23 april 2017 2

Page 1

1

April 2017


23 April 2017

Vandag se diens…. Die erediens word gelei deur Ds. Christman Krige Skriflesing 2 Petrus 1:3-13 Deurkollekte vandag: KANSA

Lief en leed Wyk B4 D1

Vir voorbidding

Kontakno: Baie geluk aan Wikus & Susan Greyling wat 084 500 4031 môre hul 47ste huweliksherdenking vier!

Innige simpatie met William & Truia Nolan met die afsterwe van hul kleinseun

B1

060 395 8573

Willie van Zyl sterk goed aan in Medi kliniek se ICU.

082 687 8570

Bid asseblief vir ons land. Voorbidding word gevra vir ons drie gemeentes: leiers, jeug, wysheid

Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur

Blok Diensbeurte Sondag 23 April Blok B / Sondag 30 April Blok C

Kom ontmoet nuwe vriende oor ‘n koppie tee/koffie/rooibos!  Amptelik:

admin.@ngmtonoos.co.za / www.ngmtonoos.co.za

 Kantoorure Wo—Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 073 386 7711—Lambertus Blom (koster)  Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 Tak—Meyerton  Leraar: Konsulent: Kapl. Christman Krige 083 655 9783

 Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095  Ngkerk-Meyerton-Oos 2


Byeenkomste die week Sondag 23 April  MITS (musiek, IT & Sang) — 07:30 - die voorsang en diens liedere word in plek gekry vir vanoggend se diens.  Gebed bediening—08:45 in die gebed kamer. Enigiemand wat graag wil saam bid, is welkom om by ons aan te sluit.

 Kategese  Blokvergadering—soos deur die blokleier gereël.

Neem eienaarskap van JOU gemeente en skakel in!

Nuwe epos adres:

admin@ngmtonoos.co.za

3


Geluk elke verjarende!! Ma 24. —Vr 28 Apl Ma 24

Di 25

Wo 26

Damian Ross C3 076 881 5152

Christelle Visagie C2 073 726 8948

Melissa Steyn C7 071 866 5848

Vr 28

‘n Vreugdevo

Vr 28

Piet Clasen C1 072 574 6585

Jan le Grange C6a 072 422 4817

e lewensj r word jou

toegebid vir 2017 nms Kerkr d & Admin Bestuur.

Eben Terblanché D3 079 502 0447

Doop verjaarsdae So 23

Ma 24

Monique Vermaak DEW 071 492 5054

Melissa Venter B1 082 758 4057

Wo 26

Zanko v Antwerpen D3 Melissa Kroukam C6b Petroné Theron C6b 073 901 3881 082 572 8754 083 790 4125

Vier die dag waarop die Here JOU gekies het!

4

Do 27


DETOKS jou tyd Het jy geweet die Afrikaanse woord vir "declutter" is “ontklotter”? Dis om al die klotter (Engels: “clutter”) op te ruim. Klotter is al die goed wat jou lewe onnodig oorvol maak. Ek wil eerder gesels oor hoe om ons lewe van al die giftige goed, die toksiene, te bevry. Ek reken dis die toksiene wat ons meer skade doen en onnodig ruimte maak vir die klotter; daarom kies ek nou vir “detoks”. Vraag vir myself: Kan ek my tyd detoks om meer lewensvreugde te geniet? Een van my vriende werk sy hele week volgens wat hy die strepies -metode noem. Hy trek ’n strepie vir elke halfuur wat hy aan iets bestee het. Hy beplan sy week vooraf en dan jaag hy deur die halfure. Doen dit gerus, maar moenie dat jou tyd saam met diegene vir wie jy lief is, ook net strepies word nie. Ek meen, hoeveel strepies is jou familie werd? Waarvan ek gereeld moet detoks, is die gedagte dat ek meer waardevol word hoe besiger en meer my halfure is. ’n Australiese verpleegster, Bronnie Ware, het mense versorg tydens die laaste 3 maande van hulle lewe. Waaroor was hulle die meeste spyt? Hulle was spyt dat hulle nie meer die lewe geleef het wat hulle sélf kies nie. Hulle het te veel die lewe geleef wat ander van hulle verwag. My waarheid is: Ek moet my lewe INTENSIONEEL leef. Ek moet doelbewus my aandag en dus my tyd gee waar ek die meeste waarde kan toevoeg. As iets nie ’n "WOW-JA!" is nie, moet ek eerder NEE sê. Ek hoor my vrou al in die agtergrond "ja -ja" sê, maar ek probeer regtig! Om jou tyd te detoks, moet jy besef hoe waardevol jyself is. Ons weet almal tyd is belangrik, maar as jy nie met jou volle aandag teenwoordig is nie, is dit die mors van jou léwe. (Vervolg op p 7)

5


Gloeilampies beskikbaar Daar is nog heelwat “Energy saver” gloeilampies (inskroef & bajonet) beskikbaar @ R10 elk. Belangstellendes kan by die kantoor kom aankoop..

MOos-teek Daar is vreeslike interessante boeke beskikbaar. Alle boekwurms word uitgenooi om na die diens te kom loer watter boeke hulle graag sal wil leen. Indien jy tuis boeke het wat jy nie meer wil hê nie, bring dit gerus!

