Page 1

MID-KAROO

12 000 WEEKLIKS GRATIS | FREE

Cradock | Middelburg | Somerset-Oos | Bedford | Adelaide | Fort Beaufort

KONTREI-KOERANT VAN

REDAKTEUR: BETTIE GILIOMEE | DONDERDAG, 17 Mei 2018 | 0 041 503 6057 | E-pos express@media24.com |

Middies besoek Nampo Die Hoërskool Middelburg se gr. 11-leerders het die voorreg gehad om, danksy hul ouers en borgskappe se bydraes, die Nampo Oesdag op 15 Mei in Bothaville in die Vrystaat te besoek. Dit was omtrent ’n gróót belewenis vir almal.

FOTO: JOHANETTE PHOTOGRAPHY

PUBLIC-PRIVATE PARTNERSHIP: PILOT PROJECT IN BALFOUR AND KATRIVIER AREAS

Boost for tobacco farming REPORTER

T

OBACCO farming is making a comeback in the Eastern Cape with the signing of a memorandum of understanding (MoU) between the JSE’s second-largest com-

pany by market capitalisation, British American Tobacco South Africa (BATSA), and the Eastern Cape Development Corporation (ECDC) to support emerging farmers. BATSA will fund training in to-

bacco production and general mixed crop farming, as well as skills development, and will buy and process the tobacco produced by the emerging farmers, while the ECDC will help to identify emerging farmers for inclusion in the programme, fa-

cilitate co-funding of co-operatives and programmes, and help to manage and monitor implementation. The project will take place on farms in the Balfour and Katrivier areas, which are in the Fort Beaufort district.

ECDC’s chief executive officer, Ndzondelelo Dlulane, said this public-private partnership is aligned with their provincial development plan of revitalising the rural economy.

Continued on page 3

X1UHQ1HM-MK170518


2

NEWS | NUUS

Mid-Karoo Express

17 Mei 2018

Fort Beaufort actor laid to rest

Voortrekkers kuier by Boknes

NOLAN VENTER

DEONETTE HAGGARD

FORT Beaufort actor, Thobani Mseleni (30), was laid to rest in his beloved home town this past Saturday. His funeral was attended by hundreds of mourners from across the country, including well-known television and radio celebrities. Mseleni died in a horror car accident just outside Komani on April 28, alongside two other celebrities, Akhumzi Jezile, Siyasanga Kobese

and two others. His mother, Nomawethu Mseleni reportedly first heard of the news of her son’s death from friends and relatives who had seen it posted on social media. Mseleni had visited his family in Fort Beaufort only a few weeks prior to his tragic death. Mseleni, whose funeral was conducted from a packed Fort Beaufort Town Hall on Saturday received his primary education at Newton (UCC) Primary School. He later attended Gymnasium High School in Adelaide and matriculated

Mourners attended the funeral of the actor, Thobani Mseleni, at the Fort Beaufort Town Hall this past Saturday. PHOTO: NOLAN VENTER

from Althorpe College in East London. After matriculating, he studied marketing at Cape Town College and in 2009 moved to Johannesburg in pursuit of his acting dream. He was renowned for his acting roles in productions like Moferefere, Intersexions, Single Guys, Matatiele, The Queen, Ring of Lies, Imposter, Generations, Swartwater and most recently the film, Inxeba (The Wound). He is survived by his mother, Nomawethu, and a younger brother, Liyema Mseleni.

Fort Beaufort actor Thobani Mseleni was laid to rest. PHOTO: FACEBOOK

GEDURENDE die afgelope Aprilvakansie het daar 61 jeuglede (graad 7 tot 10) plus ’n groep volwassenes op die Voortrekkerterrein op Boknes kampeer. Onder leiding van Nig Susan Mulder, wat al 19 jaar kampleier van die Verkennerkamp is, is kinderervaringe beleef wat net nooit op ’n ander plek ervaar sal word nie. “Wat hierdie kamp besonders gemaak het vir almal, is die feit dat Danie Langner, hoofleier van die Voortrekkers in Kaapland, dit saam met ons kon meemaak.” Die gr. 7’s se spesialisasie is strandbewustheid en die medemens. Dus leer hulle meer oor die gevare en getye van die see en die kampgangers het die seelewe in die rotspoele by Cannon Rocks ondersoek. Kennis wat die gr. 8’s die vorige jaar opgedoen het, word uitgebrei met see- en roeikunde. Hulle roei met kajakke op die

< Hier is Trudie Swanepoel, Johan Hugo, Tamieke Oosthuysen, Louis Hugo, Danie Langner, Riana Breytenback, Lisa Vosloo, Susan Mulder, Lleyke Erasmus en Juarell Jonk by die Karel Landmanmonument.

NUUSBROKKIES | NEWS SNIPPETS Somerset-Oos

) According to Ros Turner, Blue Crane Tourism officer in Somerset East, the Country Life Tours visited Somerset East on the first day of their Karoo Cooks Tour. They visited the Walter Battiss Art Museum and were treated to a sumptuous lunch at the Angler and Antelope, which was prepared by Janet Telian, Somerset’s very own “renowned chef”. ) Innige simpatie aan Pieter en Rinie Delport en familie met die afsterwe van hul kleinkind; asook aan Neels Lombard en familie met die afsterwe van Tannie Rona Lombard. Innige simpatie ook aan Fanie de Wet en Tokkie Dersley

met die afsterwe van Tannie Anna de Wet. ) Inbrake neem steeds toe in Somerset-Oos. Onlangs is daar gepoog om by Martin Swart se MLB Arms and Ammunition se kantore in te breek. Die alarm het afgegaan en BG Sekuriteit se veiligheidsmanne en lede van die plaaslike polisie was op die toneel waar waarskuwingskote geskiet is. Die volgende oggend is ’n man met ’n beenbesering gevind naby die plek waar die vorige aand skote afgevuur is en dit blyk dat hy dalk met die voorval verbind kan word.

Fort Beaufort

) Innige medelye aan die Maar-

DIARY/DAGBOEK ) CHURCHES

NG Kerk Somerset-Oos: Sal op 20 Mei

Nagmaal Pinksterfees om 09:30 hou. Hulle sal ook ’n Gill-Kollege-erediens op 22 Mei hou en die jaarlikse kerkbasaar op 25 Mei in die nuwe kerksaal. ’n Erediens sal op 27 Mei plaasvind. Die kerk begin ook met hulle Winterhoop-projek. Komberse, warm klere, handskoene en niebederfbare kos kan geskenk word by die kerkkantoor. Kontak 042 243 2080. Pinksterdienste: Middelburg Karoo se Pinksterdienste het na 28 tot 31 Mei verskuif. Dit vind in die boonste kerk plaas en word deur ds. Francois du Toit gelei van 18:00 tot 18:40. Die nagmaal is ook na Sondag, 27 Mei verskuif.

