Issuu on Google+

2010 BOSHOFF VISSER PLUS

Geoktrooieerde Rekenmeesters en FinansiĂŤle Dienste Chartered Accountants and Financial Services


Introduction / Inleiding News / Nuus Aftrekbaarheid van werkgewersbydraes tot uittredingsannuïteitsfondse Oordrag van ’n primêre woning vanuit ‘n regspersoon Travel allowance Will the world survive the recession? / Sal die wêreld die resessie oorleef? Beëindiging van die SIBW stelsel Online life insurance / Aanlyn lewensdekking in 5 minute Stedelike Ontwikkelingsgebiedtoelaag (”UDZ allowance”) Will the agricultural sector experience outages? / Gaan Eskom landbou se ligte afsit? Budget Highlights / Begrotingshoogtepunte Brick and concrete remain tops, just follow the rules / Bakstene en sement bly bobaas, volg net die reëls Voorlopige belasting Learnership allowances Risk in a nutshell / Risiko in ’n neutedop Alternative products / Alternatiewe produkte: kontantkoei of bodemlose put? Oordraagbaarheid van ’n onbenutte boedelbelastingkorting Residential property in perspective / Residensiële eiendomsmark in perspektief Social Pages / Sosiale Bladsye

01 02

02 03 03

04 05

05 06

07 09

11 12 12

CONTENTS/INHOUD

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

13

14 15

16 17

INTRODUCTION/INLEIDING Geagte Klient / Dear Client

van hierdie uitgawe ‘n kort, geblokte paragraaf sien waar een van vele Boshoff Visser dienste uitgelig word.

Hiermee ons nuusbrief vir 2010. Ek hoop u geniet dit. Last year we started the drive to go a bit “greener” and we issued a first electronic copy of our newletter to clients. This year we tried to improve on the quality of our electronic copy in order to make it more user friendly to our readers.

As with previous issues, we have the following health warning: The articles in our newsletter are written by employees of Boshoff Visser. We try our best to give the correct facts and technical information, but please do not act on any information without checking it with one of our directors.

Benewens die normale artikels wat ons glo relevant is vir ons lesers, gebruik ons vanjaar die geleentheid om sekere van ons dienste bietjie beter te bemark. U sal op elke blad

Baie dankie aan ons kliente, personeel en sakevennote wat ons elke dag help om ons besigheid te verbeter en uit te bou. Mag almal van julle ‘n wonderlike Wêreldbeker jaar hê.

01 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010


Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

NEWS/NUUS In June 2009 Boshoff Visser became involved and eventually merged the accounting practice known as HL Hayward & Associates in Bellville with the existing Boshoff Visser branch in Bellville. The business was moved from their Edward Street location and integrated successfully with our Boshoff Visser operation in High Street by the end of 2009. We thank all the staff and clients for their patience and assistance in the merging process and welcome all of them to the Boshoff Visser Group. Op 1 Maart 2010 het Erick Marx hom by Boshoff Visser Bellville aangesluit en spesialiseer in Belasting- en ander Regsdienste. Erick beskik oor die rekeningkundige kwalifikasies BRek (US) en Hons B Compt (Unisa) en het sy drie jaar rekenmeesters klerkskap by PWC se Bellville kantoor voltooi. Hy verwerf daarna ook die regsgrade BProc, LLB en LLM (Belastingreg) deur Unisa terwyl hy as BTW ouditeur by SARS se Bellville kantoor werksaam was. Hy verkry ook ‘n MComm (Belasting) deur Universiteit Stellenbosch en bedryf vir baie jare sy eie praktyk as belastingspesialis. In Augustus 2008 sluit hy aan by PSG Konsult waar hy werksaam was tot 28 Februarie 2010 as senior belastingadviseur. Henk Venter joined the Grabouw branch in January 2010 as audit manager. He holds a B.Comm (Unisa) degree and has completed his SAICA traineeship. Before moving to the Cape, he was employed by Futurus, a firm of Chartered Accountants in Tzaneen for the past six years. Boshoff Visser het tans 14 takke met ‘n totale personeeltal van 215 soos aan die einde van Maart 2010.

Aftrekbaarheid van werkgewersbydraes tot uittredingsannuïteitsfondse ‘n Wysiging aan die Inkomstebelastingwet maak daarvoor voorsiening dat ‘n werknemer in die vervolg daarop geregtig sal wees om ook bydraes tot ‘n uittredingsannuïteitsfonds deur sy / haar werkgewer namens hom / haar gemaak vir belastingdoeleindes te eis. Hierdie belastingaftrekking sal egter beperk wees tot die bedrag van die werkgewer se bydrae wat as ‘n byvoordeel in die hande van die werknemer belas moet word. Sodanige gewysigde aftrekking sal ook ten volle in ag geneem mag word by die vasstelling van die maandelikse werknemersbelasting wat ten aansien van die werknemer aan SARS oorbetaal moet word. Gevolglik behoort die hantering van hierdie aftrekking by vasstelling van die relevante maandelikse werknemersbelastingaanspreeklikheid die aftrekking se toegelate hantering tydens die jaarlikse inkomstebelastingaanslag te volg. Die tersaaklike wysiging ten aansien van die Inkomstebelastingwet tree in werking vir belastingjare eindigend op of na 28 Februarie 2011, dit wil sê vir belastingjare wat op of na 1 Maart 2010 begin. Artikel deur Erick Marx

MEDIESE FONDS Gesondheid gebou op oordeelkundige mediese fondsadvies. Maak seker dat u lid is van die regte mediese fonds volgens u behoeftes. Ons wye reeks produkte sluit die meeste Mediese Fondse in SA in.

