Issuu on Google+

Koerant met hart I The paper with heart TEL: 058 ­ 303 5411

FREE

En dan dans hulle so

WOENSDAG 13 NOVEMBER 2013

LEDE van die Sonskyn­ volkspelelaer, asook van laers van onder meer Bloemfontein en Vanderbijlpark, het aan die Sonskynlaer se Vas­ byt deelgeneem. Hulle het Saterdag omstreeks 10:00 begin dans in ’n poging om soveel moontlik liedjies uit die Volkspeleboek te doen. Karin Grünewald het die liedjies in spesifieke groepe gegroepeer en soos elke groep voltooi is, is dit afgemerk op reuseplakkate met die liedjienommers daarop. Hier eindig een van die meer prettige liedjies waarop die volkspelers speels teen mekaar val. Die Sonbesies­sang­ groep het heeltyd saam­ gesing. Foto: Lynda

WWW.MALUTINEWS.CO.ZA

Herdenk gesneuweldes DIE einde van die Eerste Wêreldoorlog het op 11 November 1918 aangebreek. Op 11 November 2013 is ’n herdenkingsdiens en kranslegging ge­ hou as deel van Internasionale Herdenkingsdag vir sappeurs van 2 Veldgenieregiment wat ge­ sneuwel het. Maj. Suretha Maartens, waarne­ mende bevelvoerder van 2 Veldgenieregiment lê hier ’n krans. Bevelvoerders van verskillende es­ kadronne het ook kranse gelê. Foto: Lynda Greyling

Greyling

Police offences on the rise THERE has been an 80% increase in the intake of complaints against police members in the Free State. Roy Jankielsohn, DA MPL in the Free State Provincial Legislature, says according to the annual report of the Independent Police Investigative Directorate (IPID) cases of police misconduct in the Free State increased from 562 in the 2011-’12 financial year to 1 010 in the 2012-’13 financial year. Nationally complaints against SAPS members increased by 37%. There were 23 deaths in police custody, 14 deaths as a result of police action (assaults by fellow inmates, police or hanging). There were 31

complaints of discharge of official firearms, 81 cases of rape by a police officer – one on duty and 14 off duty, 15 rape in custody – three by civilians and two by SAPS members on and off duty. There were five cases of assault, 730 of corruption , extortion, soliciting a bribe and sale/theft/destruction of police dockets; 14 cases of systematic corruption, manipulation of the system for illicit gain; two with the noncompliance with IPID Act 37 members not reporting on time, lack of cooperation with IPID; other criminal offences were 69 and three cases of misconduct mostly improper performance of their functions.

The IPID did not carry over any cases from 2011-’12 to 2012-’13. Most concerning is that only five disciplinary convictions were received of 88 recommended to the SAPS for action. One was for rape by a police officer and four for assault. The statistics indicate that not only has there been a dramatic increase in complaints to the IPID against SAPS members, but that the internal SAPS conviction rate for such cases is very low. This indicates that not only is discipline within the SAPS in the Free State declining, but that internal structures and procedures to deal with disciplinary cases are unable or unwilling

to obtain convictions in this regard. Many cases of assault by SAPS members are not reported due to the lack of IPID offices in many areas and a legitimate fear of retribution. Some assaults are carried our randomly on the streets, as has already been reported to the DA by witnesses. In many instances the victims are homeless people who have no safe place to report such incidents. Jankielsohn says it is concerning that police brutality is on the increase in the Free State. The SAPS is mandated to protect and serve the public. A rot has set in the SAPS and must be rooted out without delay.

“We can’t allow crooked cops to tarnish those SAPS members that are dedicated to enforce the law.” Jankielsohn says he will write to the recently appointed Free State SAPS commissioner, Lt Gen Simon Mpembe, highlighting the concerns and enquiring after his strategy to deal with problems relating to poor discipline and increased misconduct in the police service in the Free State. Every available platform will be used to ensure that urgent action is taken to address police brutality and prosecute those SAPS members found to be guilty of abusing their authority and infringing on the rights of citizens.


2

MALUTI, WOENSDAG 13 NOVEMBER 2013

DIE NG kerk Éfrata se Kerssangdiens is Sondagaand gehou. Onder die sangers wat opgetree het, was Phillip en Ella Kotze. Van links is Dries Kotze (reëlings), Ella en Phillip, Carinda Cloete en Sarisna Gouws.

