Issuu on Google+

TEL: 058 ­ 303 5411

Koerant met hart I The paper with heart WOENSDAG 23 OKTOBER 2013

WWW.MALUTINEWS.CO.ZA

FREE

Al op die een been DIÉ swerm flaminke loop in Loch Lomond. Dit is nie net die grootflamink (wat gereeld in die Oos­Vrystaat gesien word) nie, maar ook die kleinflamink. Kenners het onlangs meer as 300 van dié spesie getel en sowat 100 van die grootflamink. Sien berig op bladsy 2. Foto: Marguerite Vermeulen

Regstelling IN die vorige uitgawe van Maluti is berig dat Rudi Wolmarans, ’n plaaslike sakeman, op Maandagmiddag 14 Oktober in Commissionerstraat op Bethlehem gesterf het toe hy raakgery is nadat hy uit sy motor gestruikel het. Maluti is daarop gewys dat hy in der waarheid op sy motorfiets was toe die ongeluk gebeur het waarin hy gesterf het. Volksblad, moederkoerant van Maluti, het berig ’n taxi het die motorfiets gestamp. Wolmarans het afgeval en die taxi het toe vermoedelik oor hom gery. Wolmarans is Maandagoggend uit Die Hoeksteenkerk in Panorama begrawe. Hy word deur sy vrou, Elna, seun Jaco en skoondogter, Reinette van Johannesburg, asook sy seun, Divan, skoondogter, Lizzy, en kleinkind, Leané, oorleef. Motorfietsryers het vooraf en ná die diens eer aan Wolmarans betoon. Maluti vra om verskoning vir die fout in die berig. ) Die polisie sê ’n ondersoek oor wat die dood van Wolmarans veroorsaak het, word gedoen. Hulle het gesê ’n taxi het hom vermoedelik getref en hulle ondersoek die verloop van dié gebeure wat tot sy dood gelei het.

Soldaat weer voor oor skietery

Sê dit was uit selfverdediging Reginald Witbooi DIE soldaat wat daarvan beskuldig word dat hy twee van sy makkers doodgeskiet het, het onlangs weer in die hof verskyn. Vrydag het hy erken hy het hulle geskiet, maar uit selfverdediging. Die verhoor van kanonnier Mpumelelo Hlubi (25), wat teregstaan weens die moorde op lt. Thabiso Seithati (28) en kanonnier Zakhe Khumalo (26), het Vrydag op Bethlehem in die hooggeregshof begin. Hlubi verskyn op twee aanklagte van moord voor regter Albert Kruger. Hy het skuld op albei klagte ontken. Hy sê op 22 Februarie was hy, Seithati en

Khumalo met ’n weermagvoertuig op pad na die tydelike basis by Kromdraai op Fouriesburg. Volgens hom was Seithati aggressief. Hy het met die bakkie op ’n grondpad stilgehou en hom beveel om af te klim. Toe het ’n onderonsie tussen dié twee uitgebreek. Volgens Hlubi het hy toe verskeie skote op Seithati gevuur omdat hy glo geweet het Seithati sou op hom skiet. Hy het na die passasierskant gegaan en Khumalo, sy boesemvriend, op die grond sien lê en besef hy het hom raakgeskiet. Die aand het hy na ’n nabygeleë huis gegaan en die eienaar vir kos en water gevra. Nadat hy klaar geëet het, is hy terug na die berg.

Die volgende dag het hy teruggegaan na die huis en ’n man gevra om vir hom klere te gee omdat hy vol bloed was. Hy het die geweer in ’n sak gesit en vir die man gesê om die polisie te bel en hom na die grondpad te vergesel. Die polisie het Hlubi toe in hegtenis geneem. Seithati se ma, Alina, het Maandag gesê: “My kind was die broodwinner in my huis. Ek wil hê geregtigheid moet geskied”. Sy het ook gesê hy het dit nie verdien om op só ’n manier te sterf nie. “Ek is verpletter. My kind se dood was te vroeg,” het sy gesê. Die verhoor gaan vandeesweek voort en nog getuies sal geroep word.