Stand van finansies—maand 01 Die FK (finansiële kommissie) het die laaste tyd versoeke ontvang om aan die gemeente terugvoering te gee rakende die gemeente se finansies. Aangesien ons finansiële jaar strek van Maart—Februarie, gee ons terugvoering van ons afgelope finansiële jaar. Uit 223 besoekpunte het slegs 74 besoekpunte (gesinshoofde) ‘n dankoffer bydra gegee vir Maart. (Februarie het 80, Januarie het 72 en Desember het 71 gegee ). Dit beteken dat slegs 33% van ons lidmate iets vir die Here gee. Indien u u dankoffer in die kollektesakkie gooi, stel asseblief die kantoor in kennis. Ons het nie die bedrae nodig vir die bepaling van ons persentasie van bydraes nie. Ons weet ‘n dankoffer is ‘n saak tussen elke lidmaat en die Here en respekteer dit. Deur aan die kantoor ‘n aanduiding te gee van die wyse van u dankoffer, kan dit ons persentasie bydraers en dus ons begroting beïnvloed . Maart se syfers is soos volg: Inkomste 31 772-18

Begroot 64 952

Uitgawes 44 216-60

Begroot 46 895

Tekort 12 444-42

Sou u enige dieper insae tot die finansies wil bekom, is u welkom om by die kantoor te draai vir die state. Ons het vir elke lidmaat ‘n inligtingsbrief rakende die gemeente se huidige situasie per facebook, epos, slakkepos of hand gestuur. Indien u nog nie so brief ontvang het nie, kontak asseblief die kantoor. 6


(Vervolg van p 5)

Hoor by God hoe waardevol jy is. Jesus sê vir ons: “Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies” (Lukas 12:7). Jy is iemand vir wie Jesus Christus bereid was om te sterf sodat jy vry kan wees en léwe kan kry. Jy is só waardevol, daarom moet jy jou tyd op aarde waardeer en vervulling geniet. Jy kan nie jou lewe sommer net so weggee nie. Dit het vir my waarde om net stil te sit. Te luister. Te wees. Van my kosbaarste tye is om net by God te sit. Eienaardig, hoe meer tyd ek saam met God bestee, hoe meer waardevol ag ek myself en gee ek my tyd aan wie en wat werklik belangrik is. Ek het my voorgeneem om aan wie en wat vir my die waardevolste is, die meeste tyd te gee. Ek moet elke week weer besluit om my tyd te detoks, want my week word gou weer vol halfuur klotters...

Voorwaarts voedselskema Iets te ete (toebroodjies, geroosterde broodjies, warmbrakke, pasteie, ens) vir ongeveer 50 kinders moet Woensdae oggende 10h00 by die skoolkantoor afgegee word.

Sarina en Kobus Small Patricia Hudgeson Pe a Pitout

19-Apr 26-Apr 3 Mei

Indien u nie beskikbaar is nie, skakel my asb. by tel no (083 709 3068) - Annatjie

Moenie stilbly en nie iets neem nie, want dan moet ek binne minute sorg vir iets te ete wanneer die skool laat weet daar is niks afgegee nie.

Dankie vir u bydrae, dit word werklik waardeer. As die kerk van Christus nie omgee nie, wie sal dan omgee? Indien jou belangstel om deel te word van hierdie uitreikaksie, gee asseblief jou naam vir my deur indien jy kans sien om met hierdie projek behulpsaam te wees. Groete, Annatjie 083 709 3068 7


SorgAksie SMS voorraad vir Maart: Baie dankie aan elkeen wat Sondae die moeite doen om ons koskas te help aanvul. Die behoefte bly groot! Die volgende produkte is vir Maart ingehandig: 

Mieliemeel 2,5kg

Suiker 4.5kg

Blikkies groente 46 blikkies

Bully beef 4 blikkies

Rys 1,5kg

Tee (460 sakkies)

2 min noodles—10

Koekmeel 2.5kg

Konfyt 2 blikke

Spaghetti 1 pak

Vis 16 blikkies

Macaroni 2 pakke

Sout 2kg

Soppoeier 5 pakkies

Koffie 500g

Rys 1 pak

Seep 5 koekies

Tandepasta 2 buisies

Toiletpapier 1 rol

Stasoft 1 sak

Waspoeier 6kg

Skottelgoedseep 1 sak

8

Sjampoe 1 bottel

Deodorant (mans) 1 bottel

Daar is 31 pakkies uitgegee met die volgende items in: 

Blikkies groente x 59

Bully beef x 9

Koekies x 2

Konfyt x 3

Koffie x 1

Mieliemeel 19.5kg

Macaroni 10 pakke

2 min noodles x 49

Olie 6 bottels

Long life melk x 1

Sardiens x 43

Rys 18x500gr

Spaghetti 6 x 500gr

Sout 15x500gr

Suiker wit 25x500gr

Suiker bruin 3x500gr

Soppoeier kits x 7

Soppoeier gewoon x 3

Stampmielies x 1

Tee gewoon 16

Tee rooibos x 6

Tuna x 17

Gevriesde pampoen x 8


Hoekom maak ons so?

Deodorant x 1

Badseep x 8

Toiletpapier x 17 rolle

Sjampoe x 1

Tandepasta x 5

Weggooi doeke x 4

Waspoeier x 3.75kg

Skottelgoedseep x 2

Sunlight groen seep x 2

Aangesien die aflosleraar ONS met die Woord kom bedien en seën het, is dit MOos se gewoonte om elke aflosleraar ook weg te stuur met ‘n seënbede vir:

Stasoft x 1

‘n veilige terugreis

verdere geestelike groei tot ons hom/haar DV weer op ons kansel sien.

Met die produkte wat ons dus die afgelope maand ontvang het, kan ’n groter verskeidenheid in die pakkies geplaas word. Ons is die Here innig dankbaar dat ons soveel mense van hulp kon wees!

Met die dat ons heelwat nuwe intrekkers het, moet ons dalk net weer almal daarop attent maak hoekom daar aan die einde van die diens die regterhand in ‘n seëngroet gelig word:

As jy dus voel jy wil ook die leraar seën, lig gerus jou regterhand op in die rigting van die leraar (asof hy voor jou sou staan) in ‘n seëngroet terwyl ons hom/haar die seënbede toesing en hom/haar met liefde en seëning wegstuur!

