Page 1

GHOLF TOERNOOI GHOLFONT WIKKELING

I N D I E S U I D - K A A P S E P L AT T E L A N D

Geagte Gholfer, Hiermee nooi ons u uit om deel te neem aan 'n reeks van drie gholfdae ter ondersteuning van gholfontwikkeling in die Suid-Kaapse platteland. Die gholfdae word aangebied deur die Louis 57 Oosthuizen handelsmerk. Baie dankie aan Tuinroete Agri wat as hoofborg optree asook Riversdal Toyota wat as ondersteunende borg optree. Indien daar enige ander besighede is wat deel wil vorm van die reeks gholfdae mbt produkuitstallings, geskenke vir die spelers, natgate op die gholfbaan ens. Is julle welkom om vir Bertu Nel te kontak 0828936848 of bertu@louis57.com Die onderskeie datums waarop die toernooie aangebied word is:

STILBAAI

(028) 754 26 25

3 Augustus 2013

RIVERSDAL

(028) 713 30 56

10 Augustus 2013

ALBERTINIA

084 491 01 05

17 Augustus 2013

FINAAL TE MOSSELBAAI 13 Januarie 2014

Koste per speler is slegs R100 en daar sal ook 'n opsionele ete na afloop van die dag se gholf aangebied word. Die idee is dat die onderskeie buurklubs mekaar se gholfdae sal ondersteun. Kompetisie: Individuele Puntespel (Stableford) – Tuinroete Agri het aangedui dat hulle 30 pryse per gholfdag beskikbaar sal stel – Baie dankie!!!

Algeheel: Die algehele 4 wenners oor die drie toernooie (maw die 4 persone met die totale meeste aantal punte) sal genooi word om in die finale rondte van die Oost & Joost Besigheids Uitdaagreeks te Mosselbaai Gholfklub te speel op Maandag 13 Januarie 2014. Die Oost & Joost Uitdaagreeks word ten bate van die Louis Oosthuizen Stigting en die Joost van der Westhuizen Stigting (J 9 Foundation) aangebied om fondse vir behoeftiges in te samel.

Verder sal daar ook by elkeen vandie gholfdae gratis gholfafrigting aan jong mense aangebied word om sodoende gholf te bevorder. Hierdie diens sal deur die afrigters van die Louis Oosthuizen Gholfakademie aangebied word.

KONTAK ASB DIE ONDERSKEIE KLUBS DIREK OM IN TE SKRYF VIR DIE KOMPETISIE WAT BY ELKEEN AANGEBIED WORD. Vriendelike Gholfgroete

Bertu Nel Bertu Nel

t. 082 893 68 48 | e. bertu@louis57.co.za | w. www.louis57.co.za

Louis57 gholf toernooi  

Golf Tournament for Golf Development in the Southern Cape Country side. The tournament will be hosted by the Louis 57 Oosthuizen brand.

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you