Issuu on Google+

Koerant met hart I The paper with heart TEL: 058 ­ 303 5411

WOENSDAG 30 APRIL 2014

WWW.MALUTINEWS.CO.ZA

FREE

In Dihlabeng se visier Beperkings kan man dwing om besighede te sluit Nico Gous ’n SAKEMAN van Clarens glo hy en sy besighede is die teiken van die Dihlabeng-munisipaliteit. Volgens ’n kennisgewing wat Bruce Weyer op 11 April vanjaar ontvang het, skuld hy dié munisipaliteit R326 336,65 in belasting en dienste. Op 14 April is hy in kennis gestel die munisipaliteit gaan in Mei waterbeperkings instel wat sy watertoevoer tot 200 liter per dag sal beperk. Weyer, die eienaar van die Lake Clarens-gastehuis en die Artichoke-restaurant, sê dit is onmoontlik om dié besighede met slegs 200 liter water per dag te bedryf. “Ek sal gedwing word om my gastehuis en restaurant toe te maak,” sê hy. In November 2013 is ’n voorafbetaade watermeter geïnstalleer wat ander tariewe as die munisipaliteit gebruik. Ongeag hiervan is Weyer op sy munisipale rekening vir Januarie tot Maart 2014 op water gehef. “Dit is algehele onbekwaamheid.” Die munisipale watertariewe neem die hoeveel kiloliter (1 kF = 1 000 F) water wat ’n eiendom per maand gebruik en maal dit met die prysgleuf waarin jou verbruik val. “Ek dink die munisipaliteit moet pak slae kry, want dit is nie reg teenoor die ander belastingbetalers nie.” Dit is nie die eerste keer dat Weyer in ’n geskil met die munisipaliteit is nie. In Februarie 2013 het hy vier eiendomme verkoop, maar sê hy wag steeds vir die uitklaringsertifikate van dienste en belasting van dié eiendomme. In 1994 het Weyer ’n vyfjaarkontrak met die destydse

BRUCE WEYER met die kennisgewing wat hy van die Dihlabeng­munisipaliteit ontvang het. Clarens-munisipaliteit, nou die Dihlabeng-munisipaliteit, vir die huur van ’n vervalle woonwapark gesluit.

Volgens dié kontrak het Weyer tot 1999 gehad om dit af te betaal en sy eerste paaiement het hierdie kontrak bekragtig. Ná die 1994-

verkiesing het die munisipaliteit egter gesê hy wil die grond terughê en die kontrak is gekanselleer.

Foto: Nico Gous

) Teen druktyd het die Dihlabeng-munisipaliteit nog nie op Maluti se versoek op kommentaar gereageer nie.


2

MALUTI, WOENSDAG 30 APRIL 2014

Wees seker jy kan jou kruisie trek

MEL BOTES Donderdagaand in Die Punt­koffiewinkel in Bethlehem op die verhoog.

DIE PUNT­KOFFIEWINKEL op die hoek van Murray­ en Van Der Mer­ westraat bied ’n reeks optredes deur bekende musikante aan.

Foto’s: Nico Gous

’n IDENTITEITSDOKUMENT met ’n strepieskode is in die komende verkiesing op 7 Mei kiesers se belangrikste dokument. Kiesers sal, soos met vorige verkiesings, nie toegelaat word om met enigiets anders as ’n Suid-Afrikaanse identiteitsdokument te stem nie. Luidens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se verkiesingshandleiding sal kiesers net mag stem as hulle in besit is van dié dokument, of as alternatief die nuwe identiteitskaart wat nou in die plek van die groen identiteitsdokument uitgereik word. ’n Tydelike identiteitsdokument sal ook by die stembus gebruik kan word. Dié dokumente is by die departement van binnelandse sake beskikbaar. Volgens Kate Bapela, woordvoerder van die OVK, was daar vroeër kommer oor die gebruik van die nuwe identiteitskaart. Alle vrae oor die gebruik van dié kaart is egter nou beantwoord en dit sal gebruik kan word. Tydelike identiteitsdokumente sal ook toegelaat word, omdat dit daarop dui dat die kieser wel om ’n permanente dokument aansoek gedoen het. Om te stem op 7 Mei moet ’n kieser dus ’n Suid-Afrikaanse burger wees, op die kieserslys geregistreer wees, 18 jaar en ouer wees en in besit van ’n groen identiteitsdokument met ’n strepieskode, ’n tydelike identiteitsdokument of ’n nuwe identiteitskaart wees. Geen ander identiteitsdokumente sal aanvaar word nie. Mense wat weens siekte of gestremdheid nie ’n verkiesingstempunt kan besoek nie, kan op die voorgeskrewe vorm aansoek doen om op 5 of 6 Mei tuis te stem. Die vorms is by die OVK te kry en moet tussen 7 en 12 Mei vir oorweging ingehandig word. Die kantoor is op die boonste vlak van die Burgersentrum in Mullerstraat, Bethlehem. Rig navrae aan Pieter Olivier by 082293-0680.

