Issuu on Google+

Koerant met hart I The paper with heart TEL: 058 ­ 303 5407

WEDNESDAY 17 APRIL 2013

WWW.MALUTINEWS.CO.ZA

FREE

Só lyk getalle Marguerite Vermeulen

DIE 16 fietsryers samel geld in om opvoeding in hul omgewing te bevorder. Vanjaar is hul droom byna ontwrig.

Foto: Marguerite Vermeulen

Rit amper ontwrig Marguerite Vermeulen

’n GROEP fietsryers wat 850 km ten bate van onderwys in Queenstown ry, is verlede Donderdag met hul aankoms op Bethlehem deur die verkeersdepartement gestop. “Ons het gevra vir verkeersbegeleiding deur die dorp toe hulle oor die permit vra en gedreig het om ons in hegtenis te neem of te beboet,” het Ryan Crosley van die groep fietsryers gesê. Volgens Ashley Truscott, die organiseerder, het een van die groep se borge twee weke gelede navraag gedoen rakende veiligheidsverkeersbegeleiding binne-in Bethlehem. Toe het Annatjie Kellerman van die verkeersdepartement hulle daarvan bewus gemaak dat hulle ’n permit benodig. Crosley het aan Maluti gesê dat hulle vir die aansoekvorms gevra het, maar dat die vorms eers die dag van hul vertrek by hul faksmasjien in Johannesburg aangekom het. “Daarom het ons nie betyds vir die permit aansoek gedoen nie,” het Crosley verduidelik. Iemand van die verkeersdeparte-

DIE fietsryers wat deelneem aan vanjaar se rit is van links Ryan Grosley, Clinton le Roux, Ashley Truscott, Greg Baxter, Toni Suddes, Tony Frost, Jen Wilson, Leon Annandale, Rob Flemming, Julie de Bruyn, Owen Dicks, Bruce Raasch, Rodger Web, Michael Bradfield en Brendan Raasch. Foto: Marguerite Vermeulen

ment het die fietsryers toe ontmoet en vir hulle gesê hulle kan maar in die dorp inry. Hy sou probeer om vir hulle ’n permit te reël om die volgende dag verder in die rigting van Ficksburg te ry. Oor die algemeen is die verkeersdepartement simpatiek teenoor groepe, veral as hulle liefdadigheidswerk doen. “Maar hulle moet die nodige toestemming kry, wat ons dan in gewone omstandighede sal gee,” het ’n bron van die verkeersdepartement gesê. Tony Frost het voor die eerste

wedren twee jaar gelede navraag oor die nodige permitte gedoen. “Die vierde persoon het later vir ons gesê dat ons nie ’n permit nodig het nie,” het Frost Donderdag aan Maluti gesê. “Die wet sê ook ’n permit is nodig as dit ’n wedren of ’n toer is, maar ons is nie een van dié twee nie,” het Frost bygevoeg. Volgens die verkeersdepartement sê die wet dat wedrenne en toere permitte nodig het, maar ook enige bymekaarkoms op ’n openbare pad wat die normale vloei van verkeer

verander. Die Nasionale Polisiewet behels dat daar vir alle byeenkomste toestemming gevra moet word, wat hierdie fietsryrit insluit. “Dit word deur ’n komitee goedgekeur en die nodige vereistes en voorwaardes word dan vasgestel,” het ’n bron dié wet verduidelik. Die verkeersdepartement was behulpsaam om te help om die nodige toestemming in Bloemfontein te kry en die groep was Vrydag teen 09:30 weer oppad. ) Kyk nog foto’s op www.malutinews.co.za.

IN Dihlabeng gaan meer mense aan griep en longontsteking as aan enigiets anders dood, het Statistiek Suid-Afrika (SSA) Donderdag in Qwaqwa bekend gemaak. Suid-Afrikaners elders sterf hoofsaaklik aan tuberkulose (TB) en meer mense sterf aan die siekte as aan alle onnatuurlike oorsake saam. “Die hoogste persentasie sterftes is in Thabo Mofutsanyana, hoewel meer mense in Gauteng en KwaZulu-Natal sterf,” het mnr. Pali Lehohla, statistikus-generaal van die SSA, gesê. Altesaam 8% van die land se sterftes is in die Vrystaat en 27% van dié sterftes in die Vrystaat vind in Thabo Mofutsanyana plaas. Wanneer dié distrik van nader ondersoek word, word gesien uit die ses munisipaliteite in Thabo Mofutsanyana het Maluti-a-Phofung die hoogste persentasie sterftes en Dihlabeng die tweede hoogste. “Mense in die streek gebruik paraffien en hout om hul huise te verhit en laat nie vars lug in hul huise in nie,” het Kefiloe Masiteng, adjunk-direkteur-generaal van bevolking en maatskaplike statistieke van die SSA, gesê. Die verhittingsmetodes word vererger, omdat die bergagtige streek een van die koudste streke in die land is. Dit lei moontlik tot die hoë dodetal. Op dieselfde geleentheid is oor TB gepraat en oor die gesondheidsdepartement se strategie om dié siekte te beveg. Lehohla het tradisionele leiers later ontmoet om met hulle oor die statistieke te praat. Hoërskoolleerlinge van die Hoërskool Kgola Thuto het die geleentheid bygewoon en Lehohla het hulle aktief aangemoedig om vrae te vra.


