Issuu on Google+

Koerant met hart I The paper with heart TEL: 058 ­ 303 5411

WOENSDAG 18 DESEMBER 2013

WWW.MALUTINEWS.CO.ZA

FREE

Geseënde Kersfees

Merry Christmas GESEËNDE KERSFEES. Merry Christmas. Jesaja 9:5: Vir ons is ’n Seun gebore, aan ons is ’n Seun gegee; Hy sal heers, en hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Foto: Magic Photography


2

MALUTI, WOENSDAG 18 DESEMBER 2013

EEN van Marais & Crowther se spanne wat aan die “Amazing Race” deelgeneem het, is van links Theunis Saayman, Karin Boshoff, Marie van Rooyen en Alina Mosia.

LOURENS STRAUSS, Audrey Swartz, Jean Jusjong en Alet Millman was een van Marais & Crowther se spanne wat Maluti se kantoor besoek het tydens die “Amazing Race” waaraan hulle moes deelneem.

Personeel soek en vind op prettige afsluiting PERSONEELLEDE van Marais & Crowther se Bethlehem-, Ficksburg- en Bloemfonteinkantoor het Vrydag op Bethlehem vir hul jaareindgeselligheid bymekaargekom. Dit was egter ’n afsluiting met ’n verskil. Die personeellede is in 12 spanne met 4 lede elk verdeel, waarna hulle aan ’n “Amazing Race” op Bethlehem moes deelneem.

Corina Vorster en haar span het die leidrade saamgestel. Die spanne moes onder meer ’n kwekery, Andras Findt, Bethlehemdroogskoonmakers en Maluti en Vrystaat se kantoor besoek. Hul derde wenk was om Polka Dot te besoek. Hier moes hulle ontbyt eet voordat hulle hul volgende wenk kon ontvang.

Hulle moes ook na die elektroniese kennisgewingbord naby die Metropolitan-sentrum gaan waarop nog ’n leidraad verskyn het. Daar was 13 opdragte. Gerhard van Rensburg sê sy span was die wenner. Alina Mosia, ’n werker, sê: “Dit was baie soos wegkruipertjie. Ons het baie pret gehad en baie gelag.”

Tiener (16) doodgesteek nadat hy vrou wou red ’n SESTIENJARIGE SEUN het met sy lewe geboet nadat hy ’n vrou wat beroof is, te hulp gesnel het. Nathan van Reenen, seun van bekende kunstenaar Peter van Reenen van Paul Roux, het naby die Moses Mabhida-stadion in Durban gesien hoe die vrou beroof word. Nathan, wat net ure tevore met die bus van George aangekom het, is deur ’n vriend van sy broer, Luke, by die bushalte gekry. Hulle het sy goed by die vriend se huis gaan

aflaai, waarna hulle uitgegaan het. Op pad terug na die vriend se huis het hulle gesien hoe die vrou beroof word. Nathan het uitgespring om die dief aan te keer. ’n Stoeiery het ontstaan, waartydens die dief ’n mes uitgepluk en Nathan in die keel gesteek het. Hy het te voet gevlug. Nathan is na die Addington-hospitaal geneem, maar het kort daarna gesterf. Nathan sou reeds die vorige aand in Durban aangekom het, maar het die bus op

George verpas. Nathan sou vir sowat twee weke by Luke kuier, waarna hulle vir Kersfees en Nuwejaar by hul pa op Paul Roux sou kuier. Dit is die tweede treurspel wat die Van Reenens tref. Lorenz, die oudste seun, het agt jaar gelede verongeluk. Kort daarna is die egpaar geskei, waarna Peter Paul Roux toe verhuis het. Nathan is Saterdag in die familiekerkhof in Golden Gate by sy ouboet begrawe.


