Page 1

Winter 2013

Bulletjies pak mekaar by rugbydag Winter is sinoniem met rugby. Dit is Super 15, Vodacombeker, die Kampioenskapsreeks, ligawedstryde en, dan natuurlik, Laerskool Menlopark se Bulletjierugbydag. Letterlik duisende bulletjies (2 315 om presies te wees) van regoor Pretoria het op ons skoolvelde saamgetrek om mekaar die stryd aan te sê. Dit is reeds die vierde jaar dat die skool hierdie dag suksesvol aanbied en sedert die ontstaan in 2010 het dit net van krag tot krag gegaan. Die grootste getal inskrywings is hierdie jaar ontvang met 264 spanne uit 22 skole wat deelgeneem het.

geval, gelag, gehuil, gewen en verloor. Van die veld af is daar geëet, gedrink, gespeel en heerlike gekuier. Almal, besoekers inkluis, was dit eens dat dit een van die beste bulletjiedae was wat hulle aan deelgeneem het en almal sien met groot verwagting uit na Menlo-Bulletjiedag 2014.

Die bulletjies, afrigters en die ondersteuners se entoesiasme het gou die winterkoue verdryf en is daar die hele dag lank “klipharde” rugby gespeel. Op die veld is daar gehardloop,

Waarheen dink jy gaan jy met die bal?

Hier gaan ek! Alwyn Maas (gr.1) oppad na die doellyn nadat André Bester vir hom die bal aangegee het in die wedstryd teen Laerskool Lynnwood.

Me. Juta Cilliers (links) en Annelize Pienaar het die mae vol gehou.

Hier Kry Ons Vlerke


Redaksioneel Beste Parkies, Wat ‘n groot lekkerte was dit om die winter-uitgawe van die Klikkiebek saam te stel. Dit mag nou wel vaal en koud om ons wees, maar nadat jy hierdie kwartaal se spogblad neergesit het, gaan jou hart sommer vir die res van die winter nog warm klop! Ons kinders se toegewyde deelname en die vlakke waarop hul presteer, bly maar net verstommend en hoogs inspirerend. Die bewys net weer eens waartoe ‘n goeie span in staat is. Menlo se hardwerkende onderwysers, ondersteunende ouers en talentvolle kinders maak saam ‘n span wat weet wat hulle wil hê en wat bereid is om die ekstra myl te leer, te loop, te draf, te hardloop, te spring, te gooi ..... Mens kan egter nie net hard leer en oefen nie. Daar moet darem gerus word ook en met hierdie Klikkiebek in die hand beteken dit net een ding – vakansie! Geniet die laat lê en doen-netwat-ek wil-wanneer-ek-wil. Julle verdien elke oomblik! Klikkiebek-groete Ciska Fourie

Wat maak julle met bydraes? •

Alle foto’s en artikels kan gestuur word aan: menlolaer@menlolaer.co.za of dit kan in die poshokkie in die voorportaal gepos word.

Menings wat uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van die Laerskool Menlopark nie.

Redaksie • • •

2

Redakteur: Ciska Fourie Grafiese uitleg: Nadia du Plessis van Imagine Design 084 833 4454 Almal wat foto’s geneem en gestuur het

Uit die hoof se pen... Dit mag nou wel winter wees, maar ons harte klop warm as ons terugkyk op dit wat ons kosbare kinders die afgelope kwartaal vermag het. Dit laat mens net weer besef watter uitsonderlike potensiaal in ons talentvolle kinders opgesluit lê. Elke dag die afgelope kwartaal is en was ‘n beginpunt, ‘n vertrekpunt om hierdie talente te ontwikkel vir die môres wat voorlê vir ons kinders. Alles wat jy vandag ontsluit en vermag, vorm jou môre, jou toekoms. Hierdie uitgawe van die Klikkiebek is ‘n bewys dat ons kinders definitief nie hul talente onder ‘n maatemmer wegsteek nie, maar die geleenthede wat hul gebied word met beide hande aangryp. Ons skool bied juis onbeperkte geleenthede aan ons kinders om hul godgegewe talente te ontdek, te ontwikkel en uit te leef. Só bou ons konstruktief saam aan ‘n blink toekoms vir elke kind met die wete van die belofte soos verwoord in Genesis 28:15: “Ek is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ookal gaan”. Wat ‘n wonderlike vertrekpunt na môre. Vriendelike groete Mnr. P.J. Bredenkamp HOOF