2

MALUTI, WEDNESDAY 17 APRIL 2013

Perdry in hul gene Marguerite Vermeulen JOHANN (20) EN JOANÉ (18) BASSON het vanjaar weer vir die Suid-Afrikaanse span gekwalifiseer om op 3 Mei aan ’n internasionale kompetisie (wat deur die SAIC en EURASA gereël word) op Fauresmith deel te neem. Die uithourit vind oor 120 km op ’n nuwe baan plaas. Hulle moes in 2012 op drie geleenthede aan streng tydsbeperkings voldoen, maar die keurders kyk ook na die aantal ritte waaraan hulleoor die jaar heen deelneem. Dit is die derde keer dat Joané in haar afdeling die kaptein van die span sal wees. Johann gaan in die swaargewig-afdeling deelneem. Joané het al aan 64 uithouritte deelgeneem en Johann aan 82. Johann boer en studeer deeltyds landbou aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). “Ek boer met perde, beeste en skape,” vertel hy. Hulle het 64 perde (en ’n hele paar honde en ’n kat) en hul eerste geteelde perde begin vanjaar deelneem. Johann werk ook die perde se oefenprogramme uit, soos hy van hul voormalige voorman geleer het. “Ons leer ook uit ons foute wanneer ons die perde oefen.” Joané is ’n veelsy-

JOHANN op sy perd Assie (’n arabier) en Joané op haar perd Penny (’n kruising tussen ’n arabier en boerperd) is in die Suid-Afrikaanse span ingesluit. Hulle is baie lief vir diere en selfs die honde ry soms perd. By hulle is George, die gesin se yorkshire-terriër. Foto: Marguerite Vermeulen

dige leerling aan die Hoërskool Voortrekker op Bethlehem. Sy is akademies sterk en speel vir die skool se eerste netbalspan. Sy is in matriek en wil volgende jaar veeartsenykunde gaan studeer. “Ek dink die onderwysers verstaan as ek soms nie by die skool is nie, want my werk is gedoen,” vertel Joané. Haar ma stem saam: “Joané doen baie goed op skool, sy wil keuring hê om vir ’n veearts te gaan leer,” vertel Ria Basson. Johann moet soms vir haar instaan om haar perd te oefen wanneer sy te besig met skoolwerk is. “Die perde hou nooit op oefen nie,” vertel Johan. “Ons hoef gelukkig nie in spanverband te oefen nie, omdat elke ruiter op die uithourit op sy eentjie moet hardloop.

JOHANN EN JOANÉ was as kleuters reeds lief vir perde. Foto: Verskaf “Ons oefen net ’n paar dae voor die rit as ’n span saam.” ’ Dit help hulle baie, aangesien daar agt spanlede van oor die land heen is. Johann help Joané baie en sy trek voordeel daaruit dat haar twee ouer broers albei ervare ruiters is, sê Ria. Frik, hul ouer broer, was ook in die Suid-Afrikaanse span en Johann ry sedert 2004 uithouritte. Hul pa, Henk Basson, het hulle aan uithouritte blootgestel toe hulle kleuters

was. Hy is ’n veearts op Bethlehem en betrokke by internasionale uithouritte. Ria wou nie hê die kinders moes toe hulle nog baie klein was aan uithouritte deelneem nie. “Dit is te gevaarlik,” vertel Ria. “Hulle het al geval wanneer die perd gly en omdat ek by die grooming-punt wag en Henk na ander perde omsien, is dit senutergend. “Eintlik is dit ’n gesinsportsoort. Die ander gesinslede staan tydens die rit reg om die perde in pouses

te versorg,” vertel Ria. Daar is baie wat verkeerd kan loop. Soms word die perde siek as hulle voor die kompetisie te veel eet, soms akkordeer die water by die baan nie met die perde nie en hulle kan hul spiere seermaak. So ’n probleem kan veroorsaak dat die veearts hulle laat ophou deelneem. Die twee ruiters en hul ouer broer, Frik, het reeds verskeie kere oorsee deelgeneem. Wanneer hulle oorsee deelneem, reis hul saam. “Dit bied baie geleenthede. Ons was reeds in Hongarye, Bahrein, Portugal, Abu Dhabi, Frankryk, Doebai, Namibië, Botswana . . . ” vertel Johann, Joané en Ria. Een van hul mooiste roetes was verlede jaar op die Walvisbaai-uithourit. Die baan strek oor Duin Sewe in die woestyn en langs die see. Dit is veral moeilik, omdat die perde nie gewoond is om in woestynsand deel te neem nie. Die Suid-Afrikaanse span het in 2012 onder leiding van Joané die Namibiese span daar geklop. Nou oefen die ruiters hard vir die uithourit op Fauresmith in Mei en hoop om weer vanjaar ingesluit te word om in die buiteland te gaan deelneem. ) Sien nog foto’s op www.malutinews.co.za.

Bieëry Open: 22 April om 12:00 Aanlynbesigtiging: Sluit op Donderdag 25 April om 11:30 Bieëry Sluit: 25 April om 12:00 Besigtiging op terrein: Maandag 22 April - 25 April Bloemfontein

6x Eiedomme

GPS: S 29°06’03.57” O 026°11’19.73”

Behoorlik gelas deur die betrokke partye, sal Aucor die volgende per aanlynveiling verkoop:

Duttonsingel49,Brandwag Bloemfontein

Reelerstraat 23, Fichardtpark Bloemfontein

Aliwalstraat87,Arboretum

Navrae:

Navrae: Maureen Nel: 082 503 5573 maureenN@aucor.com

Navrae: Charles Neser: 083 790 0068 can@aucor.com

Erfgrootte: 773M² | Vebeterings: ±263.85m² | Studentehuis | 7x Slaapkamers | 2½ Badkamers | Oopplan Leef- en Eetkamer | Kombuis | Huur Inkomste: R 16,150-00 p/m |

GPS: S 29°08’5.52” O 026°10’17.08”

CharlesNeser:0837900068 can@aucor.com Web ID: 126461

Bloemfontein

GPS: S 29°02’38.23” O 026°14’52.64”

Web ID: 126463

Gruisgroef Mynpotensiaal

Eenheid1&2SSSongoud,Ribblesdale

Gruisgroefmyn - Gruis ideaal vir Padkonstruksie | Huidiglik geen Mynregte in plek | Plotgrootte: 24 Hektaar | Ruim 3-Slaapkamer Plaashuis | Lapa | Swembad |

