Page 1

Koerant met hart I The paper with heart TEL: 058 ­ 303 5411

WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

WWW.MALUTINEWS.CO.ZA

FREE

Baljaar op gr. 8­kamp DIE gr. 8­leerlinge van die Hoërskool Voortrekker het die afgelope naweek op Moolmanshoek gekampeer. Hulle het aan verskeie aktiwiteite deelgeneem, mekaar met modder besmeer, appels probeer eet sonder om daaraan te vat en dies meer. Foto: Verskaf REGS: Meisies in gr. 8 aan die Hoërskool Voortrekker tydens die appel­eetkompetisie op die kamp op Moolmanshoek.

Lugskou sprei vlerke

Nuwe skou sal vliegtuie uit 14 lugvaartafdelings lok Lynda Greyling

DIE Bethlehem-vliegklub gaan nie vanjaar ’n lugskou aanbied nie. Vir die vlieg-entoesias is daar vanjaar ’n reuse-byeenkoms waarop meer as 2 000 vliegtuie in 14 lugvaartafdelings in die lugruim bo Bethlehem, asook op die lughawe, te sien sal wees. Jaarliks vlieg duisende mense

wat in lugverkeer belang stel na Oshkosh in Amerika waar hulle op die vliegveld slaap, eet, stort, kuier en natuurlik die hele tyd net oor vliegtuie praat. Lede van die Aero-klub Suid-Afrika het die vorige byeenkoms bygewoon en kan nie daaroor uitgepraat raak nie. Drie vliegklubs in Suid-Afrika is geïdentifiseer met die potensiaal om ’n soortgelyke byeen-

koms aan te bied. Dit is Waterkloof, Port Elizabeth en Bethlehem. Bethlehem was eindelik die finale keuse. Clem Harrington, voorsitter

van die Bethlehem-vliegklub, sê dit is ’n groot eer vir die dorp. Van 1 tot 4 Mei sal die 14 lugvaartafdelings op Bethlehem se lughawe saamtrek. Dit sluit in afdelings met vliegtuie wat toertjies doen, lugballonne, sweeftuie, valskermspringers en modelvliegtuie. Die vlieëniers sal ’n dag voor die tyd daar aankom en daar sal in die volgende twee dae verskeie verbyvlugte plaasvind.

Baie mense sal op die vliegveld kampeer, terwyl sommige mense in plaaslike gastehuise sal tuisgaan. Volgens Kevin Storie, bestuurder van die Aero-klub Suid-Afrika, verwag hulle die byeenkoms sal net so gewild soos dié een in Oshkosh word. Die Bethlehem-vliegklub vier vanjaar sy 80ste bestaansjaar en dit is deel van die dorp se 150-jaar-vierings.


2

MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

3 Februarie: Die Bethlehem-leeskring vergader om 14:30 in die Martin Harrissaal. Igno van Niekerk praat oor Stories: Hoe hulle ons raak en ons vorm. 12 Februarie: Munisipale wyk 10 hou om 17:00 wyksvergadering in die sysaal van die stadsaal. Vir verdere besonderhede bel Gerrie Roetz by 082-771-5574.

14 Februarie: Valentynsdag: ’n Barn-dansparty word deur die Golden Gateway-hospice aangebied. Dit is om 18:00 vir 18:30 by die Bethlehem-

vliegklub. Ingang is R60 per persoon, kinders onder 14 jaar gratis, 15 tot 18 jaar R30 per persoon. Bring ’n piekniekmandjie of kom braai jou eie vleis. Braaiers, pap en sous sal voorsien word. Bring jou eetgerei. ’n Kontantkroeg is beskikbaar. Kaartjies is by die Golden Gateway-hospice se kantoor te koop. Vir meer inligting bel 058-303-3082 of 082-200-4169.

Misdaad ál meer gekeer MISDAAD het die afgelope twee maande aansienlik op Bethlehem afgeneem. Dit is te danke aan die polisie se misdaadvoorkomingsaksies wat in samewerking met die publiek gehou is. Op sektor 10 en sektor 11 (Hospitaalheuwel, Panorama, Jordania en La Provence) se vergadering het kapt. Louisa van den Berg gesê deur samewerking en harde werk het misdaad afgeneem. Dit was veral in Bohlokong, waar baie inwoners keelvol vir die misdaad is,

waar ’n wesenlike verskil is. Inwoners het as reserviste opgetree en te voet in die woonbuurte patrollie geloop. Die polisie, wat met ’n mobiele vingerafdruktoestel rondgery het, het deurentyd mense se vingerafdrukke geneem. So is ’n man wat in Bloemfontein gesoek word in verband met ’n verskeidenheid misdaadklagte vasgetrek. Die spesiale optrede van die polisie eindig Vrydag, maar daar is reeds verskeie misdaadvoorkomingsaksies wat gevolg gaan word.