2

MALUTI, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013

Twee soorte flaminke kuier op Loch Lomond Marguerite Vermeulen

Wen fliekkaartjies SUZETTE HEYNS van Bethlehem is die wenner van Maluti se Bethlehem Cine­ ma­fliekkaartjiekompetisie. Heyns het ’n maklike vraag op Maluti se webblad be­ antwoord. Foto: Facebook

DIÉ prentjie van twee spesies flaminke is die afgelope weke ’n algemene voorkoms op Loch Lomond by Bethlehem. Dié tuiste bied die ideale omstandighede vir die voëls: volop kos en vlak water. “Dit is nogal baie besonders. Daar is baie kleintjies,” het dr. Pieter Koornhof gesê. Die een spesie is die groot flamink en die ander spesie is die klein flamink. Daar is sedert Augustus vanjaar sowat 300 klein flaminke en nog ongeveer 100 groot flaminke opgemerk. Koornhof het ook gesê die voëls kom in die Vrystaat voor, maar dit is nie gewoon om so baie van die klein flamink-spesie te sien nie. Ander rusplekke vir dié soort voëls, soos die groot pan by Kimberley, is weens besoedeling en droogte al hoe minder geskik vir die voëls. Flaminke is ook onlangs in die Wes-Kaap opgemerk. Martin Potgieter, ’n voëlkenner wat gereeld opnames vir die Universiteit van Kaapstad (UK) doen, het gesê hy het verlede jaar ’n groep van sowat sewe klein flaminke op dié dam gesien. Volgens Potgieter word kleiner groepe, van tussen 10 en 15, gereeld in die Oos-Vrystaat opgemerk. Die twee spesies kan aan hul bekke onderskei word. Die groot flamink se bek is ligter met ’n donker punt en die klein flamink se hele bek is donker. Hulle is ook fisiek ietwat kleiner. “Dit is moontlik ’n seisoenale gebeurtenis,” het Potgieter gesê. Sien nog foto’s op www.malutinews.co.za.

WITTEBERG se nuwe leiers is van links, voor: Elmien Verster (hoofmeisie), Carla­Mari da Silva, Mari Labuschagne, Andrea Bierman en Ida Mittemaier; agter: Christiaan de Jongh (hoofseun), Louis Spershot, Strauss van Graan, Gerhard van Huysteen en Aresteo Desiderio. Foto’s: Marguerite Vermeulen

DIE Hoërskool Voortrekker op Bethlehem se nuwe hoofleiers is van links Paul­Johan Farrell (on­ derhoofseun), Boeta Vermaak (hoofseun), Annika Sadie (hoofmeisie) en Adri Wessels (onder­ hoofmeisie).

DIE hoofleiers van die koshuis is Lané Labuschagné (onderhoofmeisie), Brenza du Plessis (hoof­ meisie), Tokkie van Zyl (hoofseun) en JP Badenhorst (onderhoofseun). Foto: Verskaf


MALUTI, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013

3

DÍT is die damwal waaroor al die bohaai is. Die sluis is nou oop om die water­ vlak te laat daal. Dit sal toegemaak word sodra die watervlak genoeg gedaal het. Foto’s: Marguerite Vermeulen

Sluise oop oor rioolpyp Marguerite Vermeulen

TWEE munisipale werkers help met die afskuur van die pyp.

LEN SLABBERT hou roes vas wat maklik van die onbehandelde pyp af­ gevee kan word.

DIE Loch Athlone-dam se sluise is onlangs oopgemaak en dít het inwoners behoorlik aan die praat. Party mense dink dit is omdat daar riool in die water is of dat dit ander probleme laer af in die stroom voed. Die waarheid is dit het met riool te make, maar op ’n positiewe manier. Daar is ’n rioolpyp wat permanent onder die watervlak versteek is. Dié pyp moet geïnspekteer word om roes te behandel en gate in dié pyp te vermy. “Ons skuur die aanpaksel af en verf dit dan met ’n roeswerende middel.

