Page 8

geskape het nie. Jy is nie benadeel nie. Jy is vreeslik wonderlik en volgens sy wil gemaak. Ek het gehoor mense sê: “Jy kan jammerlik wees of jy kan kragdadig wees, maar jy kan nie albei wees nie.” In plaas van te sit en dink aan al die redes waarom jy vir jouself kan jammer voel, gebruik die hand wat vir jou gedeel is en maak die beste daarvan. Niks wat jy deurgemaak het, hoef jou te weerhou daarvan om alles te word waarvoor God jou geskape het nie. Soms kom ons in die versoeking om te dink, as ek ’n beter lewe gehad het, sou ek beter daaraan toe gewees het. As ek so ’n talent, of so ’n gesin, of so ’n huis gehad het, sou dit wonderlik gewees het. Moenie jou

agterstand nie. Ek is nie weggelaat, of tekort gedoen, of oor die hoof gesien of verkul nie. Ek is toegerus, bemagtig en geseën. Nie al die magte van die duisternis kan my van my lotsbestemming af weghou nie. Jou tyd is te kosbaar, jou opdrag te belangrik om deur die lewe te gaan met gedagtes aan wat jy nie het nie, aan wie jou seergemaak het en aan wat nie gewerk het nie. Dis ’n slenter van die vyand om jou aandag af te trek en jou kosbare energie te vermors op dinge wat nie saak maak nie. Die vyand wil graag hê jy moet mismoedig en vol selfbejammering wees, ander mense blameer, jouself blameer en selfs vir God blameer. Ek wil graag hê jy moet alles wat

gedoen het. Jy dink jy het jou kans verbeur en dis die einde. Nee, kom dit te bowe. Moenie jouself blameer nie. Jy is nie ’n mislukking nie. Jy het ’n stap in goeie geloof geneem en ’n deur is voor jou toegemaak. Dit beteken jy is een tree nader aan ’n oop deur. As jy val, moenie bly lê nie, staan dadelik weer op. Solank as wat jy jouself verwyt, of die lewe verwyt, of op jou foute en tekortkoming fokus, sal niks goeds gebeur nie. Daardie gesindheid sal jou net weerhou van die wonderlike toekoms wat God vir jou gereed het. As siekte jou terughou, gaan my hart na jou uit. Ek staan in die geloof by jou. Maar moenie eens

omstandighede met die van ander mense vergelyk nie. Elkeen hardloop sy eie wedren. Dit mag lyk asof ander mense meer het wat in hulle guns tel, maar God het jou die genade gegee wat jy nodig het om jou lotsbestemming te vervul. Jy is nie geseën om iemand anders te wees nie. Jy is geseën om jouself te wees. Skud jou selfbejammering en bitterheid af. Jou ingesteldheid behoort te wees: Niemand skuld my iets nie. Ek het nie ’n

jou terughou, te bowe kom – ’n slegte ingesteldheid, ’n belediging, iets wat iemand jou aangedoen het of ’n fout wat jy gemaak het. Moenie jammerlik wees as jy kragdadig kan wees nie. Die skepper van die heelal het sy lewe in jou geblaas. As jou baas nie vir jou ’n verhoging gegee het nie, kom dit te bowe. God beplan iets beters vir jou. Het jou besigheid ondergegaan? Dis ’n terugslag en nou probeer jy uitwerk wat jy verkeerd

dink daaraan om net jou wonde te lek nie. Moenie dink: Arme ek. My lewe is verby met hierdie terugslag, nie. In plaas daarvan, loop die goeie wedloop van geloof. God het jou nie tot hier gebring net om jou alleen te laat nie. As die lewe moeilik raak, moet jy taai word. Kom die teleurstelling te bowe. Kom die twyfel te bowe. Jy is bewapen met die krag van hierdie stryd. Geen wapen wat teen jou gesmee is, sal iets uitrig nie. Niks kan jou uit God se

12

Manna mei junie 2015  

Is jy opsoek na 'n tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie? Maar: 'n Tydskrif wat vir jou geestelike waarheid brin...

Manna mei junie 2015  

Is jy opsoek na 'n tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie? Maar: 'n Tydskrif wat vir jou geestelike waarheid brin...

Advertisement