Sarisna leef haar passie uit Put groot genot uit tuinmaak KAREL BEKKER van die Bethlehem­aftreeoord is bekend vir die snoei van vrugte­ en roosbome. Hoewel sy vrou, Marina, sukkel om te loop keer niks hulle om hul tuin te versorg nie. Albei geniet tuinwerk terdeë. Tydens Maluti se besoek het Marina ’n nuwe vetplanttuin­ tjie gemaak. Die Bekkers spog hier met hul pragtige amarillisse in volle blom.

Drie mans vas weens diefstal van beeste ’n VOORMALIGE polisiekaptein en nog twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering beeste van R60 000 by Harrismith gesteel het. Volgens sers. Mmako Mophiring is die verdagtes Saterdag vasgetrek nadat ses van

die tien gesteelde beeste op die oudpolisiekaptein se plaas gevind is. “Tussen 6 en 7 November het ’n 29-jarige veewagter van die plaas Clerkwell tien beeste as gesteel aangemeld,” het Mophiring gesê. “Die polisie se veediefstal-

eenheid het inligting opgevolg wat hulle na die oudpolisieman se plaas gelei het en die veewagter kon ses van die beeste wat op Clerkwell gesteel is, identifiseer.” Die drie verdagtes sal binnekort in die landdroshof op Harrismith verskyn.

Boeke gevier DIE lede van die Bethlehem­leeskring het ’n lees­piekniek gehou waarop elkeen sy gunsteling­boek, ­gedig of ­aanhaling met die ander kon deel. Die middag is humoristies afgesluit met Annette Kleyn­ hans met Adam. Foto: Lynda Greyling

SARISNA GOUWS, ’n oud-inwoner van Harrismith, was een van die sangers wat by die NG kerk Éfrata se Kerssangdiens opgetree het. Sarisna was in 2010 Maluti se Spontaan-wenner. Voordat sy Spontaan gewen het, het sy by talle feeste opgetree. Sy het onder meer ’n goue medalje op die wêreldkampioenskappe van die Performing Arts in Los Angeles, Kalifornië, ontvang. Sy is ook genooi om Actors, Models and Talent for Christ (AMTC) se jaarkongres by die Gaylord Palms Resort in Orlan-

SARISNA GOUWS do, Florida, by te woon. Dit was die eerste keer dat die AMTC-keurders Suid-Afrika toe gestuur is om talentvolle kinders na sy kongres te nooi.

Sarisna het by die kongres ’n sangnommer gelewer. Verskeie oudisies vir onder meer advertensies en onderhoude met kundiges in die Amerikaanse vermaakbedryf is gehou. Daar is meer as 30 werksessies en seminare deur kundiges van Hollywood, New York en groot stede oor die wêreld heen aangebied. Deesdae is Sarisna ’n drama-student aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). Hoewel sy drama baie geniet, bly sang vir haar die lekkerste. Dié dat sy onder andere saam met Philip en Ella Kotze optree.

Inskrywing vir Relay for life begin AANGESIEN vanjaar se Relay for Life as die beste in die Vrystaat aangewys is en dit een van die toprelays in die land was, gaan die een van volgende jaar met Weetbix as die borg op e-tv vertoon word. Bethlehem se Relay for Life word op 28 Februarie op die skouterrein gehou en nie op die krieketveld nie. Soos gewoonlik sal dit om 06:00 begin en om 06:00 die volgende dag eindig. ’n Hele klompie spanne het hulle al ingeskryf. Diegene wat hulle nog nie ingeskryf het nie, het tot 31 Desember kans om registrasiegeld van R250 te betaal. Van Januarie af sal dit R300 wees. Spanne moet ook R3 000 insamel. Daar is geen spesifieke tema en baniere nie. Die spanne kan die

kleur van ’n spesifieke soort kanker voorstel. Die spanlede kan ook volgens die kleur van die soort kanker wat hulle uitbeeld, aantrek. Op die banier moet ’n naam, hetsy ’n ondernemingnaam of spannaam, wees en ’n gesindheidsboodskap van die soort kanker wat gekies is, asook ’n slagspreuk. Soos vorige jare gaan luminaria-sakkies verkoop word. Vanjaar word diegene wat sakkies koop, gevra om ’n kers en ’n afgesnyde koeldrankbottel saam te gee. Die Relay for Life is amptelik verlede Vrydag op die Kansa-geleentheid met kosse van die wêreld bekend gestel. ’n Paar spanne het hulle reeds op die bekendstelling ingeskryf. Enigeen wat aan die relay wil deelneem, kan Natasha Burger by 082-5180573 bel.