“Nou gaan ons dit met ’n soort teerverf óók verf,” het Len Slabbert van die tegniese afdeling van die munisipaliteit gesê. Die probleme wat veroorsaak word deur die oop sluise is glo nie vergelykbaar met die probleem wat ’n gat in die rioolpyp sal veroorsaak nie. Indien só ’n probleem sou ontstaan, kan dit veroorsaak dat die Loch Athlone-dam, die Jordaanrivier en Loch Lomond (sien foto op bl. 1) ernstig met riool besoedel word. Die verlaagde watervlak gee die bootklub hoër op in die dam ook die geleentheid om nodige instandhoudingswerk aan sy infrastruktuur te doen.


4

MALUTI, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013

Wees vrygewig en jy sal ook ontvang LEES Lukas 6:37 tot 42. Gee en vir julle sal gegee word: ’n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. ’n Christen het eendag vir werk gebid. In die kerk het hy toe nog net een dollar oor, maar hy gee die helfte.

Die volgende dag het hy van ’n werk op ’n naburige dorp gehoor. Die treinkaartjie kos toe ’n dollar en hy kon net ’n kaartjie tot halfpad daar bekostig. Hy het van die trein af geklim om verder te stap en sien toe ’n kennisgewing oor ’n vakante pos. Hy het die werk ge-

kry en die salaris was meer as dié van die werk waarheen hy op pad was. God is ryk en almagtig en hy kan iemand wat ruim aan Hom gee, seën en terugbetaal. ) www.kragvirvandag.co.za; ds. Manie Colyn

DEUR ’n gesonde leefstyl te volg, kan leerlinge akademies beter presteer. Hier werk Marisca Stander aan ’n wiskundeprobleem. Foto: Marguerite Vermeulen

Gesonde lyf, gesonde punte Marguerite Vermeulen AS jy jou leefstyl verander, kan jy akademies beter presteer. Veral die soort kos wat geëet word en die hoeveelheid oefening wat leerlinge voor ’n eksamen kry, het ’n invloed. Carol Symington, ’n dieetkundige van Bethlehem, sê tieners oortree meestal, omdat hulle nie gereeld eet nie en te veel gemorskos afsluk. Sy sê leerlinge moet liefs klein, gereelde etes eet. Dit moet stysel met ’n lae glukemiese inhoud bevat. “Die brein benodig ’n konstante toevoer van glukose vir voldoende kognitiewe funksionering en konsentrasie.” Sy beveel donkergroen blaargroente, geel groente en vrugte aan, asook kos wat baie vitamien C bevat. Melk (kalsium en riboflavien), volgraanprodukte (vitamien B, minerale en vesel) en verrykte grane (yster en vitamien B) is ook belangrik. Symington sê tieners behoort daagliks 750 ml tot 1 000 ml afgeroomde en laevet-suiwelprodukte in te neem. Hulle moet twee porsies vleis en vleisvervangers eet – sowat 60 g tot 90 g. Vyf porsies vrugte en groente (rou, gaar of gedroog) is ook nodig. Verder moet hulle ses tot 11 porsies volgraan- en laeGI-graanbrood en ontbytpap eet. Hulle het net een porsie vet en hoësuikervoedselsoorte nodig. Oefening blyk ook in die akademiese kwartaal, en veral in die eksamen, belangrik te wees. Talle studies oor dié onderwerp is al in Amerika gedoen. ’n Studie wat op die American National Center for Biotechnology Information se webblad gepubliseer is, het bewys aërobiese fiksheid kan akademiese prestasie voorspel. Prestasie word egter nié deur gewig bepaal nie. Gewig beïnvloed wel ’n kind se gesondheid, maar hoe fiks die kind is, is belangriker wanneer hy of sy in toetse goed moet onthou.


