Issuu on Google+

www.nglynnwood.co.za

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood - Winter 2012

Liefde en die hart Immanuel van Tonder

So paar maande gelede stap ek kerk toe om die aanddiens waar te neem. Terwyl ek nog met die boodskap van die diens in my kop rondspeel sien ek iets baie verrassend. Reg voor my is ’n hartvorm in die wolke! Gelukkig kon my selfoon die boodskap vasvang. Die vorm van ’n hart (♥) was lank ’n simbool wat verwys het na die geestelike, emosionele, morele en intellektuele kern van ’n mens. Daar is wyd geglo dat die hart die setel

van die menslike siel is en vandag nog word die woord “hart” poëties gebruik om te verwys na ons diepste wese. Die simbool het ál meer die inhoud en konsep van liefde begin verteenwoordig. Die Rooms-Katolieke geloof gebruik ook die Sacred Heart as simbool van wat Jesus vir ons uit liefde kom doen het. Aristoteles het die hart beskou as die middelpunt van alle emosies. Almal wat al hartseer ervaar het, ken die seer wat in jou hart kom sit. As mens

bekommerd is voel jy ’n benoude drukking in die middel van jou borskas. Wanneer iemand opgewonde is, klop jou hart vinniger. Dit is dus natuurlik om die hart te assosieer met passie – geen wonder dat veral die hartvorm en rooi kleur geassosieer word met romantiese liefde nie – ons Vervolg op p3

Tot Weersiens: Met Liefde Vier jaar gelede het die belofte van ’n avontuur en ontdekkingsreis van Kuwait se ryk tradisies en verskeidenheid aan Pieter en Daleen se deur kom klop en het hulle dit van die hand gewys, maar hierdie jaar lyk die prentjie anders. Met Pieter se aftrede en hul gevolglike verhuising na hul eie plek in die stad het die moontlikheid om hul droom te bewaarheid realiteit geword en kan hul avontuur nou afskop! Kuwait is ’n klein staat aan die kus van die Persiese golf, een en ’n half uur se vlug vanaf Dubai, en bestaan uit 4 miljoen inwoners – 1.2 miljoen Kuwaitiese burgers en die res hiervan buitelanders. Daar is godsdiensvryheid in Kuwait, en van Islam tot Koptiese kerke en ook die Christen-geloof vind hier ’n plekkie: ongeveer 10-15% van Kuwait se bevolking is dan ook Christene. Hierdie is ’n wonderlike stad waar moderne winkels en die souks (antieke markte) saamsmelt, en avontuurlustiges kan die Vervolg op p3

Daleen en Pieter Oosthuizen

GENERASIE BYLAAG LEES BINNE: NUWE My laaste laaste Comrades p4 Kinderblad - p9

Winter 2012 LYNNWOORDE 1


www.nglynnwood.co.za

DAGBOEK

22 Julie: Senior kategese begin met `n grootgroep saam met Geopende Deure 29 Julie: Emeritaat van Pieter Oosthuizen [09:00] 3 – 5 Augustus: Hoërskoolkamp 6 – 7 Augustus: Ringsitting 18 Augustus: Nuwe Generasie: Ontdek die middestad saam met PEN 19 Augustus: Kanselruiling Nuwe Lidmate-tee 26 Augustus: Belydenisaflegging 31 Augustus – 2 September: Lynnwood Lente Kuier Karnaval! Vrydag: Jukebox Kuieraand Saterdag: Kuier Karnaval Sondag: Lente-oggenddiens en -tee 7 September: Nuwe Generasie uitreik 30 September – 5 Oktober: Y-Netwerk Seekamp 19 – 21 Oktober: Gesinskamp 24 Oktober: Gemeentevroue Lentekuieraand 28 Oktober: Hervormingsfees Nuwe Lidmate-tee 4 November: Kerssangdiens (Gesinskerk) 11 November: Aand-Kerssangdiens (Kerk) 18 November: Kerssangdiens (Kerk) Kerstee

2 LYNNWOORDE Winter 2012

Redaksioneel Redaksie Redaksie Immanuel van Tonder Leonie du Bruyn Gereelde medewerkers Peet Crous Fay van Eeden Sanri Malan Doret Müller Valize Scholtz Erika Theron Lindy Jordaan Ontwerp Fearika Heyns

Kontak-inligting Kerkkantoor 012 348 1245

kerkkantoor@nglynnwood.co.za

Kosters Pieter Schoeman (dagkoster) 082 771 8988 Frikan Erwee (na-ure koster) 083 603 4961 Kombuis (breekgoed, eetgerei, tafeldoeke, ens) Maretha Brits 073 267 7019 Bankbesonderhede: NG Gemeente Lynnwood, ABSA Brooklyn Court (632005), Rek nr 540 580 014

Om nuusbriewe en artikels van die leraarspan te lees, gaan na www.nglynnwood.co.za. Daar kan jy kommentaar lewer en saamgesels met die leraars, bedieningspan en ander gemeentelede. Die redaksie onderskryf nie noodwendig die mening van medewerkers nie en het die reg om berigte en briewe te verkort en redaksioneel te versorg.

“Brr, dis nou sommer winter!”... ’n algemene stelling wat mens deesdae hoor. En soos alles wat mens gereeld hoor en vinnig aan gewoond raak, is dit ook sommer gou ou nuus. Stating the obvious, sê die jonges tong in die kies! “Baie soos liefde”, peins ek en my vingers raak stil op die keyboard. Mens raak so gewoond aan die veronderstelling van hoe liefde behoort te lyk en dan word dit nog so veralgemeen en deur die media en ervaringe rondom ons misbruik, dat mens gedink het jy’s goed bekend met dié prentjie. Maar in ’n deurmekaar samelewing het die beeld vir party mense ongelukkig al heeltemal skeef getrek en sommiges het selfs afgestomp geraak wanneer dit by liefde kom. Ons kwartaal se tema is mos juis liefde. Ons boodskap is ver van die “valentyn-en-rooihartsjokolade”-idee waaraan ons so gewoond geraak het, maar dis ook nie die ou ge-ykte weergawe wat al as vanselfsprekend aanvaar word nie. Nee, hierdie liefde is God se liefde en om dit werklik te ervaar en deel te maak van jou hart en dit te waardeer moet jy uit-en-uit in God se idée van liefde inkoop! Hierdie liefde is ons redding, want God het jou, my en die mense om ons geskep en Jesus het gesterf sodat ons elkeen tot in ewigheid deel van sy Koninkryk kan wees. Sy Koninkryk van liefde. Hierdie liefde ervaar en waardeer mens wanneer jy hande gevat het in eenwees met die gevolglike dien deur te doen en uit te reik (mét liefde en ín liefde) vir jouself, na jou medemens en God.


vanaf p1

When the evening of this life comes, we shall be judged on Love – St John of the Cross

