Issuu on Google+

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood LYNNWOORDE 9

Om te Kersfees...

www.nglynnwood.co.za

Dagboek Eredienste tydens die feesseisoen:

Eintlik hou ons nooit op om Kersfees te vier nie. Elke erediens is in ’n sekere sin die voortsetting van Kersfees, net soos elke erediens die voortsetting van Paasfees is. Maar, ons vier Kersfees ook op ’n ánder manier deur die jaar. Howard Thurman het dit “die werk van Kersfees” genoem:

1 Desember (1e Advent) (doop): 08:30 Immanuel van Tonder 09:00 Johan Jooste (Lynnwood Oord) 18:30 Fay van Eeden 8 Desember (2e Advent): 08:30 Fay van Eeden 18:30 Eric Scholtz

When the song of the angels is stilled, When the star in the sky is gone, When the kings and the princes are home, When the shepherds are back with their flocks,

15 Desember (3e Advent): 08:30 Johan Jooste 18:30 Peet Crous

The work of Christmas begins: To find the lost, To heal the broke To feed the hungry, To release the prisoner, To rebuild the nations, To bring peace among people, To make music in the heart.

22 Desember (4e Advent): 08:30 Immanuel van Tonder 18:30 Peet Crous

Howard Thurman (1899-1981)

Terwyl ons Kersfees vier om die kersboom en etenstafel en terwyl ons Kersfees vier met ’n asblik oorvol geskenkpapiere, onthou ons dat Kersfees vier en dien vir Christene twee kante van dieselfde munt is. Geseënde Kersfees! Geseënde diens! Barry van der Merwe

LEES BINNE:

Lina Spies skryf dié gedig oor Kersfees:

Protes teen Kersfees Ek gaan my koes hou Hierdie kersfees: horende doof vir “Stille nag” in supermarkte, siende blind vir wattesneeu teen vensterrame. Die sluipende ou heer met sy rooi mantel en wit baard gaan ek vermy. Ek gaan na ons nagtelike somerhemel kyk en my voorstel hoe het die ster bokant die stal gelyk. Ek gaan my ore toestop vir die geklingel van sleeklokkies om te kan luister hoe die engele sing. Ek wil my vasklem aan die krip omdat ek so kan vasgryp aan die kruis: koningshulde – wierook, mirre, goud – uiteindelike geselslae, doringkroon, vloekhout.

oor verskillende aspekte van musiek, die reg, gemeentegebeure en vreugdes.

25 Desember (Kersdag): 08:30 Immanuel van Tonder 29 Desember: 08:30 Immanuel van Tonder 31 Desember (Oujaarsdiens): 18:30 Peet Crous 5 Januarie 2013: 08:30 Peet Crous 18:30 Fouché de Wet 12 Januarie 2013: 08:30 Immanuel van Tonder 09:00 Johan Jooste (Lynnwood Oord) 18:30 Fay van Eeden

LYNNWOORDE 9 1


Redaksioneel Ek glo ons is bevoorreg om lede te wees van die Lynnwood NG gemeente. ’n Gemeentelid wat bereid is om in te skakel in ons aktiwiteite sal nooit verwaarloos of ongelukkig kan voel nie; daar is soveel moontlikhede om deel te wees van iets interessants en besonders wat jou eie lewe sal verryk; veral ook as jy onthou om na die eerste diens of voor die tweede diens op Sondae saam te kom tee drink in Koinonia! Aan almal wat ’n bydrae gelewer het tot die publikasie van die November Kersuitgawe van Lynnwoorde, my innige dank. Die mense wat betrokke was hierby is te veel om op te noem – die blad spreek vir sigself. Die leiding van ons vyf leraars was onmisbaar, soos ook die hulp en bystand van die administratiewe personeel, veral Leonie wat so kundig is met die prosesse. Die prag buiteblad en uitleg is die werk van ons kunstenares, Fearika Heyns. Mag u almal wat die blad lees die bydraes interessant en inspirerend vind! Neem dit saam op u vakansie, geniet dit en keer terug met nog idees vir Lynnwoorde. Ontvang die redaksie se beste wense vir ’n vreugdevolle en sinvolle Kerstyd waartydens u ook die seëninge van ons wonderlike God sal ervaar. Rykie Snyman

Redaksie Redakteur Rykie Snyman Gereelde medewerkers Immanuel van Tonder Peet Crous Fay van Eeden Eric Scholtz Valize Scholtz Erika Theron Barbara du Toit Taalversorging Leoné Esterhuysen Ontwerp Fearika Heyns

2 LYNNWOORDE 9

Vanuit die finansiële kantoor Riaan Steyn Ons is baie dankbaar om te kan berig dat die finansiële jaar wat op 28 Februarie 2013 geëindig het, afgesluit is met ’n surplus. Namens Ondersteuningsdienste wil ons graag ons dank uitspreek teenoor elke lidmaat wat op een of ander wyse daartoe bygedra het dat die gemeente al haar verpligtinge kon nakom! Selfs in die huidige ekonomiese klimaat bly Lynnwood-gemeente geseënd! Buiten die bedryfsuitgawes van die gemeente, is o.a. die volgende instansies/projekte ondersteun met die hulp van spesiale bydraes van gemeentelede: Bybelverspreiding R 14 669 Diens van Barmhartigheid R 10 640 Jakaranda Kinderhuis R 45 246 Mosambiek Sending R 4 800 Paul Jungnickelhuis R 2 400 Wespoort-projek R158 508 Zimbabwe Uitreik R 12 000

CMR R 12 929 Diverse projekte R 19 132 Mabopane-projek R 103 023 Mzanzi-koor R 3 150 PEN-aksie R 18 100 Wozanibone Uitreik R 33 734