MALUTI, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013

Casino bied nuwe stelsel

DIE Frontier Inn and Casino op Bethlehem gaan sy casino-stelsel opknap. Peermont gaan die nuwe stelsel, Bally, op 11 en 12 November aanbring. Die casino sal op 11 November gesluit wees en op 12 November om 12:00 heropen. Dié nuwe stelsel is reeds gewild in Las Vegas en Atlantic City. Selfs bekende casino’s soos Caesars Palace, Harrah’s, Paris, Trump Taj Mahal en Foxwoods gebruik dit. Die nuwe stelsel sal die casino help om beter diens te lewer en ’n beter lojaliteitsprogram daar te stel. Winners Circle-lede sal veral by die nuwe stelsel baat vind. Nadat die stelsel in werking gestel is en getoets is, sal die casino persoonlike belonings en onmiddellike dank kan gee terwyl iemand speel. Daar gaan puntevermeerderings, onmiddellike wenners, lojaliteitsbelonings en pryse (soos motors, kontant, leefstylpryse, etes, punte en verblyf) op die spel wees. Dus gaan dié stelsel beter speletjies en groter belonings verseker. Die nuwe kaartstelsel: ) Spelers sal ’n nuwe kaart nodig hê (Bally-ready Winners Circle-kaarte of ’n nuwe spelerkaart word aanvaar). ) Om ’n nuwe kaart te kry moet ’n geldige ID-dokument of rybewys getoon word. Die kaarte sal net by die Frontier Inn and Casino se hulptoonbank beskikbaar wees.

) Die nuwe kaarte sal soortgelyk aan ’n bankkaart wees en aan ’n geheime kode gekoppel word. ) Saam met die nuwe kaart sal spelers ’n nuwe nommer ontvang. Hierdie Winners Circle-lidmaatskapnommer staan ook as die CMP-nommer bekend. Buiten dié nommer sal elke lid ’n SDS-rekeningnommer ook kry. Die masjiene: ) Die dobbelmasjiene gaan verander word om net die nuwe kaarte te aanvaar. ) Nuwe skerms gaan aangebring word en sal anders werk. Instruksies sal beskikbaar wees.

) Elke spel sal op die kaart gestoor word. ) Geld en punte sal dan op die kaart gestoor word.

Feite oor die nuwe stelsel: ) Alle punte en geld sal na ’n enkele Bally-rekening oorgedra word sodra die opknappingsproses voltooi is. ) Die dobbelmasjiene, tafels en Winners Circle-spanne sal rekord hou van dié syfers sodat lede se navrae later beantwoord kan word. ) Bonuspunte kan nie vir geld geruil word totdat die nuwe stelsel ten volle in werking is nie.

’n NUWE kaartstelsel sal toelaat dat spelers se inligting en vorige speletjies op die kaart gestoor word.

5


6

MALUTI, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013

PASSAP 6000-BREIMASJIEN MET MOTOR EN VIERKLEUR- WISSELAAR. Skakel 083 644 9092.

2-slaapkamer-woonstel te huur. Netjies. Jordania. Skakel 072 384 0040. Beskikbaar 1 November 2013.

Alice soek werk: Maandag tot Vrydag. Huishulp, kinderoppasser of kombuis (kook). Skakel 083 780 6029. Maria soek werk as huishulp. Voltyds. Het ondervinding, kan ook vir kinders sorg. Skakel asb. 073 038 6354.

TOY POMS: 8 weke oud, R900. Marie Rudolph (074 805 4739/074 801 5610.

Benodig die dienste van 'n sekuriteitsbeampte met Graad C en rybewys. Pos behels skofte. Faks verkorte CV na 058 303 4422.

VAN links is, voor: Amone Bester (7), Christon Kriel (9), Zelda Jacobs, Ane Beneke (8) en Jane de Villiers (6); agter: Marisca Stander (12) Jacques van der Merwe (7), Petri van der Merwe (10), Markus de Villiers (8) en Karl Landauer (11). Foto: Verskaf GRANITE & MARBLE: Kitchen tops, vanities, bar counters, etc. Tel. 058 303 4840/ 082 807 7456.

Syferkop op pad na Hongkong

Was van sitkamerstelle, volvloermatte en motorsitplekke. Uitsuig van water. Gratis kwotasies. Skakel Ronel 082 788 1483

3-slaapkamer-huis, groot kombuis. Morelig. Beskikbaar 1/11/2013, huur R5 300 p.m. Water ingesluit. Skakel: Amelia 082 885 2776.

300m² Stoor te huur Bethlehem. Skakel: 082 312 0855.

