Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 10 April 2013

De Beers vier 125 jaar

DHS teen HNK

GRATIS

Skolesportfees wag op Kimberliete André Botha

DIE diamantmaatskappy De Beers, wat sy wortels diep in Kimberley se grond het, vier vanjaar sy 125ste herdenking as die land en die wêreld se grootste diamantmaatskappy. Die standbeeld van Cecil John Rhodes, een van die medestigters van die maatskappy, op sy perd is een van die bekendste monumente in die stad. Die standbeeld front noord, wat spruit uit Rhodes se beroemde woorde: Go north, young man, your hinterland lies there. Foto: Emile Hendricks

’n FEES van skolesport wag volgende week op Kimberliete wanneer die eerste jaarlikse sportweek tussen die twee voorste sportskole in die stad gehou word. Die Hoërskool Diamantveld en die Hoërskool Noord-Kaap ding van Maandag af in ’n verskeidenheid sportsoorte teen mekaar mee, met die groot hoogtepunt Saterdag wanneer die twee skole se eerste rugbyspanne mekaar takel. Kragmetings tussen die twee skole in enige sportsoort maak altyd die belangstelling gaande, veral omdat hulle tussen die twee van hulle bykans elke sportsoort oorheers. Volgens die voorlopige program speel die skole se T20-krieketspanne Maandag teen mekaar. Dié wedstryd word op die Diamant-ovaal beslis. Dinsdag is dit die hokkiespanne (seuns en meisies) se beurt. Die junior spanne se wedstryde word by Noord-Kaap gespeel, terwyl die senior spanne mekaar op die astro-baan aandurf. Dinsdag kom die swemmers aan die beurt en ’n vasvrakompetisie, asook ’n debat, word gehou. Dit is by Noord-Kaap.

Donderdag word ’n gholftoernooi gehou. Dit is ’n ope toernooi en spanne wat hulle nog wil inskryf, kan Gerhard Spamer by Diamantveld kontak of 083-294-4828 skakel. Die middag durf die skole se skaak- en tennisspanne mekaar by Noord-Kaap aan. Naas die rugby, sal die netbalkragmeting tussen die eerste spanne ook ’n hoogtepunt wees. Diamantveld het die afgelope klompie jare skolenetbal in Kimberley oorheers. Noord-Kaap het verlede jaar die eerste keer in tien jaar Diamantveld se eerste span geklop. Noord-Kaap sal dit wil herhaal en Diamantveld sal ewe vasbeslote wees om dit nie weer toe te laat nie. ’n Taai stryd kan dus verwag word. Saterdag is die rugbykragmeting wat jaarliks groot opgewondenheid veroorsaak, die wedstryd tussen die eerste rugbyspanne. Te oordeel na die twee spanne se vertoningslys tot dusver die seisoen is Noord-Kaap waarskynlik die gunsteling. Tussen dié twee skole se spanne is geen voorspelling egter ooit seker nie.


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 10 APRIL 2013

Stel rekord op 12 jaar op André Botha KAREN MUIR was 12 jaar oud toe sy haar eerste wêreldrekord behaal het. Daardeur het sy toe die jongste mens ter wêreld geword wat ’n sportwêreldrekord behaal het. Muir, een van die grootste sportsterre wat Kimberley nog opgelewer het, is steeds ’n legende in die stad waar die munisipale swembad na haar genoem is. Sy het haar Springbokbaadjie in 2009 aan die Hoërskool Diamantveld oorhandig. Sy was ’n leerling aan dié skool toe sy haar swemprestasies behaal het en het in 1970 matriek hier voltooi. Die baadjie word nou in die skool se sportsentrum uitgestal. Sy het in 1980 die eerste SuidAfrikaner geword wat ’n plek in die internasionale heldesaal vir swem gekry het. Sy het haar eerste wêreldrekord op 12-jarige ouderdom behaal. Dit was in 1965 in die 110 treë-rugslag op ’n byeenkoms in Blackpool in Brittanje. Daarna het nog wêreldrekords gevolg. Die destydse sportboikot teen Suid-Afrika het meegebring dat sy nooit die geleentheid gekry het om aan die Olimpiese Spele deel te neem nie. Sy het ná matriek haar swemloopbaan gestaak om medies aan die Universiteit van die Vrystaat te studeer. Oor haar planne om ’n dokter te word het sy destyds in ’n artikel in Volksblad geskryf: “En ek is ewe vasberade om Karen Muir MD te word as toe ek na wêreldrekords gemik het.”

Muir wou familie groet “SY het geveg totdat sy weer haar kinders kon sien. Sondag het sy hulle gegroet en saam met hulle gelag.” Só het Karen Muir (De Graad), swemsensasie van die 1960’s, se suster, Liana Barrett, vertel nadat Muir verlede Dinsdagoggend haar jare lange stryd teen borskanker verloor het. Sy is in 2009 gediagnoseer.

Muir (60) is in Barrett se huis op Mosselbaai dood waar sy die vorige paar weke gekuier het. Barrett sê Muir wou by die huis sterf, daarom is sy nie in die hospitaal opgeneem nie. “Sy het ongelooflike wilskrag gehad. Sy het haar dood aanvaar, maar het sterk gebly ter wille van haar kleinkind. Sy was só lief vir haar.”

Muir het in Februarie in SuidAfrika aangekom om by haar familie te wees. Sy het sedert 2000 in Kanada gewoon. Sy het eers by twee van haar dogters, Marietjie de Graad en Ann-Mari Joyce van Durbanville, gekuier. Haar enigste kleindogter, Jemma, is Joyce se dogter en is verlede jaar gebore. Sy het daarna ’n tyd lank op

DIE Kimberleyse swemlegende van die 1960’s, Karen Muir (De Graad), is hier saam met haar kinders. Van links is Karike de Graad, Marietjie de Graad, Muir, Ann-Mari Joyce en Jan de Graad. Die vier kinders het ook aan swem deelgeneem en Karike het die Natalse skoleswemspan verteenwoordig. Foto: Verskaf

Glentana oorgebly voordat sy sowat drie weke voor haar dood by Barrett gaan bly het. “Sy wou graag die rustigheid van die see by Glentana ervaar,” het Barrett gesê. “Ons is baie dankbaar dat sy haar laaste tyd saam met ons kon deurbring. Dit was baie swaar om te sien hoe swaar sy kry. Sy is op ’n beter plek, sy het gaan rus. Maar ek wens ons kon haar nog ’n rukkie by ons hê.” Barrett sê die oud-Springbokrugbyspeler Os du Randt, ’n gesinsvriend van die Barretts, het onlangs by hulle gekuier. “Hy het nou die dag vir my gesê ek moet vir Karen sê sy is net so sterk soos hy.” Muir se toestand het in die week voor haar dood begin agteruitgaan. “Sy het geveg totdat sy haar kinders (die naweek) kon sien. Sondag wou sy opstaan. Sy het haar kinders gegroet. Toe het sy geglip.” Barrett sê die familie is baie dankbaar oor die talle boodskappe van mense, almal wat vir haar lief was. “Sy het nie ’n stukkie haar op haar kop met kwaad gehad nie. Sy was altyd bereid om te help. Dit is wonderlik om te besef hoe belangrik sy vir baie mense was.” Muir word deur haar dogters, Ann-Mari Joyce, Marietjie de Graad, Karike de Graad van Pretoria, ’n seun, Jan van Vancouver in Kanada, twee susters, Barrett en Linda van der Linde, en haar kleindogter, Jemma, oorleef. Sy is op Mosselbaai veras en ’n roudiens is Maandag in Durbanville, waar twee van haar dogters woon, gehou.

