Page 4

Wat om te bid as... Lux Ve rb i

Jy vernuwe wil word omdat jy bang en onseker is Die Groot Gebede Boek Lux Verbi O God wat alles nuut maak, wat ons uitnooi na die dans van die lewe, en ook saam met ons deur die dal van doodskaduwee stap, én die steil pad van harde werk – vernuwe my, want ek is bang en onseker. Behoed my van die vrees vir onbekende dinge. Bewaar my van flou verskonings oor my gebrek aan talent of behoorlike opleiding, oor my ouderdom of voorkoms of status of intellek, wanneer ek eintlik net nie lus is nie, of te bang is vir mislukking om

Jy nie kan slaap nie Die Groot Gebede Boek Lux Verbi Genadige God, ek soek U teenwoordigheid hier aan die einde van nog ’n dag. Laat ’n stukkie van U hemelse vrede my onstuimige hart tot bedaring bring voordat ek my neerlê om te slaap sodat die gedagte aan more, met sy spanning en onsekerhede, my nie vannag wakker hou nie. Laat al vandag se opwinding en stres nou wegvloei en plek maak vir rustige gedagtes oor u grootheid en liefde. Gee 06

Girola mo S v onarol a

groot dinge vir U aan te pak. Here, versterk my met die belofte van ’n voortdurende nabyheid. Seën my met die onuitputlikheid van U kreatiewe Gees. Versterk my met die versekering van U bystand en steun. O Here van die Lewe, omhels my, genees my, gee my ’n nuwe visie, bring my in beweging. Want dit is U wat my tot nuwe lewe gewek het toe U my gered en gereinig en my opnuut gebore laat word het. Laat U Naam vir altyd geheilig en geprys word!

J ohn B ai l i e

my weer die vaste oortuiging dat U môre voor my uit sal gaan soos U dit vandag gedoen het. Vader, gee my vanaand ’n diepe gevoel van dankbaarheid vir U eindelose genade wat my oral gevolg het. U goedheid oor my was so groot. Daar was nooit een oomblik waarin U U sorg aan my onttrek het nie. Nooit was dit vir my nodig om uit eie krag enigiets te doen nie. Dankie, Here, dat toe ek te besig was met my klein belange om U te onthou, U wat ’n heelal het om te bestuur – mý nie vergeet het nie.

Manna mei junie 2015  

Is jy opsoek na 'n tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie? Maar: 'n Tydskrif wat vir jou geestelike waarheid brin...

Manna mei junie 2015  

Is jy opsoek na 'n tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie? Maar: 'n Tydskrif wat vir jou geestelike waarheid brin...

Advertisement