Issuu on Google+

TEL: 058 ­ 303 5411

Koerant met hart I The paper with heart WOENSDAG 14 MEI 2014

WWW.MALUTINEWS.CO.ZA

FREE

Man met swembad ingedoen Kontrakteur ‘verdwyn’ net Lynda Greyling ’n BETHLEHEMIET is baie ontsteld nadat ’n swembadkontrakteur hom met derduidende rande ingedoen en daarby vir hom ’n halfvoltooide swembad agtergelaat het. Coenie Bezuidenhout sê hy het ’n advertensie van Lawrence Pools & Thatch in Maluti gesien. Dit was ’n spesiale aanbieding vir verskillende grootte swembaddens met ’n lapa. Aangesien hy reeds ’n lapa het, het hy en die eienaar van Lawrence Pools & Thatch, Lawrence Lukhele, ooreengekom ’n swembad van 7 m x 4 m en 1,8 m diep gaan vir R30 000 gebou word. Lukhele het ook ’n 10%-afslag aangebied indien hy die volle bedrag vooraf ontvang. “Ek het dit ernstig oorweeg, maar gelukkig dit nie betaal nie.” Voordat die kontrak gesluit is, het Bezuidenhout twee mense vir wie Lukhele swembaddens gebou het, gekontak om te hoor of hulle tevrede met sy werk is. Sowat ’n week nadat die mense bevestig het hulle is tevrede met hul swembaddens het Lukhele hom laat weet hy ondervind probleme met sy bakkie en gevra hy moet sy vier werkers in Lindley gaan haal. Hulle het grawe en pikke by hulle gehad. “Ek het nogal gewonder hoe lank dit sou duur vir hulle om die gat te grawe.” Twee en ’n half dae later was die gat klaar gegrawe. Volgens die kontrak moes Bezuidenhout 40% van die bedrag betaal wanneer die gat klaar gegrawe is, nog 40% nadat die sement gegooi is en die laaste betaling nadat die werk afgehandel is. Bezuidenhout moes die sand en sement aankoop nadat ooreengekom is Lukhele sou die bedrag van sy volgende betaling aftrek. Dié sement is gegooi en Lukhele het sy betaling ontvang waarna ’n paar vakansiedae aangebreek het. Sedertdien het hy en sy werkers nie teruggekeer om die swembad te voltooi nie. Bezuidenhout het Lukhele talle kere gebel, maar die telefoon het net gelui. Bezuidenhout, wat met R26 200 ingedoen is, het intussen verdere navrae oor Lukhele gedoen en onder meer op die

SÓ lyk die swembad nou nadat ’n ander kontrakteur dit reggemaak het.

WERKERS het op 14 April begin om die gat vir Coenie Bezuidenhout se swembad te gra­ we. Foto: Verskaf

BINNE twee en ’n half dae was die gat gegrawe.

internet op verskeie ander mense afgekom wat ook deur hom ingedoen is. Selfs die mense wat as verwysings gebruik is, se fone werk nie meer nie. Hoewel Lukhele onder meer as Elite Pools, Edwin Pools, Lukas Pools en Henry Pools & Thatch sake doen, is dit beslis dieselfde mens, want in alle gevalle ry hy met ’n silwerkleurige BMW met ’n GP-registrasienommer rond. Maricha Brits van Alberton is vroeër vanjaar met R27 000 ingedoen. Al werk wat by haar gedoen is, was ’n gat wat

gegrawe is. Melani Dingle van Witrivier is met R40 000 ingedoen. Inwoners van Nelspruit, Malalane en Middelburg is ook ingedoen. Soos al die mense het Bezuidenhout ’n klag by die polisie ingedien. ’n Swembad wat vir hom waarde tot sy huis sou toevoeg, het Bezuidenhout duur te staan gekom. Hy moes ’n nuwe kontrakteur kry om die werk te voltooi. Die swembad se helling was verkeerd en moes reggestel word. Daarby was die sementlaag te dun en moes die werk ook herstel