Navrae: Charles Neser: 083 790 0068 | can@aucor.com

Web ID: 126464

GPS: S 29°06’23.41” O 026°13’14.08” GPS: S 29°06’23.41” E 026°13’14.08”

Web ID: 126462

KalahariGolf-&Jaglandgoed Kathu

Erfgrootte: 850M² | Vebeterings: ±227.0m² | 4 x Slaapkamers | 4x En Suite Badkamers | Oopplan Kombuis, Leef- en Eetkamer | Dubbel Motorhuis (geteël) met Ingeboudekaste | 2x Gas Geiser | Noord Front | ”Green Spec”

Navrae: Charles Neser: 083 790 0068 can@aucor.com

Omskep in Kantoorspasie | Erfgrootte: 2509M² | Verbeterings ±441.06m² | 8x Kantore | 1x Kombuis | 2x Toilette | Buitegebou | 2x Kantore | 1x Badkamer| Kombuis

GPS: S 27°41’00.08” E 023°03’49.38”

Web ID: 126465

Besigtiging slegs per afspraak Registreer by www.aucor.com

KalahariGolf-&Jaglandgoed

Erfgrootte: 1028M² | Vebeterings: ±227.0m² | 4 x Slaapkamers | 4x En Suite Badkamers | Oopplan Kombuis, Leef- en Eetkamer | Dubbel Motorhuis (geteël) met Ingeboudekaste | 2x Gas Geiser | Noord Front | ”Green Spec”

Navrae: Charles Neser: 083 790 0068 can@aucor.com

Voorwaardes: ‘n Terugbetaalbare regsitrasiedeposito van R20 000 is betaalbaar per EFO alleenlik. ‘n Verdere 17.98% (7% Kommissie + B.T.W en 10% Deposito) op die Finale Bod is betaalbaar deur die Koper. Bewys van adres & ID-dokument vir FICAregistrasie.. Bekragtingsperiode van 7 dae na sluitingsbod. Alle aanbiedinge sluit B.T.W uit. Onderhewig aan verandering sonder voorafkennisgewing Reëls van die veiling, registrasievorm & volledige besonderhede beskikbaar op: www.aucor.com

aucor.com

Web ID: 116293

Kathu

GPS: S 27°40’55.99” E 023°03’49.94”

Erfgrootte: 1062M² | Vebeterings: ±303.67m² | 5x Slaapkamers | 2x Badkamers | Oopplan Leef- en Eetkamer | Onthaalarea | Afsonderlike Opwaskamer | Lapa met Braai Area | Swembad |

property | wheels | movables

Interneteiendomsveiling


MALUTI, WEDNESDAY 17 APRIL 2013

DIE Vryheidsfront+ (VF+) het Vrydagaand ’n geselligheid in The Loft-gastehuis op Bethlehem gehou. Van links is, voor: Jan van Niekerk (ondervoorsitter), Johan Powell (raadslid: Mangaung-metro), Lettie Bester (raadslid: Setsoto), dr. Pieter Mulder (VF+-leier), Fanie du Preez (raadslid: Nkeotana) en Donald Stevens (raadslid: Dihlabeng); agter: Wouter Wessels (VF+-jeugleier). Foto: Marguerite Vermeulen

‘Maksimum steun nodig’ DIE oplossing is nie om politieke partye almal saam te sit nie, maar eerder die maksimum steun van ’n sekere mark te kry. Só het dr. Pieter Mulder, VF+-leier en adjunkminister van landbou, Vrydagaand op ’n geselligheid in The Loft-gastehuis op Bethlehem aan gaste gesê. Hy het gesê stemme moet in plakkerskampe en in die platteland gewerf word sodat die opposisiepartye die ANC-steun onder 50% kan kry. “Hulle gaan eindelik teen ’n meerderheid van minderhede verloor. As die VF+ verlore gaan weens stemme is daar nie meer ’n voertuig om mee te veg nie. Mense wat nie stem nie, moet nie kla nie,” het hy gesê. Hy het oor ’n verskeidenheid onderwerpe waaronder regstellende aksie, naamsverandering en grondoordragte gepraat. Mulder het gesê Art. 9 van die Grondwet skep die illusie dat almal vry is en gelyke regte het, maar mense moet net verder af lees.

“As ’n mens verder lees, staan daar: ‘Behalwe waar dit die onregte van die verlede moet regstel’. “Daar is geen rede hoekom hulle (die ANC) dit sal verander nie, want dit bevoordeel hulle. Ons staan aan die ander kant van apartheid.” Mulder het voorgestel daar moet ’n afsnypunt kom sodat jong mense wat ná 1994 gebore is op gelyke ekonomiese vlak kan meeding. Oor die verandering van straatname wat oor die land heen toeneem, het Mulder gesê: “As ’n naam aanstoot gee, verander dit”. Hy het egter gesê straatname van leiers met ’n ryk geskiedenis soos Louis Botha moet nie verander word nie. Oor grondoordragte het Mulder gesê nege uit tien grondoordragte misluk. Hy het landbouers aangemoedig om hul landbougrond op te pas. “Daar is net 13% werklik goeie landbougrond. Ons moet dit oppas. Ons kan dit nie verloor nie.”

3


4

MALUTI, WEDNESDAY 17 APRIL 2013

Miniatuurperd-veiling gehou SATERDAG is die eerste veiling van miniatuurperde op die skouterrein op Bethlehem gehou. Nuuskieriges het van oor die land heen gekom en vier telers het van hul perde ten toon ge-

stel. Die jongste verkoper was Jozelle Fourie (9) wat vir Cherry Queen gebring het. Sien foto’s en meer inligting op www.malutinews.co.za.