Vanaf p1 Vanaf p1

sien dit oral op Valentynsdag kaartjies, lekkergoedbokse en juwele as ’n simbool van romantiese liefde. Die tema van ons gemeente se derde kwartaal is ook ’n hart en jy word uitgenooi om opnuut die wese van God, naamlik passievolle LIEFDE, te ontdek. Liefde vra dat jy iets prysgee: jou tyd, aandag, energie, besittings, jou hart! As jy jou lewe wil behou sal jy dit verloor, maar as jy kan gee, sal jy ontvang; meer as wat

Ek werk verder deur die bydraes vir samestelling van dié blad en beleef elke keer ’n ander faset van liefde. ’n Lekker warm gevoel krul homself op en kom lê vol vrede in my hart en ek dink: dís mos God se idee van liefde waarvan almal hier praat! Ek wil dit beklemtoon en dit beteken ek gaan die woord liefde oral herhaal om dit deel te maak van jou ervaring van ons boodskap. Maak dit sommer deel van jou woordeskat... Ek word ook bewus van mense se passie soos wat ek verder lees en hoe die liefde gewone mense dryf om wonderlike en merkwaardige dinge te vermag in hul omgewing, met ongelooflike gevolge vir hulle

jy ooit kan gee. Johannes het gesê as jy wil weet of iemand God liefhet moet jy kyk of hy/sy die mense om hulle liefhet. Dit word asemrowend mooi gestel in 1 Joh 4:16-20. Waar daar liefde en deernis is, daar is God die Heer! Ons kerkgebou laat my dink aan ’n hart. Dit is my groot, groot droom dat ons gemeente bekend sal staan as ’n gemeente met ’n hart vir mense! Maak jou lewe hierdie kwartaal oop vir die wonder van die Liefde! medemens en ook hulself. Maak jou hart sommer wyd oop vir ’n vars bries van liefde – ook vir jouself. Jesus leer ons: wees lief vir jouself en almal om jou sal daarby baat. In hierdie uitgawe groet ons met ’n seer hart vir Ds. Pieter en Daleen Oosthuizen, maar wens hulle ook alles van die beste toe met liefde (natuurlik). Ons dagboek is vol interessante en lekker dinge en ons hoop dat jy gaan kom deel in al die bedrywighede. Mag Lynnwoorde jou in hierdie kwartaal van liefde inspireer. Leonie du Bruyn

Kommunikasie Bediening

Tot Weersiens: Met Liefde ou Arabiese wêreld ontdek en die onmiskenbare geure, reuke en disse deel maak van die ervaring van ’n leeftyd. Geen wonder Pieter en Daleen se oë begin sommer blink as hulle oor hulle komende reis begin uitwei nie! Die geleentheid om in Kuwait te gaan woon en werk word aan hulle gebied deur Alghanim Industries, die maatskappy waar Daleen al 4 jaar as konsultant werk. Die maatskappy bied tans werk aan 12 000 werknemers wat uit 64 nasionaliteite bestaan. Pieter sal egter nie te lank op sy louere rus nie – hy beplan om die tientalle moontlikhede wat Kuwait bied rustig te ondersoek. Vishandel is groot in Kuwait, so Pieter sal goed hier aard. Hul vlug vertrek 22 Augustus en hulle beplan om vir 2 maande in ’n gastehuis tuis te gaan terwyl hulle na permanente akkommodasie soek. Die plan is om 3 jaar daar te woon en om dan terug te keer na Suid Afrika en hul weer in Pretoria te kom vestig. Ons sê dus nie vaarwel nie, net “totsiens tot weersiens”! Ons hoop is dat Kuwait Pieter en Daleen se lewens sal verryk en vul met al sy ou en nuwe skatte. Liefde van Lynnwood gemeente...

Winter 2012 LYNNWOORDE 3


In die gemeente: My laaste laaste laaste COMRADES Lindy Jordaan

Vir my wat sukkel om te verstaan hoe enige iemand draf as lekker kan beskou, was ’n geselsie met Alta Pienaar ’n heerlike en inspirerende kuiersessie. Alta het op 45 haar 10de en “laaste” Comrades gehardloop. Na tien jaar se deelname aan hierdie maraton ontvang jy ’n groen nommer en word jou nommer ’n permanente nommer. Vir Alta was dit ’n goeie tyd om te sê: “genoeg is nou genoeg”! Toe haar oudste seun egter sê dat Ma dan belowe het om sy eerste Comrades saam met hom te voltooi het Alta se wilskrag gewankel, en het sy ingestem om op die ouderdom van 50 haar 11de Comrades aan te pak – in haar groen nommer. Haar seun het egter tydens die Two Oceans ’n besering opgedoen en kon nie aan die Comrades deelneem nie. Alta sê sy kan nie glo hoe ver die afstand gedurende die laaste 5 jaar begin voel het nie... Alta is al van 1994 af deel van ’n drafgroep op Saterdae, en die groep is al vir 18 jaar vriende. Alta se man Pieter en sy broer Appie Pienaar behoort ook aan die groep en het onderskeidelik hulle 14de en 3de Comrades hierdie jaar voltooi. Tydens my en Alta se kuier het ek vinnig agtergekom dat draf en Comrades deel is van ’n wêreld waarvan ons gewone sterflinge niks van weet nie. ’n Klomp sêgoed het van Alta se tong af gerol en al die tegniese terme het my ook sprakeloos gelaat. Een voorwaarde om deel te neem aan die Comrades is byvoorbeeld dat jy tussen Januarie en Junie ongeveer 1600km moet aflê. Alta-hulle het egter net 3 dae per week gedraf, maar die ander 2 tot 3 dae baie kilometers op hulle bergfietse afgelê. Vir Alta was die afskop van die Comrades waartydens die liedjie Chariots of Fire gespeel word, baie emosioneel. As almal daarna saam die Nasionale Lied sing, kry

4 LYNNWOORDE Winter 2012

WESPOORT Irma Swanepoel

Liewe Gemeente Namens Wespoort Voeding en Uitreikprojek ’n groot dankie vir die afgelope 20 jaar se ondersteuning en lekker saamwerk. Die projek ondersteun tans 60 gesinne in nood en verskaf elke week ’n kospakkie aan hierdie gesinne. Dankie vir elke gemeentelid wat getrou die oranje sakke vul met kruideniersware en terugstuur Wespoort toe. Die nood in die Danville gemeenskap is baie groot, en in die wintertyd is die swaarkry net soveel erger. mens sommer hoendervleis! Volgens Alta is die gevoel van eenheid onder al die hardlopers ongelooflik en op daardie oomblik is daar geen onderskeid tussen ras, ouderdom of geslag nie. As ek en ’n vriendin weekliks stap maak ons maar beurte om te gesels teen die opdraandes, maar volgens Alta is die kuier tydens ’n drafsessie vir haar een van die lekkerste dinge van die sport. Mens staan verwonderd oor die menslike liggaam en wat mens fisies kan bereik, maar ná 60km raak dit maar stil om mens... Dan is dit jy en jou gedagtes; gedagtes wat maar baie bid en lááng gesprekke met God insluit. Vir my is die paralelle lyne tussen die Comrades en ’n lewe vol liefde opmerklik. Die gevoel van eenheid, vriendskappe wat gesmee word en mense wat mekaar ondersteun en baie dinge draagbaar maak. Die inkeer wat ons almal weet nodig is om weer jou kragte op te bou as dit swaar gaan. Stilword tye. En dan die tye waar jy nie weet hoe jy dit menslik kan maak nie, maar as jy terugkyk net een ry spore sien. Alta vertel my dat daar ’n bekende sêding onder die Comrades atlete is: “Jou eerste Comrades hardloop jy eenkeer, maar jou laaste Comrades hardloop jy ’n paar keer.” Sy is egter vasbeslote dat dit haar laaste een was en dat sy nou gaan optree volgens haar ouderdom. Maar wie weet wat vir 2013 wag.


