’n groen omgewing te skep.


NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013

7


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013

LAERSKOOL STAATS WORD 50 JAAR OUD

VANDAG het die skool ’n netjiese en moderne skoolgebou en ontvangsgedeelte. DIE skool se beskeie hoofingang in die 1970’s.

SY sportgeriewe is van hoogstaande gehalte.

DIE Laerskool Staats se leerlinge het ’n spoggerige optog in Kimberley se strate gehou om sy mondigwording in 1984 te vier. Foto’s: Verskaf

PRES. C.R. SWART was teenwoordig met die opening van die skool­ gebou op 22 Maart 1963 waartydens die skool na hom genoem is. Hier skud hy by die gedenkplaat met iemand onbekend blad.

PRES. C.R. SWART het sy dank dat die skool sy naam dra in ’n brief aan die skool uitge­ spreek.


NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013

Laerskool Staats word 50 jaar oud

Staats vier sy 50ste jaar DIE Laerskool Staats vier vandeesweek sy 50ste bestaansjaar. Al die besonderhede van die feesvierings word in die advertensie op die bladsy vervat. Alle oud-Staatsies, leerlinge, onderwysers en ouers wat voorheen ’n verbintenis met die skool gehad het, kan Elizma du Toit kontak. Haar e-posadres is bemarking@staats.co.za of faks aan 053-832-4592. Besoek die skool se webtuiste www.lsstaats.co.za of volg hom op Facebook en Twitter. Die skool het op 22 Januarie 1963 met 305 leerlinge en agt onderwysers geopen. Die skool het tot die amptelike opening van die skoolgebou op 22 Maart daardie jaar as die Laerskool Klisserville bekend gestaan. Op die dag van die amptelike inhuldiging was die staatspresident van SuidAfrika, in daardie stadium C.R. Swart, teenwoordig.

DIRK BESTER (links), 22 jaar onderwyser en later skoolhoof aan Staats, saam met oud­ pres. PW Botha op ’n besoek aan die Tuin­ huys in 1987.

DIE Laerskool Staats se skoollied.

Besoek die skool se web­ tuiste www.lsstaats.co.za of volg hom op Facebook en Twitter. Hy het glo eers op dié dag amptelik toestemming gegee dat die skool na hom genoem mag word. Die skool het aanvanklik die Laerskool Staatspresident Swart geheet, maar is in 2006 na die Laerskool Staats verander. Met die eerste basaar wat die skool gehou het, is R750 ingesamel. In 2008 is Engels as eerste taal by die skool ingestel en is gr. R-, gr. 1- en gr. 2-klasse ook ingestel.

9


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013

LIONS CAR BOOT SALE: 16 March, Trim Park, Oliver Road. Contact Cornel 082 788 2823.

BRIDGING CASH while waiting for

80 TOP-KALAHARI REDOOIE te koop. Skakel 083 501 0650.

PENSION/ PACKAGE

GESOEK: UNO, GOLF of Cortina-bakkie vir R20 000 kontant. 071 967 0285.

payout (lump sum only)

Cash same day FRANCHISE POOLS AND THATCH. 072 948 7667. NEW POOLS AND RENOVATIONS. MARCH SPECIAL! 4x3 POOL and 4 x3 LAPA, R25 000. 5x3 POOL and 5x3 LAPA, R32 000. 6x4 POOL and 6x4 LAPA, R35 000. 8x4 POOL and 8x4 LAPA, R45 000.

Tel. (053) 8312190 START YOUR OWN BUSSINESS. . Your own boss . Make money . No risk, national company SMS name/town to 082 652 1500.

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951

Ek is dringend op soek na 'n tuinwoonstel vir R2 300 (w en l ingesl.) naby Northern Cape Mall vanaf 1 April 2013. Skakel 053 842 3380.