Kuier gesellig saam

PETRUS STEYNERS het Vrydagaand ’n geselligheid van die Vryheidsfront+ by The Loft-gastehuis op Bethlehem bygewoon. Van links voor is Trix Venter, oudburgemeester van Petrus Steyn, sy vrou, Amelia, en Mien du Toit; agter: Ben Cronje en sy vrou, Rena. Foto: Marguerite Vermeulen

Onthou om Sy hulp te vra Geesgenoot

’n SEUNTJIE het buite gespeel en vir hom huisies gebou en paaie gemaak sodat hy met sy karretjies daarop kon ry. Daar was egter ’n baie groot rots in sy pad en hy het alles probeer om die rots geskuif te kry. Hy het dit getrek, hy het dit gestoot, hy het naderhand sy fietsie gaan haal en ’n tou daarom vasgemaak en dit so probeer wegtrek, maar alles tevergeefs. Die sweet het hom afgetap en hy het moedeloos langs sy pa gaan sit wat onder ’n boom op ’n bank gesit en die hele petalje aanskou het. Sy pa het hom vol liefde aangekyk en vir hom gevra: “Boetman, het jy nou alles probeer?” Baie verontwaardig sê hy vir sy pa: “Pappa het gesien hoe hard ek gesukkel het, ek is nou so moeg en die rots beweeg nie.” Sy pa het saggies oor sy kop gestreel en vir hom gesê: “Maar jy het nog nie alles probeer nie.” Boetman het opgespring en gesê: “Maar Pappa het gesien hoe sukkel ek.” En toe antwoord sy pa in ’n sagte stem: “Nee, my seun, jy het nog nie alles probeer nie, want jy het my nog nie gevra nie.” Here, hoe dikwels het ons hierdie verskriklike rots in ons pad en niks wat ons doen of sê, beweeg dit nie. Wanneer ons dan in ’n klein bondeltjie neersak en ons wil huil van moedeloosheid, dan vra U so saggies: “My kind, het jy My al gevra?”. Ons erken vandag dat ons eers in ons eie krag probeer, en as niks wil werk nie, dan gaan ons as ’n laaste poging na U toe. Here, van hierdie dag af onderneem ek om eerste by U Voete te gaan sit, dan het ek nie nodig om my eie kragte so uit te put nie. Amen. – www.koinoniacs.co.za

DIE leeu-gesin van Roemenië gaan nou saam met 79 ander leeus en vier tiere op Lionsrock se 1 200 hektaar bly. Foto: Verskaf

Leeus, tiere nou in Bhm tuis ’n PAPPA, mamma, hul twee kinders sowel as twee bure, is suksesvol in Roemenië gered en na veiligheid in die Oos-Vrystaat gebring. Die leeu-gesin en twee tiere is uit die Onesti-dieretuin na Lionsrock buite Bethlehem gebring waar spesialiste van Vier Pfoten na hulle sal omsien. “Die diere het nie genoeg kos gehad nie, nie in ’n behoorlike omgewing gebly nie en nie mediese sorg geniet nie,” sê Vier

Pfoten in hul mediaverklaring. “Die welpies het ook ernstige vitamientekorte.” Die diere is van Roemenië af deur Wene en Zürich na Johannesburg vervoer waarna hulle met ’n vragmotor na Bethlehem gebring is. Hoewel reeds byna 90 groot katte sedert 2007 deur Vier Pfoten gered is, was dit die eerste keer dat hulle ’n gesin met sulke klein welpies na Bethlehem verskuif het.

Besoek Maluti se webblad by www.malutinews.co.za vir nog nuus en foto’s.


MALUTI, WEDNESDAY 17 APRIL 2013

PLUS EARN POINTS

WEEKLY WINNERS Product has been styled for photography

44

99

99

per kg

PnP no nameTM Large Eggs 18s

Bulk Stewing Beef (Bone in)

16

13

17

99

18

79 Each

Nola Lite Dressing 780g or Mayonnaise 750g

PnP no nameTM Viennas (Chicken, Red or Smoked) 500g

10

49

95 Each

Each

Glenryck Pilchards Assorted 400g/425g

Brookes Oros Orange Squash 2 litre

Each

12499 per pack

Pampers Active Baby Value Pack Disposable Nappies Mini 72s, Midi 62s, Maxi 54s, Maxi Plus 48s, Junior 44s or Extra Large 40s

ND AY 2 D BIRTH

13999 Each

Johnnie Walker Red Label Whisky 750ml

7599 Each

Wellington VO Brandy 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the A Age off 18 18. D Drink Responsibly.

GET DOUBLE POINTS

ON YOUR WHOLE SHOP ON BOTH 20TH & 21ST APRIL. Print your voucher at the kiosk

Always there for you PRICES VALID 16 - 21 APRIL 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERS

IN GAUTENG, FREE STATE, NORTH WEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES. smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.

www.picknpay.co.za

Please Recycle

CUSTOMER CARE

TOLL FREE: 0800 11 22 88 (LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1177064B_E

5


6

MALUTI, WEDNESDAY 17 APRIL 2013


MALUTI, WEDNESDAY 17 APRIL 2013

CALLING ALL ENTREPRENEURS

GOT WHAT IT TAKES TO BE A CELL C DEALER? CELL C INVITES YOU TO TAKE UP A GREAT BUSINESS OPPORTUNITY IN THIS REGION. L C POSTPAID EL C LL SE TO R LE EA SIGN UP AS A D TS AND SERVICES, C U D O R P ID A EP R P AND/OR : AND BENEFIT FROM r resale d fo ll C products purchase Ce l al on s nt ou sc Di • • Annuity income

JHB 41206/R

APPLICANTS MUST: with Cell C fiess to sign a contract qualifie at th y tit en al leg a Be • erating expenses tial investment and op ini e th r ve co to e ce nc an na fi • Have the fin

CONTACT: • Gauteng North, Mpumalanga, Limpopo: Melanie Raitt 084 174 5000 • Gauteng South: Sean van der Westhuizen 011 324 8000 • Free State, North West and Northern Cape: Dirk van der Walt 084 777 8205 • KZN: Dino Naicker 031 570 6000 • Eastern Cape: Rob Ermes 084 567 5555 • Western Cape: Francois van Zyl 021 935 7000

7


8

MALUTI, WEDNESDAY 17 APRIL 2013

Locals welcome volunteer Marguerite Vermeulen AT the Charlotte Theron Youth Care Centre volunteers are always needed and currently Katharina Kassing (21) from Germany is staying and helping out in Bethlehem.