9


Een “universiteit—3 kampusse” Sedert Oktober 2014 het ons drie gemeentes, MOos (Meyerton-Oos), Olyfdal en Meyerton (Moedergemeente) gesprekke gevoer om onder een vaandel te werk. Ons het reeds die volgende projekte wat gesamentlik aangebied word: 

Week van Gebed (by Olyfdal)

Liggiefees (by Moedergemeente)

Pinkster (by Moedergemeente)

Paaswandeltuin (by MOos)

Dagbreek diens (jaarliks op Marius & Erika Serfontein se plaas op die Heidelberg pad).

Die leraar(s) van Olyfdal en Moedergemeente is dus betrokke by AL DRIE gemeentes! Hulle roteer dan ook om Sondae vir ons die Woord te kom deurgee. Alhoewel ons saamwerk, het elke gemeente steeds haar eie identiteit. Lidmate is dus welkom om tussen die gemeentes se dienste te beweeg en self te besluit waar hulle die gemaklikste is om te aanbid. Daarom is MOos in die bevoorregte posisie om nie een nie, maar TWEE leraars te hê wat tans met die huisbesoeke behulpsaam is! Ons konsulent, kapelaan Christman Krige, bedien nou die gemeente met huisbesoeke asook berading waar nodig en emeritus (afgetree) dr. André du Toit Blok E (en waar moontlik), hospitaalbesoeke en siekebesoeke doen.

Francois van Zyl NG Olyfdal

10

Christman & Ansie Krige NG Meyerton Oos

Stefan & Karen Stassen NG Meyerton


Midgrow klub 100 help ons omgewing Die Midgrow Club 100 is ’n gesamentlike projek tussen Midvaal wyke 1-3 en 13. Die projek het in November 2016 in Wyk 13 begin. Ons het ’n donasie van verskeie soorte groentesade en kunsmis ontvang – wortels, spinasie, tamatie, uie, boontjies. Die sade en kunsmis was aan belangstellende inwoners van die wyk uitgedeel ( meestal armes in Nelsonia en by Ratasetjaba Primary). Die hoofdoel van hierdie projek is om die inwoners ’n kans te gee om hul eie groentetuine te begin en selfversorgend te raak en moontlik ’n inkomste te verdien. Die basiese groentetuin verbouing is deur ’n paar boere aan die inwoners verduidelik. Ratasetjaba Primary se groentetuin voed 150 kinders daagliks. Sommige boere sal van hul grond beskikbaar stel vir die inwoners wat nie hul eie grond het nie. Daar is reeds 50 groentetuine wat begin is. Die inisiatief is vir alle inwoners. Daar is geen lid gelde betaalbaar nie maar die wat hierby betrokke raak, moet die sade plant. Daar sal ook van tyd tot tyd inspeksies gedoen word om seker te maak dat die gratis sade en kunsmis reg aangewend word asook om die inwoners te motiveer. Ons wil graag 100 groentetuine in Wyk 13 hê. Daar word ’n plaasmark beplan vir surplus groente wat aan die ander inwoners te koop aangebied sal word. Kontak Willie vir meer inligting—016 364 0635

Nuwe lidmate Baie welkom aan:

Petra van Vuuren (Tugela straat. D8) van NG Debruinpark

Hoop jy sal gou inskakel by die bediening waar jy die Here voluit kan dien met die gawes en talente wat Hy aan jou gegee het!

Petra

11


Oesfees nuus Daar is ‘n versoek gerig vir ou, gebreekte krale/juwele asook vir wafelpanne. Enigiemand wat ‘n wafelpan tot ons beskikking kan stel vir vooraf verkope, moet asseblief jou naam by die I-toonbank opgee of die kantoor skakel.

Erna Klynhans wil graag begin om klein koekies te bak. Sy vra borge vir die meel, eiers, botter en suiker. Kontak haar gerus indien jy kan help. Lyste is per e-pos gestuur na lidmate van wie ons die adresse het. Daar is lyste beskikbaar by die blokleiers vir diegene wat nie epos adresse het nie. Die sameroepers van die tafels is: Kerrie & Rys—Corrie Louw - 082 539 0342 Speletjies—Theo Geldenhuis—082 351 9310 / Antoinette Hayward 082 255

5698 Diepbraai—Joyce de Jonge—076 068 9767 Braai / Vleis—Flip Nel—082 560 6022 Pannekoek—Johannette Judeel—079 601 7557 Poeding—Chrissie Webb—072 284 5762 Gebak—Erna Klynhans—082 577 1546 Plaasmark—Gerrie Maree—082 873 1180 Geskenke—Annetjie vd Berg—083 709 3068 Wit Olifant—Nico v Eeden—082 822 0485 / Michelle Harding 061 664 3714 Koeldrank—Gert Nel 083 649 9627 Teetuin—Annie le Grange 072 585 3573 Kindertafel—Julanda Pretorius—082 798

0938 Musiek—Sophia v Loggerenberg—060

500 6121 Skakel gerus die sameroeper indien jy daar kan help.

12


Bedieninge—waaroor hul handel & vakante voorsitterskappe

Aksie Dien mekaar (ADM)

Diensverhoudinge (DVK)

Oud na jare, maar jonk van gees? Kom begin gerus weer ’n span “jeugdiges”! Ons fokus op 60jr+-lede, maar enkel en alleenmense van alle ouderdomme is ook meer as welkom om saam te kuier.

Hierdie kommissie vorm die kerk se regsinligtingsspan. Hulle is verantwoordelik vir die personeel se werkskontrakte. Ons beskerm die personeel en die gemeente waar enige regsaspek sou voorkom. Ons kyk ook om gelukkige werksruimte te bied vir die betaalde en vrywillige personeel. Ons hanteer geskille wat nie onderling opgelos kan word nie en doen ook arbitrasie waar nodig. Ons werk ook saam met die Ring en Sinode se regspan.