VOORBEREIDING vir volgende jaar se Relay for Life het begin. ’n Spanverga­ dering is gehou en spanleiers moes volgens die tema Gaan groot aantrek. Die wenners is Tracey Snygans (links) en Ansie van Wyk.


MALUTI, WOENSDAG 13 NOVEMBER 2013

3

Kersiefees vol bedrywighede

EEN van die twee ouer tiere was sommer gou tuis in die aanpassingskamp op Lionsrock.

Foto: Lynda Greyling

Sirkustiere nou Vry(staters) Lynda Greyling OP Lionsrock, die internasionale dierewelsynsorganisasie Four Paws se plaas, is die veiligheid van besoekers en personeel van uiterste belang. Dinsdagmiddag het dié veiligheidsmaatreëls goed te pas gekom toe ’n tier uit ’n aanvalsposisie in die krat waarin hy vervoer is, reguit op die heining afgestorm het waaragter media en ander belanghebbendes gestaan het. Net twee lede van die internasionale media, asook Maluti, was naby die heining. Die ander moes ’n hele ent wegstaan. Die tier het in die hardloop gespring, sy lyf dwars gedraai en teen die heining gestamp. Die onderste elektriese kabels het met die trefslag gebreek. Die tier was ongelooflik aggressief en het kort-kort gestorm. Hy is een van ses tiere wat van ’n Duitse sirkus, die Starlight Fischer, in Hessen, Weilburg, afkomstig is. Sy drie broers, wat in kratte agter hom was, is kort daarna in hul tussentuiste saam met hom vrygelaat. Hy het kort daarna bedaar. Die ander twee tiere van 14 en 9 jaar oud, is kort tevore in ’n ander tussentuiste vrygelaat. Die tiere is Maandag per vliegtuig van Frankfurt na Johannesburg gevlieg waarna hulle met ’n vragmotor tot op Lionsrock gebring is. Al ses tiere is in Duitse sirkusse gebore. Vier het in die sirkus opgetree totdat hulle te groot geword het. Hierna is hulle in twee groepe van vier en twee elk verdeel en in sirkuswaens van 25 m² vervoer. Wanneer die sirkus op ’n dorp was, is klein kampies vir hulle ingerig waarin hulle om die beurt toegelaat is. Volgens Thomas Pietsch van Four Paws was die toestande waarin die tiere moes

DRIE van die tiere het in die sirkuswa van 25 m² gebly. Hulle was deel van ’n Duitse sirkus, die Starlight Fischer, in Hessen, Weilburg. Foto: Mihai Vasile

DIE tier was in ’n aanvalsposisie toe die krat oopgegaan het om hom op Lionsrock vry te laat. Foto: Lynda Greyling leef uiters swak en het aan geen van die nodige vereistes voldoen nie. Ná maande lange onderhandelinge tussen Four Paws, die veearts-owerheid en die sirkus, het laasgenoemde die tiere vrywillig aan Four Paws gegee. “Ons is baie bly oor hierdie besluit,” sê Pietsch. “Ons hoop ander sirkusse volg Starlight se voorbeeld.”

Starlight het egter sy sewende tier, die tweejarige Zaila, gehou. Volgens Pietsch is sy met ’n bottel grootgemaak en tree sy tans in die arena op. Groot, heeltydse kampe word vir die ses tiere op Lionsrock gebou. Altesaam 82 leeus en 14 tiere is op Lionsrock hervestig. Lionsrock bied ’n laaste tuiste vir dié diere.

OOR vier jaar vier Ficksburg se alombekende Kersiefees sy 50ste bestaansjaar. Vanjaar se Kersiefees, wat van 20 tot 23 November gehou word, bied soos vorige jare iets vir almal. Alles van ’n kersiepitspoeg-kompetisie tot tee saam met Chris Chameleon is deel van vanjaar se program. Daar is ’n kolwyntjie-, koekversiering- en fotokompetisie. Daar is ook ’n Mej. Kersiebloeisel en Mnr. Kersiepit-kompetisie. Kunstenaars wat gaan optree, is Jay en Lianie, Francois Bouwer, Jennifer Zamudio, Ricus Nel, Dillon Lerm, Zak Steyn, Mwah, Arno Jordaan, Adam, Dewald Wasserfall, Mari Minnaar en Ray Dylan. Toere na kersieplase word ook gereël. Verskeie werksessies sal aangebied word. Adriëtte Grobbelaar, Sanet Janeke en Ina van Jaarsveld gaan ’n werksessie aanbied oor hoe om met kersies te kook. Mosaïek-, papier-, modge podge- en seepmaakdemonstrasies gaan gelewer word. Colin McKenzie gaan belangstellendes leer om poker te speel en vir vroue is daar ’n paal- en stoeldansdemonstrasie. Daar gaan skaapskeerdemonstrasies wees en

JAY EN LIANIE is van die be­ kende kunstenaars wat van­ jaar op die Kersiefees gaan optree.

