Page 12

Maar waaroor hy wel opgewonde is, is die geleentheid wat hy het om te bewys dat hy sterker as sy opponent is. Toe ek dit verstaan, toe verstaan ek wat Jakobus probeer sê het: Jy moet opgewonde raak wanneer slegte omstandighede jou pad langs kom, want groter is Hy wat in jou is, as hy wat in die wêreld is. Dit is ’n geleentheid waar jy, ten spyte van die uitdagings, kan sê: “God gaan saam met my hierdeur gaan. Ek is nie op my eie nie.” Dit het alles te doen met jou perspektief. Sodra jy besef dat God saam met jou in hierdie ding is, kyk jy anders na moeilike tye. Soms hou mens vas aan sekere beloftes in die Woord en dan gebeur daar steeds dinge in jou lewe wat jy nie verstaan nie en jy weet nie wat gaan aan nie. Daar was ’n jong dame in ons gemeente wat pas getroud was toe sy met kanker gediagnoseer is. Almal het vir haar gebid en God vertrou dat Hy haar sal genees, maar tog het sy gesterf. Ek het met die Here geworstel vir dae lank en vir Hom gesê dat wat met haar gebeur het, is nie wat Sy Woord sê nie. Sy Woord sê dat daar genesing vir ons krankheid is. Die Here vat my toe terug na die wet van swaartekrag. Alles op aarde is onderwerp aan hierdie wet en daar is nie uitsonderings nie. Maar toe word die wet van aërodinamika ontdek wat dit moontlik maak dat ’n vliegtuig kan opstyg en in die lug kan bly. Hoe beter jy die beginsels van die wet van swaartekrag verstaan, hoe moeiliker is dit om die wet van aërodinamika te verstaan, want die twee wette bots met mekaar. Wanneer jy in ’n vliegtuig vlieg, kan jy nie dink dat swaartekrag bestaan nie. Maar, die oomblik wat jy uit die vliegtuig klim, kom jy gou terug aarde toe. Wat gebeur het, is dat ’n hoër wet as die wet van swaartekrag ingeskop het. Daardie hoër wet het nie die wet van swaartekrag onklaar gemaak nie; dit het nie beteken dat swaartekrag nie meer bestaan nie. Die Here het vir ons sekere openbaringe gegee wat soos die wet van swaartekrag werk. Dit is hoe dinge werk en 18

dit is die realiteit van die wêreld waarin ons leef. Maar, God het insig oor dinge wat ons nog nie verstaan nie. Baie keer skop daar ’n hoër wet in en dan stoei ons met die wet van swaartekrag en verstaan nie hoekom dit nie meer ’n realiteit is nie. Ons moet nie verward raak nie. Daar is wette wat ons nie nou verstaan nie, maar ons sal wel eendag dit sien soos wat God dit gesien het.

Ek het al te veel gesien wat my oortuig dat ek God met alles kan vertrou Wanneer God sê dat Hy genees, dan genees Hy. As Hy sê dat Hy sal voorsien, dan voorsien Hy. Ek het al te veel gesien wat my oortuig dat ek God met alles kan vertrou. Maar daar is steeds dinge wat ek nie verstaan nie. Wanneer jy by die punt gekom het waar jy nie verstaan waarom sekere dinge gebeur of nie gebeur het nie, is dit die punt waar jy moet sê: “Die Here is met my. Ek en Hy loop hierdie pad saam en eendag sal ek beter verstaan en insig hê op die hoër weë van God.” Neem Abraham as voorbeeld. Hy het jare gewag vir ’n seun en toe Isak groot genoeg is, beveel God hom om vir Isak te offer. Abraham het dit nie verstaan nie. Ek dink nie enige ouer sou dit kon verstaan nie. Al wat Abraham kon doen, was om die pad te loop wat die Here hom gewys het. Dikwels werk dit ook so in ons lewens. Jakobus 1:5 sê dat as jy wysheid kortkom, hoef jy net vir God te vra en Hy sal vir jou sonder voorbehoud dit gee. Wanneer jy nie kan verstaan waarom jy in ’n situasie is waarin jy nie wil wees nie, bid vir wysheid. Jakobus sê nie hier dat jy vir kennis of verduideliking moet vra nie. Wysheid is die insig om die goed wat jy self nie verstaan

Manna mei junie 2015  

Is jy opsoek na 'n tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie? Maar: 'n Tydskrif wat vir jou geestelike waarheid brin...

Manna mei junie 2015  

Is jy opsoek na 'n tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie? Maar: 'n Tydskrif wat vir jou geestelike waarheid brin...

Advertisement