DIE rocker Mel Botes boei die gehoor in Die Punt­koffiewinkel met sy musiek.

Rocker Mel bekoor gehoor in koffiewinkel Nico Gous DIE rocker Mel Botes het Donderdagaand in Die Punt op

die hoek van Murray- en Van Der Merwestraat in Bethlehem opgetree. Die konsert was deel van ’n

reeks optredes deur bekendes wat tot einde Junie in dié koffiewinkel aangebied gaan word.

Die volgende konserte op die program is: ) Rozelle op 13 Mei; en ) Koos Kombuis op 29 Junie.

Spontaan gooi die net wyer

FOTO ter illustrasie.

Foto: freeimages.com

HET jy ’n spesiale talent? Die Volksblad-groep se gewilde jaarlikse sangkompetisie, Spontaan, trek vanjaar ’n wyer baadjie aan. Inwoners van Bethlehem kan nou wys die dorp skitter nie net met sangers nie, maar ook met mense met ander talente. Die Spontaan-kompetisie is van vanjaar af nie meer net ’n sangkompetisie nie, maar ’n algemene talentkompetisie. Enigiemand wat ’n besonderse talent het, kan dus deelneem. Jy moet net 16 jaar of ouer wees. Deelnemers moet alles wat hulle vir

die optrede nodig het, self verskaf. Om jou in te skryf is gratis. Die datum en plek van die oudisies en die pryse wat vanjaar op die spel is, sal binnekort aangekondig word. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies as daar nie ’n geskikte kandidaat is nie. Indien jy as streekwenner aangewys word, moet jy op Saterdag 19 Julie vir die eindronde in die Blêrkas op die Vryfees op die Universiteit van die Vrystaat-kampus in Bloemfontein wees. As jy nie van Bloemfontein is nie, moet jy jou eie vervoer en verblyf reël.

TER illustrasie.

Foto: currencies.co.uk

Vir meer foto’s en nuus gaan na www.malutinews.co.za


MALUTI, WOENSDAG 30 APRIL 2014

3

Gee kleur aan die Oos足Vrystaat DIE pragtige kosmos op die Sandstone Estate naby Ficksburg met die grens van Lesotho op die agtergrond.

Foto: Nico Gous


4

MALUTI, WOENSDAG 30 APRIL 2014

Mens broos en feilbaar DIE aanval tydens die Paasnaweek op ’n familie wat vir die langnaweek op ’n gasteplaas naby Harrismith gekuier het, het Suid-Afrikaners geskok. Die wreedheid waarmee ’n egpaar om middernag – met die aanbreek van Opstandingsondag – koelbloedig in hul bed doodgeskiet is, gaan die verstand te bowe. Die aanval op Brian (62) en Tillie (46) Pope se familielede spreek van brutaliteit wat ’n mens nie kan begryp nie. Dat ’n vuurwapen, ’n tuinvurk en koevoet gebruik is, is skokkend. Min mense is weerloser as vakansiegangers. Stedelinge wat van die gejaag en gevare in die stad wil wegvlug na die veiligheid op ’n plattelandse plaas is van die sagste teikens denkbaar. Wat ’n mens verder bekommer, is wanneer die moordverdagte ’n uiters betroubare werknemer is wat deur die jare ’n onbesproke werkrekord opgebou het. Hoeveel van ons vertrou ons lewe en

die veiligheid van ons kinders nie toe aan mense wat vir ons werk en wat ons deur die jare as betroubaar leer ken het nie? ’n Mens kan jou maar net die skok en ontnugtering van die gasteplaaseienaars indink wat hul gaste toevertrou het aan iemand wat uiteindelik geblyk het nie betroubaar te wees nie. Wat beteken dit alles? Dat ’n mens nooit meer jou waaksaamheid kan verslap nie, dat daar nêrens ’n veilige wegbreekplek meer oor is nie, dat jy niemand durf vertrou nie, dat jy jouself en jou geliefdes maar in jou huis agter slot en grendel moet toesluit om julle te beskerm? Dalk moet ’n mens maar steeds voluit probeer leef, maar met die voortdurende besef van menslike feilbaarheid en verganklikheid in jou agterkop. En met ’n permanente gebed op jou lippe vir beskerming teen die bose wat soms op onverwagse plekke kan toeslaan.

Foto ter illustrasie.

