Page 1

OaseNuus Sondag 15 Januarie

Die sleutel vir gebed EfesiĂŤrs 1:15-23


Baie welkom vanoggend in die erediens. 2017 lê wyd oopgestrek en wink vir ons gemeente. Vanjaar fokus ons op RESPEK. “Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser.” 1 Petrus 2:17

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel.

Welkom

Kom deel in die kleurvolle gasvryheid van die gemeente! Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak.

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente...

Gesinserediens

Begin volgende week.

Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai. Stad op die berg-erediens begin VANAAND om 17:00. ʼn Nuwe era het aangebreek in die gemeente... ʼn Erediens vir almal, met musiek in ʼn jonger idioom en meer informele atmosfeer. Kom geniet dit saam met ons.

Rustig kollekte vanoggend by die deure

DOOP Baie welkom Jana-Mari Mag jy soos jy groter word die liefde en omgee van jou groter familie ervaar. Geluk aan haar trotse ouers Herman en Marita Raath! Ons weet haar voetspoortjies trap reeds diep in julle harte.


Maandag 16 Januarie

18:00 Eiendomsbedieningverg. Konsistorie 18:30 08:00 15:00 17:00 18:00

Dinsdag 17 Januarie

Gebedsbyeenkoms Vrouebedieningverg. Lofdans

Donderdag 26 Januarie

Omgeeleiersbyeenkoms Voorportaal

Gebeure in vooruitsig

Konsistorie 30 Januarie Konsistorie 31 Januarie Kerk Finansiële Bedieningverg. Konferensie 3 & 4 Februarie 6 Februarie Dinsdag 24 Januarie 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie 9 Februarie 10-12 Februarie 17:00 Lofdans Kerk 18:00 Bedieningsvreugde Bovertrek 14 Februarie GriefShare is ’n groep wat omgee. Jy hoef nie alleen deur die rouproses te gaan nie. Daar is mense wat met liefde die pad saam met jou wil stap en jou wil ondersteun by die verlies van ’n geliefde. Dit mag nou vir jou baie moeilik wees om optimisties te wees oor die toekoms wanneer jy ’n geliefde verloor het. Hierdie tydperk van rou kan ’n tydperk wees waarin jy baie verward en geïsoleer voel. Jy het ook baie vrae oor dinge wat jy nooit voorheen aan gedink het nie. GriefShare groep kom weekliks bymekaar om jou te help om die uitdagings wat jy nou in die gesig staar, vierkantig in die oë te kan kyk en jou lewe weer op te bou. GriefShare het 3 bepaalde elemente:  Video-seminare aangebied deur deskundiges  Kleingroepbesprekings met fokus op ’n bepaalde onderwerp  Persoonlike studie en refleksie

Navrae: Annalise 082 958 3874

Immergroenkursus Bluetooth Ouerskap Gr 1-3 Kamp GriefShare Kerkraadsvergadering Gr 4-6 Kamp DivorceCare

Hierdie kursus word in die gemeente aangebied. Navrae:

Diana 082 990 4641

Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak op ʼn Dinsdagaand

Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings.

Nuus vanuit die gemeente se enjinkamer... ʼn Nuwe jaar propvol nuwe geleenthede en nuwe aanpassings lê soos ʼn uitgestrekte veld voor ons. Mag almal in 2017 die roete geniet waarop ons sal stap. Jy kan dalk net op die groen weivelde wandel, maak nie saak nie, geniet jou reis en hou altyd vas aan ons Vader se hand. As die stormwind jou omwaai of as daar spoelklippe oor die pad kom gesels met ons, die leraars is beskikbaar en die kantoor kan jou ook help met die regte kompas. Saam geniet ons die reis wat God vir ons beplan.

Ons wil graag ook gereeld met jou kontak maak en sal hierdie kwartaal doodseker wil maak almal se inligting op die gemeentedata is reg. Kontak gerus vir Heleen by die kantoor of stuur ʼn e-pos na heleen@ngwitrivier.co.za as enige van die volgende inligting van jou of jou gesin die afgelope jaar verander het. Woonadres ID-nommers Selnommer van enige lid van jul gesin E-pos adres Werk kontakbesonderhede Huwelikstatus


