Issuu on Google+

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 15 Mei 2013 www.noordkaap.co.za

GRATIS

LEDE van 3 Suid­Afrikaanse Infanterie­bataljon staan op aandag voor Kimberley se stadsaal ten tyde van die parade waar die eenheid die reg tot vrye toegang van die stad ontvang het. Foto: Emile Hendricks

Parade iets besonders Charné Kemp

DIE nuwe halsdoeke en beenwindsels wat die 3 Suid-Afrikaanse Infanterie-bataljon- (3 SAI) rekrute gister tydens hul verbymars gedra het, het hul reg tot vryheid van die stad Kim-

berley ekstra spesiaal gemaak. Bykans 600 soldate en instrukteurs het gister voor die stadsaal op die maat van die musiek van die Suid-Afrikaanse Leërorkes op Kroonstad geparadeer. Die bevelvoerder van 3 SAI-batal-

jon, kol. Arthur Nziweni, en die uitvoerende burgemeester, Agnes Ntlangula, het die soldate geïnspekteer voordat hulle deur die stad gemarsjeer het. Dit was die eerste keer wat Ntlangula die plegtigheid in haar amp by-

gewoon en ’n kort boodskap gelewer het. Goolam Akharwaray, die munisipale bestuurder, het haar vergesel. Die infanterie-bataljon oefen die reg net elke tweede jaar uit. Die eenheid het dié eer, die reg tot vryheid van die stad Kimberley, in

2005 verkry. Dit was die vyfde keer dat hulle dit uitgeoefen het. Die soldate en vaandeldraers het ook in Galeshewe en Roodepan gemarsjeer. Talle nuuskieriges het saamgedrom om die parade te aanskou.


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 15 MEI 2013

Lucas se hart in die NK André Botha

DIE nuwe waarnemende premier van die Noord-Kaap is net ’n haarbreedte van ’n permanente aanstelling in dié pos af. Nietemin het sy nooit gedink sy sou so iets in haar lewe bereik nie, het sy in haar eerste formele onderhoud as premier gesê.

Wag voor die mond

“Ek sal nou my mond moet hou,” skaterlag Sylvia Lucas toe sy gevra word oor haar gereelde tussenwerpsels wanneer opposisiesprekers in die wetgewer praat. Sy is nou die premier, nog waarnemend tot die administratiewe kwessies rondom haar formele aanstelling afgehandel word. Lucas is bekend daarvoor dat sy saamgesels wanneer ’n opposisielid in die wetgewer aan die woord is – tot groot vermaak van die besoekers op die galery en groot irritasie van die opposisie.

Pos ’n verrassing

Haar aanwysing as premier het vir haar onverwags gekom. Verlede jaar op ’n Vryheidsdag-byeenkoms het sy nog vir die mense gesê sy het nooit gedink sy sal so ver kom nie. ’n Opmerking wat ’n mens laat dink aan Margaret Thatcher wat gesê het ’n vrou sal nie in haar leeftyd eerste minister van Brittanje word nie. Nou sit Lucas in die premierstoel. “Ek het nie gedroom ek sal só ’n pos kry nie. Maar dis die ANC, enigiets is moontlik.” Haar naam was een van drie wat deur die ANC se provinsiale uitvoerende komitee aan die nasionale uitvoerende komitee gegee is om by Hazel Jenkins as premier oor te neem. ’n Ander was dié van Grizelda Cjiekella, wat die afgelope jaar as premier waargeneem het. “Ons het almal ’n gelyke kans gehad. Ek het dalk ’n breër gemeenskapsprofiel as Grizelda, omdat ek ouer is. “Ek het my nie klaargemaak vir die pos nie. Ek was gereed vir teleurstelling. Toe die sekretaris (van die ANC, Zamani Saul) bel, was ek nie geskok nie, maar dit was ’n groot verrassing.”

Upington haar hartsplek

Dit was inderdaad ’n lang pad wat sy van Progress, toe bekend as Blikkies, op Upington gekom het. Upington, haar hartsplek. “Ek is lief vir my dorp. As ek daar is, dan weet ek ek is by die huis.” Dit was as leerling aan die Hoërskool Carlton van Heerden op Upington waar haar politieke bewuswording begin het, met onder meer klasboikotte in 1979 en 1980. In die eerste jare nadat sy in 1981 gematrikuleer het, was sy nie baie by politiek betrokke nie, maar omstreeks 1985 het haar gemeenskapsbetrokkenheid begin. Sy het onder meer gehelp om huurboikotte te organiseer. Sy het ook met ’n suksesvolle gemeenskapsaksie in Rosedale, waar sy toe gewoon het, om kitskrag vir die in-

SYLVIA LUCAS, aangewese premier van die Noord­Kaap, in die premierskantoor. woners te kry gehelp. Haar gemeenskapsbetrokkenheid het nie daar geëindig nie. Sy het onder meer in die skoolbeheerliggaam van die Laerskool Westerkim gedien, waar haar kinders op skool was. En die kerk: Sy sing steeds in die Katolieke kerk op Upington se koor wanneer sy daar is. “Ek hou van sing,” sê sy. Haar politieke betrokkenheid het groter geword en in 1992 was sy betrokke by die stigting van die ANC-Vroueliga se tak in Rosedale en het sy in die takbestuur gedien. Daarna het sy, soos sy self sê, deur die range gevorder – lid van die ANC se uitvoerende komitee in Siyanda en in 2001 voorsitter van die komitee geword. In 2004 het sy lid van die provinsiale uitvoerende komitee geword. Intussen het sy in 1995 raadslid op Upington

geword, en in 2000 wetgewerlid, wat haar een van die langsdienende wetgewerlede maak.