Die surplusfondse het die gemeente in staat gestel om R674 015 addisionele kapitaal te delg op die verbande. Dit is buiten die rente-uitgawe wat R398 263 vir die jaar beloop het. Hierdie skuldlas plaas noodwendig groot druk op die begroting met die uitstaande saldo wat tans R5 172 460 beloop. Enige spesiale bydraes wat gemerk word “Bouprojek” word aangewend om die kapitaal op die skuldlas te delg. Baie dankie vir die bydraes wat steeds gereeld ontvang word vir hierdie projek! ’n Mens kan nouliks dink hoe ons vir soveel jare sonder Koinonia kon klaarkom! Ons is verder dankbaar dat die inkomste vir die huidige finansiële jaar baie na aan begroting is (soos op 30 September 2013). Dit is ten spyte van die feit dat slegs nagenoeg 41% van die besoekpunte gereelde bydraes maak wat as “maandelikse dankoffer” geïdentifiseer kan word. U word vriendelik herinner aan die onderskeie wyses waarop u ’n bydrae kan maak: l

Debietorder (vorm by die kerkkantoor of op die webblad beskikbaar) Aftrekorder (wat u by u eie bank reël) l Koevert (beskikbaar by die deure of die info-toonbank) l Elektroniese oorplasing na die volgende rekening: l

NG Lynnwood, ABSA Takkode 632005, Reknr. 540 580 014. (Onthou asb. om u Voorletters en Van as verwysing aan te dui).

Kontak-inligting Kerkkantoor 012 348 1245 / kerkkantoor@nglynnwood.co.za Kosters Pieter Schoeman (dagkoster) 082 771 8988 / Frikan Erwee (na-ure koster) 083 603 4961 Kombuis (breekgoed, eetgerei, tafeldoeke, ens) Maretha Brits 073 267 7019 Bankbesonderhede NG Gemeente Lynnwood, ABSA Brooklyn Court (632005), Rek nr 540 580 014


spiritualiteit

Diversiteit in Spiritualiteit Immanuel van Tonder

Almal van ons is anders. Ons lyk anders. Ons hou van verskillende goed en ons is anders grootgemaak. Party van ons is introverte, ander is ekstroverte. Sommige van ons is kunstig, ander is meer rasioneel. Dit is dus vanselfsprekend dat ons God ook verskillend gaan nader en beleef. Urban Holmes het opgemerk dat daar historiese patrone in spiritualiteit is wat gelowiges se ervaring van God tipeer. Sommige leer God veral ken deur hulle denke en studie; ander weer deur gevoel en intuïsie. Daar is gelowiges wat God deur stilte en misterie beleef, maar daar is ook weer ander wat God se werking deur ons dienswerk ervaar. Hierdie gewaarwording het baie mense laat besef dat jy nie jou eie geestelike ervaring bloot net op ander kan afdruk nie. Die versoeking is groot om jou eie geestelike pad as die enigste te sien omdat dit vir jou werk. Een van die grootste gevare is dat jy ander se geestelikheid meet aan jou eie voorkeur spiritualiteit. ’n Mens plaas jouself dan maklik op ’n hoogte en kyk af na ander wat nie so belese of so passievol, of so stil of so diensbaar soos jy is nie. Wanneer ons egter besef dat God uniek in elke mens werk, gaan jou oë oop vir die wonderlike verskeidenheid tekens van God se werk in mense. Jy staan verstom oor hoe mense God langs ander weë ontmoet as hoe jy Hom self ervaar het. Hierdie nuwe manier van kyk, nooi jou om ruimte te maak vir ander vorms van spiritualiteit. Die verskeidenheid spiritualiteite in die gemeente en in die Christelike kerk word tekens van God se grootheid waardeur jy self verryk kan word. Dié skets van Corinne Ware help om die konsep van verskillende spiritualiteite oor te dra. Let ook op die gevaar wanneer jy jou eie styl so verabsoluteer dat jy ongebalanseerd raak in jou geloof. Ek dink egter daar kom nog ’n ander aspek by, naamlik dat daar ook seisoene in die lewe is waarin sekere vorme van spiritualiteit ons meer aanspreek as ander. In tye wanneer dit met ons goed gaan en ons oorloop van blydskap is die voel-spiritualiteit ’n kanaal waardeur ek my vreugde en verwondering kan uitdruk. Die Psalms is vol van ’n vreugdevolle, uitbundige, lewendige aanbidding. Natuurlik kan ons ook die dankbaarheid met stille verwondering (weesspiritualiteit) of diensbaarheid (diens-spiritualiteit) uitdruk. Soms gaan ’n tipe spiritualiteit ook gepaard met die lewensfase waarin jy jouself bevind. Ek kry die idee dat die aangetrokkenheid tot die wees-spiritualiteit met ouderdom toeneem. Daar is ’n vorm van saamwees met God wat met tyd ryp word om so ’n intieme diep verbintenis te vorm. In 2014 wil ons in die gemeente se proses van geloofsvorming dié diversiteit in ag neem. Daar is geloofsgewoontes wat dalk vir sommige mense van waarde kan wees, maar nie vir

Te moralisties

Te dogmaties

DOEN 4

DINK 1

WEES VOEL 3 2 Te verwyderd/ onrealisties

Te emosioneel

ander nie. As ons ons eie styl ontdek en besef dat mense verskil, kan ons vir mekaar ruimte maak en mekaar aanspoor. Wanneer ons die diversiteit in spiritualiteit erken, bring dit ’n ruimer ervaring van God op alle vlakke van ons menswees sodat ons 24/7 uit Hom kan leef!