Kby treur oor Karen André Botha

KAREN MUIR saam met haar kleindogter, Jemma Joyce. Foto: Verskaf

HULDE aan Karen Muir, die swemlegende van Kimberley wat verlede week dood is, is deur talle mense gebring. Prof. Gert van Zyl, dekaan van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se fakulteit gesondheidswetenskap, het ook simpatie met Muir se familie uitgespreek. “Die fakulteit rou oor haar heengaan.” Muir het in 1977 aan die UV as dokter gekwalifiseer. Op Facebook het talle mense hulde aan haar gebring. Denise Milne het geskryf: “Ons was gelukkig om deur so ’n merkwaardige mens aangeraak te word. Mag sy goed rus.” Marlene Roux de Jager: “Wat ’n wonderlike ervaring om haar te kon ken. Julle was beslis bevoorreg om haar as jul ma te kon hê.” Veronica Abrahamse: “Sy was ons ster, ons held. Ons sal nooit die naam dr. Karen Muir vergeet nie.” Fred Wyngaard, NoordKaapse Cope-leier, het in ’n verklaring gesê: “Karen was en is ’n rolmodel vir NoordKaap se kinders. “Sy was ’n sportster wat hard gewerk het vir haar medaljes.”

KAREN MUIR in haar swemjare.

Foto: Verskaf


NOORDKAAP, WOENSDAG 10 APRIL 2013

3

Diamantveld bring hulde aan Karen MARETH HUGO, waarnemende hoof van die Hoërskool Diamantveld waaraan Karen Muir in 1970 gematrikuleer het, het aan die swemster hulde gebring. As ’n mens in die jare sestig en sewentig van die vorige eeu in die Noord-Kaap grootgeword het, was jy bevoorreg om die wonderkind van swem persoonlik te kon sien en dieselfde paadjies as sy te kon loop. Daardie voorreg het ek as tienjarige gehad. Altesaam 33 jaar later het ek haar ontmoet toe sy die verhoog met die Olimpiese swemkampioen Penny Heyns op ’n spoggeleentheid van die Hoërskool Diamantveld gedeel het. Sy was nog dieselfde nederige mens, sku vir die kalklig, wat ek destyds op ’n afstand bewonder het. Dié innemende, wellewende vrou met die sagte stem was die grootste kampioen

KAREN MUIR se Springbokbaadjie wat sy in 2009 aan haar alma mater, die Hoërskool Diamantveld, geskenk het, word in die skool se sportsentrum uitgestal. Sy het in 1970 aan Diamantveld gematrikuleer. Foto: Emile Hendricks

Muir SA se beste in swem FRIKKIE VAN RENSBURG, voormalige sportredakteur van Volksblad wat as sportverslaggewer gereeld oor Karen Muir geskryf het, het só hulde aan haar gebring. In my lewe as joernalis van bykans 50 jaar het ek honderde sportlui ontmoet, oor hulle geskryf en hul goue oomblikke én hartseer gedeel. Van hulle het met die verloop van tyd ’n spesiale plekkie in ’n ou se hart gekry. Karen Yvette Muir was só ’n besondere mens. Karen het op ’n keer binne 24 uur op vier wêreldrekords op ’n gala in Kimberley verbeter – ’n ongeëwenaarde prestasie tot nog toe in wêreldswem. Ondanks haar ongelooflike swemprestasies het sy ’n baie nederige mens gebly. Karen se gesin het altyd eerste gekom, selfs toe sy nog as mediese dokter gepraktiseer het. Sy het nooit, net nooit, oor haar swemprestasies gepraat nie, want dit sou klink asof sy daarmee wou spog, het sy altoos gesê. Sy was ’n reguit mens, ’n ongelooflike diereliefhebber én -beskermer. ’n Liefdevolle, lojale, hardwerkende, mededingende, verge-

Oues na Weskus DIE ACVV Kimberley bied van 15 tot 21 September ’n toer vir pensioentrekkers na die Weskus aan. Verskeie plekke, onder meer Carnarvon, Calvinia, die Kokerboomwoud en waterval by Nieuwoudville, asook Lambertsbaai en Swartriet en die orgideë- en veldblomskou by Darling, word besoek. Dit kos R5 000. ’n Deposito van R1 000 is betaalbaar om plek te verseker. Bel die ACVV Kimberley-kantoor by 053-831-5815 vir plekbespreking of Ria van der Westhuizen (toerleier) by 082-377-8751 of 053-833-3138.

wensgesinde én grootmoedige mens. Suid-Afrikaners het oor die jare skitterend in die swembad gepresteer, soos Joan Harrison, wat in 1952 die goue medalje in die 100rugslag op die Olimpiese Spele gewen het; Jonty Skinner, wat die wêreldrekord in die 100-vryslag gehou het; Penny Heyns, wat op die eeufeesbyeenkoms in 1996 in Atlanta, Amerika, die 100- en 200-borsslag op die Olimpiese Spele verower het en die wêreldrekords in dié nommers gehou het; asook die goue medaljes wat Cameron van der Burgh en Chad le Clos op 2012 se Olimpiese Spele in Londen ingeoes het. Tog beskou ek Karen Muir steeds as SuidAfrika se grootste swemmer in die geskiedenis. Suid-Afrika besef nie wat die meisiekind van Kimberley vir ons land in ’n tyd van swaarkry beteken het nie. Geen geld, goud of diamante dan, kan dit koop nie. Karen het vier kinders: drie dogters, Marietjie, Ann-Mari en Karike, en ’n seun, Jan, wat net soos sy ma in Kanada gewoon het. Dankie, Karen, dat ek jou kon ken, jou vegtershart kon ervaar – tot op die einde.

wat Diamantveld nog opgelewer het, maar sy was ongeneë om oor haar wonderlike prestasies te praat en het veel eerder haar erkentlikheid en dankbaarheid uitgespreek teenoor die skool, haar ouers en gesin en almal wat ’n rol in haar lewe gespeel het. Toe sy in 2010 haar baadjie aan die skool oorhandig het, het haar rustige deurleefdheid weer opgeval en was die wysheid wat haar woorde onderlê het, opmerklik. Diamantveld bring hulde aan Karen Muir vir wie moontlikhede grootse werklikhede geword het, maar wat die skool se naam nog groter eer aangedoen het met haar menswees. Haar waardige stryd teen en aanvaarding van haar siekte was haar grootste triomf en sal bly voortleef in die annale om nuwe geslagte Diamantvelders te inspireer om die lewe onverskrokke aan te pak.


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 10 APRIL 2013

Kimberley groet Karen Muir KIMBERLEY het verlede week afskeid geneem van een van sy grootste kinders, Karen Muir, wat met haar ongelooflike swemprestasies die stad en die land se naam hoog gehou het. Hoeveel aansien sy selfs nou nog gehad het, het geblyk uit die internasionale nuusdekking oor haar dood. Vir geslagte jong Kimberliete, selfs dekades nadat sy haar prestasies gelewer het, het sy as inspirasie gedien, ’n voorbeeld van wat met harde werk vermag kan word. Maar dit was nie net haar prestasies wat haar gelief ge-

maak het nie. Soos blyk uit die talle huldeblyke aan haar het sy met haar menswees talle mense aangeraak, ook in haar loopbaan as dokter. Frikkie van Rensburg, oudsportredakteur van Volksblad, wat Karen oor ’n lang tyd leer ken het, het haar só beskryf: Sy was ’n reguit mens, ’n ongelooflike diereliefhebber én -beskermer. ’n Liefdevolle, lojale, hardwerkende, mededingende, vergewensgesinde én

grootmoedige mens. En Mareth Hugo, waarnemende hoof van haar alma mater, die Hoërskool Diamantveld, skryf oor haar besoek aan die skool: Sy was die grootste kampioen wat Diamantveld nog opgelewer het, maar sy was ongeneë om oor haar wonderlike prestasies te praat en het veel eerder haar erkentlikheid en dankbaarheid uitgespreek teenoor die skool, haar ouers en gesin en almal wat ’n rol in haar lewe gespeel het. Haar nagedagtenis word alom geëer. Dit was Karen Muir. Ons salueer en groet haar.