Nooit ophou leer nie

In die wetgewer het sy in verskeie komitees gedien totdat sy LUR vir omgewingsake en natuurbewaring geword het. Sy het nog nooit opgehou leer nie en is voortdurend met kursusse besig. As premier is dit veral die jeug en vroue aan wie sy aandag wil gee. “Ek glo baie sterk dat as jy vroue bemagtig, bemagtig jy ’n nasie.” Ook jeugbemagtiging is noodsaaklik. “Min jong mense in die Noord-Kaap studeer verder. Ons het meer internskappe en beurse nodig.” Sy meen die talle myne in die provinsie, veral in die John Toalo Gaetsewe-distrik, doen nie genoeg om vaardighede te ontwikkel nie. Groen ontwikkeling is ook iets wat sy wil be-

Foto: Emile Hendricks

vorder. “Klimaatsverandering is ’n werklikheid. Groen ontwikkeling moet meer aandag in die Noord-Kaap kry.” As premier wil sy luister na mense. “Ek het die gawe om te luister. Ek ken mense, ek stel belang. Soms is iemand kwaad, maar wil net praat. Soos ons op Upington sê, hy wil net sy bek uitspoel. Mense is dikwels oningelig omdat ons nie vir hulle inligting gee nie. My ma het altyd gesê sy het nie rykdom om aan ons na te laat nie, maar sy kan vriendskap van vriende nalaat.” Haar familie is trots op haar. Nie net haar man, Job, hul kinders en drie kleinkinders nie. Die mense op Upington ook. “Swart en wit, hulle ken my almal, hulle is lief vir my,” sê sy. Soos wat sy lief vir Upington is.

Kerkbasaar, skattejag, motorskou wag DIE NG gemeente Kimberley (Newton) bied weer vanjaar sy groot basaarfees en motorskou aan. Dit is op Vrydag 31 Mei en Saterdag 1 Junie op die kerkterrein op die hoek van Long- en Blackstraat. Die hekke open Vrydag om 12:00. ’n Groot verskeidenheid basaarlekkernye, asook skyfskiet, uitstallings en vermaak, sal

aangebied word. ’n Speelterrein vir die jonges sal in ’n veilige omgewing onder toesig wees. Ondersteun ook op 25 Mei om 14:00 die skattejag gegrond op die Amazing Race as voorloper vir die basaarfees. ’n Span van vier mense per motor skryf hom teen R80 in en kry dan leidrade om by verskeie besienswaardighede en geskiedkundige plekke in

Kimberley op te daag. Inskrywings kan vooraf by die kerkkantoor in Blackstraat gedoen word. Die wegspringpunt is op die kerkterrein en die skattejag eindig ook weer by die kerk. Verskeie gelukstrekkings en pryse is op die spel en beloof om groot vermaak te verskaf. Bel Retha Nagel by 072-281-3545 vir verdere inligting.

Sol Plaatje se geldsake lyk beter; sekere sake pla nog Charné Kemp RAADSLEDE was dit gister op die jongste raadsvergadering eens die Sol Plaatje-munisipaliteit se geldsake lyk aansienlik beter as jare gelede, maar groot kommer heers oor die stygende elektrisiteitskoste. Die voorlopige begroting en geïntegreerde ontwikkelingsplan is op die raadsvergadering gedebatteer. Raadsheer Ronnie Bauser is bekommerd oor nuwe elektrisiteitstariewe. “Die nuwe bloktariewe wat ingestel gaan word, kan volgens my berekenings tot 28% meer wees. “Dié elektrisiteitstariewe is skokkend en sal beslis voornemende sakemanne en beleggers afskrik. “Die raad is ook heeltemal te optimisties oor die insameling van agterstallige diensgeld. Daar moet duidelik tussen huidige en agterstallige rekeninge onderskei word.” Die DA-raadslid Willem Doman het gesê daar is geen aanduiding van prestasiebo-

nusse nie. “Dit laat my wonder waar die munisipale bestuurder se bonus versteek is.” Jahn Pietersen, namens Cope, het gesê die raad lewer nie die dienste wat hy aan inwoners beloof nie. Sy kollega Rosie Ludick het op haar beurt gesê die stad raak onbekostigbaar duur. Die behuising word ook nie reg bestuur nie. In sy antwoord het die ANC-raadslid Ronnie Morwe gesê die raad het daadwerklike planne om behuising te verbeter. Jacobus Steyn, ANC-raadslid, het op sy beurt gesê die burgemeester gaan verskeie aangeleenthede aanpak. Die water- en elektrisiteitsnetwerk gaan verbeter word. Die aanleg by Riverton is verbeter, asook dienslewering aan Ritchie. “Ons het ook ’n nuwe vloot voertuie aangekoop. “Die raad is baie trots op die surplus waarvoor hy begroot het. Sake lyk baie beter as vorige jare.” Die begroting sal op ’n volgende vergadering goedgekeur word.


NOORDKAAP, WOENSDAG 15 MEI 2013

Sessie oor ‘lastige’ witborskraai Lecrecia Prins DIE Noord-Kaapse Roofvoëlbewaringsforum beplan op 30 Julie ’n werksessie om boere oor die skade wat witborskraaie in die boerdery- en natuurgebiede aanrig in te lig en hoe om die situasie te hanteer. Volgens Ronelle Visagie, roofvoëlkenner en een van die forum se lede, het die witborskraaie se getalle die afgelope tyd baie toegeneem. Die witborskraaie is opportunistiese vreters en pas maklik by ’n veranderende omgewing aan.

Alle inheemse diere, insluitend die kraaie, word in die NoordKaap onder die Noord-Kaapse Natuurbewaringswet van 2009 beskerm en dus mag hulle nie sonder die nodige permitte gejag word nie. Visagie sê mense word ontmoedig om gif uit te plaas, want afgesien dat dit onwettig is, word ander onskuldige spesies roofvoëls en klein soogdiere uitgewis. “Die afgelope tyd word toenemend probleme met kraaie ondervind. Hulle pas op dorpe aan en skeur selfs vullissakke op soek na kos oop.