Foto: freeimages.com

Christenskap wat brandend is Ds. Manie Colyn

Uit koerant se verlede VOLKSBLAD, moederkoerant van Maluti, is vanjaar 110 jaar oud, wat dit die oudste Afri­ kaanse dagblad in die land maak. Vanjaar 102 jaar gelede, dus in 1912, het dit só by Die Volksblad gelyk. Nou word die hele koerant en al sy plaaslike koerante digitaal op net ’n paar rekenaars aanmekaargesit. ’n Rubriek, Volksblad se verlede, deur Jens Friis verskyn op weekdae op bl. 2 van Volksblad. Lees dié rubrieke om die afgelope eeu te ervaar soos deur die oë van die Volksblad­joernaliste. Foto: Verskaf

Geesgenoot

’n PAAR dekades gelede was omstandighede in Midde-Afrika uiters primitief en armoedig. ’n Jong inboorlingvrou, wat ’n aaklige lewe van sonde en boosheid geleef het, het met ’n Christelike sendingstasie in aanraking gekom. Die evangelie het haar donker hart binnegedring en sy het tot bekering gekom. ’n Nuwe lewe van lig en goedheid het vir haar aangebreek. Vrygemaak van donker bygeloof en bose vrees het sy die Here met oorgawe en blydskap gedien. Op Kersdag het die inboorling-Christene offergawes vir die Here gebring in antwoord op God se groot gawe van Sy Seun wat Hy gegee het en wat Sy hemelse heerlikheid prysgegee en aarde toe gekom het. Weens hul uiterse armoede het die gawes meestal uit ’n bossie blomme of ’n hand vol groente bestaan. Die bekeerde, jong inboorlingvrou het ’n silwermuntstuk, ongeveer ’n dollar werd, as haar offergawe gebring. Vir MiddeAfrika se mense was dit ’n fortuin. Die sendeling was verstom oor so ’n buitengewone gawe. Eers wou hy dit nie aanvaar nie. Dit was te kos-

baar. Die vrou het vreugdevol daarop aangedring dat hy dit neem. Waar kom sy daaraan, wou hy weet. Met ’n stralende glimlag het sy geantwoord: “Ek het my as slaaf aan die plantasie se voorman verkoop. Ek wou aan Jesus ’n offer gee wat my hart tevrede sou maak.” Dit is wat haar lewe vir haar werd was en dit is die offer wat sy gebring het vir haar Here wat Sy lewe vir haar afgelê het. Hy wat in die gestalte van God was . . . het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. (Fil.2:6-7). Christenskap wat ontstaan uit ’n hart wat deur die Heilige Gees met liefde vir Christus aan die brand gesteek is, is ’n oorvloedige, oorwinnende Christenskap. Vir iemand soos sy wat uit ’n stukkie duisternis gekom het, was Jesus die lig en vreugde van haar lewe. Haar hele lewe het aan Hom behoort. “Here, vandag bring ek my lewe as ’n offer aan U voete. Ontsteek deur U Heilige Gees ook in my ’n liefde wat my hele lewe vir U ’n offer maak.” ) Lees meer op www.kragvirvandag.co.za.

Watter soort lekkergoed-mens is jy? Karin Muller MENSE vergelyk soms ander mense met diere of met vrugte. Jy kry jou buffels of trapsuutjies, jou hardekoejawels of suurpruime. Ek dink die mensdom kan met lekkergoed vergelyk word. Daar is ’n oneindigheid in kleur, smaak, tekstuur en verpakking. Jou malvalekker-mense is sag van binne en buite. Jou jellielekkergoed-mense en Paaseier-mense val ook in die kategorie. Hulle is egter die soort lekker wat jy met ekstra versigtigheid hanteer. Los jy hulle in die son, raak hulle raak hard van buite, maar dalk nog effens sag van binne. As hulle te lank buite lê, raak hul binnekante eindelik ook oneetbaar hard. Dan kry jy jou niekerbol- en gekooktelekker-mense, so hard van binne soos van buite. Onwrikbaar. Jy is mal oor hulle of jy vermy hulle. Hulle verrig die onmoontlike in moeilike tye. Hulle is wie hulle is en maak

gewoonlik geen geheim daarvan nie. ’n Mens wonder soms hoe hulle voorbereidingsproses moes gewees het om so hard aan die ander kant uit te kom. Ons kry ook die witeier-mense. Jy het amper ’n mes nodig om die buitenste dop te breek, maar dit is waar die hardheid ophou. Binne wag ’n soet sjokoladelaag wat in jou mond smelt. Die geheim is om nie op te gee met die mense nie. Al lyk dit op die oog af nie so nie, smag hulle daarna dat jy deur die klipharde dop breek en uitvind wat werklik in hul binneste aangaan. Jy kry ook die teenoorgestelde — die sagte sjokoladelaag buite en ’n harde neut binne: op die oog af sag, maar jy vind vinnig uit dit is waar die sagtheid ophou. Natuurlik is daar jou sjokolade-mense. Mense wat jy opsoek wanneer jy troos nodig het. Dit is gewoonlik iemand na aan jou. Wanneer jy hulle in die son los, verloor hulle hul vorm, maar nie hul smaak nie. Gee jy hulle ’n tydjie om af te koel is hulle