RECEPTIONIST NEEDED FOR GUESTHOUSE. Experience in food preparation. Check-ins, invoices, must be computer literate. Fax CV with references to: 086 621 3187

Seeking committed entrepreneurs to build own enterprise. Part or full time. No risk. Sms name, town to 082 463 7998. VERKOOPSPERSONE

SELF-CATERING ACCOMMODATION in Margate. Affordable holiday accommodation available. Each unit can sleep 6 persons, within walking distance to Margate Main Beach. For enquiries please send an e- mail to: margate3056@gmail.com

met Graad 12 en algemene kennis van elektries, benodig in Kimberley. Faks CV met verwysings na 053 832 1999.

086 1101 388 083 6700 788

BETREKKINGS


NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013

Seëvier in tennis DIE Hoërskool Noord­Kaap se eerste seuns­tennisspan het op die Hoërskool Fichardt­ park in Bloemfontein se sport­ dag, wat voorverlede naweek gehou is, met die louere weg­ gestap. Van links is Paul­Da­ niel van Dyk, Lukas Oberholt­ zer, Anri Venter en Hanro Nel­ son. Foto: Verskaf

Rooies droom groot oor rugby Ruan Bruwer HOE het jy in skeidsregterskap beland? Die gogga het gebyt toe ek in 1995 vlagman van ’n o.13-wedstryd by die Laerskool Verwoerd was. Kat Swanepoel, voorsitter van die Griekwaland-Wesse Rugbyunie (GWRU) se skeidsregtersvereniging, het die dag geblaas. Hy het daardie dag vir my gesê ek moet my by die unie aansluit. In watter jaar het jy begin blaas? Ek het my in 2001 aangesluit en in 2002 my eerste wedstryd gehanteer. Het jy self rugby gespeel? Net skolerugby. Ek was ’n flank. Vir watter twee spanne het jy jou heel eerste wedstryd geblaas? ’n o.14-wedstryd tussen die HTS Kimberley en Hoër Landbou Noord-Kaap. Wat is die grootste wedstryd wat jy tot nou gehanteer het? Die eindstryd van die Superliga, asook die halfeindstryd om die provinsiale amateurbeker tussen die Haaie en Bulle op Loftus Versveld. Wat is die lekkerste

daarvan om ’n rugbyskeidsregter te wees? Die lekkerste gevoel is om goeie voordeel te speel en die span wat in besit is, gaan druk ’n drie. Ek wil net nommer 31 op die veld wees sodat die spelers hulle kan geniet en ek net daar is om dit regverdig te maak. Wat is die slegste deel? Om die persoonlike kritiek te hoor en van die veld af te stap en te hoor hoe sleg jy is. Wie reken jy is die beste skeidsregter in Suid-Afrika en in wêreldrugby? Op die oomblik het ons die beste skeidsregters in die wêreld. Ek dink Craig Joubert is die beste in Suid-Afrika en Jaco Peyper die beste in die wêreld. Wie was of is jou skeidsregter-mentor(s)? Oubaas Wagner en Mark Lawrence. Mark is op en van die veld af ’n gentleman en ek streef om soos hy te wees. Wat is die grootste flater wat jy gemaak het? Dit was in ’n wedstryd tussen die Hoërskole Noord-Kaap (HNK) en Diamantveld (DHS) se

Ken rugbyreëls “DIE reëls van rugby het te ingewikkeld en gekompliseerd geraak en ek verstaan dit nie meer nie,” hoor ’n mens gereeld. Om vir die reëls makliker verstaanbaar te maak gaan ons voortaan op ons sportblaaie sekere reëls bespreek soos in die internasionale rugbyreëlboek vervat.