DIE swembad is skeef al is die sement gegooi. word. Om die brouwerk reg te maak en die swembad te voltooi sal Bezuidenhout nog ’n verdere R40 000 uit die sak jaag. Hy gaan egter nie die saak daar laat nie. “Ek wil ander mense waarsku ’n mens kan nooit versigtig genoeg wees nie. Ek het gedink die telefoniese verwysings wat ek nagegaan het, is voldoende, maar dit blyk ’n mens sal eers moet gaan Google en nog meer inligting inwin.” Hy hoop die polisie sal “Lukhele” aankeer voordat hy nog meer mense van hul geld kan beroof.


2

MALUTI, WOENSDAG 14 MEI 2014

Dispuut oor grond woed voort

Vir meer foto’s en nuus gaan na www.malutinews.co.za

ELSABÉ STOFBERG is ná die Sentrale Plaaslike Koerante se Spontaan­uitdunronde as Maluti se wenner aangewys. Die kompetisie is in die Coachmans Saloon in die Fontier Inn & Casino gehou. Sy sal op die Vryfees op die Blêrkasverhoog aan die eindronde deelneem. Van links is Lizelle Tullekin (bemarkingsbestuurder: Frontier Inn & Casino), Anthony Oliver (bestuurder: Frontier Inn & Casino), Karen Herbert (produksieredakteur, Bloemfontein) en Lynda Greyling (re­ dakteur: Maluti).

’n DISPUUT wat al sowat 19 jaar tussen ’n bekende sakeman van Clarens en die Dihlabeng-munisipaliteit heers, is steeds nie opgelos nie. Bruce Weyer, sakeman van Clarens, het in 1994 ’n vyfjaar-huurooreenkoms vir die vervalle woonwapark met die munisipaliteit gesluit. Volgens die kontrak kon Weyer die woonwapark koop en het hy tot 1999 tyd gehad om dit te doen. Sy eerste paaiement het die kontrak bekragtig. Ná die 1994-verkiesing het die munisipaliteit egter gesê hy wil die grond terughê en die kontrak is gekanselleer. ’n Skool en kliniek is intussen op die terrein gebou. Weyer sê die betaling wat hy gedoen het,

22 Mei: Die Clarens-toerismeforum se jaarvergadering word om 16:00 in die Mont d’or-hotel gehou. 31 Mei: As deel van Bethlehem se 150-jaar-feesviering bied die Charlotte Theron-kinderhuis (CTK) om 19:00 ’n boeredansparty op die CTKterrein aan. Heerlike potjiekos gaan voorberei word. Ander kos sal ook beskikbaar wees. Die tema vir die kleredrag is Uit toeka se dae. Kaartjies is by die CTK te kry. Belangstellendes kan ook skakel en die kaartjies afgelewer word. Skakel 058-307-3700. 31 Mei: Kestell se jaarlikse Borrelfees wat op 31 Mei in

die NG kerk Kestell gehou. 31 Mei: ’n Gholfdag ten bate van die Cluny Animal Trust word op die Clarensgholflandgoed gehou. Vir meer inligting bel Jan Sander by 058-223-0727 of 078-2462553. NG kerk BethlehemNoord – Vleisverkope op Dinsdae en Vrydae. Basaaretes op 31 Mei teen R50 per persoon. Bespreek by die kantoor by 058-303-4743.

’n GEMOEDELIKHEID het Vrydag by die Bethlehem­droogskoonma­ kers geheers toe die personeel besluit het om hul shwe­shwe en tradisio­ nele Sotho­drag aan te trek om Moedersdag te vier. By die personeellede is Marietha Maree, mede­eienaar van die onderneming. Foto: Verskaf

word as ’n bindende kontrak beskou. “Ek het telkemale probeer om die saak opgelos te kry, maar dit was onsuksesvol. Ek het die raad verskeie kere in kennis gestel dat ek nie belasting en dienstegeld gaan betaal totdat die dispuut opgeklaar is nie.” Maluti het onlangs berig Weyer het ’n kennisgewing van die munisipaliteit ontvang waarin hy in kennis gestel is hulle gaan waterbeperkings instel wat sy watertoevoer tot 200 liter per dag gaan beperk. ) Maluti het die afgelope paar weke verskeie kere by die Dihlabeng-munisipaliteit navraag gedoen, maar teen druktyd is nog nie op Maluti se versoek gereageer nie.