weer eetbaar. Dan is daar die legio ander lekkergoedmense. Die toffies en die suigstokkies. Die kougom en die suursuiker . Die suurwurms en die sout-drop. Soos alles in die lewe moet ’n mens versigtig wees om nie lekkergoed op die verpakking te beoordeel nie. Soms is dit die aangenaamste lekker wat uit die onopvallendste verpakking te voorskyn kom. Soms is daar die teleurstelling van ’n ongelooflike verpakking met ’n nie so smaaklike lekker daarin nie. Volgens my, wat al in vier provinsies gewoon het, is die mense van SentraalSuid-Afrika my gunstelinglekkergoed-mense. Hul gasvryheid en omgee in moeilike tye oortref dié van enige ander provinsie se lekkergoed-mense. Almal van ons is uniek. Ons verskille maak die lewe interessant en ons vul mekaar aan, al voel dit nie altyd so nie. Watter soort lekkergoed-mens is jy?

DIE lesersjoernalis Karin Muller.

Foto: Verskaf


MALUTI, WOENSDAG 30 APRIL 2014

Maak kruise vir Pase DIE gr. O­leerlinge aan die Laerskool Jordania het gehelp om kruise vir Paasfees te maak. Foto: Verskaf

e v sa

& t r a m s p Sho 47

R

Bulk Stewing Beef Bone in Per kg

Selected products on this page have been styled for photography

Bulk Pork Braai Chops

28

BUTCHER’S

R

BUYS

PnP NO NAMETM Fresh Whole Chicken Per kg

BEST

43

R

15

R

PnP Avocado Ripe & Ready 2s, Baby Leaf Salad120g and Mini Italian Tomatoes 250g

PnP Low Fat Yoghurt Assorted 500g Each

TM

1490

PnP NO NAMETM Large Eggs 18s

9

Sparletta Soft Drink Assorted 2 Litre Each

PnP Tuna Chunks in Oil or Salt Water 170g Each

7

50

n Buster Inflatio n last year’s price Better tha

Sunfoil Sunflower Oil 2 Litre

28

90

44

R

69

Bekyk kwilte

Poolbrite Month Mate Super Plus or Pink Drive 1.5kg Each

All Gold Tomato Sauce 700ml

1190

90

R

SAVE 7.95

1090

PnP Washed Potatoes 2kg

1950

VIER geslagte saam op Ouma se verjaardag. Hester Viljoen van Bethlehem het onlangs haar 94ste verjaardag gevier. Van links is, voor: Ver­ ne Burger (kleindogter), Hester en Lea Burger (dogter); agter: André Burger (kleinseun), Mie­ ke Burger (agterkleindogter) en Jean Gouws (agterkleinseun).

Vir meer foto’s en nuus gaan na www.malutinews.co.za

FRESH

54

Per kg

Saam vir verjaardag

TM

R

BUY ALL FOR

’n KWILTUITSTALLING is in Bethlehem gehou. Van die mense wat dit bygewoon het, is van links Alaë Gräbe (Clarens), Dinkie de Villiers (Senekal), Liesl van Aswegen (Bethlehem) en Sandra van Wyk (Ventersburg).

5

7

R

Protex Soap Assorted 175g Each

Colgate Base Range Toothpaste Assorted 75/100ml Each

Ariel Auto Washing Powder 2kg, Auto Washing Liquid 1.5 Litre or Power Capsules 14s Each

Listerine Total Care Sensitive, Tartar Control, Teeth & Gum Defence or Total Care Clean Mint 500ml Each

PRICES VALID 29 APRIL - 4 MAY 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERS

4490

Best Customer er ram mme 201 2013* Loyalty Programme

In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express, Daily and Local stores. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details. 1184925_390x198