Die volgende herdenkings... 1 Des

2 Des

3 Des 4 Des

5 Des 6 Des 7 Des 8 Des 9 Des

10 Des 11 Des 12 Des 13 Des 14 Des

15 Des 16 Des 17 Des

18 Des

19 Des

20 Des

Mylpale

Jaco & Sarie van Zyl 37 Huwelik Elzanne van der Walt 31 Doop Michael van Rensburg 31 Doop Carin Greyling 79 Verjaar Roelf Fouche 76 Verjaar Daan & Salomé van Staden 44 Huwelik Eben & Nicolette Bothma 38 Huwelik Johan & Lenda Muller 38 Huwelik Ena Swart 70 Verjaar Stefan Stoltz 38 Doop Jan-Hendrik Truter 39 Doop Fred & Rieteke Berrington 34 Huwelik Andrew Hamilton 33 Doop Pierre & Marinda Olivier 35 Huwelik Manie & Hester Loubser 41 Huwelik Herman & Cathie Kotze 41 Huwelik Andeon Visagie 36 Doop Annalene Germishuizen 70 Verjaar Dolf & Anna Botha 55 Huwelik Mervyn & Tokkie van Wyk 49 Huwelik Hannes & Rina Raath 44 Huwelik Bill Pienaar 77 Verjaar Dawie van Niekerk 73 Verjaar Phil & Hannetjie Wiid 47 Huwelik Paul & Sulene Roelofse 34 Huwelik Stephen & Anita vd Linde 35 Huwelik Jan & Mari Oosthuizen 41 Huwelik Danie & Karien Coetser 36 Huwelik Eden Claassen 69 Doop Sakkie & Marie Breitenbach 42 Huwelik Pieter & Ria de Jager 31 Huwelik Gert & Ina Griesel 31 Huwelik Nick & Ina Maartens 43 Huwelik Johan & Elsa Viljoen 37 Huwelik Peet & Heidi Pelser 35 Huwelik Toffee Lombard 73 Verjaar William & Antoinette Beer 33 Huwelik Johann & Elmaire Bothma 33 Huwelik Ida Mentz 73 Verjaar Pieter & Marthinett Reyneke 45 Huwelik Andrè & Marlene vd Merwe 34 Huwelik Hans & Magriet Bezuidenhout 52 Huwelik Fanie & Corrie Roodt 52 Huwelik Jaco & Elmarie Booyens 35 Huwelik Frans & Analise vd Merwe 35 Huwelik Koos & Tokkie Boshoff 58Huwelik Eddie & Wanda le Roux 36 Huwelik

21 Des John Robinson Hennie & Norina de Lange Hannes & Cecile Dorfling 22 Des Johan & Anita Krüger Bobbie & Monica Simpson 23 Des Johannes & Jolena Swart 24 Des Theo Mostert Paul de Bruyn 25 Des Christabel Cilliers 26 Des Hannes Dorfling 27 Des Hester Mostert Adriaan & Annalie Odendaal 28 Des Japie & Santie Burger Carel & Dalene Maree 30 Des Bottie Bekker Piet & Amanda Skead 31 Des Oosie Oosthuizen 1 Jan Tina le Cordeur 2 Jan Bert Houy Carel Nel Elize Nel Petro Houy Elsa Cave Ian & Estelle vd Westhuizen Chris & Wilna Claassens 3 Jan Ben Engelbrecht 5 Jan Kleintjie Redpath 6 Jan Jakkie Kruger Nic Smit Koos Botha Rob & Hannatjie Douglass 7 Jan Hennie Janse van Rensburg 8 Jan Eddie & Gean Fraser Janie Kilpert 9 Jan CP Pretorius 10 Jan Annatjie van Rooyen Lena van der Wath 11 Jan Dalene Maree Frik & Sorina Botha 12 Jan Marina Meyer 13 Jan Maryna Steenberg 15 Jan Chris Barnard Issie Barnard Koos Boshoff Joan Pienaar Rina Oosthuysen Jan Viljoen

72 Verjaar 48 Huwelik 48 Huwelik 37 Huwelik 37 Huwelik 55 Huwelik 72 Verjaar 44 Belydenis 80 Verjaar 71 Verjaar 70 Verjaar 36 Huwelik 48 Huwelik 48 Huwelik 71 Verjaar 38 Huwelik 92 Verjaar 85 Verjaar 55 Belydenis 49 Belydenis 48 Belydenis 45 Belydenis 39 Belydenis 36 Huwelik 35 Huwelik 71 Verjaar 81 Verjaar 75 Verjaar 75 Verjaar 54 Doop 49 Huwelik 73 Verjaar 51 Huwelik 33 Doop 74 Verjaar 89 Verjaar 84 Verjaar 69 Verjaar 48 Huwelik 70 Doop 43 Doop 87 Verjaar 83 Verjaar 79 Verjaar 77 Verjaar 74 Verjaar 74 Verjaar


