Page 1

Koerant met hart I The paper with heart TEL: 058 ­ 303 5411

WOENSDAG 10 JULIE 2013

WWW.MALUTINEWS.CO.ZA

Big cats get second chance

FREE

Cubs on their way to recovery, tigers also much better

THE two young lion cubs Sara and Hera, rescued by the international animal welfare organisation Four Paws just two months ago along with their parents and two tigers from a neglected zoo in Romania, are making a remarkable recovery. At the end of April when the animal welfare organisation brought the six big cats to the Four Paws big cat sanctuary, Lionsrock, Sara and Hera were very weak, malnourished and their bones had not formed properly. The prognosis for these two young cubs was not good. X-rays showed that there was almost no skeletal structure. These deformities were caused by very poor nutrition, living in a freezingcold concrete cage and no sunshine at the Romanian zoo. The team at Lionsrock has been caring for them since their arrival, treating the wounds on their feet caused by not being able to walk properly, and adding supplements to their diet. “The improvement in the physical condition of Sara and Hera is now very visible,” says Hildegard Pirker, head of the animal welfare department. “Their coats are shiny and their eyes are bright and vigilant. Both sisters grew quite a bit. They can now enjoy the sun and soft grass, which stimulate them to have fun and play as young lions naturally do.” As they have become stronger and their wounds have healed, the veterinarian decided to conduct thorough examinations at an animal hospital in Bethlehem. The team was astounded as they saw in each x-ray the formation of bones and joints where none previously existed, the development of teeth and the complete healing of their feet. Growth plates are still forming in some areas and looking at the x-rays from two months ago till now, their future looks much brighter. The Pirker also provided a boost of calcium, vitamins A, C, D and E supplementation which aids in bone growth and development, together with sunlight. “There is still some way to go for the bones to develop in density and formation and we’ll continue to provide the love, care and attention for them to have the best possible future,” says Pirker. The physical condition of Sara and Hera’s parents, Tarzan and Siba, has significantly improved. Siba often plays

THE two lion cubs, Sara en Hera, at their new home at Lionsrock. Photos: Supplied

ONE of the cubs playing.

TOMI EN RIVA, the two tigers from Romania, in their enclosure at Lionsrock.

with her daughters and Tarzan has regained most of his confidence and is patrolling his new territory. The two tigers, Tomi and Riwa, are enjoying their new life. They both visibly gained weight and they enjoy taking a dip

in their pool. The construction of their permanent enclosure is still underway. Four Paws is also about to build a veterinary clinic at Lionsrock in the near future to be able to more rapidly treat the big cats, as most of the animals come

from very poor conditions and have various health issues. ) To see what Tomi looked like when he arrived at Lionsrock visit http://malutinews.co.za and follow the Facebook link.


2

MALUTI, WOENSDAG 10 JULIE 2013

FOURIESBURG het Frankfort en Philippolis uitgestof toe hy verlede Woensdag as die Vrystaat se finalis in die kykNETprogram Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie aangewys is. Inwoners het na die uitsending by die Windmill Pubb & Grill gekyk om die aankondiging te sien. Hier is Nelis Roos, voorsitter van die Fouriesburg-toerismeforum, en Alna BelendezRetief. Foto: Marguerite Vermeulen

13 Julie: Die Wild Bunchmotorfietsklub hou sy jaarlikse Blanket Run. Almal is welkom om hieraan deel te neem. Indien jy nie ’n kombers wil skenk nie, kan ’n skenking van R50 gedoen word. Dit begin om 10:00 by die Inkwe Lodge. Rig navrae aan Mike Malan by 076-5703710. 31 Julie: PWC en die Masechabastigting se groenteprojek in samewerking

met die AHI Bethlehem bied ’n sakeontbyt in The Loft aan. Dit begin om 08:00 vir 08:30. Die tema is Integrasie van tegnologie in die plattelandse ekonomie, asook die opheffing van ’n gemeenskap. Rig navrae aan Alta Herbst by 058303-2398. Stuur ’n e-pos na altaherbst@vodamail.co.za.