MALUTI, WOENSDAG 18 DESEMBER 2013

3

Man oorstelp van vreugde toe hy motor wen Karen Herbert HY kon nie ophou glimlag toe hy die sleutel draai en dit sluit die Hyundai i10 oop nie. Johan Lombaard (28) van Bloemfontein was Vrydagaand die gelukkige wenner in Engo se Vir Ons Kinders-kompetisie. Johan en sy vrou, Yvette, was saam met die ander vier finaliste op die trekkingsgeleentheid waar elkeen ’n sleutel getrek het en probeer het om die motor oop te sluit. Dié klerk van die departement van justisie was oorstelp van vreugde toe hy die motordeur oopsluit. Johan sê hy was aanvanklik baie skepties toe Engo hom bel en sê hy is een van die finaliste om dié motor te wen. “Ek het dit eers gaan Google en toe sien ek dit is die waarheid.” Hy gaan sy huidige motor vir sy skoonpa gee en klim met ’n groot glimlag agter die stuur van sy wenmotor in. Johan het sy kaartjie op die Vryfees gekoop. Die ander finaliste was Gerard Shahim van Viljoenskroon, Jan Roos van Clarens, Elmarie Lourens van Ficksburg en Joseph Habate van Reitz. Elkeen van die finaliste het ook geskenkbewyse ter waarde van R1 130 ontvang. ’n Rekordbedrag van meer as R384 000 is vanjaar in Engo se Vir ons Kinders-projek ingesamel. Die projek is vanjaar die vyfde keer aangebied. Magda van Niekerk, Engo se direkteur: vakkundige dienste, sê die doel van die projek is om ekstra geld in te samel om hoop

te gee en versorging te verseker aan veral kinders wat deur die kinderhof in ’n plek van veiligheid geplaas is. Die kinder- en jeugsorgsentrums is afhanklik van die ekstra geld om hul voortbestaan te verseker omdat staatsubsidies in slegs ongeveer 50% van die begrote behoeftes voorsien om meer as 800 kinders in Engo-jeugsorgsentrums ’n kans in die lewe te gee. Die kinderhof het dié kinders uit haglike omstandighede verwyder of die kinders het albei ouers verloor. Daar word ook deur sopkombuise en ander dienste na nog ongeveer 2 500 kinders se basiese behoeftes omgesien. OP die trekkingsgeleentheid van Engo se Vir Ons Kinders-kompetisie is van links Alda Fourie, mede-organiseerder van dié projek, Jana du Plessis, seremoniemeester, Johan Gunther van Radio Rosestad, Johanna van Eeden, redakteur van Volksblad, en Celesté Serfontein, verkoopsbestuurder van Hyundai Bloemfontein. Volksblad se sentrale plaaslike koerante het publisiteit saam met Radio Rosestad se lugtyd verleen en Hyundai het die Hyundai i10 geborg. Foto’s: Karen Herbert

JOHAN LOMBAARD van Bloemfontein is die gelukkige wenner van die Huyndai i10. Saam met hom is sy vrou, Yvette.

DIE finaliste wat ’n kans gestaan het om die Hyundai i10 te wen is van links Jan Roos van Clarens, Elmarie Lourens van Ficksburg, Johan Lombaard van Bloemfontein, Gerard Shahim van Viljoenskroon en Joseph Habate van Reitz.


4

MALUTI, WOENSDAG 18 DESEMBER 2013

Groot en klein besing sy lof PSALM 8: “Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teenstanders tot swye gebring.” ’n Uitgesproke, welsprekende sogenaamde agnostikus het in Engeland gereis en oral vergaderings gehou om mense van die dwaasheid van geloof te oortuig. Hy het met soveel oortuiging die dwaasheid van geloof in God verkondig dat niemand tydens so ’n vergadering die moed gehad het om op te staan en vir God te getuig nie. Op een so ’n vergadering het ’n seuntjie en sy sussie gedink die man gaan oor die Here praat. Hulle kon geen kop of stert uitmaak waarvan hy so geleerd praat nie, maar toe hy sy gewone uitdaging rig dat enigiemand wat vir die Here wil getuig dit op die verhoog kan kom doen, het dié twee kinders gedink hy is ernstig. Hand aan hand het hulle voor almal se verbaasde oë vorentoe geloop. “Ons wil iets vir die Here sing,” sê die seun aan die man. Met sy hand beduie hy vir hulle om voort te gaan, terwyl hy met ’n breë glimlag terugstaan. Hulle vat hande en begin sing: “Staan op, staan op vir Jesus, o helde van die kruis. Ver-

