Page 5

Jy gemolesteer was Die Groot Gebede Boek Lux Verbi Here ek sukkel om U as ’n goeie Vader te ervaar. Hoekom het U dit toegelaat? Hoekom, Here, hoekom? Die woede maak my magteloos. My skuldgevoelens maak dat ek nie kan bid nie, dat ek dit nie voor U wil waag nie, want . . . was dit dan iets wat ék verkeerd gedoen het? Here, die stilswye daaroor is soos ’n vulkaan in my wat wil uitbars elke keer wanneer ek ’n berig op TV sien, of in ’n koerant of tydskrif van nóg so ’n geval lees. Ek sukkel om die woord in geselskap te sê, te

Jy nou ’n enkelma is Die Groot Gebede Boek Lux Verbi Here Jesus Christus, ek kom vandag by U troos soek. Ek voel so alleen, so bang, so verward. Ek het nooit gedink ék sou ook ’n enkelma word wat my kinders sonder hul pa moet grootmaak nie. En nou is dit so. Ek kan nie ontken dat hierdie verwerping my verskriklik seermaak nie. Maar ek kom vra dat U my sal help, Here, om nie my kinders se lewe met my bitterheid te vergifting nie. Verander asseblief my gesindheid sodat ek die man wat my verlaat het, sal kan vergewe. En sodat ek die kinders nie negatief sal beïnvloed teenoor hulle pa nie. Werk in hulle hart, sodat hulle sal voortgaan om hom lief te hê. Ag, Here, daar is gebreke in sy karakter wat hulle

Elsje Buc hne r

bang dat dit dan soos ’n Kainsmerk op my voorkop sal verskyn vir almal om te sien. Here ek kom na U toe met my stukkende drome, my wankelende verhoudings, my hart vol opstandigheid. Help my om daardeur te werk. Stuur asseblief iemand oor my pad wat ek kan vertrou. Help my om te vergewe en weer heel te word.

R ond a d e Sola Che rvin

- klein soos wat hulle is - raaksien. Help my om dit nie uit te buit deur myself daarteenoor in ’n gunstiger lig te probeer stel nie. Help ons, Here, om finansieël die mas op te kom. Wek tog ’n sin van geregtigheid by my eks-man, sodat hy gereeld en voldoende onderhoud vir die kinders sal betaal. En terwyl ek nou vir óns bid, Here, dink ek ook met medelye aan ander gesinne wat swaar kry – dié met werklose ouers, dié waar ’n ouer of ’n kind of ’n suster of broer ernstig siek of oorlede is, of waar daar groot gebrek is, of waar daar geweld of molestering voorkom. Help en troos hulle, goeie Vader. Ag, Here, nou sien ek hoe bevoorreg ek eintlik nog is!

Hierdie gebede verskyn in Die Groot Gebede Boek deur Piet Naudé. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.

07

Manna mei junie 2015  

Is jy opsoek na 'n tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie? Maar: 'n Tydskrif wat vir jou geestelike waarheid brin...

Manna mei junie 2015  

Is jy opsoek na 'n tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie? Maar: 'n Tydskrif wat vir jou geestelike waarheid brin...

Advertisement