MALUTI, WOENSDAG 10 JULIE 2013

3

Haal byt uit koue met Spontaan KOM verdryf die winterkoue deur die Spontaansangkompetisie se eindronde Saterdag in die Blêrkas op die Vryfees in Bloemfontein by te woon. Agt finaliste van die Volksblad se plaaslike koerante gaan van 12:00 tot 14:00 sake uitspook om as wenner uit die stryd te tree. Toegang is gratis en die sanger Charlize Berg tree as seremoniemeester op. Groot pryse is op die spel vir die finaliste en wenner. Die pryse is: ) SpecSavers: Agt Infinity-sonbrille en agt koopbewyse van R250 elk. Die algehele waarde is R5 200. ) Z PR Communications and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits- en bemarkingskontrak van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag en besigheidskaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Die algehele waarde vir al die finaliste is R40 000. ) PwC gee vir die wenner: R1 000 kontant, naaswenner R700 kontant en derdeplekwenner R300 kontant – algehele prysgeld van R2 000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen drie nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotografiesessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R2 100. ) Absa: ’n Geskenkpak van R500 vir elke finalis. ) Music Inc gee vir elke finalis ’n TT1-mikrofoon, vir die wenner ’n koordlose mikrofoonstel met ’n staander en vir die tweedeplekwenner ’n mikrofoonstaander. Die algehele waarde van die prys is R6 600. ) Die Windmill-casino-en-vermaaklikheidsentrum borg twee aande se verblyf vir die wenner en ’n metgesel met ontbyt ingesluit. Die finaliste wat sake gaan uitspook saam met Maluti se finalis, Christiaan van Zyl, is: Suné van der Merwe van Kroonstad, Suanne Venter van Bloemfontein, Werner Louw van Kuruman, Chris Pretorius van Bloemfontein, Eben von Gericke van Welkom, Riëtte van der Watt van Bloemfontein en Thabang Molale van Kimberley.

JENNY HAMNER, Chris Green en Tammy Hamcock was in ’n Kersfeesstemming tydens die aanskakeling van die Kersliggies op die plein op Clarens.

Kersfees kom vroeg KERSFEES word vanjaar in Julie op Clarens gevier wanneer sleehonde van die Huskyklub die gewilde toeristedorp besoek. Onder leiding van die Clarens-toerismeforum is ’n Kersboom op die plein se liggies Maandagaand op ’n geselligheid aangeskakel as voorloper tot die naweek wanneer “Kersfees” gevier gaan word. Die sleehonde gaan die Saterdagoggend naby die dam in Sias Oosthuizenstraat aan ’n sleetrek deelneem. Benewens die boeremark in Bibliophile gaan die bekende kunstenaar Johan Smith die oggend

’n praatjie by sy galery lewer. Die middag is Tina de Beer aan die beurt met ’n praatjie, terwyl Richard Rennie Sondagoggend aan die beurt is. Die restaurante gaan Kersetes bedien. Vir die kinders is daar ’n Kerspartytjie op die plein. Die hoogtepunt van die naweek is ’n klassieke konsert wat Saterdagaand in die NG kerk plaasvind. Vir diegene wat dit nie Saterdagaand kan bywoon nie, is daar Sondagoggend ’n uitvoering. Besoek gerus Maluti se Facebook- of webblad, http://malutinews.co.za.


4

MALUTI, WOENSDAG 10 JULIE 2013

Sentrums kry kosbederf “DANKIE, julle weet nie hoeveel dit vir my beteken nie.” Dít was die woorde van Sylvia Maseko van die Mammelang-dagsorgsentrum in Bohlokong. Die dagsorgsentrum met sy 55 peuters en kleuters was een van ses sentrums wat elk ’n trollie vol nie-bederfbare kos van die lede van die Bethlehemse Classic-en-veteraanmotorklub ontvang het. Maseko het die sentrum in 2009 met letterlik niks nie begin. Vandag is daar drie klaskamers – die een is in die motorhuis. Daar is ’n stoorplek wat sy graag in ’n kombuis wil omskep om vir die kinders kos te maak. Die lede van die Bethlehemse Classic-en-veteraanmotorkub het op verlede jaar se Bethlehem-ekspo, wat hulle aangebied het, ’n dinee in die stadsaal gehou. Die wins is gebruik om die kos vir die betrokke ses sentrums te koop. Thoko Tshabalala, raadslid van die Dihlabeng-munisipaliteit, het vooraf gehelp om te bepaal watter instansies vir die kos in aanmerking moet kom. Die Maranatha-gemeenskap-en-

RIKUS KOK (links) en Carel Erasmus (naaslinks) van die Bethlehemse Classicen-veteraanmotorklub het aan ses verskillende dagsorgsentrums in Bohlokong nie-bederfbare kos oorhandig. Hier by hulle is van links Sylvia Maseko (Mamellang-dagsorgsentrum), Thoko Tshabalala (raadslid), Kqoboso Katsela, Mamvula Radebe met Ntsokoso Tshabalala en Matshidiso Mosia met Thembi Tshabalala. Foto: Lynda Greyling dagsorgsentrum, wat in ’n sinkgebou oorkant die plakkerskamp geleë is, gee daagliks aan 174 mense kos.