STILTETYD VIR JOU Barry van der Merwe Van die vroeë Christene het gesê dat om stil te word, is soos wanneer ’n troebel poeletjie water langs die pad helder word. Dan gebeur daar twee dinge: die bodem word sigbaar en die hemel reflekteer daarin. ’n Mens behoort moeite te doen om stiltetye te hê. Die stiltetye moenie gevul word met leeswerk en bid nie, dan is dit leestyd en bidtyd, wat op hul beurt ook belangrik is. In die stiltetyd behoort ’n mens stil te wees, sodat die “water” van die binneste helder kan word en ’n mens bewus kan word van die teenwoordigheid van God. Dikwels besef ons nie wat op die “bodem” van ons lewe lê nie. Daardie dinge wat op die bodem lê, kan ons aftrek of van koers af dwing. Die eerste keer dat ek die geleentheid gehad het om ordentlik stil te word, het ek hartseer geraak. Wat lê toe op die bodem? Ek het daardie week ’n ma en twee kinders begrawe. Omdat ’n mens baie verpligtinge het en die stroom van die lewe jou meevoer, het ek nie besef hoe hartseer ek nog was nie. Dit was helend om die bodem te sien en die h(H)emel het ook daarin gereflekteer. Kry ’n plek en ’n tyd en gaan sit en word stil.

LYNNWOORDE 9 3


Dit gaan uiteindelik oor die musiek Ons is in die gemeentebediening besig om op geloofsvorming te fokus. Met die oog hierop het ons ’n paar geestelike dissiplines geïdentifiseer wat ons hiermee moet help. Die vier dissiplines wat ons uitgesonder het, is: stilte, wandel in die wêreld, saam aan tafel en viering. Ons het gedurende die jaar ons woordgebruik verander en van “geloofsgewoontes” in plaas van “geestelike dissiplines” begin praat. Die woord “geloofsgewoontes” help ons om te verstaan dat die vier genoemde handelinge gevestigde gewoontes in ons geloofslewe moet word. Dit is nie maklik om nuwe gewoontes aan te leer nie. Die Amerikaner, Brian Mclaren skryf hieroor in sy boek Finding our way again: The return of the ancient practices. Die boek handel oor die vestiging van geloofsgewoontes. In ’n hoofstuk met die titel Practice makes possible noem hy ’n paar belangrike punte wat ons in gedagte moet hou om nuwe geloofsgewoontes te grondves. 1. Die geloofsgewoontes moet gereeld ingeoefen word. Ek kan myself nie onbedoeld of toevallig vir ’n marathon voorberei nie. Ek moet ’n doelbewuste besluit neem om myself daarvoor gereed te kry. Die besluit as sodanig is egter nie voldoende nie (soos elkeen weet wat al besluit het om op ’n dieet te gaan). Dit is ook nie genoeg om te probeer om vir ’n marathon voor te berei nie. Daar moet daadwerklike en gereelde oefening plaasvind. Hy omskryf oefening soos volg: “… employing appropriate actions within our power by which we become capable of doing things currently beyond our power, and by which we become people we are currently incapable of being”. Die genoemde skrywer pas hierdie beginsel op die aanleer van geloofsgewoontes toe. Dit word nie toevallig deel van my lewe nie. En ek “bemeester” dit nie eensklaps nie. Dit verg gereelde oefening. 2. Die inoefening van die geloofsgewoontes behels ’n leerproses. Elke kunsvorm vereis die aanleer van vaardighede wat nie dieselfde is as die beoefening van die kuns nie. Ek leer nie om Mozart se musiek op ’n viool te speel deur vir my ’n viool en Mozart se bladmusiek te koop nie. Ek leer eers hoe om die viool reg vas te hou. Later doen ek vingeroefeninge, leer om bladmusiek te lees en begin om ’n paar note uit ’n dun boekie, Die ABC van Vioolspel (Vlak1), te speel. Die vestiging van geloofsgewoontes is ook ’n leerproses. Min van ons sal sommer daarin slaag om byvoorbeeld stil te word. Ek sal dalk eers moet leer hoe om, onder andere, my asemhaling te gebruik om my te help om stil te word. 3. Die beoefening van die geloofsgewoontes is ’n gepaste respons op ons hunkering na God. Brian McLaren verduidelik dat hy op sewejarige ouderdom ’n musiekstuk gehoor het wat vir die klarinet geskryf is. Die musiek het hom so bekoor dat hy klarinetlesse begin neem

4 LYNNWOORDE 9

Eric Scholtz

het. Hy het nie soseer ’n behoefte gehad om met die instrument te oefen nie. Dit het uiteindelik ook nie vir hom daaroor gegaan om die klarinet as instrument te bemeester nie. Wat hy die graagste wou hê “… was for these songs to be me, and I wanted to be them and to become the kind of person in whom these songs were alive…” Dit gaan dus vir hom uiteindelik oor die musiek wat in hom leef en deel word van sy lewe. Wanneer ons ’n hunkering na God ervaar, kan dieselfde met ons gebeur. McLaren stel dit soos volg: “What we feel is that some music is missing from our lives, and we need it…” Hierdie verlange na God, kan ons na die beoefening van die geloofsgewoontes toe lei. Dit gaan in hoofsaak nie oor die inoefening van die geloofsgewoontes of die aanleer van ’n klomp vaardighede ten einde die geloofsgewoontes baas te raak nie. Dit gaan oor die musiek, oor God wat ons aantrek. Die geloofsgewoontes is slegs maniere waarop ons onsself oopstel vir die musiek, vir God om ons lewe binne te kom. In 2014 gaan ons in Lynnwood steeds aan geloofsvorming en die vestiging van geloofsgewoontes aandag gee. Mag die “musiek” ons toenemend aangryp, sodat die verdere aanleer van die geloofsvormende gewoontes vir ons ’n ligte las sal wees. Lynnwood se predikantespan sien daarna uit om saam met u hierdie leerervaring mee te maak.

PRISMA WATER l

Gesuiwerde minerale water!