“Daar is ook verskeie grondeienaars wat kla kraaie pla hul ooie wat besig is om te lam of dat hulle lammers se oë uitpik. “Hulle verjaag ook groot arende en vreet die eiers of klein kuikens in die neste.” Voedselbronne vir kraaie bestaan uit ’n wye verskeidenheid, naamlik rommel op stortingsterreine, plekke waar slagplase van afval ontslae raak, diere wat doodgery is, vullisdromme langs paaie, dooie diere in die veld, asook turksvye, en hulle vreet selfs mielies en grondboontjies. Daar bestaan ook

THE Maloof Money Cup Tournament will again be held in Kimberley this year. Photo: Supplied

A skater’s paradise

WITHIN three years of its establishment, the Kimberley Skate Plaza in the Northern Cape capital has become an important dynamic in the social development of youth in the province. The 2013 Maloof season promises a jam-packed schedule of events in the run-up to the championships from 27 to 29 September, says a spokesperson. “Maloof madness started earlier in April with the introduction of the first Friday Night Lights contest at the skate plaza in Kimberley.” The state-of-the-art skate plaza was built in conjunction with the American company Maloof Skateboarding and the Northern Cape provincial government to host the inaugural Maloof Money Cup Skateboarding World Championships in 2011 and has since changed the face of the sport of skateboarding in South Africa. Today, the skate plaza has become the real legacy of the event, as it has grown into a vibrant community activity centre with hundreds of kids from various social and economic backgrounds gathering there on a daily basis. This weekly event takes place from 19:00 until 22:00 and aims to provide a fun and safe environment for the youth to play and socialize on Friday nights and to skate the amazing course

under the lights. Music, lucky draws and a traditional South African braai completes the action. Within the first month, attendance has grown impressively and the feedback from participants has been extremely positive. In addition, the skate park will be introducing a youth skateboarding league in May and will also offer progression measuring to gauge the improvement of skateboarding skills. Kids will be tested in terms of core skateboarding competencies and progress will be rewarded with fun prizes. A youth music festival is also planned to co-incide with National Youth Day in June. Bands and singers can perform in this talent search and stand a chance to win R15 000 in music equipment and other great prizes. The competition is open to high school learners and tertiary students. The two-day festival will feature some of South Africa’s best up-and-coming bands with food, refreshments and vendor booths available. Three years ago, the Northern Cape became the first host of the Maloof Money Cup Skateboarding World Championships outside American borders.

rekords van 160 klein skilpaddoppe wat in een broeiseisoen onder een kraaines opgetel is en pekanneutboere het waargeneem dat hulle selfs die neute vreet. Die meeste soorte roofvoëls vreet aas en sal aan ’n dooie lam of ander karkas vreet. Indien daar gif in so ’n karkas is, sal die roofvoëls ook daarvan vrek. Grondeienaars gebruik soms kraaie om diere wat in die veld dood is op te spoor, want waar kraaie opvlieg, is heel moontlik ’n dooie dier waarop hulle aas. Kraaie broei op ’n verskeidenheid strukture soos telefoonpale,

kommunikasiestrukture, windpompe, kragpale en bome. Hulle gebruik benewens stokke ook draad en ander materiaal soos baaltou. Indien neste uitgegooi word, moet daarop gelet word dat kraaie turkooiskleurige eiers het. Indien die eiers wit of bruin is, is dit eiers van ’n rooivalk of ander spesie wat daarin broei. Probeer om die nes te behou, aangesien verskeie valkspesies dit benut, sê Visagie. Geen neste mag verwyder word sonder permitte van die departement van omgewingsake en natuurbewaring nie.

3


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 15 MEI 2013

‘Vaarwel, my Chappie-deler’ Hannes Noeth SY deel toe daardie dag haar Chappie met my. Nie dat ek juis vir Chappies lief is nie, maar dié een het met soveel liefde gekom dat ek dit nie kon weier nie. Eintlik was dit ’n halwe een, want sy het net een, en om die hele een weg te gee is darem net ’n te groot offer. Dit was eers ná ’n rukkie dat sy gesê het: “Nee, ek hou nie daarvan nie, jy kan die ander helfte ook kry. Die groen Chappies is nie lekker nie.” Maar natuurlik soek ek toe nie meer die gekoude helfte nie. Ek en haar ouma het te lekker koffie gedrink en koekies geëet. Om die tafel gesit en gesels. Huisbesoek gedoen. Oor al die dinge van die ou tyd gepeins. Dit is toe dat sy wakker word en uit die kamer kom en met die dominee wat by ouma kuier haar Chappie kom deel. Daarna raak sy so aan die praat dat ons skaars weer kon gesels. Sy het net te veel om te vertel van alles wat in haar leefwêreld gebeur. Natuurlik moet ons luister en moet ek en haar ouma in haar leefwêreld inbeweeg. Dit was so ’n jaar gelede. Ek

het vandag met haar ouma by die kerk gestaan en gesels. Klein Chappie-deler en haar ma vlieg die naweek weg. Ver weg, Kanada toe. Soos baie jong mense gaan hulle ’n nuwe bestaan maak. Ai, en die kleintjie wil my gedagtes nie los nie. Ek dink aan so baie ma’s en pa’s wie se kinders ver is. En so baie oumas en oupas wat na hul kleinkinders verlang. Soos die volk van ouds is ons omtrent in ballingskap. Wel, nie in gevangenskap in ’n vreemde land nie, maar sit ons in ons eie land en verlang na hulle wat oor die wêreld heen sit. Tog is ons dankbaar vir nuwe geleenthede, vir nuwe paaie wat oopgaan, vir nuwe tye van begin wat aanbreek. Vaarwel, klein Chappie-deler. Mag jy vreugde vind in jou nuwe land waarin jy gaan grootword. Mag jy daar ook deel en lag soos hier. Nou gaan ek eers vir ’n klein meisietjie ’n pak Chappies koop om na haar nuwe land saam te vat.

Twyfel oor pad strem groei hier KIMBERLEY staan gereed om groot groei te beleef danksy onder meer die universiteit wat volgende jaar hier open. Daar is egter ook struikelblokke. Een van die grootstes is die onsekerheid oor Bultfonteinweg wat reeds die afgelope vyf jaar gesluit is. Die straat is gesluit nadat De Beers gewaarsku het die Groot Gat kan aan die straat se kant instort. Dit het sakeondernemings in dié straat, wat altyd besig was, erg geknou. Dit veroorsaak steeds groot ontwrigting in die omgewing. Herhaaldelike versoeke van die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki) dat duidelike antwoorde oor die toekoms van die straat gegee word,

Besoek ons vir nog foto’s en nuus by www.noordkaap.co.za.