FICKSBURG hou Kersiefees. feesgangers kan selfs leer hoe om ’n voëlverskrikker te maak. Daar is ’n verskeidenheid kompetisies waaraan deelgeneem kan word. Dit sluit in ’n minuut om te wen-, kersiepitspoeg-, spoedeet- en ’n Fear

Factor-kompetisie. Vir die kinders is daar ’n verskeidenheid aktiwiteite om aan deel te neem, asook die Marcello’s-sirkus wat op die fees besoek aflê. Vir die sportiewes is daar die jaarlikse Kersierolbaltoernooi, die Kersiebergfietsren, die Absa-kersiewedloop oor 23 km, ’n aërobiese marathon en ook die Kersie Classic-gholftoernooi.


4

MALUTI, WOENSDAG 13 NOVEMBER 2013

Bhm se mense gee nog om vir ander Lynda Greyling GESTEL jy verhuis Bethlehem toe. Jy kom hier aan net om later te hoor die vragmotor wat jou trek vervoer het, het langs die pad uitgebrand en al jou meubels is daarmee heen. Wat sou jy doen? Ek weet nie hoe ek op sulke nuus sou gereageer het nie. Al wat ek weet, is dat dit werklik onlangs met ’n egpaar gebeur het. Ek kan my nie voorstel hoe hulle gevoel het nie. Hulle het van die Kaap af Bethlehem toe verhuis. Die egpaar, wat vantevore in die Oos-Vrystaat gewoon het, het verhuis

deur

Lynda Greyling om naby hul kinders te wees. Hier aangekom, het hulle die tyding ontvang dat die vragmotor met hul besittings uitgebrand het. Ds. Piet Fourie van die NG kerk Panorama sê hy het deur die seun, wat in sy gemeente is, van die egpaar se verlies verneem. Hy het die gemeente versoek om bydraes te lewer om hulle by te staan. Volgens die dominee was die gemeente se

reaksie heeltemal oorweldigend. Meubels, elektriese ware en dies meer is ontvang. In sommige gevalle is sommer twee of drie van ’n sekere artikel ontvang. Danksy die gemeenskap kon die egpaar hul nuwe tuiste vul. Daar het nog so baie oorgebly dat dit aan Solidariteit Helpende Hand geskenk is om aan behoeftiges te gee. Dit is weer ’n bewys dat mense op die platteland nog vir mekaar omgee. So ook met al die mense wat die afgelope tyd geliefdes in motorongelukke en fratsongelukke verloor het. Bethlehem se mense gee om.

Vir meer foto’s en nuus gaan na www.malutinews.co.za

Besef erns van die ewigheid LUKAS 12: 13 – 21 . . . wie kry alles wat jy bymekaargemaak het?” In sy boek Encyclopedia of 7700 Illustrations vertel dr. Paul Lee Tan dat John D. Rockefeller ’n sterk en fris seuntjie was. Hy het vroeg al besluit om ryk te word. Hy het hom tot die uiterste toe gedryf en op 33-jarige ouderdom sy eerste miljoen gehad. “At age 43, he controlled the biggest company in the world. At age 53, he was the richest man on earth and the world’s only billionaire.” Toe het hy ’n siekte wat alopesie genoem word, ontwikkel. Sy hare het begin uitval, sy ooghare en wenkbroue het verdwyn. “He was shrunken like a mummy.” Sy weeklikse inkomste was ’n miljoen dollar, maar hy kon net melk en droë beskuitjies inkry. In Pennsilvanië was hy so gehaat, hy moes dag en nag deur ’n wag beskerm word. “He could not sleep, stopped smiling long since and enjoyed nothing in life.” Die dokters het voorspel

