Issuu on Google+

12 20plus

WWW.VOLKSBLAD.COM ) VRYDAG 28 OKTOBER 2011 VOLKSBLAD

Is jy reg om aan jouself te laat sny?

Verwag ’n aand van uitklophoue . . . en vele meer

Aanvaar die nadele, of jy is nie ’n kandidaat nie ) LEANDI KOLVER

PLASTIESE chirurgie word al hoe meer in vandag se samelewing aangetref, maar indien jy oorweeg om so ’n prosedure te laat doen, is daar baie faktore wat in ag geneem word. Eerstens is dit belangrik om te besef dat plastiese chirurgie verskillende fasette of areas bevat. Volgens prof. Jooste, departementshoof van plastiese chirurgie aan die Universiteit van die Vrystaat, sluit die veld van plastiese chirurgie in rekonstruktiewe chirurgie, wat gemik is daarop om die liggaam se vorm en funksies vir pasiënte te herstel, en kosmetiese chirurgie wat gedoen word om die voorkoms van gesonde mense te verbeter. Dr. Jean M. Loftus, bekende plastiese chirurg, het ’n boek geskryf, The Smart Woman’s Guide to Plastic Surgery, wat fokus op vooraf stappe wat jy kan doen om seker te maak jy is gereed om plastiese chirurgie te laat doen. Wanneer jy begin om kosmetiese chirurgie te oorweeg is dit eerstens belangrik om seker te maak of chirurgie die beste oplossing vir jou probleem gaan wees, sê Loftus. Dit is belangrik om jou spieël te raadpleeg. Jy moet sonder enige eksterne invloede voor die spieël staan en besluit wat presies dit is van jou voorkoms wat jou pla voordat jy jou probleme met jou eggenoot, vriende of dokter bespreek.

Moet nooit ’n prosedure laat doen om ander mense tevrede te stel nie. Jy moet tevrede wees met wat jy besluit. Verder is dit ook belangrik om realistiese verwagtinge te hê. Volgens Loftus is pasiënte dikwels ontevrede met die resultate van hul chirurgie omdat hul verwagtinge onrealisties was. Om realistiese verwagtinge te verseker is ’n openlike gesprek met jou plastiese chirurg nodig. Luister aandagtig wanneer jou dokter die beperkings van jou kosmetiese verwagtinge verduidelik en vra vrae oor dit wat jy in jou geestesoog sien en of dit haalbaar is. Elke persoon se liggaam is op ’n manier a-simmetries, hierdie a-simmetrie kan jou persepsie van die finale resultaat beïnvloed. Vra jou dokter om die maniere waarop jou liggaam nie simmetries is nie voor die chirurgie aan jou uit te wys, sowel as om die maniere waarop jou a-simmetrie die finale resultaat kan beïnvloed aan jou te verduidelik, sê Loftus. Loftus beklemtoon die belangrikheid daarvan om die moontlike nadele van die chirurgie deeglik te oorweeg voordat jy jou finale besluit neem. Hierdie nadele sluit koste, sosiale ongerief, fisiese ongemak en mediese risiko’s in. Daar is verskillende mediese risiko’s verbonde aan elke prosedure. Doen navorsing oor jou prosedure

en bespreek die gevare met jou dokter. Loftus sê indien jy nie gereed is om die moontlike nadele, en die moontlikheid dat dit met jou sal gebeur, te aanvaar nie is jy ook nie gereed vir plastiese chirurgie nie. Die laaste stap in die proses om te besluit of jy ’n kosmetiese prosedure moet laat doen, is om jou innerlike konflik op te los. Innerlike konflik kan ontstaan omdat jy dalk graag wil beter lyk en voel maar jy sukkel om die risiko’s van die prosedure te aanvaar. Skuldgevoel teenoor belangrike mense in jou lewe, omdat hulle moontlik nie ten gunste is van die prosedure nie, kan ook innerlike konflik veroorsaak. Volgens Loftus moet hierdie innerlike konflik opgelos word voordat die prosedure gedoen word om volkome tevredenheid te verseker. Indien jy sekerheid het oor jou besluit is dit belangrik om ’n plastiese chirurg te vind met die nodige kwalifikasies wat vir jou kwaliteit-behandeling sal verseker. Prof. Jooste stel voor dat voornemende pasiënte die Association of Plastic and Reconstructive Surgeons of South Africa (APRSSA) se webtuiste (www.plasticsurgeons.co.za) besoek. Die vereniging verteenwoordig meer as 98% van Suid-Afrika se plastiese chirurge en al hul lede is hoogs bekwaam. Op hul webtuiste is daar ook ’n skakel wat jou na geregistreerde plastiese chirurge in jou omgewing sal verwys.