het tot dusver op dowe ore geval. Intussen word die straat as (onwettige) staanplek vir taxi’s gebruik. As taxi’s toegelaat word om hier passasiers op en af te laai, waarom kan die straat nie ook vir verkeer oopgemaak word nie? Wat nou gebeur, is dat daar op enige gegewe oomblik meer mense in die straat is as wat daar sou gewees het as normale padverkeer toegelaat sou word. As die gevaar steeds bestaan, moet mos toegesien word dat daar

géén mense is nie. Dan is daar die vraag of die gevaar hoegenaamd nog bestaan. Sedert De Beers vyf jaar gelede in ’n verslag gewaarsku het die Gat kan instort, is nog geen nuwe inligting bekend gemaak oor wat die situasie nou is nie. Nóg deur De Beers, nóg deur die munisipaliteit. Dit skep ’n situasie wat onsekerheid veroorsaak by ondernemings in die omgewing, nuwe ondernemings ontmoedig om hulle daar te vestig en dit dra tot die agteruitgang van die middestad by. Daarby is dit in ’n historiese deel van Kimberley, ’n gebied wat ’n groot trekpleister vir toeriste kan word. Die aangeleentheid moet nou opgelos word.

Vryfees propvol verskeidenheid

DIE jaarlikse Vryfees in Bloemfontein vier vanjaar ’n gelukkige 13de verjaardag. Die fees is vanjaar in die kykNET–Fiëstas as een van die vier gewildste feeste in Suid-Afrika aangewys. Vanjaar word alle opvoerings en konserte op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat aangebied – jy kan dus brandstof spaar deur op een plek te parkeer en na al die lokale waar jou programkeuses plaasvind, voet te slaan. Toegang tot die feesterrein en kunstemark bly gratis. Dus hoef jy nie op ’n glas wyn of koedoeburgers vir die kinders in te boet nie. Die slagspreuk van die fees is vanjaar Hartelus. Almal kan op die Vryfees na hartelus baljaar, want die kunstespyskaart bied waarlik iets vir almal: toneel van alle soorte, kwaai drama, klugtige komedie, alternatiewe andersheid; ’n eerste met ’n simfonieorkes; prikkelpoppies vir die manne; fyn musisering; opskopkonserte met onder andere Steve Hofmeyr; gewilde gunsteling-kunstenaars; maar ook vars, nuwe gesigte. Ná ’n lang afwesigheid is daar weer dans op die fees – sommer ’n groot uitvoering waarin jy enigiets van ballet tot gumboot-danse kan verwag; die titel is nie verniet Spectacular Spectacu-

lar nie. Onder die 12 kabaret-, musiekteater en klassieke musiek-aanbiedings is ’n Kabaretmania wat gehore aan die muse met die mes gaan bekend stel: kabaret. Die Bloemfonteinse stadsorkes gaan groot klank verleen aan die musiek van Andrew Lloyd Webber en vir die manne is daar in Big Top Burlesque burlesk-poppies wat sing en dans. Luister jy fyner is daar Zorada Temmingh se orrelspel, André van Daalen se hobo, Magdalene Minnaar en Zanne Stapelberg se sopraanstemme en Charl du Plessis se Bach-jazz. Heeltemal anders – in die trant van musikale, pittige Victor Borge – skerts die Australiese pianis David Scheel. Die kontemporêre musiekprogram bied nuutjies aan soos Chris Chameleon saam met die Bloemfonteinse Kinderkoor, Fyngeslyp met Jannie Moolman waarin Bloemfonteinse topkunstenaars vir ’n konsert onder hande geneem is en die feestreffer en gala-openingskonsert Liedjie vir jou met onder andere Laurika Rauch, die 78-jarige Dorothy Masuka en Karen Zoid. Steve Hofmeyr kom vier 25 jaar op die verhoog in die Callie Human-sentrum, en Dana Snyman kom saam met musiek stories vertel.

SAKEFORUM

TEAM AUTOMARK KIMBERLEY, ’n gesertifiseerde tweedehandse handelaar van alle soorte voertuie, is onlangs as die beste Automark­handelaar in sy afdeling in die land aangewys. Vir Oranje Toyota Kimberley Automark was April ’n rekordmaand met 40 voertuie wat van die hand gesit is. Hulle het ’n verskeidenheid van meer as 300 goedgekeurde voertuie beskikbaar en lewer landwyd af. Jacques Cloete, wat in Februarie verlede jaar as Automark se bestuurder aangestel is, is ook as die Automark Knight­verkoopsbestuurder van die jaar aangewys. Hy en Sydney McPherson is albei Automark Knights – die beste van die beste in die Toyota­netwerk. Foto: Ruan Bruwer

Die Diamantstad se koerant

Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330

Posbus 1583 Kimberley 8300

Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw


NOORDKAAP, WOENSDAG 15 MEI 2013

5

Rus, agter tralies RUS in vrede . . . ag­ ter tralies. ’n Aan­ duiding van hoe erg misdaad in Suid­ Afrika geword het, kan gesien word in die ABC­begraaf­ plaas in Galeshewe waar talle grafte met tralies teen van­ dale en diewe be­ skerm word.

VANDALISME en diefstal het die afgelope jare ’n groot probleem in begraafplase in Kimber­ ley geword. Foto’s: Emile Hendricks


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 15 MEI 2013

‘Seldsame’ vierling in Kby gebore Charné Kemp

TESSA STONE ná die geboorte van haar vierling in die Mediclinic Kimberley. Inlas: Een van die vierling in die broeikas. Foto’s: Emile Hendricks