Baie geluk! Menlo se onderwysers steek definitief nie hul talente onder die maatemmer weg nie. Me Retha Steyn het Gauteng Noord by die jaarlikse Interprovinsiale Agtpotspel-toernooi verteenwoordig. Die toernooi is van 27 April tot 4 Mei in Worcester gehou. Juf. Steyn sê 11 provinsies het in haar afdeling meegeding. “Ons het eintlik bo verwagting goed gevaar, maar het ongelukkig in die semi-finaal die knie gebuig voor die span wat uiteindelik die toernooi gewen het,” het sy gesê. Mnr Johan Roets staan nie verniet bekend as “Mnr. Netbal” nie. Hy kan nou ook provinsiale afrigter op sy indrukwekkende netbal CV skryf. Hy is aangewys as aanvoerder van die Deltaspan, een van Gauteng se drie A-spanne . Die ander twee spanne is Gamma en Lambda. Hierdie spanne gaan tydens die Suid-Afrikaanse Laerskole Kampioenskappe te staan kom teen die ander agt provinsies. Hierdie toernooi word in Margate van 28 Junie – 4 Julie gehou.

Welkom! Bokkiedrag het ‘n nuwe bestuurder! Baie welkom aan me Sandra de la Rouviere wat nou aan die stuur van sake is by ons klerewinkel. Ons sien daarna uit om saam met jou te werk en glo dat jy baie gelukkig gaan wees by Laerskool Menlopark.

Hier Kry Ons Vlerke


Regte voeding verseker prestasie Oefening alleen is nie genoeg om ‘n wêreldklas atleet te word nie. Die regte voeding en aanvullings is net so belangrik, indien nie belangriker nie. Dit is die mening van George du Rand, Olimpiese swemmer en wêreldrekordhouer in die 200m-rugslag in 2008 en 2009. George was die gasspreker tydens ‘n geleentheid wat deur die swemkomitee van die Laerskool Menlopark gereël is. “Die vyf faktore wat tot ‘n atleet se sukses bydrae is natuurlike talent, afrigting, dissipline, uithouvermoë en die liggaamlike kondisie. Indien jou liggaam nie behoorlik gevoed is nie, help dit nie jy doen al die ander dinge reg nie”, het hy verduidelik. As ‘n Olimpiese swemmer het George tot 5 ure per dag geswem. “Om dit te kan doen en daarmee vol te hou, is die regte voeding en aanvullings van kardinale belang. Daar is verskeie redes waarom ons diëte nie aan ons daaglikse vereistes voldoen nie, daarom is dit belangrik om die regte aanvullings in die regte hoeveelhede te neem. Net soos met ‘n effektiewe oefenprogram is goeie voeding moontlik deur beplanning, skedulering, dissipline en selfbeheer toe te pas” het hy gesê. Volgens George is daar nie ‘n towerformule om sukses in die sportwêreld te behaal nie. “Doen net dag in en dag uit die regte ding. As ‘n atleet het jy net een liggaam en die toestand waarin jou liggaam is sal op die langtermyn jou sukses bepaal,” het hy gesê.

bekoor

Kore

gehore

Mnr. George du Randt, me. Annemarié Hechter (swemorganiseerder) en mnr. Morné van Rooyen (voorsitter van swemkomitee) tydens die praatjie.

Menlo se opedag

BORREL...

Een keer per jaar, tydens ons Opedag, het ons die geleentheid om regtig met ons pragtige skool te spog. Hierdie jaar was geen uitsondering nie en ons het van die begin tot einde behoorlik geborrel. Die leerlinge en onderwysers het groot pret gehad, terwyl hulle saam aan die grade se uitstallings beplan en gewerk het. Die ouers het ook nie geskroom om in te spring en te help waar nodig nie. Saam-saam is daar gevee, geverf, gewas, geplak, geskoffel, maar bowenal, GENIET! Alles om vir ons gaste te wys hoekom Menlo so borrelend en spesiaal is.

Wat ‘n pragtige prentjie maak ons senior koor nie op die verhoog nie. Dit is waar hulle tuis hoort. Winter is tradisioneel “koorseisoen” en ons junior en senior kore het ‘n bedrywige Mei-maand agter die blad. Hulle het gesing dat die note spat en die komplimente het ingestroom na hul optredes by die Pretoria Eisteddfod, Jakaranda Kinderkoor se winterkonsert en die Super 12kompetisie. Die einde is egter nog nie in sig vir hierdie wonderstemme nie – die opnames vir ons revue lê nog voor. Ai, maar dit is darem opwindend om koor te sing!