“South African culture and Bethlehem is very different from that of Germany, but I enjoy it. “The Bethlehem community has been very kind to me,” said Katharina after she had visited Margate with locals from Bethlehem. “We went to the beach, went shopping and ate a lot.” The tropical vegetation caught her eye. “Here everything is mild, maybe a bit brown and yellow, but Margate is all green.” Katharina arrived in Cape Town for a week’s orientation in March and travelled around the

Cape area. “Unfortunately, Table Mountain was closed due to bad weather, but we went to Cape Hope, to Cape Agulhas to see penguins, the Waterfront and to markets,” she said. “We also went to a township. A pre-school sang for us, but it looked like they had been forced and they didn’t enjoy it. I didn’t even take pictures, I didn’t enjoy it at all,” she said. “We took a minibus taxi to see Clifton beach,” she said. “We did it in the middle of the day, but we had to ride in three different taxis. It was difficult.” She has been around Bethlehem and enjoyed Golden Gate. “I also enjoyed a braai with a local family. I am not used to that much meat, but I liked it.” Katharina finds the food in South Africa is similar to American food, as South Africans eat a lot of soft, white bread. Germans like to eat Schwartzbrot daily. This is a rye bread and much dryer and harder than its South African equivalent. “I smelled it, therefore could not eat it,” she said about Bovril. She also visited the new Dihlabeng Mall in Bethlehem. “In Germany we have pedestrian areas with shops around. Its more relaxed,” she explained the difference between malls in Germany, South Africa and America. “I was an exchange student in San Diego, California, for a year when I was 16. Maybe when I go home at the end of May, I’ll travel again.”

KATHARINA likes to play board games and swingball with children around the youth care centre. Photo: Marguerite Vermeulen Katharina is using her time before she starts studying in October. “I’ll study business law in Hanover.” Her parents encourage her to travel, although they only travel in Europe. On the question about something she would like to take to Germany, it was simple: The weather. “It is sunny all the time and even in winter it is not that cold.” The children she lives with, are teaching her to speak Afrikaans. Because German is a Germanic language like Afrikaans, she understands some Afrikaans. “I can say basic things like ‘dankie’ and ‘asseblief’. It’s funny to say ‘lekker slaap’ though, as the German word ‘lecker’ means tasty . . . ” she explained. ) Read more about Katharina on p 9.

Voertuig- en Vragmotorveiling Behoorlik gelas deur die Terugname- en Vlootbestuurders van Wesbank, MFC (‘n divisie van Nedbank), Nedbank Ltd, Mercedes-Benz Financial Services South Africa (Pty) Ltd., sal Aucor die volgende aanvul en per publieke veiling verkoop:

Ekslusiewe SNVs| Mini Busse | Paneelwaens| Voertuie | Vragmotors| Sleepwaens | Vurkhuysers

SNVs, Paneelwaens & Mini Busse

- 2012 Honda Jazz 1.3 Trend - 2012 Renault Sandero 1.6 Stepway - 2012 TATA Indica 1.4 LE LTD - 2011 Audi A3 Sportback 1.8 TSFi AMB S TRONIC - 2011 Mercedes Benz C350 CDi Avantagarde Outomaties - 2011 Mercedes Benz C200 BE Avantagarde Outomaties - 2011 BMW 320i - 2011 Volkswagen Polo Vivo 1.4 Trendline - 2011 Ford Figo 1.4 Ambiente - 2011 Nissan Livina 1.6 Visia X-Gear - 2011 Renault Logan 1.6 Expression - 2011 Toyota Yaris Zen3 ACS 5Dr - 2011 Geely MK 1.5 GT 5Dr - 2010 Audi A5 Sportback 2.0 TFSi Multitronic - 2010 GWM Florid 1.5 Super Lux - 2010 Opel Corsa 1.4 Enjoy 5Dr - 2010 Toyota Corolla 1.6 Advanced - 2x 2010 Toyota Corolla 1.3 Professional & Impact - 2010 Toyota Yaris T1 5Dr (Lugversorger) - 2009 Suzuki GSX R750 Motorfiets - 2009 Chevrolet Aveo 1.6 LS - 2009 Peugeot 407 2.0 HDi ST Comfort Cars & Motorfiets - 2012 BMW120i AfslaanskapSportOutomaties(9685km) - 2009 Chevrolet Cruze 1.6L - 2009 Renault Sandero 1.6 Expression - 2012 Lexus IS 250 SE Outomaties

aucor.com

- 2012 Daihatsu Terios - 2011 Hyundai IX35 2.4 GLS AWD Outomaties - 2011 Toyota Quantum 2.5 D-4D Sesfikile 15 Sitplek (Ongelukbeskadig) - 2010 Landrover Discovery 4 5.0 V8 HSE Outomaties - 2010 Ford Everest 3.0 TDCi XLT 4x4 - 2010 Volkswagen Caddy Maxi 1.9 TDi Paneelwa - 2x 2010 Volkswagen Caddy 1.6i Paneelwa - 2009 Chevrolet Captiva 2.0 LTZ AWD - 2009 Dodge Nitro 2.8 CRD SXT - 2009 & 2008 Hyundai Tuscon 2.0 GLS - 2008 BMW X6 xDrive35d - 2008 Nissan X-Trail 2.0 4x2 - 2008 Chevrolet Captiva 3.2 LTZ 4x4 Outomaties - 2008 GWM 2.4 Hover - 2008 Nissan Murano Outomaties (L20/21/22) - 2008 Meiya Nguni E-Space 2.2 IL - 2007 Toyota Qauntum 2.5 D-4D 14 Sitplek - 2007 Nissan Pathfinder 2.5 DCi Outomaties - 2006 Kia Serento 3.5 V6 4x4 Outomaties