Van den Berg sê die polisie is baie gemotiveerd. Die jaar het goed begin en die polisielede is vol vertroue dat hulle ’n verskil gaan maak. Inwoners word versoek om vol te hou om die polisie by te staan en te ondersteun. Gerrie Coetzee, een van die inwoners, het namens die inwoners die polisielede vir hul harde werk en toewyding bedank. “Ons hoop ons sal vanjaar meer inwoners kry om betrokke te raak om misdaad te bekamp.”

AfriForum vat misdadigers vas IN die Desember-vakansie het AfriForum se Bethlehem-tak misdadigers behoorlik vasgevat. Altesaam 30 gesteelde beeste, 16 skape en R13 000 se gesteelde boontjiesaad is aan die eienaars terugbesorg. Boonop was die voertuig wat gebruik is in die saaddiefstal en ʼn 9 mm-pistool veronderstel om in die polisie se besit te wees. Volgens Cyril Adkins, die voorsitter van AfriForum se Bethlehem-tak, is ’n aantal inhegtenisnemings gedoen, onder meer vir die diefstal van koperkabels.

“Wildkameras word gebruik om die roetes wat misdadigers gebruik te monitor en dit help boere om kennis te dra van enige verdagte aktiwiteite. AfriForum het radio’s en wit ligte verskaf om die patrolleerders se kommunikasie en sigbaarheid te verbeter,” het Adkins gesê. Met hierdie suksesse het misdaad, veral veediefstal, ongelukkig in ander sektore begin toeneem, maar die polisie het AfriForum genader om nou ook by dié sektore betrokke te raak. Volgens CW Els, AfriForum se organiseerder vir die

Vrystaat, sal hulle die polisie bystaan en gemeenskappe die nodige ondersteuning gee om hul gebiede self te beveilig. “Die samewerking wat ons van die polisie ontvang, is werklik verblydend. Ons besef dat mense geneig is om skepties te wees oor die polisie, maar ons verwelkom hierdie samewerking.” Inwoners moet by AfriForum aansluit om deel te word van die welslae wat beter en veiliger dorpe vir almal teweegbring. SMS jou dorp se naam na 31336. SMS’e kos 50c.


MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

Fostering good ties A FARMERS DAY was held on Pitso Sekhoto’s farm Makolobane near Senekal on Friday. The day was organised by the Free State MEC for Agriculture and Rural Development, Mamiki Qabathe, in conjunction with Sekhoto. The harvesting of apples on the Makolobane Farm provides the perfect opportunity to show other developing farmers in the province the process of getting these fruits to the market and widen the knowledge base in the region. The aim of the day was to foster more productive relationships among local farmers to give everybody a greater chance of success, as well as to introduce them to the various stakeholders from other sectors of the industry who were in attendance. “We are delighted to have this opportunity to bring developing farmers together to share our knowledge, hear their issues and plot a way forward so that we can maximize the farming potential of the Free State,” Qabathe said. “We would like to express our gratitude to our hosts, Makolobane Farm, who are a shining example of how farming can create not just employment for workers, but make them a part of the business too by handing over a percentage of ownership.

THE MEC for Agriculture and Rural Development, Mamiki Qabathe, picking an apple in the orchard on Pitso Sekoto’s farm during the farmers day held on the farm. Photo: Supplied

“We sincerely hope that those farmers and workers who have come to the farmers day take back with them the knowledge gained and contacts made and continue to prosper on their own farming land.” There was also an address by Qabathe, as well as the mayor of Setsoto, Tshediso Jacobo, and Sekhoto. Makolobane Farm is a family-owned emerging commercial farm. The family started farming in August 2008. Currently the land holds approximately 240 beef cattle and 260 dairy cows, maize, sunflowers and an apple orchard of 4 hectars. There are 24 full-time employees and those who were in employment from the beginning of the farm are part of the Employee Share Trust, which holds a 15% stake in the business.