Benoem inwoners van NK VOLKSBLAD, Kalahari Bulletin se moederkoerant, en Kumba Iron Ore se kompetisie vir die NoordKapenaar van die Jaar en die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar is goed op dreef. Kumba Iron Ore is vanjaar weer die hoofborg van dié prestige-kompetisie. Benoemings om uitblinker-inwoners van die Noord-Kaap te vereer word nou ontvang. Dié projek, ook in samewerking met GWK as een van die borge, bereik op 28 Mei ’n hoogtepunt op ’n glansgeselligheid in die Horseshoemotel in Kimberley. Die doel van die kompetisie is om individue en instansies te vereer wat ’n verskil maak. In die lig van die groot belangstelling word die basiese reëls en kriteria weer verskaf. Wat betref benoemdes as NoordKapenaar van die Jaar, geld die volgende riglyne: Die benoemde moet ’n Noord-Kapenaar of iemand met besonderse sterk bande met die Noord-Kaap wees. Die benoemde word vereer vir besonderse diens aan die mense of natuurlike omgewing van die Noord-Kaap. Die diens wat verrig word mag deel wees van die benoemde se werk, maar moet dan verband hou met besonderse toewyding en prestasie waarby die provinsie baat gevind het.

Die Diamantstad se koerant

VOLKSBLAD en Kumba Iron Ore se kompetisie vir die Noord-Kapenaar van die Jaar en Noord-Kaapse Instansie van die Jaar is in volle gang. Van links is Mashilo Mokotong, bestuurder: volhoubare ontwikkeling van Kumba Iron Ore, Ina Knot, hoofbestuurder van Volksblad, Hannes Cronjé, waarnemende hoofbestuurder van Kumba Iron Ore, Johanna van Eeden, redakteur van Volksblad, en Tanya Aucamp, kommunikasiebestuurder van Kumba Iron Ore. Foto: Mandi Jordaan Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit die hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat in die verlede benoem is, mag weer benoem word. Niemand mag hom-/haarself benoem nie. Werknemers van die borge mag nie benoem word nie. In die beoordeling sal die beoordelaars, wat deur die borge saamgestel word, aan die volgende kriteria aandag gee: Interne impak: Die verskil wat die persoon maak wat betref die belange en/of omstandighede van mense of die natuurlike omgewing in die Noord-Kaap.

Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330

Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waarin die persoon sy of haar private tyd opoffer om die diens te lewer. Sou dit deel van die persoon se werk wees, die mate waarin die persoon buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en/of energie, talent en dryfkrag inspan om die uitsette te lewer waarvoor die persoon benoem word. Eksterne impak: Die bydrae wat die persoon lewer om die NoordKaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs nasionaal te bou en te bevorder. Die volgende riglyne geld die kategorie Instansie van die Jaar: Enige verdienstelike NoordKaapse instansie wat nie ’n wins-

Posbus 1583 Kimberley 8300

NIEL DE KLERK, uitvoerende bestuurder: korporatiewe bemarking van GWK.

motief het nie, mag benoem word. Instansies met ’n sterk politieke verbintenis mag nie benoem word nie. Weer moet die werk wat gedoen word, ’n positiewe impak hê op die mense of natuurlike omgewing van die provinsie. Die beoordelaars sal in dié kategorie veral kyk na die impak wat die organisasie in die gemeenskap maak. ) Om ’n individu of instansie te benoem, stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat aan lecrecia.prins@volksblad.com. Verstrek ook jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die sluitingsdatum is 10 Mei om 17:00.

Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw


NOORDKAAP, WOENSDAG 10 APRIL 2013

PLUS EARN POINTS

WEEKLY WINNERS Producst have been styled for photography

32

31

Nescafé Ricoffy in Tin 750g

75

99

Olof Bergh Brandy 750ml

34

99 Each

Nescafé Cappuccino Assorted 12s, 10s, 8s or 6s

CASE PRICE

136

99

per case

Castle Lager Non-returnable Bottles 24 x 340ml or Cans 24 x 330ml

49

15

89

79

Each

EverFresh Full Cream, Low Fat or Fat Free Long Life Milk 6 x 1 litre

17

99

Tastic Rice 2kg

per kg

Bulk Beef Mince

Sasko Cake Wheat Flour 2.5kg

NOW ONLY

56

per kg

Bulk Pork Pack (Consists of Roast, Chops, Rashers & Stew Cuts)

PnP no nameTM Frozen Chicken Braaipak 2kg

99

49

99

99

99

9995

per pack

SAVE 25.00

Huggies Dry Comfort Bulk Pack Mini 66s, Midi 58s, Maxi 50s or Junior 44s

Always there for you PRICES VALID 9 - 14 APRIL 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERS

IN GAUTENG, FREE STATE, NORTH WEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES. smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.

www.picknpay.co.za

Please Recycle

CUSTOMER CARE

TOLL FREE: 0800 11 22 88 (LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1177049B_E

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 10 APRIL 2013

Gesplete lip dalk reg Lecrecia Prins VOLWASSENES en kinders met gesplete lippe of verhemeltes gaan binnekort geëvalueer word om vas te stel hoeveel mense in die Noord-Kaap herstel-operasies nodig het. Operation Smile South Africa, in samewerking met die minister van gesondheid, gaan van 20 Mei die gratis evalueringsproses in die provinsie begin. Die opname gee ’n aanduiding van hoeveel mense chirurgie benodig. ’n Gesplete lip of verhemelte is nie ten volle ontwikkel nie. ’n Gesplete verhemelte veroorsaak dat kinders soms nie hul eerste verjaardag oorleef nie, omdat hulle nie kan suig nie. Sarah Driver-Jowitt, streekdirekteur van die organisasie, sê die vooraf opname gee ’n aanduiding van die behoefte aan chirurgie in die gebied. Só kan hulle die mense wat dit die nodigste het, bereik. Operation Smile is ’n wêreldwye nie-winsgewende en vrywillige mediesediens-organisasie wat gratis herstelchirurgie aan kinders en volwassenes met gesplete lippe of verhemeltes doen. Opnames begin op 20 Mei van 08:00 tot 10:00 in die Kimberley-hospitaal en op 21 Mei van 08:00 tot 10:00.

Skrywer besoek Kby CARINA DIEDERICKS-HUGO, skrywer van die gewilde Thomas@-reeks, besoek Kimberley op 10 April. Sy het al vele eerbewyse vir hierdie reeks, asook vir van haar ander boeke, ontvang. Ouers en leerlinge kan by die Kimberley-biblioteek met haar kennis maak. Sy sal tussen 14:30 en 15:30 daar wees waartydens van haar boeke ook te koop sal wees. Almal wat daarin belang stel om dit by te woon kan hul bywoning by Mariëtte of Santie by 053-830-6241 bevestig.