’n MOEË Tessa Stone (30), wat aanvanklik “ ’n helse skok” gekry het toe sy hoor sy verwag ’n vierling, het verlig geglimlag nadat haar dogters sonder komplikasies in die Mediclinic Kimberley met ’n keisersnit gebore is. Twee van die meisies is ’n identiese tweeling. Hulle het nog nie name nie, maar dit gaan ’n kombinasie van tradisionele en Engelse name wees. Hulle weeg onderskeidelik 980 g, 1,2 kg, 1 kg en 945 g. Haar man, Alec Filander, het hom aanvanklik “asvaal geskrik, maar is baie opgewonde oor sy nuwe kitsgesin”, sê sy. Stone kon weens die operasie nie haar bed verlaat om die skoppende en skreeuende meisietjies in die intensiewesorg-eenheid te bewonder nie. Sy het hulle op die fotograaf se kameraskerm bekyk. Stone het ’n seuntjie, Lorenzo (7), uit ’n vorige verhouding. “My man, ’n polisieman by die Galeshewekantoor, is vreeslik opgewonde. “Ek is realisties. Ek besef die babas is nou hier en moet grootgemaak word,” het sy gesê. Sy sal oor ’n paar dae huis toe gaan, maar haar dogters moet minstens ’n maand in die

intensiewesorg-eenheid bly. Toe sy agt weke en twee dae swanger was, het Stone uitgevind sy verwag ’n vierling. Daar is reeds twee tweelinge in haar ma se familie. Die kanse om ’n vierling natuurlik te verwek, van wie almal dieselfde geslag is, is baie seldsaam, sê Denise Coetzee, woordvoerder van die Mediclinic Kimberley waar die vier meisies aansterk. “Die babas is eintlik baie gesond. Nie een van hulle is op ventilators nie. Tessa is voor die keisersnit met medikasie behandel om hul longe te laat ontwikkel. Hulle haal op hul eie asem.” Stone se vrugwater het begin lek en sy was in ’n vroeë stadium van kraam. Die dokters het besluit om op 29 weke die keisersnit te doen. Sy het in die laaste maande van swangerskap die dokter weekliks besoek. “Ek was die afgelope drie weke baie ongemaklik. Ek kon snags nie meer slaap nie.” Wanneer sy ontslaan is, sal Stone daagliks hospitaal toe gaan om by die babas te kuier. “Ek sal graag wil borsvoed. Die dokters sal nou kyk of ek genoeg melk het sodat hulle die babas daarmee kan voer.”

Al hoe minder het werk André Botha

BYKANS ’n derde van die inwoners van die sentrale deel van Suid-Afrika is werkloos ondanks ’n toename in werksgeleenthede in die Vrystaat die afgelope jaar. Die Noord-Kaap het die derde hoogste werkloosheidsyfer in die land. Die Noord-Kaap se werkloosheidsyfer het sedert die eerste kwartaal van 2012 aansienlik toegeneem, maar daarna redelik bestendig gebly. Die provinsie is een van vier in die land waar die getal mense met werk die afgelope ses maande minder geword het. Luidens die arbeidskwartaalverslag van Statistieke Suid-Afrika vir die tydperk Januarie 2013 tot Maart 2013 het die getal mense wat ekonomies aktief is in die Vrystaat in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in 2012 met 3% toegeneem. In die Noord-Kaap was daar egter geen verandering nie. Die werkloosheidsyfer in die Noord-Kaap aan die einde van Maart 2013 was 29,6% en 31,6% in die Vrystaat. Dit is ’n skerp toename vir die Noord-Kaap waar die werkloosheidsyfer in Maart 2012 reeds 24,9% was. Dié toename was in April tot Junie, waarna dit bestendig gebly het en in Januarie tot Maart effens afgeneem het. Die Vrystaatse werkloosheidsyfer is die laagste in ’n jaar. In Maart 2012 was die syfer 32,2%. ’n Hoogtepunt is in die tydperk Oktober tot Desember 2012 behaal toe die syfer 33,2% was. Die getal Vrystaters met werk het tussen Oktober 2012 en Maart 2013 met 22 000 toegeneem. In dieselfde tydperk het die getal Noord-Kapenaars met 6 000 afgeneem. Landbou was die sektor wat die grootste groei in werksgeleenthede in die Vrystaat gelewer het. Die getal mense werksaam in dié sektor in Januarie tot Maart 2013 is ’n enorme 41% teenoor Oktober tot Desember 2012. Sedert Januarie 2012 het werksgeleenthede in die Vrystaatse landbousektor met 23% toegeneem. In die Noord-Kaap het die landbousektor se bydrae egter met 6% afgeneem. Mynbou het egter in die Noord-Kaap heelwat nuwe werksgeleenthede gebied met ’n toename van 17,6% van Oktober 2012 tot einde Maart 2013. Dit kan aan die groot mynuitbreidings in die Kuruman-Kathu-korridor toegeskryf word. Dit is 25% meer as in Januarie tot Maart 2012. In die Vrystaat het die getal werksgeleenthede in dié sektor met sowat 3,7% afgeneem. Die vervaardigingsbedryf in die NoordKaap het ’n groot knou gekry. Dit blyk daaruit dat werksgeleenthede in dié sektor die afgelope jaar met sowat 31% afgeneem het. Die Vrystaat daarteenoor het ’n stewige groei van 24% getoon. Werksgeleenthede in die boubedryf in albei provinsies het sterk toegeneem.


NOORDKAAP, WOENSDAG 15 MEI 2013

Man vas oor aanvalle ’n MAN is in hegtenis geneem nadat hy na bewering eers ’n gestremde man tien keer met ’n mes gesteek en daarna glo sy eie suster vermoor het deur haar twee keer met ’n mes te steek. Lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, sê die 25-jarige verdagte het die 53-jarige gestremde man na bewering Donderdagmiddag laat tien keer in sy gesig, nek en bors gesteek terwyl hy in 15de Straat in Homevale gestap het. Die verdagte het daarna na sy suster, Anna Griekwa (27), se huis gehardloop waar hy haar na bewering twee keer in die bors gesteek het. Sy het weggehardloop en in een van die slaapkamers ineengestort. Sy is op die toneel dood. Die 53-jarige man, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is in die intensiewesorgeenheid in die Kimberley-hospitaal. Die verdagte, wat op die vlug geslaan het, is sowat ’n uur ná die voorval in Galeshewe in hegtenis geneem. Die motief vir die aanvalle word nog ondersoek. Enigeen met inligting word gevra om speurder-ao. Godfrey Williams by 082-495-4625 of 053-807-5500 te bel.