Dinsdae skakel almal wat deel is van die projek in by werkskeppingsgroepe en so leer baie vroue vaardighede aan waarmee hulle dan kan woeker en ’n inkomste verdien. Produkte wat vervaardig word in die groepe word verkoop om weer kos te kan koop vir die voedingskema.

maaltyd en word voorsien van warm klere in die winter, asook komberse en ander behoeftes, byvoorbeeld arbeid- en spraakterapie.

Vrydae word kospakkies uitgedeel en ontwikkelingslesings aangebied aan al die mense. Die Universiteit van Pretoria se fisioterapeut studente skakel in en bied relevante en insiggewende inligtingsessies aan vir almal.

l

Die speelgroepie Hasie se Holte bestaan tans uit 36 kinders vanaf die ouderdomme van 3-6 jaar. Hier word gefokus op skoolgereedmaking asook die algemene versorging van die kinders. Kleuters ontvang daagliks ’n

Die projek se behoeftes is tans die volgende: l l

Ou klere Ou meubels en huisware Nie-bederfbare voedsel soos volg:

Tee; koffie; soja; blikkies vis; blikkiesvleis (beef); blikkies groente; meel; koekmeel; rys; macaroni; suiker; droë bone; olie; konfyt; grondboontjiebotter; jellie; badseep (koekies); tandepasta; toiletpapier; sjampoe; skottelgoedseep; skoonmaakmiddels

GEMEENTEVROUE SE WERK VAN LIEFDE Nerine Ahlers Dankie vir die warm baadjies en die broodjies elke Dinsdag en die..” Toe ek die drie rytjies Wespoort kleuterskoolkinders voor in die kerk sien staan, warm toegewikkel in hulle baadjies wat Bettie-hulle gekoop of bymekaar gemaak het, en ooglopend trots om vir die gemeente te kan sing, besef ek weer: ons hoef nie die wêreld te verander nie. Maar wat elkeen van ons wel kan doen is om ’n verskil in mense se lewens te maak. Almal gee nie op dieselfde manier nie; party gee geld, ander gebruik hul vaardighede om by te dra, ander gee tyd, ander gee hulleself. Soms voel dit egter asof die geweldige nood oral om ons heeltemal te groot is, en oorweldig dit ons. Juis dán moet jy inspring en ’n verskil maak daar waar jy nodig is en waar jy voel jy hoort – of dit by die werk, langs die straat of by jou eie huis is. God sal deur sy liefde vir jou duidelik maak waar jy benodig word. Dit laat my dink aan die staaltjie van die man wat honderde seesterre wat op die strand uitgespoel het weer begin teruggooi het in die see. “Hoekom doen jy dit? Dis onmoontlik om hulle almal te red”, het iemand vir hom gesê. “Ek weet”, was sy antwoord, “maar vir elkeen wat ek teruggooi, gee ek nog ’n kans en is dit die verskil tussen lewe en dood.” Die beeld van die vroue in ons gemeente en hulle status en rol het geweldig verander en gegroei tydens die laaste vyftig jaar. Ons het gegroei van die Bond van Dienaresse in 1970 wat vir die koffie en verversings by die kerkraadsvergaderings verantwoordelik was, tot Gemeentevroue in 2012 wat self kerkraadslede is, en ’n vrouepredikant vir die Lynnwood gemeente op die koop toe ook! Ons sien ’n verandering in die rol van vrouens wat grotendeels beperk was tot betrokkenheid by die huis en gesin tot beroepsvroue wat, saam met die rol van vrou

en moeder, die pot aan die kook help hou. ’n Hele aantal vrouens ondersteun ons eie of ander gemeentes se uitreik projekte; ander vroue maak ’n verskil deur hulp te verleen aan die gasvryheidsbediening. Sommige vroue, soos Carina en die dames wat haar ondersteun, doen alles in hulle vermoë om vir diegene soos hierdie rytjie kinders voor in die kerk ’n kans in die lewe te bied. Daar is ’n legio vrouens wat Dinsdae broodjies vir Wespoort voorberei, of Sondae sakke met kruideniersware vir Wespoort of Mabopane bring, of hulp by Tabita of Ratanang verleen; wat begrafnisbroodjies maak of Sondae kom help teeskink, wat blokke vir komberse brei of tekenpapier en tydskrifte vir die kleuterskole bymekaarmaak; wat by Pen betrokke raak of vir Rosemary by Jakaranda Kinderhuis help, of kerrie en rys vir die uitreik voorberei... Elkeen verrig haar liefdestaak waar hulle voel hulle ’n verskil kan maak: of dit by die huis of by die werk is, is irrelevant – ons word deur liefde in aksie, woord en daad omring. “En as jy iets nodig het... vra net vir Jesus”, sing die kinders verder. En ek besef opnuut die verantwoordelikheid wat ons het ten spyte van dit waarby ons reeds betrokke is. Verantwoordelikhede wat in liefde opgesluit lê. Dat die Here se goedheid en genade en liefde in ons lewens so groot is dat ons dit nie vir onsself kan hou nie. Dat ons dit nog méér tasbaar moet uitleef. Daar is soveel geleenthede waar ons vir iemand iets kan beteken, veral wanneer ons bewus word van wat ’n onverwagte goeie daad of ondersteuning in ’n krisis vir iemand kan beteken. Ons laat soveel geleenthede om iets vir iemand te beteken ongemerk by ons verbygaan. Geleenthede wat juis in hierdie konteks so ’n groot impak het of kon maak. Kom ons wees vandag – en elke dag – spesiaal op die uitkyk daarvoor en leef ons liefde prakties uit!