Ons kuier gewoonlik die eerste Woensdag van elke maand om 10:00-12:00, sing, geniet verversings, vier verjaarsdae en groei geestelik. Ons leraar beantwoord ook ons vrae—bring joune ook!

Nico v Eeden

Tommie Louw

Bates, Eiendom & Terrein (BET) Ons hanteer herstelwerk, bouwerk, verbetering en verfraaiing. Ons steun swaar op bouers, elektrisiëns, loodgieters, sweisers, nutsmense, argitekte—al kan jy ons net van raad en inligting voorsien, sal dit ook help. Elke kwartaal het ons ‘n werks-Saterdag waar die hele gemeente kom hand bysit met talle takies, projekte, basaarprodukte en handvaardighede. Dis vir die hele gesin ‘n

Hennie v Loggerenberg

Gebedsbediening Gebed is die brandstof van elke gelowige en gemeente se geestelike engin. Ons streef daarna om die Week van Gebed ‘n praktiese, herhaalbare gesins groeipunt te maak. Ons bied graag gebedswenke, gee idees vir gebeds beoefening tuis, asook om sake vir voorbidding aan gebeds-sirkels deur te gee Kom bid gerus Donderdag aande en Sondag-oggende voor die diens saam met ons in die gebedskamer

Finansiële Kommissie Doel: Om te verseker dat alle gelde korrek hanteer word en prosedures duidelik en bekend is. Om te verseker dat amptenare en betrokke persone beskerm is en afwykings van hierdie beleid aangespreek word. Om te verseker dat lidmate se dankoffers ten alle tye bo verdenking hanteer en versorg word. Sodat die gemeente nie beskuldig kan word van misbruik, wanbestuur of ondeursigtige hantering van fondse nie. Lidmate met syfer-aanleg is altyd hier ‘n aanwins.

13


Bedieninge—waaroor hul handel & vakante voorsitterskappe

JeugBELANGE As jy ‘n passie het om die jeug na Jesus te lei, hulle te help met lewensvrae en om ‘n persoonlike verhouding met Hom te ontwikkel en daarin te groei, het ons jou beslis hier nodig! Ons bedien die jeug van geboorte tot direk NaSkool. Ons doen dit deur die groot fokus op geloofsopvoeding te laat val, wat ‘n komponent kategese onderrig het, met ‘n groot deel ondervinding, ervaring en self ontdek. Ons maak gebruik van al 7 maniere van leer (intelligensie modaliteite). Ons bou verder verhoudinge met ons jeug, Theo Geldenhuis sodat hulle in hierdie verwarde tyd ‘n betroubare mentor as lewensgids het.

Musiek, Erediens, Leer & Aktuele sake (MELAS)

Ons leiersgroep woeker op die volgende areas:

Musiek: Ons hanteer voorsang, lei mense op om te sing, hanteer Kers– en ander sangdienste, ontwikkel liedere, maak seker ons musiek is van goeie gehalte en versorg die klankverskaffing.

Eredienste: Ons hanteer die elektroniese bord, die rol-afkondigings, die insameling van offergawes tydens eredienste, die uitdeel van nagmaalsmiddele, deurkollektes, inrigting en versiering van die kansel area, briefies vir lidmaat kommunikasie in die banke, lief-en-leed blommetjies wat tydens eredienste uitgedeel word, blommeruikers en –rangskikkings vir verskillende soorte dienste, die inrig en versiering van die ingangsportale, asook die moontlikheid van sagter sitplekke tydens die eredienste.

Leer-en-Aktuele-Sake: Oesfees (basaar) Ons soek raakvatters, flinkdinkers, kreatiewe “muses” en praktiese vasbyters om al ons projekte te laat slaag. Ons bedryf die groot jaarlikse Oesfees (basaar) wat gefokus is op gesinne en waarde vir geld, ook ‘n weeklange stalletjie by Aardklop te Potchefstroom en ‘n paar middag-aand stalletjies by Meyerton se Straat Makiti aan die begin van Desember. Dis nou die EEN bediening waar jy jou kreatiwiteit met oorgawe kan uitleef tot eer Tommie Louw van die Here en Sy gemeente!

14

Ons waak saam met die ouderlinge oor die leersuiwerheid van die prediking. Ons ondersoek sake van aktuele belang en vind by die leraar uit watter leerstellige boodskappe hy gaan lewer. Ons neem ook deel aan die deurdenking van die prediking en kyk watter voorstelle ons kan maak om die lidmate te help om die preke meer prakties op voetsoolvlak te verstaan en uit te leef.

Johannette Judeel

Bemarking Ons bemark die gemeente aan die omgewing en die gemeentelede. Deur die jaar is daar verskeie uitstaande geleenthede waarna ons omsien, veral die Liggiesfees wat gedurende Desember plaasvind. Lidmate met grafiese en bemarkings-vaardighede word dringend hier benodig.


Bedieninge—waaroor hul handel & vakante voorsitterskappe

Uitreike, Sending & Evangelisasie (USE)

SorgAksie—

Ons werk met evangelisasie binne die gemeente, die omgewing en met sending na die uithoeke van die aarde. Uitreikgroepe besoek van die instansies waarby ons betrokke is en hierdie instansies lei ook preekbeurte in die gemeente. Jaarliks wy ons 2maande se prediking aan Koninkryksmaand, sodat ons sensitief kan wees vir waar die Here werk. Die Paaswandeltuin en Liggiefees val ook onder hierdie bediening.