02 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010


Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

Oordrag van ’n primêre woning vanuit ’n regspersoon Die uitkering van bates (insluitende ‘n primêre woning) deur ‘n regspersoon soos byvoorbeeld ‘n maatskappy behels gewoonweg ‘n beskikking vir kapitaalwinsbelasting (BKW) – doeleindes wat die maatskappy betref. Voorts sal sodanige verdeling neerkom op die verklaring van ‘n dividend met gepaardgaande sekondêre belasting op maatskappye (SBM) implikasies vir die relevante maatskappy. Wysigings ten aansien van die Hereregte – en Inkomstebelastingwet maak dit nou vir sekere maatskappye en trusts moontlik om op ‘n belastingvriendelike grondslag ‘n primêre woning uit te keer. Hierdie uitkering van ‘n primêre woning sal vrygestel van BKW en SBM in die hande van die maatskappy wees. In die geval van ‘n trust sal ‘n soortgelyke uitkering van BKW vrygestel wees. Verder sal geen Hereregte deur die eiendomsverkrygende natuurlike persoon betaalbaar wees nie. Die kernvereistes ten opsigte van die toepaslike belastingverligting behels die volgende: - Die belang wat oorgeplaas staan te word moet ‘n primêre woning uitmaak; - Sodanige primêre woning moet aan ‘n natuurlike persoon oorgedra word; en - Die relevante natuurlike persoon moet die tersaaklike primêre woning voor of op 31 Desember 2011 verkry. Indien ‘n toepaslike primêre woning in die naam van ‘n maatskappy geregistreer is, moet die betrokke natuurlike

Travel allowance One of just a few tools left to use in the structuring of a remuneration package, is the travel allowance. From 1 March 2010 taxpayers who want to make use of this benefit will have to pr ov e t hei r d i s ta n c e s travelled for business purposes by way of a logbook. Gone are the days of using the “deemed” kilometer method previously catered for. Also, the amount included in remuneration for purposes of calculating PAYE, is increased from 60% to 80%. Article by Pieter Wessels 03 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

persoon regstreeks (alleen of gesamentlik met sy / haar gade) die volle aandeelhouding in die maatskappy besit. Hierdie aandelebelang moes reeds teen 11 Februarie 2009 in besit van die betrokke natuurlike persoon en / of sy / haar gade gewees het. Waar die toepaslike primêre woning in die naam van ‘n trust geregistreer is word vereis dat die betrokke natuurlike persoon: - Die woning aan die trust by wyse van ‘n skenking, oormaking of soortgelyke beskikking oorgedra het; of - Finansiering verskaf het rakende alle uitgawes wat deur die trust ter verkryging van die woning aangegaan is. Daar word ook vereis dat die betrokke natuurlike persoon en / of sy / haar gade reeds teen 11 Februarie 2009 in die primêre woning woonagtig moes gewees het. Hierdie belastingverligting sal derhalwe van toepassing wees vir primêre woningsoordragte in hierdie verband met ingang van 11 Februarie 2009 tot op of voor 31 Desember 2011. In die laaste instansie behoort belastingpligtiges wat oorweeg om van die belastingverligting gebruik te maak ag te slaan op enige verband-kansellasiekostes asook die kwessie rakende die eiendomsverkrygende natuurlike person se kwalifisering vir ’n nuwe verband al dan nie. Artikel deur Erick Marx

BELEGGINGS Koop u produkte of ontvang u finansiële advies? Die wêreld van welvaartbestuur is gekompliseerd genoeg. Maak seker u adviseur verstaan en bestuur u behoeftes volgens ‘n volhoubare finansiële plan. Boshoff Visser Beleggings bied u die volgende opsies nl: Aandeleportefeuljes, Eiendomsportefeuljes, Buitelandse Beleggings, Effektetrustportefeuljes en Aftreebeplanning. Volgehoue stabiele langtermyn inkomstegroei is ons wagwoord. BELASTING-ADMINISTRASIE Die behoorlike administrasie van die onderskeie belastings wat in SA betaalbaar is, is ongelukkig ‘n noodsaaklike euwel. SARS maak die vereistes vir nakoming al strenger en het oor die afgelope paar jaar al meer funksies afgeskuif op die belastingpligtige self, gepaardgaande met boetes indien vereistes nie nagekom word nie. By Boshoff Visser het ons opgeleide personeel en stelsels in plek om u persoonlike of besigheid se Inkomstebelasting, BTW en Loonstaatbelasting te administreer wat verseker dat u voldoen aan SARS se nakomingsvereistes.


Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

FINANCIAL STATEMENTS Each and every business entity (whether you trade as sole proprietor, company, close corporation or trust) needs to prepare financial statements at least annually. Apart from SARS, the financial institutions from which you borrow money, will demand that. It might even happen that you need to prepare interim financial statements in specific circumstances, e.g. when you have to raise finance. Boshoff Visser has trained staff to assist you with this.

WILL THE WORLD SURVIVE THE RECESSION?/SAL DIE WÊRELD DIE RESESSIE OORLEEF? Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde. 12 Maande gelede het almal gewonder of die wêreld die resessie wat toe op ‘n byna hoogtepunt was sou oorleef. Baie maatskappye het dit nie oorleef nie. Binne 12 maande het die JSE van ‘n laagtepunt van 18 640.81 punte gestyg na 27 904.65 punte. Die mark is weliswaar nog nie naastenby by sy hoogtepunt van 33 309.82 punte nie, maar is daar wel aandele wat weer ten volle in hul pryse herstel het. Die portefeulje wat Boshoff Visser bestuur namens sy kliënte is weer verby sy vorige hoogtepunt. Sovêr het landbou kommoditeite nog onder aan die agterspeen gesuig en kommoditeitspryse het goed herstel a.g.v. die vraag daarna uit die Ooste. Die meeste lande se BBP is weer positief en groei word vir 2010 voorspel. Die wêreld is wel op antibiotika gesit, en dit wil lyk of herstel insig is, maar terugslae sal definitief nog steeds voorkom. Dit sal weereens afhang daarvan of beleggers saam met hul adviseurs geleenthede, wat net voorkom met terugslae, sal benut. Oor 10 jaar sal hierdie resessie ook net nog ‘n kurwe op die grafieke wees. Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde. Artikel deur Kobus Lourens

FINANSIERING Maak gereed vir die volgende eiendoms-opbloei.Vir nommerpas finansiering as dit kom by huiskoop, skakel gerus ons finansiering-konsultante.

04 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010


Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

Beëindiging van die SIBW stelsel Die standaard inkomstebelasting op werknemers (SIBW) stelsel het gedurende die laat 1980’s in werking getree ten einde die hoeveelheid inkomstebelastingopgawes wat jaarliks ingehandig word te beperk.

ONLINE LIFE INSURANCE/ AANLYN LEWENSDEKKING IN 5 MINUTE

Administratiewe vernuwings asook die feit dat die persoonlike inkomstebelastingdrempel vir belastingpligtiges jonger as 65 jaar reeds baie naby aan die SIBW plafon ten bedrae van R 60 000 is, het die nodigheid vir die SIBW stelsel uitgeskakel.