) STEFAN LOTTER

Celebrities wat nie die memo gekry het nie

NIGHT of the Champions, ’n gemengde gevegskuns- (MMA) en K1toernooi, sal binnekort Bloemfontein met ’n uitklophou tref! Dit vind op 5 November by die Tempe Indoor Centre plaas. Sowat 26 vegters van oor Suid-Afrika heen sal hier in 13 een-tot-een-gevegte teen mekaar te staan kom. Die aand sal nie ’n uitklop-kompetisie wees nie, maar beloof volgens die hooforganiseerder, Andrè Mouton, om van die beste gevegte in die MMA-amateurkringe te wees. “Ons hou dit om ’n goeie event op te sit.” sê Mouton “Min dinge soos dié gebeur ooit in Bloem. En ek dink die vegters sal eerder vir uitklophoue gaan as om mekaar op die grond onder te kry.” Die soort gevegte strek van MMA, K1 (kaalvuis-gevegte) tot Extreme Striking en Shidokan. Die Shidokan gevegte bestaan uit ses rondes waarby verskillende dissiplines geinkorporeer word. Dit sluit in twee rondes van K1, twee rondes van skopboks en nog twee van MMA waarby gemengde style teen mekaar te staan kom. “Ek kry wel ouens wat weet wat hulle doen, want dit is ’n sport. Dit is nie om ’n groot bakleiery te hou nie. “En dan, indien ouens hiervan af sou wou betrokke raak by MMA, kan hulle met die klubs wat by die aand betrokke gaan wees, gesels.” Vegters wat op deelname-vlak is moet egter reg gekondisioneer en fiks wees. “Die vegters se gesondheid is vir ons baie belangrik,” bevestig Mouton vir Night of the Champions. Mouton hamer ook op die feit dat MMA ’n sport is en net soos rugby of boks, reëls het. Hoewel dit ’n vol-

ledige kontak-bakleiery is wat in ’n hok plaasvind en waartydens geslaan, geskop en gestoei word, is daar verskeie dele op die liggaam waar nie geslaan of geskop mag word nie. Vegters wat op die grond is, mag ook nie geslaan of geskop word nie, hulle mag net gegryp word om te betrek in die grondgeveg. Daarom sê Mouton dat Night of the Champions “goeie vermaak gaan wees.” En juis omdat dit ’n veilige manier is om van stres en aggressie ontslae te raak, is MMA die vinnigs groeiende sport ter wêreld. Night of the Champions se deure open 18:30 en VIP-kaartjies beloop R110 terwyl die algemene sitplekkaartjies R80 is. Kry Night of the Champions op Facebook, of bel Andrè Mouton by 083-676-4977 vir meer inligting.

Die Heuwels (is) Fantasties saam met Kings of Leon

Kry jou oorgewig man uit sy comfort zone DIE comfort zone. Aaaah . . . daardie gevreesde toestand wat jou ongemerk bekruip en bespring. En dan, voordat jy jou oë kan uitvee, sit jy soos Moedeloos se man vasgekluister in jou lyf voor die TV en lag vir grappies oor vet mense wat jy nooit voorheen snaaks sou vind nie (ek verwys na Molly en Wors). Luister hier na wat sy sê: Liewe Liana, Ek’s ’n huisvrou en baie lief vir my “oorgewig” man. Hy is al vir maande permanent siek, misluk, dikbek-gesig, maar sê tog dat hy “lief” is vir my. Ons slaap in aparte kamers, a.g.v sy hewige gesnorkery. Ons is al 30 jaar getroud. Hy stel nie meer belang om iets te doen nie, help met niks by die huis nie. Naweke sit hy net op sy stoel voor die TV, “in hoofletters” met die remote in sy hand, raak daar aan die slaap, word daar weer wakker, eet, drink, kyk TV, raak weer aan die slaap ensovoorts. Verder sit en “groei” hy agter die TV. Hy moet ten minste 50 kg verloor om weer soos ’n normale mens te kan funksioneer. Van oefening kom niks! Is daar enigiets wat ek kan doen om my man te help, of moet ons maar so aanploeter? Ek is baie bekommerd oor sy gesondheid. Ai, Moedeloos. Kom ek begin met die goeie nuus: Jou man is nog lief vir jou. Slegte nuus: Hy is liewer vir kos. Die ideale oplossing hier is om ’n Steers-burger by jou kar se ruit uit te hou en stadig vooruit te ry ter-