Ons bied lewenshulp aan vir lidmate van die gemeente, sowel as inwoners van die omgewing in enige vorm van nood. Soms is dit voedselhulp, ander kere ‘n veilige tuiste, of ‘n oorbrug periode nadat werk verloor is, die hantering van gesinsgeweld, opvoeding in lewenskuns vir gesinne, ens. Ons werk saam met die Sorgforum wat na die breër Meyerton-area kyk, asook NGWelsyn en Staatswelsyn, die besigheidskamer en ander gemeentes om elke unieke gesin optimaal te kan help. Hier’s ‘n liefdevolle, geduldige hart nodig!

Indien jy kans sien om Michelle Donderdae af te los met die klerestoor, kontak haar asseblief op 061 664 3714 Vrouebelange Ons is ‘n groepie dinamiese vroue wat spesiale geleenthede vir die vrouelidmate reël. Ons wéét die mans verstaan ons nie aldag nie en daarom fokus ons op sake wat ‘n vrou se hart en menswees raak en op ons unieke behoeftes gemik is. Ons kuier kreatief saam, geniet die spesiale gaste, groei saam en leer sommer terselfdertyd ‘n paar ekstra nuwe vriendinne ken. Moenie skaam wees om by ons in te skakel nie. Die bediening is vir vroue soos jy!

Annatjie vd Berg

Annatjie de Beer

Matt. 4:19 Hy sê toe vir hulle: "Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak." Mat 4:20 Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

15


Vakante wyke—wyksleiers Die wyksleier-paar lei die toegekende wyk op ’n geestelike wyse, soos die diakens van ouds en dien op die blokbestuur.

Een Sondag per maand is ’n blok aan diens – dit word op die kalender aangedui. Hierdie Sondag is die blok verantwoordelik vir:

’n Oordenking, inligting vanaf die kerkraad en ander kommunikasiemiddele aan die lidmaat sal kwartaalliks aan die wyksleiers beskikbaar gestel word vanaf die leraar en die kantoor – in samewerking met die blokleier.

 Ontvang van lidmate by die deure

‘n Aantal gesinne word aan elke wyksleier-paar (diaken-paar) gekoppel. Die wyksleier-paar besoek hierdie gesinne op ’n gereelde basis. Daar word van die wyksleier-paar verwag om MINSTENS SES geestelike besoeke per jaar by ELKE besoekpunt te bring. Die wyksleier-paar vorm ’n span met die wykslede en streef daarna om hul saam te snoer tot ’n hegte geestelike eenheid. Die wyksleier-paar kan met elke huisbesoek ook die dankoffer koevertjies vir die volgende maand of twee vir die betrokke besoekpunt afgee. Die wyksleier-paar poog om elke lidmaat in hul wyk aktief te betrek en by die gemeente se werksaamhede in te skakel. Die EKSTRA MYL (“Hoërgraad ampswerk”) is om op ’n maandelikse basis die wyk as selgroep / omgeegroep te laat funksioneer. Die materiaal wat gebruik word word gekies in oorleg met die leraar, met inagneming van die fokus / tems / koers van die gemeente.

16

 Reël vir teeskinkdames uit die blok onder leiding van die blokleier  Bywoning van die blokvergadering een keer per maand  Bespreking van enige probleme wat u in u wyk ondervind. Die volgende wyke is vakant: A4; C4; C5; C6, C7 C8; D4; D5; D6, D7; D8; E4 Bid asseblief ernstig en hoor of die Here dit op JOU hart druk om Sy Koninkrykswerk in die wyke te doen. Onthou, ons is nie in die gemeente om op gemakstoele te sit of op ‘n passasiersboot nie—elkeen van ons is hier om in God se koninkryk te werk!

Waar werk jy?

Ons opdrag is om te DIEN, nie om te RUS nie! Waar help JY met God se Koninkrykswerk?


In watter wyk is ek? Die gemeente is in 5 blokke, A tot E, verdeel. Elke blok is dan weer in wyke onderverdeel. Blok A—Meyerton-Heidelberg pad tot by Karee kloof afdraai, HOK (Henley on Klip), Witkoppie, Bloemendal, Sterkfontein (4 wyke) Blok B—Nelsonia, Mooilande, Koolfontein, Slangfontein (5 wyke)

ton sentraal, Kookrus, Rothdene, Riversdale (rivier tot kerk), Sherman park, Chrissiefontein, Rietfontein, De Deur. (8 wyke) Blok D—Riversdale (kerk tot renbaan) (8 wyke) Blok E—Boltonwold, Glen Donald, Mooilande/Buyscelia, Drie Riviere/ Risiville, anderkant treinspoor (6 wyke).

Blok C—Golfpark, Uitbreiding 6, Meyer-

Wie is my blok- / wyksleier?

