Issuu on Google+

die kadawerkader Het is interessant en tevens een raadsel dat deze afstotelijke vogel toeneemt in Afrika.

denkende oor my donker kontinent land uit skemerdrome die afrikaanse maraboe drogbeeld uit ons kollektiewe verknegting in kampala akkra lusaka harare nairobi in al die slagplase van afrika is dié voorbodevoël wat voed op dood immer gedrewe deur vreet en vermeerder prehistories gewetenloos gereed op politieke winde sweef die kadawerkader skurfsiek kopvel groen alge op die bles ingetrekte nek mafiaskouers met boggel vuil ou man met vrot vleissous aan kaal nekvelle hygend-opgepofte teëlpronksak om die hals wag lustig op die nes vir die wyfiekamerade h´y die groot rampokker-generaal call al die shots

56


hadewijch in die moerbeiboom snags soekend klim ou non op maan se sleepspoor waar die moerbeitoppe ruis daar soek ek – soos sy – soek ek Hom as die lakenhemel vol sterre spat onversadig vol droomdrif en gedig vol liefdesvuur in my bruidswit nagkleed soek my Sielsbeminde my soek Hy sien Hy my deur die latwerk van begeerte my balsemgeure sprei Hy verseël my diep versugting o ek is van liefde krank smôrens as die speserywind uit sluimering my wek my haarlokke vol nagdruppels my hoof vol dou deur die blare saggies ongesiens ná die durende nag van gedrae ekstase dra ek skroomvallig nooi’ntjielief die vaaggevlekte streel van sy moerbeiwonde

28


Stigmata - Tom Gouws