Page 9

hand wegruk nie. Die vyand het nie die finale sê nie. God spreek die finale woord. Ek sou graag vir jou wou vertel dat as jy geloof het en God liefhet, jy nooit probleme sal hê nie. Maar dis nie die werklikheid nie. As die storms kom en jy het jou huis op ’n rots gebou en jou geloof in God is rotsvas, as jy weet die Here is jou herder, kan die storms maar woed, jy sal nie verslaan word nie. As alles verby is en jy het deur die vuur gegaan, of deur die vloed en deur die hongersnood, sal jy steeds sterk anderkant uitkom. Moenie dat die storm jou mismoedig maak nie. Moenie jouself bejammer omdat jy nie weet wat jy verkeerd gedoen het nie. Jy wen dalk nuwe terrein vir die koninkryk. Jy stel ’n nuwe standaard vir jou gesin. Die vyand sal nie vir jou die rooitapyt uitrol sodat jy jou lotsbestemming kan vervul nie. Maar jy kan weet dat die kragte wat vir jou is, groter is as die kragte wat teen jou is. As ons vasklou aan die dinge wat ons liefs moet laat gaan, en weier om te vergewe en net die slegste dinge onthou, vergiftig ons ons eie lewens. God wil hê ons moet dit te bowe kom. Die lewe vlieg verby. Jy het nie tyd om ’n enkele minuut te mors deur negatief, gegrief of verbitter te wees nie. As iemand iets aan jou gedoen het, moet jy dit te bowe kom en God sal dit vir jou vergoed. As jy teëspoed gehad het wat jou benadeel het, moet jy dit te bowe kom. God is nog altyd op die troon. Maak jy verskoning waarom jy nie suksesvol of gelukkig is nie? Voel jy daar is iemand wat jou so seer gemaak het en dat jy hom nie kan vergewe nie? Jy is verantwoordelik vir jou geluk. Jy moet die mense wat jou seergemaak het, vergewe, nie ter wille van hulle nie, maar ter wille van jouself. Vergewe, sodat jy bevry kan word. Jy het ’n slegte tyd beleef en teëspoed met jou besigheid gehad. Jy moet dit te bowe kom. Jy sou nie geleef het as God nie ’n ander oorwinning vir jou het nie. Niks in die lewe het met jou gebeur nie. Alles

het vir jou gebeur. Elke teleurstelling, elke onreg, elke toe-deur het gehelp om jou te maak wie jy is. Jy word nie deur jou verlede gedefinieer nie, jy word daardeur voorberei. Jy mag groot versperrings teëkom, maar net omdat God ’n groot toekoms vir jou het. As jy jou teëspoed te bowe kan kom, sal God die dinge wat soos laste lyk, neem en in bates verander. Dis miskien nie iets fiskiek nie, maar het dalk te doen met jou kinderdae en jou verlede. Iemand het jou ’n onreg aangedoen, jy het ’n fout gemaak of iets slegs het met jou gebeur.

Jou tyd is te kosbaar, jou opdrag te belangrik om deur die lewe te gaan met gedagtes aan wat jy nie het nie, aan wie jou seergemaak het en aan wat nie gewerk het nie ‘As ek nie in daardie ongeluk was nie, kon ek my drome vervul het.’ ‘As ek nie daardie egskeiding moes beleef nie.’ ‘As ek net nie my werk verloor het nie.’ Al daardie ‘asse’ hou jou weg van die vervulling van jou lotsbestemming. Dawid kon gesê het: ‘As Goliat net nie so groot was nie.’ Gideon kon gesê het: “As ek net ’n beter agtergrond gehad het.” Josef kon gesê het: “As my broers my net nie as ’n slaaf in Egipteland verkoop het nie.” Elke mens het uitdagings, maar jy kan nie met ‘as’ jou pad deur die lewe

kry nie. Wat met jou gebeur het, mag in jou oë nadelig wees, maar dis nie in God se oë nadelig nie. Dit sal jou nie van jou lotsbestemming af weghou nie. Dit sal jou na jou lotsbestemming dryf. Nou moet jy jou deel doen en alles wat jou teruggehou het, te bowe kom. Jy moet alles wat enigiemand van jou gesê het, te bowe kom. Niemand anders kan jou lot bepaal nie. God doen dit. Daardie dinge wat nie uitwerk soos jy gehoop het nie? Kom dit te bowe. Die foute wat jy gemaak het, die teleurstellings – kom dit te bowe. Iets mag as ’n verrassing vir jou gekom het en vir jou ’n terugslag gewees het, maar dis nie ’n verrassing vir God nie. Hy is gereed om alles reg te maak. Laat jou ingesteldheid wees dat niemand jou iets skuld nie; dat jy nie deur die lewe sal gaan met ’n grief nie. Jy sal vergeet van die dinge wat nie uitgewerk het nie. Jy sal die mense wat jou kwaad aangedoen het, vergewe. Jy sal die wortels van bitterheid uittrek en vorentoe beweeg na die wonderlike toekoms wat God vir jou het. As jy eenvoudige beginsels kan baasraak om dinge te bowe te kom, glo ek dat geen teleurstelling of terugslag of ongeregtigheid jou van jou lotsbestemming sal weghou nie. God sal dit wat bedoel was om jou leed aan te doen, tot jou voordeel gebruik. Soos Job, sal jy nie net uit die moeilike tye kom nie, jy sal ook beter, sterker en met vermeerdering daaruit kom, met dubbel die vreugde, dubbel die vrede en dubbel die oorwinning! MANNA

Hierdie is ’n uittreksel uit Breek Vry! deur Joel Osteen. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.

13

Manna mei junie 2015  

Is jy opsoek na 'n tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie? Maar: 'n Tydskrif wat vir jou geestelike waarheid brin...

Manna mei junie 2015  

Is jy opsoek na 'n tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie? Maar: 'n Tydskrif wat vir jou geestelike waarheid brin...

Advertisement