Issuu on Google+

Sondagoggend NG Tygerpoort 3 Maart 2013 Natasha Claire Wepener Rehan Belydenis Formulier vir die openbare belydenis van geloof Om belydenis van geloof af te lê, beteken dat jy voor die gemeente sê wat jy in jou hart glo, naamlik dat Jesus Christus die Here is en ook die Here van jou lewe. Jy sê ook dat jy op Hom alleen sal vertrou, dat jy graag volgens sy Woord wil lewe, dat jy aktief by sy kerk betrokke sal wees en dat jy as sy getuie in die wêreld sal optree. Jy onderneem ook om gereeld die Bybel te lees en te bid sodat jou verhouding met die Here al hoe sterker kan word. Verbintenis Luister na die volgende vrae en antwoord opreg daarop: • Glo julle dat die leer soos in die Ou en Nuwe Testament en in die belydenisskrifte van ons kerk vervat is en in die gemeente hier geleer word, die ware en volkome leer van die verlossing is? • Beloof jy om as lidmaat van die gemeente van Christus deur sy genade in die belydenis van dié leer tot die einde van jou lewe te volhard, en alle leringe wat daarvan afwyk, te verwerp? • Bely jy dat die Here Jesus Christus jou persoonlike Verlosser is en dat jy Hom liefhet? Beloof jy om Hom te dien, sy Naam getrou te bely voor die mense en om aktief aan die werksaamhede van die kerk deel te neem? • Aanvaar jy dat jou medegelowiges die verantwoordelikheid het om jou te help om op die regte pad te bly? DOOP Ouers word na vore geroep Die kinders kan reeds op hierdie punt na die ouers gebring word. Aangesien die gemeente betrokke is, kan ’n lied gesing word. Die betekenis van die doop God het in die Ou Testament al ’n ooreenkoms met Abraham aangegaan. Ons noem dit ’n verbond. Die verbond kan vergelyk word met ’n testament waarin God al sy gawes tot sy kinders se beskikking stel. By die doop bevestig God dat ons en ons


kinders in hierdie testament ingesluit is. Ons en ons kinders word verseker dat God ook ons God is. Dit beteken:  dat Hy ons Vader is wat ons liefhet en vir ons sorg;  dat Jesus Christus ons Verlosser is;  dat die Heilige Gees in ons woon, van ons nuwe mense maak en ons lei. Geen mens kan hierdie gawes van God verdien nie, want ons sonde – waarmee ons gebore word – veroorsaak dat ons die dood verdien. Jesus het egter die straf vir die sonde op Hom geneem en aan die kruis in ons plek gesterf. Daarom kan God nou die ewige lewe as geskenk vir ons aanbied. Ons kinders is ook hierby ingesluit, al verstaan hulle nog niks hiervan nie. Die betekenis van die doop kan maklik verkeerd verstaan word:  Dit is nie net ’n mooi gewoonte wat ons ter wille van ander mense onderhou nie.  Dit is ook nie ’n bygelowige handeling waardeur ons teen gevaar en ongeluk beskerm word nie.  Dit is ook nie die geleentheid waar kinders hulle name kry nie  Dit gaan by die doop oor God wat Hom met sy liefde aan mense verbind.

Indien die kinders nog nie na die ouers gebring is nie, kan dit nou gedoen word. Verbintenis Ons het nou gehoor wat die doop beteken. Daarom vra ons dat julle as ouers/voogde opreg die volgende vrae antwoord:  Bely julle dat, hoewel ons kinders as sondaars in die wêreld gekom het en daarom onder die oordeel van God staan, hulle nogtans in Christus aan God behoort en as lidmate van sy gemeente gedoop moet word?  Aanvaar julle die Bybel as die Woord van God en aanvaar julle die leer van die kerk soos die belydenisskrifte dit verwoord, as die ware en volkome leer van die verlossing?  Beloof julle om hierdie kind in dié leer na die beste van die julle vermoë te onderrig en ook te laat onderrig? Die doopouers antwoord hardop: Ja. Die een of ander vorm van geloofsbelydenis is hier gepas.