6

MALUTI, WOENSDAG 30 APRIL 2014

Winterwenke vir die tuinier DIE laaste somerbolle se blare vrek nou en baie tuiniers wil weet wat om nou te doen. As jy amarillis-bolle het, kan jy hulle net so in die grond los. Sodra die blare ongeveer twee derdes of meer teruggevrek het, kan jy dit afsny. Die meeste van die bol se voeding, wat in die blare was, sal nou na die bol gaan. Wat jy wel moet doen, is om jou bolle en meerjarige plante te merk waar hulle staan sodat jy of jou tuinier nie die bolle onwetend uithaal of seermaak nie. Gekleurde varkore kan binne ’n maand of so gelig en verdeel word. Moet dit nie te gou doen nie anders sal die plante te vinnig in die winter begin ontwikkel en groei. JJ van Rensburg, ’n tuinboukundige, sê plante gaan nou in ’n rusperiode in en dit is dus ’n goeie tyd om plante wat geskuif moet word te verplant. Herbeplan jou beddings en kyk waar en watter plante geskuif moet word. Daar is ’n paar goue reëls wat jy in gedagte moet hou as jy plante suksesvol wil verplant. Die beste is om jou plante binne ’n dag te skuif. Merk die oriëntasie van die plant en verplant dit in dieselfde rigting. Dit sal keer dat die blare en takke brand omdat hulle nie gewoond aan die noordelike son is nie. Snoei die plante wat jy wil verplant ongeveer ’n derde terug. Onthou, jy verminder en versteur die wortels, so jy kan nie die bogrondse groei net so los nie. Die verhoudings moet dieselfde bly. Dit is belangrik om die grond van die plante wat jy wil verplant goed te deurweek. Jy moet ontslae raak van al die lug in die grond sodat die wortels weer in aanraking kan kom met die grond en nie uitdroog nie en sodat dit water uit die grond kan opneem. Ondersoek jou aalwyne en kyk of dit wit word. Dit is gewoonlik blare wat deur dopluise aangeval word en die insekte sit teenmekaar op die buiterand van die

NAMAKWALANDSE MADELIEFIES. blare wat die blare dan ’n wit skynsel gee. Die ou manier om van dié probleem ontslae te raak is om oleum te spuit (sien aanwysings op die houer). Onthou egter om jou aalwyne minstens drie keer te spuit, met ’n wagperiode van

Foto: hdwallpapers.in

minstens twee weke. As die plante klein is, kan jy selfs die oleum-mengsel aan die plante verf. Herhaal die behandeling elke twee weke totdat die dopluis maklik loskom as jy daaraan vryf. Complete is ’n sistemiese gifdoder wat op die wortels van die plante

gegooi kan word. Dié gifstof word deur die plant se wortels opgeneem en dan deur die plant versprei. Indien jy Complete gebruik, sal jou plante tot ses maande teen insekte beskerm wees. Nou is die regte tyd om Nama-

kwalandse madeliefies in volson te saai. Onthou, die geheim is om die saad die eerste twee weke versigtig met ’n fyn sproeier nat te lei. Daarna kan jy die saad los om af te hard. Een of twee keer ’n week se watertoediening is meer as voldoende.

Prepare for the silent epidemic – osteoporosis Cathy Findley COMPARING bucket lists has become a favourite dinner table conversation. There is, however, another list that is not as much fun to share. This is the list of scary things that can or may happen to us as we age and osteoporosis is certainly on that list. Osteoporosis means “porous bones”. It is a systemic and progressive bone disease characterised by a decrease in bone mass and density that can lead to bone fractures, especially in the spine, hips or wrists. “Osteoporosis is often referred to as the ‘silent epidemic’ because there are usually no visible symptoms until a bone fractures,” says Peter Jordan, the principal officer of Fedhealth. “Most people associate osteoporosis with older women, but it can also affect young people and men. Statistics show that one in three women and one in five men in South Africa will develop this disease within their lifetime,” he says. It is not all bad news, however. Osteoporosis is a preventable disease and recent advances in treatment options have also reduced the rate of osteoporotic fractures by 50% to 70%.

There are three vital elements to prevent osteoporosis: ) Sufficient calcium intake: Men and women between the ages of 18 and 50 need 1 000 mg of calcium a day and this daily amount increases to 1 200 mg for women over 50 and men over 70. Good sources of calcium include: low-fat dairy products, dark green leafy vegetables, canned salmon or sardines with bones, calcium-fortified cereals, orange juice and soy products such as tofu. Calcium supplements can also be used. However, do not take too much calcium as it can cause heart problems and kidney stones. ) Sufficient vitamin D intake: Getting enough vitamin D is another important preventative measure. Vitamin D is necessary for your body to absorb calcium. Many people get adequate amounts of vitamin D from sunlight, but if you live in high latitudes, you are housebound, you regularly use sunscreen or if you avoid the sun entirely, you may need to look to another source for getting this important vitamin. ) Exercise: Exercise helps to build strong bones and to slow bone loss. Your bones will benefit from exercise no matter when you

THE difference between a healthy bone and one with osteoporosis. start, but you will benefit the most if you start exercising when you are young and continue to exercise throughout your life. Combine strength-training exerci-

ses with weight-bearing exercises. Swimming, cycling and exercising on machines such as elliptical trainers provide a good cardiovascular workout, but because these

exercises are low impact, they are not as helpful as weight-bearing exercises for better bone health. ) Information provided by FedHealth.