Daar word dus voorsien dat die SIBW stelsel met ingang van 1 Maart 2011 herroep sal word. Sodanige herroeping mag derhalwe meebring dat alle belastingbetalers wie se belasbare inkomste die belastingdrempel oorskry as belastingpligtiges moet registreer. Artikel deur Erick Marx

Die internet is besig om die manier om besigheid te doen en dag-tot-dag aktiwiteite te verander. Soos die koste daal en die spoed styg sal dit al hoe meer deel van ons lewens raak. ‘n Maatskappy soos Amazon.com het in 2008 $147.8 miljoen se aanlynbesigheid gedoen. Dit is ‘n groei van 838% in tien jaar. Dieselfde tendense sal in SA sigbaar wees. Dit is nie net boeke en ander verbruikersgoedere wat aanlyn verkoop word nie. ‘n Vraag na aanlyn finansiële dienste is ook identifiseer. Na ondersoek van die bestaande aanbiedinge tans aanlyn beskikbaar het Boshoff Visser ‘n webwerf gestig wat suiwer op die verkoop van lewensdekking gemik is. Die voordele vir u as kliënt is onder andere: 1. Met baie min moeite kan u kwotasies kry. 2. U hoef nie sleg te voel om nee te sê nie. 3. Dis maklik om bestaande dekking te vergelyk met nuwe kwotasies. 4. U kry kwotasies by verskeie maatskappye sonder ekstra moeite. 5. Dekking kan uitgeneem word sonder dat daar ander produkte aan u probeer verkoop word. Dit neem slegs 3 minute om u besonderhede in te vul en binne 24 uur sal u kwotasies van die 7 voorste lewensversekeringsmaatskappye kry. U het dan geen verpligting om dekking uit te neem of enige fooi te betaal nie. Daar is gevoel ons kan meer aan ons kliënte bied. 1. Kwotasies by meer maatskappye. Die meeste aanlynmaatskappye doen hulle eie onderskrywing en u kry net een opsie. 2. Beter advies. U sal nooit advies vanaf ‘n telefoondienssentrum ontvang nie. U sal met ‘n gekwalifiseerde finansiële adviseur gesels. 3. Waarborg dat ons enige kwotasie sal klop. 4. Diens na die produk uitgeneem is sal vry van kostes verskaf word deur ‘n spesifieke kontakpersoon. 5. Addisionele dienste soos ‘n testament word gratis saam met die dekking aangebied. Met die beter prys, groter keuse en die beste diens het u niks om te verloor deur ons webwerf www.directlifecover.co.za te besoek en te toets of u dalk ‘n paar rand kan spaar nie. Artikel deur Fanie Nel

05 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010


Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

Stedelike Ontwikkelingsgebied-toelaag (”UDZ allowance”) ‘n Verandering aan die Stedelike Ontwikkelingsgebied-toelaag (”UDZ allowance”) is tydens die 2010 begrotingstoespraak voorgestel. Die begrotingsvoorstel in hierdie verband het aangedui dat die oprigting van nuwe geboue in ‘n afgebakende stedelike ontwikkelingsgebied in aanmerking sal kom vir ‘n belastingtoelaag van 20% van die gebou se oprigtingskoste gedurende die eerste belastingjaar wat volg op die gebou se voltooiing. ‘n Verdere belastingtoelaag gebaseer op 8% van sodanige gebou se oprigtingskoste per die opvolgende 10 belastingjare sal ook van toepasssing wees. Daar is ook afgekondig dat die oprigting van nuwe geboue rakende lae koste behuisingsprojekte wat in ‘n stedelike ontwikkelingsgebied onderneem word sal kwalifiseer vir ‘n belastingtoelaag van 25% van die gebou se koste tydens die eerste belastingjaar na voltooiing daarvan. ‘n Belastingtoelaag van 13% van sodanige gebou se koste per die 5 belastingjare wat volg asook ‘n finale toelaag van 10% van die gebou se koste gedurende die sewende jaar na voltooiing is voorgestel. Verbeteringe aangebring ten opsigte van bestaande geboue wat deel uitmaak van ‘n lae koste behuisingsprojek in ‘n geïdentifiseerde stedelike ontwikkelingsgebied behoort ingevolge die tersaaklike begrotingsvoorstel in aanmerking te kom vir ‘n belastingtoelaag van 25% van die verbeteringskoste per belastingjaar. Verder word klaarblyklik oorweging daaraan verleen om verhoogde belastingtoelae vir privaat ontwikkelaars beskikbaar te stel wat ander partye se grond binne sodanige stedelike ontwikkelingsgebied verbeter. Kennis moet egter daarvan geneem word dat hierdie begrotingsvoorstelle nog nie as wetgewing uitgevaardig is nie. Artikel deur Erick Marx

TRUSTS Wanneer dit kom by bewaring van bates en erfopvolging, speel Trusts nog ‘n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse regstelsel. Nie net kan ons u behulpsaam wees met die oprigting van ‘n trust nie, maar ons kan u ook van hulp wees met die administrasie daarvan en selfs met optrede as trustee indien u dit so sou verkies.

06 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010


Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

WILL THE AGRICULTURAL SECTOR EXPERIENCE OUTAGES?/ GAAN ESKOM LANDBOU SE LIGTE AFSIT? Na baie bespiegeling in die media is daar nou uiteindelik sekerheid oor die tariefverhogings wat deur NERSA toegestaan is, naamlik 25% per jaar vir die volgende 3 jaar. Dit is darem minder as wat ESKOM aanvanklik aangevra het, maar sal nog steeds ‘n reuse invloed op alle sektore van ons ekonomie hê. Die vraag is hoe dit die landbou gaan raak? Aanvanklik voel dit of dit nie ‘n groot effek op produsente sal hê nie aangesien slegs 4 tot 5 % van ‘n produsent se produksiekoste uit elektrisiteit bestaan. Die netto effek van ‘n 25% verhoging in elektrisiteit tariewe is dus maar ‘n 1% tot 1.25% verhoging in totale produksiekoste. Daar is egter ‘n paar goed wat ons eers in ag moet neem voor ons te gerus raak. Wat ons moet besef is dat die saamgestelde effek van die 3 verhogings beteken dat ons oor 3 jaar byna dubbeld vir ons elektrisiteit gaan betaal (die effek is ‘n 95% styging oor die 3 jaar). Ons moet ook onthou dat dit nie net op die plaasvlak is waar