Bediening NN, ek doop jou in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Gebed

Jona se NEE word JA Waaraan dink jy as jy aan Jona dink?   

Ons is al die hele kwartaal besig met ons gesprek oor ons identiteit as gemeente. Ons gebruik 2 Kor 5 as ons vertrekpunt en dan gaan ons dieper deur bietjie te kyk na van die verhale in die Bybel wat ons help om iets van ons identiteit beter te verstaan. Ons begin vanoggend kyk na die boek JONA en hoe dit ons help om te dink oor die boodskap wat ons dra na buite.... ons uitlewing van ons getuienis....

 

Waaraan dink jy wanneer jy aan Jona dink? Vra die mense...

Ek het hierdie hele week eintlik net in terme van Jona gedink oor is London nou eintlik Tarsis of Nineve.... Is ons Jona nou gehoorsaam of nie... En uiteindelik besluit om te stick by een van ons personeellede se opmerking dat Ferdie asseblief net nie met ‘n boot moet London toe nie... want netnou is daar groot moeilikheid!!

 

  

Nou ja... Jona gaan oor baie meer as ‘n vis! Dis in elk geval net 3 van die verse! Baie meer as net Tarsis of Nineve.... En het dalk ‘n baie dieper boodskap vir ons vanoggend vir die tyd waarin ons gemeente ons tans bevind!

Louis Brittz se liedjie.... LUISTER NA MP4

Skriflesing Hoofstuk 1 1 Die woord van die Here het tot Jona seun van Amittai gekom: “Maak klaar, gaan na die groot stad Nineve toe en spreek hom aan, want Ek weet hoe 2 sleg hy is.”


Maar Jona het klaargemaak om na Tarsis toe te vlug, weg van die Here af. Jona is af Joppe toe, en daar het hy 'n skip gekry wat op vertrek was Tarsis toe. Hy het vir die reis betaal 3 en aan boord gegaan om saam met die bemanning Tarsis toe te gaan, weg van die Here af. Maar die Here het 'n kwaai storm oor die see laat opkom. Daar was 'n baie sterk wind op 4 die see, en die skip wou uitmekaar breek. Die matrose het bang geword, en elkeen het tot sy god om hulp geroep. Hulle het die 5 vrag van die skip in die see gegooi om die skip ligter te maak. Maar Jona was onder in die skip waarheen hy afgegaan het om te gaan slaap. Hy het vas geslaap en die kaptein het na hom toe gegaan en vir hom gesê: “Wat is dit met jou dat jy lê en 6 slaap? Staan op en bid tot jou god. Miskien sal hy aan ons dink en dan sal ons nie vergaan nie.” Toe sê die manne vir mekaar: “Kom ons trek lootjies sodat ons kan uitvind oor wie hierdie 7 ramp ons tref.” Hulle het lootjies getrek en Jona is aangewys. Toe vra hulle hom: “Vertel ons tog waarom hierdie ramp ons tref. Wat werk jy? 8 Waarvandaan kom jy? Uit watter land en van watter volk is jy?” Jona het hulle geantwoord: “Ek is 'n Hebreër. Ek dien die Here die God van die hemel wat 9 die see en die vasteland gemaak het.” Die manne het baie bang geword en vir Jona gesê: “Wat het jy nou aangevang?” Hulle het 10 te wete gekom dat hy van die Here af wegvlug: Jona het hulle dit self vertel. Toe vra hulle hom: “Wat moet ons met jou maak dat die see weer rondom ons kan kalm 11 word?” Die see het ondertussen al hoe onstuimiger geword. Jona het hulle geantwoord: “Vat my en gooi my in die see, dan sal dit kalm word rondom 12 julle, want ek weet dit is oor my dat hierdie groot storm rondom julle woed.” Die manne het hard geroei om weer die vasteland te bereik, maar hulle kon nie, want die 13 see het al hoe onstuimiger geword rondom hulle. Toe bid hulle tot die Here en sê: “Ag, Here, moet ons tog nie laat vergaan oor hierdie man 14 nie. Moenie dat ons iemand onskuldig doodmaak nie. U is die Here, U doen wat U wil.” 15Hulle vat toe vir Jona en gooi hom in die see. Die storm op die see het toe bedaar. Die manne het toe baie bang geword vir die Here en hulle het vir Hom 'n offer gebring en 16 geloftes afgelê. Toe stuur die Here 'n groot vis om vir Jona in te sluk, en hy was drie dae en nagte in die 17 vis se maag. Hoofstuk 3 1 Die woord van die Here het 'n tweede keer tot Jona gekom: “Maak klaar, gaan na die groot stad Nineve toe en spreek hom aan met die boodskap wat 2 Ek jou sal gee.” Toe maak Jona klaar en gaan na Nineve toe soos die Here hom beveel het. Nineve was 'n 3 baie groot stad: 'n mens het drie dae gevat om dit deur te stap. Jona het die stad ingegaan en 'n dag lank daar rondgestap en toe roep hy: “Nog net 4 veertig dae en Nineve word verwoes!” 5 Die mense van Nineve het toe in God geglo en hulle het 'n dag aangekondig om te vas.