3

Slaggereed in nood DIE noodsentrum by die Mediclinic Hoogland is onlangs opgeknap en gereed vir enige trauma wat na sy kant toe kom. Dié sentrum maak gebruik van ’n stelsel wat internasionaal aanvaarbaar is waartydens alle pasiënte na gelang van hul beserings en kliniese uitkomste in vier kategorieë ingedeel word. Dié stelsel staan bekend as triage – daarvolgens word die pasiënte ondersoek om te bepaal hoe ernstig hul toestand is en hoe vinnig hulle behandel moet word. Die vier kategorieë word met die volgende kleure uitgebeeld: rooi, oranje, geel en groen. Die rooi is vir pasiënte wie se toestand baie ernstig is ná ’n hartaanval of motorongeluk. Dié pasiënte moet onmiddellik behandeling ontvang. Die oranje is vir pasiënte wie se toestand ernstig is, maar wat nie in lewensgevaar verkeer nie. Hulle moet binne tien minute behandeling ontvang. Die geel dui op ’n minder ernstige toestand en dui daarop dat daar binne ’n uur behandeling ontvang moet word. Die groen is vir minder ernstige pasiënte en hul wagtyd kan tot vier uur wees. Dr. Moira van der

DR. SUNETTE COETZEE (links), sr. Ina Korff (eenheidsbe­ stuurder) en dr. Moira van der Merwe in die trauma­kamer in die noodsentrum van die Mediclinic Hoogland. Foto: Lynda Greyling

Merwe, bestuurder en dokter by die noodsentrum, sê dat pasiënte in die groen kategorie gelukkig meestal gouer gehelp kan word, maar dat hulle soms moet wag as daar sieker pasiënte inkom. Met sowat 750 pasiënte wat in Desember in die noodsentrum gespreek is, het hierdie stelsel voorwaar dinge gladder laat verloop. Die noodsentrum is 24 uur oop met drs. Moira van der Merwe, Sunette Coetzee en Kenneth Reed wat as heeltydse noodsentrumdokters diens doen. Die dokter wat nagdiens verrig, maak selfs van die ingerigte slaapkamer

gebruik wat deel is van die noodsentrum om tussen pasiënte deur te rus. Daar is dus altyd ’n dokter aan diens. Daar is ook sewe algemene praktisyns van Bethlehem wat om die beurt na ure by die noodsentrum werk. Die sentrum sien soos volg daaruit: Die pasiënt word in die triage-kamer ontvang waar die aanvanklike evaluering gedoen word en hy of sy in ’n kategorie ingedeel word. Die rooikategoriepasiënte word egter reguit na een van die twee traumakamers geneem waar daar onmiddellik noodbehande-

ling toegepas word. Slegs die beste tegnologie en nuutste toerusting word in die noodsentrum gebruik. Die radiologie-afdeling (x-strale) is naby en alle x-straalfoto’s kan danksy die PACS-stelsel in die traumakamer deur die dokter nagegaan word. Langs die traumakamers is ’n klein wagkamer waar die familie kan wag terwyl medici hul geliefdes behandel. Die sentrum beskik ook oor ’n pediatriekamer waar kleingoed in nood die beste sorg sal ontvang. Buiten die drie algemene noodsentrumbeddens is daar ook ’n aparte prosedurekamer waar gips of steke aangebring kan word. Die eenheid spog ook met ’n inloopstort. Hierdie stort word gebruik om pasiënte te was wat dalk met gif in aanraking gekom het. Die noodsentrum beskik ook oor sy eie administratiewe afdeling waar pasiënte regstreeks opgeneem word en waar alle take rondom die siekefonds afgehandel kan word. Selfs in die geval van ’n ramp waarin ’n groot aantal pasiënte betrokke is, is die noodsentrum by die Mediclinic Hoogland gereed om enige situasie vlot te laat verloop.