GEEN bakterieë, swaar metale, skadelike chemikalieë!

l

Bring jou eie houers en hervul vir net 80c per liter!

l

Suiweraars en filters ook te koop

l

Gebottelde water beskikbaar teen goeie pryse: 330ml @ R3-00 elk 500ml @ R3-50 elk 5 Liter @ R10-00 elk 10 Liter (met kraantjie) @ R130-00 elk 25 Liter (met kraantjie) @ R150-00 elk Dispenser hervullings @ R20-00 elk

l

Johan Kriek

Lynburnstraat 69, Lynnwood Manor 012 365-2590 prismafin@wbs.co.za


ALBERT SChWEITZER EN DIE MUSIEK VAN BACH CJ Mieny

Albert Schweitzer word allerweë beskou as die grootste kenner van Johann Sebastian Bach se lewe en musiek. Sy diepgaande studie van Bach het gebeur ten spyte van sy omvangryke ander verpligtinge en prestasies in teologie, filosofie en geneeskunde. Schweitzer is op 14 Januarie 1875 in Elsas gebore. Sy vader was die Lutheraanse predikant van die klein gemeente van Günsbach. Hy het sy seun touwys gemaak op die klein kerkorrel en jong Albert moes dikwels die gemeente voorgaan gedurende die Sondagdienste. In 1885 is hy na Mulhouse gestuur om in te skryf by die Gimnasium vir sy hoërskoolopleiding. Hy het ook ingeskryf as ’n musiekleerling van die plaaslike orrelis, Eugene Munch, wat ’n grondige kennis gehad het van Bach se musiek. Hy het Bach se 48 Preludes en Fugas, bekend as Das Wohltemperierte Klavier, beskou as verpligte basiese kennis vir enige ernstige musiekstudent. Munch het hom ook orrellesse gegee. Later het Schweitzer opgetree as orrelis vir Munch se Chant Sacre koor, wat hom in staat gestel het om groot werke soos Bach se Matteus Passie, Beethoven se Misa Solemnis en Berlioz se Requiem uit te voer in Mulhouse. In Junie 1893 slaag Schweitzer sy finale eksamen of Abitur by die gimnasium in Mulhouse. Hy het reeds besluit om Teologie, Filosofie en Musiek as sy studierigtings te volg by die Kaiser Wilhelm Universiteit van Stassburg. Maar voordat hy sy universiteitsloopbaan aangepak het, het hy eers die res van 1893 in Parys deurgebring as gas van sy oom Charles en tante Mathilde Schweitzer. Die jongman het gehoop dat hy tydens sy verblyf die geleentheid sou kry om vir Charles-Marie Widor orrel te speel. Widor was professor in orrelonderrig by die Paryse Konservatorium vir Musiek. Hy was ook die orrelis by die St Sulpice kerk met sy beroemde Aristide Cavaille-Coll orrel, beskou as die beste en mooiste orrel in Europa. Toe Schweitzer

by die kerk opdaag met ’n voorstellingsbrief van tante Mathilde, vra Widor, “En wat wil jy nou eintlik vir my speel?” “Bach, natuurlik”, antwoord Schweitzer. Skielik bevind die jong Schweitzer hom voor die speeltafel met sy vyf manuale en speel eers die Toccata en Fuga in D Mineur en daarna die Toccata, Adagio en Fuga in C majeur. Hierdie laaste werk gee hom geleentheid om ’n briljante vertoning te lewer op die manuale, gevolg deur ’n solo op die voetpedale. Widor neem baie selde leerlinge buite die orrelklas van die konservatorium, maar het dadelik vir Schweitzer aanvaar en aangebied om hom kosteloos te onderrig. Dit was die begin van ’n hegte vriendskap. Widor moedig hom aan om ’n werk oor Bach in Frans te publiseer en in 1905 verskyn sy meesterwerk, J.S. Bach: Le Musicien – Poète. In dieselfde jaar stig ses musici, wat Schweitzer en Widor insluit, die Paryse Bach Vereniging, ’n koor toegespits op uitvoerings van Bach se musiek en Schweitzer word gekies as die orrelis. In 1908 publiseer hy sy belangrike werk oor die lewe en musiek van Bach, in twee volumes in Duits, wat in 1918 in Engels vertaal word deur Ernest Newman. Schweitzer en Widor het ook saamgewerk aan ’n nuwe uitgawe van Bach se orrelmusiek, met ’n diepgaande ontleding van elke werk in drie tale, Frans, Duits en Engels. Schweitzer het die kommentaar geskryf oor die Preludes en Fugas, en Widor oor die Sonatas en Concertos. Ses volumes is tussen 1912 en 1914 uitgegee, maar die werk is nooit voltooi nie omdat Schweitzer in 1913 na Lamberéné in Afrika vertrek het. Hierheen het hy het ’n spesiale klavier, toegerus met ’n pedaalaanhegting om ’n orrel na te boots, saamgeneem. Hy wou drie verdere volumes van die koraalpreludes, met ontleding en kommentaar, in Afrika finaliseer, maar dit het nooit die lig gesien nie. Schweitzer het egter oor die jare gereeld orreluitvoerings gegee van veral Bach se musiek in die groot stede van Europa, Skandinawië, Brittanje en Amerika om geld in te samel vir sy hospitaal in Afrika.