VUSI MOFOKENG

Mofokeng help met verkiesing VUSI MOFOKENG was Woensdag ’n party-agent in een van die stemlokale in Bohlokong waar talle mense gestem het. Jare lank kon Mofokeng nie stem nie, want hy was in die tronk. Hy is destyds 20 jaar tronkstraf opgelê. Hy het 12 jaar daarvan uitgedien voor sy vrylating in 2011. Mofokeng sê hy was onskuldig. ’n Familielid wat wel weens politieke oortredings by hom weggekruip het, was die skuldige. Hy kon voor die Waarheid-en-versoeningskommissie verskyn het en erken het hy het oortree, maar Mofokeng sê hy het niks verkeerds gedoen nie. “Hoekom moes ek daar gaan jok?” Terwyl baie mense verlede Woensdag tuis gebly en ontspan het, het hy verkies om eerder ’n party-agent vir die verkiesing te wees.

BESOEK: www.aucor.com Vir Volledige Besonderhede, Fotos en Veilingsreëls

Datum: Woensdag, 21 Mei om 10h30

|

Perseel: Krugerlaan 1, Estoire, Bloemfontein

• AFLEWERINGSTROKKIES • NUUT & GEBRUIKTE SLAGHUIS- & BAKKERYTOERUSTING • KANTOOR- & HUISHOUDELIKE MEUBELS EN BAIE MEER!

Voorwaardes: Elke koper moet registreer om te kan bie. BEWYS VAN ADRES EN ID-DOKUMENT BENODIG VIR FICA-REGISTRASIE. Registrasiedeposito van R5 000 per banktjek, debiet/kredietkaart of EFO. Geen kontant! Behoorlik gelas, sal Aucor die volgende aanvul en per publieke veiling verkoop. 10% Koperskommissie. Terme & Voorwaardes geld. ONDERHEWIG AAN VERANDERING SONDER VOORAFKENNISGEWING. Afslaer: Paul Portellas.

Besigtiging:

Dinsdag, 20 Mei (08h30 - 16h30) GPS: S 29°06.767’ O 026°16.567’

Morné du Plooy:

083 634 6476

www.aucor.com

TROK-, SPYSENIERING& MEUBELVEILING


MALUTI, WOENSDAG 14 MEI 2014

Tree op in kerk YOTI DIE GRIEK­ SE BOERTJIE het ten bate van die Bethlehem­aftree­ oord se versor­ gingsafdeling in die AP­kerksaal opgetree. By hom is suster Phania Lourens (links, be­ stuurder) en Elsa­ be van Tonder (or­ ganiseerder). Foto: Lynda Greyling

JORDANIA se gr.O­leerlinge het Vrydag saam met hul mammas kolwyn­ tjies versier. Hulle het ook vir elke mamma ’n geskenk gegee wat hulle self gemaak het. Hier is Melissa en Amé Maritz. Foto: Verskaf

KYLE NEL en sy ma, Carike, het ook kolwyntjies op die Moedersdag­be­ derf deur Jordania se gr. O’s versier.

VAN die mense wat die optrede van Yoti die Griekse boertjie en ete in die AP­kerksaal bygewoon het, is van links Henna de Jager, Margery Marx en Anne Archbell.