Seëninge is in alle omstandighede Ds. Hannes Noëth

ALLE omstandighede. Dit was sy twee-woord antwoord. Ek het lank hieroor gedink en getob, in my gedagtes ons gesprek oor en oor gevoer. Dit was van daardie op-pad-na-buite-gesprekke. Soms word daar mos meer gekuier op pad na die voertuig, en selfs as mense al in die voertuig sit, as wat in die huis gekuier is. Soms is mense mos haastig, dan het hulle nie tyd om in te kom nie, dan gesels hulle langer buite die huis op pad na die voertuig as wat hulle binne sou gesit en gesels het. Vra maar enige vrou. Dit werk so. Pa het al die voertuig aangeskakel dan word daar eers begin met ’n nuwe gesprek. Dit was tydens so ’n gesprek wat ek sy twee-woord antwoord gekry het. Sommerso op pad weg. Ons het gepraat oor die grootmaak van kinders, oor die lewenslesse van die lewe. Oor hoe ons soms ons kinders wil beskerm en dit nie kan doen nie. Hoe ons hulle wil toevou en van die wêreld wil weg-

weer. Ek onthou ons het nog iets gesels oor hoe party mense dink hulle kan die kinders se lewe lewe. ’n Goeie ouer leer sy kind om te oorleef in alle omstandighede. Juis omdat jy nie kan voorsien wat in die lewe voorlê nie. Juis omdat jy nie weet wat die dag van môre wag nie. Juis omdat jy nie kan voorsien watter lewensmaats hulle sal kies, watter beroepe hulle sal beoefen, watter onreg hulle aangedoen sal word nie. Sy redenasie was soos volg: Almal van ons beleef verskillende omstandighede. As jy geleer het om in alle omstandighede te oorleef sal jy dit maak. Ongeag wat oor jou pad kom. Die vraag wat hy daardie dag geantwoord het, waarmee ek en hy gestoei het, was: Wanneer is ’n mens geseënd? Sy antwoord was: Alle omstandighede. As jy wil kies wat jy as seëninge beskou, gaan die seëninge ongesiens by jou verbygaan. Alle omstandighede is seëninge. Al voel dit nie so nie.


NOORDKAAP, WOENSDAG 10 APRIL 2013

7


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 10 APRIL 2013

MOTORS

Despres na nuwe span CYRIL DESPRES, Frankryk se Dakar-koning op twee wiele, het besluit om KTM ná 12 jaar vir ’n ander fabriekspan te verruil. Die vyfmalige kampioen wat twee maande gelede in Suid-Amerika nog ’n tree nader aan Stéphane Peterhansel se rekord van ses oorwinnings gegee het, het verlede week bekend gemaak dat hy beslis in die sport bly en boonop sy hoofborg, Red Bull, behou. In Europese kringe word bespiegel dat die Fransman – wat saam met sy vrou, Laia, in Andorra woon – hom by Husqvarna kan aansluit nadat KTM se baas, Stefan Pierer, daardie fabrikaat by BMW bekom het. Voorheen is gewonder of Despres nie deel van Honda se nuwe fabriekspan sal word nie. “Hoewel ek KTM groet, behoort ek al die mense binnekort weer te sien. Dit is nog ’n bietjie te gou om meer besonderhede te verskaf, maar ek is tot die uiterste gemotiveer deur die nuwe uitdaging,” het die 39-jarige Despres in ’n verklaring gesê. Hy het selfs sy held en rolmodel, die SuidAfrikaans gebore verkenner Mike Horn, aangehaal deur te sê: “Dit is nie die einde van die storie nie, maar die begin van ’n nuwe een . . .” Despres het in 2000 sy Dakar-debuut op ’n Honda XR400 gemaak en die volgende jaar sy eerste sneldeel op ’n BMW gewen voordat hy

in 2003 tweede op ’n KTM was. Hy spog reeds met tien podiumplekke waarvan vier tweede was. Hy het in 2005, 2007, 2010, 2012 en vanjaar gewen. Dit sal ook interessant wees om te sien of Roland Buckner, Despres se tegnikus al daardie jare in die KTM-fabriekspan, hom na sy nuwe span sal volg. Wat wel seker is, is dat Despres se tweestryd met sy voormalige Spaanse KTM-spanmaat Marc Coma voortaan opwindend gaan wees. Coma – wat in 2004, 2006, 2009, en 2011 gewen het – sal nou die KTM-fabriekspan lei, gesteun deur die Yank Kurt Cassell en Ruben Faria. Die eintlike nuus is die Chileense held Francesco Lopez skuif van Honda af oor as vierde lid van dié gedugte KTM-fabriekspan. Despres is ’n plat-op-die-aarde-sportman, groot rugby-ondersteuner en skitterende afdraand-bergfietsjaer- en skiër. Sy ma werk steeds met naald en garing sy span- en borgkentekens aan sy uitrusting vas sedert hy in 1998 sy eerste tweewiel-enduro gepak het. Despres het in sy loopbaan reeds sy mentor en legendariese navigator, Henri Magne, en motorfiets-rolmodelle, Richard Sainct en Fabrizio Meoni, aan die Dakar afgestaan. Hy gebruik steeds ’n Suid-Afrikaanse nekstut wat dr. Chris Leatt in samewerking met KTM ontwikkel het.

SEDERT Suzuki sy nuwe SX4 op die pas afgelope Geneefse skou in Switserland uitgestal het, het die Japanse groep ’n raps

is ’n kort, stompstertknapie wat meer die indruk wek van ’n luikrug wat hoër gelig en van plastiek-beskermstroke al onder by sy pens voorsien is as van ’n ware sportnuts. Die nuweling is egter suiwer ’n mak sportnuts, of dan ’n oorkruis-voertuig soos Peugeot met sy 3008 en Subaru met sy XV het. Op die vorige skou in Parys in September het die vervaardiger ’n voorsmaak gegee van waarheen hy met die SX4 mik toe Suzuki die S-Crosskonsepmodel uitgestal het. Toe is gedink die Japanners wil ’n nuwe middelslag-sportnuts tussen die SX4 en hul groter Vitaras posisioneer. Nou, op die Geneefse skou, het Suzuki egter verras toe hy weer die SX4-naamplaatjie op die nuwe model se neus geplak het, al is die nuweling nogal heelwat groter en lyk hy ook baie anders. Dit blyk Suzuki reken die mark se smaak vir dié soort voertuie is nie meer iets kleins soos ’n gewone luikrug nie. Kopers soek eerder na ’n tussen-in sportnuts, ’n voertuig wat dus groter as ’n frisgemaakte luikrug is. Dit beteken egter die sportnuts moet nie so groot raak dat hy intimiderend is nie. Dan betree jy die X-Trail, Tiguan en selfs die Koreane se Sportage en ix35 se terrein. So, om dié fyn voetwerk uit te voer het hulle die bestaande SX4 met 20 cm en die asafstand met 10 cm gerek. Dit klink nie noemenswaardig nie, maar in motorstandaarde en veral in dié segment is dit beteke-

Suzuki wil mark met nutsmotor tref meer inligting oor die buks verklap. Die nuwe SX4 het ’n interessante paadjie tot hier gevolg. Die huidige model

nisvol. Want sien, Suzuki het niks aan die breedte of hoogte getorring nie. Die ekstra sentimeters is alles vir ekstra bagasie- en beenruimte ingespan – Suzuki sê die laairuim is van 270 liter na ’n massiewe 430 liter gerek. Deur die voertuig van ’n nutsbuksie tot ’n groter, sagte sportnuts te bevorder, het hulle sy voorkoms ook verander – ’n baie opvallende verandering. Die Suzuki lyk nou moderner met ’n slanke, aërodinamiese lyf en ’n daklyn wat na agter daal. Voor is LED-lampies in die hoofligomhulsel en weerskante is swart beskermstroke van plastiek. Die dak kry ook ’n groot panoramiese sondak, asook dakrelings. Aluminiumplate onder die neus en by die stert help sy veldryvermoëns beklemtoon. Van veldry gepraat: Die nuweling sal weer met aandrywing in al vier die wiele te kry wees. Die keer is daar ook ’n ritmodus-beheerknop wat jou toelaat om tussen vier modusse te kies, byvoorbeeld sportief of gemaklik. Net twee enjins is voorlopig vir die reeks beplan: ’n 1.6 liter-petrol wat ’n aanpassing van die bestaande enjin is en ’n 1.6 liter-turbodiesel. Krag sal met ’n vyfganghandrat (petrolmodel) of ’n sesganghandrat of CVTsoort outomatiese ratkas in die dieselmodel na die wiele oorgedra word. Datums vir SuidAfrika is nog nie bekend nie, maar verwag die voertuig teen einde vanjaar of vroeg volgende jaar.