4

MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

Gemeenskap moet Gee regte inligting uitreik en DBV help Briewe / BETHLEHEMIET, Bethlehem:

beskermingsvereniging is gekontak, ’n beloning aangebied en dies meer. Maar niks. VRYDAGOGGEND lees ek Intussen is die kuiermense nogal op die voorblad van die deur weg en het die eienaars koerant van ’n man wat ver Lynda Greyling moed opgegee dat sy lewend gery het om ’n advertensie in gevind sal word. die koerant te plaas oor sy Totdat hulle Vrydag vroegoggend ’n oproep budjie wat dood is. So iets op die voorblad? Totdat ek die berig ontvang het van die man wat patrollie gery het. Hy het haar langs die pad gekry en na sy huis gelees het. Kort nadat ek by die werk aangekom het, geneem, maar was toe op pad om haar na hul bel ’n vrou my om te sê hulle het hul hond wat plaas te neem. Hy het intussen vir haar iets gegee om te eet. bykans tien dae weg was, teruggekry. Haar oubaas was so bly, hy het klaar vir haar Die pekinese is 14 jaar oud, al effe blind en doof en het nie meer tande nie. Hul dogter se met lekker kos gewag. Later die oggend moes ek DBV toe gaan. vriend en ma wat van oorsee af by hulle kuier, Hulle kathokke is vol, daar is baie honde, het op die plaas gaan stap. Die hond het hulle gevolg, moeg geraak en onder meer ’n skaaphond met agt kleintjies in die pad gaan sit. Dit was die laaste wat sy wat dringend huise soek. Die honde se baas is oorlede. By die DBV is daar ’n ook tekort gesien is. Daar is oral na haar gesoek. Die koring-stro- aan kos vir die diere. Kan ons nie maar almal pery is ook onderbreek om te soek. Die Diere- iets bydra om te help nie? Lynda Greyling

Vir meer foto’s en nuus gaan na www.malutinews.co.za

EK het onlangs ’n kennisgewing in die pos ontvang ek moet my rybewys hernu. Daarop staan ek moet identiteitsfoto’s saamneem. Só het ek foto’s laat neem en is na die verkeersafdeling. Daar aangekom, was een amptenaar aan die werk agter ’n toonbank en ’n ander is met ’n mond vol kos by die deur uit. Ek het gewag en gewag en al die kennisgewings gelees. Die een lui: ‘A customer is the most important visitor on our premises. He is not dependent on us. We are dependent on him. He is not

an interruption of our work. He is the purpose of it. We are not doing him a favour by serving him. He is doing us a favour by giving us the opportunity to do so.’ – Mahatma Gandhi. Die werker wat my eindelik gehelp het, was baie vriendelik. Dié sê toe ek moet nader staan sodat my foto’s gratis geneem kan word. Dít nadat ek spesiaal foto’s laat neem het. Ek kan die onnodige uitgawe bekostig, maar daar is so baie mense wat spesiaal daarvoor moet begroot. Hoekom staan in die kennisgewing jy moet foto’s laat neem – kan dit nie reggestel word nie?

Letters

Small steps for unity in Africa RICHARD TAYLOR, Baken Park: AFRICA is shaped like a question mark. In fact, she is a question mark to all who are concerned with her growth, development and unity. Africa asks: “How long shall my children die of famine, ethnic wars, political turmoil and conflicts? How long shall the effects of colonialism continue to rip my people apart? How long shall imperialistic economic policies continue to further impoverish me and my children? But most importantly, when shall my children unite?” These and other questions continue to echo in the minds of those who have Africa’s unity in their hearts. In 1963 in Addis Abeba with the formation of the Organisation of African Unity (OAU) when Ghana’s first president, Kwame Nkrumah, spoke about continental unity, it was accepted by most African leaders as a philosophic principle. After Ghana’s independence, other African states followed. Except for South Africa and Namibia, the whole of Africa was politically independent by the late 1970s and early 1980s. What failed this revolution was the selfishness of the leaders after independence. Our leaders turned to their former

colonisers for economic and management assistance. What our leaders could have done after independence was to hold a summit of African heads of state to discuss unity. They could have drawn up policy guidelines to usher in continental unity. They could have chosen the manner in which power would be surrendered to a monitoring body such as the OAU. The OAU could have drawn up a constitution for federal states of Africa. Unfortunately, the promise of power made African leaders forget slogans like Pan African unity. But I believe it is not too late to realise that dream. All the African states are independent, and the time is ripe. African regional unity is also a possibility. The Southern African Development Community (SADC) countries have the same economic vision and suffer almost the same political problems. Their citizens share common cultures, languages and experiences. A government of regional unity in Southern Africa is a real possibility. The west could unite to form one regional state. When the process of regional unity is complete, I believe we can go on to the next stage, continental unity, or the United States of Africa.