3


4

MALUTI, WOENSDAG 14 MEI 2014

Hospitale hulpeloos moet maar langsaan by die kliniek gaan hoor.” Langsaan sit ’n lang ry MAANDAG is Internasionale mense en wag. ’n Werker Verpleegkundigedag gevier deur sien hoe benoud ek is, bring om op dié manier erkenning Lynda Greyling ’n rolstoel en help dat ons te gee aan verpleegkundidie vrou uit die motor kry. ges, mense wat ’n eed afTeen die tyd dat ek die kar geparkeer en gelê het om na hul naaste om te sien. haar gaan soek het, is die baba amper Ek het die afgelope week net die teendaar. Ek is terug werk toe en het later oorgestelde beleef. Ek het ’n boodskap uitgevind dit is ’n gesonde prematuur ontvang my hoog swanger huiswerker het gebore meisie. ’n Dokter het haar toe nog erg pyn. Bang dat die baba in my huis nie ondersoek nie. Dié het toe wel later gebore word, is ek daarheen. Daar aangevasgestel haar stuitjie is gebreek. kom, vind ek sy het geval. Ek het vasgestel ’n tekort aan dokters Sy kla van erge laerugpyn – sy het haar bestaan, omdat poste weens ’n tekort aan stuitjie gebreek. geld gevries is. Ek neem haar na die ongevalle-afdeling. ’n Paar maande gelede is by die einste Met moeite het ek haar daar ingekry. Die hospitaal ’n inligtingsessie gehou waarop personeel is baie gaaf, maar jammer, hulle die LUR van gesondheid, dr. Benny kan niks vir haar doen nie, sy moet eers na Malakoane, vertel het van al die kindersterfdie kliniek by Phekolong gaan, waarna sy tes en hoe dié departement sy bes gaan Provinsiaal toe terugverwys sal word. doen om dit te voorkom. By Phekolong aangekom, kan sy nie uit As jy dringend hulp nodig het en jy word die motor klim nie. Ek besef die baba is van bakboord na stuurboord gestuur, kan ook op pad, hardloop die gebou in en vra dit dalk te laat wees. Is die personeel net die eerste verpleegkundige om hulp. oorwerk of is hulle net lui? “Jammer, dit is nie my probleem nie. Jy Lynda Greyling

Briewe / Letters

Oom onthou LEANDRA DE CONING, hoof van Salileni: OOM KOBUS was deel van Salileni – sinoniem met Salileni. Hy het getrou sy liefde en ondersteuning gegee en gehelp waar dit nodig was. Oom Kobus het fier en regop sy paadjie gestap. Hy het sy kennis en wysheid met graagte met almal om hom gedeel. Hy was ontsettend lief vir handewerk en het altyd ’n plan gemaak as iets nie reg was nie. Oom Kobus, ons gaan jou mis: ) jou skuifelstappie in die gang; ) jou skaam glimlaggie; ) jou bereidheid om te help; en ) jou onblusbare lus vir ’n koppie koffie. Jy was Salileni se oudste lid. Jy het dié eer met trots gedra. Ons sal oom Kobus onthou vir die mens en vriend wat hy was.

WYLE Kobus Lange.

Foto: Nico Gous

Dankie vir bydraes om Christenburg te steun RIKA VAN DER MERWE, Christenburg: EK wil namens die inwoners van Christenburg die gemeenskap van Bethlehem innig bedank vir die omgee en betrokkenheid by Christenburg. Sonder die gemeenskap se bydrae sal dit nie moontlik wees om die plek aan die gang te hou nie. Dankie vir Helpende Hand wat regtig

probeer om die kinders te ondersteun, om werkgeleenthede te skep en die wonings op te knap. Ons sê opreg dankie vir Anita Schoeman wat sonder enige vergoeding haar tyd en energie hier aanwend. Dankie vir al die skenkings van kos, brood en melk – dit word opreg gewaardeer. Julle is te veel om te noem, maar die Hemelse Vader ken jul name. Baie dankie.