Groot en klein het rouklere aangetrek. Die berig het ook by die koning van Nineve uitgekom. Hy het van sy troon af opgestaan 6 en sy koningsklere uitgetrek, rouklere aangetrek en op 'n ashoop gaan sit. Hy het in Nineve laat proklameer: “Die koning en sy raadgewers beveel dat mens en dier, 7 grootvee en kleinvee, aan niks mag proe nie, dat hulle niks mag eet en nie water mag drink nie. Mens en dier moet rouklere aanhê, en die mense moet ernstig tot God roep en hulle van 8 hulle verkeerde dade bekeer en berou hê oor die geweld wat hulle gepleeg het. Miskien sal God van plan verander en nie meer kwaad wees nie. Dan sal ons nie omkom 9 nie.” Toe God sien wat hulle doen, en hoe hulle hulle bekeer van hulle verkeerde dade, het Hy 10afgesien van die ramp wat Hy gesê het Hy oor hulle sal bring. Hy het nie die ramp gestuur nie. Jona...    

  

Jona is inherent anders as die ander 11 kleinprofete... Die ander boeke vertel ons net van profete en wat hulle geprofeteer het. Jona is die enigste boek wat ons die narratief vertel van ‘nprofeet se eie worstelinge met sy boodskap en sy ongehoorsaamheid aan die Here. Jona is natuurlik ‘nvreemde karakter in die Bybel.... hy is ‘n profeet wat nie dit regkry om ‘n profeet te wees nie... en hoogs onsuksesvol is in sy taak... selfs al verwys Jesus later na hom. Daar is natuurlik die debat oor is dit geskiedenis of meer ‘n gelykenis... Wat van al die probleme met die storie self... dinge wat vreemd op die oor val en goed helemaal te maklik gebeur...? Daar is allerhande vrae oor die boek se datering en wanneer dit geskryf is ens.

Dit blyk egter vir baie goeie rede dat die boek eerder geskryf is na die Ballingskap en dat in die persoon van Jona... die Here eintlik baie ernstig praat met sy volk oor hulle siening van wie Hy is... en hoe hulle dink oor die ander volke....

Maar die boek is fasinerend.... die moeite werd om te lees in diepte... en uiteindelik vir jouself te vra: Wat wil die Here vandag vir jou hierdeur leer?

Ek wil vanoggend net oor ‘n tema of twee iets sê... Ferdie sal volgende week bietjie dieper ingaan op die einde van die boek...

1.

Gehoorsaam en Ongehoorsaam


  

God sê vir Jona: Gaan na Nineve.... Jona sê: Hallo Tarsis.... Jona is totaal en al ongehoorsaam

 

‘n Mens kan dit tot ‘n mate verstaan as jy weet wie in Nineve gebly het. Nineve was die hoofstad van die Assiriers... Die mees gehaatste volk van alle volke in die oë van Israel.... Hulle het Palestina ingeval oor en oor... verwoesting gesaai en mense doodgemaak, slawe geneem.... Hulle het die noorde van die ryk helemaal verwoes.... En so gaan dit aan.... Die volk het hulle gehaat.... hulle was vol sonde, vol haat en is die laaste moontlike volk wie die Here geken het....