NOORDKAAP, WOENSDAG 10 APRIL 2013

’n Waardige wenner Jannie Hennop INDIEN jy verras is dat ’n Porsche Boxster as Suid-Afrika se motor van die jaar aangewys is, moenie wees nie. Dié stukkie Duitse ingenieursvernuf is ’n waardige wenner van die titel, wat voertuiguitnemendheid moet verteenwoordig. Die Porsche Boxster 2.7 is die 29ste voertuig wat met die titel wegry sedert die kompetisie die eerste keer in 1986 aangebied is. Gisteraand is die Gilde van Suid-Afrikaanse Motorjoer- DIE Porsche Boxster 2.7 naliste (SAGMJ), in samewerking met Wesbank, se heel slaandak. beste gekroon. Porsche verkoop nie veel minder Altesaam 29 van die land se motor- rygoed per maand as sommige van joernaliste het die 12 finaliste on- die meer hoofstroomvervaardigers langs 2 dae op die Gerotek-toets- nie. Wat spesifieke modelle betref, terrein naby Pretoria deur hul pas- sit Porsche so rondom 20 Boxsters sies gesit. per maand in Suid-Afrika van die Die Porsche Boxster was met ’n hand, min of meer dieselfde as die gekortkop die duurste van die 12 fina- tal Opel Merivas wat GM per maand liste. verkoop. Duurder rygoed het egter ook al Die Boxster en die ander 12 finalisdie kompetisie gewen. te het die volgende punte van die 29 Dit is egter die eerste keer dat ’n jurielede gekry: Porsche Boxster 221 tweesitpleksportmotor met die loue- punte, Range Rover Evoque Si4 Dyre wegry en boonop een met ’n af- namic 181 punte, Toyota 86 High 177

DIE elektriese verrassing vir Suid-Afrika kan dalk uit een van sy Brics-vennote, naamlik Indië, afkomstig wees. ’n Ten volle elektriese ryding met ’n reikafstand van 100 km klink dalk nie opwindend nie. Maar vir sowat R100 000 en met ’n herlaaityd van net vyf uur, kan die e2o dalk net vir baie stadsgebruikers die regte vervoermiddel wees. Die naam staan vir “energie tot suurstof”, aangesien daar geen uitlaatgasse is nie. Mahindra Reva het onlangs die nuwe elektriese ryding in Indië bekendgestel. Mahindra Suid-Afrika ondersoek tans die toekomstige lewensvatbaarheid van die e2o in SuidAfrika met die oog op moontlike invoer en het reeds gereël dat een van hulle in Oktober op die Johannesburgse Internasionale Motorskou (Jims) uitgestal sal word. Die Indiese Mahindra-Groep het in 2010 ’n meerderheidsbelang in die Reva Electric Car Company, ’n gesamentlike onderneming van die Maini-Groep van Bangalor en AEV LLC van Amerika, bekom. Die e2o is Mahindra Reva se eerste nuwe produk ná samesmelting. Die maatskappy het reeds een van die wêreld se grootste vlote van elektriese motors in bedryf, met klante in 24 lande wat gesamentlik reeds 200 miljoen km afgelê het. Die volledig outomatiese Mahindra e2o, wat ideaal is vir stadsgebruik, word aangedryf deur die jongste geslag van litium-ioonbatterye en ’n elektriese driefase-induksiemotor. Dit bied ruimte vir vier volwassenes en op ’n volle lading het die e2o ’n reikafstand van 100 km – wat meer as genoeg is vir die meeste stadspendelaars. Daar is ’n “Boost”-modus vir vinniger versnelling wanneer dit benodig

punte, Kia Rio 1.4 TEC 144 punte, Lexus GS 350 EX 143 punte, Hyundai i30 1.8 Executive 106 punte, BMW 320i Outo 104 punte, Nissan Juke 1.6 DIG-T Tekna 79 punte, Opel Meriva 1.4T Cosmo 67 punte, Ford Ranger 3.2 XLT 4x4-dubbelkajuit 56 punte, Toyota Yaris 1.5 HSD Xs 47 punte en die Mercedes-Benz B180 CDI BlueEFFICIENCY 35 punte. Die Porsche Boxster PDK 2.7 kos R639 000 en het ’n sessilinderenjin wat 195 kW uitskop. Verlede jaar se wenner was Hyundai se Elantra.

word en dit duur vyf uur om die battery heeltemal te laai. Dit kan gedoen word van ’n normale kragpunt. Om “reikafstand-angs” te besweer spog die e2o met ’n gepatenteerde REVive-eienskap wat geaktiveer word deur ’n toepassing op ’n slimfoon. Dit kan die reserwe-energie in die voertuig van ’n afstand af aktiveer om jou weer aan die gang te kry as die battery pap word. Die motor beskik ook oor ’n rem-regenereerstelsel wat krag in die battery terugsit elke keer dat die bestuurder die rem trap. Die e2o moet een keer per jaar versien word en dit kan sommer by jou huis gedoen word. Die e2o se tien rekenaars verskaf intydse terugvoer oor die voertuig se funksies en doen ’n daaglikse ondersoek na al die belangrike stelsels. As daar enigiets is wat aandag vereis of herstel moet word, word die bestuurder gewaarsku. Afgesien daarvan dat die stelsel jou in kennis stel dat die deure gesluit is of dat die lugversorger se temperatuur op ’n vooraf bepaalde vlak gestel is, stel dit die eienaar ook in kennis dat hy of sy vergeet het om die krag by die sok aan te skakel om die batterystel te herlaai. Die standaardvlak van die toerusting is besonder hoog. Die e2o spog met ’n 15,5 cm-raakskerm met ’n fabrieksgeïnstalleerde navigasiestelsel, klankstelsel met ’n DVD-speler en ses luidsprekers, Bluetooth- en i-Pod-skakeling. Ander eienskappe sluit in ’n digitale instrumenthuls, elektriese kantspieëls, sleutellose toegang, aansit-stop-knop, projektorhoofligte, LED-agterligte en ’n tru-ry-kamerastelsel – eienskappe wat gewoonlik net in baie duurder motors aangetref word.

Spaar peperduur brandstof só Jannie Hennop DIE bodemlose put wat elke maand jou geld insluk in ruil vir mobiliteit, gaan waarskynlik net nog dieper word. Met brandstof wat nou rekordpryse kos – R13,08 (95 oktaan in die binneland) vir een liter petrol en sowat R11,92 vir een liter diesel – hou motoriste asem op oor die toekoms. Daar is nog nie eens ’n liggie in die tonnel nie. Die nuwe CO2-belasting wat eintlik rygoed se pryse met sowat 1% gaan laat styg, die heffing vir die padongelukkefonds, e-tol en meer onderverhaling as oorverhaling gegrond op die rand- en ru-olieprys, maak ryery vir vele ’n nagmerrie. Volgens dr. Norman Lamprecht van die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers (Naamsa), is die stygende mobiliteitskoste aan inflasie verbind wat verbruikers se sakke erg gaan raak. Hy sê motoriste is op die uitkyk vir ekonomieser kopies wat rygoed betref en dat dieselmodelle se gewildheid nie geringgeskat moet word nie. In 2011 het dieselvoertuie 25,8% van nuwe voertuigverkope uitgemaak (passasiersmotors en handelsvoertuie) en in 2012 het dit tot

DIE Boxster en die ander 12 finaliste het die volgende punte van die 29 jurielede gekry: Porsche Boxster 221 punte, Range Rover Evoque Si4 Dynamic 181 punte, Toyota 86 High 177 punte, Kia Rio 1.4 TEC 144 punte, Lexus GS 350 EX 143 punte, Hyundai i30 1.8 Executive 106 punte, BMW 320i Outo 104 punte, Nissan Juke 1.6 DIG­T Tekna 79 punte, Opel Meriva 1.4T Cosmo 67 punte, Ford Ranger 3.2 XLT 4x4­dubbelkajuit 56 punte, Toyota Yaris 1.5 HSD Xs 47 punte en die Mercedes­Benz B180 CDI BlueEFFICIEN­ CY 35 punte.

