Die Afrikaner: 25 - 31 Jan 2013

Page 8

8 DIE AFRIKANER, 25 - 31 Januarie 2013

Terreur teen die Afrikaner

Wingerdterreur

Pieter Oosthuizen Die ANC se revolusie teen die blankes in Suid Afrika duur voort. President Zuma het vroeg in Januarie aangedui dat die kwessie van nasionalisering in die huidige fase van die revolusie afgehandel gaan word. Wat duidelik blyk uit die handelings van die ANC se alliansievennoot, COSATU, op die Hexriviervallei se plase, is dat terreur deel is van die taktiek om die bedryf, die streek, die boere en produksie tot ‘n stilstand te dwing deur verliese te veroorsaak wat dit onmoontlik maak vir die boere om verder aan te gaan met hul boerderypraktyke. Op daardie stadium gaan die staat die plase vir ‘n appel en ‘n ei koop en dan die werklose swart massas op die grond vestig. Natuurlik gaan daar dan nie verder op die grond geboer word nie, maar daar gaan massiewe aantal permanente swart inwoners na die grond toe stroom en in reuse-plakkerskampe met hul reuse-getalle ‘n permanente ondersteunersbasis van die ANC vorm. Sodoende verseker die ANC dat die Wes-Kaap ook permanent deur hulle beheer word. Die onluste is die aksie wat die hek gaan oopmaak vir ‘n reuse toestroming van ANC-ondersteuners na die Wes-Kaap op ‘n permanente basis. Dit is ‘n strategie om die permanensie van ANC-regering in die gebied te verseker. En nadat die reuse-plakkerskampe op die voormalige wingerdboorde gevestig is, dan begin die nagmerrie vir inwoners van die Wes-Kaap. In Transvaal word plakkerskampe gebruik as basisse en afspringplekke van terroriste, rowers en diewe wat die omliggende blanke gebiede verwoes, leeg steel en die inwoners stelselmatig vermoor. Die

Diepsloot-plakkerskamp het al soveel keer gedien as basis vir terroriste van omliggende blanke gebiede dat ‘n plek soos Muldersdrift, nou al bekend staan as Murdersdrift. Met ‘n plakkerskamp onder hul beheer, gebruik die ANC dit om geweld teen die blankes te pleeg of om die blankes te dreig met geweld. Paaie en snelweë wat verby die plakkerskampe loop, verander in paaie van die dood. Motoriste wie se motors in die omgewing van die plakkerskampe onklaar raak, word voor die voet vermoor, veral na skemer. Vrouens wat alleen reis, is ook teikens van kriminele wat op die paaie rondom die plakkerskampe aktief is. Snelweë word in die aand met rotse besaai, en wanneer ‘n niksvermoedende motoris oor die klippe ry, en sy motor beskadig, is hy ‘n teiken en ‘n slagoffer. Toe COSATU die eerste keer ‘n staking uitgeroep het, en daar het tydens die staking geweld deur hulle lede voorgekom, was dit dalk toevallig of onbedoelde nagevolge. Maar die afgelope jare wanneer COSATU stakings uitroep, gaan dit elke keer sonder uitsondering met geweld gepaard asook lewensverlies en skade aan eiendom, en is dit nie toevallig nie. COSATU weet nou al dat elke staking van hulle met geweld gepaard gaan. Daarom moet COSATU se stakings as ‘n de-facto aanhitsing tot terreur gesien word. As alliansievennoot van die ANC, is beide die ANC en COSATU skuldig aan ‘n regering wat terreurdade pleeg teen sy burgers. Die Verenigde Nasies se Omvattende Konvensie oor Internasionale Terrorisme, lui onder andere dat ‘n persoon op enige manier ‘n misdryf begaan as hy onwettig en doelbewus veroorsaak dat mense sterf of beseer word, en as daar ernstige skade aangerig word aan openbare of private eiendom, en as daar skade aan eiendom aangerig word in ‘n poging om ‘n bevolking te intimideer. Dit is presies wat nou met COSATU se stakings gebeur. Mense sterf. Daar word ernstige skade aan private eiendom aangerig, en plaaswerkers en boere word geïntimideer. Ons sien dus grootskaalse terrorisme in die Wes-Kaap waarby die ANC en COSATU altwee teenwoordig is. Daagliks is daar geweldige skade

