Issuu on Google+

10 20plus

WWW.VOLKSBLAD.COM ) WOENSDAG 26 OKTOBER 2011 VOLKSBLAD

Welkom by die Republiek van Dirk! ) STEF KRÜGER

Media se Harry Potters . . . en Voldemorts

“DIE Generaal is die heerser van die DRD, beter bekend as die Demokratiese Republiek van Dirk. “In die DRD is almal vry en kan jy doen net wat jy wil, solank dit jou gelukkig maak, maar daar is twee reels: 1. Respekteer mekaar en as jy dit nie kan doen nie. . . 2. Tolerate mekaar dan en embrace julle verskille. “As jy hieraan voldoen. . . Welkom in die Republiek.” Dit is wat Dirk Somer jou sal vertel as jy hom uitvra oor sy Republiek. Saterdag 22 Oktober is die eerste sitting van die Republiek in die Aasvoëlklub naby Bloemfontein gehou. Chrisna Schutte het die verrigtinge afgeskop met lekker liedjies wat sy self skryf. Daarna het Jacobus Silwer Republiek laat ruk met ’n awesome vertoning saam met sy broer op baskitaar. Die vibe is toe bietjie

rustiger gemaak danksy Monica en Linda Maree. Die Demokratiese Republiek van Dirk is iets wat Dirk Somers (Cyril Viljoen) al vir ’n rukkie beplan en saam met wonderlike musikante soos Louis Gardiol – kitaar, Michael Burman – baskitaar, Tiaan Kussman – dromme, Marli van der Bijl – stem en klawers, Etienne van Rooyen – alles, Dieperink Möller – tjello, Erika Muller – klawers, Pieter Myburgh – kitaar en Marnel Bester – stem, het die eerste sitting glad verloop. En ek moet sê, dit was ’n wonderlike vertoning wat vol goeie regte egte oorspronklike musiek was. Dirk en die Republiek gaan daaroor dat jy jouself net moet geniet. Daar is so baie dinge wat in ons land gebeur wat sieldodend is maar in Dirk se Republiek is jy vry om goeie musiek te waardeer of te maak as jy kan en om eenvoudig net gelukkig te wees.

DIRK EN DIE REPUBLIEK BY DIE AASVOËLKLUB VERLEDE SATERDAG. GENERAAL DIRK SOMERS EN PRES. LOUIS GARDIOL. FOTO’S: STEF KRÜGER

VOLKSBLAD se verslaggewer Vicus Bürger (26) was onlangs vir ses weke in Brittanje waar hy ’n kursus in joernalistiek aan die Thomson-instituut in Cardiff, Wallis, bygewoon het. Hy het ook tydelik by die bekroonde Britse koerante The Guardian en The Observer in Londen gewerk. Dit kom nadat hy verlede jaar in Vodacom se joernalis van die jaar-kompetisie as die wenner in die kategorie redakteurskeuse aangewys is. Bürger het aan 20Plus geskryf oor sy ervaring oorsee, die multimedia-era, Harry Potter en joernalistiek.

E

K is gaande oor die Harry Potter-reeks en was kinderlik opgewonde toe ek die laaste rolprent in IMAX 3D kon gaan kyk. Die joernalistiek het sy eiesoortige Harry Potter. Dis nie ’n spesifieke verslaggewer of koerant nie, maar wel ’n bietjie magic wat soms gebeur wanneer penne soos towerstawwe ingespan word om die verskeie lord Voldemorts regoor die wêreld aan die kaak te stel. Dit het ek in Brittanje beleef. Die afluisterskandaal is in The Guardian oopgevlek terwyl ek oorsee was. Die verwikkelinge hiervan was ingrypend. Die winsgewende poniekoerant News of the World, wat deur die mediamagnaat Rupert Murdoch se News Corporation besit is, moes sy deure sluit. Dit het gekom ná ’n web van beweringe dat dié koerant se redakteurs en joernaliste private speurders gebruik het om toegang tot selfoonboodskappe te kry. Slagoffers het nie net die gewone politici en bekendes ingesluit nie, maar ook naasbestaandes van mense wat in 2005 se Londen-bomaanvalle dood is en die geliefdes van gestorwe Britse soldate. Nadat die skandaal op die lappe gekom het, is Andy Coulson, voormalige direkteur van kommunikasie van die Britse premier David Cameron, in hegtenis geneem. Coulson was die redakteur van News of the World toe die beweerde misdrywe gepleeg is. Dit is maar net van The Guardian

en ander koerante se berigte. Magic. Die media het homself ontbloot en uitgesort. Voldemort en Harry is albei towenaars, maar die een het gestaan vir alles wat verkeerd is. Dit is hoekom Harry hom moes vernietig. En dit is hoekom die magtige Murdoch-ryk moes struikel. ))) ’n Beproewende tyd lê vir joernaliste en redakteurs voor met die multimedia-era wat aangebreek het. Maar ’n mens hoef nie sinies daaroor te wees nie. By die Thomson-instituut het ons geleer van die ongelooflike moontlikhede wat die huidige tegnologiese tydperk aan verslaggewers bied. ’n Mens kan lank gesels oor hoe media-instellings adverteerdes na hul aanlyn-uitgawes gaan lok en dat sommige kenners meen geen winsgewende-model bestaan tans vir aanlyn-joernalistiek nie. Ek is seker ’n volgende Steve Jobs of Mark Zuckerberg, miskien uit Suid-Afrika, sal ’n oplossing hiervoor kry. Ek fokus nou eerder op ’n belangrike moontlike gevolg van die internet wat dikwels oorgesien word: vryskut-joernalistiek kan wêreldwyd weer blom. ’n Joernalis kan nou met min toerusting video-materiaal, klankgrepe en teks lewer en dit relatief maklik aan onder meer nuusagentskappe versprei. Stories kan op sosiale netwerke