07 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

ons elektrisiteit betaal nie, maar dat byna al ons produkte verdere verwerking, verpakking of verkoeling ondergaan waar groot hoeveelhede elektrisiteit verbruik word. Die verhoging in kostes by die wynkelder, pakstoor, inmaakfabriek, bakkery, melkfabriek ens. sal uiteindelik maar net teruggegooi word na die produsent toe as deel van verwerkingskoste wat by sy opbrengs afgetrek word. Verder sal die verhogings verbruikers wat reeds vuisvoos is van al die druk op die ekonomie verder verarm wat ‘n negatiewe invloed op ons binnelandse markte sal hê. Dit is veral jammer met die huidige wisselkoers wat uitvoere minder aanloklik maak en waar baie bedrywe weer swaarder begin steun op die binnelandse mark. Op plaasvlak is daar gelukkig baie wat ons kan doen om elektrisiteit te bespaar. Eerstens sal produsente wat dit nie alreeds gedoen het nie dringend daaraan moet dink om hul werkers se huise op ‘n koopkragstelsel te kry. Daar is ‘n aanvangskoste aan verbonde om die meters te installeer, maar op die lang duur bring dit ‘n reuse besparing teweeg. Die tweede plek waar produsente baie kan spaar is by waterpompkoste. Elke produsent sal opnuut moet kyk waar


Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

MONTHLY BOOKKEEPING & ADMINISTRATION Many small businesses struggle with the administrative burden of keeping accounting records and books up to date and to comply with statutory requirements like submitting VAT returns etc, on time. You might consider outsourcing this important function to us, leaving it to our staff to keep this function up to date while you concentrate on your core business. Even things like your Payroll preparation, submission of VAT and other statutory returns can be left to us.

hy dalk van gravitasie gebruik kan maak vir besproeiing. Weereens behels dit gewoonlik ‘n groot aanvanklike kapitaaluitleg, maar is dit meestal betalend oor die langtermyn. Daar is ook ‘n nuwe toestel beskikbaar wat die hoeveelheid elektrisiteit wat ‘n pomp gebruik reguleer volgens die hoeveelheid water wat gepomp word, sodat die pomp nie teen volle kapasiteit loop as dit nie nodig is nie. Volgens boere wat dit reeds gebruik word die aanvanklike koste van die toestel baie vinnig verhaal deur besparings in elektrisiteit. Boere wat nie tans van ESKOM se RURAFLEX-tariewe (verlaagde tariewe buite spitstye, verhoogde tariewe in spitstye) gebruik maak nie kan ‘n ontleding laat doen om te kyk of dit dalk sinvol sal wees. Eskom het die koste om oor te skakel skerp verhoog wat dit dikwels nie meer die moeite werd maak nie, en op sommige plase is dit prakties onuitvoerbaar om slegs in nie-spitstye te besproei. Daar kan egter steeds gevalle wees waar dit lonend kan wees om oor te skakel. Verder kan die gewone elektrisiteitsbesparingsmetodes wat ESKOM voorstel vir huishoudings in die eienaar, bestuurder en werkers se huise toegepas word. Die metodes is al wyd

RISIKO VERSEKERING Die pen is magtiger as die onvoorsiene. Maak seker u risikodekking is in plek vir enige onvoorsiene gebeurtenis. Om te beplan vir die onvoorsiene,maak seker dat u die hele prentjie verstaan. Boshoff Visser se produkte vir Lewensversekering, Inkomstevervanging, Ongeskiktheidsdekking en Traumaversekering sluit die bekendste handelsname in die Suid-Afrikaanse mark in.

publiseer in die media en is vrylik beskikbaar by ESKOM, dus sal ons nie in besonderhede daarop ingaan nie. Wat die koste van elektrisiteit vir verdere verwerking, verpakking of verkoeling behels sal produsente wat dien op die direksies van die betrokke Koöperasies of Maatskappye moet besin oor moontlike besparings, soos om dalk soggens vroeër oop te maak en sodoende bv. koeler druiwe te ontvang wat minder verkoeling benodig. Daar is reeds aanduiding gegee dat die regering dit oorweeg om ‘n mate van verligting aan die landbou te gee in die vorm van subsidies of rabatte op elektrisiteit, maar of dit gaan realiseer en hoe groot die verligting gaan wees bly ‘n ope vraag. Al wat produsente in die verband kan doen is om so veel as moontlik druk op die regering te sit deur hul landbouverenigings, produsente-organisasies en die media.As produsente hul ingebore vindingrykheid en legendariese planmaakvermoë ten volle benut behoort die prysverhogings (hoe absurd dit ook al is) nie die landbou se ligte af te skakel nie. Artikel deur Arnand Stofberg

08 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010


2010 BUDGET HIGHLIGHTS/ BEGROTINGSHOOGTEPUNTE

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

Individuals PERSONAL INCOME TAX RATE AND BRACKET STRUCTURE 2010 Taxable Income (R) R0 - R132 000 R132 001 - R210 000 R210 001 - R290 000 R290 001 - R410 000 R410 001 - R525 000 R525 001 and above

Rates of Tax (R) 18% of each R1 R23 760 + 25% of the amount above R132 000 R43 260 + 30% of the amount above R210 000 R67 260 + 35% of the amount above R290 000 R109 260 + 38% of the amount above R410 000 R152 960 + 40% of the amount above R525 000

2011 Taxable Income (R) R0 - R140 000 R140 001 - R221 000 R221 001 - R305 000 R305 001 - R431 000 R431 001 - R552 000 R552 001 and above

Rates of Tax (R) 18% of each R1 R25 200 + 25% of the amount above R140 000 R45 450 + 30% of the amount above R221 000 R70 650 + 35% of the amount above R305 000 R114 750 + 38% of the amount above R431 000 R160 730 + 40% of the amount above R552 000

2010 Kortings Primêre korting R9 756 Sekondêre korting R5 400

2011 Rebates Primary R10 260 Secondary R5 675

Belasting Drempels Primêre R54 200 65 Jaar en ouer R84 200

Tax Thresholds Primary R57 000 Age 65 and over R88 528

Rente Vrystelling Primêre R21 000 65 Jaar en ouer R30 000

Interest Exemption Primary R22 300 Secondary R32 000

Die belasting vrystelling t.o.v. buitelandse rente en dividende verhoog van R3500 na R3700. REISTOELAES In die vervolg sal geen aftrekking geëis kan word indien daar nie ‘n logboek bygehou word nie. 80% van die belastingpligtige se reistoelaag moet by die belasbare inkomste ingesluit word om maandeliks die LBS te bereken. Waarde van voertuig (R) 0 - 40 000 40 001 - 80 000 80 001 - 120 000 120 001 - 160 000 160 001 - 200 000 200 001 - 240 000 240 001 - 280 000 280 001 - 320 000 320 001 - 360 000 360 001 - 400 000 Over 400 000

Vaste koste (R p.a.) 14 672 29 106 39 928 50 749 63 424 76 041 86 211 96 260 106 367 116 012 116 012

Alternatiewe geagte koste per km (onderhewig aan voorwaardes)

Brandstof (c/km) 58.6 58.6 62.5 68.6 68.8 81.5 81.5 85.7 94.6 110.3 110.3

Onderhoud (c/km) 21.7 21.7 24.2 28.0 41.1 46.4 46.4 49.4 56.2 75.2 75.2

2009/2010 292 c/km

2010/2011 292 c/km

MEDIESE UITGAWES Die maandelikse belasting vrye gedeelte van mediesefondsbydraes verhoog van R625 na R670 vir die hooflid en die eerste afhanklike en van R380 na R410 vir elke daaropvolgende afhanklike vir die 2011 belasting jaar.