Winter 2012 LYNNWOORDE 5


In die gemeente: CARINA GOOSEN: DIE VROU AGTER MABOPANE Doret Müller As ons dink aan liefde, dan dink ons dadelik aan ons families en om saam met mense te wees wat regtig vir ons omgee; daardie mense wat die warmte in ons wintermaande is. Dit laat my wonder of liefde nie nog ’n dimensie het nie, en of óns liefde nie soms die warmte kan wees in ánder mense se wintermaande ook nie. Nuwe Generasie wou bietjie gesels met iemand met so ’n passie wat binne hulle brand. Agt jaar gelede het ’n merkwaardige vrou in Pretoria ’n koerantberig gelees oor ’n ander merkwaardige vrou in Mabopane, in die noorde van Gauteng. Nadat Carina Goosen van Mama Mary en haar drie-slaapkamer shelter gelees het, kon sy nie anders as om haar te gaan ontmoet nie. Die mense van Mabopane het sommer dadelik aan haar hart gevat en Carina, saam met Mama Mary, het begin met ’n projek wat Mabopane nooit weer dieselfde sou laat nie. Mama Mary en Carina, twee vroue van formaat, het hulle kragte saamgespan om hierdie projek – Mama Mary se breinkind – genaamd Ya Bana Village (Ya Bana beteken for the children) van die grond af op te kry, en hulle het nie geskroom vir enige iemand of enige uitdaging nie. Daar word gefokus om die weerloses en kinders in nood te versamel in huishoudings waar hulle mekaar se families kan wees. Opgeleide huismoeders en spesifieke programme sorg dat daar na die kinders se emosionele, opvoedkundige, spirituele en kulturele behoeftes omgesien word. Die projek het ontwikkel en gevorder vanaf ’n enkele shelter in 2004 tot ’n stuk grond van 8 hektaar waarop die Ya Bana Village ontwikkelling vandag staan! Uiteindelik word daar beplan om die village uit te brei om ’n Early Learning Centre, ontspanningsfasiliteite, ’n jeug hostel en ’n mediese sentrum in te sluit. Ons almal het liefde nodig om deur die wintermaande te kom! Maar Carina het mense raakgesien wat liefde nodig gehad het, beide fisies en emosioneel, en daarom mense wat nie haar mense was nie, haar mense gemáák. Om hierdie projek aan te pak, deur te voer en al vir die afgelope 8 jaar te laat groei is nie die tipe ding wat mens on the side kan doen nie. Dit is iets wat alles van jou vra, dit is iets wat na jou hart vra. Op antwoord van ons vraag hoekom sy besluit het om uit te reik na hierdie mense, het Carina gereageer dat mens mos nie anders kan as om uit te reik wanneer jy sien dat daar mense is wat jou nodig het nie.

6 LYNNWOORDE Winter 2012

’n Merkwaardige vrou wat ons wys dat as Jesus Christus eers aan jou hart gevat het, mens nie anders kán as om jou lewe te verander en ander se lewens te verryk nie. Alles uit Sy liefde.

LYNNWOOD OORD WOONSTEL TE KOOP R540 000


BREEK-’n-BROODJIE OESFEES Rykie Snyman

Die Gemeentevroue het op Saterdag 19 Mei weer eens ’n besondere byeenkoms beleef. Ten spyte van vele skoolaktiwiteite waarby talle van Lynnwood se gemeentelede betrokke was, het ’n gesellige groep tóg die kerksaal gevul. Die tafels was in warm herfskleure getooi, en die koperhouers met herfs blomme- en blarerangskikkings het bygedra tot ’n feestelike stemming. Quintus Smit, ’n ou bekende hier by ons, was die spreker, en om te hoor van die ongelooflike belangrike en interessante werk wat hy tans in Afrika verrig het ons almal ge-inspireer. Quintus skakel met verskeie Afrika-regerings en bied anti-korrupsie sowel as leierskap-opleiding aan. Na afloop van die praatjie het ons met hom gesels en was dit verblydend om by hom te hoor dat hy in die lande aanvaar word, en dat hulle baie gretig is om by hom te leer. Hy is ’n besondere persoon en ’n groot kundige in sy gebied, en hy sal beslis vir Afrika in hierdie tyd baie beteken. Die tema van Quintus se aanbieding was “Vier die lewe” en om te hoor in watter positiewe wyse hy alles wat hy doen aanpak, het almal beïndruk. Die vraag “Hoe vier ons die lewe?” het hy soos volg beantwoord: ons is almal op reis in ons lewens en daar is ’n paar waarhede wat vir elke mens geld. Om vrede te maak met jou eie sterflikheid is ongelooflik belangrik omdat jy juis dan besef dat jy al die moontlike geleenthede om jouself te verbeter en geluk te vind, moet gebruik – geeneen van ons weet wanneer ons gaan sterf nie. Om voluit te lewe het mens volhoubare energie nodig, en jy genereer dit deur jou deelname aan die lewe – ’n ewige sirkel! Ons moet bewus wees van wie ons is, waar ons woon; kortom, tel jou seëninge en fokus daarop – uit jou dankbaarheid put jy energie vir ’n sinvolle lewe vol van God se liefde. Christus het immers gesê dat Hy gekom het sodat ons die lewe in oorvloed kan hê!

vind waarvan hy hou! Hierna het almal gesellig verkeer en het ons gesmul aan die heerlike verskeidenheid brode, kase en vrugte. Die gesprekke rondom die tafels het bewys gelewer van hoe waardevol die praatjie vir almal was – elkeen was van plan om te “vreugdefiseer”, “intensifeer” en te “selebreer” met God se liefde wat ons lei in elke aspek!

Quintus het daarop gewys dat slegs 11% van die wêreld se populasie meer as R7 000 per maand verdien, en hulle is die rykstes. Die oorblywende 89% verdien veel minder. Dink ’n bietjie aan hierdie mense se lot en vergelyk dit met jou lewe – jy sal definitief jou seëninge begin tel! Almal van ons het ’n lewensverhaal en almal beleef soms hartseer, maar fokus eerder op dit wat goed en sinvol was wanneer jy terugkyk. Die lewe kan gevier word deur te konsentreer op 3 aspekte. Die eerste aspek vra dat jy dinge “vreugdefiseer”. Beplan bewustelik dinge wat vir jou lekker is, byvoorbeeld ’n lekker ete saam met vriende. Laat jouself toe om die lekker kos en die samesyn te geniet en gebruik dit wat jy het – skep dus geleenthede waarvan jy hou. Die tweede aspek is om te “intensifeer”. Dit beteken om die lewe intens te ervaar: konsentreer op die eenvoudige, heerlike broodjie op jou bord, dink aan die aangename herinneringe uit jou lewe en geniet dit opnuut. Die derde aspek is om te “selebreer” (celebrate). Vier die lewe, luister na mooi musiek, lees ’n lekker boek... Neem ’n bewustlike besluit om die lewe te vier en voer dit uit met mening! Leonie Esterhuysen het Quintus namens ons almal bedank met die oorhandiging van ’n geskenk van olywe en goeie wyn – dankie aan Bettie Hamman wat moeite gedoen het om uit te

Winter 2012 LYNNWOORDE 7


BLOKKIES VOL LIEFDE GEBREI Pierrette Hamman Op ’n snerpende wintersdag, sit ek met ’n traan in my oog en ’n lied in my hart. Verwonderd beleef ek Bettie en Pat se samesyn in koesterende sonskyn hier agter die venster ruit, gedrapeer en omring met vrolik veelkleurige komberse.