hoog sy krygsbaniere deur al die strydgedruis.” Terwyl hulle sing staan iemand in die gehoor op en begin saamsing en toe nog een en nog een . . . “Die stryd lei tot oorwinning, die Heiland keer op keer, tot Hy oor elke vyand vir ewig heers as Heer.” Teen dié tyd het amper almal in die gehoor saamgesing. Die man het stil sy goed gevat en verdwyn. Met Jesus se intog in Jerusalem het hy die krag van getuienis, al is dit uit ’n kind se mond, beklemtoon. Blindes en kreupeles het daar in die tempel na Hom toe gekom, en Hy het hulle gesond gemaak. Maar toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes die wonderlike dinge sien wat Hy doen, en ook die kinders wat in die tempel aanhou uitroep: “Prys die Seun van Dawid!” was hulle verontwaardig. Hulle sê toe vir Hom: “Hoor jy wat sê hulle daar?” “Ja,” antwoord Jesus. “Het julle nooit gelees nie: U het daarvoor gesorg dat kinders en suigelinge u lof sing?” (Mattheus 24: 14 tot 16) – www.kragvirvandag.co.za; ds. Manie Colyn.

Geesgenoot

RJ DE KOK hou die kruis vas in die opvoering van die Houtkruis op Japsnoet se konsert.

Ontvang grade op afsluiting DIÉ kleuters het ook konsert gehou. Hulle is van links Bokang Nakeli, Reithutile Mokamoso en Bokang Keele.

PERSOONLIKE DIENSTE

JD KRUGER (links) en Refiloe Kambule is twee van die Japsnoet-versorgingsoord se kleuters wat grade ontvang het op die kleuterskool se afsluitingsgeselligheid wat in die Sonskyn-dienssentrum se saal gehou is.

VOERTUIE

DAGSORG & CRÈCHES 1410

Voltydse dagmoeder: Open 6 Januarie 2014. Ouderdom: 0-3 jaar. 082 551 8334. LENINGS 1445

Want a Loan? R1 000 to R15 000. Call 058 303 0530 or send a 'Please Call Me' to 073 560 7857.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

KOMMERSIEEL 3060

5-ton-trok met toebak vir vervoer van meubels en enige ander. Bethlehem en omgewing. Verskaf drywer. Skakel 076 158 1438.

Vertoon hul kunswerke OUERS en familielede van kinders wat kunslesse van Barbara Prinsloo ontvang, het verlede Woensdagmiddag ’n kunsuitstalling by Prinsloo in Jordania bygewoon. Prinsloo (tweede regs, agter) bied die afgelope twee jaar kunslesse vir voorskoolse en laerskoolkinders aan. Daar word van verskillende mediums gebruik gemaak om lesse so interessant moontlik te hou.

TE HUUR 1820

VLOERLENGTE TAFELDOEKE, kandelare, eetgerei. Peto Odendaal. Lombardstraat 7. 058 303 2392.

ALLERLEI 1845

FOR ALL TOMBSTONES and repairs to damaged tombstones, as well as epitaphs, etc. Phone 058 303 4840. BHM.

Die NG kerk Bethlehem-Oos het ’n Kersete vir die bejaardes van Bergprag aangebied. Elkeen het ’n geskenk en Kerskoek ontvang. Van links is Magriet van Huyssteen, Alda van Biljon, Ben Venter (NG kerk Bethlehem-Oos), Vera van Heerden en Annetjie Kruger.


MALUTI, WOENSDAG 18 DESEMBER 2013

Geseënde Kersfees DIE personeel van die Frontier Inn & Casino wens almal ’n geseënde feestyd toe.

5


6

MALUTI, WOENSDAG 18 DESEMBER 2013

Jump-start car the right way BEING left stranded by a flat car battery can happen to anyone of us – even if you drive the most modern of cars. That is why it is best to make sure you are aware of how to jump-start your vehicle. While the jump-starting procedure is relatively standard for all vehicles on the road today, boost starting can cause serious damage to the vehicle’s electrical system and computer. It is therefore important to first consult the owner’s manual for any specific boost-starting instructions, as well as to ensure that the different locations are identified for the jump-start terminals in your car. In many modern cars these terminals are placed at strategic areas of the vehicle due to the battery being fitted in awkward locations. Once the terminals are located and jumper cables are on hand, he advises lining up the car with the flat battery as close as possible to another vehicle with the booster battery.