Geesgenoot

hy sou binne ’n jaar sterf. Die koerant het ’n doodsberig vir hom voorberei ingeval hy onverwags sou sterf. Tydens een van sy slapelose nagte het hy sy lewe oordink. “He realized with a new light that he could not take one dime into the next world. Money was not everything.” Die oggend daarop was hy ’n nuwe mens. Hy het kerke uit sy opgegaarde skatte begin ondersteun. Hy het na arm en behoeftige mense omgesien. “He established the Rockefeller Foundation whose funding of medical research led to the discovery of penicillin and other wonder drugs.” Hy het weer begin eet, goed geslaap en die lewe weer geniet. Die dokters het voorspel hy gaan nie 54 jaar haal nie en hy het 98 jaar oud geword. Rockefeller het gelukkig nie, soos die ryk man in

die gelykenis van die Here Jesus, eers ná sy dood ontwaak nie. “Die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. Toe hy in die doderyk in pyn verkeer, kyk hy op en sien vir Abraham daar in die verte en vir Lasarus langs hom en hy roep: ‘Vader Abraham . . . stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur’. ” (Lukas 16:22-25). Dit is nie net groot rykdom wat ’n mens se oë kan verblind vir die erns van die ewigheid waarheen ons op pad is nie. Ons moet dink, wakker word, onsself afvra: Loop my lewe veilig? Is ek gered? Het ek die ewige lewe? “En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus wat deur U gestuur is” (Johannes 17:3). “Here, vandag wil ek seker maak ek het die ewige lewe van U ontvang.” ) www.kragvirvandag; ds. Manie Colyn


MALUTI, WOENSDAG 13 NOVEMBER 2013

Wen spogkwilt COLLEEN MCLACHLAN (links, self ’n kwilter), het die pragtige kwiltloper gewen. Magriet Fou­ rie het die kwilt gemaak waarna kaartjies ten bate van die Japsnoet­versorgingsoord ver­ koop is. Altesaam R1 900 is só ingesamel.

LIEZEL VAN ASWEGEN (links) het namens die Golden Gate­kwiltgilde kwiltplekmatjies aan Leandra de Coning, bestuurder van Salile­ ni, oorhandig. Die lede van die gilde het vroeër vanjaar op ’n kwiltdag in die Metropolitan­sen­ trum begin om die plekmatjies te maak.

5


6

MALUTI, WOENSDAG 13 NOVEMBER 2013

GEKLASSIFISEERD ALGEMENE & HUISDIENSTE

VOERTUIE

TUIN & BESPROEIING

KOMMERSIEËL 3060

1825

Ons verander en hou instand, sny gras en kante. Billikste in dorp. Werk oor feestyd. Skakel Trudie: 079 547 8759, alle ure.

5-ton-trok met toebak vir vervoer van meubels en enigiets anders. Bethlehem en omgewing. Verskaf drywer. Skakel 076 158 1438.

WERK ALLERLEI 1845

GRANITE & MARBLE: Kitchen tops, vanities, bar counters , etc. Tel: 0583034840/0828077456.

BETREKKINGS GESOEK 3670

JOYCE soek werk as huishulp. Het ondervinding, baie hardwerkend. 3 dae per week. Skakel 084 419 5312.

SAKE

GESOEK 3601

DIENSTE 2420

Ons sien om na jou tuin en diere, pas ook jou huis op. Ontspan en wees gerus gedurende jou vakansie. Baie betroubaar. Skakel Trudie: 079 547 8759, alle ure.

Benodig die dienste van ‘n sekuriteitsbeampte met Graad C en rybewys. Pos behels skofte. Faks verkorte CV na 0583034422. CELL CLINIC/NASHUA MOBILE BETHLEHEM IS LOOKING FOR A TECHNICIAN. PLEASE FAX CV TO 086 644 0833 OR CALL 082 335 6939.

SOEK, KOOP, VERKOOP V E I L I N G S


MALUTI, WOENSDAG 13 NOVEMBER 2013

7

Behaal tweede plek Jordania se leerlingraadmeisies

Die Hoërskool Witteberg se tweede seunstennisspan het agtste in die Wilson Shield­uitdaagtoer­ nooi by Sun City geëindig. Die span is van links Henri van der Merwe, Ehrard Bubb, George Spershott, Rudolf van Biljon en Jason Roux. Foto: Verskaf

MEISIES van die Laerskool Jordania wat in die leerlingraad dien, is van links Izelke Craven, Mariska Stander, Mariska Miles (onderhoofmeisie), Chrisné Kruger (hoofmeisie), Simoné Roux, Dina­mari Janse van Rensburg, Ilene Beukes, Renémari Human, Lize­Mari van Niekerk en Jessi­ ca Nel.