aan die ekonomiese infrastruktuur. As bomwerpers van ‘n vyandige moondheid dieselfde skade aangerig het, en vrugtepakhuise verwoes het, was ons in ‘n staat van oorlog. Die vyand sou dit waarskynlik as ‘n suksesvolle lugaanval beskou het, en die sjampanje sou onder die generale staf van die vyand gevloei het. Nou is die vyand wat ons Afrikaners se ekonomiese infrastruktuur verwoes op ‘n manier soortgelyk aan ‘n konvensionele oorlog, die land waarbinne ons woon en werk, se regering. Nie ONS regering nie. Hierdie land se regering beskou Afrikaners en blankes duidelik as persona non grata. Ons word nie gesien as deel van die burgers van die land nie. Ons Afrikaners word as die vyand gesien, hoewel ons binne die land bly, en met ons belastinggeld die staat help om ons te onderdruk. Ons word soos die vyand behandel deur die regering van die land. Ons moet besef dit is nie ONS regering nie. Nie omdat ek so sê of skryf nie, maar omdat die regering van Suid Afrika ons so behandel. Ons staat voer ‘n veldtog van wingerdterreur teen die Afrikaners. Die ingevoerde terroriste is nie eens die plaaswerkers nie, maar werklose misbaksels uit die Transkei, Mosambiek, Lesotho en Zimbabwe. Ook van die daggaproduserende Lesotho word mense op ‘n groot skaal deur die staat as terroriste aangewend, natuurlik onder die dreigement van deportasie indien hulle nie die terreurdade uitvoer nie. Die staat gebruik dus hierdie burgers van mislukte buurstate om die ANC se terreurdade uit te voer. Wat duidelik blyk, is die ontbrekende instrumente en meganismes waaroor Afrikaners en boere beskik om hierdie nuwe vorm van wingerdterreur en nasionalisering teen te werk. En hierdie tekorte en gebreke gaan natuurlik in die nabye toekoms deeglik uitgebuit word deur die regerende terroriste van Suid-Afrika, wanneer hulle op ‘n massaskaal die res van die land se plase gaan ontwrig en inval. Wat ons op die oomblik in die Wes-Kaap moet sien, is die regerende ANC-terroriste se ontwikkeling van ‘n oorlogsinstrument, waarmee hulle die nasionalisering van plase en die revolusie van die ANC landwyd gaan voltooi.

Vir my as strateeg, is dit ‘n duidelike ontwikkeling van ‘n strategie en instrument waarmee die res van die land se grond gevat gaan word. In ‘n situasie van twee opponerende menings rakende grondbesit, dié van die boer, en dié van die staat, is die staat besig om ‘n instrument te ontwikkel en te gebruik waarmee hulle die wil van die boere om die grond te besit en te bewerk, te ondermyn en te vernietig tot op die punt waar die boere nie meer die grond wil besit of bewerk nie. Op daardie punt van die vernietigde wilskrag van die boere het die ANC dan die sielkundige oorwinning bereik, want dan wil hulle opponente nie meer weerstand bied nie of nie verder weerstand bied teen die revolusionêre magte en alliansies se terreurdade nie. Ons as Afrikaners en boere moet so gou moontlik koppe bymekaarsit en instrumente ontwikkel waarmee ons hierdie oorlogstrategie van die ANC en sy alliansievennote gaan teëstaan en oorwin. En dit sal oplossings moet wees wat nie net landboukundig van aard is of rondom salarisverhogings sentreer nie, want dit is glad nie die onderliggende kwessie nie. Salarisse is bloot die propagandaveldtog waarmee die wil om terreurdade te pleeg by die niksvermoedende ‘betogers’ of buurland se uitsakkers opgewek word. Wetsgehoorsame burgers se reg op lewe, en die reg op private eiendombesit is basies aan enige land wat homself as ‘n ‘demokratiese’ regering wil voorhou. Beide regte is ononderhandelbaar. Jou reg om te lewe, en jou reg om jou lewe te beskerm is ononderhandelbaar. As jy voel of vermoed jou lewe word bedreig, of gaan bedreig word, het die jy die reg om jou lewe te beskerm, al moet jy doodmaak in die proses. Deur jou lewe te verruil met harde werk, fisiese inspanning en die loop van risiko’s en die aanwending van jou kapitaal, verkry jy eiendom. Enige iemand wat eiendom besit, het van sy lewenstyd opgeoffer om dit te verkry en te behou. Indien jou eiendom beskadig of verwoes word of die moontlikheid bestaan dat dit verwoes gaan word, het jy die reg om dit te beskerm op enige manier wat nodig is om dit suksesvol te verdedig. Wat duidelik is, is dat ons twee regstelsels in die land het. Ons leef die nagmerrie van George

Orwell se boek, Animal Farm. In Animal Farm skryf die varke op die mure van die plaas die volgende slagspreuk: “All animals are equal”. Nadat die revolusie van die plaasdiere verby is, en die diere die boere van die plaas afgejaag het, begin die varke al meer van die opbrengs van die plaas vir hulself vat. Die varke sit naderhand in die kombuis en drink alleen bier, terwyl die ander diere niks bier kry nie. Die diere raak toe ongelukkig en murmureer. Toe skryf die varke op die plaasmure: “All animals are equal, but some are more equal than others.” In die Wes-Kaap het ons ‘n vakbondleier, Tony Ehrenreich wat COSATU-lede tot stakings aanhits, welwetende dat die stakings uitloop op blote terreurveldtogte van boere en plaaswerkers, waartydens enorme skade aan privaatbesit en private ekonomiese infrastruktuur aangerig word. Fisiese terreurdade word deur COSATU gepleeg sonder dat ‘n haan daarna kraai met die goedkeuring van die staat. In Bloemfontein sit Afrikaners in die tronk omdat hulle volgens die bewering van ‘n kommunistiese staat se agent, gepraat het oor terreurdade. Niks beskadig nie, niks vernietig nie, geen wapens gekry nie, maar nogtans in die tronk. En ek sien op die mure van die Suid Afrikaanse plaas staan daar geskryf: “All animals are equal, but some animals are more equal than others.” En ek sien die ANC het ‘n monopolie op terrorisme en wingerdterreur teen Afrikaners.

Pieter Oosthuizen is 'n strateeg en nagraads opgelei aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit onder generaal H de V du Toit. Sy boek: Die Huidige Volksmoord van Afrikaners verklaar in detail die onderliggende ideologieë wat aanleiding gee tot die volksmoord van Afrikaners. Die boek is beskikbaar op die web by: www.neo-genocide.com of kan bestel word by: pieter@neo-genocide.com


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.