Van hulle is bejaardes wat drie keer per week kom en die ander is kleuters wat versorg word terwyl hul ouers werk.


MALUTI, WOENSDAG 10 JULIE 2013

5

Ruiters geniet plesierrit

Sy kliënte groei saam met saak BAIE kliënte wat sedert die onderneming se ontstaan in 1985 van Johan Lingenfelder-versekeringsadviseurs gebruik maak, is vandag nog kliënte. Chris Janeke het by Mutual & Federal begin werk en is later na SA Eagle, deesdae bekend as Zurich. Laasgenoemde het hom Bethlehem toe verplaas. ’n Jaar later het hy hom by Lingenfelders aangesluit, min wetend dat hy in sy eerste week ’n “vloed” gaan beleef. Die Jordaanrivier het ook in 1988 oorstroom. Oral was vloedskade – dit was ’n chaos, maar vir Janeke was dit ’n goeie leerskool. Vanjaar is Janeke 40 jaar in die bedryf. Die kennis wat hy oor die jare heen opgedoen het, asook die raad en diens wat hy lewer, is die rede waarom Lingenfelders jare lange kliënte het. “Kliënte word soos familielede en deesdae is die tweede geslag ook kliënte.” Lingenfelders, wat steeds ’n onafhanklike onderneming is en Janeke en Minda Pelser as hoofaandeelhouers het, doen korttermynversekering, maar kan in samewerking met sakevennote lewens- en beleggingsgeriewe verskaf. “Ons werk met al die groot, gevestigde maatskappye.” Hulle werk ook met ’n paar spesialismaatskappye om ingenieurs, argitekte, prokureurs en ander professionele beroepslui die bes moontlike beskerming te bied, hetsy waarborge wat gelewer moet word of professionele aanspreeklikheid. Die versekeringsbedryf het ’n verskriklik vinnige tempo. Die bedryf het die afgelope tyd so verander en daar moet met die kliënt se be-

CHRIS JANEKE van Johan Lingenfelder-versekeringsadviseurs op Bethlehem. hoeftes tred gehou word. “Ons het die afgelope 8 jaar meer verandering as in 30 jaar beleef.” Meer druk word op adviseurs geplaas weens die Beskermingswet vir Kliënte. Hulle het nou baie meer administratiewe werk, dit kos baie meer en veranderings vind steeds plaas. Janeke dink nog nie aan aftree nie, maar wanneer hy die dag aftree, sal hy steeds as konsultant wil optree, veral vir diegene met wie hy oor die jare heen ’n verbintenis opgebou het. Hy bedank al die kliënte vir hul getroue ondersteuning oor die jare. Tuis geniet hy dit om te gaan stap en het hy oor die jare al ’n hele klompie van die bekende staproetes aangedurf. Daarby is hy baie lief vir die natuur en geniet hy en sy vrou, Alana, ’n wildtuinvakansie terdeë.

ALTESAAM 50 ruiters het aan die plesierrit op Rosendal deelgeneem. Daar was geen ernstige voorvalle van beserings of enige perde wat beseer is nie. Daar was vanjaar ’n groot aantal jong ruiters

wat bloots gery het. Die jongste ruitertjie was sewe jaar oud en het die hele rit voltooi. Die rit was 26 km lank. Die dag is afgesluit met ’n vleisbraaigeselligheid.


6

MALUTI, WOENSDAG 10 JULIE 2013

FRONTIER INN & CASINO

Casino helps community SINCE the Frontier Inn & Casino opened its doors a few years ago this business has been involved in supporting a lot of community projects. With the Frontier Inn Dihlabeng Community Trust trustees such as Mike Kgwathela, Tjhetane Mofokeng, the Dihlabeng Municipality’s executive mayor, and Anthony Oliver, general manager of the Frontier Inn & Casino, there are many projects they are currently involved in. Bursaries for students have been awarded to Mamohapi Mahemane, Thenjiwe Radebe, Puseletso Mofokeng, Boitumelo Moloi and Mandla Ramagoma. The trust sponsored the Maluti-Hoogland School’s construction course for boys and

LIZELLE TULLEKEN is die Frontier Inn & Casino se nuwe bemarkingsbestuurder. Sy het, nadat sy haar graad in bemarking en toerismebestuur aan die Universiteit van Noordwes behaal het, by die Umfolozi Hotel Casino & Convention Resort in Empangeni gewerk. Die hotel is ook deel van die Peermontgroep.

building materials for the construction course. The course was held in May. They paid for the transport of the Bethlehem Collegians Women’s Rugby Club’s u.16 girls while paint and paint equipment were given to the Bohlokong Primary School to paint the school. They saw to it that the Sydney Vegetable Project’s vegetable garden was covered with shade cloth. The Salileni Centre received groceries and their vehicle repairs were paid for. Ten wheelchairs were donated to Phedisang Bana, a centre for the mentally and physically handicapped. The Bophelong Children’s Home also received support.

