Page 1

Skriflesing: Psalm 100 Tygerpoort: 24 Julie 2011 Inleiding Afrikaners is plesierig, dit kan jy maar glo; hulle hou van partytjie en dan maak hulle so ... Die ou volkie waarvan ons deel is, is inderdaad lief vir feesvier. Dis die KKNK en Aardklop, dis Inniebos en Oppiekoppie, dis wildsfeeste en kersiefeeste, diamantfeeste en blommefeeste, mampoerfeeste en biltongfeeste. En dit het alles maar nou nog net te doen met ons plaaslike bevolking. Die groter, belangriker volk waarvan ons deel is en wat oor die hele wêreld bly, is natuurlik nog liewer vir feesvier. Trouens: God se volk, die kerk, is in ’n sekere sin van feesvier aanmekaargesit. Ons leef as’t ware van fees tot fees. Die kerk se feeste So was dit nog al die jare. In die tyd van die Ou Testament het gelowiges sommer so ’n hele ry feeste gehad: dit was die oesfeesen die versoeningsfees; die Paasfeesen die nuwejaarsfees; die fees van die weke en die tabernakelfees; die sabbatsfeesen die loofhuttefees; die Purimfees en die fees van die ongesuurde brode .... En in die tyd van die Nuwe Testament tot vandag toe nog het niks verander nie; die kerk is steeds ’n feesvierende gemeenskap; tot so ’n mate dat ons dit selfs met simbole teen ons kerkgeboue se mure uitbeeld: ons het Adventsfeeste en Kersfeeste; ons vier Epifanie en Lydenstyd; ons hou Paasfeesen Pinksterfees en ons vier, in hierdie tyd van die jaar waarin ons nou is, JesusChristus se Koningskap oor die hele wêreld. Lang storie kort: die kerk hou van feesvier; die kerk hou graag partytjie! Nee, ons sal dit sterker moet stel: die kerk kan nie anders as om gedurig fees te vier nie. Want sien, ’n fees is mos bedoel om die een of ander groot gebeurtenis te herdenk en in herinnering te roep en dit te vier en daaroor bly te wees en vrolik te wees. En omdat God so baie groot dinge laat gebeur het en steeds laat gebeur, daarom kan God se kinders nie anders as om altyd weer aan hierdie groot dinge terug te dink en daaroor bly te wees en daaroor fees te vier nie. Die erediens Die kerk hou so baie van partytjie en van feesvier dat ons dit sommer elke Sondag doen. Dis immers wat die erediens veronderstel is om te wees: die erediens is ’n fees! Die wortels daarvan lê in die tyd van die Ou Testament en die Psalm wat ons vanoggend saamgeleeshet, help ons om iets daarvan te verstaan. Eredienste het al in die tyd van die Ou Testament gelowiges gehelp om die groot dinge wat die Here gedoen het, te onthou en daaroor fees te vier. Vers 3 sê vir ons iets daarvan: erken (onthou!) dat die Here God is; Hy het ons gemaak. Een van die belangrikste dinge wat die Israeliete graag wou onthou, was dat hulle God die Skepper is van alles wat bestaan; Hy het hulle gemaak. En as hulle nou in die erediens saamgekom het, dan het hulle daaroor feesgevier. Dan het hulle, in die woorde van hierdie selfde psalm, tot eer van die Here gesing en gejuig en voor die Here gejubel en Hom met blydskap gedien, want Hy is die Skeppergod! ’n Ander belangrike ding wat God gedoen het en wat die Israeliete nooit wou vergeet nie, was dat Hy hulle uit Egipte uit ’n vreemde land gered het, en dat Hy hulle as sy volk aangeneem het en selfs vir hulle ’n eie land gegeehet. Vers 3 praat daarvan ook as die psalmdigter sê: ons is nou Syne, ons is sy volk, sy eie kudde. Kom ons onthou dit en kom en wees bly daaroor en kom ons vier fees daaroor.