Verhoor uitgestel DIE verhoor van André Visagie (59) en sy seun, Jan Visagie (18), is tot 9 September vir die betoë van die staat en verdediging uitgestel. Visagie, leier van die Geloftevolk-Republikeine en ’n eertydse AWB-leier, word saam met sy seun van die onwettige besit van vuurwapens, wapen-onderdele en ammunisie aangekla. Die polisie het op 19 Maart 2011 die gesin by hul huis in Andréstraat, Heuwelsig, opgeklop en die huis en motorhuis deurgesoek. Wapen-onderdele, ammunisie, messe, pangas, knaldempers, wurg-apparate, plastiekbottels en selfone wat aan skakelaars gekoppel was, is gekry. Visagie ontken die aanklagte. Hy beweer nie alles is syne of sy seun s’n nie. Dit is moontlik ná ’n rusie deur ’n vorige lyfwag daar “geplant”.

Nuwe LUR is nodig André Botha ’n NUWE LUR vir omgewingsake en natuurbewaring moet aangestel word. As dít dan ’n skommeling (van die uitvoerende raad) is, dan is dit ’n skommeling. “As daar enige ander skommelinge moet wees, sal ons dit bespreek,” sê Sylvia Lucas, aangewese premier van die Noord-Kaap. Sy wou in haar eerste media-onderhoud sedert haar inhuldiging as waarnemende premier nie die sluier lig oor of sy haar uitvoerende raad gaan verander nie. Daar is heelwat bespiegelings dat verskeie veranderings in die uitvoerende raad aangekondig sal word wanneer Lucas amptelik as premier oorneem. Een daarvan is dat die omstrede John Block, LUR vir finansies, ekonomiese sake en toerisme, vervang gaan word. Block staan op verskeie klagte van bedrog tereg. Lucas is die LUR vir omgewingsake en natuurbewaring en sal dus ’n plaasvervanger in dié pos moet aanstel. Lucas het gesê daar is geen bewyse van korrupsie teen die huidige regering wat sedert 2009 aan die bewind is nie.

7


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 15 MEI 2013


NOORDKAAP, WOENSDAG 15 MEI 2013

Manne Man se lyk in treintrok in Kimberley gevind slaags in ’n GEREGTELIKE doodsondersoek der, het bevestig Thomas Papier se fa- nemer van GWK, is Maandagoggend gehou word nadat ’n man se lyk milie het hom Maandagaand by die die laaste keer gesien. De Klerk het na4x4-stryd gaan Dinsdagoggend in ’n treintrok op Modderrivier-polisiekantoor as ver- mens GWK sy meegevoel met Papier se MOTORSPORTLIEFHEBBERS kan na ’n opwindende 4x4-kompetisie Saterdag uitsien wanneer die entoesiaste mekaar die stryd op ’n uitdagende baan buite Kimberley aansê. Die kompetisie bied die geleentheid aan 4x4-eienaars om hul vernuf en hul voertuie se vermoë te toets deur die hindernisse op die baan te voltooi sonder om punte vir tegniese foute af te staan. Die byeenkoms vind op die Dirt TraxWeltevredenbaan plaas. Die baan is sowat 29 km buite Kimberley op die Petrusburgpad geleë. Verskeie nuwe motors, bakkies en nutsvoertuie van Toyota, Nissan, Kia en Ford, asook voertuigbybehore, word ook uitgestal. Besoekers kan verder toetsritte op die baan beleef. Spesiale vermaak sal ook aan kinders gebied word en hulle kan aan inkleurkompetisies en ander bedrywighede deelneem terwyl hul ouers hulle in die motorsport verlustig. Verversings is beskikbaar. Die hekke open om 08:00 en toegang is R20 per persoon. Belangstellendes kan Willem Nagel vir meer inligting by 079-885-5226 bel.

Transnet se Alex-terrein in Kimberley gekry is. Lt. Sergio Kock, polisiewoordvoer-

mis aangemeld. Neil de Klerk, uitvoerende bestuurder: korporatiewe bemarking van GWK, sê Papier, ’n werk-

familie uitgespreek. “Ons is saam met sy familie en kollegas hartseer oor sy dood.”

9


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 15 MEI 2013

ACVV bied toer aan

KLEIN KAR of bakkie gesoek. R20 000 - R30 000. 071 967 0285/053 963 1409.

LIONS CAR BOOT SALE: 18 May 2013, Trim Park. Cornel 082 788 2823

ANTIQUES: KOOP/VERKOOP. Help kliënte landwyd. 071 967 0285. www.silvercosilver.co.za facebook: Silvercosilver ONS MAAK WEER u motor se vaal en verbleikte hoofligte so goed soos nuut. 084 886 7455:

GTS VERVOER en A J LOGISTICS: Vervoer kantoormeubels en meubels landwyd teen billike pryse. 082 574 3270 074 585 3978.

Kappie vir 'n Hyundai H100, R4 500. Kappie vir 'n 1400 Nissanbakkie, R3 500. Kappie vir 'n Isuzu LWB, R3 500 084 886 7455.

2-SLK-/2-BADKAMERMEENTHUIS in Royldene beskikbaar vanaf 1 Julie. R4 200 p.m. plus deposito. Navrae: 082 388 0307.

PERSEEL TE HUUR. Geskik vir kantoor of verkope. 120 vk m. Kombuis, toilet en privaat parkering. R6 500 p.m. plus BTW. 082 859 5386.

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951

2012 JEEP PATRIOT 2.4 Limited te koop. Diensplan ingesluit. 27 000 km. R275 000. Louis: 076 218 0524 Sonja: 084 446 6880 2005 RENAULT CLIO 1.5 DCi Expression (Diesel) 5-deur. 147 800 km R65 000. Gereeld gediens, volledige diensrekord. Louis: 076 218 0524 Sonja: 084 446 6880

BEGIN JOU EIE besigheid met AVON. SMS jou naam en 'ja' na: 084 55 62265 en ons skakel jou terug.

OP SOEK NA N DRYWER: Kode 14 met PDP. Faks CV na: 053 582 8002. OWNER DRIVERS REQUIRED with cars, motorbikes 1-, 2-, 4- and 8ton trucks. Lee 087 808 2991.

NOTICE OF ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT PROCESS.

CARS AND BAKKIES wanted for cash. Anything below R60 000. Thinus 072 472 8686.