Dit is eintlik doodeenvoudig REËL 15: DOODVAT – BAL GROND TOE GEBRING. Die definisie van ’n doodvat: ’n Doodvat kom voor wanneer die baldraer deur een of meer teenstanders vasgehou en grond toe gebring word. ’n Baldraer wat nie vasgehou word nie, is nie ’n doodgevatte speler nie en ’n doodvat het nie plaasgevind nie. Teenstanders wat die baldraer vashou en grond toe bring, en wat ook grond toe gaan, is bekend as doodvatters. Teenstanders wat die baldraer vashou en nie grond toe gaan nie, is nie doodvatters nie. Waar kan ’n doodvat plaasvind? ’n Doodvat kan slegs op die speelveld (dit sluit die doelgebied uit) plaasvind. Wanneer ’n doodvat nie kan plaasvind nie? As ’n teenstander die baldraer vashou en ’n spanmaat van die baldraer bind aan die baldraer, is ’n losgemaal gevorm en kan ’n doodvat nie plaasvind nie. Grond toe bring gedefinieer: a) As een of albei knieë van die baldraer op die grond is, is die speler “grond toe gebring”. b) Indien die baldraer op die grond sit, of bo-op ’n ander speler op die grond, is die baldraer “grond toe gebring”. Die doodvatter: a) Wanneer ’n speler ’n teenstander doodvat en albei gaan grond toe, moet die doodvatter onmiddellik die doodgevatte speler los. Straf: strafskop b) Die doodvatter moet onmiddellik opstaan of wegbeweeg van die doodgevatte speler en die bal af. Straf: strafskop c) Die doodvatter moet opstaan voordat hy die bal speel en mag dan die bal van enige rigting af speel. Straf: strafskop.

ROOIES DE BRUIN HULLE ontvang kritiek ongeag dat hulle in der waarheid uitstekende werk doen om ’n wedstryd volgens die reëls te laat verloop en vloei bewerkstellig het. Boonop kan ’n wedstryd nie sonder hulle plaasvind nie. Ja, rugbyskeidsregters is sekerlik van die mense wat die meeste kritiek – in baie gevalle persoonlik van aard – moet verdra. Ons stel oor die volgende paar weke van ons voorste Kimberley-skeidsregters aan die lesers bekend. Eerste aan die beurt is Griekwas se voorste skeidsregter, Reynard Francois de Bruin (Rooies), wat Vrydag sy 28ste verjaardag gevier het.

o.19 B-spanne. Ek het per ongeluk ’n plaasvervanger vir HNK belet, omdat ek onder die (wan)indruk was die HNK het klaar sy toegelate plaasvervangers gebruik. Die HNK het toe met 14 spelers gespeel en die DHS het in die doodsnikke gaan druk. Oom Kat was toe die afrigter van die HNK en hy het dit nooit vergeet nie. Het jy te midde van kritiek al oorweeg of dit die moeite werd is om voort te gaan? Vroeg in my loopbaan het ’n ouer eenkeer baie lelike goed gesê waarna ek vir Kat gebel het om te sê ek is klaar. Dit het mooipraat gekos om my te keer. Jy raak sterker as mens en dit maak jou ’n beter mens. Het jy doelwitte vir jou loopbaan en wat is dit? Om in internasionale wedstryde as ’n assistent-skeidsregter op te tree. Ek is nog jonk, so die geleenthede is daar. Wat sal jou boodskap aan toeskouers langs die kantlyn wees wat graag kritiseer? Toeskouers moet besef ons is mense en nie perfek nie en almal maak foute. Hulle moet aanvaar en empatie hê.

Sportliefhebber kan só wen HOE goed is jou sportkennis? Is jy die voorbok wanneer daar rondom vleisbraaivure oor sportstatistieke gestry word? Jy kan jou reputasie as sportkenner ’n hupstoot in Noordkaap en SuperSport se sporttrivia-kompetisie gee. Ons gaan weekliks met lesers ’n paar sportfeite en statistieke deel en in die laaste uitgawe van elke maand drie vrae vra. Die antwoord kan uit die vorige weke se inligting kom of nie. Die leser met die korrekte antwoorde wie se naam getrek word, sal ’n geskenkpak van R250 van SuperSport wen. Hier is ’n paar interessanthede vandeesweek: ) Die vierde en laaste toets tussen die Springbokke en die Britse Leeus in 1955 in Port Elizabeth was die eerste wedstryd in SuidAfrika om in kleur opgeneem te word. ) Die Springbokke se toer na Nieu-Seeland in 1956 was die eerste keer dat hulle per vliegtuig gereis het. ) Die Australiër Donald Bradman het in sy toetsloopbaan wat oor 52 toetse gestrek het, 29 honderdtalle behaal en ’n kolfgemiddelde van 99.94 gehandhaaf. ) Shaun Pollock het in 1998 op die Wanderers sy 1 000ste toetslopie behaal sowel as sy 100ste toetspaaltjie platgetrek. ) Jim Hines van Amerika het in 1968 die eerste atleet geword om die 100 m onder 10 sek. op die Olimpiese Spele af te blits. Sy tyd was 9.95 sek.