soos Facebook en Twitter bemark word en kopie met middele soos WordPress op die internet geplaas en die wêreld ingestuur word. Die beste van alles: Benewens die koste van ’n internetverskaffer, is sosiale netwerke en baie internethulpmiddels gratis. Vryskut-joernaliste kan die mag uit winsgedrewe mediamagnate soos Murdoch se hande vat. Die klem val dus op joernalistieke waardes en nie soseer op rand en sent nie. Magic. In Suid-Afrika sit ons met ’n struikelblok. Die grootste deel van die bevolking het nie rekenaars nie. Hulle kan dit eenvoudig nie bekostig nie. Ons hoef egter nie van ons besems af te val nie. Mense van Afrika is bedrywig op die internet. Hulle besit miskien nie Apple Mac’s nie, maar die meeste mense het selfone. Dit is hoe die grootste deel van die Afrika-bevolking toegang tot die internet kry, wys navorsing. Hopelik sal die internetspoed in Suid-Afrika versnel sodat onder meer joernaliste die web tot die beste van hul vermoëns kan benut.

CHRISNA SCHUTTE

MONICA EN LINDA MAREE

))) Verslaggewing wat gedryf word deur joernalistieke waardes, is noodsaaklik vir Suid-Afrika. Met die huidige era waarin ons lewe, lyk die vooruitsig goed. Maar ons sit met verskeie booswigte en het heelwat Harry Potters nodig.

Liana gaan nie doekies omdraai nie VAN volgende week af het 20Plus sy eie biegmoeder. In Liewe Liana . . . , ons nuutste rubriek, gaan al jou probleme sommer tjoef-tjaf vir jou opgelos word. Het jy liefdesprobleme? Is jy so single dat jy oorweeg om in die classifieds te adverteer? Lyk jou finansies beroerd? Is jou baas ’n (sk)aap? Liewe Liana gaan nie doekies omdraai nie, so wees gewaarsku. Skryf vir haar deur ’n e-pos te stuur aan 20Plus@volksblad.com.

DIRK EN DIE REPUBLIEK BY DIE AASVOËLKLUB VERLEDE SATERDAG.

JACOBUS SILWER

Moenie langer broei as die skuldige ) MARLESÉ SMITH

DIE enigste keer wat ek al in my lewe so feministies gevoel het soos verlede week, was ’n klompie jare gelede toe ek op dieselfde aand die flieks, Paradise Road en GI Jane gekyk het. Nou kyk, ek gee toe, verlede week was nie die beste week van my lewe nie en my geduld was ’n bietjie kort. So, toe ek skielik op pad werk toe in my tru-spieëltjie kyk en die jong man ry so naby aan my dat ek amper die maak van sy selfoon kan lees waar-

mee hy besig is om te praat, vlieg die laaste bietjie geduld wat ek in my tenkie gehad het by die motor se venster uit, en ek trap rem sodat meneer hier agter amper in my bagasiebak beland. Nodeloos om te sê is die mannetjie woedend en begin vir my beduie. In my poging om met handgebare vir hom te wys hoekom ek dit gedoen het, mis ek my afdraai. Wat eintlik toe die gebaretaal waarmee ons besig is heelwat vergemaklik, want toe is daar twee bane sodat ons reg langs mekaar kan ry. Ek is nou nog nie seker

of hy verstaan het wat ek vir hom probeer verduidelik het nie, maar glo my, ek het verstaan wat hy vir my gewys het, en dit het my laat besef ek moet liewer die volgende afdraai vat, want anders gaan ek ’n aar bars van woede. Dit het my ’n paar dae gevat om die voorvalletjie uit my sisteem te kry. En toe ek uiteindelik weer saam met die radio kan sing op pad werk toe, het ek bietjie lag gekry vir myself en besluit hierdie moet ’n 30’s-ding wees, want toe ek in my 20’s was, sou ’n voorval soos hierdie my net soveel omgekrap het, maar dit sou net twee minute in plaas van twee dae geduur het. So, hierdie is ’n belangrike 20’s-eienskap om saam te vat na jou 30’s

toe. As jy jou vererg vir iets of iemand (en jammer manne, dit is heel toevallig dat dit toe ’n jong man was wat my tot hierdie insig laat kom het), moenie dat dit so in jou broei nie. Die skuldige party dink gewoonlik, en dit is nou as hy (of sy) die voorval onthou, nie langer as ’n minuut daaraan nie. Moenie hom (of haar) verblyfreg in jou rustige lewe gee nie.


20+