WYKSLEIER A3

WYKSLEIER A1 BLOKLEIER: AB Nico van Eeden 082 822 0485

Andries & Marié v Tonder 078 341 6342

WYKSLEIER A2 Petrus & Hannetjie Potgieter 082 756 4693

Herman & Hettie Venter 083 780 7041

WYKSLEIER B1 WYKSLEIER A4

Johan & Leana Venter 082 410 7661

WYKSLEIER B2&4

WYKSLEIER B3&6

Petta Pitout 072 255 1938

17


WYKSLEIER B5

WYKSLEIERS C1

Willie & Annatjie de Beer 082 753 9518

Lambert & Sonja Blom 073 386 7711

BLOKLEIER C Pieter Scheepers 083 487 6531

WYKSLEIER C3

WYKSLEIER C4-8

WYKSLEIER C2 Erna Klynhans 082 577 1546

BLOKLEIERS D

WYKSLEIERS D1&2

Willie & Louise Vermaak 016 364 0635

Hennie & Sophia v Loggerenberg 083 561 7813

Landie Roos 084 959 5172

WYKSLEIERS D3 Ray & Ounooi de Does 082 330 0006

18

WYKSLEIER D4, 5, 6 &8

BLOKLEIER: E

WYKSLEIER E1

Hans Labuschagne 082 595 9299

Ann Peters 072 424 4497


Pligte van blokleiers WYKSLEIER E3

WYKSLEIER E2

Hettie Botha 076 701 0998

WYKSLEIERS E4 Gideon & Cindy Kriel 083 500 6575

WYKSLEIER E6

Joyce de Jonge 076 068 9767

WYKSLEIER E5

Theo Geldenhuis 071 400 7007

Die Blokleier is ‘n amp met groter geestelike impak. Dit behels die volgende: 1. Om op die kerkraad te dien en Gees-vervulde besluite te help neem wat tot voordeel van God se Koninkryk op aarde is. 2. Om die voorsitter en mentor van die betrokke Blokraad te wees. 3. Om ‘n voorbeeld t.o.v. die positiewe, kreatiewe betrokkenheid te wees. 4. Om die werksaamhede in die bedieing te koördineer, te beplan en te kontroleer veral t.o.v: die geestelike versorging deur die Wyksleier; 5. Om die lidmate in die blok saam te snoer tot ‘n hegte eenheid waarin medegelowiges mekaar tot diens is in ‘n gesindheid van liefde, onderlinge steun en meelewendheid, asook dat hulle ingeskakel is by die breë werksaamhede van die gemeente. Groter betrokkenheid die aksie-woord. 6. Om gereeld die eredienste by te woon, om te waak oor die eredienste en te verseker dat dwaalleer nie die kerk binnekom nie en minstens een Sondag per maand diens te doen by die deure. 7. Om te verseker dat die blok se unieke sake aangespreek en bestuur word, asook dat die jaarlikse Blokvergadering gereël en gehou word waartydens elke lidmaat van die betrokke blok geleentheid het om hul inset te lewer oor die werk en fokus van die blok. (Continued on page 20)

19


(Continued from page 19)

8. Om vanaf die minstens jaarlikse blokvergadering die kerkraad te bedien met voorstelle en wenke, asook die besluite van die kerkaad op ‘n positiewe en konstruktiewe wyse aan die bloklidmaat te kommunikeer. 9. Om ‘n positiewe, gesonde en meelewende gees en gesindheid in die wyk te skep en saam met die span Wyksleiers doelbewus aan ‘n gesonde gees en atmosfeeer in die blok te werk. 10. Om gereeld vir elke lidmaat in die blok, asook die blokraad, kerkraad en personeel van die gemeente, te bid. 11. Om ‘n dinamiese, kreatiewe en sinergistiese span te vorm saam met die leraar, gemeentebestuurder en personeel tot voordeel van die gemeente. Die EKSTRA MYL (“Hoërgraad ampswerk”) is om op ’n maandelikse basis die wykleiers as selgroep / omgeegroep te laat funksioneer. Die materiaal wat gebruik word word gekies in oorleg met die leraar, met inagneming van die fokus / tems / koers van die gemeente. Een Sondag per maand is ’n blok aan diens – dit word op die kalender aangedui. Hierdie Sondag is die blok verantwoordelik vir:

 Ontvang van lidmate by die deure  Reël vir teeskinkdames uit die blok in samewerking met die wyksleiers  Lei van blokvergaderings een keer per maand.

20

 Lief en leed van lidmate aan die kantoor kommunikeer. Tydens belydenisaflegging het al ons lidmate op die volgende vraag “Ja,” geantwoord: Ek bely dat ek die Here lief het en beloof om Hom te dien volgens die eise van Sy Woord, teen die sonde te stry, myself tot beskikking van God te stel en sy Naam getrou te bely voor die mense en om aktief aan

die werksaamhede van my kerk deel te neem.

Kom jy JOU belofte na.....?


Die NG Kerk en politieke leierskap in SA Die NG Kerk as instelling wil nie in party-politiek betrokke raak nie. Tog kon ons oor die afgelope jare nie swyg wanneer die president en regeringslui so optree dat dit die vrede, versoening en geregtigheid van ons mense in gedrang bring nie. Die kerk het immers ‘n profetiese roeping om geregtigheid na te jaag en om veral die stem te wees vir die magteloses en die wat deur beleid en sisteme buite rekening gelaat word of benadeel word.

Die NG Kerk het daarom die afgelope jare saam met die ekumeniese kerk in Suider-Afrika profeties geprotesteer teen verskeie vergrype van die regering en in die besonder teen die optrede en leierskap van die president, mnr. Jacob Zuma. Die NG Kerk is ‘n baie aktiewe lid van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke wat reeds oor die laaste jare aktief en aanhoudend protesteer teen magsmisbruik en korrupsie in die regering. Die NG Kerk neem ook aktief deel aan die National Church Leaders Forum, tans onder leiding van Aartsbiskop Thabo Makgoba van die Anglikaanse Kerk. Ons het ook bande met die South African Christian Leaders Initiative (SACLI) en The Evangelical Alliance of South Africa (TEASA) met wie ons ten nouste saamwerk in ons protes teen magsmisbruik. Verder is daar die Tussen Kerklike Raad, ‘n verband tussen die NG Kerk, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, en die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Saam met al hierdie liggame het ons die afgelope jare ernstige protes aangeteken en ons profetiese stem laat hoor.