11


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013

Sport Die Diamantstad se koerant

Buig die knie voor Blou Bulle GRIEKWAS se flank Marnus Schoeman probeer die Blou Bulle­losskakel Tony Jantjies afstamp in die spanne se eerste Vodacombeker­kragmeting Saterdag in die Diamantstad. Die Poubloues het met 32­40 verloor en reis nou Saterdag na Welkom om die Griffons te pak. Foto: Charl Devenish

Kby-skole loop hul vas Hannes Nienaber DIE eerste rugbyspan van die Hoërskool Noord-Kaap het Saterdag op Cradock teen Marlow Landbou in 42 wedstryde slegs sy tweede nederlaag op die rugbyveld sedert 2010 gely. Die Wolramme het Northerns met 12-10 met die kous oor die kop huis toe gestuur. Die besoekers was rustyd met 10-3 voor, maar Marlow se heelagter, Dirk van Wyk, het drie strafdoele in die tweede helfte deur die pale gejaag om die oorwinning te beklink. Noord-Kaap se enigste ander nederlaag was verlede jaar op die Pukke-skouspel teen Glenwood van Durban (13-18). Noord-Kaap was voor Saterdag se nederlaag in 14 agtereenvolgende wedstryde aan die wen-

kant. Diamantveld het ook op sy baadjie gekry toe hy op Louis Botha se sportdag in Bloemfontein met 1829 teen die Hoërskool Sentraal verloor het. Diamonds het met die omdraaislag met 15-10 voorgeloop. Die span se losskakel, Deon van Zyl, het net ná rustyd sy tweede strafdoel deur die pale gejaag om sy span met 18-5 te laat voorloop. Die Tralies het daarna drie drieë gedruk waarvan al drie deur sy losskakel, DP de Lange, verdoel is om die oorwinning te verseker. Van Zyl het in die kragmeting gewys hy gaan vanjaar nog goeie rugby speel. Hy het sy span se eerste drie gedruk en ook met twee strafdoele en ’n doelskop geslaag. Diamonds se agtsteman, Jacques van Zyl, het ook goeie spel gelewer. Landboudal het

met sy oorwinning van 27-13 oor die Hoërskool Vryburg op die Hoërskool Hartswater se jaarlikse sportdag gewys hy gaan ’n aanspraakmaker op die Griekwa-titel vir groot skole wees. Lanties sal teen Duineveld, die Hoërskool Upington, Kathu en Hoërskool Kalahari om die titel meeding. Landboudal is die verdedigende kampioen. Puntemakers: Sentraal 29 (10) – Drieë: Wian Koekemoer (2), Brendan Bruwer, Ben Moodie Addington Mondo. Doelskoppe: DP de Lange (2). Diamantveld 18 (15) – Drieë: Deon van Zyl, JD Swanepoel. Doelskop: Van Zyl. Strafdoele: Van Zyl (2). Marlow Landbou 12 (3) – Strafdoele: Dirk van Wyk (4). Noord-Kaap 10 (10) – Drie: Lux Khoza. Doelskop: Dimitrio

Tieties. Strafdoel: Tieties. Landboudal 27 – Drieë: Zak Janse van Vuuren (2), Christo

Bothma, Haas Benadé, Morris Rossouw. Doelskop: Morris Rossouw. Vryburg 13.

NoordKaap 13 Maart 2013  

NoordKaap 13 Maart 2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you