In terms of Regulation 543 of the regulations published in Government Notice No. 33306 of 2010 under Section

54, read with Section 44 of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998), notice is hereby given that Anjutone (Pty) Ltd (Reg. N.Reg. N. 2011/122767/07) is of intention to carry out the following activity: Project name: ANJUTONE 2 SOLAR PARK Project Description: Anjutone (Pty) Ltd is of the intention to establish a renewable energygeneration facility. The project will consist of construction, operation and maintenance of a Photovoltaic (PV) Power Plant with associated infrastructure and structures, having a generating capacity up to 75 MW. The footprint of the solar park will be up to 300 hectares. The facility will comprise several arrays (strings) of PV modules mounted on frames; the associated infrastructure and structures will consist of: (i)internal and external access roads and a small parking area. (ii) fencing of the plant and video security control systems. (iii)foundations/mini piles for the mounted Photovoltaic arrays. (iv)electricity accesss point for the construction phase, operation phase (if necessary) and UPS (Uninterruptible Power Supply) devices. (v) water access point and/or water extraction on site from borehole(s) water supply pipelines, water treatment. (vi) sewage system and storm water collection system (vii) workshop and warehouse (viii) control building with offices (ix) cabling linking Photovoltaic strings and other internal cabling. (x)medium voltage stations designed to host DC/AC inverters and medium voltage power transformers. (xi) one or more medium voltage receiving stations, linking in parallel all the medium voltage stations. (xii)one small on - site high voltage substation with high-voltage power tran/sformers, stepping up the voltage to the voltage of the Eskom's grid, a control building and one 132 kV busbar with metering and protection devices (also called 'switching station'') (xiii) two new sections of high-voltage power line, allowing the Eskom's "'ULCO - GANSPAN 1'132 kV /power line/ - crossing the project site - to loop in and

ASSESSMENT PROCESS.

out of the 132 kV busbar of the new on-site loop-in, loopout substation. The connection may also entail interventions on the Eskom grid, according to Eskom's connection requirements/solution. During the construction phase, the site may be provided with additional: (i) water access point and water extraction on-site borehole(s) point, water supply pipelines, water treatment facilities. (ii) pre-fabricated buildings, to be removed at the end of the construction phase. Location: The project site is the Portion 3 of the farm Machorogan 106, Barkly West RD (857.1512 hectares in extent), located in the Dikgatlong Local Municipality, Frances Baard District Municipality, Northern Cape Province. The developed area (footprint) will be up to 300 hectares, to be selected within the project site following the indications of the specialist studies during the scoping phase. In order to access the project site, a new section of road approximately 160 m long may be built over the Portion 10 of the farm Machorogan 106, Barkly West RD. A Background Information Document (BID) providing more information can be requested via e-mail (see e-mail address below). An Environmental Impact Assessment (EIA) process is required for the above proposed activity. Such a study is currently being undertaken by AGES (Pty) Ltd (in order to determine whether the proposed activity will result in any significant environmental impacts.) The project has been registered with the Department of Environmental Affairs under the DEA reference: 14/12/16/3/3/2/533 and under the NEAS reference: DEA/EIA/0001815/2013. In order to ensure that you are identified as an interested and/or affected party, please submit in writing your name, contact information and interest in the matter, within 30 days of publication of this notice, to the address below. AGES (Pty) Ltd, 120 Marshall Street, Polokwane 0699. PO Box 2526, Polokwane 0700. Tel. +27 (0) 15 291 1577. Fax: + 27 (0) 15 291 1577. Emails: jbotha@agesgroup.com/egrobler@agesgroup.com

In terms of Regulation 543 of the regulations published in Government Notice No.33306 of 2010 under Section 54 read with section 44 of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998), notice is hereby given that Vidigenix Ltd (Reg. N.N 2011/003516/07) is of the intention to carry out the following activity: Project name: VIDIGENIX 2 SOLAR PARK Project description: Vidigenix (Pty) Ltd is of the intention to establish a renewable energy generation facility. The project will consist of the construction, operation and maintenance of a Photovoltaic (PV) Power Plant with associated infrastructure and structures having a generating capacity up to 75 MW. The footprint of the solar park will be up to 300 hectares. The facility will compromise several arrays (strings) of PV modules mounted on frames; the associated infrastructure and structures will consist of: (1) internal and external access roads and a small parking area. (ii) fencing of the plant and video security control systems. (iii) foundations/mini piles for the mounted Photovoltaic arrays. (iv) electricity access point for the construction phase, operation phase (if necessary) and UPS (Uninterruptible Power Supply) devices. (v) water access point and/or water extraction onsite from boreholes, water supply pipelines, water treatment. (vi) sewage system and storm water collection system. (vii) workshop and warehouse (viii) control building with offices (ix) cabling linking Photovoltaic strings and other internal cabling. (x) medium voltage stations designed to host DC/AC inverters and medium voltage power transformers. (xi) one or more medium voltage receiving stations, linking in parallel all the medium voltage stations (xii) one small on-site high voltage substation with high voltage power transformers, stepping up the voltage to the voltage of Eskom's grid, a control building and one 132 kV busbar with metering and protection

NOTICE OF ENVIRONMENTAL IMPACT

BRIDGING CASH

REqUEST FOR BID (RFB) – CLEANING AT KIMBERLEY REGIONAL AIRPORT.

while waiting for

PENSION/ PACKAGE

TENDER REFERENCE NUMBER: CORP 022/2013

payout (lump sum only)

Airports Company South Africa Limited invites suitably qualified tenderers to submit bids for the above service for Airports Company South Africa SOC Limited. MANDATORY ADMINISTRATION CRITERIA Proposals that do not meet any one of the following criteria (Valid proof/certification must be provided) will be disqualified and will not be evaluated further:

A non-refundable deposit of R1000.00 payable either by bank deposit or EFT – Details are as follows: Nedbank, branch code 145405, A/c no. 1454 118 148, A/c holder – Airports Company South Africa SOC Limited (Please quote ref – CORP 022/2013 & your company name).

1. Original valid certification to affiliated bodies / Institutions (NCCA Certification or similar). 2. Acceptance of Terms & Conditions of Bid. 3. Attendance of Compulsory Clarification Session. 4. Valid Workman’s Compensation Certification. 5. The lack of an original SARS Tax Clearance Certificate, with no explanation/application of same will be disqualified.

COMPULSORY CLARIFICATION SESSION A compulsory Clarification Session will be held at 12:00 on 28 May 2013 at Kimberley Regional Airport.

