Sondag begin Pinkster, wat handel oor die gawes van die Gees, kom geniet hierdie reis saam met Ds Nati Stander. Verder verwelkom ons die Joshua na die Reën groep wat vanoggend saam met ons aanbid. Erediens begin 08:30 en elke aand tot Donderdag is die Sopkuier van 17:30, Jeugpinkster om 18:00 by Hoërskool Rob Ferreira Lapa, Pinkster-erediens en Kinderpinkster om 18:30 in die ouditorium en voorportaal onderskeidelik. Almal welkom!
Lees nou reeds wat gebeur en wat word beplan.
"Elke keer wanneer ons sê "Ek glo in die Heilige Gees" bedoel ons ons dat ons glo daar is 'n lewende God wat gewillig is om in mense te woon en hul persoonlikhede te verander." JB Philips