MALUTI, WOENSDAG 30 APRIL 2014

7


8

MALUTI, WOENSDAG 30 APRIL 2014

Kom koop deli-produkte op mark Annalize Doubell VOLKSBLAD se gewilde Kos-enkunsmark vind Saterdag oudergewoonte van 09:00 tot 15:00 in die Botaniese Tuin in Bloemfontein plaas. Vandeesmaand se tema is deli-, kaas- en wynprodukte. Kom koop ’n lekker vars gebakte brood vir Saterdagaand se braaigeselligheid. Daar sal oudergewoonte ook gebottelde produkte, meubels, klere, kuns en mooi artikels vir die huis wees. Vir die koffieliefhebbers is daar weer verskillende soorte koffies om te proe en heerlike fyngebak om

daarmee saam te nuttig. In die lapa is weer ’n volledige kroeg om die dors te les en soos gewoonlik word ook tuisgebroude bier verkoop. Dié keer is daar meer kosstalletjies om van te kus en te keur. Die jongspan is nie vergete nie en hulle sal op ’n springkasteel kan baljaar, terwyl Ma hulle op spookasem, roomys en springmielies kan trakteer. Besoekers kan rustig onder die

bome saamkuier terwyl hulle na pragtige musiek op die oop verhoog luister. ’n Mobiele bank op die terrein sal inkopies vergemaklik. Lootjies sal ten bate van Volksblad se projek Ons Gee Om (voorheen die Volksblad-Kersfonds) verkoop word en diegene wat R20 vir die fonds skenk, staan ’n kans om lekker pryse te wen. Gholfkarretjies is ook weer beskikbaar om diegene wat ver parkeer te vervoer. Toegang is R11 vir volwassenes en R6 vir kinders. ) Rig navrae aan Bianca Prins by bianca.prins@volksblad.com.

DIE Kos­en­kunsmark Saterdag beloof hope vermaak. Hier swaai Ka­ trien van Zyl gekleurde linte. Foto: Conrad Bornman/Foto24

VOLKSBLAD se Kos­en­kunsmark word Saterdag in die Vrystaatse Botaniese Tuin in Bloemfontein gehou. Foto: Conrad Bornman/Foto24

DIE House of Froggit, wat voorheen onder die naam Elbow’s Up op die Kos­en­kunsmark sake gedoen het, is ook weer met sy verskillende soorte kaas en gebottelde produkte op die mark. Foto: Verskaf


MALUTI, WOENSDAG 30 APRIL 2014

Sit vonk in veldtog Vir Ons Kinders FROM a little spark may burst a flame. — Dante Alighieri Die projek Vir Ons Kinders ten bate van Engo se behoeftige kinders in die Vrystaat begin vandeesweek op die Bloemskou. Die projek word vanjaar die sesde keer aangepak. ’n Chevrolet Spark Campus van R112 400 is op die spel. Deur slegs ’n R20-skenking te doen, staan jy ’n kans om die eienaar van die Spark te wees. Nóg belangriker – jou R20-bydrae is een van die vonke wat die vuur van omgee aansteek. Die vuur maak ’n verskil in die lewe van duisende kinders. Kaartjies kan van 24 April tot 3 Mei teen R20 per kaartjie by Engo se stalletjie in die Tulip-saal op die Bloemskou gekoop word. Baie dankie aan die Bloemskou vir die borgskap van die stalletjie. Ná die skou sal kaartjies by alle Engo-kantore en -sentrums in die Vrystaat beskikbaar wees. Die sluitingsdatum van die kompetisie is op 23 November. Vyf finaliste sal op 9 Januarie 2015 met die hulp van PwC aangekondig word. Die finale trekkingsgeleentheid is op 23 Januarie 2015 in Bloemfontein. Die wenner sal met ’n nuwe Chevrolet Spark Campus wegstap. Verskeie promosieveldtogte sal die volgende sewe maande oor die Vrystaat heen plaasvind waardeur mense aangemoedig sal word om kaartjies ten bate

