Issuu on Google+

Koerant met hart I The paper with heart TEL: 058 ­ 303 5407

WOENSDAG 1 MEI 2013

WWW.MALUTINEWS.CO.ZA

FREE

Busramp: Geliefdes herdenk Lynda Greyling BRENDA MONONI sit op ’n bankie by die monument wat opgerig is ter nagedagtenis aan die mense wat in die busramp omgekom het. Sy staar na een van die blink gepoleerde poeletjies op ’n granietrots wat ’n wiel van die bus uitbeeld – haar man, John Mononi, se naam is daarop uitgegraveer. Hy was een van die 51 mense wat vandag tien jaar gelede verdrink het toe die bus waarin hulle gery het in die Saulspoortdam, nou Sol Plaatjedam, beland het. Hulle was deel van ’n groep SuidAfrikaanse Munisipale Werkersunie- (Samwu) lede van Kimberley wat Cosatu se Werkersdagviering in Qwaqwa sou bywoon. Brenda, wat in een van die ander busse gery het, was reeds in Qwaqwa toe sy die tyding ontvang het dat die bus waarin haar man gery het in die dam beland het en dat hy verdrink het. “Ek kan nie glo dit is al tien jaar gelede nie.” Sy het Saterdag saam met oorlewendes en familielede wat geliefdes in die busramp verloor het, van Kimberley af gekom om ’n herdenkingsdiens en kranslegging by te woon. Die dag is deur Sam Mashinini, sekretaris van Cosatu in die Vrystaat, gereël. Anele Gxoyiya, sekretaris van Cosatu in die Noord-Kaap, het gesê die familielede van die busramp-slagoffers kry geldelik swaar. “Die mense sukkel om hul kinders met skool te laat klaarmaak. Ons het destyds beplan om ’n fonds te stig, maar tot nou toe het niks gerealiseer nie.” Gxoyiya het voorgestel dat hulle iets daadwerkliks daaraan moet doen en dat kinders geïdentifiseer moet word om verder te studeer om ’n goeie kwalifikasie te bekom en werk te kry. “Sodoende kan die kinders dan vir hul familie sorg.” Len Slabbert, wat vroeg die oggend van die ramp met sy rubberboot van die mense gered het, was onder die talle sprekers. Hy het sy weergawe van daardie tragiese dag vertel waarna verteenwoordigers van Cosatu, familielede en die Dih-

BRENDA MONONI (mid­ del) en ander familielede wat geliefdes in die Saulspoort­busramp verloor het, het elk ’n roos op die wiel van die monument wat ter ere van die slagoffers opge­ rig is, gelê. Foto: Lynda Greyling

DR. CLEM HARRINGTON, ANC­raadslid, het namens die Dihlabeng­munisi­ paliteit ’n krans ter herinnering aan die Saulspoort­busramp tien jaar gelede gelê. labeng-munisipaliteit kranse gelê het. Familielede het elk ’n roos op die poeletjies geplaas waar hul ge-

liefdes se name gegraveer is. Sondag sal ’n gedenkdiens in Kimberley gehou word.

LEN SLABBERT en Sam Mashinini, provinsi­ ale sekretaris van Cosa­ tu.


2

MALUTI, WOENSDAG 1 MEI 2013

Tree op fees op DIE Bethlehem­vol­ wassekoor onder lei­ ding van Hansie Jor­ daan het Saterdagog­ gend as deel van die Christusfees in die Metropolitan­sentrum opgetree.

Bekende, geliefde onderwyser oorlede EBETH JANSE VAN RENSBURG (50), bekende wiskunde-onderwyser aan die Hoërskool Witteberg, is oorlede. Janse van Rensburg, bekend as juffrou Ebie, is ’n paar maande gelede met kanker gediagnoseer en is Maandagaand in die Corona-hospitaal oorlede. Mnr. Coenie Venter, hoof van die Hoërskool Witteberg, sê sy was bykans 28 jaar aan die skool verbonde met die tweede langste diensjare. “Sy was ’n vrou met besondere integriteit. Sy was lojaal en het waardevolle bydraes gelewer. “Die suksesverhaal van letterlik honderde kinders is die stille getuienis van die wonderwerke wat sy in die wiskundeklas verrig het. Haar administratiewe ondersteuning aan Witteberg was van hoogstaande gehalte.” Sy is Donderdagoggend uit die NG kerk Bethlehem-Oos begrawe. Sy word deur haar man, Paul, en drie kinders, Hanrie, Wilmarie en Paul (junior), hoofseun van Witteberg, oorleef. EBETH JANSE VAN RENSBURG

1 Mei tot 19 Mei: Alle kinders jonger as vyf jaar moet teen polio en masels ingeënt word. Kinders moet na die naaste kliniek in die Thabo Mofutsanyana-distrik gebring word.

Verpleegkundiges sal ook kleuterskole en dagsorgsentrums besoek. 3 Mei: ’n Gholfdag word op Bethlehem ten bate van die leukemie-baba Veroné Weyers gehou. Skakel 082-870-9746. 4 Mei: Die NG kerk Kestell hou sy Borrelfees van 08:00 af tot laat. 4 Mei: Vroueteeparty ten bate van die leukemie-baba Veroné Weyers met Lindie Strydom op Reitz. Bel Nikola by 083-2732581 of Rika by 082-772-9486.