LYNNWOORDE 9 5


In die gemeente LYNNWOOD AFTREE-OORD Johan Jooste

Anders as in sommige ander voorstedelike gemeentes het ons gemeente net een aftree-oord, maar die gemeente se verhouding met die Oord is besonders want ons is baie nou daarby betrokke. ’n Span dames van die gemeente sorg byvoorbeeld vir vervoer van die Oord se mense wat nie meer self kan ry nie en ons het ’n predikant vir die Oord wat amper soos ’n kapelaan daar is, want hy versorg almal nie net ons eie lidmate nie. Dit is interessant om te sien hoeveel van die Oord se mense oud-inwoners van Lynnwood is; heelwat het ook kinders en kleinkinders in die gemeente. Min mense weet dit, maar Lynnwood-Oord het sowat 22 jaar gelede op inisiatief van ons gemeente tot stand gekom nadat besluit is dat vir die afgetredenes van ons gemeenskap voorsiening gemaak moet word. ’n Ouetehuis sou nie nodig wees nie, maar wel ’n aftree-oord waar mense hul eie eenhede kon koop, met ’n eetsaal en ’n kliniek. Na die konsepbeplanning was die kerk nie meer betrokke nie, en het die Oord op sy eie gefunksioneer met ’n raad van trustees wat uit eie geledere aangestel word. Lynnwood-Oord se goeie verhouding met ons gemeente het voortgegaan en ons lidmate vorm steeds die grootste groep in die Oord. Ek meen dat daar nog nie ’n voorsitter van die raad was wat nie ’n lidmaat van ons gemeente was nie. Tans is mnr Nico du Plessis die voorsitter, na prof Samuel Lombard wat vir etlike jare as voorsitter gedien het. Oom Samuel was betrokke by die stigting van die gemeente en is nie net nog steeds op die Raad nie, maar neem ook leiding met kerksake. In ’n aftree-oord moet daar altyd ’n fyn balans wees om mekaar se privaatheid te respekteer, maar om ook ’n gelukkige onderlinge gemeenskap te skep waar mense vir mekaar omgee. Sosiale funksies word daarom gereeld gehou en baie vriendskappe ontwikkel hier. Kerkbyeenkomste word ook weekliks hier gehou. Hoe lyk die Oord se mense? Mense maak soms die fout om te dink dat die mense in ’n aftree-oord almal eenders is. Dit is vir seker nie so nie! Neem nou maar net ouderdom as voorbeeld. Ons oudste lidmaat is nou 101 jaar, en die jongste is net so oor die 60. Dit maak dat die ouderdomsverspreiding in Lynnwood-Oord amper 40 jaar is. Maar die Oord se mense verskil nie net in jare van mekaar nie. Ouer mense verskil onderling meer van mekaar as enige ander groep, want deur die jare kom die uniekheid van elke mens meer uit die verf. Hulle sê mos dat mens al hoe meer word soos wat jy is. Daar is ’n taamlike omset van mense in so ’n Oord. Wanneer ’n nuwe aftree-oord begin, is die mense gewoonlik

6 LYNNWOORDE 9

relatief jonk en met die jare styg die gemiddelde ouderdom. Die Oord se gemiddelde ouderdom het nou ’n hoogtepunt bereik en dit sal interessant wees om te sien in hoe ’n mate jonger mense begin by kom. Van die eerste intrekkers in die Oord is daar vandag nog net een oor, mej Eunice Theron. Ons gemeente is trots op “ons eie” aftree-oord waar baie van ons ouer mense bly, mense wat vir ons almal kosbaar is, nie net vir hulle wysheid nie, maar ook vir die voorbidding vir hulle kinders en kleinkinders en vir die hele gemeente.

Die ouderdom demp glad nie die pret by die Oord nie!


God werk op wonderbaarlike maniere Marie Weideman Die “mooiste orrel in die wêreld” in die Saint Sulpice katedraal in Parys

Lentekonsert - Vrouegroep 11 Rykie Snyman

Ons orrelis, Riaan Steyn, het op 3 September die vroue van Groep 11 op ’n musikale reis deur die strate van Parys geneem. Die musiek van ’n paar Franse komponiste uit die 19de en vroeg 20ste eeu is vir ons uitgevoer terwyl ons foto’s kon besigtig van die katedrale en die orrels waarop die onderskeie komponiste gespeel het en waarvoor die musiek aanvanklik gekomponeer is. Een van die grootste Franse orrelkomponiste van die 19e eeu is César Franck (1822-1890) wat vir 32 jaar orrelis van die Saint Clothilde-katedraal was. Ons kon die pragtige Gotiese boustyl van hierdie katedraal bewonder terwyl Riaan die Koraal nr 3 in A Mineur uitgevoer het. Dié werk is kort voor Franck se dood in 1890 gekomponeer. Alexandré Guilmant (1837-1911) was vir 30 jaar orrelis van St Trinité. Buiten sy loopbaan as kerkorrelis en komponis het Guilmant bekendheid verwerf vir sy nagenoeg 40 orreluitvoerings gedurende 1904 op die wêreld se grootste orrel, vandag bekend as die Wanamaker-orrel in Philadelphia, Pennsylvania. Riaan het vir ons foto’s gewys van die asemrowende orrel met sy 28 500 pype (!) wat onlangs gerestoureer is. Die orrel beslaan sewe verdiepings en staan in die bekende Macy’s winkel, waar daagliks twee orreluitvoerings aangebied word! Ons het geluister na die rustige Pastorale uit die Sonate nr 1 in D Mineur van Guilmant. Terwyl ons die St Vincent-de-Paul katedraal besigtig het, kon ons luister na die bekende Tokkate uit die Gotiese Suite van Leon Boellmann (1862-1897), wat vir 16 jaar orrelis van dié kerk was. Boellmann is op 35-jarige ouderdom oorlede en hierdie werk is twee jaar voor sy dood gekomponeer.

Op Donderdag 18 Julie het ek weer eens besef dat God in bevel is van ons lewens en ons stuur daar waar ons moet heengaan, op Sy tyd. Ek gaan gewoonlik Dinsdae saam met dames van ons gemeente Wespoort toe om daar ’n bydrae te maak. My kinders wat in Phoenix, Arizona woon het in Junie hier gekuier en drie tasse met goeie klere saamgebring en gevra dat ons dit hier sal versprei. Een tas het ek gehou vir Wespoort. Ek kon nie op die eerste Dinsdag na die vakansie gaan nie en het toe die Donderdag gegaan, sonder om daaraan te dink dat dit Madiba se 95ste verjaarsdag is en dat daar oproepe uitgestuur is vir 67 minute se gemeenskapsdiens. Ek, Antoinette Victor en Gerda, wat by die kerk met die klere werk, het skaars begin uitpak toe ’n reuse bus vol mense die terrein binne-ry, werkers, wit en swart, van Pretoria Metal Pressings (PMP). Hulle het almal hulle 67 Madiba-minute daar kom deurbring. Met heerlike warm kos en lekkergoed, kom hulle die kleuterskoolkinders trakteer. Onverwags was ek deel van hierdie roerende byeenkoms. Die hoofdame het ’n gebed gedoen en daarna het almal gesing. Die kinders het hulle eie liedjies gesing en ter afsluiting het almal saam “Veels geluk” aan mnr Nelson Mandela gesing. Vir my was dit ’n besondere belewenis om te dink dat soveel van die maatskappy se swart werkers hulle 67 minute gemeenskapsdiens by Wespoort NG-gemeente kom aanbied het. Te midde van baie verskille en swaarkry het die Here ons bymekaar gebring en laat hande vashou en dankie sê vir groot genade aan ons bewys.