EVALUATION

CLOSING DATE The bid closes on Monday, 17 June 2013 at 14:00 SA time. All bid documents must be provided in duplicate (printed format) and sealed in a clearly marked envelope / package marked with Bidder’s name, Bid Reference Number and Bid Description, and deposited in the bid box situated at ACSA Admin Offices, 1st Floor, Room 133, Kimberley. ACSA is not bound to accept any bids and reserves the right to reject any or all bids. LATE SUBMISSIONS WILL NOT BE ACCEPTED.

Reg No. 1993/004149/06

COLLECTION OF BID DOCUMENTS Electronic copies of the bid documents will be made available to download via URL from 16 May 2013 to 17 June 2013, Monday to Friday from 9am to 4pm only (Excluding Saturday, Sunday and Public Holidays) subject to valid proof of payment.

Cash same day

NB: No tender will be awarded to any person whose tax matters have not been declared in order by the South African Revenue Services. Complete bids will be evaluated on two phases: Phase One: Functionality is a hurdle phase which disqualifies Bidders that do not meet the minimum threshold. Phase Two: Only those Bidders who have successfully passed the functionality phase will be considered here. This is based on the 90:10 preferential formula, with 90 reflecting price and 10 reflecting B-BBEE recognition. ACSA shall only accept DTI criteria as proof of B-BBEE status. 7469

Enquiries and Contact Information E-mail: Procurement.corp@airports.co.za Fax: +27 86 535 9125 www.airports.co.za Enquiries will close on 10 June 2013 at 16:00.

086 1101 388 083 6700 788

devices (also called 'switching station'). (xiii) two new sections of high voltage power line, allowing the Eskom's 'PERING - GANSPAN 1' 132 kV power line - crossing the project site - to loop in and out of the 132 kV busbar of the new on-site loop-in loop out substation. The connection may also entail interventions on Eskom's grid, according to Eskom's connection requirements/ solution. During the construction phase, the site may be provided with additional: (i) water access point and water extraction on-site borehole (s) point, water supply pipelines, water treatment facilities. (ii) pre-frabicated buildings to be removed at the end of the construction phase. Location: The project site is the Portion 1 of the farm Kangkatjies 919 HN (869.6983 hectares in extent), located in the Greater Taung Local Municipality, Dr Ruth Segomotsi Mompati District Municipality, North West Province. The developed area (footprint) will be up to 300 hectares, to be selected within the project site following the indications of the specilaist studies during the scoping phase. A Background Information Document (BID) providing more information can be requested via e-mail (see email address below). An Environmental Impact Assessment (EIA) process is required for the above proposed activity. Such a study is currently being undertaken by AGES (Pty) Ltd (in order to determine whether the proposed activity will result in any significant environmental impacts). The project has been registered with the Department of Environmental Affairs under the DEA reference: 14/12/16/3/3/2/534 and under the NEAS reference: DEA/EIA/0001816/2013. In order to ensure that you are identified as an interested and/or affected party, please submit in writing, your name, contact information and interest in the matter, within 30 days of publication of this notice, to address below. AGES (Pty) Ltd, 120 Marshall Street, Polokwane 0699. PO Box 2526 Polokwane 0700. Tel. +27(0)15 291 1577. Fax +27 (0) 15 291 1577. Emails: jbotha@agesgroup.com or egrobler@ages-group.com

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

DIE ACVV-Kimberley bied van 15 tot 21 September ’n toer vir pensioentrekkers na die Weskus aan. Verskeie plekke, onder meer Carnarvon, Calvinia, die Kokerboomwoud en waterval by Niewoudtville, asook Lambertsbaai en Swartriet en die orgideë- en veldblomskou by Darling, sal word besoek. Die toer kos R5 000 waarvan ’n deposito van R1 000 betaalbaar is om ’n plek te verseker. Bel die ACVV-Kimberley se kantoor by 053-831-5815 vir plekbespreking of Ria van der Westhuizen (toerleier) by 082-377-8751 of 053-833-3138.

Wenner eersdaags aangekondig André Botha DIT is nou nie meer lank voordat die NoordKapenaar van die Jaar aangekondig word nie. Beoordeling is gister gedoen en die wenner word op 28 Mei op ’n spoggeleentheid in die Horseshoe-motel in Kimberley aangekondig. Dit word deur Volksblad, Noordkaap se moederkoerant, en Kumba Iron Ore aangebied. Kumba Iron Ore is weer die hoofborg van die kompetisie. Dit word ook in samewerking met die GWK as borg gedoen. Die doel van die kompetisie is om individue en instansies wat ’n verskil maak te vereer. Die benoemdes is vanjaar Wiaan van der Linde, Fanie de Villiers, Tebogo Merementsi, Johan Deyzel, Huldah Barnard, Sharon Steyn, Ardeth Datnow, Chris Mpisi, Moipone Seutloadi en Pat Maqina. Die beeldskone Kimberliet, aktrise, sangeres en model Gail Mabalane (28, voorheen Nkoane) gaan gaste op die toekenningsgeselligheid van Volksblad en Kumba Iron Ore se kompetisie vir die Noord-Kapenaar- en die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar vermaak. Gail was te sien as Lelo Sedibe, ’n mode-redakteur, in die TV-reeks The Wild op M-Net wat onlangs ten einde geloop het. Sy was ook in 2010 een van die 14 finaliste in Idols. In 2001 was sy een van die finaliste van die Mej. Tiener Suid-Afrika-kompetisie, asook ’n Kaizer Chiefs-rasieleier. Hoewel die kompetisie nou slegs in sy derde jaar is, het dit reeds groot aansien opgebou. Die eerste wenner in 2011 was Esmaralda Barnes wat bekroon is vir haar werk om as bestuurder van die Internasionale Lughawe Upington dié lughawe tot onder meer vraglughawe op te bou. Anne Maclean is as Kumba Iron Ore en Volksblad se Noord-Kapenaar van die Jaar 2012 aangewys. Maclean het met die louere weggestap danksy haar werk aan die Maths and Leadership Academy om minder bevoorregte leerlinge geleenthede te gee om hul wiskundige vaardighede te ontwikkel.


Noord Kaap 15 Mei 2013