Hier Kry Ons Vlerke

3


Borrelpret, ‘n brandweer-besoek en ‘n bybelete. Dit is van die interessante aktiwiteite waaraan die gr. 0-leerlinge die afgelope kwartaal deelgeneem het - en speel-speel het hulle hierdie temas kaf gedraf. Die borrelpretdag was sommer net vir die lekker gehou en was ‘n reuse sukses. Die brandweer het kom kuier om hulle te leer van mense wat daar is om hulle te help in gevalle van nood en tussen deur die geproe en gesmul aan al die heerlike eetgoed, het hulle meer geleer oor die gebruike en lewenstyle van die mense in die Bybelse tyd. Ons is seker hulle kan nie wag vir volgende kwartaal nie!

4

Hier Kry Ons Vlerke


menlo "spiets" dat dit klap deur juf. Jeanette Butler

En toe issit nou so medi AB sam: Sien as hierie juffie besag is medi ding, dan issy somma baja besag. En so gat dit toe somma goet medi AB sam. So issie skool toe derde in hierie se kompitiesie. Enne die kjinners is toe okkie so sleggie. Daai 4 mysikijnners se name is graat six: Lara-Anne Strydom enne Rolien Buhrman (meti deelteken oppie u) en dawas ook graat sevens. A ja a! hulle ka mossie agter blynie. Hulle was Clarisse Prat en Embeth du Toit. In so prat hulle sam vannie Afr. na die Ingels somma in 1 spiets. Ma toedie 1ste deeltjie kla was, toe fal Lara-Anne yt en Clarisse fal yt. Toe blei die einste Rolien (medi deelteken oppi u) enne ok Embeth oor. Ma toesit bietjie moeiliker sien. Want hille kry net 10 minute omme niewe spiets in Ingels en Afrikaans yt dink - so op hille se selwers. In toe is Rolien onneri "finalists" ma daai Embeth sy kom toe viere van allie kinners. Enne juffie B voel somma spoggerig oor hierie oulike kjinners. In so ga praat die kjinners sam medi Aateekavee. Somma vier vahulle: Nika Bedeker (sy is mos in graad 6) enne Leanne (meti akuutaksent oppie e) Rademeyer (sy is mos in

V.l.n.r: Mikail Köhler, Embeth du Toit, Leanné Rademeyer, Nika Bedeker en Markus Taljaard.

graad 4) enne Mikail Kohler (mette deelteken oppie o). Ja, die ou mannekie is mos in graad 3 - ok groot geworre. En dan is da Markus Taljaard in graad 2. Kordaat is hy, gehoor. Prat 'n hond yte bos yt. Hy seg toe mos sy spiets ok innie saal virrie kjinners. Ma hulle het dit sooo geniet. En gelag ok. Nou ja, hierie einste mannekie prat hom sigselwers toe binne-in die SA's. Nou amal wat va onse skool wiet, moet vir hierie mannekie dyme en tone vashou da wa hy ga prat byrie SA's. En moet nou nie dink hierie skool het kla geprat nie. Onse graad eens en twees en dries het somma innie klas hulle spietse geprat en da seg hulle dit innie saal virrie hele skool. Oulike kjinners. Prat sonne om skaam te wies. Man ons is somma baja trots op-ulle. Vir diegene wat nie “afrikaans” verstaan nie: AB – Abé Bailey Tweetaligheidskompetisie Aateekavee – ATKV-redenaarskompetisie

V.l.n.r: Embeth du Toit, Lara-Ann Strydom, Rolien Bührman en Clarisse Prat.

"besoekers"

verras kinders Dorito, die Savanna Monitor het vir die gr. 2M-klas kom kuier tydens die studente-juffrou se proefles.

Byron, die jagluiperd, het vir die NW-klub sy kolle van nader kom wys.

Dit is nie net kinders, onderwysers, ouers en au pairs wat mens op die skoolgronde raakloop nie. Somtyds ontvang ons ook maar ‘n paar vreemde besoekers......

Hier Kry Ons Vlerke

5


atletiek, netbal en hokkie Driekuns vir twee

Dit gebeur nie aldag dat mens ‘n driekuns behaal nie – en dit boonop deur twee meisies in presies dieselfde sportsoorte nie. Tunet Trumpie en Elita van Staden het hierdie prestasie behaal deur provinsiale kleure in atletiek, netbal en hokkie te verwerf. Hul prestasies die afgelope jaar is besonders indrukwekkend: Beide eindig in hul onderskeie items in die top 4 tydens die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe. Tunet is boonop no.1 in die kort- en lang hekkies. Hulle is ook op die hokkieveld vir die Gauteng Noord A-span gekies en sal Gauteng op die netbalbaan verteenwoordig. Meisies, Menlo salueer julle!