Twee van die bekendste katedrale in Parys is die Eglise de la Madeleine met sy imposante pilare en Saint Sulpice, die tweede grootste katedraal in Parys naas die Notre Dame. Albert Schweitzer het die orrel in Saint Sulpice beskryf as die “mooiste orrel in die wêreld” met sy vyf manuale en pedaal. Op die foto hier bo kan u die reuse speeltafel sien! Ander bekende orreliste wat by Saint Sulpice werksaam was, is o.a. Charles-Marie Widor en Marcel Dupré. Terwyl ons na foto’s van hierdie imposante katedrale kyk, het Riaan die program afgesluit met die Sortie in E-mol Majeur van Louis James Alfred Lefébury-Wély (1817-1869). Hierdie komponis het nie veel erkenning van sy tydgenote ontvang nie; Adolphe Adam het hom egter beskryf as die mees talentvolle orrelis wat hy ken.

LYNNWOORDE 9 7


In die gemeente

VERJAARSDAG ’n BESONDERE 90ste VERJAARDAG!

Magdaleen Soer & Rosemary Fourie

’n Veelsydige en getroue is vandag volwassenes lid van ons gemeente, dr en kan getuig van hoe Sarah van Wyk, het op baie sy vir hulle beteken die 23ste Junie vanjaar het. Sy het in 1988 af90 jaar oud geword! As ’n getree en in haar eie doktor in Opvoedkundige woorde ‘toe nog 20 jaar Sielkunde het sy in baie aangetree’, aangesien sy van ons gemeentelede tot onlangs nog in ’n prose lewens ’n belangrike fessionele hoedanigheid rol gespeel. Baie mense in haar spreekkamer bly in Lynnwood sal kan gewerk het. tuig van haar bydrae tot die oplossing van ernBehalwe haar kinders en stige probleme wat ontkleinkinders is haar twee staan het as gevolg van agterkleinseuns, Erik en die een of ander disfunkGert-Louis, haar groot sionele element in die vreugde. Dié twee stap gesin, asook haar sukgereeld oor na ouma ses met die aanspreek Sarah vir koekies en By ’n byeenkoms om Vrouedag te vier was Groep 11 se vroue almal in hoede uitgedos van leerprobleme by baie om haar in te lig as hulle en hier sit tannie Sarah wat gereeld deelneem aan gemeente-aktiwiteite, leerlinge van verskillende teëspoed by die huis opin die voorste ry. ouderdomme. Sy was en getel het, want sy het ’n is steeds ’n ‘blink bousteen’ van ons gemeente. geduldige oor wat fyn luister en weet hoe ’n kind se kop werk. Sarah Cronje is op die plaas Mahoney in die distrik Newcastle gebore op 23 Junie 1923, waar sy saam met ’n suster en ’n broer groot geword het. Sy het weens gesondheidsprobleme tot en met standerd 6 op die plaas onderrig ontvang van ’n inwonende goewernante, waarna sy haar hoërskoolloopbaan by die destydse baie bekende Hoër Volkskool in Heidelberg voltooi het. In ’n getuigskrif wat die hoof, Stephen Eyssen, vir haar gegee het, het hy gemeld dat sy o.a. “taamlik verantwoordelik is” (haar kinders terg haar steeds hieroor). Louis van Wyk en Sarah was saam in matriek en hulle verbintenis het uitgeloop op hulle huwelik waaruit ’n dogter en twee seuns gebore is. Na hulle skoolloopbaan is hulle saam na die Universiteit van Pretoria waarna hulle hulle in Utrecht, Natal vestig waar Louis praktiseer as medikus. In 1963 keer hulle terug na hulle Alma Mater waar Louis spesialiseer in Psigiatrie. Hy sterf skielik in 1965 en Sarah aanvaar ’n pos by die Fakulkteit Opvoedkunde van die UP, waar sy in 1970 ’n doktorsgraad in Opvoedkundige Sielkunde (Ortopedagogiek) behaal. Haar proefskrif het gehandel oor die invloed van egskeiding op die kind. Haar doktorale navorsing het ’n groot rol gespeel in die instelling van gesinshowe en dit is juis hierdie werk wat haar in 2006 ’n Laureaat-toekenning van die Universiteit van Pretoria besorg het. Sy het ook ’n belangrike rol gespeel in die vestiging en sukses van die Kinderleidingkliniek van die Fakulteit Opvoedkunde. Dis juis hier waar Dr Sarah vele kinders vir verskillende afwykings en/ of leerprobleme behandel het en waar sy ouers kon begelei en help met die opvoeding van hulle kinders. Hierdie kinders

8 LYNNWOORDE 9

Ons ken haar as ’n besondere gasvrye mens met ’n fyn humorsin. Sy moes onlangs die tandarts en ’n ortopedis besoek en toe ’n vriendin vra hoe dit nou gaan en of sy vir haar kan kom kuier, antwoord sy, “Ja, jy kan gerus kom, die bek-enklouseer is mos nou genees!” Sarah woon nog gereeld die byeenkomste van groep 11 van die gemeentevroue by en staan steeds daar haar plek vol. Die viering van haar verjaardag was ’n besondere vrolike geleentheid, waartydens haar dogter Magdaleen haar gelukgewens het namens almal wat dit kon bywoon. Sy het pragtig hulde gebring aan dié merkwaardige vrou wat reeds so baie bereik het en steeds so ’n groot rol vervul in nie net haar kinders en kleinkinders se lewens nie, maar ook in die lewens van almal wat haar ken. Ons wens haar die Here se rykste seëninge toe en dat sy nog lank gespaar sal bly vir almal hier wat haar lief het!