Hou op rook OP Wêreld- Tabakvrye Dag op 31 Mei fokus die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) op tabakgebruik deur die jeug. Kansa se gesondheidshoof, prof. Michael Herbst, sê: “Jong volwassenheid is die vatbaarste en kwesbaarsre tydperk waarop met die gebruik van tabakprodukte begin kan word. Dit is dus die vernaamste mikpunt van die tabakbedryf. Ons moet ons volgende geslag beskerm teen die skadelike gevolge van tabak en teen die bedryf se manipulering om van hulle nikotienverslaafdes te maak.” Volgens die Wêreld-gesondheidsorganisasie (WGO) begin die meeste mense rook voordat hulle 18 jaar oud is en ’n kwart van hulle begin reeds met tabakgebruik voordat hulle 10 jaar oud is. Herbst sê: “Die rustende harttempo van ’n jeugdige wat rook, is vinniger as dié van sy portuur. Langtermyngevolge sluit chroniese siektes soos long- en maagkanker, beroerte en hartsiekte in. Navorsing toon by jong mense ’n sterk verband tussen aktiewe sigaretrook en nikotienverslawing, en ook tussen verminderde longfunksie, longgroei en asma.” Die tabakbedryf is aktief gerig op die jeug met aanloklike produkte en duur bemarkingstrategieë soos groot prysverminderings op feeste en musiekkonserte of bymekaarkomste. Hulle voorsien ook gegeurde sigarette en rooklose tabakprodukte en droë teesakkiegrootte snuifsakkies, oplosbare strokies en suigtablette. Kansa waarsku die jeug teen die tabakbedryf se marktaktieke – “selfs wanneer die produkte aandui dit is ‘lig’, ‘gefiltreerd’, ‘sag’, ‘laeteer’, ‘mentol’ of ‘vrugtegegeur’ is die gesondheidsrisiko groot. Moet dus nie geflous word deur gladdebek-advertensies of aantreklike verpakkings nie,” verduidelik Herbst. Voorkoming Volgens die WGO verminder treffende teen-tabakadvertensies en grafiese verpakkingswaarskuwings – veral die prentjies – die getal kinders wat begin rook en dit vermeerder die getal rookstakers. Navorsing toon hoër belasting is veral doeltreffend om tabakgebruik by laerinkomstegroepe te verminder en om jonger mense te keer om te begin rook. ’n Belastingverhoging wat tabakpryse met minstens 10% laat klim, verlaag tabakgebruik met ongeveer 4% in hoë-inkomstelande en tot selfs 8% in die meeste laeen middel-inkomstelande. Hubbly bubbly, waterpype of Turkse hookah-pype is gevaarliker. Kansa waarsku teen die verhoogde gebruik van sulke pype deur jong mense, want dit is veral nadelig vir nog groeiende longe en rook kan dus blywende skade aanrig. Herbst sê verder: “In Suid-Afrika vorm waterpype en verwante tabakprodukte deel van die omskrywing van tabakprodukte in die Tabakprodukte-wysigingswet (2007). “Dit impliseer die pype se gebruik en