09 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010


Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

RETRENCHMENT PACKAGES The R30 000 exemption for termination of services has not been adjusted for many years. It has been proposed that this exemption be merged into the retirement fund lump sum benefit system and that the qualifying lump sums be taxed by applying the tax table for retirement fund lump sum benefits. VOLUNTARY DISCLOSURE PROGRAMME Yet another tax amnesty has been proposed in order for taxpayers to get their tax affairs in order. The window period will be 1 November 2010 until 30 October 2011.

Companies

BTW Die jaarlikse omset kerf vir verpligte BTW registrasie bly op R1 miljoen. Die jaarlikse omset kerf vir boerderye wat elke ses of elke vier maande BTW opgawes indien bly op R1,5m.

CORPORATE INCOME TAX Company Tax Rates Normal income tax Employment company SA Branches of foreign companies STC (12.5% before 1 Oct 2007)

2009/2010 28% 33%

2010/2011 28% 33%

33% 10%

33% 10%

ESTATE DUTY Estate duty stays unchanged with an exemption of R3,5 million per individual and the rate at 20%. It was proposed that “Taxes upon death” (i.e. Estate Duty and Capital Gains Tax) will be reviewed in the near future. Is this maybe the end to Estate Duty?

KLEIN SAKE KORPORASIES

SKENKINGS BELASTING

Die omset kerf bly op R14 miljoen.

Die jaarlikse skenkings belasting vrystelling bly onveranderd op R100 000 en die koers bly 20%.

Die belasting is as volg: 2009/2010 0% 10% 28%

2010/2011 -

CAPITAL GAINS TAX

0 - R54 200 R54 201 - R300 000 R300 001 en op 0 - R57 000 R57 001 - R300 000 R300 001 en op

-

0% 10% 28%

The annual exclusion in the year of death remains unchanged at R120 000. The primary residence exclusion for residences above R2m stays at R1,5m. People selling their residence with a gross value below R2m will pay no CGT.

The exclusion threshold for capital gains and losses remains unchanged at R17 500.

VERY SMALL BUSINESSES TRANSFER DUTY 2010 Turnover (R) 0 - 100 000 100 001 - 300 000 300 001 - 500 000 500 001 - 750 000 750 001 - 1 000 000

Tax Liability (R) 0% 2% of each R above 100 000 2 000 + 3% of each R above 300 000 8 000 + 5% of each R above 500 000 20 500 + 7% of each R above 750 000

2011 Turnover (R) 0 - 100 000 100 001 - 300 000 300 001 - 500 000 500 001 - 750 000 750 001 and above

Tax Liability (R) 0% 1% of each R above 100 000 2 000 + 3% of each R above 300 000 8 000 + 5% of each R above 500 000 20 500 + 7% of each R above 750 000

Transfer duty rates remain unchanged for the 2010 year. FUEL TAXES The fuel taxes on petrol and diesel will be increased by 25.5c a liter. DISCLAIMER Boshoff Visser accepts no liability whatsoever for any losses, damage or cost incurred which may arise from information published in this document. Please contact anyone of the directors of Boshoff Visser before any decisions are made regarding information published. 10 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010


Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

BRICKS AND CONCRETE REMAIN TOPS, JUST FOLLOW THE RULES/ BAKSTENE EN SEMENT BLY BOBAAS, VOLG NET DIE REËLS Na die euforie wat geheers het oor eiendomsbeleggings tot middel 2007 is eiendom as bateklas soos die meeste ander bateklasse ‘n ordentlike bloedneus gegee. Oorsake van die dalings in eiendomspryse was hoofsaaklik ‘n sameloop van omstandighede wat die instel van die nasionale Kredietwet, verhoogde rentekoerse en ‘n wêreldwye resessie insluit. Indien beleggers nugter na hierdie faktore kyk, is dit ‘n wonder dat ons eiendomsboom nie totaal uitgeval het nie.

Eiendom as bateklas het ook ‘n verskeidenheid van sektore soos bv. residensiële- , kantoor-, nywerheids-, kommersiëleen ontspannings eiendomme. Elke eiendomsektor het sy eie voor - en nadele en kan bydra tot ‘n gebalanseerde beleggingsportefeulje. Maak vrede met die kostes.

By Boshoff Visser voel ons dat eiendom ‘n deel moet uitmaak van enige belegger se langtermyn finansiële plan. Beleggers moet egter sekere reëls volg indien eiendom as bateklas gebruik word. Vervolgens kortliks ‘n paar reëls wat ons voel slaafs nagevolg moet word:

Eiendoms-aankope bring kostes soos agentekommissie, oordragskoste en verbandregistrasiekostes mee. Beleggers moet hulself hieroor inlig en nie ‘n goeie langtermyntransaksie laat skipbreuk ly a.g.v. ‘n onbereidwilligheid om kostes te betaal nie. Gewoonlik is kostes onderhandelbaar.

Koop vir die medium - tot langtermyn.

Deurlopende probleme is eie aan ‘n eiendomsbelegging.

Eiendom is nie ‘n bateklas vir spekulante nie. Korttermynwinste kan gemaak word, maar behoort eerder die uitsondering as die reël te wees. Koop met die idee om nooit te verkoop nie. Onthou dat eksterne faktore die waarde van ‘n eiendom deurlopend sal beïnvloed, maar op die langtermyn sal dit ‘n weglaatbare klein invloed op ‘n eiendomsbelegging hê.

Onvoorsiene reparasies, verhoogde eiendomsbelasting en rentekoerse, wanbetalings van huurders en probleme met huurders is deurlopende probleme wat sal opduik. Wees bewus van hierdie uitdagings en hanteer dit as deel van ‘n eiendomsbelegging.

Koop eiendom as gevolg van die inkomste en nie die kapitaalgroei nie. Sekerlik die grootste fout wat beleggers maak is om ‘n eiendom te koop wat nie genoegsame inkomste lewer nie. Fokus op die huurinkomste en kapitaalgroei sal oor tyd vanselfsprekend wees. Hoe beter die huurinkomste hoe gouer kan beleggers verdere beleggings ondersoek. Bou ‘n gediversifiseerde portefeulje oor tyd op. Gebruik jou tyd om aankope te doen. Niemand kan voorspel wanneer dit die regte tyd is om te koop nie. In enige mark kan billike aankope deur geduldige beleggers gedoen word.

