Page 6

Kom dit te bowe! Joe l Oste e n

Wat ook al aan jou gedoen is, kom dit te bowe. Moenie bitter gevoelens laat wortelskiet nie. Die lewe vlieg verby. Jy het nie tyd om ’n enkele minuut te mors deur negatief, gegrief of verbitter te wees nie.

T

e veel mense gaan deur die lewe met die idée dat die wêreld hulle iets skuld. As hulle kinderjare ongelukkig was, is hulle kwaad vir hulle ouers. As hulle afgedank word ná baie jare by ’n firma, is hulle kwaad vir die base. Miskien het hulle ’n siekte en nou is die lewe onregverdig. Hulle dra ’n grief en bitterheid in hulle binneste rond. Hulle wil weet, as God dan so goed is, waarom laat Hy toe dat sulke dinge met hulle gebeur? God het nêrens beloof dat die lewe regverdig sal wees nie. Hy het wel beloof dat as jy die geloof behou, sal Hy dinge wat jou kwaad kan aandoen tot jou voordeel gebruik. Niks wat met jou gebeur, is vir God ’n verassing nie. Die mense wat jou grootgemaak het, het dalk nie vir jou gegee wat jy nodig gehad het nie. Dit was 10

Laat jou ingesteldheid wees dat niemand jou iets skuld nie; dat jy nie deur die lewe sal gaan met ’n grief nie

nie regverdig nie. Maar dit het God nie onkant gevang nie. Moenie dink jy is verkul en dit dan as ’n verskoning gebruik om bitter te wees nie. As jy dit te bowe kom, sal God jou steeds besorg waar jy behoort te wees. Die persoon wat jou sleg behandel het in ’n verhouding, of die verraad, of die egskeiding het wel vir jou pyn veroorsaak, maar as jy dit te bowe kom, as jy ophou om dit oor en oor te herleef en vorentoe beweeg, sal jy by die nuwe begin uitkom wat God vir jou gereed het. Ek het ’n baie eenvoudige boodskap vir jou en ek bied dit met respek aan: Wat ook al aan jou gedoen is, kom dit te bowe. As jy ’n alleenloper is en al jou vriende is getroud – kom dit te bowe. Moenie bitter gevoelens laat wortelskiet nie. So ’n houding sal net verhoed dat die regte persoon in jou lewe kom. Wens jy jy was in ’n ander familie of ’n ander land gebore? Kom dit te bowe. God weet wat Hy doen. Hy het nie ’n slegte dag gehad toe Hy jou

Manna mei junie 2015  

Is jy opsoek na 'n tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie? Maar: 'n Tydskrif wat vir jou geestelike waarheid brin...

Manna mei junie 2015  

Is jy opsoek na 'n tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie? Maar: 'n Tydskrif wat vir jou geestelike waarheid brin...

Advertisement