) GENERAL

Basaar: Huis Karee in Middelburg se

gesamentlike kerkbasaar sal op 18 Mei om 10:00 by die Klaasensaal in Kerkstraat plaasvind. Bestellings vir

eetgoed kan vooraf by Irene van Huis Karee geplaas word by 049 842 1249. Emile Minnie: Die musikant en verhoogkunstenaar sal op 19 Mei om 18:30 vir 19:00 ’n vertoning in die Family Church, Somerset-Oos lewer. Kaartjies teen R100 elk sluit ’n ligte ete in. Sportdag: Die rugby- en netbalspanne van die Hoërskole Middelburg en Cradock gaan op 19 Mei in Middelburg kragte meet. Optrede: Emile Minnie sal ook op 22 Mei by die AB du Toitsaal van die Laerskool Cradock saam met die Laeren Hoërskool Cradock se skoolkore optree. Kaartjies is R50 per persoon en is by die skole beskikbaar. Laerskool Gill-skouspel: Sal deur Drie Stemme in Konsert met Jomari en leerlinge van die Laerskool Gill in Somerset-Oos aangebied word. Die openingsaand is op 23 Mei om 18:00. Kaartjies is R50 per volwassene en

man-gesin met die heengaan van hul geliefde vader en eggenoot, William Maarman. ) Geluk aan Belinda Schaup en Ashley Venter met hul verjaardae die afgelope Dinsdag, 15 Mei.

Cradock

) Cradock se NG-gemeente hou op 22 Mei hul jaarlikse gemeentefees. Bestellings vir kerrie en rys, pannekoek, worsrolle en so meer sal by besighede opgeneem word. Daar is kaartjies om met ’n gelukkige trekking ’n bees, skaap of vark te wen en heerlike eetgoed op die skougronde te koop. Soveel as 1 000 skape en 200 beeste word vir die veiling verwag.

R20 per kind. Die gala-aand sal op 24 Mei om 18:00 plaasvind. Dié kaartjies is R150 per persoon en sluit ’n ligte ete in. Kaartjies is beskikbaar by die Laerskool Gill. Kontak Lindie Lötz by 083 292 3738. Plaaswerfaand: Van die Laerskool Karel Theron sal weer op 25 Mei plaasvind. ’n Tradisionele ete teen R180 is beskikbaar. Daar is slegs 250 kaartjies beskikbaar. Besprekings kan by 049 842 1462 gemaak word. Opedag: Die Hoërskool Middelburg se opedag sal op 25 Mei vanaf 12:30 tot 14:00 plaasvind. Alle gr. 7’s word genooi om die inligtingsdag by Middies te geniet. Kontak die skool by 049 842 1560. Hoërskool Cradock: Sal hul jaarlikse damesaand en knipmesbraai op 25 Mei hou. Almal is welkom. Die koste is R150 vir die dames en R250 vir die manne. Kaartjies is by CHS beskikbaar. Kontak 048 881 2784. ) Stuur jou dagboekinskrywings na express@media24.com en sit “Mid-Karoo Dagboek” in die onderwerpveld. Dagboek-plasings is gratis.

strandmeer en bou hul eie vlotte – ’n hele paar hiervan sink sommer al terwyl dit te water gelaat word. Die spesialisasie vir die gr. 9’s is strandvernuf en die kennis wat hulle in die twee vorige grade opgedoen het, is hier saamgevat en meer intensief behandel. Hulle het ook die geleentheid gehad om aan ’n potjiekoskompetisie deel te neem. Afrikanergeskiedenis en voetslaners is die gr. 10’s se spesialisasie en die eerste deel is meer teoreties van aard. Lesings oor die ABO is deur geskiedkundiges, Muntie Griebenouw en prof. Johan Hugo, aangebied. Die groep het ook die Karel Landman-monument besoek waar hulle meer oor wapens en ammunisie van die ABO geleer het. Die uitstappie is afgesluit met voetslaan op ’n staproete deur ’n wildsplaas van ’n vriend van die Voortrekkers in die Alexandriëdistrik. By sulke Voortrekkerkampe word baie vriende gemaak en van hierdie vriendskappe sal nog jare hou.

FOTO: VERSKAF

Khoi-Khoi stig Cradock-tak WILNA DE KLERK ’n KHOISAN-TAK is op 27 April op Cradock gestig. Volgens Joseph Kreeling, hoof van die Griekwastam wat as hoofspreker opgetree het, was die doel van die vergadering om ’n tydelike komitee, bestaande uit lede van die Griekwas, Xam en Koranna stamme saam te stel.

Hy het verduidelik dat hierdie komitee onder die sambreel van die Khoi-Khoi Griekwa-tradisionelehuis wat in Oos-Londen gevestig is, sal werk. Die visie van die komitee is om die Khoisanvolk op vreedsame wyse te verenig en op te hef. Die vergadering is ook deur die hoof van die Korannastam, Norman Mcmaster en Trevor Kopeledi van Oos-London se kantoor bygewoon.

Van links is Graham Belford, Giselda Belford (uitvoerende lede,) Willie Adams (organiseerder), Lilian Adams (sekretaris), Lawrence Coetzee (tesourier), Jacqueline Matroos (vise-voorsitter), Manie Tromp (voorsitter), Joseph Kreeling (uitvoerende gas), Joseph Pieterse (uitvoerende lid), Trevor Kopeledi (uitvoerende gas) en Bettie Lawens (woordvoerder). FOTO: VERSKAF


17 Mei 2018

NEWS | NUUS

Mid-Karoo Express

3

Support for tobacco farmers Mountain Revival Ministries wil help Continued from page 1 “It is a significant milestone in ensuring that we realise the objective of not only positioning the province as a food growing area but also develop agro processing in the rural areas,” Dlulane said. The development body will also be responsible for assessing the impact of the project on emerging farmers and local communities. “As the farmers realise income from tobacco farming, the programme also addresses the issue of food security and poverty alleviation because of rotational food crop farming,” Dlulane added. The Eastern Cape pilot project, which started in 2016 with consultations with the ECDC and the provincial Department of Agriculture, will be expanded in September this year with the planting of 10 hectares of tobacco and 10 hectares of alternate crops. BATSA’s chief executive officer, Soraya Benchikh, said their commitment to transformation had led to the expansion of the programme from 33 tobacco growers in 2016 to 155 tobacco growers this year.

“We are excited to bring the benefits of this programme to the Eastern Cape, to create jobs and opportunities for the people of the province,” Benchikh said. “The Eastern Cape pilot project is very significant for BATSA because we are not only contributing to agricultural and rural development in the Balfour area, but also kickstarting what will be the revival of Eastern Cape tobacco production in the Katriver region,” Benchikh added. The revival of tobacco production in the Eastern Cape builds on the success of BATSA’s Emerging Farmers Initiative in the country’s northern tobacco-producing regions, which since launch in 2011 has: . Facilitated the planting of over 800 ha of tobacco . Planted over 1 000 ha of vegetable crops . Supported more than 3 900 dependents . Created more than 2 500 jobs . Invested more than R70 million in the programme. Tobacco is currently produced mainly in Limpopo (37.2%), Mpumalanga (54.7%) and the North-West Province (8.1%).