Doen dorp se naam gestand AFHANKLIKE INWONER, Bethlehem – Huis van Brood: KOM elkeen van ons leef Bethlehem

se betekenis uit deur een keer ’n maand na Sy huis te gaan om Hom te dank of te vra vir ons daaglikse brood.

’Groot manne het God nodig’ Geesgenoot

1 KORINTIËRS 9:19-27: Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê. Die geestelike eindstreep, wenstreep van die lewe waarby elkeen van ons gaan uitkom, hang van die kernfokuspunt van ons hart af. Dr. Baldwin het sy lewensfokus so beskryf: “Op 30-jarige ouderdom het ek al die filosofieë en godsdienste van die wêreld ondersoek en geken. My gevolgtrekking was: Niks is beter as die evangelie van Christus nie. Toe ek 40 jaar geword en die laste op my begin druk het, het ek gesê: Niks is so goed as die evangelie nie. Op 50 jaar, toe die stoele om my begin leeg raak het, het ek gesê: Niks kan met die evangelie vergelyk word nie. Op 60 jaar, met my dieper insig en nader aan die einde, het ek gesê: Daar is niks behalwe die evangelie nie. En nou op 70 jaar, naby die einde en te midde van baie swakhede, sê ek: Daar is geen besitting soos die evangelie nie.” Hoe ouer ons word, hoe stewiger moet ons aan die beloftes van die evangelie vasklou.

. . . die evangelie is ’n krag van God tot redding van elkeen wat glo . . . In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo . . . Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hul glo, sal lewe. (Rom.1:17) Archibald G. Brown het eens gesê: “Die evangelie is ’n feit, verkondig dit dus eenvoudig; dit is ’n blye feit, verkondig dit dus opgewek; dit is ’n betroubare feit, verkondig dit dus met vertroue; dit is ’n belangrike feit, verkondig dit dus ernstig; dit is ’n feit oor ’n persoon, verkondig dus Jesus.” Wat genl. Grant ná sy bekering oor die evangelie en die Here Jesus gesê het,, is aangenaam om te hoor. Die predikant wat die beroemde man na die Here gelei het, het vir hom gesê: “U bekering is ’n groot aanwins vir God se koninkryk, Generaal”. Genl. Grant het geantwoord: “God het nie groot manne nodig nie, maar groot manne het God nodig”. ) www.kragvirvandag.co.za; ds. Manie Colyn.


MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

5

Soe(sji), dis lekker

DIE lede van die Asrivier­Vroue­Landbou­unie (VLU) het hul maandver­ gadering by die Bergprag­sentrum vir Bejaardes gehou. Van links is Sanette Dorfling, Elize Pieters, Mariaan Briedenhann en Ivy Heinlein.

Bergprag bied vir meer tuiste SEDERT die Bergprag-sentrum vir bejaardes sowat tien jaar gelede met vyf inwoners in die versorgingsafdeling geopen het, het dit aansienlik uitgebrei. Daar is 48 bejaardes en dit behoort teen die einde van die jaar 60 inwoners te wees. Die lede van die AsrivierVroue-Landbou-unie (VLU) het Woensdag hul vergadering by Bergprag gehou. Elize Pieters, die voorsitter, sê hulle wil vanjaar meer by bejaardes betrokke raak en het op Bergprag besluit. Mariaan Briedenhann, die bestuurder van Bergprag, het vertel van die verskillende afdelings waaruit die oord bestaan en wat die werksaamhede behels.

Daar is veiligheidskameras in elke kamer aangebring wat die veiligheid van die inwoners verseker. Weens die groeiende behoefte aan behuising word die bestaande gebou opgeknap en uitgebrei. Twee nuwe vleuels wat uit 12 kamers bestaan, is aangebou. Die saal gaan opgeknap word waarna dit vir kerkdienste, aktiwiteite en dies meer gebruik sal word. Die eetsaal, sitkamer, washuis en dienskantoor vir die verpleegsusters gaan ook opgeknap word. Die doel is om die dienste van die versorgingseenheid vir al Bergprag se inwoners, asook die publiek, oop te stel.

LEDE van die Water­ bron­Vroue­Land­ bou­unie (VLU) het vanjaar besluit om op elke vergadering ’n land te bespreek. Hulle het Woensdag vergader en Japan en China bespreek. Co­ lin Brett van Ocean Basket en ’n perso­ neellid, Gloria Mofo­ keng, het die vroue gewys hoe om soesji te maak. Van links is, voor: Gloria Mofo­ keng en Colin Brett; agter: Zandra Gro­ bler, Joey van Rens­ burg, Suzé van der Spuy en Magda Beu­ kes.