Baie dankie aan almal wat by die komberse-projek betrokke is.

Pat Potgieter, ’n Alzheimer gediagnoseerde; menslik gesproke vir familie en samelewing “verlore”; rustig, glimlaggend, geselsend, al breiende aan kombersblokke. Nie wetend waarvandaan of waarheen. Kosbaar hoe haar man Jan, omsien na die presiesheid van elke blokkie! My traan; in die môres dalk ek, jy? My lied; dankie Vader dat U so in beheer van ons lewens bly!

Brein Gimnastiek Op Be Dementia Free se webwerf (www.be-dementiafree.com) is ’n interessante artikel oor hoe regterbrein aktwiteite/speletjies kan help om siektes soos byvoorbeeld Alzheimer se Siekte en ander vorme van demensie te voorkom. Dr. James Craine verskaf ’n lys van verskeie aktiwiteite wat voordelig is vir die stimulasie van jou geheue. Daar word onder andere melding gemaak van musiekterapie, meditasie, die voltooi van blokkiesraaisels en ook Sudoku, wat geweldig gegroei het in populariteit. Die karakter Forest Gump het in die rolprent die spyker op die kop geslaan toe hy die frase “for no particular reason” die lig laat sien het – partykeer moet mens sommer net iets doen omdat jy lief is daarvoor en om geen ander spesifieke rede nie! Ons kopspeletjie is spesiaal vir die van julle wat graag knus onder ’n kombers, in die sonnetjie of voor die kaggelvuur wil opkrul vir die lekkerte en sommer om “kop” te hou ook!

Voltooi die rooster sodat elke ry, elke kolom en elke 3 x 3 vierkant die syfers 1 – 9 beslaan sonder dat enige syfer herhaal word. Bel of epos gerus (leonie@nglynnwood. co.za) as jy vashaak, maar ons daag elkeen uit om hulle koppe te gebruik!

8 LYNNWOORDE Winter 2012

SUDOKU


VIR DIE LIEFDE VAN DIE SAAK Sanri Malan

As jy aan Johan en Marietjie dink is dit duidelik dat liefde vir hierdie 2 “T Y D” spel! Hulle is reeds 4 jaar betrokke by die kinderkerk en steeds doen hulle dit met groot passie en liefde. Hulle liefde vir die Here is hul motivering en energiebron: “Ons doen waarvoor ons lief is; dit is die talente wat die Here vir ons gegee het, it comes naturally”! Johan en Marietjie is ’n goed ge-oliede span, en met Marietjie se “juffrou” talente en Johan se tegniese aanleg dra hulle die boodskap en waarheid van God se liefde met groot sukses aan die kinders oor. Hulle betrokkenheid by die kinderkerk het begin as ’n opdrag wat die Here hulle op die hart gedruk het. Hulle poog om die kinders te leer en te lei, maar Johan en Marietjie leer soms baie meer by die kinders as andersom! Sondag vir Sondag word daar kosbare lewenslesse tussen groot en klein uitgeruill – wat ’n voorreg! Ek gaan kuier by die gedugte span om meer van hulle planne en aktiwiteite te hoor, en terwyl ons gesels wys Marietjie opgewonde vir my foto’s van hierdie spesiale groep kleuters wat 24/7 soos Christene leef in hulle doen en late. Na ’n rukkie se kuier by Marietjie oor ’n koppie koffie, wat ontwikkel het in sop en ’n broodjie en uiteindelik warm sjokolade (liefdevolle voedsel vir die siel!), het ek besef dat ’n gepaste opvoedkundige of tegniese agtergrond vir só ’n werk nie noodwendig genoeg is nie – ’n warm en oop hart is die deurslag. Marietjie se liefdevolle, borrelende persoonlikheid gekoppel met Johan se rustigheid het my dadelik laat tuis voel, en ek verstaan absoluut hoekom die kinderkerk so suksesvol is. Lynnwood gemeente is voorwaar geseën met die wonderlike werk wat hulle doen en die liefde wat hulle oral bring!

n ’n raad va s e s y w n ...en die dogtertjie: me u e t jo agtjarig r nie sê ek he , ewe el nie moet li ie bedo at jy n it d jy et w lief as edoel h r baie b jy s maar a jy dit somme t! ee et sê, mo t mense verg n sê, wa

Maar Jesus het gesê: “Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.”

Kinderblad

Verbind die kolletjies in elke prentjie en kyk of jy Jesus se boodskap in Mattheus 19:14 kan sien!

’n Gesin se bejaarde buurman het onlangs sy vrou aan die dood afgestaan. Toe die vierjarige seuntjie die ou man op die stoep sien sit en huil het hy na hom gestap, saggies op sy skoot geklim en net vir ’n ruk stil daar bly sit. Sy mammie het dit deur die kombuisvenster gesien en toe hy terugkom het sy hom gevra wat hy dan vir die ou man gesê het. Sy antwoord: “niks, ek het die oom net gehelp huil”.

’n Vierjari ge sê: liefd e is wannee r jou klein hondjie jo ug het jy hom esig lek al die hele d ag alleen gela at!

Winter 2012 LYNNWOORDE 9


“UNDER THE UNPREDICTABLE PLANT. AN EXPLORATION IN VOCATIONAL HOLINESS” Eugene Peterson Peet Crous

My vroegste herinnering aan lees is uitsluitlik positief. Ons het op Klerksdorp gebly in ’n aangename huis met ’n groot erf. My ouers het daarin geglo dat kinders ook werkies moet kry – gras sny of iets dergeliks. Tydens een van my ma se “werkieuitdeel-sessies” kon sy my nie kry nie. Ek het haar wel gehoor, maar het weggekruip in my pa se studeerkamer. My pa het ’n patryshout lessenaar gehad waar mens jou bene in die middel onder die blad kon indruk sonder dat dit sigbaar is van die ander kant. Daar was ek! Besig om die Afrikaanse Kinder Ensiklopedie se nommer 10 uitgawe te verslind. Jy sien, nommer 10 was die storieboek, en ek kon nie genoeg daarvan kry nie.

BOEKEBLAD

Vandag wil ek vertel van ’n boek waarvoor ek bereid is om weg te kruip wanneer ek dit lees; dalk wil my genoot in die eg ook werkies uitdeel... Die outeur van “Under the Unpredictable Plant. An Exploration in Vocational Holiness” is na alle waarskynlikheid aan baie mense bekend. Eugene H. Peterson is die vertaler van The Message – die Engelse eweknie van Die Boodskap. Peterson skryf ook gereeld oor die werk van predikante. Híerdie boek handel juis oor die werk en die vertrekpunt van die werk van leraars, maar moet vir geen oomblik reken dat slegs dominees hierby kan baat vind nie. In min of meer die helfte van die boek vra Peterson ’n uiters belangrike vraag rakende gebed: gebruik leraars gebed as ’n spirituele kommoditeit wat min tot niks te doen het met hulle persoonlike verhouding met God nie? In die praktyk sal dit beteken dat ’n dominee by ’n siekebed gaan bid omdat dit deel is van die professionele pakket, sonder dat gebed ’n rol in sy of haar

10 LYNNWOORDE Winter 2012

PRISMA WATER l

Gesuiwerde minerale water!