WILNA DE KLERK ’n GROEP met die naam van Mountain Revival Ministries is op Cradock in die lewe geroep om minderbevoorregtes in Michausdal- en Hillside-woongebiede te help. Volgens die organiseerders is daar ernstige nood wat vererger word deur die geweldige werkloosheid in albei gebiede. Dit het die harte van Mountain Revival Ministries, onder leiding van Apostel Gwen Amos, genoodsaak om te help. “Toestande lyk sleg en gesinne sukkel in die week of so voor pensioene uitbetaal word, om iets op die tafel te sit. Party ge-sinne lewe van ’n pot mieliepap en in ander gevalle is daar inwoners wat chronies siek en bedlêend is,” het Amos gesê. Daar is op die oomblik tien vrywilligers wat aandag skenk aan persone wat bedlêend is of spesiale behoeftes het. Die vrywiligers verdi-

en geen geld vir hul onbaatsugtige diens nie, maar benodig medisyne vir algemene siektes soos hoofpyn en ver-koue, asook verbande om die sere van bedlêendes te versorg. Met winter op hande sal ontvangs van warm komberse of tweedehandse klere baie waardeer word, volgens Amos. Mountain Revival Ministries het ook van tyd tot tyd ’n sopkombuis waar behoeftige kinders en grootmense ’n lekker warm bord kos kan nuttig. Hierdie projek is tans nie baie volhoubaar nie, aangesien die groep nie so gereeld skenkings ontvang vir die sopkombuis nie. Mountain Revival Ministries wil die instansies wat al reeds gehelp het, baie hart-lik bedank asook dié wat aangedui het dat hulle gaan help.. Vir navrae of hulp kan Apostel Gwen Amos (076 613 6667) of Evangelis Simon Douw (075 511 2655) gebel word.

ANY NEWS TIPS? Send an email to express@media24.com or contact 0 048 881 0219

ARE YOU INSURED WITH US IS U BY ONS VERSEKER? 82 Adderley Street Cradock 5880

Back row from left are, CFO of British American Tobacco SA Anthony Copty and BATSA’s head of legal and external affairs Ronan Barry. Front row from left are, acting fund manager of Imvaba Fund Simphiwe Ntshweni, BATSA’s head of external affairs Joe Heshu, CEO of BATSA Soraya Benchikh, CEO of ECDC Ndzondelelo Dlulane and ECDC head of trade, investment and innovation Thabo Shenxane. PHOTO: SUPPLIED

X1UK5PQ9-MK170518


4

NEWS | NUUS

Mid-Karoo Express

17 Mei 2018

Besoek Middelburg-museum op museumdag ELSABÉ PIENAAR OP Vrydag, 18 Mei word internasionale museumdag gevier. Hierdie dag dien as platform om die publiek te herinner aan die belangrike rol wat museums steeds speel in die samelewing, sowel as bewusmaking van die uitdagings wat museums vandag in die gesig staar. Wêreldwyd is toegang tot museums op dié dag gratis. Mid-Karoo Express het vandeesweek gaan inloer by die Middelburg-museum, wat op die hoek van Bennie- en Du Plessisstraat geleë is. Die gebou dateer uit 1906 en het oorspronklik behoort aan die NG Kerk. Dit is aangewend as Armskool – ’n skool vir arm blanke kinders wat nie gewone skoolgelde kon bekostig nie. Later jare is dit gebruik as houtwerk-afdeling van Karel Theron en in 1985 is die gebou oopgestel as ’n museum. Mid-Karoo Express se korrespondent het die besoek met gemengde gevoelens verlaat. Dié museum het ’n kosbare versameling an-

LAERSKOOL GILL PRIMARY

SOMERSET–OOS/EAST S

INSKRYWINGS VIR 2019

Aansoeke om Toela ng van nuwe leerders vir 2019 word ingewag Skakel die Sekretaresse om ‘n onderhoud met die Skoolhoof te reël Telefoon: 042 243 2841 Aansoekvorms na die onderhoud beskikbaar

LET ASSEBLIEF:

Taal van onderrig: Afrikaans & Engels Opedag: 1 Junie 2018 Slui ngsdatum vir aansoeke: 8 Junie 2018

Ons is KLEIN, maar ons droom GROOT!

ENROLMENT FOR 2019 Applica ons for Enrolment of new learners for 2019 are awaited Contact the Secretary to arrange an interview with the Principal Telephone: 042 243 2841 Applica on forms available a er the interview

PLEASE NOTE:

Language of instruc on: English & Afrikaans Open Day: 1 June 2018 Closing date for applica ons: 8 June 2018

tieke kunsvoorwerpe en ’n pragtige versameling kunswerke van plaaslike kunstenaars. Voorts is een vertrek gewy aan die geskiedenis van plaaslike gemeentes en daar is ook ’n saal met ’n veldambulans, brandweerwa en lykswaens uit vervloë tye. Afgesien van die ooglopende finansiële waarde van hierdie versameling, kan die kultuurerfeniswaarde hiervan nie in rand en sent gemeet word nie. Daarom is dit hartseer om te sien dat die uitstalling basiese onderhoud benodig. Die huidige opsigter, Irene Duda, sê daar is heelwat praktiese frustrasies wat nog deur die munisipaliteit en die museumkomitee aangespreek moet word. Tog is sy optimisties oor die voortbestaan van die museum. Die huidige voorsitter van die Middelburg-museumkomitee, Hubert Vorster, is dit eens, “Middelburg-museum is ’n kultuurmuseum. Dis vir ons belangrik om die geskiedenis te bewaar en tog ook relevant te bly vir die breë gemeenskap. Ons het ’n pragtige uitstalling oor die lewe van Nelson Mandela, ’n boorling van die Oos-Kaap, en is veral opgewonde oor ’n nuwe uitstalling wat eersdaags opgerig gaan word – verskeie boesmantekeninge en grotwonings is die afgelope jare in die onmiddelike omgewing van Middelburg ontdek. Professionele ken-

Daar is ’n kosbare versameling antieke kunsvoorwerpe in die Middelburgmuseum. FOTO: ELSABÉ PIENAAR nis is betrek by ’n projek om ’n replika van so ’n grot, met outentieke artefakte, op te rig.” Volgens Steve Vorster, ook ’n komiteelid, word heelwat opknappings en opdaterings eersdaags aan die gebou én uitstallings begin. Hy het ook daarop gewys dat die museum eintlik net die vertrekpunt is vanwaar ’n groot aantal ander histories waardevolle

plekke in Middelburg en omgewing besoek kan word. Die museumkomitee nooi die publiek hartlik uit om die museum te besoek. Museum-ure is van 09:30-13:00 en van 14:0016:00. Diegene wat belangstel om by die Middelburg-museumkomitee betrokke te raak, kan Hubert Vorster by 076 389 1231 bel.