Besoek

www.malutinews.co.za

om te sien hoe soesji gemaak word

MARTIN DREYER (links) van die Rail­ way­drankwinkel word hier deur konst. Tseko Maome geboei. Dreyer is hierna in die vangwa gelaai en na die Dierebe­ skermingsvereniging (DBV) se terrein in die Groenvoerland gebring. Dit was alles ten bate van die DBV. Dreyer het R4 000 aan die DBV oorhandig waarvan R1 000 deur Japie van Wyk geskenk is. Die DBV op Bethlehem sukkel om oop te bly. Die Bethlehemse DBV benodig dringend kos vir honde en katte, katsand en twee bande vir hul bakkie. Dreyer sê hy daag nou ander sakeondernemings uit om ook ’n skenking aan die DBV te doen. Foto: Lynda Greyling

Lug jou mening hieroor en kyk na nog foto’s op Maluti se Facebook­blad.


6

MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014


MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

7


8

MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

SKOLENUUS

Gereed om te leer en te speel

Gereed vir skool DIE Laerskool Jordania, wat die afgelope paar jaar twee gr. O­klasse gehad het, het van vanjaar af drie klasse. Marietjie Pieters is die nuwe onderwyser. Hier is sy by haar leerlinge.

ATLETE van die Laerskool Jordania wat rekords verbeter het op die skool se byeenkoms op Goblepark is van links Victor Nel (150 m­hekkies, o.12), FC Krugel (80 m­hekkies, o.13), Marinus Minnaar (200 m, o.12), Ismarie Bouwer (ewenaar rekord, gewigstoot, o.12), Marisca Stander (1 500 m­stap, o.13), Linél Bester (gewigstoot, o.11), Rozaan Smit (ewenaar rekord, gewigstoot, o.11), en Jana Muller (ewenaar rekord, gewigstoot, o.10).

JAZELLE MULLER, ’n gr. 1­leerling aan die Laerskool Truida Kestell, is hier saam met haar onderwyser, Eliz­Mari Kotze, op haar eerste skooldag.

AIDEN SHIELDS van die Laerskool Jordania het aan die 200 m vir o.14­seuns op die Hoërskool Witteberg se atletiekbyeenkoms op Goblepark deelgeneem. LINKS: Henderson Barry in aksie in die o.16­gewig­ stootnommer op die Hoër­ skool Witteberg se atletiek­ byeenkoms op Goblepark.

BO en onder: Elmien Verster van die Hoërskool Witteberg neem hier aan die hoogspringnommer vir meisies o.19 deel op die skool se atletiek­ byeenkoms op Goblepark. Foto: Lynda Greyling BO en onder: Leané van Vuuren in aksie tydens die verspringnommer vir meisies o.14. Sy het die nommer gewen.

Wen met ’n haarbreedte IN die 800 m vir seuns o.15 het Ntebe Mofolo en Tshepo Khalane groot opwinding verskaf toe hulle gelyk oor die wenstreep gehardloop het. Ntebe, wat van die begin af voor gehardloop het, was letterlik ’n haar­ breedte voor Tshepo waarna hy as die wenner aangewys is. Die twee, albei leerlinge aan die Hoërskool Witteberg, het aan die atletiekbyeen­ koms op Goblepark deelgeneem. Foto: Lynda Greyling


MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

Bloed is kosbaar en nodig FEBRUARIE is die maand van liefde wat op ’n romantiese manier deur mense gedeel word, maar by die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) word dié liefde elke maand gevier. Deur onbaatsugtige bloedskenking en ’n liefde vir menswees word ’n verskil in die lewe van pasiënte gemaak – iemand wat die skenker nooit sal ken nie. Alle skenkers word aangemoedig om hul vloeibare liefde dié maand te deel en om hulself daaraan toe te wy om vier keer ’n jaar bloed te skenk. Dit is nie te laat om dít jou Nuwejaarsvoorneme vir 2014 te maak nie. Om dankie te sê gaan die SANDB ’n spesiale geskenk aan diegene gee wat vier eenhede in ’n kalenderjaar skenk. “Met skole, universiteite en organisasies wat weer soos normaal hul besigheid ná die vakansie hervat het, is ons daartoe in staat om ’n goeie bloedvoorraad te handhaaf, veral met die hulp van skenkers. Ongeag hiervan kan dit enige dag verander indien die daaglikse teiken van 3 000 eenhede nie bereik is nie.” Só sê Vanessa Raju, kommunikasiebestuurder van die SANBD. Alle bloedgroepe is belangrik, maar groep O is die bloedgroep wat die gereeldste laag in voorraad is. Dít is omdat die vraag na dié groep baie hoër is en omdat dit vir pasiënte van alle ander bloedgroepe gebruik kan word. Indien jy aan die bloedgroepe A en AB behoort, kan jy dit oorweeg om ’n plaatjieskenker te word. Vind meer hieroor uit by jou naaste bloedskenkkliniek of bloedskenksentrum. Wat is plaatjies? Plaatjies speel ’n kritieke rol in bloedstolling en om oortollige bloedverlies te voorkom. Plaatjieskenking is ’n eenvoudige proses wat omtrent ’n uur en ’n half neem om te voltooi. Die bloed word verwerk deur ’n seldeler wat die plaatjies terughou en die res van die bloedkomponente aan die skenker se liggaam terugbesorg. Dié proses maak dit moontlik vir mense om maandeliks plaatjies te skenk. Om ’n bloedskenker te word moet u minstens 50 kg weeg, tussen die ouderdom van 16 en 65 wees, ’n veilige leefstyl lei, in algemene goeie gesondheid wees en u bloed as veilig vir oortapping aan ’n pasiënt beskou. Besoek gerus die SANBD se kantoor in die Metropolitan-sentrum.

9

than e r o m k c a b n e iv g e We’v arch 2011 M e c in s s r e p p o t sh R1 Billion to smar

d e h c t i w s u Have yo ? h s a c o t s your point

32

R

19

Garnish and decor not included

SAVE R11

90

Fresh SA Bulk Tenderised Steak

55

R

PnP NO NAME™ Fresh Chicken Thighs and Drumsticks Per kg

Per kg

Flora Medium Fat Spread Assorted 500g Tub Each

FRESH BUY BOTH FOR

+

+

30

R

50

R

16

90

PnP English Tomatoes 1kg, Crisp Lettuce 150g Pillow Pack and English Cucumber

PnP Washed Potatoes 7kg and Onions 7kg Family Pocket

10

+

BUY ALL 3 FOR

BUY 2 FOR

30 Albany Superior White Bread 700g

26 R 28 SAVE 4.99

90

Kellogg’s Special K Original 500g or Oats & Honey 375g Each

PnP NO NAME™ Cooking Oil 2 Litre

67

90

90 Spekko Parboiled Rice 2kg

7

50 Fatti’s & Moni’s Spaghetti or Macaroni 500g Each

Most Reputable Retailer 2013

Dinu Rose Collection White Toilet Tissue 18 x 2 Ply

SAVE R16

65 R 18

R

Nescafé Classic Dawn 200g Jar

Most Trusted Retailer 2012

30

R

PnP NO NAME™ Refined White Sugar 2kg

90

54 18

PnP Fresh Milk Assorted 2 Litre Each

Omo Fast Action Hand Washing Powder 3kg Flexi Bag

Sta-Soft Fabric Softener Assorted 500ml Refill Each

Earn

5X pointss on all

Get your voucher at the kiosk in store or on the Pick n Pay Mobile App.

Terms and Conditions apply.

s stationery t Valid 6 Jan - 2 Feb

PRICES VALID 28 JANUARY - 2 FEBRUARY 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERS

In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express and Daily stores. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply.

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details. 1183600_390x198


10

MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

PERSOONLIKE DIENSTE DAGSORG & CRÈCHES 1410

Voltydse dagmoeder: Ouderdom: 0 tot 3 jaar. 082 551 8334. TE KOOP

Woonstel sentraal geleë in Bethlehem. 3 slaapkamers, 1,5 badkamers, groot sit-/eetkamer, tuin rondom. Motorhuis sekuriteitshek. Pas nuut gerestoureer. R4 400 per maand. Onmiddellik beskikbaar. Skakel Marlien 082 662 8372. MOTORHUISE/ BERGING 3260

ALLERLEI 1655

Econo-beeswaentjie: 4 m x 2 m. Dubbelas. Ford Ranger Supercab-veetralie, 2005. Ford WL 'starter/ alternator'- los onderdele. Dieselpomp. Skakel: Johan 082 808 8111.