GEEN bakterieë, swaar metale, skadelike chemikalieë!

l

l

Bring jou eie houers en hervul vir net 80c per liter!

l

Suiweraars en filters te koop

l

Gebottelde water ook beskikbaar teen goeie pryse: 330ml @ R3-00 elk 500ml @ R3-50 elk 5 Liter @ R10-00 elk 10 Liter (met kraantjie) @ R130-00 elk 25 Liter (met kraantjie) @ R150-00 elk Dispenser hervullings @ R20-00 elk

Johan en Joan Kriek Lynburnstraat 69, Lynnwood Manor 012 365-2590 prismafin@wbs.co.za

persoonlike lewe speel. ’n Vraag van kritiese belang! Die outeur slaag daarin om die moderne verbruikersmentaliteit ’n bloedneus te gee. Verbruikersmentaliteit se vertrekpunt is: “I want it and I want it now!” Gelowiges pas dit ook maklik toe op gemeentes deur ’n soeke na vermaak en bevrediging van hul eie behoeftes in kerke. Sou dit mens se vertrekpunt wees, is geen gemeente op die langtermyn goed genoeg nie. Peterson se alternatief is een van diepte en ’n ernstige soeke na die wil van God. Dit is goed om te kyk waar die Here reeds werk en dan gehoorsaam daarby aansluiting te vind. Vir die van ons wat reken dat die lewe ’n lied is waarop ons laggend en eufories moet dans, sal Peterson se boek dalk bietjie swaar wees en net hopeloos te realisties. Vir die van ons wat die lewe as ’n lied beleef – ’n requiem – sal Peterson ons aanvanklik aanspreek omdat hy beeldryke taal gebruik om ’n probleem te beskryf, maar later kan die boek dalk net te positief wees vir die Requiemiete. Die rede hiervoor? Peterson keer terug na die basiese: dit waarmee dominees hulle mee besig moet hou. Maar wag eers, ek kan nie nou die geheim weggee nie. Lees gerus self die boek.


LIEFDE EN VREUGDE UIT DIE TUIN Net soos mense het plante ook liefde nodig, en sal hulle uitbundig blom as hulle ’n bietjie aandag kry! Hierdie tyd van die jaar het veral die rose in jou tuin jou hulp nodig, en dis nou die tyd om die struike te snoei ter voorbereiding van die komende lente.

Ek snoei ’n roos soos volg: l Verwyder ’n derde van die boonste groeisel. l Snoei alle dooie takke uit tot by sy basis en behou die jongste groen takke – ten minste 3. l Snoei hierdie tak net bokant ’n 5-blaar takkie wat na buite groei om sodoende ’n kelkvorm te bevorder. l Seël die gesnoeide gedeeltes met boom-seëlaar. l Spuit met kalkswael. Die bokant van die roos is nou gelukkig, nou kom ons by die wortels: l Voed die roos met Vigorosa en spit vars kompos om die wortels in – onthou dis die enigste tyd wat daar by die wortels van rose gekarring mag word. l Die laaste bietjie aandag wat nodig is, is ’n lekker dik

GEE SÓ OM VIR JOU JOUSELF

Barbara du Toit

laag boombas of neutdoppe wat die roosboom se voete warm hou en onkruid beheer. ’n Dankbare roos gee weer al die liefde wat hy (of sy!) ontvang het terug met hul ongelooflike blommeprag. Die winter hoef nie ’n kaal en bleek landskap te wees nie! Neem tyd uit jou besige dag en wandel in jou stadstuin om die prag van die blommende camelias, petunias en spierwit varkore te geniet. Tussen rotskoppies en kliprante pronk oranje en rooi aalwyne. Let op na die liggroen bas van die koorsboom se stam en geniet die strak lyne van ’n kaal boom teen die blou winterslig. Daar is soveel natuurlike prag rondom ons – geniet dit. Gee jou vriende warm liefde met ’n bossie blou viooltjies. Knyp die blomme met lang steeltjies af en hou styf bymekaar. Pluk 3 mooi groen blaartjies en sit dit buite om die stele net onder die blommetjies. Bind dit vas met ’n mooi lint en knip die stele skuins af – plaas die blomme nou in water totdat jy iemand se hart daarmee kan verheug!

Die winter is hier! Griep en verkoue is sinoniem met die winter. Maar wat is die verskil tussen die twee euwels?

Om griepsimptome te ignoreer en jouself te verwaarloos is gevaarlik, en is elke jaar die oorsaak van verskeie sterftes. Griepsimptome moenie onderskat word nie, en dit is beter om vroeg by die dokter uit te kom vir medikasie en die korrekte behandeling. In Mei, Junie en Julie sien dokters tot 40 grieppasiënte daagliks in hul spreekkamer!

Algemene simptome van verkoue is ’n toe neus, keelseer en loopneus. ’n Ligte hoes is ook dalk teenwoordig maar jy sal nie uitgeput, lyfseer of moeg wees nie. Koors en hoofpyn kom ook nie sommer voor as jy net verkoue het nie. Behandel jou verkoue met antihistamine, dekongestie medikasie en ’n ligte pynmiddel: alles oor-die-toonbankmedikasie wat by apteke beskikbaar is.

Brongitis en longontsteking pasiënte benodig baie keer hospitalisasie, en hoewel hier verskeie hospitale in die ooste van Pretoria is, is daar ’n skaarste aan beddens in die winter. Gelukkig werk ons praktyk saam met verskeie bekende spesialiste wat altyd behulpsaam is met bedverskaffing aan pasiënte wat hospitaalversorging benodig.

Griep is egter ’n perd van ’n ander kleur. Simptome van griep sluit gewoonlik koors, hoofpyn, moegheid, hoes en borskasongemak in, tesame met keelseer, lyfseer en ’n toe en/of loop neus. Moegheid lei dikwels tot die ontstaan van griep, en daaglikse vitamiene en minerale aanvullings is dus baie belangrik ten einde gesond te bly. Griepinspuitings is noodsaaklik in Maart en April, en opvolg-inspuitings in Augustus word aanbeveel vir ouer mense, swanger vroue, kinders onder 6 jaar, asook vigspasiënte.