verkope moet voldoen aan die regulasies wat betref enige tabakproduk in die land – insluitend die verbod op die verkoop van sulke pype en hul produkte aan enigiemand wat nog nie 18 jaar oud is nie.” Ken die wet – dit is jou reg in ’n rookvrye wêreld. Elke mens behoort tabakrookvrye lug te kan inasem. Rookvrywette beskerm die gesondheid van nie-rokers, is gewild, benadeel nie die sakewêreld nie en spoor rokers aan om die gewoonte te staak. Twee tabakwette isin 2007 en 2008 deur die parlement goedgekeur. In die Staatskoerant van 21 Augustus 2009 het die parlement die twee wette geproklameer wat Suid-Afrika se tabakkontrolewette verander het. Kernpunte in die wette is: ) Volwassenes mag nie in ’n motor rook wanneer iemand jonger as 12 jaar ’n passasier is nie. ) Rook word nie toegelaat op persele nie (private huise ingesluit) wat gebruik word vir kommersiële kindersorgaktiwiteite soos crèches, of vir opvoeding en onderwys. ) Net mense ouer as 18 jaar word in ’n aangewese rookgebied toegelaat. ) Rook word nie in gedeeltelik afgekampte openbare plekke soos balkonne, oordekte patio’s, verandas, loopgange en parkeergebiede toegelaat nie. ) Die boete vir die eienaar van ’n restaurant, drinkplek, kroeg of werkplek wat die rookwet verbreek, is maksimaal R50 000 en vir elke individuele roker R500. ) Die tabakbedryf mag nie langer bemarkingspartytjies hou wat op jong mense fokus nie. ) Wetgewing bepaal geen mens mag enige tabakproduk verkoop of beskikbaar stel aan iemand jonger as 18 jaar nie. ) Smousoutomate wat tabakprodukte verkoop, mag nie gebruik word om ander produkte soos skyfies en sjokolade te verkoop nie. ) Ken die wet en vind meer uit by http://goo.gl/cmwpL. Meld diegene aan wat die wet verbreek by http://goo.gl/ dvn4p. Kansa eKick Butt help om op te hou rook Kansa kan tabakverslaafdes help met sy eKick Butt-program – ’n gratis aanlynrookstaakprogram. Deur ’n reeks e-posse, vraelyste en aflaaie word die roker gelei en bygestaan totdat hy rook staak en nie-rook ’n lewenslange gewoonte word – nie meer net die tydsverloop tussen twee sigarette nie. Die program voorsien ’n reeks beproefde en betroubare vaardighede om permanent op te hou rook. Besoek http://www.ekickbutt.org.za/ vir meer inligting, skakel 058-303-3522 of kontak Maryna Kriel by marynas@cansa.org.za.

Jesus het hom as slaaf verneder; so ook kan ’n mens GALASIËRS 2:17-21: Wat my betref . . . ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. ’n Paar dekades gelede was omstandighede in Midde-Afrika uiters primitief en armoedig. ’n Jong vrou wat ’n aaklige lewe van sonde en boosheid geleef het, het met ’n Christelike sendingstasie te doen gekry en sy het haar bekeer. ’n Nuwe lewe van lig en goedheid het vir haar aangebreek. Vrygemaak van donker bygeloof en bose vrees het sy die Here met oorgawe en blydskap gedien. Op Kersdag het die

Geesgenoot

Christene offergawes vir die Here gebring in antwoord op God se groot gawe van sy Seun wat Hy gegee het en wat Sy hemelse heerlikheid prys gegee het en aarde toe gekom het. Weens hul uiterse armoede het die gawes meestal uit ’n bossie blomme of ’n hand vol groente bestaan. Die bekeerde jong vrou het ’n silwermuntstuk, ongeveer ’n dollar werd, as haar offergawe gebring. Vir Midde-Afrika se mense was dit ’n fortuin. Die sendeling was verstom oor so

’n buitengewoon groot gawe. Eers wou hy dit nie aanvaar nie. Dit was te kosbaar. Die vrou het vreugdevol daarop aangedring dat hy dit neem. Waar kom sy daaraan? wou hy weet. Met ’n stralende glimlag antwoord sy: “Ek het myself as slaaf aan die plantasie se voorman verkoop. Ek wou aan Jesus ’n offer gee wat my hart tevrede sou maak.” Dit is wat haar lewe vir haar werd was en dit is die offer wat sy gebring het vir haar Here wat sy lewe vir haar

afgelê het. Hy wat in die gestalte van God was, het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word (Fil. 2:6,7). Christenskap wat ontstaan uit ’n hart wat deur die Heilige Gees met liefde vir Christus aan die brand gesteek is, is ’n oorvloedige, oorwinnende Christenskap. Vir iemand soos sy, wat uit ’n stikke duisternis gekom het, was Jesus die lig en vreugde van haar lewe. Haar hele lewe het aan Hom behoort. ) www.kragvirvandag.co.za; ds. Manie Colyn.