van die Vir Ons Kinders-projek te koop. Die motor sal onder meer op Volksblad se Kos-enkunsmark, die Vryfees in Bloemfontein, die Kersiefees in Ficksburg en in verskeie winkelsentrums oor die Vrystaat heen besigtig kan word. Die Vir Ons Kinders-projek sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van sy borge nie. Vanjaar se borge is Imperial GM Bloemfontein, Radio Rosestad en Volksblad se Sentrale Plaaslike Koerante. Engo-kinder-en-jeugsorg (jeugsorgsentrums, vroeër bekend as die kinderhuise) is ’n nie-winsgewende instansie wat kinders heeltyds versorg wat deur die Kinderhof van hul ouerhuise verwyder is, omdat hulle ’n behoefte het aan sorg en beskerming. Die diens is reeds meer as 100 jaar oud en het ’n holistiese uitgangspunt van versorging wat alle fasette insluit. Sowat 800 kinders tussen 0 maande en 18 jaar word in 34 jeugsorgsentrums oor die Vrystaat heen versorg. Die sentrums skep ’n huislike atmosfeer vir kinders en is in die gemeenskap geleë. Die doel is om kinders in die gemeenskap te laat inpas. Bykomende hulp word verleen aan ongeveer 2 500 kinders wat in risiko-omstandighede leef. DIE Engo-jeugsorgsentrums (kinderhuise) in die Vrystaat het dit moeilik. Die staatsubsidies het die afgelope jare weinig verhoog

DIE kinders van die Engo­kinder­en­jeugsorg. en dit word steeds van die kinderhuise verwag om die kinders met minder as R12 per kind drie keer per dag kos te gee. Dit het noodsaaklik geraak vir

die gemeenskap om betrokke te raak. Geld om in die noodsaaklike behoeftes van die kinders te voorsien moet deur insamelingsprojekte soos dié ingesamel

Foto: Verskaf

word. ) Vir meer inligting oor die Vir Ons Kinders-projek en die beskikbaarheid van kaartjies in jou streek, skakel 051-407-7222 of besoek www.engo.co.za.

9


10

MALUTI, WOENSDAG 30 APRIL 2014

Provinsiale, nasionale en munisipale verkiesings verskil só André Botha DIE provinsiale en nasionale verkiesings verskil van die munisipale verkiesings deurdat kiesers op 7 Mei slegs vir partye

gaan stem en nie vir individuele kandidate nie. Kiesers sal op 7 Mei twee stembriewe ontvang. Een daarvan is vir die provinsiale wetgewer en die ander een is vir die

Nasionale Vergadering in die parlement. Kiesers kan provinsiaal vir een party en nasionaal vir ’n ander party stem as hulle wil. Nog ’n verskil tussen munisipale verkie-

TE KOOP

KLERASIE 1615

SANDSTONE: Blocks, bricks, cladding, rivens, tiles, etc. Tel: 058 303 4840. 12 Archbell Street, BHM. LOODGIETERS 1855

AQUA PLUMBING: Repair and installation of geysers and all plumbing emergencies. Call 074 420 1076. EIENDOMME

TE HUUR 3205

Akkommodasie beskikbaar, 500 m buite Bethlehem op die Paul Rouxpad. * 4-slk-huis met 1,5 badk. R7 500 p.m. W en l ing. *Eenmanwoonstel: R2 200 p.m. W en l ingesluit. * 2-slk-woonstel, R4 500 p.m. W en l ing. Swembad/duiwelsvurkomheining, lapa ingesluit. Beskikbaar 1 Mei 2014. Deposito betaalbaar. Skakel Heleen 072 282 3550. KANTORE

ALGEMENE & HUISDIENSTE

3290

ALLERLEI 1845

SHOP TO LET: 120 square metres in Brand Street, Bethlehem. R5 000 p.m. plus key deposit, R5 000. Phone 083 634 7158/ 082 779 1694.