Cradock se liggaamsbouers bult hul spiere WILNA DE KLERK TWEE liggaamsbouers van Cradock het baie goed presteer by ’n onlangse liggaamsboukompetisie wat in Port Elizabeth gehou is. Amy van Jaarsveld en Luyolo Rasmeni het albei eerste pryse in hul afdelings verower. “Ek is in die afdeling vir deelnemers met ’n lengte van 168cm beoordeel. Daar word nie net na jou liggaamsbou en hoe jou spiere ontwikkel gekyk nie, maar ook na liggaamsvet, spierdefinisie en selfs na jou bikini, grimering, hare, skoene en selfvertroue,” het Amy vertel. Sy sê die kompetisie was ’n baie goeie ervaring aangesien dit ’n mens motiveer om trots op jou liggaam te wees. “As jy goed voel, doen jy sommer goed in die lewe,” het Amy, ’n gr. 4-onderwyseres by die Laerskool Carinus op die dorp gesê. Sy vertel dat sy in haar laaste jaar by die Nelson Mandela-universiteit deur ’n vriendin aan liggaamsbou bekend gestel is en dadelik geweet het dit is wat sy wil doen.

Sy het tans ’n afrigter van Queenstown wat haar oefenprogram en hoë proteïendieet uitwerk. “My ouers was eers nie baie gelukkig met my oefening nie, maar nou dat hulle besef ek gaan nie soos ’n man lyk nie, is hulle heel tevrede,” het Amy lag-lag vertel. Sy sê so baie vroue het probleme rondom hul liggame en word sielkundig daardeur gestrem, terwyl liggaamsbouoefeninge baie van die probleme kan oplos. Sy oefen soggens van 05:00 tot 06:00 en smiddae weer van 16:00 tot 18:00 en sê dat die oefening haar nie net liggaamlik verbeter nie, maar haar ook geestelik versterk. “Die ondervinding wat ek by die kompetisie opgedoen het, is vir my baie meer werd as die mooi trofee wat ek verower het,” het sy gesê. Amy gaan op 2 Junie weer in Port Elizabeth deelneem en mik daarna om in Augustus by die provinsiale en in September by die nasionale kompetisies deel te neem. ; Luyola Rasmeni en Amy van Jaarsveld net ná die prysuitdeling in Port Elizabeth.

FOTO: VERSKAF

We are SMALL, but we dream BIG! X1UJK6N5-MK100518

Correctional services reach out to the elderly

X1UJAT4D-MK100518

Correctional Services officials from the Middelburg Correctional Centre opened their hearts on Friday, April 20, by donating groceries to Huis Silwerjare in Midros, Middelburg, a home for the elderly. The staff and the elderly residents expressed their appreciation to the correctional officials who donated groceries. PHOTO: SUPPLIED


SCHOOLS | SKOLE

17 Mei 2018

Mid-Karoo Express

Marlow-seuns domineer by jeugskou MEDEWERKER

< Agter van links is Humphries van Schalkwyk, Eric Wagenaar, Ulrich Schoultz en Franco Janse van Rensburg. Middel van links is Juan Wentzel, Gert-Jan Kingma en Janco van Pletzen. Voor is Hano Duvenhage, Hendrik Herselman en Willem Jordaan.

’n GROEP leerders van die Hoër Landbouskool Marlow in Cradock is in die OP-Jeugskouspan, wat aan die nasionale jeugskoubyeenkoms gaan deelneem, opgeneem. Die kampioenskapsbyeenkoms sal vanaf 30 September tot 3 Oktober plaasvind. Die volgende leerders is vir hulle onderskeie afdelings gekies: ) Vleisbok Hano Duvenhage Juan Wentzel Hendrik Herselman ) Wolskaap Janco van Pletzen ) Suiwelbeeste Gert-Jan Kingma Humphries van Schalkwyk

FOTO:VERSKAF

Eric Wagenaar ) Vleisbeeste Willem Jordaan

Ulrich Schoultz ) Pluimvee Franco Janse van Rensburg

Worsrol-dag ’n sukses

William Oates choir sings way to the top

Krabbel en Klouter het ’n worsrol-dag op 9 Mei gehou as fondsinsameling vir die skool. Van links is Attie Goosen, Lumari Groenewald, Stoffel Duvenage en Maryna Heydenrych.

The junior choir of William Oates Primary School in Somerset East took part in the Blue Crane District School Music Competition which was held at the Youth Centre in Somerset East last month. The choir was conducted by Rose Grootboom and attained the first position in the English and Zulu songs categories. PHOTO:SUPPLIED

FOTO: VERSKAF

5

Kwaggas vereer met Springboktoekenning MEDEWERKER TWEE matrikulante van die Hoërskool Cradock is onlangs beloon vir jare se harde werk. Shané de Waal en Dirkie Cronjé het albei hul Springboktoekenning in landsdiens verwerf. Leerders moet altesaam 100 punte versamel. Hulle woon landsdienskampe by, en moet ook inisiatiewe in die gemeenskap loods waardeur hul bystand en ondersteuning aan behoeftige lede bied. Vir elke aktiwiteit ontvang leerders tussen 2 tot 4 punte, wat ’n aanduiding is van die deursettingsvermoë en toewyding wat nodig is om 100 punte te versamel. Elke leerder stel ’n portefeulje saam oor hul take en betrokkenheid in die gemeenskap. Hierdie portefeulje word nagegaan deur SA Landsdiens en indien die leerder genoegsame punte versamel het, word hierdie gesogte prestasie aan hulle toegeken.

Shané de Waal en Dirkie Cronjé.

FOTO: VERSKAF

PROMOSIE: HOËRSKOOL MIDDELBURG

Waarom almal deel van dié wenspan wil wees DIE Hoërskool Middelburg strewe daarna om ’n gebalanseerde kind met die uitdagings wat hedendaagse omstandighede meebring, op te voed en te onderrig. Ons beskou die plattelandse milieu waarin ons onsself bevind as ’n groot voordeel. By Middies kan ’n kind nog kind wees sonder dat hy/sy enige geleenthede ontneem word. Hier kan ’n kind blootgestel word aan ’n magdom van aktiwiteite sonder dat hy noodwendig in ’n stad hoef te wees. Die fokus lê verder ook vir ons op die optimale ontwikkeling van die individu en poog ons nie om van u kind ’n sogenaamde ‘’tropdier’’ te maak nie. Hier volg slegs ’n paar hoogtepunte wat Middies in die afgelope paar maande beleef het: ) Akademie: Janico Snyman word aangewys as Beste Matriekleerder in die Chris HaniWes-distrik. Hy behaal sewe onderskeidings en onder meer 100% in rekeningkunde! ) Tennis: 4 spelers haal die OP Plattelandspan. ) Wetenskaplike Navorsing: JP Joubert se taak oor kapillariteit van water in verskillende grondsoorte in die afwesigheid van gravitasie word deel van NASA se Zero G-vlug. ) Atletiek: 16 atlete neem deel aan die Oos-

