Page 11

God is besig

suiwer! om jou te

Ala n Pla tt

Jou eerste reaksie in ’n krisis is dalk om die oorsaak daarvan te soek. Jy begin dan wonder of dit is omdat jy gesondig het, of dit ’n aanval van die vyand is, en of God jou dalk straf. Maar die kanse is goed dat God besig is om jou soos silwer te louter.

N

iemand raak opgewonde as tawwe tye aan jou deur klop nie. Jy wil so gou as moontlik daaruit kom, maar jy besef nie dat dit dalk deel van God se groter plan met jou is nie. Jesus het gesê dat ons verdrukking sal ervaar in hierdie wêreld, maar dat ons goeie moed moet hou want Hy het klaar die wêreld oorwin. Gewoonlik as jy na die oorsaak soek, verloor jy perspektief. Die oorsaak van die krisis is nie nou belangrik nie, maar wel die feit dat God sê dat Hy jou nooit sal begewe of verlaat nie. Al wat jy hoef te weet wanneer jy deur ’n krisis gaan, is dat die Here met jou is. En dit is jou krag en jou sterkte! Jakobus 1:2 sê dat jy moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor jou pad kom, want as jou geloof die toets deurstaan het, stel dit jou in staat om te volhard.

Die oorsaak van die krisis is nie nou belangrik nie, maar wel die feit dat God sê dat Hy jou nooit sal begewe of verlaat nie

Die ou vertaling sê ag dit loutere vreugde wanneer julle in allerhande beproewing kom. In gewone Afrikaans: raak opgewonde en bly as jy moeilikheid het. Dit maak egter nie logies sin nie. Jou instink sê nie vir jou om bly te raak as die lewe nie lekker is nie. Ek het nooit hierdie skrif verstaan tot dat ek eendag na ’n onderhoud met twee boksers op televisie gekyk het nie. Hulle het die eerste bokser gevra hoe hy oor die geveg voel en hy het geantwoord: “Ek kan nie wag nie! Ek is opgewonde!” En terwyl hy dit sê, vang my oog sy opponent en ek sien hoe massief groot en sterk hy is. Ek kon nie verstaan hoe hy opgewonde kon wees nie! Sy opponent was duidelik nie iemand met wie jy in ’n geveg betrokke wil wees nie! Skielik besef ek dat die bokser se opgewondenheid nie oor die geveg per se gaan nie, want hy weet die geveg gaan moeilik wees en dat hy ’n paar houe toegedien gaan word.

17

Manna mei junie 2015  

Is jy opsoek na 'n tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie? Maar: 'n Tydskrif wat vir jou geestelike waarheid brin...

Manna mei junie 2015  

Is jy opsoek na 'n tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie? Maar: 'n Tydskrif wat vir jou geestelike waarheid brin...

Advertisement