sings en provinsiale en nasionale verkiesings is waar kiesers mag stem. In munisipale verkiesings kan slegs in die stemlokaal gestem word waar die kieser geregistreer is. In provinsiale en nasionale verkiesings kan egter by enige stemlokaal gestem word. As jy dus in Kimberley geregistreer is, maar jou op stemdag in Upington bevind, kan jy steeds provinsiaal sowel as nasionaal stem. Bevind jy jou egter in Bloemfontein, sal jy slegs nasionaal kan stem, omdat jy nie in die Vrystaat geregistreer is nie. Om te kan stem moet kiesers hul identiteitsdokumente saamneem. Daarsonder kan nie gestem word nie. Kiesers mag ook net een keer stem. Suid-Afrika gebruik ’n proporsionele kiesstelsel op nasionale en provinsiale vlak. Dit beteken die getal setels wat elke party wen, hang af van die getal stemme wat die party kry. ’n Formule word gebruik waarvolgens een setel vir ’n bepaalde getal stemme aan die onderskeie partye toegeken word. Nadat die setels volgens die formule toegeken is, bly daar ’n paar setels oor. Elke party het ook oorskot-stemme (stemme bo en behalwe die getal stemme per setel). Dié setels word dan toegeken op ’n grondslag van een setel vir die party met die grootste getal oorskot-stemme, dan ’n setel vir die party met die tweede grootste getal oorskot-stemme, en so voort totdat al die setels gevul is. Elke party het drie kandidatelyste: Een lys is vir die provinsiale wetgewer, een is ’n streeklys vir die Nasionale Vergadering en die derde lys is ’n nasionale lys vir die Nasionale Vergadering. As ’n party ses setels in die wetgewer wen, word dit gevul deur die eerste ses kandidate op sy wetgewerlys. Die provinsiale stembriewe word hiervoor gebruik. Die Nasionale Vergadering se 400 lede word in twee groepe van 200 elk aangewys. Vir albei groepe word die nasionale stembriewe gebruik. Vir die een groep word die nasionale lys gebruik. Die aantal setels vir elke party word bepaal volgens sy getal stemme nasionaal en die lede word aangewys volgens hul plek op die onderskeie partylyste. Die ander 200 lede word aangewys volgens die stemme wat die partye in die onderskeie provinsies behaal het deur die nasionale stembriewe te tel. Elke party het ’n lys per provinsie en elke provinsie het ’n getal setels in die Nasionale Vergadering. Die Nasionale Raad van Provinsies is die ander deel van die parlement. Dit het die ou senaat vervang en sien spesifiek na die belange van die provinsies om. Kiesers stem nie regstreeks vir dié liggaam nie. Die samestelling daarvan word deur die samestelling van elke wetgewer bepaal. As ’n party dus ’n derde van die wetgewersetels in ’n provinsie gewen het, kry hy ook ’n derde van die provinsie se setels in die Nasionale Raad van Provinsies.

Gekies vir span GUIDO POSTMA van die Bethseals­ klub in Bethlehem is vir die Vrystaat­ biathle­span gekies wat einde Julie aan die nasionale kampioenskapsbyeen­ koms in Durban gaan deelneem. Foto: Verskaf


MALUTI, WOENSDAG 30 APRIL 2014

11


Sport Koerant met hart I The paper with heart

NETBALPROEWE op die Kindersorg­dag by die Laer­ skool Truida Kestell in Bethlehem.

BULLETJIERUGBY op die Kindersorgdag in die gr. O­rugbyproewe by die Laerskool Truida Kestell in Bethlehem.

NETBALPROEWE by die Laerskool Truida Kestell in Bethlehem.

Dag vet pret Nico Gous DIE Preprimêre Skool Kindersorg in Bethlehem het Vrydag ’n rugby-en-netbaldag by die Laerskool Truida Kestell gehou. Hier het ongeveer 230 gr. O-leerlinge van die Kiddies Club, Kindersorg, Tingeling, Jordania en The Anchor teen mekaar gespeel. Op die baan en veld was die spel maar ’n deurmekaarspul, maar die leerlinge het die dag geniet. “Dit is ’n dag vir die kinders en vir die lekkerte,” sê Cornél Muller, skakelbeampte en sportorganiseerder van Truida Kestell. Dié dag is die eerste keer in 2010 gehou en was net ’n dag vir Kindersorg, maar het sedertdien uitgebrei. “Ons hou die dag, want daar is nie regtig blootstelling vir die gr. O-leerlinge nie.”

Foto’s: Trish Schmidt

VEILING

30 Mei 2014 om 11:00 te

Plaas Bergdeel.

Fouriesburg Afdraai S28 29.320 E28 03.972 Plaas S28 29.461 E28 03.614

774 Ha Wildsplaas – Fouriesburg Prentjiemooi wildsplaas in die bergagtige dele van die Oos-Vrystaat! Een van die bestes in die Fouriesburg omgewing! 4 Gronddamme wat natuurlik gevoed word uit die Witteberge, boorgat, goedkeurde wildsomheining en verskeie wildsoorte. 7 Skaapkrale, verskeie grassoorte, bosrante en klowe. Konferensie saal, ope-lug kerk, verskeie grootte ‘chalets’ en ablusie geriewe.‘n Grot met slaapplek vir 28 mense en asemrowende sporekrans staproetes. Werkershuise, asook 2 pakstore. Implemente en Eskom krag. 10 % Deposito, 10 % Kopers kommissie. 7 Dae vir bekragtiging, Verbruikerswet ter sprake. Termes en voorwaardes op aanvraag.

Kontak: Braam 082 804 8079 Pieter: 076 922 3699 / Ben: 082 570 7583 www.property24.co.za, Lys nr: 101729995

REGS: Gr. O­rugby by die Laerskool Truida Kestell in Bethlehem.


Malutima 20140430