Die moeilike ekonomiese tye waarin ons onsself bevind veroorsaak dat baie mense laer en goedkoper opsies kies by hulle mediese fonds, wat gevolglik gouer uitgeput raak. Om uitgawes te beperk word die dokter dus nie besoek wanneer dit nodig is nie. Dit is baie keer ’n groot fout, en om vroeër dokter toe te gaan eerder as later is ’n beter opsie. ’n Goeie wenk is om die spreekkamers sommer vroegoggend te skakel om ’n geskikte afspraak by die dokter te kry!

Dr. Deon van Heerden se

WENKE VIR DIE SNUFFELS

Winter 2012 LYNNWOORDE 11


www.nglynnwood.co.za

Flardes Lig

O / ZERO TREE FELLING CC

BOOMSLOPING

Erika Theron

Liefde is een van die oudste temas in elke enkele genre van die letterkunde, ’n tema wat tot vandag toe nie uitgeput is nie. Hoe om iets nuuts oor dié onderwerp te sê? Genoeg, dalk, om die spieël waarin die raaisel van Goddelike liefde blink, net effens te kantel na die verrassende hoek van die Katolieke teoloog Huub Oosterhuis. Hy is pas op 21 Junie by ’n galafees vir teoloë in Amsterdam bekroon met die Theologie Oeuvreprijs vir sy bydrae tot die liturgiese kerkmusiek van sowel Protestantse as Katolieke kerke. Een van sy pragtige omdigtings van ’n skrifgedeelte is dié van die amper oorbekende 1 Korintiërs 13. Vir ons wat Afrikaans is, gee Oosterhuis se spieël ’n addisionele vars perspektief. Ons kyk verwonderd deur die glas van ’n net-net bekende vreemde taal.

Het lied van de liefde Liefde houdt stand tegen alles: telkens weer gelooft zij, alles verdraagt zij, altyijd opnieuw vol hoop. Nooit bezwijkt de liefde.

Al ben ik een profeet, ziende het onzienlijke, in alles ingewijd; en is mijn geloof zo volkomen dat ik de bergen verzet, maar ik heb geen liefde, ik ben niets.

Profetenwoorden wel, talen verstommen, alle kennis is eindig. Ach, al wat wij weten is stukwerk en onze visioenen: flarden licht. Maar als het oneindige aanbreekt, houdt al het eindige op.

En geef ik alles weg, en laat mij zelf martelen als het moet, heb ik geen liefde, dan dient het tot niets.

Toen ik nog een klein kind was, praatte ik zoals kinderen doen, en ik dacht niet verder dan kinderen doen. Nu ik een man geworden ben, heb ik dat achter mij gelaten.

Liefde wordt niet verbitterd, Liefde vindt niets onvergeeflijk. Onrecht maakt haar niet gelukkig, waarheid maakt haar gelukkig.

Alles op CD of DVD! Langspeelplate, 78’s, klankkassette, video’s (bv trou- en vakansievideo’s) Kleurskyfies en foto’s CD-snitte omgeskakel na MP3 012 542 1449 Marié: 083 611 0317 Chris: 083 604 8167

Te koop:

Al spreek ik met tongen van engelen en mensen, maar liefde heb ik niet: ik ben schallend koper, een rinkelende tamboerijn.

Liefde is ruimte geven, tijd laten, goedheid, geduld. Liefde is niet kleinzielig, jaloers, hebzuchtig . Liefde laat zich niet gelden, ijdel, grof, ongenaakbaar. Wie liefheeft is niet belust op zichzelf.

en snoei van bome en struike. Kontak Ernst by 083 656 4992

Nu nog zien wij spiegelbeelden, raadzelachtich, eenmaal staan wij oog in oog. Nu nog weet ik niet de helft, ooit, eenmaal, zal ik alles weten, zoals Hij alles weet van mij. Geloof en hoop en liefde zullen blijven, alle drie, maar de grootste is de liefde.

Week 24 ± 16 tot 23 Junie Tyddeel by Beacon Isle hotel Plettenbergbaai. 4 slaap luukse eenheid met hoë uitruilwaarde. Heffing ongeveer R2 900 pj, Kontak: Patsy Grobler 082 787 8421 Advertensietariewe en spesifikasies Volblad R1000; Halfblad R500; Kwartblad R250; Klein R100 Verskaf asb kunswerk in hoë resolusie jpg of pdf formaat in die regte grootte: Volblad R1000 – A4: regop 190mm x 277mm Halfblad R500 – A5: dwars 190mm x 132mm Kwartblad R250 – A6: regop 90mm x132mm Klein R100: verskaf maksimum van 6 reëls teks, uitleg word gedoen nav beskikbare spasie.

Aan ons Sotho-lesers: Morena a go edišetše sefahlego sa gagwe, a go gaugele; Morena a go lebelele ka botho, mme a go fe khutšo. Numeri 6:25-26

12 LYNNWOORDE Winter 2012


NUWE GENERASIE DIEN

NUWE GENERASIE

MUSIEK in die Stilte Valize Scholtz

Fay van Eeden

Nuwe Generasie het verlede kwartaal besluit dat die kwartaaltema van “dien” meer as net teorie moet wees. Ons jongmense het dan ook gedurende die kwartaal op verskeie plekke in die gemeenskap ’n verskil gemaak. In April het ’n groep studente Kalafong hospitaal se pediatriese saal opgevrolik met sang. ’n Paar weke later het sowat 30 jongmense Harmonie-ouetehuis besoek. Die inwoners (en ons) het ’n bietjie breër geglimlag toe ons saam ’n bakkie malvapoeding geëet en na stories “uit die ou dae” geluister het. Wat ’n voorreg om saam met hierdie oupas en oumas te eet, kuier en te sing. In Meimaand was dit tyd om op ’n ongewone plek te gaan dien – Wetnose Animal Shelter. Deur met die honde te stap en met die katte te speel het die personeel van Wetnose ’n klein blaaskans gekry. So tussendeur het die studente ook op verskeie geleenthede na die middestad en haweloses in ons eie gebied uitgereik. ’n Klompie van ons het die voorreg gehad om saam met die jongmense van die DPS-kinderhuis piekniek te hou by die Botaniese Tuine. Daar is ook ± 130 komberse deur die loop van die kwartaal ingesamel wat aan haweloses regoor die stad uitgedeel is. ’n Klomp komberse is ook aan Shammah (’n tuiste vir persone wat groot trauma beleef het) geskenk. Dankie aan elkeen wat ’n kombers gegee het. Wat ’n ervaring en voorreg om op klein maniere met liefde en uit liefde te kon dien!

