Bruljant Uitgawe 28 Jaargang 18 2022

Page 18

Uitgawe 28 Jaargang 18 - 2022 veilige
hawe!
+27 83 375 5733 www.protectiveforce.co.za Call Now EXPERT SECURITY WE PROVIDE Armed Response Neighborhood Watch Camera Systems Alarm Systems SOLUTION eugene@protectiveforce.co.za 34 Hennie Alberts Street Alberton, 1448 SERVICES Security Guard Corporate Security Residential Security Industrial Security CCTV & Off Site Monitoring
INHOUDSOPGAWE Hoof se kantoor ............... 2 Uitvoerende hoof ............. 3 Nuwe Graad 1’s ............... 4 Hooked on books ............ 5 Nuwe Personeel .............. 6 Kaskardag........................ 8 Skaak ............................... 9 Atletiek ............................ 10 Landloop ........................ 11 Gholf .............................. 11 Swem ............................. 11 Ruiters............................ 12 Rugby............................. 14 Netbal............................. 15 Hokkie ............................ 16 Krieket ............................ 17 Tennis ............................. 18 Leeufees ........................ 19 Uitreik ............................. 20 Robotika ........................ 19 Graad 7 Entrepreneursdag .......... 21 Virtuele Planetarium ...... 22 Jo Black ......................... 23 Graad 7 Toer .................. 23 Graad 1 Inligtingsdag 2023 ......... 24 Toneel............................. 26 Kultuur ........................... 27 Trollieprojek ................... 29 Tersia groet .................... 30 Dankseggingsdiens ....... 31 Personeelnuus ............... 32 Terapeuthoekie .............. 33 Redakteursbrief ............. 34 Voorskool ........................ 36 Redakteur Yolandé Kotzé Hulp Jessica de Villiers Taalversorging Linda van der Meijden Sjaninka Lubbe-Louw Charne Coetzee Mobile: 071 130 2705 Email: charne@crkindustries.co.za SUPPLIERS OF QUALITY VIRGIN AND RECYCLED PLASTICS MATERIALS Ronnie Coetzee 071 362 7211 ronnie@coetzeevervoer.co.za Grafiese Ontwerp Mariëtte Martin

Uit

die

HOOF se kantoor

Dis maar altyd moeilik om afskeid te neem, maar soos Jonathan Lockwood Huie gesê het: “Vier elke einde, dis die voorloper van ‘n nuwe begin”. Ek het iewers raakgelees dat die lewe soos ‘n boek is. As jy nooit die bladsy gaan omblaai nie, gaan jy nooit weet wat die volgende hoofstuk inhou nie. Die tyd om na ‘n volgende hoofstuk aan te beweeg, het nou vir my aangebreek.

My hoofstuk by Leeuwenhof Akademie het vier jaar gelede begin. Vier jaar klink dalk nie lank nie, maar in hierdie tyd kon ek ‘n stewige hoofstuk skryf. Stories van sukses, hoop, prestasies, maar ook van mislukkings en hartseer. Elke verhaal word gekenmerk deur mense en plekke wat uitstaan. Mense en plekke wat in jou lewe ingroei. Leeuwenhof Akademie was vir my so ‘n plek en Leeuwenhof se mense, groot en klein, was vir my sulke mense.

My verhaal bestaan uit kollegas, ouers, kinders en vriende wat saam met my hierdie pad gestap het. Mense wat nie altyd my metodes verstaan het nie, mense wat met tye vreeslik met my verskil het, en mense wat soms selfs met my saamgestem het! Maar deur dit alles, my altyd veilig en gerespekteerd laat voel het. Daarom kan ek nie anders as om elke personeellid, leerling, ouer en die direksie te bedank vir die onvoorwaardelike ondersteuning wat ek op ‘n daaglikse basis ontvang het nie.