Kaap-byeenkoms en 11 medaljes word verower. Megan Newton verteenwoordig die OPspan by die SA-byeenkoms. ’n Hamergooi-kliniek word ook by Middies deur die bekende Charlie Koen aangebied. ) Rugby: 4 van Middies se o.15-spelers word in die Karoo-span, wat die vakansie aan ’n toernooi in Aliwal-Noord deelneem het, opgeneem (o.18-proewe is nog nie afgehandel). ) Netbal: 10 spelers word opgeneem in die Oos-Kaap-netbalspan. ’n Afrigtingskliniek deur die bekende Retha de Lange word ook by die skool aangebied. ) Redenaars: 3 leerders neem deel aan ’n kompetisie in Port Elizabeth. ) VCSV: Ds. Dirk de Bruyn en pastoor Nico Luther raak betrokke en die skool stel ook ’n nuwe jeugwerker aan. ) Skaak: Middies wen ’n toernooi op Cradock. Middies kan nog oor ontelbare prestasies spog, maar kom woon liewer die Opedag op Vrydag, 25 Mei by of kom kuier saam by die skool se Erfenis-naweek van 21 tot 23 September om meer oor hierdie skool in die hart van die Karoo te hoor. Een keer ’n Middie, vir altyd ’n Middie! – JOHANETTE VAN HEERDEN

Middies beplan Erfenis-naweek VANJAAR is die Hoërskool Middelburg 99 jaar jonk! Middies is ’n tradisieryke skool en beplan vir die naweek van 21 tot 23 September ’n Erfenisnaweek op Middelburg. Alle oud-Middies en ondersteuners word uitgenooi om aan die naweek se verrigtinge te kom deelneem. Van die aktiwiteite waarna daar uitgesien kan word vir die Vrydag is onder meer ’n besigtigingstoer deur die skool, asook ’n pretbelaaide aand van vermaak met oud-Middie, Ilné Fourie. Vir die laerskoolleerders word ’n fliekaand beplan, terwyl die hoërskoolleerders saam kan sokkie! Op Saterdag word ’n sportdag gehou

waar daar aan fietsry, motorfiets- en staproetes en gholf deelgeneem gaan word. Die aand kan almal heerlik saamkuier en dans terwyl daar aan tradisionele karoo-potjiekos en bygeregte gesmul kan word. Die wenners van die onderskeie sportsoorte (asook ander verskuilde afdelings) sal ook dan aangekondig word. Op Sondag word die naweek afgesluit met ’n erediens in die NG Kerk (Moedergemeente). Verskeie reünie-groepe is reeds besig met beplanning om die naweek by Middies saam te trek. Kontak MHS by 049 842 1560 of e-pos na middies@adsactive.com vir enige navrae.

– JOHANETTE VAN HEERDEN

X1UK0HB9-MK170518


6

NEWS | NUUS

Mid-Karoo Express

17 Mei 2018

MID-KAROO KOSMANDJIE: SULT

Nolan Venter se watertandlekker sult MET die onlangse uitbreek van die gevreesde listeriose is dit deesdae veiliger om self wors of polonie te stop en dit is ook glad nie duur nie. Mid-Karoo Express korrespondent NOLAN VENTER het besluit om sy sultresep, wat hy in sy kinderdae van sy oorlede ouma met sy oë gesteel het, te deel. Volgens hom, bly dit ’n wenner op ’n broodjie en kan ook met ’n doopsousie maagwaarts gestuur word. Watertand-lekker sult (brawn)

Bestanddele:

4 skoongekrapte beespote 2 varkskenkels (sonder kloutjiegedeelte) 500g beesskenkelvleis 3 hoenderekstrak-blokkies 2 fyn gekapte uie 1 fyn gekapte groenrissie 2 eetlepels gemengde knoffel en gemmer 1 teelepel dahniapoeier 2 eetlepels vars tiemieblaartjies

200ml kookolie 125g aromat 20g wit peper 1 eetlepel masala 1 teelepel borrie 2 groot poloniesakkies 2 dun kabelstrikkies 2 groot vraagteken hakies

Metode:

) Verdeel elke beespoot in twee by die voet se lit. ) Kook die pote tot die vleis van die bene loskom. Doen dieselfde met die varkskenkels in ’n aparte pot. ) Kook die beesskenkelvleis in ’n derde pot tot dit sag is. ) Verwyder al die bene uit die beespote en varkskenkels. ) Verhit die olie in ’n groot kastrol of ysterpot. Braai die uie en groenrissie tot ligbruin. ) Voeg die masala, borrie, dahniapoeier, gemmer, knoffel en hoenderekstrak-blokkies by en roer dit goed deur op ’n lae hitte.

) Gooi nou al die vleis in die kastrol en roer dit deur met ’n houtlepel totdat die pot begin prut. ) Gooi die vars tiemieblaartjies by en geur die mengsel met die aromat en peper. ) Indien nodig, voeg gewone tafelsout by volgens smaak. ) Sit die pot eenkant om af te koel. ) Skep die oortollige olie bo in die pot af en gooi die afgekoelde sult in die poloniesakkies tot so 80% vol voor dit begin stol. ) Draai die gevulde sakkie regsom tot die inhoud styf daarin pas en verseël dit met kabelstrikkie. ) Hang dit oornag vertikaal aan ’n vraagteken hakie om te stol. ) Plaas dit die volgende dag in ’n yskas. Jou sult is nou gereed om te geniet.

;Tuisgemaakte sult reg uit die hande van Mid-Karoo Express se Nolan Venter.