wyl hy kwylend agterna draf, maar om eerlik te wees klink hy na die tipe man wat moed sal opgee nog voordat hy begin het en eerder sal settle vir Doritos wat hy weke gelede tussen die rusbankkussings laat inval het. Jy noem wel dat jy baie lief is vir hom, so kom ons sit die grappies op ’n stokkie en soek na oplossings. Eerstens, huiswerk gaan geen man motiveer om op te hou eet en TV te kyk nie. Ook nie ’n gekerm oor hoe vet hy is, of hoe hard hy snork nie. Gaan voort met jou lewe, sorg dat jy altyd op jou beste lyk en wys hom wat hy mis. Raak betrokke by klubs, en raak sosiaal. Moenie jou man toelaat om jou in ’n verbitterde mens te verander net omdat hy gefrustreerd is, omdat hy nie meer self sy toonnaels kan knip nie. ’n Onverwagse drukkie kan dalk ’n ou vonkie laat opvlam en hom laat onthou hoe snoesig dit is om langs jou lepel te lê. Onthou, as jy iets anders wil kry as wat jy altyd kry, moet jy iets anders doen as wat jy altyd doen. Oorreed hom om saam met jou met die honde te gaan stap. Baby steps! As dit nie werk nie, kry ’n dokter om vir hom in pynlike detail te kom verduidelik hoe ’n hartaanval voel. En laastens, voeg gerus ’n netjiese jong manstudent tot die huishouding toe om jou man se agterstallige werk in en om die huis te verrig (kaalbolyf, natuurlik). Dit gee jou iets om te waardeer, en mag dalk net jou man herinner dat julle eens ook verliefde tieners was. Groete en sterkte.

DIE HEUWELS FANTASTIES het ’n baie opwindende tyd agter die rug met hul onlangse besoek aan NieuSeeland as die Springbokke se kunsambassadeurs en optredes op die Huisgenoot-Skouspel die afgelope naweek. Die groep se tweede album, Wilder as die Wildtuin, het in September goudstatus in verkope behaal en hulle is gekies om die afgelope Woensdag in Kaapstad en môre in Johannesburg die verhoog te deel met Kings of Leon. Die groep is opgewonde oor die uitnodiging om vandag op Huisgenoot se nuwe Afrikaanse musiekfees, die Namaquafees buite Vredendal, op te tree. Jack Parow en Coenie de Villiers sal hulle by Die Heuwels Fantasties op die verhoog aansluit om die optrede ekstra spesiaal te maak. “Ons was aanvanklik bespreek om die Saterdagaand op die Namaquafees te speel, maar Huisgenoot was ongelooflik akkommoderend en het ons toe na die Vrydagaand geskuif sodat ons die Saterdag saam met Kings of Leon kan speel. Nou kan ons saam met Coenie en Parow optree! Dit gaan awesome wees,” sê Hunter Kennedy, baskitaalspeler van Die Heuwels Fantasties. Jax Panik sal nou môreaand Die Heuwels Fantasties se oorspronklike tydgleuf beklee. Die Heuwels Fantasties het ook opgetree op die Pendoring-toekennings in Midrand op 21 Oktober en sal op die Pica Awards op 17 November in Sandton hul slag wys.