Mag die wind altyd in jou rug wees. Mag die son warm oor jou gesig skyn, en reën sag op jou velde val. En totdat ons weer ontmoet, mag God jou in die palm van sy hand hou.

leerlinge van Leeuwenhof Akademie. Dit was elke dag my strewe om, saam met die personeel, die beste in elke kind uit te bring. Ek hoop in my tyd by Leeuwenhof Akademie kon ek deel daarin hê om kinders vlerke te gee sodat hulle soos arende na die kruin van hul lewens kan vlieg. Mag geen kind terugkyk en glo dat hul nie goed genoeg is om hoog te vlieg nie. Leeuwenhof Akademie se personeel het in hierdie 4 jaar in my lewe ingegroei en in my hart staanplek kom maak. As ondersteunende karakters in my hoofstuk het julle my staande gehou. Julle het my ondersteun en my werk baie makliker gemaak! En selfs met ons verskille kon ons altyd die groter prentjie raaksien – om in die beste belang van die leerders by Leeuwenhof Akademie op te tree. Mag julle ook elkeen jul eie potensiaal raaksien en nooit toelaat dat “goed genoeg” vir jul goed genoeg is nie. Streef altyd na die beste weergawe van jouself!

Die storielyn van my Leeuwenhof-hoofstuk is gekenmerk deur veranderings, omskommelinge, nuwe uitdagings en persoonlike groei. Maar deur dit alles kan ek met ‘n geruste gemoed en eerlike hart verklaar: Hierdie was ‘n positiewe hoofstuk wat ek met trots in my Lewensboek insluit!

Die hoofkarakters in my Leeuwenhof-hoofstuk is egter die

My opregte dank gaan aan elke Leeuwenhof leerder, ouer, personeellid en direksielid. Sonder julle sou my hoofstuk onvolledig wees... My beste wense vergesel julle op die pad vorentoe!

My leuse vir die jaar was: “Maak `n verskil”, al is dit net in een mens se lewe”. As ek terugkyk na 2022 was dit die jaar waar alles weer teruggekeer het na ‘n post Covid-19 normaal. Ons het al begin vergeet van inperkings en die dra van maskers. Daar was hierdie jaar soveel verskilmakers wat `n positiewe invloed op ons lewens gehad het.

Baie dankie aan elke ouer, leerder en onderwyser wat hierdie jaar, ‘n verskilmaker was. Kom ons fokus weer op die klein dinge wat ons lewens kan verander.

Ek wil met die skrywe ook vir Mnr. Enslin bedank vir die afgelope 4 jaar se harde werk, leierskap en insette by die Laerskool. Ons wens hom net die beste toe op sy nuwe lewenspad.

Ek wil afsluit om elkeen wat hierdie jaar ‘n verskilmaker was, op watter gebied ook al, te bedank vir julle aandeel om te verseker dat Leeuwenhof Akademie ‘n skool is, wat ‘n verskil maak!

Vir my, as Uitvoerende Hoof van ons wonderlike en unieke skool, was dit werklik `n jaar om in my persoonlike boekie af te merk, as een wat lank onthou sal word, met soveel hoogtepunte op Akademiese-, Sport- en Kultuurgebiede.

Ek wens u elkeen ‘n wonderlike Kerstyd toe en mag u opnuut die liefde en genade van ons Saligmaker beleef.

Geniet die Bruljant!

Uit die UITVOERENDE HOOF se kantoor
3
Deur Mnr. Jaco Lessing
4
Kom maak Leeuwenhof jou veilige hawe...

Kom besoek gerus ons boekwinkel in die wolke... Op die tweedevloer van die hoofgebou vind ons Leeuwenhof Akademie se Media, waar leerders na die wolke kan gaan met boeke.

Op 6 Oktober 2022 het die Hooked on Books akteurs ons leerders betower met 15 boeke se inhoud. Die opvoer van klein gedeeltes uit die boeke uit het die leerders so nuuskierig gehad dat die Media oorgeloop het met almal wat die boeke wou lees. Elkeen het dit terdeë geniet, en sommer weer nuwe lewe in die Media geblaas!

Lees is een van ons leerders se belangrikste vaardighede, so moedig hulle aan om die Media te besoek.

5
Nuwe Personeel Gunstelinge André Nel Cherez de Beer Bos See Braai Kook Fliek Lees Pizza Pasta Koffie Tee Kat Hond 6

Jean-Mari Witte Jesica Wessels Rynhard du Preez

7

KASKAR 2022

Liga- Deelname

Daar het vanjaar 4 spanne deelgeneem aan die liga.

O/9 O/11 A O/11 B O/13

Ligawenner Ligawenner 2de Plek 2de Plek

Kaptein: Fourie Pieterse

Kaptein: Chris Botha Kaptein: Gustav Potgieter

Ligawenners: Die ligawenners was:

Kaptein: Erik Pieterse

SKAAK

Wat hierdie prestasie baie spesiaal gemaak het, is dat die spanne teen 21 en 25 ander spanne gespeel het wat groot skole van Pretoria ook ingesluit het.