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. “Amen! Die lof en die heerlikheid, die wysheid, die dank en die eer, die mag en die sterkte behoort aan ons God tot in alle ewigheid. Amen!" Openbaring 7:12 TOTALE DANKOFFERS PER MAAND

Werklik Begroot

850

800 750 700 650 600 550 500

R,000

450 400 350

300 250 200 150 100 50 0

KUMULATIEWE TOTALE DANKOFFERS PER MAAND

Werklik Begroot

5 000 4 500 4 000 3 500 3 000

R'000

2 500 2 000 1 500 1 000 500

0

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.


Gebedsfokus P

P

P P P

P P P P P

Ons bid saam vir ‘n Ma wat vra: “Here, help asb. my seun. Hy gaan deur ‘n moeilike tyd, U weet. Gee hom asb. vrede en kalmte en rustigheid.” Oupas en Oumas wat net ouer word, party wat voel die lewe is net nie meer die moeite werd nie… mag die Here hulle aanraak en hulle wys hoe belangrik hulle vir Hom is. Ons bid ook vir die atletiek en skoolwerk wat weer voluit wegspring en dan verhoudings tussen ouers en (veral) hul jong tieners, mag ons mekaar innooi in ons lewens en moeite doen met ons verhoudings. ‘n Anonieme gebedsbrief wat roep: “Here, staan my by!! Haal my uit my diep gat! Ek kan nie alleen aangaan… help my Here!” Die Here weet waaroor hierdie oproep gaan en ons bid dat Hy in detail en spoedig sal voorsien. Ons bid vir ons land, vir berou en bekeringe, vergifnis van sonde… “Here, maak ons geestelike oë oop. Wees ons genadig en seën ons as mense in S.A. Here, ons gee ons leiers vir U dat hul U pad sal loop en U sal volg.” Ons bid vir die brande wat die hele week in die Paarl, Somerset-Wes en Wellington gewoed het. Ons bid vir eiendom wat beskadig is, mense wat oorlede is, plase wat afgebrand het… vir elke persoon wat geaffekteer en geraak is deur die brande, mag God Sy hand van guns en genade oor hulle uitstrek en in detail voorsien vir nuwe lewe. Magda se Pa het die week sy eerste chemo-behandeling in Unitas ontvang. Ons bid vir die behandeling en die minimum newe-effekte maar ook vir God se beskerming op sy gemoed. Mag hy bewus wees van God se teenwoordigheid en liefde in hierdie moeilike tyd. Ons bid steeds vir Lani Antunes, wat in ’n slegte motorongeluk betrokke was. Here, raak haar aan en doen wonderwerke soos net U kan en ons voor smeek en glo. Hannetjie (Frans se suster), wat baie ernstig siek was, is Vrydagoggend oorlede. Ons bid vir haar twee seuns E.J. en Louis, maar ook al haar familie en geliefdes in hierdie tyd van rou. Mag die Here Sy rus bring. Bettie Saunders, wie se man (Jan-Willem) onlangs oorlede is. Hulle het immigreer en ons bid vir Bettie en haar seun vir troos. Rina le Clue, wat ‘n nekoperasie ondergaan het. Ons glo dat die operasie ‘n sukses was en bid dat Rina spoedig en volkome sal herstel. Mag die Here haar dra in die hersteltyd en geduldig maak in die genesings-proses.

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.


P

P

Ons bid steeds vir C.F. Wagner, wat behandeling ontvang vir leukemia. Ook vir Willie en Liezel en die res van die gesin, familie en geliefdes. Ons dank God dat die laaste nuus positief was na toetse wat gedoen is. Ons bid vir wonderwerke in C.F. se liggaam en vir wysheid vir elke Spesialis, Dokter en Verpleegster betrokke. Ons bid vir elkeen van ons sendelinge vir die nuwe jaar wat voorlê. Ons bid vir tale wat bemeester moet word, kulture wat leer ken moet word en die blye boodskap wat prakties uitgeleef word elke dag. Mag God hulle seën en beskerm, mag God tot hul redding verskyn. Mag God hul gebede verhoor en aan hul Sy vrede gee!