FOTO:NOLAN VENTER

STOEPSTORIE: WILNA DE KLERK

Cradock se NG-gemeente het ryke 200-jaar geskiedenis CRADOCK se NG-gemeente is vanjaar 200 jaar oud en was vir 22 jaar, ná lede van die Groot Trek vanaf Elandsdrift vertrek het om van die Engelse oorheersing te ontsnap, nog deur Engelse en Skotse predikante bedien wat deur die goewerneur van die Kaap vir hulle aangestel en besoldig is. Ds. John Evans (1823 - 1917) wat maar ’n kort dienstydperk beleef het en ds. John Taylor (1824 – 1860) was onderskeidelik van Engeland en Skotland afkomstig. Die NG-gemeente Cradock is op 10 Junie 1818 gestig en voordat daar in 1821 begin is met kerkbou, was byeenkomste onder meer binne ’n laer, in die pastorie en selfs in ’n wynkelder gehou. Daar was glo by tye soveel as 300 tot 400 waens vir ’n nagmaalbyeenkoms bymekaar. Besonderhede van kerklike aangeleenthede is

beperk aangesien die notuleboeke tussen 1820 en 1830 glo in brande tydens die destydse grensoorloë vernietig is. Bouwerk aan die eerste, en sogenaamede Kruiskerk, het in 1821 begin. Destyds was daar nie ’n formele hoeksteenlegging nie, maar almal teenwoordig het op die dag rondom die steen gestaan en met hul hande daarop gedruk. Die betekenis van hierdie aksie was onbekend, maar landdros Louis Henry Meurant het verduidelik dat dit knapsakke vol geld voorgestel het. Meurant (ook bekend as die skrywer Klaas Waarzegger) het die boukommissie aangevoer. Die kerk het vier Kaaps-Hollandse gewels gehad en die kontrakteur Philippus Maré van Graaff-Reinet het die kerk op 5 Oktober 1824 “bezemschoon” aan die gemeente oorhandig. Die Kruiskerk het op dieselfde plek as die

huidige NG Moederkerk gestaan en het ook na die rivierkant gekyk. Die kerk was 37 meter lank en 35 meter breed. Daar was plek vir 1 000 kerkgangers en die reëling was dat mans aan die kante en vroue op stoele in die middel moes sit. Kerkgangers moes hul eie stoele voorsien, maar die kerkraad het van tyd tot tyd banke laat maak. In 1824 moes daar 2 Rds vir elke stoel betaal word maar in 1825 en 1827 was daar 100 plekke teen tien sjielings stuk verhuur. Die kerk het die maak van gesinsbanke aangemoedig. In 1827 is twee hoekbanke – die duurste plek in die kerk – gemaak en in 1839 is 18 geelhoutbanke met deurtjies en boekborde gemaak. Omstreeks 1835 is ’n bank vir rustende kerkraadslede en ses banke vir die kostelose gebruik van armes gemaak. Nog voor die kerk ingewy is, het die kerkraad

Geklassifiseerd EX press

’n skikking oor “zit plaatsen van distin(c)tie” gemaak waar hooggeplaastes en vername mense kon sit. Die Trek het ’n groot leemte in die kerk gelaat aangesien daar beweer word dat van die voorste mense in die distrik die Trek ondersteun het. Trekkers uit die Tarkagebied is op 120 gestel. Hulle het nagenoeg 100 000 stuks kleinvee, 6 500 stuk grootvee en 1 000 perde met hulle saamgeneem. President Paul Kruger se ouers, Casper Kruger en Elsie Steyn, is op 3 September 1820 saam met nog elf bruidspare in die Kruiskerk getroud en hul oudste kind, ’n dogter, is in 1821 daar gedoop. President Paul Kruger – as enigste dopeling van die dag – is op Sondag, 19 Maart 1826 as Stephanus Johannes Poulus Kruger in die Kruiskerk deur ds. John Taylor gedoop.

MID-KAROO

KERKKENNISGEWINGS

Ouderling Liza Simmons 082 657 1340

Pastor George Sampson

1205

. CHURCH OF CHRIST COOKHOUSE 7 CHURCH STRAAT Dienstye Sondae: 10:00 Leeraar Edwin Hendricks 081 258 2351

. CHURCH OF CHRIST CRADOCK 5 BELLSTRAAT, MICAUSDAL Dienstye Sondae: 10:00 Pastoor Dennis Peters 073 233 1112

. CHURCH OF CHRIST MIDDELBURG Dienstye Sondae: 10:00 Ouderling Henna Hermaans 064 706 3421

. CHURCH OF CHRIST MIDDLETON Dienstye Sondae: 10:00 Evangelis Melville Winnaar 074 439 8422

Sunday Worship Celebration Service Morning Service: 09:00 Place: Sonskyn Centre Michausdal

. CHURCH OF CHRIST SOMERSET OOS 65 Nojoli Straat (Oorkant SASSA) Dienstye Sondae: 09:30 Pastoor Patrick Swingheny 079 705 7076

. Hofmeyr NG Kerk Erdiens 09:30 Dominee Marius Barnard 082 828 0976

. NG GEMEENTE SOMERSET-OOS

The Church where we settle for nothing less than Gods Best % 078 269 0223

. Victory Family Church Somerset – Oos Dienste elke Sondagoggend 09:30 Tel: 042 243 2878 Adres: Draai van Hare Straat, Somerset – Oos

.

VICTORY FAMILY CHURCH

H.V. Jacaranda & P.J Olivier Straat Erediens om 09:00

Eredienste Sondae om 09:30 - 10:30

Prediker: Ps Len Kok

Louis Trichartstraat & Nojolistraat

•Worship God •Love His People •Serve the Community

% 042 243 2080 / 083 381 4544

% 048 881 1628

VAKATURE VERPLEEGKUNDIGE Cradock Kankersorg benodig die dienste van 'n geregistreerde verpleegkudige vir die versorging en monitor van kankerpasiënte. Die dienste van sodanige persoon sal op 'n deeltydse basis wees soos en wanneer pasiënte dit benodig. Vervoer is beskikbaar. Dienste moet op 1 Junie 2018 of so spoedig doenlik aanvaar word. Salaris is onderhandelbaar en nadere besonderhede is beskikbaar by die president,

Laura Adam (048 881 1046 / 082 560 3163) of sekretaris, Joey van Heerden (048 881 2278 / 082 454 8708)

MOEDERGEMEENTE CRADOCK Gemeentefees & ELITE VETVEE VEILING

Dinsdag, 22 Mei 2018 Cradock Skougronde

Familiefees: * Trekking vir ‘n bees, skaap en vark * Worsrolle, sosatierolle, kerrie & rys * Pannekoek, poeding, jaffels (gevries) * Koeldrank te koop vanaf vroeg - laat

X1UK5PUD-MK170518

EX press MID-KAROO

12 000 WEEKLIKS

NG

Cradock Middelburg Somerset-Oos Bedford Adelaide Fort Beaufort

Verwelkom inskrywings van gasverkopers!

Dienstye Sondae: 10:00

23 De Kock Street

info@mydj.co.za | www.mydj.co.za

.

.

UPPERROOM FAMILY WORSHIP CENTRE

Kontak ons: Jacques of Quintin | 061 586 7670 |

. CHURCH OF CHRIST PEARSTON PEASTON PRIMERE SKOOL, NELSIG

* Professionele DJ's & MC's * Klank & Beligting * Borrel- & Sneeumasjiene * Verskeie Rookmasjiene * Foto-ateljees & Speletjies

.

ALGEMENE KENNISGEWINGS

12 000 WEEKLIKS

Kom geniet die dag saam!

Yvette Roelofse 041 503 6010 | E-pos: yvette.roelofse@media24.com

KONTAK: Paul Hobson 082 652 4724 Pierre-Martin Lombard 083 758 5622 Erik Lombard 083 770 9206

SLUIT DIE DAG AF MET STEAK-AAND!