THE Frontier Inn & Casino.

The Meeting Post conference venue at the Frontier Inn & Casino.

Place for functions THE Meeting Post Conference Centre at the Frontier Inn & Casino is conveniently situated on the N5. Delegates can enjoy secure parking and meals at one ve-

nue. The Meeting Post can also provide in all technical conference needs. For any functions, team-building, special event or conference, The Meeting Post is the place to go.

Fun for everyone THE Frontier Inn and Casino in Bethlehem, situated on the N5, offers fun and entertainment for the whole family. Excellent accommodation is available at the Peermont Metcourt Hotel with 21 three-star rooms, 12 superior twin rooms, 8 classic twin rooms and 1 special assistance room. At the moment the hotel offers a Sunday stayover from R300 per room and with the winter sizzle promotion you only pay from R705 for a single and R920 for a double room package. The casino floor offers smoking and nonsmoking facilities and a floor bar with waiters. They offer 140 slot machines 24/7, 9 gaming tables with 5 tables of roulette and 4 tables of Blackjack. The winners circle desk, which offers promotions and guest-related assistance, is open Mondays to Thursdays and Sundays from 10:00 to midnight and Fridays and Saturdays from 10:00 to 01:00. The Touch of Class promotion ended on 21 June when a winner was announced. He won R100 000. At the moment there is R450 000 in cash prizes up for grabs in the Double Trouble promotion. Just pick the box and keep going to win more. A cash desk with four booths is open 24/7 and has high security. For the late-night munchies, there is a takeaway restaurant which is open Mondays to Sundays from 08:00 to 02:00. The Coachman’s Saloon is a conventional bar and conference venue that seats up to 150 guests. It is open from 12:00 to 02:00 every day

of the week. There is a happy hour special on Thursdays from 20:00 to 22:00. The Golden Gate Spur has great food and a play area for children. They cater for smoking and non-smoking guests and are open from 07:00 to 22:00 on weekdays. The Magic Company offers a wide variety of enjoyable arcade games for children under the age of 18. They are open Mondays to Thursdays from 14:00 to 23:00, Fridays and Saturdays from 10:00 to 01:00 and Sundays from 10:00 to 23:00. Little Rascals is a childcare facility that caters for children between the ages of 2 and 12. Children can enjoy a carefree, safe and secure environment, whilst being cared for by trained personnel. They are open Mondays to Fridays from 14:00 to 22:00, Saturdays from 10:00 to midnight, Sundays from 10:00 to 20:00, public holidays from 14:00 to 20:00 and school holidays from 14:00 to 22:00. The Frontier Inn & Casino also offers The Meeting Post conference venue to accommodate all your needs. Delegates can enjoy secure parking, accommodation and meals at one venue. They also provide for all your technical conferencing needs. The Frontier Inn & Casino is also wheel-chair and guidedog friendly. For more information, call them on 058-307-6000. ) You can also read about the Frontier Inn & Casino at http://malutinews.co.za.

Having a lovely time at casino THE Coachman’s Saloon at the Frontier Inn & Casino.


MALUTI, WOENSDAG 10 JULIE 2013

Neem aan winterspele deel LEERLINGE van die Afrikaanse Privaatskool op Bethlehem het as lede van die BCVO se Vrystaat-netbalspanne aan die nasionale BCVO-winterspele op Groblersdal deelgeneem. Al die CVO-streke het deelgeneem. Die spelers het dit baie geniet en Vrystaat het in al die ouderdomsgroepe baie goed gevaar. Foto: Verskaf

Gaan op rugbyweek deelneem KENNETH BALCORTA en Von’ Ronn Swartz van die Hoërskool Retief op Kestell is vir die Platteland-akademiespan gekies om aan die rugbyweek deel te neem. Foto: Babs Storm

For all tombstones and repairs to damaged tombstones, as well as epitaphs, etc. Please phone 058 303 4840.