AAN ALMAL WAT VERJAAR! Ek wens vir jou ’n mooi dag Spring vinnig uit die kooidag ’n Huppeldag, ’n trippeldag vergeet jy’s siek of kruppeldag ’n dag vir bolmakiesie spring ’n dag vol wit jasmyn heeldag vir jou sal die son bly skyn! Philip de Vos


Presente vir die kinders!

Help vir Jo Jo om sy geskenke in die slee te kry:

UNICA KERSMARK 22 - 30 Nov NG Kerk Moreleta Daagliks 9:00 - 21:00 (Sondag 24e gesluit) De Villebois Mareuilweg, Moreletapark 082 905 6531 / 012 346 1103. Ten bate van Outisme

LYNNWOORDE 9 9


hande U n a v k r e w Die hande,

Vriend van die gemeente

Peet Crous

Dis wat ek Izak van der Merwe sou noem, vriend van die gemeente. Dit kan natuurlik net gedoen word as mense mekaar vir ’n paar jaar reeds ken, en dié vriend van die gemeente kuier ongeveer drie keer per jaar by ons om ’n ekologiese inset in die eredienste te lewer. Sy vertrekpunt is gesond: As ons God die Vader, die Skepper noem, kan ons nie bloot neutraal staan teenoor die vernietiging van die skepping rondom ons nie. Ons verantwoordelikheid begin in ons eie omgewing – ons wonings en woonbuurt. Die vorige Sondag waartydens Izak ’n inset gelewer het, het hy heelwat oor bome in die Bybel gepraat. Die Bybel begin en eindig met bome: van die boom van kennis van goed en kwaad tot die boom van die lewe. Tussenin kry ons seders en olyfbome, bome wat by waterstrome staan en bome wat skaduwee gee. Een van Jesus se kragtigste boodskappe was rondom ’n kort man in ’n vyeboom gebou.

e werk van u Hoe lieflik is di kroon, p is met lig ge die son se ko mellangs, soos ’n skip he die maan vaar liefdes, ge ers vir al die sterre gooi flikk kelde kant op die sand. gehe golwe lyk na van is Syne. e volheid daar di en e rd aa Die gedompel. alles in skande afval, Maar ons het van k en is smerig Die rivier stin die son: g noodseine na breeksug. stuur wanhopi se s r die men oo g oo ’n g to hou al die slik el trek toe van ke se r ie riv Die soedeldrang. t mense se be ui ar ga op at w na die wal, k gryp angstig Flenters plastie en klippe, leë geraas te Blikke maak ’n slyk dik, i verby lê die begin stik. by Nekomdraa nder suurstof so e ss vi te ik verskr ndewerk. aak ons sy ha m s or m ge a ons merk. Hoe ’n lieflike id daarvan dr he eg le e di en Die aarde Cas Vos

Soos gewoonlik kry ons interessante feite oor bome in ons omgewing ook: die ploegbreker is deel van die koraalfamilie. Wat dié boom baie interessant maak, is dat die grootste gedeelte daarvan onder die grond is – vandaar die naam. Gewone korale is in die lente baie opvallend in Pretoria – mens sien hulle diep-rooi tot oranje bloeisels die wêreld vol. Hulle kom van Tanzanië tot die Oos-Kaap voor, maar is skugter vir ryp en droogte. Justice Mohamedstraat, voorheen Charles, spog met ’n hele paar van hulle. Alle aanduidings is dat die ploegbreker ’n besonderse ou boom kan word. Ons sien uit na jou volgende kuier, Izak. Soos altyd, is jou gesin, Anneke en Daniël, ook baie welkom.

16 Okt - 27 Nov

Chappiesweg 331, Lynnwood 012 361 6927 marie.kunsuniek@iburst.co.za www.kunsuniek.co.za

Maandae gesluit Dinsdag tot Vrydag 10:00 - 18:00 Saterdae en Sondae 10:00 - 17:00 Wye verskeidenheid werke van meer as 20 kunstenaars: skilderye, beelde, keramiek, glaskuns, portrette, juwele, volstruis-leerhandsakke en baie kersgeskenke te koop. Kunswerke word gereeld aangevul.

Kunstenaars in aksie: Saterdae

10 LYNNWOORDE 9

Ons is verspreiders van

REBOUNDERS – die klein wipmatjies met handrelings vir almal – van baie oud tot baie jonk. Hierdie uitvinding laat jou wip sonder om te spring, stimuleer jou bloedsomloop, laat jou hart vinniger klop sonder om jou gewrigte te vernietig. Dis vet pret – die lekkerste, veiligstse oefening in die kleinste spasie. 012-527 0140 / 083 611 0317 083 604 9167.


Voeg net mense by Peet Crous

Mens kry heelwat sulke produkte: voeg net water by. Meer as een van hierdie produkte vertoon selfs billike tekens van gastronomie; net nou die dag het ek so ’n koffie gedrink en heelhuids anderkant uitgekom. Iemand vra onlangs vir my hoeveel inheemse bome ek al in my lewe geplant het. Nadat ek bietjie gedink het, kom ons op ’n syfer ooreen, maar die gedagte van ’n enkeling wat bome plant grief my.... effens. Hoekom? Want ek is by boomplant en boomnaamgewing betrokke, maar óm my is daar ’n span mense wat baie meer doen as “voeg slegs mense by”. Van baie vroeg in my bediening het ek al besef dat een van die grootste take van ’n pastorale ingenieur die van instaatsteller is. Dis presies wat met boomplantdag 2013 by Die Hoërskool Menlopark gebeur het. Alles het begin met ’n oproep van my vrolike broer, Sias Conradie, van die skool. “Wil jy nie bietjie saam met my op die terrein loop sodat ons kan kyk waar en wat ons vir 2013 by die skool kan plant nie?” is sy versoek. Ons maak ’n afspraak en tydens hierdie afspraak kom ons ooreen op gewone korale in ’n netjiese ry geplant, want Sias is immers ’n man van orde en as ’n man van die kleed stem ek gemoedelik in.