• Die onder 11’s het as wenners uit die stryd getree (Gauteng skole kampioen o/11 2022) en die onder 9’s was 2de.

Individuele Prestasies:

Die SA Junior skaaktoernooi vereis dat ‘n speler moet kwalifiseer om aan die Suid-Afrikaans Kampioenskappe deel te neem.

O/9 O/11 A O/13

Ligawenner Ligawenner 2de Plek

Onder 11/B het 2de gekom in die liga.

Distriksfinaal:

• Daar het 3 skaakspanne deelgeneem aan die distriks finale.

• Die uitslae was as volg: - Onder 11/A wen hulle afdeling met die grootste totaal wat nog in ‘n Distriksfinaal aangeteken is. (Distrikwenners)

- Onder 9 wen ook hul afdeling. (Distrikwenners)

Gauteng skole liga finaal:

Op 26 Augustus 2022 het 2 van die spanne gekwalifiseer om te gaan deelneem aan die Gauteng skole se finale wedstryde.

• Daar het 23 kinders deelgeneem aan die EkurhuleniNoord se Proewe waarvan 9 opgeneem is in die Ekurhuleni span wat aan die SAJCC (South Africa Junior Chess Championship) gaan deelneem.

• Kyle Hex het ook deelgeneem aan die UJ skaaktoernooi waar hy die wenner was in Afdeling D.

• Mila-né van der Schyff het in Lusaka (Zambië) aan die Africa Youth Chess Games gaan deelneem waar sy ‘n 7de plek behaal het.

• Kyle Hex en Chris Botha het ook gaan deelneem aan die Commonwealth Games in Sri lanka.

Skaak as vak:

• Gr 3 – 7 het 1 periode per week skaak ontvang by mnr. André Nel.

• Gr 1 en 2 het tydens die Junie eksamen by mnr. André Nel begin klaskry.

• Graad 4 – 7 het ’n skaakeksamen geskryf gedurende die eksamen wat op probleemoplossings gefokus het.

Mila-né van der Schyff Kyle Hex
9
Chris Botha
10 1ste Plekke: 8 2de Plekke: 8 3de Plekke: 9 Beste sprong van die dag: Altus vd Berg 5de plek Super 8: Leeuwenhof Akademie INTERLAER 1STE PLEK: Leeuwenhof Akademie • 6 Atlete behaal die D17 span wat op die Gauteng kampioenskappe gaan deelneem. • 1 Atleet behaal Gauteng span wat op SA kampioenskappe gaan deelneem. • Renette Strydom behaal ‘n 2de plek met verspring. 38 Atlete dring deur na die D17 byeenkoms. D17 ATLETIEK

GHOLF - Ernie Els Toernooi, Oubaai

ONS A SPAN gholf was bevoorreg gewees om deel te kon neem aan die Ernie Els toernooi te Oubaai vanaf 31 Julie tot en met 2 Augustus. Die toernooi was aangebied deur Golf RSA en het 2 skole uit elke provinsie gehad wat hulle skole verteenwoordig het.

Ons Seuns het na die toernooi 13de geëindig van 14 skole. Ons seuns het dit baie geniet en dit was ‘n baie groot ervaring vir hulle. Ons wil graag net almal bedank wat dit vir ons moontlik gemaak het om op so gholf toernooi

Ons Gholf A-spanne, B-spanne en C-span sowel as die dogtersspan het gekwalifiseer vir die Ekurhuleni Finale rondtes.

Super 8 Gholf: Die Gholf het algeheel tweede geëindig met ons Senior spanne wat tweede geëindig het en ons Juniors was derde. Dit was ‘n puik

Ons

Verwikkelinge:

Christian Saaiman 170 houe Revann Botha 185 houe Walt Potgieter 188 houe JJ Theart 208 houe
30 Atlete kwalifiseer om aan D17 deel te neem.
sportmanskap
Hier
die
Leeuwenhof
2de geeïndig by St. Dunstans en 2de by Jan
LANDLOOP HIERIDE JAAR is die swemspan in Februarie gekies. Die swem seisoen begin altyd eers in die derde termyn. Ons het by verskeie galas gaan deelneem en die
tussen die skole was geesdriftig!
volg
uitslae:
het in 2022
Cilliers.
11
swembad was bietjie mooi vernuwe met nuwe laaiboue (toue tussen elke baan) hierdie jaar en ons sien uit na ons eie swemgala sodat ons bietjie kan spog. SWEM SWEM SWEM
Ruiters Span is ligawenners 1 Provinsiale deelname 4 Streeksdeelname Nasionale deelname Ons Leeuwenhof ruiters bereik groot hoogtes. Nie sommer net in n dissipline of twee nie, maar sommer in alles. Vaulting, Show jumping, Dressage, Working Riding, Prix Caprilli, jy noem dit! Leeuwenhof se ruiters het deelgeneem aan die SANESA skole kampioenskappe sowel as verkeie ander kompetisies en skous. Tydens hierdie jaar het hulle wonderlike pryse verower by die SANESA Ekurhuleni prysuitdeling en selfs vir ons skool n trofee verwerf! 12

Hoekom Perdry?

• Verbeter hand - oog koordinasie en balans.

• Goeie oefening vir lae spiertoon

• Bewys om konsentrasie te verbeter in ADD en ADHD kinders.

• Baie gesonde buitemuurse akiwiteit.

BUILDING STABLE RELATIONSHIPS

Hoekom Weltmeyer?

• Top afrigting vir alle ouderdomme.

• Spesiale peuterlessies beskikbaar.

• Ons huur ons ponies en perde uit vir Inter-Skoolskoue.

• Baie goeie fasiliteite!

•Vervoer beskikbaar vanaf sekere skole • Snoepie op die perseel

RUGBY Super 8 0/9- Super 8 naaswenners. 0/10- Super 8 Wenners 0/11- Super 8 Wenners 1ste- 3de Leeus liga: 0/9-Kwartfinaal 0/10- Leeus wenners 0/11- Leeus naaswenners 1stes- Kwart finaal. Klinieke: 12 seuns verteenwoordig die Leeus se Rugby klinieke. Twee 0/11 seuns verkies tot die red squad. RUGBY 14
Individuele prestasies: Bokkie-week Een o/13 dogter. Finale rondte van Gauteng proewe3 o/13 dogters en 1 o/12 dogter. Liga D13 o/10A en B – Liga-wenners o/11A en B – Liga-wenners o/12A en B – Liga-wenners Mieke Liebenberg Renette Strydom Meke Curle Amoné Buytendorp ISASA o/11A – Wenners o/13A – 3de Super 8 o/11 – Wenners NETBAL 15

ONS HOKKIE is hierdie jaar volstoom aan die gang! Ons neem deel in ons eerste kompeterende liga, waar ons spog met 5 mini-hokkie spanne en 4 senior spanne. Ons het ons hokkieseisoen afgeskop met ’n kliniek waar ons spelers die geleentheid gehad het om op die Astro hokkieveld te speel en te werk aan hul vaardighede wat ons help voorberei het vir die seisoen.

Ons o/13 hokkie span het hierdie jaar deelgeneem by die Super 8 toernooi en eindig toe 7de. Renette Strydom word aangewys as speler van die toernooi.

Provinsiale speler: Renette Strydom

Renette het ons skool se naam hoog gehou op verskeie vlakke waar sy op die hokkieveld presteer het. Ons is veral trots op Renette se verkiesing tot die o/13 OosGauteng hokkiespan waar sy in Stellenbosch gaan deelneem het en as onder kaptein uitgedraf het vir dié toernooi.

16

Jannie Coetzer, Dean Coetzer, Dijonne Korving, Walt Potgieter, Ruan Coetzer, Ruben Botha, Christiaan Saaiman, Oliver Swanepoel, Liam Beekhuizen, Dehan Vorster, Jason Prinsloo, Jayden van Rooyen

Nathan van Niekerk, Ryan Benecke, Kyle Hex, Cayden Buys, Revann Botha, Caleb Curle, Altus van Den Berg, Nathan Engelbrecht, Franko Vorster

17 Krieket Super 8 Super 8 o/11 eindig 4de met Super 8 1ste span wen Super 8 Suidoos-Rand 5 Provinsiale Krieket spelers: Easterns Krieket
Die volgende seuns is verkies tot die onderskeie Suidoos-Rand spanne: Krieket Suidoos-Rand O/12 en O/13 Krieket Suidoos-Rand O/10 en O/11
Jason
Prinsloo Jannie Coetzer Ruan Coetzer Dean Coetzer Ryan Benecke