NEED A LOAN? 071°446°7284

Op soek na dame, 18 tot 30 j, om navorsings- onderhoude 'face-to-face' te doen in Bethlehem-area. Matriek, rekenaarvaardigheid, moet kan werk met mense, vriendelik, aangename persoonlikheid. Stuur CV asb. na adristeyn@telkomsa.net Python Alarms benodig die diens van 'n operateur. Pos behels skofte. Faks verkorte CV na 058°303°4422.

AANDAG

Ruim perseel te huur: Gebou netjies en veilig. Billike huur. Alberts Eiendomme 072 384 0040/058 303 8282.

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

SOEK, KOOP, VERKOOP

7


8

MALUTI, WOENSDAG 10 JULIE 2013

Sport Koerant met hart I The paper with heart

Jong jaer op pad na Tsjeggië

WIKUS VAN SANDWYK in aksie tydens die span se oefening op die Lukisabaan digby Bethlehem.

Lynda Greyling WIKUS VAN SANDWYK (11), ’n leerling aan die Harriston-privaatskool op Harrismith, is die enigste Vrystater wat aan die Suid-Afrikaanse veldrenkampioenskappe in Tsjeggië gaan deelneem. Behalwe vir Bradley Cox, seun van die bekende Dakar-jaer Alfie Cox, en Matthew Malan het die res van die Suid-Afrikaanse span, Wikus, Calyle Dormehl en Cameron Derow, Dinsdag op die Lukisabaan digby Bethlehem geoefen. Bradley neem in die Kaap deel omdat hy ’n borgskap daar het en Matthew is sedert verlede jaar in Amerika waar hy aan wedrenne deelneem. Hy sal hom in Augustus by die vier ander spanlede in Europa aansluit. Wikus, Cameron en Calyle oefen meestal in Pietermaritzburg. Marinus van Sandwyk, Wikus se pa, sê die Lukisabaan is baie soos dié waarop die jaers oorsee gaan deelneem. “Dit het soos dié oorsee baie op- en afdraandes.” Die span oefen meestal in Pietermaritzburg, maar sal in die vakansie ook in Johannesburg gaan oefen. André Deurden, ’n voormalige Suid-Afrikaanse kampioen en die span se afrigter, sê hulle probeer om die seuns op verskillende bane te laat oefen sodat hulle soveel ondervinding moontlik kan opdoen. Wikus en Cameron Derow (11) gaan in die afdeling vir 65 cc-motorfietse deelneem, terwyl Calyle (13) regmaak vir die afdeling vir 85 ccmotorfietse. Bradley (15) en Matthew Malan (16) gaan in die afdeling vir 125 cc-motorfietse deelneem. “Wanneer hulle in Europa deelneem, fokus hulle net daarop om vir die wedrenne te kwalifiseer,” sê Marinus. Blykbaar ontvang die meeste seuns in hul ouderdomsgroep oorsee tuisonderrig om heeltyds vir wedrenne te kan oefen. Dié wedren vind oor drie dae in Tsjeggië plaas. Die eerste dag neem baie renjaers deel, die tweede dag kan hulle rus en die derde dag kan net die 40 wat op die eerste dag die vinnigste tyd behaal het, deelneem. Wikus se broer, Janes, het verlede jaar ook titels op dié byeenkoms ver-

WIKUS VAN SANDWYK gee vet tydens die span se oefening op die Lukisabaan digby Bethlehem.

WIKUS VAN SANDWYK van Harrismith is ’n lid van die Suid-Afrikaanse junior veldrenspan wat aan die wêreldkampioenskappe gaan deelneem. Foto’s: Lynda Greyling

‘‘Wanneer hulle in Europa deelneem, fokus hulle net daarop om vir die wedren te kwalifiseer.” – Marinus van Sandwyk ower. Ongelukkig het hy vroeër vanjaar sy been gebreek en kon hy drie maande nie oefen nie. Die span sal nie op hul eie motorfietse ry nie, maar op motorfietse wat van Duitsland af kom. Hulle sal egter hul eie skokbrekers en ander onder-

dele saamneem. Wikus sê hy sien baie uit na die byeenkoms en sal sy skoolwerk inhaal wanneer hy terug is. Marinus sal Wikus vergesel. Hulle vertrek op 1 Augustus en keer op 13 Augustus terug.

WIKUS VAN SANDWYK, Calyle Dormehl en Cameron Deurow ry dat die stof staan tydens hul oefensessie op die Lukisabaan.

Maluti 10 03 2013  

Maluti 10 03 2013