Foto: Verskaf

Nuwe e2o dalk oplossing

27,2% geklim. Hy sê ’n gedeelte van dié styging kan aan die soeke vir ekonomieser voertuie toegeskryf word. Daar is ook afwaartse koopneigings van voertuie met groter na kleiner enjinkapasiteit. Volgens die Automobiel Assosiasie is daar ’n paar punte wat motoriste in gedagte kan hou om die pyn van brandstofpryse te verminder: ) Banddruk kan ’n verskil van tot 3% maak op ’n voertuig se brandstofverbruik. Onderhoud aan jou voertuig kan brandstof bespaar. Skoon filters, olie, teenvriesmiddel en die korrekte enjin-instelling verseker die optimale verrigting van die enjin. Gebruik die korrekte brandstof vir jou voertuig. Die meeste lugversorgers laat die enjin ekstra werk. Hoe swaarder die wa dra, hoe harder moet die enjin werk. Moenie die voertuig onnodig laat luier nie. Versnel egalig en kies ratwisselings oordeelkundig. Vermy kort ritte, want wanneer die enjin nie werkstemperatuur bereik het nie, presteer dit nie na die beste van sy vermoë nie. Moenie teen opdraandes te lank in ’n te lae rat ry en wag totdat die enjin begin swaar trek, ruk en kragverlies duidelik word nie. Dit kos brandstof en verniel ook die dryfstelsel. Gesels met jou regtervoet, want hy is die een wat die brandstofpedaal trap.

9

Om nuus in Noordkaap te plaas bel Ruan Bruwer by 053-8312331.


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 10 APRIL 2013

BETREKKINGS LABRADOR-HONDJIES: 7 WEKE oud, ingespuit en ontwurm. Swart of wit. R500. Skakel 053 581 7090 of 084 506 5927.

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951

GESOEK: UNO-, GOLF- OF Cortina-bakkie vir R20 000 kontant. 071 967 0285

DEBT COLLECTION COMPANY FREE STATE requires the services of field facilitators who are registered at the Council For Debt Collectors to assist in the facilitating and signing of Section 57 and 58 documentation. Minimum 2 yrs' experience, honest, professional, reliable, with own transport. Fax CV to: 086 403 2439 Att: Corrie

I'M LOOKING FOR PEOPLE who want to work as domestic workers in Dur-ban. My details are: 073 471 5150 or 073 000 3135. E.-mail: sgl.babygal@gmail.com JOBS FOR SA! Earn money 365 days a year. Work your own hours. Full training and support provided by a registered company. For full info, SMS your name and address to 083 333 8202.

• Staff supervision • HSEQ awareness

Key Responsibilities To monitor and drive all related HSEQ policies and procedures at Upington Depot. To undertake the physical maintenance operation in order to optimise the physical assets at Upington Depot. To manage third party / contractor upliftments at the Depot. To manage the receipt, storage, handling and distribution of bulk fuel.

Requirements • Grade 12 or equivalent • Minimum NTC 4 Mechanical fitting • 3 Years of operational experience • In good health physically

• To schedule maintenance requirements of all physical assets at Upington Depot • To execute maintenance as per schedule • Product quality • Administration control

ENG130405_E

Plant Supervisor Upington Terminal

The relevant property is located approximately 10 km west of the town of Hopetown. The farm is north of the R369 road towards Prieska, and south of the road between Hopetown and Douglas.

REFERENCE NUMBER:

NC/EIA/02/PIX/THE/HOP2 /2013(NCP/EIA/0000214/201 3)

INFORMATION ON THE PROJECTS CAN BE OBTAINED FROM:

Developlan, PO Box 1516. GROENKLOOF 0027. Attention: Mr GH de Graaff. Tel. 012 346 0283 Fax 012 346 3822 E-mail: degraaff@absamail.co.za

NOTICE OF BASIC ASSESSMENT:

Notice is given in terms of the National Environmental Act: 1998 (Act No. 107 of 1998) (NEMA) that a Scoping Report will be submitted on behalf of Russell Stone Agri Contracting to the National Department of Environmental Affairs (NEAS). This procedure is in terms of the Environmental Impact Assessment Regulations, 2010.

PROPONENT/OWNER

Engen. Let’s make GREAT happen.

LOCATION:

Granary Ornage (Pty) Ltd. PROJECT: Proposed new irrigated lands. PROPERTY: Remainder and/or portion 3 of the farm Middelplaas Nr. 83. THE PURPOSE of this application is to enable the owner to develop new irrigated lands related to the activities listed in terms NEMA (107/1998), listing Notice 1, Notice Number R544 dated 18 June 2010, Activity Number 9 (i)(ii): The construction of facilities or infrastructures exceeding 1 000 metres in length for the bulk transportation of water, sewage or storm - with an internal diameter of 0, 36 meters or more; or with a peak throughput of 120 liters per second or more. 37 (a)(b): The expansion of facilities or infrastructure for the bulk transportation of water - the facility or infrastructure is expanded by more than 1 000 metres in length; or where the throughput capacity of the facility or infrastructure will be increased by 10% or more; Listing Notice 2, Notice Number R545 dated 18 June 2010, and Activity Number 16. The physical alteration of virgin soil to agriculture.

METHODS OF COMMENTS:

Parties wishing to formally comment on this application are requested to forward their comments/objections (with reasons), contact information and their interest in the application to the above mentioned address no later than 30 days (11 May 2013) after the publication of this advertisement on 10 April 2013. Kindly quote the relevant reference number: NC/EIA/02/PIX/THE/HOP2 /2013(NCP/EIA/0000214/201 3) in any correspondence.

RELEVANT AUTHORITY:

Northern Cape Province Department of Environment and Nature Conservation; Directorate: Integrated Environmental Authorizations. Private Bag X6102, Kimberley 8300. Attention: Mr Thulani Mthombeni. Tel. 053 631 0601 Fax 053 831 3530

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

NOTICE OF ENVIRONMENTAL AUTHORISATION NEAS Reference: DEA/EIA/0001089/20 12 & DEA Reference: 14/12/16/3/3/2/307 DEA Official: Ms Vincentia Phukubye, tel. 012 395 1780

Notice is given in terms of the EIA regulations published in Government Notice No. R543 under Section 24(5), 24(M) and 44 of the National Environmental Management Act (Act 107 of 1998) of the Environmental Authorisation (EA) issued by the National Department of Environmental Affairs (DEA) on 28 March 2013. The EA was issued to 2012/077659/07 (South Africa) (Pty) Ltd to develop a 75MW photovoltaic solar facility and associated infrastructure on a portion of Portion 1 of the farm Hanskopfontein 40, Kimberley, Northern Cape Province. Notice of appeal process: In accordance with sub regulation 10(2) of Government Notice No.543, all interested and affected parties are hereby notified of the decision by the DEA to authorise this application and your attention is hereby drawn to the fact that an appeal may be lodged against the decision in terms of Chapter 7 of Government Notice No. 543. In accordance with the provisions of sub regulation 60 (1) of Government Notice No. 543 a notice of intention to appeal must be lodged with the Minister within twenty (20) days of the date of this decision (28/03/2013) by means of one of the following methods: Fax: 012 320 4431 Post: Private Bag X447, Pretoria 0001 By hand: 2nd Floor, Fedsure Building, North Tower, cor. Lillian Ngoyi (Van der Walt) and Pretorius Streets, Pretoria. Availability of EA: An electronic copy of the EA, the reasons for approving the application and a document describing the appeal procedure can be obtained from Environamics Environmental Consultants by means of the following methods: Tel. 018 299 1523 Fax 018 299 1580 Cell: 082 220 8651 E- mail: carli.steenkamp@nwu.ac.za

BOEDEL VAN WYLE ANDRIAS HERMIAS PRETORIUS. In die boedel van wyle Andrias Hermias Pretorius, identiteitsnommer: 491009 5578 080 en naggelate eggenote: Johanna Christina Pretorius, identiteits-nommer: 510322 0148 081 van Simonstraat 12, Hadison Park, Kimberley. Meester se verwysing: 2540/2012. Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die bogemelde boedel sal ter insae lê te die kantore van die Meester van ddie Hooggeregshof KIMBERLEY vir 'n periode van 21 (een en twintig) dae vanaf 12 APRIL 2013.