Next make sure both cars’ handbrakes are up, that the gear selector is in Neutral or Park position, and that both cars are turned off and not touching each other before you connect the cables. It is important to remember that over 300 volts goes through your system when the two batteries are connected and the transients can destroy equipment. To prevent that, make sure all headlights, indicators, car radios and airconditioners are off and radar detectors and cell phones are unplugged. Unplug all accessories from cigarette lighters and other power sockets from both cars and remove the keys from the flat car’s ignition until jumper cables are hooked up. Familiarise yourself with the Positive (+) and Negative (-) terminals of both car batteries so you know exactly which one is which. All batteries are clearly marked, so if you can’t find it, it’s probably under caked-on corrosion around the terminals. Wipe off any

battery acid that may have leaked. If the battery is cracked and liquid is leaking out, you should not go any further. If you try to jump-start the battery with a crack in it, it will explode. It also doesn’t make any sense to jump a cracked battery, as it will die in a few minutes anyway. Bite the bullet and buy a new battery. But if all seems well, simply clean off any corrosion around the dead battery terminals and if you have tools, loosen the wires from the terminals, clean them off and then retighten the wires to the shiny posts. Corroded posts prevent the power from getting through the cables and into your battery to revive it. If you have a file, try to file the metal battery posts until they are shiny. If you are in a pinch, use pliers to clamp down and scrape off corrosion too as the metal is somewhat soft. Now you are ready to connect the car battery jumper cables. Usually the Positive

battery cable is red or orange, and the Negative or ground cable is black - but always check for yourself just to be sure. Remember that the cables must be connected in the correct order for safety reasons. Then do the following: ) First connect one positive end of the jumper cable to the positive terminal of the dead battery. ) Then connect the other positive end of the jumper cable to the positive terminal of the good battery. ) Next connect the one negative end of the jumper cable to the negative terminal of the good battery. ) Connect the other negative end of the jumper cable to a shiny nut or bolt on the dead vehicle. This will need to be a grounded piece on the engine or on the frame of the vehicle. You should only connect to the negative terminal on the dead battery as a last option to avoid an explosion by spark. ) Now, as the car batteries are hooked together, let them run for a minute or two before you try to start the dead vehicle. Once the dead vehicle starts, remove the cables in the reverse order that you connected them.

Hou ryding in stand, spaar geld, lewens DEUR nie jou ryding behoorlik in stand te hou nie, kan dit jou baie geld kos en lewensgevaarlik wees. In Suid-Afrika kan talle ongelukke juis toegeskryf word aan onderdele wat ingee. Die nagaan van water en olie word hoofsaaklik aan petroljoggies by vulstasies oorgelaat. Dít terwyl dié vlakke juis nagegaan moet word voor die voertuig se eerste aanskakeling vir die dag. En daar is nog dinge onder die enjinkap wat nagegaan moet word, soos die remvloeistof en die ruitveërhouer se watervlak. Daarbenewens moet die voertuig se bande ook gereeld nagegaan word. Banddruk word die akkuraatste weergegee as die bande koud is en daar moet gekyk word of die bande eweredig afloop en genoeg loopvlak het. Die olievlak en banddruk moet een keer per week nagegaan word. Bestuurders word verder aangeraai om by voertuie se versieningskedule te hou soos deur die vervaardiger aanbeveel word. Voertuie wat nie deeglik in stand gehou word nie en onpadwaardig raak, kan hul eienaar ook in die moeilikheid laat beland as daar ’n ongeluk is. Behalwe aanspreeklikheid kan versekeraars weier om eise uit te betaal indien die voertuig onpadwaardig was. Wenke vir voertuiginstandhouding: ) Bande, ook die noodwiel. ) Remvloeistof. ) Moontlike slytasie van remskoene. ) Skokbrekers. ) Wielsporing en wielbalans. ) Uitlaatstelsel. ) Stuurmeganismes. ) Sigbare krake in en verwering van belde en pype. ) Krake in die windskerm. ) Ruitveërs – die son en ouderdom verweer die rubber. ) Battery en batterywater. ) Alle buiteligte. ) Olievlak en filters (olie en lug). ) Watervlakke. ) Teenvriesmiddels vir winter- en somertoestande. ) Deeglike werking van alle sitplekgordels.