“Mag julle gebede soos wierook opstyg na die Here in 2017. Mag dit bydra tot ander se voordeel en God se eer!”

A A A A A A A A

A

A A

Ons is dankbaar oor Poppie Oosthuizen skryf: “Dankie Heer, vir soveel genade wat ons ontvang van U. Ons moet net op ons knieë bly en U aanbid. Ons is so besig met ons eie dinge maar eintlik moet ons bid vir mense wat U nog nie ken nie… Here, raak hulle aan asb.!” Rita sê: Ons is dankbaar vir die Here Jesus se bystand en sorg tydens Hannes se hartaanval in Australië. Ons bly bid vir volkome herstel. “Dankie Heer, vir my gesin en dat ons op vakansie kon gaan en veilig teruggekom het. Dankie vir die nuwe hartsmense wat ons kon ontmoet op ons Desember vakansie en vir ‘n nuwe 2017 wat voorlê. Dankie vir die damme wat oorloop! Amen! Alta Fouché juig: “Dankie Here, dat ons meer ontvang as wat ons gee. U genade is groot!” Frieda skryf einde 2016: “Liewe Here, dankie vir U liefde en bystand in die paar weke wat baie moeilik gegaan het as gevolg van medikasie wat gebots het. Dankie vir my man Abraham, wat my bygestaan het en ook self swaar gekry het. Hendrik Prinsloo wil graag dankie sê vir almal wat saam met hulle gebid het dat hy die permanente pos kry, nadat hy vir ‘n paar jare reeds kontrakwerker was. “Ek loof en prys die Here!” Ons dank die Here vir ‘n wonderlike, geseënde Swadini Uitreik. Dankie vir elkeen wat hard gewerk en gespeel het. Ons bid vir elke Swadini vakansieganger wat ‘n ontmoeting met die Here gehad het, mag hulle aanhou om in hul verhouding met Hom te groei en suiwer instrumente in Sy koninkryk wees! Ons het so baie en aanhoudend vir die reën gebid, nou wil ons ook dankie sê: “Here, aan U al die lof en eer! Ons dank U vir hierdie wonderlike reëns wat ons so geseënd uit U troonkamer ontvang. Dankie dat U ons gebede om reën verhoor. Dankie vir elke genade gawe wat U aan ons gee. Aan U al die lof en eer! Ons Heer, Verlosser en Heiland. Baie baie dankie Here!” Ons kinders wat met ‘n nuwe fase, graad of jaar kon begin in hul lewens. Ons dank God vir elke onderwyser, lektor, dosent… wie ookal Hy die gawe gegee het om te kan onderrig. Mag Hy ons oë en harte oopmaak om hulle deur Sy oë te sien en vir hulle tot hulp te wees. Mag Hy hul fisies, emosioneel en geestelik krag gee om in detail vir die leerders te gee wat hulle nodig het. Renette juig: “Ek is vol vreugde! Ek het God in my lewe! Ek is lief vir U, Here!” Hannes en Cecile skryf: Ons sê baie dankie aan ons Hemelse Vader vir die verhoring van jarelange gebede op so ‘n wonderlike wyse! Prys Sy Naam!


WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za

Van wyks se nuus

Januarie 2017

Liewe Gebedsvriende, In die afgelope 2016 het ek net weer so baie van God geleer net deur die Bybel te lees, Sy ongelooflike hart vir Sy kinders en wat Hy nie alles sal doen vir hulle nie. Hy gebruik van die armste tot die invloedrykste mense, die sondaar en onskuldige kindertjies! Ons was Kersfees by my Ma in Hartenbos en het op Kersdag na die Kersdiens in die amfiteater gegaan, soos meeste van die vakansiegangers doen. Terwyl ek daar gesit het en na al die mense gekyk het, het ek net weer gevoel dat die Here wil hê dat ons as Christene anders moet wees as die wêreld om ons… dat ons… “Radical” vir Hom moet leef. Leef ek regtig radikaal? Die nuwe jaar staan reg vir ons om te begin.. Die tweeling gaan graad 9 toe. Ek kan nie glo hulle word 15 hierdie jaar! Carlia is besig om goed te vorder in haar klas en hou haar sussies op hulle tone hier by die huis. En dan my ou seuntjie gaan graad 1 toe… Die jaar is ook vooruit beplan vir my. Die jaar gaan die Bybelskool twee keer aangebied word, April-Junie en dan weer SeptemberDesember. Ek moet dus nou al inspring en begin beplan en organiseer. Ek het ook opleiding oor twee weke om Curriculums saam te stel vir skole in YWAM, volgens SAQA se vereistes. Ek gaan ook aflos in die ontvangs (kantoor) op die basis gedurende die tyd wat die Bybelskool nie aan is nie.