HPA VENTER Eksekuteur DUNCAN & ROTHMAN

DUNCAN & ROTHMAN GEBOU Chapelstraat 39 - 43 Kimberley 8301 Verw: HV/jm/Pre40/0001

KENNISGEWING AAN KREDITEURE IN BESTORWE BOEDELS. In die boedel van wyle Wilhelmina Petronella Nel, identiteitsnommer 410617 0046 081 en nagelate eggenoot Casparus Johannes Nel, identiteitsnommer 390314 5034 080 van Stormberglaan 11, Kimberley. Meester se verwysing: 842/2013. Alle persone met vorderinge teen die bovermelde boedel moet dit binne 30 (DERTIG) dae vanaf datum van publikasie hiervan by die betrokke Eksekuteur inlewer.

HPA VENTER

DUNCAN & ROTHMAN Prokureurs vir Eksekuteur POSBUS 64 KIMBERLEY 8300 Verw: HV/jm/Nel87/0001

A- Z DIENSGIDS

Please forward your CV to: ESMRecruitment@ engenoil.com Closing date: 18 April 2013 Should you not hear from us by 30 April 2013 please assume that your application has been unsuccessful.

Market Square 35 Kimberley

BRIDGING CASH while waiting for

PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)

Cash same day

086 1101 388 083 6700 788


NOORDKAAP, WOENSDAG 10 APRIL 2013

11

Cloete help GW wen Sportredaksie

Win medals in swimming championships THE Kimberley swimmers who received medals (individual and in relays) at the recent South African regional level two age group championships held at the Karen Muir Swimming Pool, are from the left, front: Sasha Coetzee (six gold and four silver), Leatitia Human (three gold, two silver and one bronze), Chanté Robinson (five gold, two silver and one bronze) and Tharien van der Walt (one gold and two silver); back: Juan du Plooy (two gold, two silver and one bronze), Etienne Erasmus (three gold and three silver), Calla Greyling (one gold and three silver) and Jakon Changfoot (four gold, two silver and one bronze). Absent: Johann van Heerden (one gold, two silver and one bronze) and Carli Groenewald (one bronze). All but Groenewald (Goodhope Club) are from the Flamingo Aquatics Academy. Photo: Ruan Bruwer

Ses van streek haal span Sportredaksie DIE sentrale streek se rugbyspelers het dié streek se naam hoog gehou op die jaarlikse rugbyweek wat deur Oakdale-Landbou net buite Riversdal aangebied is. Ses spelers van die streek is ingesluit in die vyftiental wat op die week gekies word. Spelers soos die Springbok Meyer Bosman, ’n oudleerling van die gasheerskool, en die eersterangse speler Marius Delport het dié span op skool gehaal. Die Hoërskool Diamantveld in Kimberley se senter Jacques Nel en die Hoërskool Upington se agtsteman, Jasper Wiese, is twee spelers van die streek wat die span gehaal het. Die Hoërskool Sentraal van Bloemfontein, wat as die span van die week aangewys is, het drie spelers in die span: die haker, Ryno Gerber, slot SJ Wessels en vleuel Wian Koekemoer.

Louis Botha se Suid-Afrikaanse Skole-stut, Ox Nche, is as voorspeler van die toernooi aangewys. Diamantveld het ná sy nederlaag van 0-19 teen Oakdale-Landbou in die hoofwedstryd op die eerste dag die Hoërskool Strand (26-3) geklop en 19 elk gelykop teen Augsburg-Landbou gespeel. Sentraal het net sy eerste wedstryd van dié toer teen die Hoërskool Strand met 10-15 verloor. Die span van die Rosestad het egter plaasvervangers in dié wedstryd speelkans gegee, maar sal steeds nie met die nederlaag tevrede wees nie. Sentraal het in sy volgende twee wedstryde vir Durbanville (43-15) en die Hoërskool Pietersburg (36-8) afgeransel. Voortrekker van Bethlehem het sy week in Riversdal met ’n skitterende sege van 19-10 oor Vereeniging-Gimnasium begin. Die Trekkers het egter in hul

volgende twee wedstryde nie na verwagting vertoon nie en teen Hugenote van Wellington (5-14) en die Hoërskool Pietersburg (5-8) vasgeval. Louis Botha het Strand (14-5) uitoorlê, maar op die laaste dag ’n drag slae van 0-39 teen Oakdale-Landbou op die lyf geloop. Die span van Bloemfontein het op die eerste dag vir AugsburgLandbou met 13-6 verslaan. Die Hoërskool Upington en Aliwal-Noord het ook met gemengde welslae van die SuidKaap af teruggekeer.

Die span van die week is: Ruan Barnard (Oakdale­Landbou), Arno van Staden (Pietersburg), Jacques Nel (Diamant­ veld), Burnan Myburgh (Overberg), Wian Koekemoer (Sentraal), Ewan Adams (Hermanus), Marshall Daars (Strand), Jasper Wiese (Hoërskool Upington), Michael Badenhorst (Durbanville), Benjamin Janse van Vuuren (Oakdale­Landbou), Herman le Roux (Montagu), SJ Wessels (Sentraal), Jacques Lister (Pietersburg), Ryno Gerber (Sentraal), Ox Nche (Louis Botha).

Hibbert claims NC junior open Sports Editor CHRISTOPHER HIBBERT of the Sishen Golf Club claimed the Northern Cape junior open title at the Kimberley Golf Club on Sunday afternoon. He carded scores of 72, 70 and 76 for a 218 aggregate. Kimberley’s Keenan Aysen was third on 229. Ruan Pretorius won the u.17 section on 221. Joubert Breytenbach claimed the u.15 section on 243. Christiaan Burke won the u.13 section over two rounds on 166 with Kimberley’s Darian Fortune fourth on 177. Kevin Collings returned 39 Individual Stableford points to win the Rotary South Golf Fundraiser Friday afternoon. André de Koker was the runner-up on 38 with Walter Warner and Pieter Vorster third and fourth respectively, each on 37 points. Prizes paid down to 17th position. A count out determined the winner of the Friday Flamingo Casino

Niner. Faan Burger was first with Fuad Mahri second, both players on 21 points. Jaco Janse, Clive Holloway and Ricardo Joseph followed, each on 19 points. A two-metre putt on the final hole to force a playoff underlined the intensity of the three-day, 18-hole Spur Junior Challenge played from Tuesday to Thursday. With the putt missed, it was Jamie Edwards who was crowned champion with his aggregate of 103 points. Hermus Venter was the runner-up, a single point behind. Gavin McGreggor and Joshua Edwards were third and fourth. Hermus Venter claimed the Strokeplay Challenge on 237 with rounds of 76, 84 and 77. Jamie Edwards, Johan Muller and Joshua Edwards followed respectively. Machiel Cronje, Ant Crozier and Braam Botes were the Thursday Diamond Niner winners. Dowtie Jardine posted 40 Individual Stableford points to win the Leons House of Liquor Wednesday

competition. Boshoff’s Bennie Kruger was the runner-up on 39 with Lennie Allen third on 36. The first results of the 2013 Bob Klemp Shield, the Kimberley Golf Club Matchplay Championships, are in. Top seeds Nico Jacobs, Keith Brown and Frans Smith each enjoyed a comfortable win to move through to the second round. Steve Turner, however, had a game on his hands in Nigel Page, who is currently rated 110th in the March 2013 SAGA rankings, before finally closing out the match two and one. This week the KGC hosts the Konica Minolta Business League Wednesday and the Spur Junior Challenge and Diamond Niner Thursday. On Friday it is the annual Shoprite OFM Chip for Charity Golf Day, the course closed to social golf. At the weekend it is the April Monthly Medal Saturday and the Sealing Solutions League Sunday.