Super 8 in Jordania Bethlehem

BLOKKIES BOU en speel is nie net vir die grondslagfase nie… Ons leerders geniet elke 2de week 2 periodes van Robotika waar hulle leer om verskeie modelle te bou en te programmeer. Dit is periodes waarna al die leerders vreeslik uitsien. Die opgewondenheid kan in die klasse gehoor word terwyl die leerders met entoesiasme hul opdragte voltooi. Die laerskool is trots daarop om hul tweede Robotika kompetisie die jaar te kon hou. Die graad 2’s en 3’s het elk op verskillende matte deelgeneem om te verseker dat hulle elke jaar getoets en nuwe probleme gegee word wat hulle saam as ‘n span moet oplos. Die graad 4’s het vir die eerste keer op die senior mat die kompetisie uitgetoets en hulle moes hulle vaardighede en kommunikasie vermoë goed ten toon stel. Die graad 5, 6 en 7 leerders het op ‘n nuwe mat deelgeneem en was reg vir al die verskillende en interessante uitdagings. Ons is trots op al die spanne wat die jaar deelgeneem het en net hulle bes gegee het!

Seuns Afdeling 1 Nicholas Franken – Medalje, Trofee en Sertifikaat 1ste plek Dubbels 1ste plek: Algeheel 4de by Super 8 Seuns Afdeling 2
18
Luca van Coller - Medalje, Trofee en Sertifikaat 2de plek
20

ENTREPRENEURSDAG GRAAD 7'S HOU

21

Virtuele planetarium

ONS

LEEUTJIES

het hul ruimtepakke (en VR toestelle) aangetrek vir ‘n onvergeetlike reis na die ruimte. Die leerders het gesweef en elke planeet, maan en al die sterre is verken. Feite en interessanthede is met leerders gedeel omdat planete deelmaak van ons Lewensvaardigheid kurrikulum in die Grondslagfase, sowel as vir die vak Wetenskap vir die Interme diêre- en Seniorfase. Die leerders het dit terdeë geniet en soos Derick in Graad 1 gesê het: “Ek kan nie my oë belowe nie!”

22

Jo Black kom motiveer

16 JUNIE 2022 was Jo Black by ons skool om ons Leeutjies te motiveer sodat hulle, hulle beste-self kan wees ten alle tye.

Jo vorm deel van die “Everyday Heroes” beweging waar hulle leerders regoor SuidAfrika motiveer en inspireer om nee te sê vir boelies daar buite in die samelewing.

Dit was ‘n groot voorreg om ‘n bekende naam by ons skool te hê. Ons Leeutjies het die oggend saam met Jo Black ongelooflik baie geniet! Dankie Jo Black!

• Ons besoek Kaappunt wat binne die Kaapse blommeryk, ‘n wêreld erfenisterrein, val. Dit is die mees suidelike punt in die Goeie Hoop streek van die Tafelberg Nasionale Park. Ons stap tot bo by die vorige Kaappunt-vuurtoring wat seker een van die gewildste besoekpunte vir toeriste is

• Bootrit na Robbe Eiland

• Die Kasteel de Goede Hoop (Historiese gebou asook konferensie fasiliteit)

• Daar is slegs een pikkewyn-spesie wat op die Afrikakontinent broei. Ons besigtig die Brilpikkewyne (African Black-footed Penguin) van ‘n hout wandelpad langs hul beskermde broeigebied in Simonstad

GRAAD 1'S 2023

24
25

Toneel 2022Sonskyn Park

HIERDIE JAAR was propvol drama en nie net enige drama nie- LEKKER drama!

Ons graad 7 graadgroep word elke jaar genooi vir oudisies waarvan net ‘n sekere groepie gekies word wat dan die toneelgroep vorm. Ons toneel het bestaan uit vyftien talentvolle dertienjariges.

Van oefen, repeteer en die stresvlakke laat daal voor ‘n vertoning was hierdie groepie vinnig baas van die verhoog. Die leerders het elkeen ongelooflik baie gegroei hierdie jaar! Vroeg in die jaar het ons vir Lizz Meiring by ons Toneelaand gehad. Dit was ‘n eerste van vele en ons was bevoorreg om saam met ons hoërskool ‘n suksesvolle aand te kon aanbied!