Besigtiging: Dinsdag 23 April, 08h30 - 16h00

- 2009 Volkswagen Citi Sport 1.4i - 2009 Volkswagen Golf VI 1.6i Trendline - 2009 Volkswagen Polo 1.6 Comfortline - 2008 Ford Focus 1.6 Si 5Dr - 2008 Hyundai Atos 1.1 GLS - 2008 Opel Corsa Lite (Lugversorger)

Bakkies & 4x4’s

- 2012 Chevrolet Corsa Utility 1.7 Tdi Sport - 2012 Nissan NP 200 1.6 - 2011 Foton Thunda 2.2i - 2010 Ford Ranger 3.0 TDCi XLT SuperCab - 2010 Isuzu KB300 D-Teq LE - 2010 Toyota Hilux 3.0 D-4D Raider - 2009 TATA Xenon 3.0 Dicor Dubbelkajuit - 2008 GWM 2.8 TDi Lux Dubbelkajuit - 2007 Nissan Hardbody 2400i Dubbelkajuit - 2007 Isuzu KB 250Dc LE (Lugversorger)

Kommersieel

- 2008 Kearney Koppelwa met Massakante - 2006 Mobiele Toilet met Sleepwa - 2005 Mercedes Benz 3348 D/As Voorhaker - 2x 2005 Mercedes Benz Actros 3340 D/AsVoorhaker - 2003 Henred Fruehauf Volumebak Koppelleunwa - 2002 Isuzu NQR500 Verkoelingsvragmotor met Vleishakke - 1997 Komatsu GD623 Padskraper - 1993 Isuzu F8000 Volumebakvragmotor - Hyster 2.5 Diesel Vurkhuyser

Nie-Lopend/Ongeluksbeskadig - 2011 Ford Bantam 1.3 XL - 2009 Volkswagen Crafter 50 HR120 XLWB - 2009 Volkswagen Polo 1.4 Trendline - 2008 Suzuki Grand Vitara 2.4 Outomaties - 2007 Volkswagen VeloCiti 1.4i - 2006 Volkswagen Polo 1.6 Trendline

Herbert 078 099 0635 | herbertm@aucor.com | 051 433 2872

GPS: S 29°06.767’ O 026°16.567’ For Financing contact: Celestè 082 374 5078

VOORWAARDES: ‘n Terugbetaalbare deposito van R10 000 is betaalbaar per bank- of bankgewaarborgde tjek, debiet/ kredietkaart of EFO. GEEN KONTANT WORD AANVAAR NIE. ‘n Dokumentasie-fooi van R2000 (BTW ingesluit) is betaalbaar op elke lot. Alle aanbiedinge sluit BTW uit. Aucor mag bie namens die verkoper tot die reserweprys. Bewys van adres en ID Dokument vir FICA-registrasie word benodig. Afslaer: Dave Price

aucor.com

130x Bankterugames

Taxi Trucks Logistics (Edms) Bpk (In Likwidasie,) - Meestersverwysingsnommer: C1236/2012

property | wheels | movables

Datum: Woensdag , 24 April om 10:30 Perseel: Krugerlaan 1, Estoire, Bloemfontein


MALUTI, WEDNESDAY 17 APRIL 2013

German Bak en brou haar passie helps at centre Marguerite Vermeulen

Marguerite Vermeulen THE Charlotte Theron Youth-Care Centre in Bethlehem needs all the help they can get, and for this reason Katharina Kassing (21) left Germany in March to come to South Africa for three months. During the school holidays she spent her days playing board games and swingball with the children at the centre and helped the youth-care workers. “I even painted the front door this afternoon. It’s a bright cyan matching the colour scheme of Nonnashof,” she said during the interview at the centre. “I would like to cook German food for them, but it is difficult to find the ingredients. “I teach them to wash the fruit and vegetables before eating it. “I try to be an example to them, to be someone they can talk to, but most of all to let them have fun,” she said. “They also see me as an older sister and they like to be close to me if we watch a movie. “I didn’t have any expectations, because you never know with travelling. “I was, however, pleasantly surprised when I arrived in Bethlehem. “I didn’t know anything about the town before I came,” she said. “There isn’t much on the internet about it.”

KAPET BEZUIDENHOUD het die afgelope 14 jaar al 72 800 borde kos vir Meals-on-wheels gekook. “Ek kook elke Maandag en Donderdag, en dan natuurlik ook Kersdag,” vertel sy. In die beginjare het sy reeds om 05:00 gaan kook, maar met jare se ondervinding kan sy dit nou vinniger doen. Sy staan deesdae om 06:00 op en is om 08:00 betyds vir werk. Dan is die etes nie net klaar gekook nie, maar ook klaar opgeskep en gereed vir aflewering. “Ek sal met Meals-on-wheels aanhou totdat dit óf nie meer bestaan nie, óf ek fisiek nie meer in staat is nie,” vertel sy. Kapet het vroeër jare die Bybelwinkel langs die Kroon-apteek gehad en op ’n dag het iemand daar vir haar gevra of sy by Meals-on-wheels kan help. “En nou is ek steeds daar,” sê sy. “Dit laat my ook soms dink: Daar is mense wat nie kos het nie en dan kla ek met ’n vrugtekoek onder die arm . . .” Die vrou het ’n sagte hart, en sy sê te maklik ja. Sy vertel mense raak soms vies, omdat sy nie soms nee sê nie. “Ek is baie emosioneel,” vertel sy. “Ek maak al die kos, maar ek weet nie hoe die mense vir wie ek kook lyk nie (aangesien iemand anders dit aflewer). Ek is regtig ’n sucker . . .” Van jongs af het Kapet ’n hart vir liefdadigheidswerk gehad. “Daar was eenmaal ’n seuntjie in die kinderhuis vir wie ek en my ma benodigdhede gebring het. “Ons het ook al ’n skoenlapperkoek vir ’n meisie in die kinderhuis gebak en almal was mal daaroor.”