SOEK, KOOP, VERKOOP

’n BETHLEHEMIET is die enigste leerling van die Vrystaat wat aan die einde van die jaar in Hongkong aan die Internasionale Semas-wiskundekompetisie sal deelneem. Marisca Stander (12) neem in die vlak D-afdeling deel. Sy gaan saam met nog 24 kinders van SuidAfrika daar deelneem. Nege Bethlehemiete het onlangs aan die nasionale kompetisie in Johannesburg deelgeneem. Markus de Villiers het die kampioen van kampioene-titel ontvang en Amone Bester is as kampioen aangewys. Marisca, Karl Landauer en Jane de Villiers het die tweede vlak behaal. Leerlinge wat vlak drie behaal het, is Petri van der Merwe, Jacques van der Merwe, Christon Kriel en Ane Beneke.


MALUTI, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013

Motorsaak bied kundige hulp aan klante PORTER’S AUTO bied al vyf jaar lank Volvo- en Land Rover-produkte aan die Vrystaat en Noord-Kaap. Hulle kan nie net ’n motor kry waarna die klant soek nie, maar lewer dit enige plek in die land af. Sedert Desember 2012 is Anton Botha aan die stuur van sake om te verseker die onderneming lewer die beste diens en doen eerlike besigheid in die gebruiktemotorbedryf. Fanie van Rensburg, Zack du Preez en Jabulani Macala staan gereed met kundige raad oor die gebruiktevoertuig-afdeling. Werner Delport is die spesialis wat klante met Volvo Select-produkte kan bystaan. Klante kan Gerhard Steyn gerus raadpleeg vir raad oor gebruikte Land Rover- en Jaguar-produkte. Porter’s Auto in Zastronstraat in Bloemfontein is spesialiste in die Land Rover-, Jaguar- en Volvomark in die Vrystaat en NoordKaap en verkoop sowat 60 motors per maand. Dié handelaar hanteer voertuigaankope en -verkope. Hulle kan finansiering by banke in Suid-Afrika en versekering reël. Maak seker u word een van Porter’s Auto se gewaardeerde kliënte en kontak Porter’s Auto vir enige raad in die verkoop of aankoop van motors deur 051-430-2304 te skakel.

André van Zyl het Porters Auto onlangs besoek. Werknemers by hom is Jabulani Macala, Fanie Janse van Rensburg, Anton Botha en Zack du Plessis. DIE bestuurder, Anton Botha (regs) by Breyton Paulse se nuwe Jaguar.

Foto’s: Facebook

ZACK DU PLESSIS

ANTON BOTHA

GERHARD STEYN en Werner Delport.

7


MPHO MOKOENA (29) het die afgelope naweek ’n derde plek in die Harri­smith­ bergmarathon ge­ wen. Hy het die 15 km in 1:15:09 voltooi. Foto: len

Marguerite Vermeu-

Sport Koerant met hart I The paper with heart

Vir meer foto’s en nuus gaan na www.malutinews.co.za

Wen met agt paaltjies

DIE Masekahae­span het 115 lopies aangeteken.

REGS: ’n Paar Beth­ lehemiete speel vir die Vrystaatse Poli­ sie­krieketspan wat Woensdag teen die plaaslike Maseka­ hae­span gewen het. Masekahae het 115 lopies aangeteken, waarna die Vrystaat­ se Polisie­krieket­ span met agt paaltjies gewen het. Hier boul Richard Machogo.

Foto’s: Marguerite Vermeulen

DIE vier manne het die Frontier Inn and Casino se gholfdag op Bethlehem gewen. Deelne­ mers het van so ver soos Limpopo gekom om deel te neem. Willem Roets, Byorn Barends, Ean Helmand en Herkie van der Walt het elkeen ’n naweek vir twee mense in die Mondazur­ hotel aan die Natalse Suidkus gewen. Hulle kan ’n ronde gholf gaan speel en die gholf­ karretjie is ingesluit. Hul vrouens kan die spa besoek. Foto: Marguerite Vermeulen

Munte, Meubels, Spysenieringstoerusting

Datum: Dinsdag, 29 Oktober 2013 @ 10:30 Perseel: Krugerlaan 1, Estoire, Bloemfontein