Neem aan uitdaging deel SEUNS van die Laerskool Jordania wat in die leerlingraad dien, is van links Johan Beneke, Cami Roux (onderhoofseun), Lourens Barnard, Tristen Snyman, Marinus Minnaar, Ian Cilliers, Rayn Jooste, Christo van Deventer en Marnus Zaaiman (hoofseun). Alwyn Kruger was afwesig.

DIE eerste meisie­ en seunstennisspan van Witteberg het aan die Wilson Shield­uitdaagtoernooi by Sun City deelgeneem. Die seunspan het sesde en die meisiespan agtste geeïndig. Van links is Zilke Heyns, Ruco Beneke, Nadia Stuart, Dean Bubb, Mia van der Merwe, Gerhard van Huy­ steen, Lané Filmater, Louis Spershott, Danelle Marais en Aristeo Desiderio. Foto: Verskaf


8

MALUTI, WOENSDAG 13 NOVEMBER 2013

Sport Koerant met hart I The paper with heart

Neem aan jaarlikse Paloekadag deel DIE jaarlikse Paloekadag is by die Bethlehem­tennisklub gehou. Spelers wat deelgeneem het, is van links, voor: Janine Helmand, Eugene Barends, Elzaré van Rooyen, Annette van der Merwe en Susan Gerber; agter: Stephanie Maritz, Marco Vermeulen, Anton van Wyk, Lené van Wyk, Ehan Helmand en klein Ethan Helmand.

Wys ook hul slag op dag VAN die jongeres wat aan die jaarlikse Paloekadag by die Bethlehem­ tennisklub deelgeneem het, is van links, voor: Milla van Wyk, Alexa van Wyk, Jentz Wöhlitz en Danelle Marais; agter: Emma Kleynhans, Suzan­ ne van Dyk, Lara van Wyk en Nikki Scot.

Rekordtal neem aan dag deel Lynda Greyling ’n MAKSIMUM van 124 spelers neem gewoonlik deel aan gholfdae wat op die Bethlehem-gholfbaan beslis word. Danksy goeie organisering het 140 spelers egter Vrydag aan die 15de Standard Bank-gholfdag deelgeneem. Dié dag is soos al die vorige jare deur Danie Lombard gereël. Spelers van oor die Oos-Vrystaat heen het gespeel volgens ’n vierbal-alliansie met die eerste twee punte wat tel. Divan Gerber, wat onlangs die Order of Merit-eerbewys gewen het, en sy spanlede, André Grové, Mihan Bester en Nas Otto, was die wenspan met 110. Tweede was Pieter Meyer, Theuns Verster, Ferdi van Vuuren en Isak Pienaar op ’n uittel van 103. Rob Donald, Peter Schuss, Chess Laesecke en Neil Mann was derde op 103 met Pierre Hattingh, Dolf Maartens, Carine le Roux en Rian Herhold vierde op 102 houe.

Bobaas in driespel VAN links is Mariaan du Preez, Theresa Coetzee en Gillian du Preez. Hulle is rolbalspelers van die Bethlehem­buiteklub wat die Noord­Vry­ staat­driespel op Kroonstad gewen het.

Witteberger wen gholfdag DIE 15de Standard Bank­gholfdag wat op Bethlehem beslis is, is deur Divan Gerber en sy span gewen. Van links is Mias van Rensburg (provinsiale bestuur­ der: voertuig­ en batefinansiering), Divan Gerber, Mihan Bester, Nas Otto, André Grové en Anton Nicolaisen (provinsiale hoof: Standard Bank). Hanna, Leon en Cois Barnard en Rolf Busch was vyfde op 101. Naaste aan die pen op die tweede

en sesde putjie was Divan Gerber, op die 12de Tommy Thompson en op die 16de Desmond Deyzel.

JP STRYDOM, ’n leerling aan die Hoërskool Witteberg, het die Coin Security en Max-o-Meat se Monthly Mug-gholfkompetisie by die Bethlehem-buiteklub gewen. Strydom (A-afdeling) het 64 houe gespeel. Rolf Busch was tweede met 68.

Die B-afdeling is deur John Craven (sr.) met 67 houe gewen. Alan Fair was tweede met 71 houe. ) Naaste aan die pen op die sesde putjie was John Craven (sr.) en JP Strydom, op die 16de John Craven (jr.) en op die tweede putjie Danie Lombard.


Maluti 20131113