Mnr. Zuma het meestal verkies om nie met die hoofstroom kerke te praat nie. Vertoë om met hom ‘n afspraak te kry, is dikwels geïgnoreer of lank uitgestel. Mnr Zuma het vroeg in sy presidentstermyn self ‘n aantal kerklikes geïdentifiseer van wie hy advies sou aanvaar. Hy het egter binne 48 uur na sy afdanking van Minister Nhlanhla Nene as minister van finansies op 9 Desember 2015, ‘n onderhoud met leiers van die SARK toegestaan. Hy was immers diep in die moeilikheid. Tydens die lang en indringende gesprek is groot druk op hom geplaas om sy posisie as president te heroorweeg. Hy het egter voortgegaan met sy soort leierskap en bestuur van sake. Na die bevinding van die Konstitusionele Hof oor sy aandadigheid aan die Nkandla-fiasko en die feit dat hy nie sy grondwetlike verpligtinge nagekom het nie, is daar weereens uit die genoemde kerklike kringe baie druk op hom en die regering geplaas. Die NG Kerk moderatuur het toe reeds ons stem by ander kerklike liggame gevoeg dat hy behoort te bedank. (Vervolg op p 22)

21


(Vervolg van p 21)

Mnr. Zuma se verhouding met mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies en sy adjunk, mnr. Mecbisi Jonas was uit die staanspoor kompleks. Verdagte pogings om Mnr. Gordhan te diskrediteer het groot reaksie in die geld- en finansiële markte ontketen. Dit het al meer duidelik geword dat Mnr. Zuma se leierskap en aanslag die land baie geld en werksgeleenthede kos. Die Ministerie van Finansies en Tesourie het gelukkig in die pad gestaan van ‘n groot aantal van Mnr. Zuma se planne. Toe Mnr. Jonas die beskuldiging maak dat hy op 23 Oktober 2016 deur die Gupta familie geld aangebied is om Mnr. Nene as minister van finansies te vervang, was die slagordes opgestel. Mnr.Zuma se weerstand teen samewerking met die Openbare Beskermer en die regsproses wat uit haar voorlopige bevindinge oor ‘n moontlike staatskaping voortgespruit het, het die geloofwaardigheid van die regering en die leierskap van die ANC nuwe laagtepunte laat bereik.

Die kerk (ekumenies) het so gereeld as moontlik beswaar gemaak teen Mnr. Zuma se optrede. Alle vertoë het klaarblyklik op dowe ore geval. Reeds op 19 Mei 2016 het die moderatuur van die NG Kerk aan Mnr. Gordhan ‘n persoonlike brief van ondersteuning vir sy standpunte en etiek gestuur. Dit het gevolg nadat hy onder geweldige druk was en gevra het vir publieke steun. Die brief het wyd byval gevind. Op 19 Oktober het Mnr. Gordhan en Mnr. Jonas die Nasionale Kerkleiers Forum in Johannesburg in sy vertroue geneem oor die druk waaronder hulleself, die Departement van Finansies en Tesourie verkeer. Sy weergawe van die werklikheid was baie sorgwekkend.

Mnr. Zuma se besluit om sy kabinet te skommel en Mnre. Gordhan en Jonas af te dank, ander ministers oor wie daar selfs deur die hof bevind is dat hulle bevoegdheid tekort skiet, te behou en ministers in portefeuljes wat diepte kennis van die spesifieke veld waarvoor hulle verantwoordelik sal wees, vereis, aan te stel, sonder dat hulle enige agtergrond van die veld het, plaas die land in ‘n geloofwaardigheids- en bestuurskrisis. Dit laat ook die staat besonder kwesbaar vir manipulasie en uitbuiting in ‘n tyd waarin daar meer as net gerugte van misbruik en korrupsie is. Dit is daarom geen wonder dat Standard & Poor die land se kredietstatus afgegradeer het nie, met al die skadelike gevolge.

(Vervolg op p 23)

22


(Vervolg van p 22)

Die moderatuur van NG Kerk het in die laaste aantal dae sedert die kabinetskommeling, as deel van die ekumeniese kerk, weereens ernstige beswaar aangeteken teen Mnr. Zuma se optrede. Die ekumeniese liggame in SA waarby ons aansluiting vind en waaraan ons behoort, is onthuts oor Mnr. Zuma se optrede en ondersteun verantwoordelike verset teen sy leierskap. Ons het onder meer saam met SACLI ‘n dringende beroep gedoen op ANC parlementslede om nou hulle leiers verantwoordbaar te hou vir die enorme skade wat ons land aangedoen is. Ons het ook saam met ander kerke ‘n beroep gedoen op die regerende en opposisie partye om drasties op te tree om die geloofwaardigheid van ons land te herstel.

As moderatuur wil ons graag alle lidmate aanmoedig om alle moontlike demokratiese maatreëls saam met ander landsburgers in te span in verset teen die misbruik van mag deur die politieke leiers van ons land. Ons wil egter ook Christene oproep om hulle waardigheid te behou en veral so op te tree dat dit steeds Christus se liefde en vrede waardig sal wees. Dit is nou die tyd vir gelowiges om met ons optrede van die lewende hoop in Christus te getuig. Mag die Heilige Gees vir ons almal in hierdie tyd ‘n verbeelding gee vir ‘n land waarin mense versoenend en menswaardig saam leef en werk, en waar, soos Amos 5:24 sê, die reg aanrol soos watergolwe en geregtigheid soos ‘n standhoudende stroom.

Ons roep ook hiermee ons lidmate op om saam met ons toegewyd en dringend vir ons land en ons leiers te bid. Mag Hy dan ons land begenadig met leiers met ‘n visie wat tot almal se voordeel strek.