STOORPLEK: Dubbelmotorhuis te huur in Bethlehem. Skakel 083 303 6117.

LOSIES AANGEBIED 3280

BETREKKINGS

Huis te deel in Bethlehem: Privaat kamer en badkamer, deel res van huis. Skakel: 083 303 6117. Vanaf 1 Februarie 2014. LOSIES GEVRA 3285

Plaashuis of huis op kleinhoewe te huur gesoek. Skakel Thomas 082 632 3378. BETREKKINGS 3600

BETREKKINGS GESOEK 3670

Lydia soek werk as huishulp, kinderoppasser, kan kook. Voltyds. Skakel Lydia 073 253 8123.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

TE HUUR 1820

VLOERLENGTE TAFELDOEKE, kandelare, eetgerei. Peto Odendaal. Lombardstraat 7. 058 303 2392.

ALLERLEI 1845

SANDSTONE: Blocks, bricks, cladding, rivens, tiles, etc. Tel. 058°303°4840. 12 Archbell Street, BHM. VOERTUIE

MOTORHERSTELDIENSTE 3080

EIENDOMME

WOONSTELLE TE HUUR 3250

3-slaapkamer-woonstel te huur in Rosendal, R2 800 per maand (sleuteldeposito R2 800) plus krag. Onmiddellik beskikbaar. Skakel Yolanda 083 634 7158 of Maretha 082 779 1694.

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

11


12

MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

Sport Koerant met hart I The paper with heart

LEDE van Maluti Cycling het vanjaar verskillen­ de roetes om Bethlehem ten bate van liefdadig­ heid gery. Van links is, voor: Riaan Maritz (ver­ koopsbestuurder SAB), Stefan Oberholzer (Bethsab), Jacob Lempe, Tim Oglesby, Werner Martin, Paul Olivier, Dan Jacobs, Stefan Ober­ holzer (jr., Bethsab), Elizia Gildenhuys (Path­ ways) en Annemie Bosman (Japsnoet); agter: Pet Muller (ondersteuning), Ettiene Martin, Ca­ rel Pretorius, Jacques Nel, Marcel van Biljon en Eben Bakker Foto’s: Lynda Greyling

Speke sing om geld in te samel DIE afgelope sewe jaar het lede van Maluti Cycling elke jaar ’n fietstoer na Ballito onderneem. Vanjaar het hulle weens die koste besluit om eerder dieselfde afstand wat hulle soontoe sou ry om Bethlehem te ry. Op dié manier kon hulle meer geld aan liefdadigheid skenk. Eenvormig in hul Castle Light-hemde het die ryers vroegoggend by bymekaargekom. Hulle het onder meer na Kestell, Qwaqwa, Clarens en terug Bethlehem toe gery. Die volgende dag het hulle Clarens, Fouriesburg en terug Bethlehem toe gery. Die laaste dag is die fietsryers Warden toe en terug. Hulle het sowat 500 km gery. Tim Oglesby, wat die rit gereël het, sê dit is vir hulle as fietsryers belangrik om ’n bydrae tot die gemeenskap te maak. Vanjaar het hulle geld aan Pathways en die Japsnoet-versorgingsoord geskenk. Oglesby versoek motoriste om geduldig te wees wanneer hulle fietsryers teëkom.

Wen op kerk se gholfdag RIAAN MARITZ, verkoopsbestuurder van die Suid­Afri­ kaanse Brouerye (SAB), het ’n tjek namens die ryers van Maluti Cycling aan Elizia Gildenhuys en Annemie Bosman oorhandig. Van links is Dan Jacobs, Stefan Oberholzer (sr.), Elizia Gildenhuys (Pathways), Annemie Bosman (Japsnoet), Stefan Oberholzer (jr.) en Riaan Maritz.

JANNIE MARITZ en sy seun Adriaan het Vrydag die gholfdag ten bate van die Gereformeerde kerk op Bethlehem se gholfbaan gewen. Spelers moes vol­ gens die tweebal­ Amerikaanse kiesspel­reëls speel. Van links is Dalize Pelser, ds. Abrie Pelser, Adriaan en Jannie Maritz en Attie Bonthuys (organiseerder). Foto: Lynda Greyling

Malutima 20140129  
Malutima 20140129  

Malutima 20140129

Advertisement