Bostaande is slegs 5 aspekte wat beleggers in gedagte moet hou indien eiendom as bateklas oorweeg word. Afhangende van elke belegger se omstandighede kan verskeie eiendomsbeleggings soos eiendom as sulks, genoteerde eiendomstrusts, eiendoms-effektetrusts of selfs buitelandse eiendom aangekoop word. Soos met die doen van enige belegging moet beleggers hulle wend tot hul finansiële adviseur of ouditeur om ‘n holistiese siening en advies van hul situasie te kry voordat blindelings eiendom aangekoop word. Indien beleggers korrek te werk gaan met ‘n eiendomsbelegging en bostaande 5 aspekte word verstaan, sal eiendom aan hulle ‘n standvastige langtermyn beloning gee. Artikel deur Kobus Lourens

COMPANY SECRETARIAL We assist clients with the creation of companies and close corporations as well as with the ongoing administration that is legally required in running a company or close corporation. Most clients find it a better option to outsource this function to us which include, amongst other things, the maintenance of share registers and minute books; submission of annual CIPRO return etc.

11 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010


Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

Voorlopige belasting Ons het al in verlede jaar se nuusbrief gewaarsku dat voorlopige belastingpligtiges moet kennis neem van die verandering rondom die berekening van die tweede voorlopige betaling (maw die een wat vir meeste belastingpligtiges in Februarie gedoen word). Voorheen kon die berekening gemaak word op die kleinste van: - 90% van die werklike inkomste vir die jaar of - die basiese bedrag (wat normaalweg die vorige jaar aanslag was) Vir die jaar wat geëindig het op 28 Februarie 2010 is die stelsel gewysig en werk nou as volg: Belastingpligtiges met ‘n belasbare inkomste van minder as R1m kan voortgaan op die “ou” reëls soos hierbo uiteengesit. Vir belastingpligtiges met ‘n belasbare inkomste van R1m of meer geld die volgende: Die betaling moet geskat word op minstens 80% van die werklike inkomste vir die jaar. Die basiese bedrag kan dus nie meer gebruik word nie. Prakties kom dit daarop neer dat ‘n belatingbetaler in die loop van Februarie ‘n skatting moet maak van wat sy werklike inomste vir die jaar tot einde Februarie gaan beloop. Die voorlopige betaling moet dan minstens 80% van hierdie geskatte bedrag beloop. Indien dit met die indiening van die finale opgawe blyk dat die tweede voorlopige skatting te min was, gaan SARS ‘n boete van 20% op sodanige onderbetaling hef.

Artikel deur Pieter Wessels

Learnership allowances The Income Tax Act gives an incentive to taxpayers for training employees. In order to qualify for the deduction, learnerships must be registered with a SETA or it must be an apprenticeship registered with the Department of Labour. Under the new rules the additional deduction comprises of a commencement and completion allowance. To illustrate this by way of an example: If you employ someone and register him or her on a registered learnership or apprenticeship of 3 years, you wil get a commencement allowance of R30,000 in each of years 1, 2 and 3. On completion of the learnership or apprenticeship in year 3, you will also get a completion allowance of R90,000. In total you will get a tax deductable allowance of R180,000 over the 3 year period. In case of an employee with disability, the deduction is R50,000 instead of the R30,000 above. Article by Pieter Wessels

12 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010


Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

KORTTERMYN VERSEKERING Ons korttermyn-makelaars adviseer kliënte alreeds meer as 10 jaar oor die mees geskikte korttermyn-polis vir elke kliënt se behoeftes. Meer as 10 000 suksesvolle eise is die afgelope 10 jaar suksesvol namens kliënte hanteer. Ons produkverskaffers sluit al die bekende Korttermynversekeraars in SA in.

RISK IN A NUTSHELL/ RISIKO IN ’N NEUTEDOP 1. Kontant in die bank Kontant in die bank behels vaste bankdeposito’s, geldmarkfondse en beleggings soos ‘n Kredietrekening by ‘n landboumaatskappy. Die risiko dat ‘n belegger se kapitaal kan verminder is byna nul, maar geen kapitaalgroei kan verkry word nie a.g.v. die aard van die belegging. Beleggers ontvang slegs rente. Hierdie tipe belegging klop byna nooit inflasie oor ‘n 5 jaar periode nie. 2. Staatseffekte Die risiko is nog steeds laag, maar beleggers kan ‘n kapitaalverlies of -wins maak by die verkoop van hul belegging. Hierdie tipe belegging kan inflasie soms oor ‘n 5 jaar periode klop, maar dit sal eerder die uitsondering as die reël wees. 3. Eiendomstrusts en Korporatiewe effekte Dit bied aan beleggers ‘n relatief hoë inkomste wat nie gewaarborg is nie. Beleggers kan ook redelike kapitaalverliese- of winste maak met die verkoop van hul beleggings. Hierdie tipe belegging klop inflasie gewoonlik oor ‘n 5 jaar periode.

Lae of Geen Risiko

1. Kontant in die bank 2. Staatseffekte 3. Eiendomstrusts en Korporatiewe effekte 4. Direkte eiendomsbeleggings en aandele van gevestigde maatskappye 5. Aandele wat hulself bewys het, maar nog hoë groeipotensiaal het 6. Fondse wat belê in klein maatskappye met hoë groeipotensiaal

Baie Hoë Risiko 13 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

4. Direkte eiendomsbeleggings en aandele van gevestigde maatskappye Die waardes van die beleggings kan baie volatiel wees oor die korttermyn, maar hierdie tipe beleggings is gewoonlik nodig om inflasie oor ‘n 5 jaar periode te klop. Geduld begin hier ‘n groot rol te speel by beleggers. 5. Aandele wat hulself bewys het, maar nog hoë groeipotensiaal het Hierdie is beleggings in maatskappye wat reeds ‘n tyd bestaan, maar ook oor die potensiaal beskik om meer te groei as ‘n gevestigde maatskappy. ‘n Tipiese aandeel in dié sektor is Capitec Bank tenoor Standard Bank, wat ‘n meer gevestigde bank is. Hierdie tipe beleggings kan inflasie wesenlik oor ‘n 5 jaar periode klop. 6. Fondse wat belê in klein maatskappye met hoë groeipotensiaal Hierdie beleggings is soos die tabel aandui, ‘n baie hoë risikobelegging, en is ‘n spreekwoordelike “six or a nix”. Uitsonderlike opbrengste kan behaal word, maar beleggers kan ook al hulle kapitaal verloor. Artikel deur Kobus Lourens


Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

ALTERNATIVE PRODUCTS:

CASH COW OR BOTTOMLESS PIT?/

ALTERNATIEWE PRODUKTE:

KONTANTKOEI OF BODEMLOSE PUT? Daar word deesdae al hoe meer in die landbou-media geskryf en deur boere gepraat oor alternatiewe produkte. Die groot vraag is of alternatiewe produkte ‘n kontantkoei is wat uitkoms bied uit die kosteknyptang en of dit ‘n bodemlose put is waarin boere se kapitaal verdwyn. Alternatiewe produkte sluit in vye, granate, bessies, boegoe, kankerbos, ghaap, suurlemoene en enige ander landbougewas wat nie tradisioneel op kommersiële skaal verbou is nie. Die teikenmark is gewoonlik gesondheidsbewuste verbruikers en verbruikers wat soek na iets buitengewoons. Omrede alternatiewe produkte nie op groot skaal in die verlede aangeplant is nie is die aanbod baie beperk en word baie hoë pryse per kg aanvanklik behaal. Dié pryse word met geskatte produksiesyfers vermenigvuldig en dui dan astronomiese opbrengste in “rand per hektaar” terme aan waarvan produsente van gevestigde bedrywe soos die wynbedryf, inmaakbedryf en vrugtebedryf net kan droom. Daar is egter ‘n paar probleme in die praktyk wat dikwels opduik waarvan die belangrikste hieronder bespreek word. 1. Beperkte vraag: Aangesien daar nie ‘n groot gevestigde mark vir die produkte is nie is die vraag gewoonlik beperk. Sodra die aanbod merkbaar styg as gevolg van nuwe aanplantings word ‘n ooraanbod-situasie gou bereik. Groei in aanbod vind van ‘n baie klein basis af plaas met die gevolg dat ‘n paar nuwe toetreders aan die produksiekant maklik die mark kan “toegooi”, met drastiese prysverlagings wat natuurlik volg. 2. Aannames oor produksie: Daar is nie ‘n “geskiedenis” van die verbouing van alternatiewe produkte nie en produksiesyfers word meestal op skattings of ramings

gegrond. Dit gebeur dus dikwels dat produksieteikens nie bereik word nie en die “rand per hektaar” opbrengs nie realiseer nie, selfs al daal pryse nie. 3. Gebrekkige tegniese kennis: Produsente het min of geen ondervinding van die produkte nie, in teenstelling met die gevestigde bedrywe waar die meeste produsente as’t ware “grootword” op ‘n plaas waar met die betrokke produk geboer word en kennis van een generasie na ‘n volgende oorgedra word. Die tegniese ondersteuningsdienste is ook nog nie so goed in plek soos by die gevestigde bedrywe waar organisasies soos Vinpro, DTD, IPV ens. produsente van inligting en bystand voorsien nie. 4. Geen ekonomie van skaal: Anders as by die gevestigde bedrywe waar produksie-eenhede al groter word met gepaardgaande skaalvoordele, plant die meeste toetreders tot alternatiewe produkte relatief min hektare per produk aan met die gevolg dat daar geen skaalvoordele is nie. As gevolg van bogenoemde probleme gebeur dit dikwels dat produsente met groot drome investeer in alternatiewe produkte net om later te besef hulle het ‘n dooie perd opgesaal. Dit beteken egter geensins dat daar nie ‘n plek is vir alternatiewe produkte in die landbou nie of dat sommige produsente nie goeie winste realiseer uit alternatiewe produkte nie. Dit vereis net van elke potensiële produsent van alternatiewe produkte dat hy sy huiswerk (finansiëel en tegnies) oor die betrokke produk deeglik sal doen, sal besin hoe dit inpas by sy huidige situasie en dan eers ‘n besluit sal neem. Nadat die besluit geneem is moet hy voortdurend probeer om meer te leer oor die produk en aanvaar dat daar ‘n mate van “skoolgeld” betrokke sal wees. Artikel deur Arnand Stofberg. 14 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010


Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

Oordraagbaarheid van ’n onbenutte boedelbelastingkorting ‘n Outomatiese boedelbelastingkorting ten bedrae van R 3.5 miljoen is tans kragtens die Boedelbelastingwet beskikbaar vir aftrekking teen die netto belasbare waarde van ‘n bestorwe boedel. In die verlede (voor 1 Januarie 2010) was enige onbenutte gedeelte van sodanige R 3.5 miljoen – korting nie oordraagbaar aan die langslewende gade se bestorwe boedel nie. Derhalwe is strukture soos byvoorbeeld die trustmeganisme aangewend om bates van nagenoeg R 7 miljoen (d.i. R 3.5 miljoen per gade) boedelbelastingvry aan egpare se kinders beskikbaar te stel. Instandhouding van trustmeganismes in hierdie verband kan egter wesenlike nakomingskostes meebring. Kragtens ‘n toepaslike wysiging van die Boedelbelastingwet sal oordrag van enige ongebruikte gedeelte van die R 3.5 miljoen – korting in die vooroorlede gade se bestorwe boedel na die langslewende gade se bestorwe boedel moontlik wees. Dit volg dus dat die boedel van die langslewende gade in aanmerking kom vir ‘n dubbele aftrekking (R 7 miljoen = R 3.5 miljoen x 2) met die langslewende gade se afsterwe, minus enige gedeelte van die boedelbelastingkorting wat reeds in die vooroorlede gade se boedel benut was. Enige benutte gedeelte van die boedelbelastingkorting in die tersaaklike samehang sal nie R 3.5 miljoen te bowe mag gaan nie. Dit behoort ook in gedagte gehou te word dat die eksekuteur van die langslewende gade se bestorwe boedel in hierdie opsig in staat sal moet wees om te kan bewys watter gedeelte indien enige van die relevante R 3.5 miljoen - korting in die vooroorlede gade se boedel benut was. Hiervoor sal dit noodsaaklik wees om die boedelbelastingopgawe rakende die vooroorlede gade se boedel byderhand te hou. Wysiging van die Boedelbelastingwet in die onderhawige verband geld dus vir die boedel van enige persoon wat op of na 1 Januarie 2010 tot sterwe kom. Artikel deur Erick Marx

SUCCESSION PLANNING AND WILLS Individuals running their own businesses should do succession planning on a regular basis. What’s going to happen in case of your sudden death should be planned and communicated to your immediate family members and senior management. At Boshoff Visser we can assist you with preparing a succession plan and the drawing up of your will in order to give effect to such succession plan.