Anton is al klaar besig met die personeel ontwikkeling en het Januarie DTS se personeel as individue en as groep die afgelope week “gecoach” . Ons bid daaroor, of hy nie sy studies dalk vroeër hierdie jaar moet voltooi nie. Dit sal beteken dat hy meer vakke op een slag moet neem as gewoonlik en dus nog besiger gaan wees as gewoonlik.

P P

Bid asseblief saam vir die basis se werksaamhede. Bid ook saam vir ons gesin, dat ons God volkome sal vertrou met elke tree wat ons hierdie jaar sal gee. Bid dat ons getrou sal wees in dit wat God ons geroep het om te doen. Bid ook saam dat ons ondersteuning netwerk sal uitbrei. Groete en seën vir elkeen vir 2017


Kersfees groete vanuit Masedonië Elke jaar met Kersfees dink ons aan die groot geskenk wat God gegee het in Sy Seun Jesus. Ons familie het verlede week ons nuwe dogtertjie. Čereni gaan haal, en die amper 6 jaar se wag het finaal geeindig.Ons prys die Here vir ons klein wonderwerkie! Ons wil vir elkeen ‘n wonderlike Kersfees toewens en opregte dank uitspreek vir almal wat saam met ons die jaar die pad gestap het. Elkeen se e-posse, facebook boodskappe van ondersteuning deur die jaar, elke boodskap, elke verjaarsdag gelukwense, elke finansiële bydrae en opoffering, elke gebed wat opgedra is, beteken vir ons as gesin ongelooflik baie. Die opgewondenheid oor die nuwe hoofstuk van ons lewe in Masedonië noop ons daartoe dat ons met dankbaarheid terugkyk na ‘n jaar vol seën en beloftes wat die Here lank terug vir ons gegee het en wat Hy getrou bewaarheid het. Mag julle Sy liefde, vrede, hoop en geluk ervaar die Kersfees en ons wil graag saam met julle die pad wat voorlê aanpak. As julle meer wil uitvind oor Čereni, kontak ons gerus of loer in op die blog. http://adoptingladybug.blogspot.mk/2016/12/ladybug-has-arrived.html

Liewe Witrivier vriende Ons wens jou die Here se seën toe vir 2017! Die jaar het nie baie goed vir ons begin nie: Belinda het malaria en dit gaan nie goed met haar gesondheid nie. Ons vra dat jy saam met ons sal bid dat die Here haar sal genees. Ons beplan om die einde van die maand Suid-Afrika toe te ry, maar uit die aard van die saak moet Belinda eers gesond wees voordat ons die reis kan aanpak. Ons gaan Christiaan se paspoort hernu en sy visum kry sodat hy by Moody Bible Institute kan gaan swot en ook die ALERT kursus kan doen. Hy vlieg DV middel Maart VSA toe.


Goeie nuus is dat ons DV oor twee weke ’n groep gelowiges in ons dorpie gaan doop! Bid asb vir hierdie gelowiges om nie bang of skaam te wees nie. Bid asb ook vir krag vir hulle indien daar vervolging plaasvind as gevolg van hul openbare verklaring van hul geloof in Jesus Christus as hul verlosser. As jy wil bel, Belinda se nr is +258 869502184 en my nr is +258 864935360. Dankie vir julle voorbidding.

