Aptytwekker mrtapr 2014

Page 4

Oorgawe gebed As jy God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart: “Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van die Here Jesus! U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:31). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou daaroor, want dit het U heilige Naam onteer. Was dit weg met U bloed, Here Jesus. Here Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om die beheer van my lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel. U Woord sê: As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid:” (Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te vervul met U Heilige Gees en dat dit sal

4

word soos strome van lewende water wat uit my binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag om in tale te spreek soos die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4)” Begin om God te prys. Spreek die woorde en klanke wat die Heilige Gees aan jou gee - nie jou eie taal nie. Jy moet jou eie stem gebruik. God sal jou nooit forseer om te praat nie. Aanbid God elke dag in tale. Jy sal nooit weer dieselfde wees nie! Skakel in by ‘n GeesvervuldeWoord-gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie. Laat jou doop in water (Mark 16:16, Hand. 2:38) en word deel van God se familie! Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees! Skakel gerus vir past. Piet Smit 022-487 2200


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.