MALUTI, WOENSDAG 14 MEI 2014

Lyk alte fraai met kleurige kapsels KLEUTERS van die Tingeling­kleuterskool het Vrydag ’n Shavathon ten bate van Kansa gehou. Die kleuters wat hier met hul bont haarkapsels spog, is van links Skyla Smit­Nel, Annika Schlebusch, Michelle Delport, Nienke Marais en Ané Joubert.

VAN links is Annika Myburgh, Nika Bester en Lou­Hane Beukes van die Tingeling­kleuter­ skool wat met hul bont hare spog.

5

DIE Bloemfonteinse skrywer Maretha Maartens (tweede van regs) was die spreker op die Bethle­ hem­leeskring se maandelikse vergadering. Sy het haar nuutste boek, Monument, bespreek. Van links is Annette von Caues, Louisa Botha, Maartens en Ina van Rensburg.

ICKE PAYNE van Eureka­sekuriteit het op die maandelikse vergadering van Bethlehem se Kos­ mos­VLU­tak waardevolle veiligheidswenke aan lede verskaf. Van links is Johanna Coetzer, Anna­ tjie Meintjes, Alna Horn, Payne en Dorothy du Preez. Foto: Lynda Greyling


6

MALUTI, WOENSDAG 14 MEI 2014

DIE Bethlehem足tennisklub se nuwe bestuurslede is van links, voor: Louise Hattingh (voorsitter), Ilonke Lawrence (sekretaresse), Stephanie Maritz (sosiaal) en Annette van der Merwe (aankope); agter: Gerhard Marx (ondervoorsitter), Jannie Maritz (onderhoud) en Christine Stadler (aankope).

THE Frontier Inn & Casino held the final for the Ka Ching Vegas Bling promotion on Saturday. The lucky winner was Matseko Mollo from Bohlokong. From the left are Anthony Oliver (general manager), Mollo and Ray Maphalala (gaming manager) with the prize of R90 000.


MALUTI, WOENSDAG 14 MEI 2014

7

SPORT

Wys hul slag in rolbal

Speel vir sake VAN links is Ansie van der Sandt, Mattie Harris, Amanda Bester en Andrea Cloete wat die Riemland­vrouevierspel gewen het.

SHARI HATTINGH en haar geliefde mi­ niatuurperd, Stilgewacht Noble Jabulani. Hulle was eerste in die afdeling junior hanteerder o.8 en het ook die kostuum­ klas op die Bloemskou gewen. Hulle is van die Stilgewacht­miniatuurperdboer­ dery by Bethlehem. Foto’s: Verskaf

Presteer op die Bloemskou

LOFFIE EN HANLIE CRONJÉ van Reitz het die Riemland­gemengdepare­rolbalkompetisie gewen. Foto: Verskaf

VAN links is Pieter Cronjé, Francois Venter, Loffie Cronjé en André Viljoen wat die Riem­ land­vierspel gewen het.

DRIE hokkiespelers van die Laerskool Jordania is in die Oos­Vrystaatse o.13­span ingesluit. Van links is Cyden Schutte, FC Krugell en Cameron Roux. Laasgenoemde is ook ’n lid van die Noord­Vrystaatse span.

ALLERLEI 1845

TE KOOP

Alinah soek werk as huishulp, kinderoppasser 2-5 dae per week. Skakel 073 321 6287.

LEERLINGE aan die Laerskool Jordania het na die halfeindronde van die ATKV­redenaarskompetisie deurgedring. Van links is Simoné Venter, Rowan Scholtz, Chrisné Kruger, Marcu van Dyk en Ann­ne Venter.

GESOEK

1615

SANDSTONE: Blocks, bricks, cladding, rivens, tiles, etc. Tel: 058 303 4840. 12 Archbell Street, BHM. EIENDOMME

STILGEWACHT IMPRESSIVE DE­ LIGHT het die trofee vir kampioen­ se­ nior merrie gewen. By haar is van links iMaryn Hattingh, Jozelle Fourie en Bets Beukes.