Yvette Roelofse Verkoopskontultant Sel. 071 353 3795 Tel. 041 503 6010 yvette.roelofse@media24.com

X1UK6DWM-MK170518

KONTREI-KOERANT VAN 10X4KAR0-MK100518


NEWS | NUUS

17 Mei 2018

Mid-Karoo Express

7

Grootfontein Studente Merinostoet ontvang skenking JOHANETTE VAN HEERDEN DIE Grootfontein Landboukollege naby Middelburg se studente van die Merinostoet is dankbaar vir die borgskap in die vorm van netjiese hemde en pette wat hulle van Nico Bezuidenhout van Rubicon Merino, Paauwpan Rubicon’s, De Aar ontvang het. Met sulke spoggerige uitrustings versterk dit die eenheidsgevoel onder die studente in hul onderskeie produksie-eenhede. Die finalejaarstudente van die merino produksie-eenheid het op Donderdag, 10 Mei besoek by Jako Meyer op The Willows in die Middelburg-distrik afgelê.

Hul volgende groot uitdaging is die skandering van die stoet se merino-ooie wat binnekort plaasvind. ; Voor van links is Mark Breetzke (Soutie), Ruan Blignaut (Blikkies), Hendrik Stuurman (Lanie) en Sandile Ngwane (Oros). In die tweede voorste ry staan Mamello Motsokobi (Kleintjie) en Adriane Adonis (Poppie). In die ry tweede van agter is Debbie Potgieter (Druppel), Anique Visser (Dipsy), Marelize Bezuidenhout (Volksie) en Lwando Dlomo (Google). Agter staan Dirco Bezuidenhout (Turksvy), Robert Lapersonne (Haastig), Jan-Hendrik Goosen (Weekblad), Bruwer van der Walt (Dobbie), John-Derek Whitehead (Pruim) en Willie van Heerden (Oubaas). FOTO:JOHANNETE PHOTOGRAPHY

Wêreldrekordprys vir sybokhaar MEDEWERKER VERLEDE week se sybokhaar-veiling van Cape Mohair & Wool (CMW), vesel-afdeling van die OVK-groep van maatskappye, het uitstekende resultate gelewer.

Gawie en Coenie Lategan.

FOTO:VERSKAF

Op die amptelike veiling in die Sybokhaarbeurs in Port Elizabeth was ’n tweejaar oue kategorie wêreldrekordprys vir grootbokhaar, te midde van groot opgewondenheid, aan flarde toe die De Lateganskuil Boerdery van Coenie en Gawie Lategan van

die Aberdeen-distrik R322/kg vir die lot behaal het. Dit het die rekord van Richard Herold van Graaff-Reinet, opgestel in 2015, met R2/kg verbygesteek. Die baal het 29.1mikron getoets, met ’n skoonopbrengs van 86.3%. Pierre van der Vyver, bestuurder van die sybokhaarafdeling by OVK, berig dat hulle eweneens baie trots is op die CMW-saamverpakkingsafdeling wat op dieselfde veiling ’n vier-jaar oue wêreldrekordprys gebreek het. Die rekord-bedrag was R317,10/kg vir gewone grootbokhaar. Hierdie baal het 30.1 mi-

kron getoets, met ’n skoonopbrengs van 87.5%. Albei lotte is deur ’n plaaslike verwerker aangekoop. Die hoogste prys van die dag was R480/kg en het gegaan aan Phlippie Retief van Boksfontein Boerdery in die Murraysburg-distrik. Hierdie prys is betaal vir ’n goeie-styl baal van 21.9 mikron met ’n 90.2% skoonopbrengs. Hierdie spesifieke baal is volgens die EGT-proses (“Every Goat Tested”) voorberei.

VLV Somerset-Oos is altyd insiggewend en interessant DEONETTE HAGGARD TYDENS Somerset-Oos se VLV-vergadering in Mei het Marlene Botha ’n volledige verslag van die onlangse sirkelkonferensie van Cradock, wat op Somerset-Oos gehou is, gelewer. Plaaslike VLV-presteerders is geluk gewens, sowel as die twee bekerwenners, ds.

Janet Cornelius vir weef en breiwerk en Johanna Murray vir haar gedig “Ligvoets deur die Lewe”. Die kuns- en handvlytsameroepster, Janet Cornelius, het ’n interessante praatjie oor Krotoa, die elfjarige Khoi-prinsessie wat as tolk vir Jan van Riebeeck met die Khoibevolking opgetree het, gelewer. Voorts lewer die voorsitster en sameroepster vir openbare

sake ’n besonder insiggewende praatjie oor “grondonteiening en grondgrype”. “Die belangrikste om te onthou, is om proaktief op te tree en eiendom teen onwettige besetting te beskerm en onmiddellik enige onwettige betreders op jou eiendom by SAPD aan te meld,” was die boodskap. Wanneer die verklaring ingedien word, moet daarop aangedring word om ’n bewys van ontvangs, so-

wel as die polisiebeampte se rang, naam, van en magsnommer te kry. “Onwettige strukture moet onmiddellik afgebreek word.” Wat is ’n vergadering dan nou ook sonder tee of koffie met ’n eetdingetjie of twee? Die twee gasvroue vir die dag was Sannie Lötter en Helené Botha. Die volgende vergadering word op 8 Junie in die Dienssentrum gehou.

SPORT

Vier-by-vier-roetes skei die mans van die muise WILNA DE KLERK CRADOCK se 4x4-klub het hul nuwe jaar se bedrywighede op 28 April met ’n ope-dag op die plaas De Doorns, 12km buite die dorp, begin.

se probeer oorwin. Daar was geleentheid vir Hardebaarde, Doringdrade en al die ander om hul staal te wys en nie net hul voertuie nie, maar ook hul eie bestuursvermoë tot die uiterste te toets.

Daar was vanjaar weer groot belangstelling en ’n totaal van 44 voertuie van so ver as Kaapstad, Grahamstad, Jeffreysbaai, Graaff-Reinet, Port Elizabeth, Despatch, Uitenhage en Alexandrië het saam met die plaaslike manne deur die water en die modder, oor die klippe gespartel en die byna onmoontlike hindernis-

Eerste inskrywing – Vaughn Ashburner; vuilste voertuig – Thomas Ferreira; Man van die Dag – David Rossi; hardste probeer – Jurie Pieterse; die ‘oepsie’ van die oomblik – Jean Thirton. Die dag is afgesluit met ’n braai, gevolg deur die prysuitdeling.