Alfred, namens Belinda, Christiaan, Bernard en Stefan

Uit kruger se pen Liewe Family en Vrinne! 'n Voorspoedige 2017 julle almal toegebid! God belowe goeie dinge as jy in Sy voetspore volg in Psalm 65:12 “U kroon die jaar met U goeie gawes. vir dié wat in U voetspore volg is daar oorvloed!” Soos die meeste mense, het jy heel waarskynlik Nuwejaarsvoornemens gemaak om gewig te verloor, te oefen, gesonder te eet en jou lewe te verbeter. Maar het jy geweet dat die begeerte om jou lewe met elke Nuwe Jaar te verbeter eintlik in die hart van God begin het? In ‘n ander vertaling sê Dawid die volgende: “U kroon die jaar met U goeie gawes. Waar U ookal gaan is daar oorvloed.” Wat sal dit van jou neem om God se seën hierdie komende jaar te ervaar? Let op die woorde 'kroon', 'goeie gawes' en 'voetspore'. Op dieselfde manier wat 'n kroon jou kop omring, kan jy hierdie jaar deur God se oorvloedige goedheid omring word. Daar is egter iets wat van jou kant af moet kom. Jy moet hierdie jaar in Sy 'voetspore' loop, want net as jy in Sy voetspore volg is daar werklik emosionele en geestelike oorvloed. Ook op fisiese en finansiële gebied beloof Hy Sy bystand. Die Boodskap vertaling vertaal hierdie vers soos volg: “Omdat U vir ons goed is, sal U ook vir die boere goeie oeste gee. Oral waar U ingryp, is daar meer as genoeg om van te leef…” Jy kan nie verwag om die seën wat God bied te ervaar as jy nie bereid is om elke dag in nabye gemeenskap saam met Hom te loop nie. God het aan Esegiël dieselfde gesê: “My volk en hulle huise, wat rondom My woonplek is, sal geseënd wees. Ek stuur reënbuie, ja buie van seëninge” (Esegiël 34:26 NLV). Daar sal seën en goedheid op die plekke naby God uitgestort word in 2017; so maak 'n punt daarvan om elke dag hierdie jaar naby aan God te bly – loop in Sy voetspore – loop in Sy Seun se voetspore dit is die beste Nuwejaarsvoorneme wat jy kan maak! Gister was meer as 50 gevangenes reeds dood in tronke in Brasilië waar daar gevegte tussen bendes uitgebreek het. Die tronke is, net soos by ons, oorvol. Ek en Antoinette het spesiale toestemming gekry destyds om 'n tronk te besoek in Sao Paulo waar veral jeugdiges aangehou word en daar ook dikwels geweldadige opstande is. Ons is in die geleentheid gestel om vir sommige 'n diens daar te hou - ja daar is ook gelowiges onder hulle... Kom ons bid vir vrede in ons en Brasilië se tronke, kom ons bid teen bendegeweld by ons en daar en kom ons bid dat rehabilitasie (veral dan morele en geestelike rehabilitasie), voorop sal wees in die beplanning van die owerhede… Kom ons bid vir vrede in die tronke in Brasilië maar ook in Suid-Afrika.


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. BEHUISING BESKIKBAAR

SOEK HUIS / WOONSTEL

2 Slaapkamer woonstel in Bon Accord beskikbaar. Onderdak parkering. Water ingesluit. Kontak: Bertie 083 628 0209

Soek woonstel te huur vir gesin met 2 kinders. Kan slegs R 2 500 bekostig. Help asb. Kontak: Rudolf 072 015 6948

1 Slaapkamer woonstel by Garden Villas met onderdak parkering. Water ingesluit. Kontak: Bertie 083 628 0209

SOEK SAAMRYGELEENTHEID

Soek dringend na ʼn saamrygeleentheid vir dame, sal bydra vir brandstof. Witrivier - Nelspruit Witrivier. Oggende 06:30 en Middae 17:00 Kontak: Manina Bachelor woonstel te huur in Witrivier Water inge076 531 4958 sluit. Elektrisiteit uitgesluit. Geen diere en kinders. SOEK WERK Kontak: Tokkie Baie goeie verwer soek dringend na werk, kan ook 082 826 1099 ander take verrig. Henk Roos (082 343 6270) kan gekontak word as verwysing na sy verfwerk. Kamer met en suite badkamer te huur in SekuriKontak: Rudolf teitskomplek in Witrivier. 072 015 6948 Kontak: Louis 083 260 4347

Stel jy belang om op hierdie bladsy te adverteer? Kontak Antoinette by kerkkantoor of e-pos nuus@ngwitrivier.co.za


Preeknotas

____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die

Like” ons by NG Gemeente Witrivier Jeug@NGWitrivier

www.ngwitrivier.co.za

LERAARS Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710 KERKKANTOOR (013) 751 1644 082 523 4596

Respek Hoogtyd

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

Gemeente APP af:

NG Kerk Witrivier

OaseNuus 15 Januarie 2017  

Sondag lees Ds Nati Stander uit Efesiërs 1:15-23, die tema is "Die sleutel vir gebed". Mag hierdie sleutel 2017 se skatte vir jou oopsluit....

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you