DIE HEUWELS FANTASTIES

FOTO: VERSKAF

Hoe jy dink, bepaal jou eie pyn of bevryding ) JOHAN BEUKES

VOLGENS Scott Peck is die lewe difficult! Indien jy al ’n einde beleef het, sal jy saamstem dat die lewe difficult en vol pyn kan wees. Sekere pyn is goeie pyn en moet aanvaar word; soos om ’n melktand te trek en dan te wag vir die nuwe tand om uit te groei. Daar is egter ’n ander soort pyn wat nie omarm moet word nie – die soort pyn wat jou al hoe dieper in ’n afwaartse spiraal insuig en veroorsaak dat jy naderhand vasgevang word. Onder in hierdie spiraal gebeur dit dat mense hulpeloosheid – ek aanvaar nou maar die pyn, want ek kan absoluut niks daaraan doen nie – begin ervaar. Die volgende voorbeeld is ’n bewys dat dit moontlik is om ’n einde te maak aan hulpeloosheid in ’n pynlike situasie! ’n Ruk gelede is twee van my vriende deur ’n herstrukturerings-

proses geraak. Die een vriend het totale hulpeloosheid beleef en vasgeval in die situasie (ek het groot begrip hiervoor.) “Ek is ’n verloorder, die hele organisasie is vrot en dit gaan nooit verander nie!” – het deel van haar alledaagse innerlike gesprek geword. Sy kon dus nie ’n einde maak aan die pyn se impak op haar nie. Die tweede vriend het diep gerou oor die pynlike ervaring. Ek het hom ongeveer ses weke ná die ervaring raakgeloop en so bietjie uitgevra oor sy belewenis van die herstruktureringsproses. Volgens hom was daar drie ongesonde denkraamwerke wat hom sou verstrengel het in pyn as hy dit

nie blootgelê het nie. Eerste ongesonde denkraamwerk: Ek moet alle pyn vir altyd verduur. “Ek het moeg geraak om alle pyn in my lewe toe te laat. Daarom het ek byvoorbeeld vir mense wat wou skinder oor die herstruktureringsproses gevra om dit asseblief nie te bespreek wanneer ek teenwoordig is nie. Hierdie skinderpraatjies het my ongelukkig teruggeneem na die pyn van die moeilike situasie.” Tweede ongesonde denkraamwerk: Ek moet verantwoordelikheid neem vir ander se lewe. “Ek wou elke dag met elke persoon praat (vier mense) wat ook

deur die proses geraak is. Tydens een van my gesprekke met hulle het ek bewus geword dat ek op ’n ongesonde manier hul lewe vir hulle wil leef. Ek het net daar besluit om steeds om te gee, maar nie meer verantwoordelikheid vir hul lewe op my te neem nie.” Derde ongesonde denkraamwerk: Ek is ’n mislukking omdat hulle my afgedank het. “Ek wou vir ’n week nie opstaan uit my bed nie – ek het soos ’n mislukking gevoel. Ek moes besef dat daar ’n keuse vir my gemaak is – die keuse het behels dat ek nie meer ’n formele verbintenis met die organisasie het nie. Die groot besluit wat ek moes neem, het alles te doen gehad met waarop ek nou graag my energie wil fokus.” Albei vriende is steeds afgedank (Life is difficult). Die eerste is steeds vasgevang in die pyn van ’n herstruktureringsproses. Die tweede is vry, hoofsaaklik omdat hy sy onge-

sonde denkraamwerke blootgelê en aangepak het. While you cannot control the reactions of the people, the seasons, or the markets, you can always control your response to them – if your internal map shows you that you can. Henry Cloud ’n Paar uitdagende vrae: Watter ongesonde denkraamwerke keer jou om vermydelike pynlike situasies tot ’n einde te bring? ) Watter pyn verdra jy onnodig? Watter nuwe denkraamwerk het jy nodig om ’n einde hieraan te bring? ) Vir wie se lewe neem jy verantwoordelikheid? Watter nuwe denkraamwerk het jy nodig om ’n einde hieraan te bring? ) Watter situasie laat jou soos ’n mislukking voel? Watter nuwe denkraamwerk het jy nodig om ’n einde hieraan te bring? Maak kontak met Johan by Authenticliving@telkomsa.net, of @beukes op Twitter.


Probeerslag nr. 2