15 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010


Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

RESIDENTIAL PROPERTY IN PERSPECTIVE/RESIDENSIËLE EIENDOMSMARK IN PERSPEKTIEF Gedurende ons nuusbrief van 2009 is berig oor die geweldige druk waaronder die residensiëIe eiendomsmark verkeer. Redes hiervoor is ‘n verskeidenheid van faktore, maar wat grootliks aan die resessie, instelling van die nasionale Kredietwet, ‘n ooraanbod van huisvesting en die opdroog van kredietverskaffing toegeskryf kan word.

Jaar

Bouplanne Goedgekeur

Bou-aktiwiteite

Prima Uitleenkoers

2000

22.1%

-4.9%

14.5%

2001

3.0%

12.0%

13.75% - 13.0%

2002

15.4%

28.8%

14.0% - 17.0%

2003

13.5%

5.4%

15.5% - 11.5%

2004

39.6%

33.7%

11.0%

2005

44.0%

49.1%

10.5%

2006

6.4%

-2.1%

11.0% - 12.5%

2007

4.4%

22.5%

13.0% - 14.5%

2008

-17.8%

-8.9%

15.0% - 15.5%

2009

-36.5%

-18.0%

14.0% - 10.5%

Oormagtige Bou-aktiwiteite

12

Versadigde Mark

9

3

Stygende Huurinkomste

Inperking van Kredietvoorsiening Verminderde Bou-aktiwiteite Verlaagde Kredietvoorsiening

6

Stabiliserende Huurinkomste Stygende Kopervraag Minimale Bou-aktiwiteite

Grafiek 1 Die Eiendomshorlosie

Verlaging in Huurinkomste

Kreditvoorsiening Beskikbaar

Herstel

In tabel 1 kan u duidelik sien dat nuwe goedgekeurde bouplanne en bouaktiwiteite vir die tweede jaar ‘n geweldige afname toon. Hierdie afname is desnieteenstaande die feit dat die prima uitleenkoers die laagste die afgelope 10 jaar is en die banke besig is om hul kredietverlening stadig maar seker te verslap.

Oorverhitte Eiendomsmark

Ooraanbod van Kredietvoorsiening Toename in Bou-aktiwiteite

Tabel 1 Bron: Statistiek SA

Resessie

Grafiek 1 dui ‘n eiendomshorlosie aan en poog om te verduidelik in watter siklus elke eiendoms-bateklas is. U kan sien dat die residensiëIe eiendomsmark voorloop wat die herstel van pryse betref. Indien hierdie saamgelees word met tabel 1 kan beleggers dit sterk oorweeg om residensiële eiendomme te koop vir verhuring. Artikel deur Kobus Lourens

TAX ADVICE Proper tax planning, whether it is Income Tax, VAT, Estate Duty, Capital Gains Tax or Transfer Duty, can save you a lot of money. To enter into any business transaction without considering the full tax implications, can be very costly. At Boshoff Visser we can assist you on an ongoing basis to minimise your tax liability by doing proper planning throughout the financial year. When it comes to an important business transaction, please consult with us to assist in structuring the deal tax efficiently.

16 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010


Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

SOCIAL PAGES/ SOSIALE BLADSYE

NATIONAL BA NDANA

L DAE A B L RO

RUGBY DAY ! 17 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

DAY!


Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en FinansiĂŤle Dienste

KRIEKET DAG OP NEWLANDS!

BOSH OFF V ISSER VLAK TE M ARAT HON

BOSHOFF VISSER STEAKHOUSE BY DIE MEGAWEEK

Events happening in 2010 MAY: 15 22

Rugby Day: Stormers VS Bulls Swellendam Primary School Sports Day

AUGUST: 6, 7 Canola WAF 21 Langenhoven Interschools Sports Day

SEPTEMBER: 10 Bandana Day 15-18 Megaweek in Bredasdorp OCTOBER: 2 Voet of Africa Marathon 9 Cancer Relay in Heidelberg NOVEMBER: 6 4x4 Rally in Worcester 27 Vlakte Marathon

18 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010


CONTACT/ KONTAK Branches Bellville 021 914 9604 bellville@boshoffvisser.co.za Bredasdorp 028 424 2840 bredasdorp@boshoffvisser.co.za Caledon 028 212 1159 caledon@boshoffvisser.co.za George 044 802 5700 george@boshoffvisser.co.za Grabouw 021 859 2834 grabouw@boshoffvisser.co.za Heidelberg 028 722 8040 heidelberg@boshoffvisser.co.za findiens@boshoffvisser.co.za Mossel Bay 044 601 8600 mosselbay@boshoffvisser.co.za Paarl 021 872 5306 paarl@boshoffvisser.co.za Riversdale 028 713 1072 riversdal@boshoffvisser.co.za Still Bay 028 754 2009 stilbaai@boshoffvisser.co.za Swellendam 028 514 1102 swellendam@boshoffvisser.co.za Strand 021 853 2585 anton@boshoffvisser.co.za Upington 054 332 1912 hermien@tophouse.co.za Worcester 023 342 2374 worcester@boshoffvisser.co.za

Short-term Insurance Heidelberg en Witsand Flip Groenewald | 028 514 8050 Mossel Bay 044 601 8600 mosselbay@boshoffvisser.co.za Paarl Adel van der Westhuizen | 021 872 5306 Riversdale Anton Stroebel | 021 853 2585 Stilbaai Belinda Mostert | Bert Kleinhans 028 754 2009 Strand Anton Stroebel | 021 853 2585 Swellendam Marco Jordaan | Kearney Theron 028 514 1102 Upington 054 332 1912 | hermien@tophouse.co.za Mediese Fonds Karin Theron by 028 514 1102, of epos karintheron@boshoffvisser.co.za; Anel Heyns by 028 514 1102, of epos anel@boshoffvisser.co.za Risiko versekering Fanie Nel by 021 914 9604, of epos fanie@boshoffvisser.co.za Francois Snyman by 028 713 1072, of epos francois@boshoffvisser.co.za Beleggings Kobus Lourens by 028 514 8052, of epos kobus@boshoffvisser.co.za ; Guillaume Oberholzer by 028 514 1102, of epos g@boshoffvisser.co.za ; Eugene van Rensburg by 023 342 2374, of epos eugene@boshoffvisser.co.za Finansiering Kobus Wolmarans by 044 871 4519, of epos wollie@boshoffvisser.co.za ; Lappies Labuschagne by 044 871 4519, of epos lappies@boshoffvisser.co.za


Boshoff Visser Plus