Per instruksie van Verskeie Terugnamebestuurders, sal Aucor die volgende aanvul en per publieke veiling verkoop:

| Versamelaarsmunte | Spysenieringstoerusting | | Kantoor- & Huishoudelike Meubels | Voertuie |

Jakoef Jacobs: 083 780 0055 lizadb@aucor.com | 051 433 2872 Besigtiging: Ma. 28 Okt. 08h30 - 16h30

VOORWAARDES: ‘n Terugbetaalbare registrasiedeposito van R10 000 is betaalbaar per bank- of bankgewaarborgde tjek, debiet/ kredietkaart of EFO. GEEN KONTANT WORD AANVAAR NIE. ‘n Dokumentasiefooi van R2000 (BTW ingesluit) is betaalbaar op elke lot. 6% Koperskommissie (BTW uitgesluit) is betaalbaar op elke lot. Alle aanbiedinge sluit BTW uit. Onderhewig aan verandering sonder voorafkennisgewing. Aucor mag bie namens die verkoper tot die reserweprys. Bewys van adres en ID-Dokument vir FICA-registrasie word benodig. Afslaer: Dave Price

Massiewe Lokaalveiling

Versamelaarsmunte

- 2000 Nelson Mandela Sterling Silwer R5 (Proef ) - 2007 Nelson Mandela Sterling Silwer R1 (Proef ) - 2007 FW De Klerk Sterling Silwer R1 (Proef ) - 1x Stel Groot Vyf Goue Medaljes (Ag 999) - 18x Stelle Suid Afrikaanse Munte (1971-1992) - 2006 Silwer “Birds of Prey” reeks Kombinasiestel (Sekretarisvoël) - 2006 23kt “Gold Collectibles America’s Heroes World Trade Centre 9/11 - Patriotic - 5th Anniversary” - Goue Kaart - 10x Verskeie World Trade Centre Munte

Spysenierings- & Slaghuistoerusting

Kantoor- & Huishoudelike Meubels en -Toerusting

- Bestuurslessenaars, Konferensietafels, L & U-Vorm Lessenaars, Kredenskaste, Boekrakke, Swaai- & Kantoorstoele, Vertoonkaste, Kantoorverdelers, Lugversorgers, Drukkers, Rekenaars, ens. - Eetkamerstelle, Gemaksitkamerstelle, Beddens en Matrasse, Spieëltafels, Kabinette, Buitenshuise Meubels.

Industriële- & Werkswinkeltoerusting

- Kompressors, Kragopwekkers, CO² Sweismasjiene & -Snyers - Hoëdrukwassers, Kettingsae, Mobiele Afwerkers & -Snyers, Waterpompe, Staanbore, ens

- Industriële Brood-, Konveksie- & Rysoonde - Draairoosteroonde Voertuie - Deegmengers, Broodsnyers - 2008 Mitsubishi Triton 2.4 Dubbelkajuit - Bain-Maries & Kosverwarmers 2006 Peugeot 206 - Enkel- & Dubbeldivisie-braaiers - 2005 Volvo S40 2.4i - Seël-, Verpakkings- & Industriële Vakuumver2005 Renault Scenic 1.9 DCi pakkingsmasjiene - 2005 Peugeot 307 - Vlekvryestaaltafels - 2004 Volkswagen Polo 1.4 - Vleiskoekiedrukkers, Braaiers, Ysmasjiene - 2000 BMW 523i Outo - Muntoutomaatmasjiene - Eetgerei, Potte & Panne Besigtiging: Wo. 30 Oktober (08:30-16:30) - Waterkookpotte & Ketels Herbert: 078 099 0635 | dalenem@aucor.com