MALUTI, WOENSDAG 1 MEI 2013

3


4

MALUTI, WOENSDAG 1 MEI 2013

Tiere sterk goed aan

TIERE pas makliker as leeus in ’n nuwe omgewing aan. Tomi en Riuua, twee tiere wat sowat twee weke gelede op Lionsrock aangekom het, is ’n bewys hiervan. Die tienjarige tiere is van ’n private dieretuin, Onesti, in Roemenië afkomstig. Die dieretuin is al geruime tyd gesluit en die tiere is in ’n klein hok aangehou en nie gereeld gevoer nie. Op Lionsrock kry hulle elke dag iets om te eet sodat hulle gewig kan aansit. So sê Hildegard Pirker, senior diereversorger op Lionsrock. ’n Leeu-paar, Tarzan en Siba, en die leeuwelpies Hera en Sara het saam met die tiere op Lionsrock aangekom. Die leeus is nog senuweeagtig en dit sal vir hulle nog ’n rukkie neem om aan te pas. Pirker sê anders as met leeus, is tiere nie tropdiere nie en word hulle gewoonlik op hul eie in ’n kamp aangehou. Tomi en Riuua was saam in een hok en sal binnekort saam na ’n groter kamp verskuif word. Die tiere is nou deel van ’n grootkat-familie van 6 tiere en 83 leeus op Lionsrock. ) Enigiemand wat boumateriaal wil skenk of wil bydra tot die nuwe kamp vir die twee tiere kan 058-304-1003 skakel. Kos vir die diere sal ook verwelkom word. Personeel van Lionsrock sal self die karkasse kom haal.

TOMI EN RIUUA, die tierpaar wat van die Onesti­dieretuin uit haglike toestande na Lionsrock op Bethlehem gebring is, sterk goed aan. Foto: Lynda Greyling

Werkskepping noodsaaklik in landbou OM ’n boerdery te diversifiseer en appelboorde aan te lê is ’n groot uitgawe. Dit kos sowat R350 000 per hektaar. Daarby is appels eers ná agt jaar in volle produksie. Dit is ’n arbeidsintensiewe werk. Terwyl die appels nog aan die boom sit, moet arbeiders die blare om die appel pluk sodat die appels soveel son moontlik kry om die beste kleur moontlik te kry.

Appels is ook baie sensitief vir die weer. In die Oos-Vrystaat word die bome met skadunet bedek sodat die vrug nie deur hael beskadig word nie. Hein Punt, bestuurder van Maluti Fruits, sê wanneer dit reën, kan appels nie gepluk word nie, aangesien dit kan kneus en dan ’n swak prys sal behaal. Só kon hulle met verlede week se reën twee dae nie appels pluk nie.

Maluti Fruits het sowat 110 tydelike werkers in diens geneem om in die pakhuis te werk. Hiervan is sowat 60 vroue wat enkelouers is. In die af seisoen is daar tien mense werksaam. Die stakings in die Wes-Kaap vroeër vanjaar waarna lone met 51% verhoog is, het produsente laat kyk om meer effektief en meer gesofistikeerd te raak. Elke pakhuis se standaard word internasio-

naal gemeet om seker te maak dat die regte goed op die regte tyd gedoen word. So is daar ook ’n personeelbeleid wat prakties is sodat daar pro-aktief opgetree kan word. “Hierdie mense moet ’n konstruktiewe rol in die gemeenskap kan speel. “Werk is skaars en ons wil toesien dat die mense vir hulself kan werk skep.”


MALUTI, WOENSDAG 1 MEI 2013

PLUS EARN POINTS

SAVE 10.00

Bulk Pork Pack

SAVE 6.00

SAVE 5.00

1449

Each

SAVE 4.00

All Gold Tomato Sauce 700ml

DairyBelle In Shape Fat Free or Fruits of The forest Low Fat Yoghurt Assorted 1kg

995 Each

SAVE 3.00

Sparletta Soft Drinks Assorted 2 litre

NOW ONLY

Each

NOW ONLY

NOW ONLY

1495

2499

Each

SAVE 8.00

PnP no nameTM Chicken, Red or Smoked Viennas 1kg

PnP no name Frozen Chicken Braaipack 1.8kg TM

(Consists of Roast, Chops, Rashers & Stew Cuts)

NOW ONLY

2999

NOW ONLY

3299

NOW ONLY

Product has been styled for photography

NOW ONLY

WEEKLY WINNERS

1689

Each

SAVE 4.54

Sunlight Dishwashing Liquid Assorted 750ml

(Excluding Antibacterial)

16999 SAVE 19.96

Jack Daniel’s Tennesee Whiskey 750ml

NOW ONLY

NOW ONLY

NEW

13799

CASE PRICE

3899 Ariel Auto Washing Powder 2kg

per case

SAVE 19.00

Carling Black Label Non-returnable Bottles 24 x 340ml or Cans 24 x 330ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Always there for you PRICES VALID 30 APRIL - 5 MAY 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERS

IN GAUTENG, FREE STATE, NORTH WEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES. smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.

www.picknpay.co.za

Please Recycle

CUSTOMER CARE

TOLL FREE: 0800 11 22 88 (LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1177081B_E

5


6

MALUTI, WOENSDAG 1 MEI 2013

Projek vir kinders op die Bloemskou begin MAAK ’n verskil in die lewe van ’n kind. Die Vir ons Kinders-projek ten bate van Engo-Vrystaat en behoeftige kinders in die Vrystaat begin vanjaar op die Bloemskou. Die projek word vanjaar vir die vyfde keer aangepak. Jy kan help om kos in die mond van behoeftige kinders te plaas. ’n Hyundai i10-motor van R108 000 is op die spel. Kaartjies kan teen R20 by Engo se stalletjie in die Tulip-saal by die Bloemskou gekoop word. Ná die Bloemskou sal kaartjies by alle Engo-kantore en -sentrums in die Vrystaat beskikbaar wees. Besoek www.engo.co.za of skakel 051-407-7222 vir besonderhede oor die kantoor of sentrum die naaste aan jou. Die sluitingsdatum van die kompetisie is 31 Oktober 2013. Vyf finaliste sal op 22 November met die hulp van PWC aangekondig word. Die eindelike trekkingsgeleentheid is op 6 Desember in Hyundai-Bloemfontein se vertoonlokaal. Verskeie promosies sal in die volgende ses maande oor die Vrystaat heen plaasvind waar mense aangemoedig sal word om kaartjies ten bate van die Vir Ons Kinders-projek te koop. Die motor sal onder meer op 25 Mei op die Volksblad se Kos-en-kunsmark, in Julie op die Vryfees en in verskeie winkelsentrums oor die Vrystaat heen gesien kan word. Die Vir ons Kinders-projek sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van die getroue borge nie. Vanjaar se borge is Hyundai-Bloemfontein, Radio Rosestad en Volksblad se plaaslike koerante, asook die Bloem-

skou. Engo-Kinder- en Jeugsorg (jeugsorgsentrums, vroeër bekend as die kinderhuise) is ’n nie-winsgewende organisasie wat kinders heeltyds versorg wat deur die Kinderhof van hul ouerhuise verwyder is omdat hulle ’n behoefte aan sorg en beskerming het. Die diens is reeds meer as 100 jaar oud en het ’n holistiese uitgangspunt van versorging wat alle fasette dek. Daar word sowat 800 kinders tussen die ouderdom van 0 en 18 jaar in 32 jeugsorgsentrums oor die Vrystaat heen versorg. Die sentrums skep ’n huislike atmosfeer vir kinders en is binne die gemeenskap geleë. Die doel is om kinders by die gemeenskap te laat inpas. Daar word ook bykomende hulp aan ongeveer 2 500 kinders wat in risiko omstandighede leef, verleen. Engo-jeugsorgsentrums in die Vrystaat kry swaar. Die staat se subsidies het die afgelope jare weinig verhoog en daar word steeds van die kinderhuise verwag om die kinders met minder as R12 per kind drie keer per dag kos te gee. Dit het noodsaaklik geraak vir die gemeenskap om betrokke te raak. Geld om in noodsaaklike behoeftes van ons kinders te voorsien moet deur insamelingsprojekte soos die Vir Ons Kinders-projek ingesamel word. Vir meer inligting oor die Vir Ons Kinders-projek en die beskikbaarheid van kaartjies in jou streek, skakel 051-407-7222 of besoek www.engo.co.za.

MARNUS MALAN druk hier ’n pragdrie op die Laerskool Truida Kestell se rugby­en­netbaldag vir gr. O­leerlinge. Foto: Lynda Greyling

GR. O­LEERLINGE van die verskillende kleuterskole op Bethlehem leer sommer al van kleins af om netbal te speel. Op die Laerskool Truida Kestell se rugby­en­netbaldag vir gr. O­leerlinge het kleuters van The Anchor en Kindersorg teen mekaar te staan gekom. Hier is een van The Anchor se kleuters met die bal, asook van links Anja Vorster, Hayley Strydom en Elizka von Moltke van Kindersorg. Foto: Lynda Greyling

HEALTH CHOICE CRAZY FIT MASSAGE R4 000. 058 303 6502/082 321 7069.

YOUR ONE-STOP GARAGE DOORMAN BETHLEHEM 11A ROUX STREET TEL. 058 303 9159 FAX: 058 303 9157 086 539 0123 E-MAIL: mrdoor@internext.co.za

SANDSTONE: Blocks, bricks, cladding, rivens, tiles, etc.Tel. 058 303 4840. 12 Archbell Street, Bethlehem.

Gesoek: Professionele Verpleegkundige of Ingeskrewe Verpleegkundige. Skakel: 087 940 8001/2 Op soek na tikster by baljukantoor, Bethlehem. Vereistes: Gr 12. Salaris onderhandelbaar. Skakel 087 802 6762 vir navrae.


MALUTI, WOENSDAG 1 MEI 2013

7


MalutiMA_20130501