Page 13

nie te kan hanteer en te benader soos God wil hê jy moet. Jakobus 1:3 sê verder dat beproewing lydsaamheid sal bewerk. Lydsaamheid is geestelike vasbyt en karakterontwikkeling. As ek dink aan geestelike vasbyt, dan dink ek aan die tyd toe ek in die weermag was. Dit was ’n tydperk vol uitdagings. Ek het my perke geken en geweet tot waar ek myself kan druk, maar my korporaal het egter van my verskil. Volgens hom kon ek verder gaan as wat ek gedink het ek kan! In Jeremia is die verhaal van Moab. Hy het nooit enige karakterontwikkeling ondergaan nie en God vergelyk hom met die verouderingsproses van wyn: Jeremia 48:11 – Moab sit van sy jeug af rustig, so ongestoord soos wyn op sy afsaksel, wyn wat nie van een kruik in ’n ander oorgegooi is nie. Hy is nooit in ballingskap weggevoer nie; sy smaak het dieselfde gebly, sy geur het nie verander nie. Maar daar kom ’n tyd, sê die Here, dat Ek mense stuur wat wyn uitgooi, en hulle sal Moab uitgooi, hulle sal sy kruike leegmaak, sy wynkanne stukkend slaan. Moab het nie tot sy volle potensiaal ontwikkel nie, want hy het nooit moeilike tye geken nie. Moab was nie uitgegiet of uit sy gemaksone geneem nie. Hy het nooit geweet wat dit is om deur uitdagings en krisisse te gaan nie en daarom het sy karakter nooit ontwikkel nie. Die woestyn was God se plan vir die Israeliete, alhoewel hulle 40 jaar langer daar gebly het as wat nodig was. Selfs Jesus was deur die Gees van God in die woestyn ingelei. Soms is woestyne deel van God se pad en prosesse in jou lewe. Maar God is in die woestyn ook daar! Ek het onlangs gelees van ’n Bybelstudiegroep wat die volgende vers bestudeer het: Maleagi 3:3 – Soos iemand wat silwer smelt en suiwer, so sal Hy as regter gaan sit om die Leviete te suiwer, om hulle te louter soos goud en silwer, sodat hulle aan die Here ’n offer kan bring wat bestaan uit regdoen. Een van die vrouens het ’n afspraak met ’n silwersmid gemaak om te kyk hoe silwer gelouter word. Eers het die

smid die silwer oor die vuur gehou sodat dit warm kon word. Hy het verduidelik dat ’n mens die silwer in die middel van die vuur moet hou waar die vlamme die warmste is sodat al die onsuiwerhede kan wegbrand. Sy het weer aan die Skrif in Maleagi gedink en hoe mens partykeer in ’n hotspot van omstandighede beland. Die interessantste deel was toe die smid verduidelik dat hy die hele tyd die pan waarin die silwer is moet vashou en dit die heeltyd dophou. As die metaal een oomblik te lank in die vlamme is, sal dit brand en vernietig word. “Hoe weet jy wanneer die silwer heeltemal gesuiwer is?” het die vrou die smid gevra. “Dit is maklik,” antwoord hy, “dit is wanneer ek my eie beeld daarin kan sien.” Dit is hoe God met ons werk. Hy wil Sy heerlikheid in ons sien. As God jou deur krisisse en moeilike tye lei om jou te louter en te suiwer sodat jy Hom sal weerspieël, moenie dan iemand soek om te blameer nie. Dit sal net veroorsaak dat jy perspektief verloor en verward raak wat weer lei na vrees, want dan is die krisis al wat jy kan sien.

Hy wil Sy heerlikheid in ons sien Jy is gemaak om die toets te slaag. Een of ander tyd hou die louteringsproses op. Jy kan God met jou lewe vertrou! Ek erken my swakhede, Vader, omdat ek weet as ek op U vertrou om in my en deur my te werk, sal U my suiwer. U vorm my en maak my. U gee my krag om te bereik wat U van my vra om te doen. MANNA

19

Manna mei junie 2015  

Is jy opsoek na 'n tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie? Maar: 'n Tydskrif wat vir jou geestelike waarheid brin...

Manna mei junie 2015  

Is jy opsoek na 'n tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie? Maar: 'n Tydskrif wat vir jou geestelike waarheid brin...

Advertisement