VOORWAARDES: Elke koper moet registreer om te kan bie.‘n Terugbetaalbare registrasiedeposito van R5000.00 is betaalbaar per bank- of bankgewaarborgde tjek, debiet- of kredietkaart of EFO. GEEN KONTANT! Alle aanbiedings sluit BTW uit. Aucor mag bie tot die reserweprys namens die verkoper.‘n Dokumentasiefooi van R2 000 (BTW ingesluit) is betaalbaar op elke voertuig. 10% Kopeskommissie (BTW uitgesluit) is betaalbaar op alle aankope. Onderhewig aan verandering sonder voorafkennisgewing. Bewys van Adres & ID benodig vir FICA-registrasie. Vir veilingsreëls, fotos en volledige besonderhede, besoek: www.aucor.com Afslaer: Paul Portelas

aucor.com

Vir Finansiering skakel: Celestè 082 374 5078

- 2008 Volkswagen Citi Storm 1.4i - 2011 Opel Corsa Utility 1.4i - 2007 BMW M6 Afslaankap Club - 2006 Audi RS4 Quattro - 2011 Mahindra Scorpio 2.5TCi D/Kajuit - 2006 Chevrolet Aveo 1.5 LS 5dr - 2011 Ford Bantam 1.3i - 2006 BMW 323i Outo - 2X 2010 & 2009 Ford Ranger - 2006 Ford Focus 2.5 ST 5dr 2200 LWB XL - 2006 Volkswagen Polo Classic - 2008 Mazda BT50 Drifter 3.0 1.4 CRDI SLE D/Kajuit - 2005 Audi A6 2.4 Multitronic - 2007 Opel Corsa Utility 1.4 - 2005 BMW 318i Club - 2005 Peugeot 607 3.0 Outo - 2005 Volkswagen Velociti 1.4i 6x Minibusse - 2003 Mercedes Benz C180K - 2011 CMC Sesbuyile 2.4i Classic 16-Sitplek - 2003 Nissan Almera 1.8 Elegance - 2x 2010 & 2009Toyota 20x Bakkies & 4x4’s Quantum 2.7 Sesfikile - 2013 Nissan NP200 1.6 14-Sitplek - 2012 Ford Ranger 3.2 TDCi XLS - 2010 Toyota Quantum 2.7 Super Cab 4x4 10-Sitplek - 2012 Ford Ranger 2.2 TDCi XL - 2007 CAM Inyathi 2.2i D/C - 2012 Isuzu KB300 D-Teq LX D/C - 2006 VolkswagenTransporter C/Bus 2.5 TDi - 3x 2012, 2011 & 2010 Toyota Hilux 3.0 D-4D Raider R/B 8x NIE-LOPEND & - 2011 Isuzu KB250 D-TEQ LE ONGELUKSBESKADIG - 2011 Toyota Hilux 2.0 VVT-i

aucor.com

- 2012 BMW 520i M SPORT Outo - 2011 Toyota Yaris ZEN3 ACS - 2010 Kia Sportage 2.0 - 2010 Toyota RAV 4 2.0 GX Outo - 2010 Audi A4 2.0 TFSi AMB Multi - 2010 BMW 320D - 2010 Volkswagen Citi Xcite 1.4i - 2010 Nissan Livina 1.6 Visia X-Gear - 2010 Chevrolet Aveo 1.6 LS - 2010 Chevrolet Spark L 5dr - 2010 Citroen C3 1.4 VTi Attraction - 2010 Renault Sandero 1.6 United - 2009 Audi Q7 3.0 TDi V6 Quattro Tip - 2009 Mercedes Benz C200K Avantgarde Outo - 2009 Opel Corsa 1.4 Essentia 5dr - 2008 BMW X3 Xdrive 2.0D Outo - 2008 Mazda 3 1.6 Sport Dynamic

property | wheels | movables

40x Voertuie & SNVs

aucor.com

Puik Bakkies & 4x4’s op Veiling

Behoorlik gelas deur die Terugname- en Vlootbestuurders van Wesbank, Mercedes-Benz Financial Services SA (Pty) Ltd., Daimler Fleet Management SA (PTY) Ltd., sal Aucor die volgende aanvul en per publieke veiling verkoop:

| Voertuie | SNVs | Bakkies | 4x4s | Minibusse |

GPS: S 29°06.767’ O 026°16.567’

Datum: Donderdag, 31 Oktober om 10h30 Perseel: Krugerlaan 1, Estoire, Bloemfontein

GPS: S 29°06.767’ O 026°16.567’

property | wheels | movables

80X BANKVOERTUIE


Maluti 20131023