    

Tarsis... was in vandag se Spanje.... die verste punt weg na die ander kant toe... in daardie tyd se wereld...

    

Tarsis was mooi, groot, vol eksotiese mense en dinge... het gefloreer... was vol avontuur en skepe en handel.... Sekerlik vol al die mooi van die vreemde werelde.... (Soos London!) Natuurlik was Tarsis baie meer aantreklik as Nineve! En natuurlik was Tarsis so ver weg soos wat jy kon gaan van Nineve af....

    

Jona hardloop... Jona is ongehoorsaam... JONA SE NEE Wat gebeur: Dit werk nie! Want hoe kan jy nou van God af weghardloop? Dit is onsuksesvol. En die vis gebeur... die bekering gebeur....

   

En Jona ontvang die tweede keer die opdrag van die Here af... JONA SE JA Hy pak die reis na Nineve toe aan... Hy preek ‘n baie kort preek en op vreemde manier gee die stad gehoor daaraan... Die stad kom tot bekering... En wat doen Jona – hy gaan sit en sak en as, kwaad vir die Here, buite die stad... want hoe kon God dit doen?

 

Wat so interessant van hierdie verhaal?  

Jona is ongehoorsaamheid is onsuksesvol Jona se gehoorsaamheid is ook op ‘n manier onsuksesvol


   

 

Jona misluk om gehoorsaam te wees in die eerste plek. En dan is hy gehoorsaam... hy preek die preek... soos ‘n goeie professionele profeet.... maar sy hart is nie daarin nie... hy glo dit nie... verstaan dit nie! En daarom misluk hy in homself om God te verstaan. Want die duur les lê hierin: Ons kan ongehoorsaam wees aan dit wat die Here van jou verwag.... maar ons kan ook die regte goed doen, die gehoorsame goed doen... maar as ons dit steeds doen sonder verstaan van God en die hart... is dit eintlik leeg.... Vir ‘n dominee is dit om te preek sonder om dit in jou eie lewe te beleef of te glo... Vir jou is dit om jou bediening en roeping te leef... sonder om dit te doen met die regte verstaan... die regte hart daaragter...

Vir Jona het hy gedink hy is gehoorsaam en hy preek nou maar sy preek... maar in sy hart kon hy nie glo dat God hierdie volk kon vergewe nie??

Vir Israel was dit ‘n boodskap wat hulle moes hoor: Julle verstaan nie hoe vergifnis werk nie... julle is hard soos Jona... julle sluit nie ander volke in nie... julle werk nie deur die seer van die verlede nie.... en daarom verstaan julle nie God se hart nie!

2.

Teenwoordigheid van God      

Maar daar is nog iets dieper onder dit alles... Jona vlug na Tarsis toe... om die teenwoordigheid van God te ontvlug... Want God se teenwoordigheid was mos in Jerusalem en Israel... en nie elders nie....so het hy gedink So Jona vlug nie net na Tarsis toe om so ver as moontlik van Nineve weg te kom nie.... Hy vlug sover as moontlik weg van wat hy gehoop het God se geografiese teenwoordigheid is.... En selfs in sy gehoorsaamheid in Nineve het hy nie regtig die teenwoordigheid van God kon verstaan nie... Hy gaan sit weer fisies buite die stad... om nou te kyk hoe God nou met die mense daar in die stad besig is....

En wat gebeur as jy buite/onbewus van die teenwoordigheid van God beginne leef.... die ontvlugting, die ongehoorsaamheid is veel dieper.....dit lê in die onvermoë om te verstaan waaroor roeping regtig gaan.... dit lê in die onvermoë om te sien dat God eintlik orals reeds teenwoordig is... jy kan nie dit ontvlug nie... maar jy kan kies om dit te ignoreer....