Die uitslae was soos volg:

Sanlam Kanker Gholfdag wenners Die Middelburg Sanlam-kankergholfdag het op 12 Mei plaasgevind. Die wenners van die B-afdeling is Dykie de Villiers en die C-afdeling is Llewelyn Visagie. Die volgende rondte vind plaas op 19 Augustus by Katberg Golf Estate. In die foto is, van links Dykie de Villiers, Marius de Vries van CANSA, Johan van der Ahee van Sanlam, Llewelyn Visagie en Donnie McCallum (vise-klubkaptein). FOTO: VERSKAF

Middelburg Critical Mass fun ride JOHANETTE VAN HEERDEN THE inaugural MCM (Middelburg Critical Mass) family fun ride was held on Friday, May 11, organised by Maurice Hall, who has been riding for Cyclelab almost 20 years.

Die 4x4 se byna onmoontlike roete.

FOTO’S: BERNARD COSTERUS

Die paadjie is maar nou.

He moved to Middelburg from Johannesburg recently and has taken it upon himself to be the organiser of the mass ride in an attempt to bring the small Karoo town together. The MCM started outside Nguni Lodge, on the corner of Meintjies and Van Niekerk streets, heading West. The 17:30 departure time turned out to be more like 17:40. The lights were on, the excitement was palpable, the weather was great, and 10 adventurers took to the streets of Middel-

burg in the semi-darkness. “More adventurers joined as we went and we ended up being 18 riders,” Hall said. A real motley crew of cyclists of various ages and different size bikes took part. Madelein Hall provided rear protection by driving behind the cyclists. The route included perimeter roads of the town, dodging pot holes, over the railway line at the truck stop, past the cemetery and right, under the bridge into Midros, where the group turned left and left again back into town, then due west towards Nguni Lodge after a short bit on Meintjies Street. The smiling participants promised to tell their friends and families about the next event. The ride dispersed at 18:30, well in time for supper.


8

SPORT | SPORT

Mid-Karoo Express

17 Mei 2018

Marlow-spanne presteer by rugbyfees MEDEWERKER

; Marlow se o.15A-span het by Grey PE se rugbyfees goeie spel gelewer en Westering 34–5 gewen en teen Grey PE 45-19 verloor. Hier breek CJ Vermaak, skrumskakel, die verdediging van Westering.

DIE Hoër Landbouskool Marlow in Cradock het onlangs aan die Grey PE-rugbyfees in Port Elizabeth deelgeneem. Die eerstespan, sowel as die o.16A-, o.15A- en o.14A-spanne het aan die toernooi deelgeneem en goeie konstruktiewe rugby is gespeel. Daar het ’n klomp sterk skole van regoor die land deelgeneem. Die eerste dag se wedstryde was in baie sterk winderige omstandighede gespeel. Marlow se eerste span het kragte teen Graeme Kollege gemeet en gemaklik met 22-5 gewen. Die o.16A-span was in ’n taai stryd gewikkel en het teen Grey PE 16-45 verloor, terwyl die Wolramme se o.15A-span in die tweede helfte van hul kragmeting teen Westering kookwater rugby gespeel het en met 34-5 gewen het. Westering se o.14A-span was te sterk vir Marlow en het hulle wedstryd 12-0 gewen. Op die tweede dag van die toernooi was Marlow se eerste span in ’n verwoestende bui. Hulle het vir HTS Louis Botha deurmekaar gehardloop en die wedstryd 73-0 gewen. Die o.16A-span het ook vir baie opwinding gesorg en vir Otto du Plessis gemaklik 63-7 geklop. Marlow se o.15A-span was oorgehaal vir hulle

FOTO:VERSKAF

wedstryd teen Grey PE. Marlow het net te veel ongedwonge foute in die eerste helfte begaan en die tuisspan het ’n paar maklike drieë gedruk. Die Wolramme het in die laaste 15 minute van die wedstryde klipharde Marlow-rugby gespeel en dis veral hulle voorspelers wat die oog gevang het. Marlow het 19–45 verloor. Marlow se o.14A-span se samespel teen Grey

PE se o.14B span was puik en hulle het die kragmeting 22-5 gewen. Dit is die eerste maal dat Marlow met al hulle A-spanne aan hierdie toernooi deelgeneem het. Die junior spanne het veral baie geleer en die Wolramme kan net voortbou op die goeie ondervinding.

Hofmeyr-spanne vaar goed in All Cape-toernooi

Die wenners van die All Cape-toernooi wat onlangs in Oos-Londen gehou is, het ook verlede jaar hierdie uitdaging gewen. Dit is die eerste keer dat dieselfde span twee jaar agtereenvolgens die All Cape wen. In die foto is, van links, Danny Richardson (Queenstown-rolbalklub), Ian van Heerden (Tarkastad), Gerald Fletcher (Hofmeyr) en Bevis Richardson (Queenstown). FOTO: VERSKAF

NÁ afloop van die All Cape-rolbaltoernooi in Oos-Londen, waar 480 rolbalspelers deelgeneem het, het die verdedigende span hul titel behou. Gerald Fletcher (Hofmeyr-rolbalklub), Ian van Heerden (Tarkastad-rolbalklub) en Danny en Bevis Richardson van Queenstown-rolbalklub het hul staal gewys en as algehele wenners uit die stryd getree. Die span van Hofmeyr, onder leiding van Piet Roux (as skip), met Willem Herselman, Lennox Edwards en Roelf Opperman, het as wenners in hul afdeling uit die stryd getree. Dit beteken dat hulle al hul wedstryde moes wen. Goeie rolbal is deurgaans gespeel en die weer het goed saamgespeel en daar kon elke dag gespeel word. Alle rolbalbane in Oos-Londen het as venue’s opgetree en elke rolbalbaan moes instaan vir die etes op elke betrokke dag by daardie klub. – TERESA OPPERMAN

ADAMI'S - YOUR STORE SINCE 1904 Pork Bulk Pack p/kg

R37

Bonnita Milk 6x1L

Coke 2l

Illovo Sugar 2.5kg Sunlight Washing Powder 2kg

R39

99

Tel: 048 940 0000

R15 R1499

R9999

Spekko Rice Blue Bag 10kg

Barclay’s Whisky 750ml

R10

99

First Choice Milk 6x1l

R58

99

Simba NikNaks 50x20g

R34

99

Twizza 12x330ml

R22

99

Tonysun Heater

R599

99

Castle Lager 6x340ml/NRB

R18999 R4999

R9299

R9699

R2999 Sparletta 2l

Castle Lager 24x340ml/NRB

Sasko Cake Flour 12.5kg

Unit Price R6.66

99

R5899

ADAMI'S Market Square, Voortrekker Road, Cradock | Tel: 048 801 4106

Huletts Sugar 15x500g

Weet-Bix 450g

99

The Store Where You Save More

R13499

Delush 3L Natural Sweet Red, Rosé, White

R6999

Promotion valid from 17 May - 23 May 2018 | Errors and Omissions excluded. | Reserve the right to limit quantities. X1UK17NW-MK170518

Mid-Karoo Express 17 Mei 2018  
Mid-Karoo Express 17 Mei 2018  
Advertisement