Ons het vroeg in die jaar deelgeneem by ATKV-Tjokkertoneel. Die toneel het drie silwer medaljes en een brons ontvang. Die toneelleerders het vanaf Mei tot Augustus gewerk aan hulle kritiek en advies van die beoordelaars sodat hulle die toneel kon perfek…

Later in die jaar het ons deelgeneem by Op Die Planke Toneelfees. Ons het Nasionaal deurgedring en TWEEDE nasionaal geëindig met ‘n beste akteur by die fees: Jean Fourie. ‘n Beste ‘Mascot’: Die Leeu. ‘n Beste klank en beligting operateur: Meneer Ruben Scheepers en die beste verhoogbestuurder: Juffrou Robyn Booyens. Leeuwenhof-trots!

26
Tromspan / Djembe Drumming Tydens Con Spirito word hul aangewys as FORTE Itemwenners asook Nasionale Wenners. Kore Junior- en Seniorkoor Beide kore dring deur na die FORTE rondte van Con Spirito. Spreekkore 13 Spreekkore ingeskryf by die Kunswedstryd. 6 Itemwenners! 3 Nasionale Kampioene met die wenners van die Junior-en Seniorafdeling uit ons skool. 27

DIÉ JAAR SE KULTUUR was soos om ‘n geskenkpakkie oop te maak en elke week ‘n verrassing uit die pakkie te haal… Oorvloedige seën en verwondering oor ons deelnemers se talente, toewyding en baie ure se voorbereiding.

Die kosbaarste van die jaar is die feit dat ons kan sê dat elke Leeutjie ‘n geleentheid gehad het om op ‘n verhoog op te tree – selfs die wat dit nooit op hul eie sou aandurf nie.

Redenaars Interne Kompetisie

117 sprekers neem deel aan die Interne Redenaarskompetisie.

Redenaarskursus aangebied oor die TOP 5 WENKE vir ‘n wentoespraak deur Charlize Herman

Super 8 Aangebied by Leeuwenhof

• Super 8 – 14 sprekers neem deel teen 98 ander sprekers. Ons as skool behaal ‘n algehele 3de plek.

Redenaarskompetisies

• ATKV Eerste Rondte.

- 24 sprekers neem deel

- 6 dring deur na die halfeind van die ATKV – die meeste wat ons nog ooit deur gehad het.

- Halfeind van die ATKV behaal ons n derde plek in GR 4 – 5 afdeling en ‘n eerste plek by Gr 1 – 3.

- Een spreker in die ATKV Landsfinaal

• OPPIE TONG AF twee deelnemers in die Landsfinaal wat eindig onder die Top 3 in die land.

• Nasionale Interskole Redenaars het ons 7 individuele sprekers in die Landsfinale rondte en 2 word in die Afrikaanse afdelings gekroon as kampioene (regs).

INTERSKOLE AFRIKAANS

Spanredenaars

• Skryf die jaar 16 spanne in!

• Interskole Redenaarsliga

- Interskole Redenaars het ons 7 spanne in die Nasionale Landsfinaal.

- 2 Landsfinaal wenspanne en ‘n 3de plek.

- Na afloop van die Interskole Redenaarsliga word ons op die Top 3 skole uitslae aangewys in die 2de plek onder die algehele wenners.

• Podiumpret Een span tree uit as Landsfinaal wenners.

• Con Spirito

- 8 spanne in FORTE rondte se finales.

- 2 Spanne wat uittree as Nasionale Itemwenners

Kunswedstryd

Con Spirito 4 afdelingswenners in die Nasionale rondte. Alberton Kunswedstryd 4 algehele afdelingwenners.

28

• Interskole Nasionale Rondte 7 sprekers wat deelneem en een van ons Leeutjies tree uit die stryd as kampioen.

• SALA: 7 sprekers in die Landsfinaal. Ons het 2 trotse kampioene.

• Podiumpret het ons 1 Nasionale wenner.

• Radikale Redenaars spog ons met een Nasionale wenner.

Ons is ’n uitnemende Afrikaanse skool wat Engels as Huistaal aanbied vanaf Graad 4 so moet nie dink ons Redenaars staan ’n tree terug in Engelse kompetisies nie.

Hierdie leerders was almal wenners by die landsfinaal.

29

WAAR BEGIN MENS? Ek het in 2006 by Leeuwenhof Akademie begin as ‘n baie onseker, maar opgewonde onderwyseres vir die nuwe uitdaging in my lewe. Ek het van ‘n baie groot staatskool na Leeuwenhof Akademie gekom, waar ons as een groot familie gesien was.