KAPET BEZUIDENHOUD se regte naam is Sanet. Maar as sy die foon antwoord en sê dit is Sanet, dan vra hul om met Kapet te praat. Foto: Marguerite Vermeulen So tussendeur hou Kapet daarvan om te bak en te brou. “Ek doen ook naels, spyseniering en

bak graag gebak vir ander mense,” vertel sy hoe sy haar inkomste aanvul. Sy is baie lief vir koskook, en is ook bekend daarom. Mense het haar al gevra om hul bediendes te leer kook en jong meisies vra soms vir kooklesse. “Daarom gaan ek binnekort ’n kookonderneming begin,” sê sy. “Ek gaan huishulpe leer om te kook, asook basiese noodhulp en hoe om ’n brand te blus.” Die inhoud gaan in modules opgedeel word en sy wil probeer om dit in Afrikaans, Engels en Sotho beskikbaar te maak. So ’n kursus sal meer op die praktiese uitvoering fokus sodat die wat ongeletterd is, ook kan leer. Hulle sal selfs ’n sertifikaat kry. Die kursusgangers sal self tydens die les kook en daarom sal slegs vier mense per les gehanteer kan word. “Ek gaan dit Kapet se Kookpot noem.” “Mense wat daarvan gehoor het, het my reeds gekontak. En ek het reeds vier mense opgelei.” “Die kos gaan nie Franse cousine wees nie, maar boerekos. Dit sal hulle net nog ’n ander manier leer om gewone kos voor te berei,” vertel Kapet opgewonde. Haar familie en vriende ondersteun haar nuwe projek ten volle. Hulle gee raad en lewer insette, en daarom is sy seker dit sal ’n sukses wees. So saam met die opgewondenheid is sy ook bang. “Ek is nie meer vandag se kind nie, maar as die Here een deur toemaak, dan maak hy ’n beter een oop . . .” En dit glo sy vas. Vir Kapet se gunsteling-resep van ’n vinnige patatrol gaan na www.malutinews.co.za.

9


10

MALUTI, WEDNESDAY 17 APRIL 2013

Skilder het groot talent Marguerite Vermeulen IEMAND in die kantoor het vertel dat daar ’n kunstenaar by Part-eeze werk wat glo so goed is. Nou, ek het al baie maal gesien dat mense mooi skilder en het nie gedink dis werklik ’n storie werd nie, tog het ek gaan seker maak. Daarby was ek nie seker waar die perseel geleë is nie – maar toe ek daar verbyry, het ek geweet: Dit moet die plek wees. Teen die buitenste muur sien ’n mens duidelik ’n prettige landskap geverf. Binne die gebou begin ’n sprokieswêreld ontvou . . . “Hier gaan ek Walt Disney verf, ’n onderwatertoneel, ’n kasteel en die blomme is ook nog nie klaar nie,” vertel Lukie van der Westhuizen kinderlik opgewonde. Hy verf alles uit sy kop en gebruik net klein prentjies wanneer hy werklike karakters soos Mickey Mouse of Little Mermaid verf. Die kunswerk van hierdie projek gaan baie diepte hê sodat dit werklik lyk. “Maar jy moet dit met jou eie oë sien, jy sal dit nie glo nie . . .” vertel hy trots. Van der Westhuizen is eintlik van PretoriaNoord, maar woon tans in Welkom. Van daar

reis hy oral oor die land heen om besighede te verf. “Ek verf alles, sprokies, kastele, landskappe, drake, plase, baie ou huise, en so aan,” vertel Van der Westhuizen. “En ek maak sementbeelde en verf skilderye. “Een keer het ek ’n games-plek in Bloemfontein geverf. Die ou het gesê ek is nie lekker in die kop nie,” sê Van der Westhuizen, “want ek het die games en hul drake agterop die vensters geverf – in reverse en sonder ’n prentjie, sommer so uit die kop uit. Dalk het ek talent, maar eintlik het ek geoefen. Die Here gee nie alles met ’n lepel nie, jy moet leer ook,” sê hy. Die man vertel maklik van sy kuns en hoewel party daaroor aanmerkings sal maak, mag Van der Westhuizen maar trots wees op sy werk. “As ’n mens trots is op jou werk, dan doen jy dit beter,” glo hy. Van der Westhuizen werk baie vinnig en hy glo dis deel van sy sukses. Hy bied ook billike pryse, want sê hy: “Ek is ’n eenvoudige mens, en ek wil nie ryk word nie. Die Here moet net elke dag vir my genoeg gee.” Van der Westhuizen kan by 083-998-0240 gebel word. ) Vir nog foto’s gaan na www.malutinews.co.za.

LUKIE VAN DER WESTHUIZEN by een van die skilderye wat hy verlede week op Bethlehem geverf het. Foto: Marguerite Vermeulen

VAN DER WESTHUIZEN skilder graag sprokies. By hierdie onderneming verander hy die grys mure in kindervriendelike prente. Foto: Marguerite Vermeulen


MALUTI, WEDNESDAY 17 APRIL 2013

In die eg verbind

4 x binnedeure met slotte, R80 elk. Oefenfiets, goeie toestand, R300. KARCHER High Pressure Washer (nooit gebruik, nog in boks), R800. Skakel 073 233 9763.

YOUR ONE-STOP GARAGE DOORMAN

Winkel/'workshop' te huur naby Long Distance Taxi Rank, R4 950 per maand. Huur en sleuteldep. Skakel Yolanda 083 634 7158/ Maretha 082 779 1694.