      

En wat gebeur as jy die teenwoordigheid van God miskyk.... jy begin dink jy is god... soos in die Adam en Eva verhaal... Of jy is gehoorsaam, doen wat jy moet.... maar in die selfvoldane houding van jy doen wat God sê jy moet, kan jy selfs ook beginne dink.... ek word die God wat ek verkondig... ek besit Hom. Dit is ‘n baie fyn lyn.... Gehoorsaam of nie – ons dink heel dikwels... ons is God! Jona snap iewers in hoofstuk 2, binne in die vis, binne in die verlore plek van die see... die simbool van die ondergrondse ook.... dat God selfs daar TEENWOORDIG is... Hy kon toe nie.... selfs weg van Israel... God se teenwoordigheid ontsnap nie... Hy bid mos sy eie ongelooflike Psalm....

1Toe bid Jona daar binne-in die vis tot die Here sy God. Jona het gesê: “In my nood het ek tot die Here geroep, en Hy het my gebed verhoor. Diep 2 in die doderyk het ek hulp gevra, en U, Here, het my gehoor. U het my die diepte ingegooi, diep in die see, en die watermassa het my omring. U het golf 3 na golf oor my laat gaan. 4Ek het gedink ek het uit u gesig verdwyn, maar tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.     

En tog al is hy deur hierdie besef.... het hy dit weer verloor.... selfs in sy gehoorsaamheid... Hy het vas gekyk in sy eie idee van wie God is... Hy het weer... die teenwoordigheid van God ....in Nineve gemis... En in die proses.... God gemis! Selfs al doen hy die regte en gehoorsame ding!

Die boodskap vir nou...      

Jona vertel ‘n baie diep verhaal vir Christene oor gehoorsaamheid aan God... ‘n Diep verhaal oor die boodskap wat ons verkondig.. Dit vra die vraag of ons eg is in ons verkondiging van ‘n God wie se hart vir ander buite ons verstaan so diep lê dat ons soms ‘n weersin kry in Hom omrede ons nie kan verstaan hoe Hy so kan wees nie... Jona praat oor onsuksesvolle bedieninge wat in gehoorsaamheid kan gebeur en steeds die essensie van wat God wou hê kan misverstaan. Dit praat oor die broosheid van wat ons probeer doen.... Dit praat oor ‘n God wat ons ten spyte van ons gehoorsaamheid, ongehoorsaamheid, sukses, onsukses, verstaan of onverstaan.... kan gebruik op die ou einde.....om stede tot bekering te bring.... al gaan sit ons en huil onder ‘n skaduwee in die woestyn wanneer dit gebeur ....


  

Maar ek dink dit leer ons iets baie besonders vandag.... Dit leer ons dat in die soeke na God se stem, na roeping in jou lewe, na die boodskap wat jy moet vertel en oor die onderwerp van gehoorsaamheid.... Dat die heel belangrikste saak bly: Lewe ek bewus van die TEENWOORDIGHEID van GOD of mis ek dit, of hardloop ek weg daarvan.... selfs in my gehoorsaamheid en doen van die “regte ding”...

En mag ek sê dat ek dink Jona ons gemeente in die tyd waarin ons gemeente nou ingaan nie bring by die “Regte dinge” en “Regte vrae” soos beroepe, poste en skuiwe op die oppervlakte van kerk organisasie en gemeentebou nie....

Maar by die vraag wat ten diepste vra: Lewe ons gemeente nou in die eerste plek konstant bewus van die teenwoordigheid van die Here? En dit is mos in die lewe in hierdie teenwoordigheid van die Here, wat ons in ons broosheid opreg kan hoor: is ons oppad Nineve toe of Tarsis toe?

   AMEN

Bewus, gefokus op God se teenwoordigheid... moet ons begin met ons eerlike herontdekking van wat die Here ons na toe roep in hierdie tyd... Ons kan nie blindelings voortgaan sonder om te stop... te vra... te bid.... in die teenwoordigheid van die Here nie. Nou is ons kans.....


Preek 3 Maart 2013