Ek is seker as jy enige jongmens vra wat die een ding is waarsonder hulle nie kan klaarkom nie, sal musiek bo aan die lysie wees. Dis nou maar eenmaal so – jongmense dink musiek is awesome! God is ook awesome. So hoekom nie hierdie twee dinge kombineer nie? Musiek is ook ’n manier waardeur God met ons praat, hoe ons Hom kan ervaar en hoe ons aan Hom eer en lofprysing kan gee en Sy liefde vir ons vier. Hierdie artikel is dus hopelik die eerste van ’n paar wat iets sê oor waar musiek in ons stiltetyd inpas, hoe ons dit kan kombineer en wat nuut op die rakke is waarna ons kan luister in ons stiltetyd, óf enige ander tyd. Hoekom musiek? As ons die boek Psalms lees besef ons dat lofprysing aan God deur musiek en lirieke ’n baie ou konsep is. Dawid is ’n sprekende voorbeeld van iemand wat God geloof het deur musiek te komponeer en ook vir Hom te sing. Almal van ons het egter nie altyd daardie musikale vermoëns nie, maar dis juis dan wanneer iemand anders se aanbiddingsmusiek vir ons die platform kan wees waardeur ons God kan loof. Ek voel dikwels dat ek nie genoeg woorde het om God se lof te besing nie. Ek kan ook nie ’n musiekinstrument bespeel nie. En dit is juis daarom dat iemand anders se musiek en lirieke vir my `n tool is. Dit verbreed my verstaan en ervaring van God, en skep ’n geleentheid om op God te fokus. Te midde van al die geraas van ons samelewing het ons soms stilte nodig juis om stil te kan word. Maar daardie stilte hoef nie doodse stilte

te wees nie. Dit moet net ’n plek wees waar ons kan wegkom van die gedurige “geraas” om ons wat ons aandag van God aftrek, en musiek bied vir ons daardie wegkomkans. Wat is nuut op die rakke? Ek het onlangs die CD Duis:lig gekoop. Die CD is eintlik méér as net ’n CD: dit is ’n lofprysing beweging wat deur Hennie Maritz en Krisstel aan die rol gesit is. Die CD is in Maart voor ’n lewendige gehoor opgeneem en in Mei vrygestel. Die titel laat blyk iets van die verblindende lig wat God se teenwoordigheid in ’n donker wêreld bring. Hennie Maritz is ook geen vreemdeling vir baie van Lynnwood se jongmense nie, aangesien Hennie lank lofprysingsleier by die Mosaïek-gemeente in Johannesburg was en tydens 3 Seekampe die lofprysing gelei het. Hennie se opregte hart skemer deur in die lirieke en musiek, en saam met Krisstel se fantastiese stem val dit sag op die oor. Om slegs lekker luister plesier te verskaf was egter verseker nie Hennie en Krisstel se doel toe hulle die CD opgeneem het nie, en die CD lei jou as luisteraar ook om God te aanbid sommer net daar waar jy jou bevind. Meeste van die musiek is Hennie en Krisstel se eie handewerk en in Afrikaans, maar die CD sluit ook twee Engelse-snitte in wat deur ander groepe geskryf is. Die lirieke het my net weer eens bewus gemaak van God se Vaderhart en God wat alles in ons lewens kom nuut maak, soos ’n lig wat in ’n donker vertrek aangeskakel word.

NUWE GENERASIE

BYLAAG: Winter 2012 LYNNWOORDE


DERDE KWARTAAL KAMPKASKENADES Valize Scholtz

As ek nog in die hoërskool was (wat ek ongelukkig lankal nie meer is nie) sou ek verskriklik opgewonde gewees het oor hierdie derde kwartaal. Vir die eerste keer in ’n baie lang tyd het jongmense die geleentheid om twee kampe by te woon tydens hierdie kwartaal. Die eerste kamp is Lynnwood se Hoërskoolkamp wat die naweek van 3 tot 5 Augustus plaasvind. Die kamp is by Goodlands Estate in die Cullinanomgewing, en almal van Gr.8 tot Gr.12 is welkom om te gaan. In die verlede was ons jaarlikse Avontuurkamp in April altyd ’n hoogtepunt op jongmense se program, maar met almal se besige skedules het ons later daarmee weggedoen. Omdat ons glo dat Augustus ’n rustiger tyd is probeer ons dus nou ’n nuwe opwindende tradisie vestig! Die kamp fokus so bietjie op musiek en God se ritme in ons lewe, met die gepaste tema “Rhythm”. Jongmense kan uitsien na ’n naweek van ontspan, kreatiewe geestelike inhoud, hope pret, goeie lofprysing en lekker saam kuier. Die kamp kos R450. Die Y-netwerk Seekamp word, soos in die verlede, beplan vir die Oktoberskoolvakansie. Dis ’n projek waarvan Lynnwood sedert 2006 deel is en wat elke

jaar deur ’n groep gemeentes in Pretoria en Johannesburg gereël word. Hierdie jaar kamp ons weer by T.O. Strand (naby Port Edward) vanaf 30 September tot 5 Oktober. Die Seekamp is ’n wonderlike geleentheid om jongmense op ’n baie praktiese wyse te leer dat God se koninkryk groter is as net ons gemeentes, en hulle te leer om God se koninkryk in die wêreld uit te leef met liefde. Verder is daar altyd lekker strandsport, ongelooflike lofprysing, hope pret en baie verrassings. Die dinamiese personeelspan wat uit predikante en jong volwassenes van die gemeentes bestaan, is reeds druk besig om te beplan aan ’n week vol sinvolle geestelike begeleiding en ’n kreatiewe program. Die Seekamp beloop hierdie jaar R1 400.

Vinnige Feite!

Hoërskoolkamp

Wie? Gr.8-12 Wanneer? 3-5 Augustus Waar? Goodlands Estate Cullinan Hoeveel? R450 Kontak? Coenraad - 082 471 2048 Of Jani - 076 313 7212

Seekamp

Wie? Gr.7-12 Wanneer? 30 Sept - 5 Okt Waar? T.O. Strand Port Edward Hoeveel? R1 400 Kontak? Fay - 083 478 0854 of Valize - 072 148 7071

Ons weet dat beide hierdie kampe ’n groot uitgawe is en daarom rig ons ’n dubbele versoek aan enige iemand wat graag ’n verskil in ’n jongmens se lewe kan maak deur sy/haar kampkoste te dek (volkome of gedeeltelik) om asseblief met Ds. Fay van Eeden (083 478 0854) kontak te maak. So ook nooi ons jongmense en ouers uit om asseblief met ons te praat as finansies die rede is hoekom ’n jongmens nie saam kan gaan kamp nie.

EAST SOCIETY PRODUCTIONS bied aan

MIA VERDOORN

Carry Me Home Kitaar en Band

saamgestel deur Juan Oosthuizen

Show

Atterbury Teater

29 September

20:00

R110 - R130 tickets@computicket.co.za www.miaverdoorn.com Mia was ’n gemeentelid van Lynnwood NGK en in DSG op skool. Sy is die dogter van Len en Petra Verdoorn. Sy het in 2011 ’n graad in Sang en Besigheid aan die Berklee College of Music (summa cum laude) in Boston voltooi en werk tans aan haar sangloopbaan in Amerika.

BYLAAG: Winter 2012 LYNNWOORDE


Lynnwoorde Uitgawe 3 Liefde