’n GOEIE 54 lopies deur Griffin Nieuwoudt Sondag op die Diamant-ovaal in Kimberley was nie genoeg om die Griekwas tot ’n T20-sege oor die SWD-Arende te help nie. Nieuwoudt se beurt het twee viere en twee sesse ingesluit, maar hy kon nie verhinder dat sy span meer as 146/8 in sy toegelate 20 boulbeurte opstapel nie. Dit was nie ’n goeie sessie met die kolf vir die tuisspan se kolwers nie. Vyf spelers is vir tien of minder lopies uitgehaal, met Diego Rosiers (1), Aubrey Swanepoel (6), Wesley Landsdale (3), Juandré Coetzee (1) en Jan Steenkamp (6) wat bitter min tot hul span se totaal bygedra het. Ross McMillan (2/21) en Marcello Piedt (2/16) was die besoekers se staatmakers met die bal. SWD het reeds in die 17de boulbeurt die verlangde lopies behaal en eindelik met agt paaltjies gewen danksy stewige bydraes deur hul aanvangskolwers. McMillan en Brendon Louw het elk 31 lopies geklits, terwyl Luthando Mnyanda se onoorwonne 41 lopies en Glen Addicott se 31* meer as genoeg was om die besoekers deur te sien. Steenkamp (1/21) en Swanepoel (1/23) is die enigste boulers wat vir die tuisspan hond haaraf gemaak het. ) In die voorafgaande provinsiale driedag-kragmeting het sake beter vir die Griekwas verloop en het hulle die kragmeting met ’n goeie 192 lopies gewen. Die Griekwas het eerste gekolf en 213 almal uit in 72 boulbeurte in hul eerste beurt aangeteken. Landsdale (44) en Roy Adams (43*) het aan die gasheer se beurt aansien help gee. Gurshwin Rabie het vir die besoekers met die bal verwoesting gesaai en vyf van die Griekwas se paaltjies vir net 53 lopies laat kantel. McMillan (3/29) het sy spanmaat in dié verband bygestaan. SWD se kolwers het in hul eerste kolfbeurt gesukkel en is vir ’n skamele 108 lopies uitgehaal. McMillan (37) en Addicott (23) is

DIE Griekwas se aanvangskolwer Gihahn Cloete, hier in aksie vir die Knights vroeër vanjaar, was een van sy span se staatmakers met die kolf in die afgelope provinsiale driedag-wedstryd teen die SWD-Arende. Cloete het ’n onoorwonne honderdtal aangeteken om sy span op die wenpad te kry. Foto: Gallo Images die enigste kolwers wat iets uitgerig het, met vier van die besoekers se spelers wat met nulletjies kleedkamer toe gestuur is. Alan Kruger was hier deurslaggewend vir die Griekwas en het vyf paaltjies vir net 19 lopies laat kantel. Deon Carolus (2/38) en Coetzee (2/24) het hom bygestaan. Die Griekwas het hul tweede beurt op 241/6 gesluit verklaar met Gihahn Cloete (107*) wat ’n goeie honderdtal behaal het. Steenkamp (66*) het eindelik nog meer aansien aan die gasheer se tweede beurt gegee. Piedt (3/61) en Gareth Dukes (3/70) het bestendig met die bal vir die besoekers vertoon, maar SWD kon nie hul goeie boulvertoning met dieselfde gehalte-kolfwerk opvolg nie. Die besoekers is vir 154 lopies uitgeboul met net McMillan (70) wat enige weerstand gebied het. Nieuwoudt (3/29), Coetzee (3/29) en Carolus (3/66) het die Griekwas tot ’n eindelike sege geboul.


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 10 APRIL 2013

Sport Die Diamantstad se koerant

Griekwas fokus op lakwerk

Gerdie Karstens POTE HUMAN, die Griekwas se rugbyafrigter, verwag ’n reuse-aanslag van die Goue Leeus in dié twee spanne se Vodacombeker-wedstryd Vrydag in Johannesburg. Die gasheer se beplande oorsese toer na Amerika is gekanselleer en die verwagting is dat die Johannesburgers hul span met beskikbare Super-spelers vir die Griekwa-kragmeting gaan laai. Die Poubloues het Vrydag tuis teen die Pumas die wind van voor gekry en Human is oortuig die komende wedstryd teen die Rooibontes gaan ook ’n taai stryd wees. “Ons weet dat hul oorsese toer nie meer gaan plaasvind nie, wat beteken dat hulle soveel meer ervare spelers tot hul beskikking het. Ons weet dit gaan ’n reuse-uitdaging wees,” het Human gesê. Die Griekwas sal in die voorbereiding vir die wedstryd veral op hul lakwerk fokus. Individuele duikwerk was een van die groot probleme wat die Pumas toegelaat het om eindelik sewe drieë in die Diamantstad in te ryg. Die tuisspan was kort voor rustyd nog stewig in die saal voordat ’n blaps op die verdediging die besoekers toegelaat het om die gaping tot tien punte te verklein. Met die rustydtelling 24-14 steeds in hul guns het daar harde werk op die Griekwas in die tweede helfte gewag, maar niemand het voorspel dat die gasheer op

die verdediging aan die slaap sou raak nie. Die Pumas het eindelik 33 punte in die laaste 40 minute aangeteken met ’n drie deur die plaasvervanger-flank, Deon Carney, die enigste punte vir die Noord-Kapenaars. Carney speel weekliks beter rugby en klop hard aan die deur om insluiting in die beginspan. Human het erken sy span se verdediging is een van die kwelpunte. “Daar is individuele spelers wie se ingesteldheid teenoor lakwerk nie op die regte vlak is nie. Jy kan nie senior rugby speel as jou gesindheid nie reg is nie,” het Human bygevoeg. Die afrigter het wel lof gehad vir die twee nuwelinge, Nick Schonert (stut) en Pieter-Steyn de Wet (losskakel), wat hulle maar onlangs by die Poubloues aangesluit, maar sover gedy het. “Ek dink Nick het beslis bewys hy kan op hierdie vlak speel. Veral sy skrumwerk het my beïndruk. Dieselfde geld Pieter-Steyn. Hy het gewys hy is lus vir speel en dat hy nie op die aanval bang is om besluite te neem nie,” het Human afgesluit. Puntemakers: Pumas 47 (14): Drieë: Rosko Specman (2), JW Bell, Wilhelm Loock, Renaldo Bothma, Stefan Watermeyer, Charl Bezuiden­ hout. Doelskop: Tiaan Marx (3), Charl Bezuidenhout (3). Griekwas 31 (24): Drieë: Jonathan Adendorf, Richard Lawson, Leon Karemaker, Deon Car­ ney. Doelskop: Pieter­Steyn de Wet (4). Strafdoel: Pieter­Steyn de Wet.

Die Griekwas se plaasvervanger-flank, Deon Carney, duik Vrydag teen die Pumas oor vir sy drie. Hy het sodoende vir die Griekwas ’n bonuspunt vir vier drieë help insamel. Foto: Emile Hendricks

NoordKaap 10 April 2013  

NoordKaap 10 April 2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you