Die gemeentes in die tyd van die Nuwe Testament het gewoon maar aangehou met hierdie manier van doen. Hulle het ook tydens hulle eredienste God se groot dade in herinnering geroep. Trouens: dit is hoe die eredienste in die Nuwe Testament ontstaan het. Toe Jesusop ’n Sondagmore uit die graf uit opgestaan het, het gelowiges sommer gou daarna besef dat dit die grootste ding is wat God nog ooit gedoen het en ooit sal doen. En toe het hulle besluit om elke Sondag daarna bymekaar te kom en dan terug te dink aan die gebeurtenis en daaroor bly te wees en daaroor fees te vier. Daarom kom christene tot vandag toe nog elke Sondag bymekaar om erediens te hou en op so manier Christus se opstanding en sy oorwinning te vier. Die erediens is niks anders as ’n fees nie! Lewensfeeste Om die rede kom ons as gelowiges tydens al die sentrale en belangrike gebeurtenisse in ons lewe altyd weer in die kerk bymekaar sodat ons in die lig van Christus se oorwinning fees kan vier. As ons kinders gebore word, dan bring ons hulle erediens toe en dan doop ons hulle omdat dit ons help om te onthou dat dit wat God gedoen het Hy ook vir hulle gedoen het. En dan vier ons fees daaroor. En wanneer ouers hulle beloftes nakom en vir hulle kinders soos wat hulle groter word van hierdie nuwe lewe vertel en dit vir hulle voorleef, en kinders dan later uiteindelik ook self wil sê dat hulle glo, dan kom ons weer erediens toe en dan vier ons saam met hulle fees oor die nuwe lewe. As ons nog ouer word en daar gebeur ander belangrike goed in ons lewe soos dat ons ’n lewensmaat ontmoet en leer liefkry en uiteindelik wil trou, dan kom ons kerk toe om fees te vier. Ja,ons vier selfs fees wanneer die laaste belangrike ding in ons lewe gebeur, naamlik die dood. Te midde van al die hartseer daarvan, kom ons dan vir ’n begrafnisdiens bymekaar om fees te vier omdat ons glo dat in die aangesig van die dood Christus se oorwinning eers regtig betekenis kry. Ja,rondom ’n graf vier ons die lewe omdat ons weet dat die dood nie die laaste sê het nie. Letterlik van ons geboorte af tot by die graf, is gelowiges mense wat rede het om fees te vier. Gemeentefees En in hierdie jaar het Tygerpoort gemeente meer as genoeg rede om fees te vier: op 23 Augustus 2011 word hierdie gemeente 30 jaar oud. Ons glo dat die Here self hierdie gemeente tot stand gebring het en tot vandag toe nog versorg. Daaroor is ons bly en daaroor wil ons feesvier. Ons gaan op ’n manier hierdie hele kwartaal feesvier. Ons gaan dit hier in die erediens doen maar ons gaan dit ook buite die erediens doen wanneer ons op verkillende plekke en op verskillende maniere besig is om dankie te sê en bly te wees. En ons gaan die almal saam doen. ’n Feesis tog nie bedoel om alleen gevier te word nie. Psalm 100 help ons om ook dit te verstaan. ’n Koor het op die tempel se trappe gestaan en met die woorde van hierdie psalm die volk nader geroep sodat almal saam kan kom feesvier: Kom voor die Here met gejubel, sê vers 2.


En wanneer die gemeente dan die trappe opgeklim het en by die ingang van die voorhof kom, dan het daar ’n tweede koor gestaan wat hierdie keer die woorde van vers 4 gesing het: gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange. Slot Die koor wat ons vanoggend hier buite die kerkgebou nadergeroep het met die woorde van Psalm 100, was ook ’n uitnodiging om saam te kom feesvier oor 30 jaar se genade. En nou het ons vir die res van die kwartaal almal die geleentheid om deel te word van dié koor. Nooi sover as wat jy gaan mense om saam te kom feesvier; om saam te kom dankie sê; om saam terug te dink aan die groot dinge wat die Here ook in hierdie gemeente gedoen het. Om saam te kom sing: Juig al wat leef, juig voor die Heer! Dien God met blydskap, gee Hom eer; kom nader voor sy aangesig, en prys Hom met ’n lofgedig! Amen

Preek 24 Julie 2011 deur dr Ferdie Clasen  

Ons vier fees!

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you