Tunet Trumpie (links) en Elita van Staden geniet 'n welkome ruskans.

tennis Tennisspanne reg vir liga

Almal wat iets van tennis af weet, weet dat jy nie net met ‘n raket by die baan opdaag en dan is jy in die span nie. O nee, jy moet kan bewys dat jy jou plek in die span verdien en een só ‘n manier is om aan die skool se tenniskampioenskap deel te neem. Hierdie kampioenskap gee vir elke Boris Becker en Steffi Graf die geleentheid om vir hom of haar ‘n plekkie in die span oop te speel. Die enigste voorvereiste is dat die speler moet kan dien en telling hou (en natuurlik ‘n raket hê).

Indien die kampioenskap ‘n voorsmakie was van die komende liga, sien ons uit na ‘n kwartaal vol kishoue van ons tennisspanne.

Soos verwag, was die belangstelling onder die deelnemers groot en die kompetisie nog groter. Nadat die spelers hul beste houe geslaan het, is die voorlopige ranglys vir die 3de kwartaal se liga (volgens die “Spider-trek Knock-outSystem”) saamgestel.

Tennissterre skitter op baan Twee van Menlo se tennissterre het met die nodige passie, deursettingsvermoë en talent vir hulle ‘n plek in die Gauteng-Noordspan losgespeel. Na hul kragtige vertonings kan Rein Hulme en Danielle Arndt nou met trots hul provinsiale kleure dra. Die spog hou egter nie hier op nie. Danielle is ook vir die Suid-Afrikaanse Skole tennisspan gekies wat later vanjaar na Maliesië toer. Baie geluk! Rein Hulme (links) en Danielle Arndt weet hoe om tennis te speel.

6

Hier Kry Ons Vlerke


hokkie Hokkiespelers presteer provinsiaal Die skool se amptelike hokkieseisoen het nog nie eens behoorlik afgeskop nie en 13 Menlo-spelers het al hul provinsiale kleure verwerf! Met hierdie spelers in die span beloof dit om ‘n opwindende seisoen te wees. Ons kan nie wag om julle in aksie te sien nie. DOGTERS O/13 A-Span: Megan Day Tunet Trumpie Elita van Staden Gerdi Steenkamp Marli Ehlers B-Span: Abigail Swanepoel SEUNS O/13 B-Span:

Shaun Goedhals

DOGTERS O/12 A-Span: Izette Hofmeyr B-span: Jade Penning SEUNS O/12 A-Span: B-Span: C-Span:

Kelebogile Ngoaku Christoff van Niekerk Waldo Botha Hennie van Wyk Agter (v.l.n.r): Tunet Trumpie, Elita van Staden, Gerdi Steenkamp en Shaun Goedhals. Middel ((v.l.n.r): Christoff van Niekerk, Kelebogile Ngoaku, Izette Hofmeyr, Abigail Swanepoel en Megan Day. Voor (v.l.n.r): Waldo Botha, Hennie van Wyk, Jade Penning en Marli Ehlers.

netbal Vat vyf vir Netbal Na ‘n opwindende netbalseisoen en ‘n hele paar spanningsvolle rondtes proewe, is vyf van ons eerstespan meisies met hul Gauteng-kleure beloon. Baie geluk! Hierdie span het as O/9’s begin saamspeel en was tot op hede een van die suksesvolste spanne in Menlo se netbalgeskiedenis. Hulle is hoeka gekroon as die Gauteng Kampioene vir 'n derde keer! Hierdie meisies gaan Gauteng in Julie by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe verteenwoordig en ons weet sommer julle gaan hierdie titel ook inpalm. Die span het die agelope seisoen reeds die "Top Schools"- toernooi, Super 12-kompetisie en die Jubilee-liga gewen. V.l.n.r: Lucy Strydom, Elita van Staden, Tunet Trumpie, Michéla Weyers en Cora-Li Schmidt

H i e r KHriye rOKnrsy VO l enrsk eV l e r k e

7


Kaskar

8

Hier Kry Ons Vlerke


Ons werk

Hier Kry Ons Vlerke

9

Klikkiebek winter 2013  

Menlo Laer Nuusbrief