WOONSTELLE TE HUUR 3250

2-slaapkamer-woonstel met motorhuis. Beskikbaar 1 Junie 2014. Skakel 058 303 1822/072 381 2741. HUISE TE HUUR 3270

Ruim plaashuis te huur ± 15 km buite Bethlehem. 5 slaapkamers, 3 badkamers en swembad, R2 500 per maand. Krag uitgesluit. Skakel 082 787 4701. BETREKKINGS 3600

BETREKKINGS GESOEK

JOZELLE FOURIE, ook van die Stilge­ wacht­miniatuurperd­boerdery by Beth­ lehem, het ’n eerste en tweede plek op die Bloemskou behaal.

3670

ALGEMENE & HUISDIENSTE

3601

Dringend op soek na 'n dieselwerktuigkundige: TOPSY soek werk as Gekwalifiseerd of nie, huishulp, betroubaar en moet ook ondervinding hê hardwerkend. Voltyds, van grondverskuiwingsMaandag tot Vrydag, 3 dae masjiene. Faks of e-pos CV per week. 083 531 1592. na 086 530 4220 of coetzeep@bhm.dorea.co.za

KLERASIE

Alice is op soek na werk as huishulp, kinderoppasser. Voltyds. Skakel 079 235 4052.

’n VRIENDSKAPLIKE sake­rolbaltoer­ nooi word Dinsdagaande op die Bethle­ hem­rolbalklub se baan beslis. Jimmy Paxinos is een van die spelers wat verle­ de Dinsdagaand die koue aangedurf het.

SEEK, BUY, SELL


Sport Koerant met hart I The paper with heart

KAYLA LINDEQUE het aan die Pannekoek­plesierrit deelgeneem.

Pannekoekrit op plaas is pure pret ’n MENS kry die Saulspoort-, Fouriesburgen Clarens-plesierrit, maar Saterdag is die Pannekoek-plesierrit sowat 10 km buite Bethlehem op die Paul Roux-pad gehou. Dit rit is op Martin en Hanna du Plooy se plaas begin, waarna ’n roete van sowat 20 km gevolg is. Vooraf kon almal lekker aan warm

pannekoeke smul. Nadat Willie Esterhuizen die geleentheidmet gebed geopen het, het die rit begin. Meer ervare ruiters het voor gery, terwyl Hanna du Plooy met die minder ervare ruiters agterna gekom het. Sy leer hulle perd ry en beskou die plesierrit as goeie ervaring vir hulle.

Wen op dag LINKS: Chesh Laesecke en Tienie van der Spuy het Tobie Myburgh en Vrystaat, sus­ terkoerant van Maluti, se gholfdag gewen. Spelers het volgens ’n beterbal­kiesspel ge­ speel en die twee het op 52 punte geëindig. Hier is Laesecke en Chantelle Cotty (Vrystaat) wat die pryse oorhandig het. Foto’s: Lynda Greyling

REGS: Carine le Roux (links) is as die beste vrouespeler op Tobie Myburgh en Vrystaat, susterkoerant van Maluti, se gholfdag aan­ gewys. Sy het ook die prys vir die naaste aan die pen op nr. 2 ontvang. By haar is Chantelle Cotty van Vrystaat wat die pryse oorhandig het.

MIEKE DU PLOOY (links) op Lee en Simoné Kruger op Dimpels net voordat die Pannekoek­ple­ sierrit begin het.

Retief is junior gholfkampioen RETIEF TOLKEN is die Maccauvlei- junior ope kampioen. Hy was lid van die Vrystaat-en-NoordKaap-o.19-gholfspan wat die eerste keer op Maccauvlei aan die junior ope deelgeneem het. Retief het verlede jaar vir die Vrystaaten-Noord-Kaap-o.17span gespeel en lê vierde vir die o.19span wat later vanjaar gekies gaan word. Retief word deur Rolf Busch van die Rolf Busch-gholfakademie afgerig.

NICKY NEL, president van Vrystaat en Noord­Kaap Junior Gholf (links), en Retief Tolken.


Malutima 20140514