Bestuurders word verder aangeraai om by voertuie se versieningskedule te hou soos deur die vervaardiger aanbeveel word.


MALUTI, WOENSDAG 18 DESEMBER 2013

Veloster se sukses hang af van sy prys TOE Hyundai se Veloster in 2011 die eerste keer in Suid-Afrika gewys is, het dié driedeurryding behoorlik die tonge los gehad. Baie mense beskou die Veloster as die opvolger van die ou Tiburon. Kyk, die Tiburon, of Tib soos hy genoem word, was allesbehalwe ’n ware sportmotor. Hy is deur sy flou verrigting en lomp hantering in die steek gelaat, maar het deur sy voorkoms vergoed. Die Veloster hou dieselfde bekoring vir baie mense in. Wat dit boonop spesiaal maak, is die deur-rangskikking wat anders as ’n driedeurluikrug is. Aan die bestuurder se kant is een deur en twee kleiner deure aan die passasierskant. Die Veloster het reg gelyk en die belofte van ’n turbo-model wat die gewone 1600model sou aanvul, het die belangstelling lewend gehou. So oulik as wat die Veloster is, het die gewone 1600-enjin dit net vir baie mense nie gedoen nie. Hoewel nie heeltemal traag nie, is daar van sprankelverrigting geen sprake nie. Nou is die turbo-model hier. Die 1600 pomp ’n stewige 150 kW uit met wringkrag van 265 Nm wat reeds teen 1 750 r/min beskikbaar is. Hyundai reken die outjie sal 7.4 sekondes neem vir die outomatiese model om by 100 km/h uit te kom en 7.8 sekondes vir die handratmodel. Die Veloster se plaaslike sukses hang egter nie van sy 0-100 km/h-lopie af nie, maar van sy prys.

DIE Hyundai Veloster. Waar die gewone 1600 al by die R270 000 draai, gaan die turbomodel waarskynlik sowat R300 000 kos. Nie net is die swak wisselkoers ’n probleem vir invoerders nie, maar Hyundai moet darem vir die ekstra woema ’n deeglike premie ook inoes. Sou hy vir dié prys of dalk selfs ’n raps meer verhandel, sou hy steeds ’n stewige hou teen een van sy vernaamste mededingers, Volkswagen se Scirocco, en selfs die Mini Cooper S, inkry. Die nuwe Koreaanse blits sal in die eerste helfte van aanstaande jaar plaaslik beskikbaar wees

7


8

MALUTI, WOENSDAG 18 DESEMBER 2013

Vir meer foto’s en nuus gaan na www.malutinews.co.za

Hardloop saam

Sport Koerant met hart I The paper with heart

Verfyn tegniek op kliniek

DIE 36ste Mieliemarathon vind op 18 Januarie plaas. Louis Massyn, wat aan sy 33ste Mieliemarathon gaan deelneem, vra dat sy mede-atlete van die Bethlehem-marathonklub hom sal ondersteun deur die wedloop saam met hom te hardloop. Dit is nie net sy 33ste Mieliemarathon nie, maar ook sy 350ste marathon waaraan hy gaan deelneem. Vir diegene wat nie 42 km wil hardloop nie, is daar ook ’n 21 kmen ’n 10 km-afstand waaraan deelgeneem kan word.

DIE Rolf Busch-gholfakademie se tiende gholfkliniek word nou op Bethlehem aangebied. Die spelers moes ’n paar dae die reën trotseer, maar vir elkeen is dit die moeite werd, want die wenner in die A- en B-afdeling ontvang ’n Mizuno-gholfstel. GEN TAUTE oefen sy houe tydens die gholfkliniek wat op Bethlehem gehou is.

MARTHIE KNOETZE (links) en Lettie Burger van Frankfort het die Riemland-parekompetisie gewen. Die rolbaltoernooi is by die Bethlehembuiteklub beslis. André Viljoen en Ben Cronjé van Reitz het die mans-parespel gewen. Die mans was afwesig toe die foto geneem is.

VAN links is Hannelore Constable, Catelen Briedenhann, Lindie Oosthuizen en Danelle Marais, die enigste meisies wat aan die gholfkliniek van die Rolf Busch-gholfakademie deelneem.


Maluti 20131218