Deur die jare het ek baie geleer en gegroei! Daar word gesê, mens is nooit te oud om te leer nie – en ek kan dit beaam. Ek het ook baie veranderinge oor die jare by Leeuwenhof beleef.

Ek wil aan elke leerder, ouer en onderwyser wat my pad gekruis het gedurende die afgelope 16 jaar, baie dankie sê vir al hulle liefde en ondersteuning.

Ek gaan elkeen van julle verskriklik baie mis!

Die volgende gedeelte uit ‘n gediggie is so waar.

‘n Nuwe blaai slaan om ‘n Nuwe hoofstuk begin In die boek van jou lewe

Die hoofstuk van af ede Dis tyd om te groet Vir iend en kollega Jou tyd om ‘n geseënde loopbaan Vaarwel toe te roep vir a yd Om jou af ee tydperk binne te gaan

In die groot genade van God ‘n Tyd van eugde Beskermend a yd in Go liefde

Dis tyd om te groet

Ek groet Leeuwenhof Akademie met die volgende woorde: Mag God se Goedheid en Guns die skool vergesel in elke tree wat die skool gee.

30
TERSIA BYLEVELDT
32

TERAPEUT HOEKIE - VERBETER JOU POSTUUR IN DIE SWEMBAD

Die somervakansie begin eersdaags. Hier is ‘n paar oefeninge wat meeste kinders by sal baat vind.

Swem is oor die algemeen baie goed vir kinders se spier en bilaterale integrasie ontwikkeling. Hierdie is egter meer gerig om posturale kontrole te verbeter.

Laat die kind op ‘n “boogie board” sit in die water.

Probeer om ‘n plastiekbal styf teen lyfie te hou onder die water.

Probeer om die wydte van die swembad te swem met so min moontlik arm-slae.

Probeer om die lengte van die swembad te loop of te hardloop…Kyk hoe vinnig kan kind dit doen of hou wedrenne.

Staan op een been in die water—probeer om die ander been in verskillende patrone te beweeg in ‘n 8 figuur.

Om te help met stabiliteit laat die kind ‘n 40cm stuk “pool noodle” vashou onder elke arm. Laat die kind ‘n plastiek kegel vashou in elke hand terwyl hy/sy arms vorentoe en agtertoe beweeg.

Of rondom die lyf

Hierdie kan moeiliker gemaak word deur die bewegings vinniger te doen.

33
Geskryf deur Grietjie Hartley

12 jaar gelede….

• My 1ste Graad 1 klas by Leeuwenhof Akademie 2011

• My 1ste Uitgawe van Bruljant 2011

Daardie 1ste dag in Graad 1 van 2011, klein, skaam Graad 1’s is nou volwaardige Matrikulante, klaar met die GROOT skool.

Waar julle ook al in die 12 jaar presteer het, het julle Graad 1 juffrouens, Ek, Juffrou Amanda Uys en Juffrou Esmarie Pretorius julle dopgehou en trots gevoel oor dit wat julle bereik het. Ek sê elke jaar vir my Graad 1s, “Onthou ’n stukkie van my gaan saam met julle en ek bly deel van julle lewens.”

Julle het groot geword en is verseker sterker ander kant uit na die afgelope paar jaar se pandemie waarin die wêreld hom bevind het.

Waar julle ookal nou is ... weet net toe ek deur my foto’s blaai en daardie klein gesiggies weer sien was my oë vol trane, trane van blydskap en die wete dat dit ’n groot voorreg was om julle Graad 1 juffrou te kon wees. Ek het nou my 1ste siklus by Leeuwenhof voltooi met trots!

Graad 12’s van 2022 hierdie is julle geleentheid om julle drome te bewaarheid. Carpe diem... Pluk die dag. Maak van elke dag en situasie die heel beste, julle het dit in julle! Hou vas aan die goeie, bly glo in jouself!

Pas julself mooi op en geniet elke liewe oomblik van julle nuwe hoofstuk wat julle nou gaan begin skryf!

Van die REDAKTEUR
Deur Me. Yolandé Kotzé
35
Specialists in: Labour Law, Corporate and Commercial Law, Matrimonial Matters, Litigation and Collections With offices in Alberton, Bedfordview, Cape Town, Howick, Pretoria, Kempton Park, Randburg and Palm Ridge Tel: 011 622 5472 • Cell: 083 294 9995 Email: jurgens@jurgensbekker.co.za www.jurgensbekkerattorneys.co.za

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.