Vriendelike groete Nelis Janse van Rensburg Namens die Moderatuur van die Algemene Sinode Nederduitse Gereformeerde Kerk

23


Die werklike Groot K Enkele weke terug het Wilma na die dokter gegaan om te laat kyk na ’n plekkie binne haar mond teen die kakebeen. Dit wil nie herstel nie. Toe sy by die huis kom na die afspraak, kan ek sien sy is nie heeltemal haar vrolike self nie. Toe kom dit uit dat die dokter die groot “K”-woord gebruik het. Ja, ons moet laat kyk of dit nie dalk KANKER kan wees nie. Normaalweg as ’n dokter sê jy moet vir toetse van een of ander aard gaan, is dit een ding. Maar as jy hoor dit is die groot “K”woord, doem allerlei onheilspellende prentjies voor jou op. Ten spyte van al die moderne mediese vermoëns om jou te help en dit in remissie te hou of te verwyder, bly ‘n mens se kop gou die ergste dink. Dis normaal om aan moontlike negatiewe gevolge te dink. Dis deel van die proses wat ons help om vir gevaar weg te deins. In ons brein het ons ons sogenaamde amigdala wat vinniger as jou denke reageer. Wanneer jy gevaar sien, reageer jou amigdala vinnig met ’n proses om adrenalien asook kortisol in jou los te laat. Dis wat jou hartklop en asemhaling skielik laat versnel asook jou bloeddruk verhoog. Nou is jy reg om te vlug. Of natuurlik te veg of te vries. Die amigdala reageer veral op die vrese of gevaarsituasies wat weer lyk soos die wat jy vantevore beleef het. Die visuele, m.a.w. prentjies word die beste onthou en kom weer in jou op. ’n Aantal jare gelede het ’n dame in ons gemeente mondkanker gekry. Dele van haar kakebeen het verdwyn en haar hele gesigvorm het verander. Bowendien moes hulle ook die kant van haar tong verwyder. So wat gebeur toe ons hoor van die moontlikheid van kanker in die mond? Natuurlik onthou ons amigdala hierdie situasie en pomp ons vol al die streshormone. Maar: ons vertel dit nie vir mekaar nie. Eers die week later sit ons die aand en dink na oor alles en die toetse en bely ons teenoor mekaar dat ons aan haar situasie gedink het... Die vraag wat dikwels opkom, is of gelowiges ook veronderstel is om te stres. Gelowiges is mense. Dus beleef ons ook stres situasies en reageer ons liggame soos normale mense op stres. Die verskil is dat ons deur ons geloofsvertroue die stres kan verwerk op ’n betekenisvolle manier. Daarom herinner God ons gereeld in die Bybel dat ons nie bekommerd moet wees of moet vrees oftewel stres nie. (Vervolg op p 25)

24


(Vervolg van p 24)

Gesonde geloofsvertroue beteken dat jy begin dink oor God in die situasie en dit help jou om jouself nie te bly oorgee aan die dwarrelwind van emosies nie. Jy voel die emosie, maar jy laat dit nie wild loshardloop nie. Jy bestuur die emosie met en in geloofsvertroue. Jy vra positief: Waarmee goeds is God hier besig? Ek het ’n bietjie gaan lig kry by Paulus. Kyk, hierdie man het darem sy kwota stres gehad (vgl. 2 Kor. 11). Net die idee dat hy vyf keer 39 houe as straf gekry het, gee my al stres! Tog is dit Paulus wat sê: "Aan Hom wat deur sy KRAG wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe..." (Efes 3:20,21). Paulus leer ons die regte groot “K” = KRAG van die Drieenige God. Kyk, dit beteken nie alles is meteens wonderlik en hanteerbaar nie. Jy gee jouself oor vir God en het ’n tydjie vrede, net om op ’n onverwagse oomblik weer die adrenalien te voel bruis en ’n duisend vraagtekens te beleef. Maar jy keer gouer en meer terug na God. O ja, voor ek vergeet: Van die mooiste woorde sedert Wilma vir my gesê het sy het my lief, was die woorde van die spesialis. Hy sit sy koplampie op, vou haar wang terug en kyk: “Dis nie kanker nie!” God is deur sy krag wat in jou werk, magtig om oneindig meer te doen as wat jy gebid of gedink het! WONDERWERK: Hier is die storie van ’n buitengewone seuntjie - CHRISTIAN BUCHANAN – en sy moeder Lacey. Kyk ook hier. “I’ve learned how to trust God, that all things work together for good,” Lacey says. “In the moment, it was hard to see how I could deal with this, how it’s good. Now I look back, and I would go through that a million more times if it meant I got to have Christian. I’m so thankful I get to be his mom.” ** As jy weekliks hierdie INSPIRASIE-nuusbrief wil ontvang, teken asb. hier in. Sal goed wees as jy hierdie epos-adres onder jou "Contacts" sal "save", want dan verseker jy dat dit nie in die "Trash" of "Spambucket" verdwyn nie. ** Indien jy die vorige INSPIRASIE nuusbriewe gemis het, lees dit hier: Waag dit nou net!

25


E-Afkondigings Indien jy nie altyd in die erediens is nie of daar nie voldoende gedrukte afkondigings is nie, kan jy weekliks die afkondigings op jou rekenaar / slimfoon / tablet ontvang. Op die rekenaar:

Gaan na www.issuu.com

Registreer met die nodige inligting soos versoek.

Soek by die vergrootglasie na NG Meyerton-Oos

Maak een van die afkondigings oop en klik op die groen “Follow”

Jy sal weekliks ‘n epos ontvang sodra die afkondigings gepubliseer is

Op jou slimfoon / tablet:

Laai die toep “app.” ISSUU af

Soek by die vergrootglasie na NG Meyerton Oos

‘n Venster met drie opsies sal oopmaak: “Publications”, “Stacks” & “Publishers”

Klik op “Publishers”

Klik op NG Meyerton Oos (ons logo)

Klik op die groen “Follow”

Jy sal weekliks ‘n epos / kennisgewing ontvang sodra die afkondigings gepubliseer is

Jy sal dus ook tydens die erediens die afkondigings op jou tablet / slimfoon kan lees. So het jy ook daagliks die nodige inligting byderhand indien jy iemand wat verjaar of siek is, wil kontak.

Help ons om bome te spaar en benut die tegnologie!

26


27


28


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.