Benodig die dienste van 'n sekuriteitsbeampte met Graad C en rybewys asook 'n Oprateur. Albei poste behels skofte. Faks verkorte CV na 058 303 4422.

BETHLEHEM 11A ROUX STREET TEL. 058 303 9159 FAX: 058 303 9157 086 539 0123 E-MAIL: mrdoor@internext.co.za

GRANITE & MARBLE: Kitchen tops, vanities, bar counters, etc. Tel. 058 303 4840/ 082 807 7456.

Was van sitkamerstelle, volvloermatte en motorsitplekke. Uitsuig van water. Gratis kwotasies. Skakel Ronel 082 788 1483 SOEK, KOOP, VERKOOP JANNIE VENTER en Joanné van der Walt is op 30 Maart in die Cheetau Lodge buite Bethlehem getroud. Jannie is die seun van André en Tinkie Venter van Bethlehem en het ook ’n suster, Lisa, wat hier woon. Fanie en Hettie van der Walt se dogter, Joanné, het ’n broer, Stefan, in Bloemfontein. Die pasgetroudes gaan hulle in Bethlehem vestig. Foto: Magic Photography

Kundige reg vir taak ZESTA VORSTER het jare se ervaring in drama-onderrig en beoordeling. Dit maak haar die ideale beoordelaar vir die Afrikaanse voordragafdeling op vanjaar se Harrismith-eisteddfod. Vorster is ’n ervare onderwyser, resensent en skrywer. Sy het ondervinding in drama-onderrig in Londen en is al met ’n erepenning vir die beste regie van ’n ATKV-tienertoneel bekroon. Vorster is ook by Volksblad as dramaresensent en as beoordelaar van Volksblad se Dink-ofSink en by die Vryfees betrokke. Sy tree as beoordelaar op kunswedstryde en ATKV-redenaarskompetisies landwyd op, asook as motiveringspreker, werksessieaanbieder en eksaminator vir die Suid-Afrika Kollege vir Spraak en Drama. “Dit is ’n voorreg om ons kinders se talent in die bekwame hande van iemand met haar kennis en ervaring te laat,” sê Bambi de Wet, voorsitter. Afrikaanse voordrag sal van 12 tot 16 Augustus in die Krissie Rassaal van die NG Moedergemeente op Harrismith plaasvind. Die volgende nommers word in die afdeling vir Afrikaanse voordrag aangebied: poësie, gedramatiseerde poësie, poësieprogram, prosa, gedramatiseerde prosa, Bybelvoordrag, monoloog, karakteruitbeelding, voordragkon-

sertprogram, samespraak, spreekkoor, gedramatiseerde spreekkoor en eenbedryf. Vorster gaan ook die beoordeling van die kreatiewe skryfwerk in sowel die Afrikaanse as Engelse afdelings hanteer. Volledige temas word in die prospektus uiteengesit. ’n Uitstalling van die kreatiewe skryfwerk sal die eerste week van die eisteddfod in die Ou Huis op die Harrismith- Primêre Skool se perseel gehou word. Die inskryfgeld is R25 per persoon per nommer en vir

ZESTA VORSTER

groepe van meer as ses lede R150 per groep. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 3 Junie. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Die volledige prospektus en inskryfvorms kan op die webtuiste: http://www.harrismitheisteddfod.co.za afgelaai en besigtig word. Riana Claassen is die sameroeper vir Afrikaanse voordrag en kan vir verdere inligting gekontak word. Die kontakbesonderhede is op die webwerf. Navrae kan ook na info@harrismitheisteddfod.co.za gestuur word.

11


Bhm-vroue wen krieketliga DIE Bethlehem-vrouekrieketspan het die seisoen onoorwonne afgesluit en die Vrystaat-liga gewen. Die halfeindrondes en eindstryd het verlede naweek op Kroonstad plaasgevind. Die span het Botshabelo Saterdag geklop en Sondag in die eindstryd teen Bloemfontein-Tech gespeel. Hulle het die eindstryd met tien paaltjies gewen. Belangstellendes kan Kierie van Zyl by 078-120- 7677 of Leana Wessels by 082-702-1770 bel.

Sport Koerant met hart I The paper with heart

MORNÉ HAYES (links) met Ray en Connie Claasen met Coda van die SAPD. Foto’s: Marguerite Vermeulen

Bhm se honde bobaas Marguerite Vermeulen DIE Suid-Afrikaanse Werkershondvereniging (SAWTDA) het onlangs kompetisies aangebied waarin Bethlehemiete uitgeblink het. Deelnemers moes aan verskeie kompetisies deelneem om genoeg punte op te bou om sodoende vir die twee kompetisies te kwalifiseer.

In die eerste kompetisie in Gauteng het die groep altesaam 15 medaljes gewen en in die tweede plaaslike kompetisie het hulle altesaam 22 medaljes gewen. Op Leeuwkop het die groep se-

we goue medaljes verower, asook ses silwer- en twee bronsmedaljes. In ’n ander kompetisie van die SAWTDA op Bethlehem het die groep agt goue medaljes, nege silwer- en vyf bronsmedaljes gekry.

Morne Hayes en Ray van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het in die eerste kompetisie vyf medaljes verower en in die tweede een vier. Ilze Hayes en Barüh het twee

medaljes in die eerste kompetisie en vier medaljes in die tweede kompetisie gekry. Wynand Pietersen en sy honde, Cliff en Gunsten, het vier medaljes in die tweede kompetisie gewen.

DIE Royal-hondeafrigtingsklub op Bethlehem het onlangs verskeie pryse gewen. Die wenners is van links Ria Kriel met Luna en Lassie, Yolindi Venter met Louwtjie, Sarel Venter met Jasper en Arex, Ilze Hayes met Barüh en Marius van den Heever met Abu. Afwesig: Wynand Pietersen met Gunster en Cliff, asook Loné Marias met Mila.


Maluti 17-04-13.pdf