Met boomplantdag is daar ’n ry eregaste (van bloedjonk tot effens ouer) wat help om die bome te plant. Deidré Bredenkamp en Michelle van Biljon, wat in my Belydenisklas is, help in die vierkant by die skool om almal in te lig oor die boomplantdag. Eers lees Deidré uit die Ou Testament en dan vertel Michelle van die laning bome wat ons plant. (Lees by Vriend van die Gemeente wat van koraalbome gesê word.) Verder groei die bome maklik van stiggies (daar is voorbeelde van gewone koraalheinings) en versier hulle die omgewing, hetsy met bloeisels of met lowergroen blare in die somer. Siedaar, geen “Voeg slegs mense by” nie want ’n verskeidenheid mense toon inisiatief en neem deel sodat ons ons omgewing ’n plek maak wat ons nageslagte waardig is. As elkeen sy deel doen, dan is daar hoop vir ons pragtige planeet!

DIE INVLOED VAN DIE KERK OP DIE REG Heinrich Grosskopf

Die reg wat ons vandag ken is deur die eeue heen op verskillende maniere deur die godsdiens beïnvloed, soos blyk uit enkele van die voorbeelde wat hier volg: In die wet van Moses vind ons reeds sekere bepalings wat vandag nog in ons reg geld, byvoorbeeld dat jy nie mag moord pleeg nie, nie mag steel nie, nie mag vals getuienis teen ’n ander gee nie. So word daar van ’n getuie in ’n hofsaak verwag om ’n eed af te lê dat hy die waarheid sal praat. Daar is weliswaar ’n uitsondering vir diegene wat, waarskynlik op bybelse gronde, weier om ’n eed af te lê, maar ook hulle moet onderneem om die waarheid te praat. Dit is terloops merkwaardig hoe dikwels getuies ondanks die eed steeds vals getuienis aflê! Dan is daar die invloed van die kanonieke reg van die Rooms Katolieke kerk wat nie onderskat moet word nie. Die kanonieke reg is die reëls en bepalings wat die kerklike owerheid uitgevaardig het en wat geldend was vir die Rooms Katolieke kerk en sy lede. Hierdie kanonieke reg is nie tydens die hervorming uitdruklik deur die protestantse owerheid in Holland afgeskaf nie en het bly voortbestaan vir sover dit nie met die gereformeerde geloof in botsing gekom het nie. So is sekere reëls en bepalings van die kanonieke reg destyds in die Hollandse reg opgeneem

en het dit deel geword van die Romeins-Hollandse reg wat nog steeds die gemene reg van Suid-Afrika uitmaak. Dit was byvoorbeeld die invloed van die kanonieke huweliksreg wat vereis het dat ’n huwelik slegs deur die wilsooreenstemming van die egpaar self tot stand kom. Die Katolieke kerk het ook reëls vasgelê betreffende huweliksbeletsels (byvoorbeeld as gevolg van familieverwantskap) en die ontbinding van die huwelik. Dit was ook deels onder die invloed van die kanonieke reg dat die beginsel van kontrakvryheid in Holland ontstaan het. Ook die testament is in Holland van kanoniek-regtelike oorsprong. Die gebed dat jy jou naaste moet liefhê, vind ook weerklank in die beskerming van menseregte soos verwoord in die Grondwet. Die godsdiens kan ook op ’n persoonlike vlak ’n invloed op die regsgevolge hê. ’n Senior kollega op die regbank het my eenmaal aangeraai om vir leiding te bid indien ek moeilikheid sou ondervind om ’n gepaste beslissing in ’n siviele- of strafsaak te gee. Die reg is beslis in bogenoemde opsigte, maar ook in vele ander, ten goede deur die godsdiens beïnvloed.

LYNNWOORDE: advertensietariewe en spesifikasies Volblad R1000; Halfblad R500; Kwartblad R250; Klein R100 Verskaf asb kunswerk in hoë resolusie jpg of pdf formaat in die regte grootte: Volblad R1000 – A4: regop 190mm x 277mm

Halfblad R500 – A5: dwars 190mm x 132mm Kwartblad R250 – A6: regop 90mm x132mm Klein R100: verskaf maksimum van 6 reëls teks, uitleg word gedoen nav beskikbare spasie.

LYNNWOORDE 9 11


Hoe hanteer mens STIGMA Nelia Louw het vir die redaksie haar artikel gestuur wat in die NG Kerk Hermanus se nuusblad verskyn het. Die artikel verwoord in hedendaagse terme wat Jesus destyds op aarde kom doen het om deur die grense van stigma te breek. Hy bring die goeie nuus juis aan dié wat verwerp is uit die gemeenskap. Gebroke lewens as gevolg van stigmatisering kan weer heelgemaak word deur ons liefdevolle meelewing en deur Sy genade! Sy skryf: “Ons is uitgeskop uit die gemeenskap uit, mense het weggehardloop toe hulle ons sien. Hulle het ons gespot, vir ons gelag en ons geterg. Hulle was bang om aan ons te raak of om ’n koppie of ’n lepel met ons te deel. Dit was asof ons op ons voorkoppe gebrandmerk was met ’n warm yster, sodat almal kon sien wie of wat ons was....” Hierdie kon die woorde gewees het van melaatses of slawe, geestelik versteurdes of mense met epilepsie. Dalk was hierdie geteisterdes mense met MIV of Vigs. Was hulle dalk homoseksueel? Ook die Jode in Duitsland is so behandel tydens die Tweede Wêreldoorlog en in moderne tye is dit die lot van mense van Arabiese afkoms wat in Amerika of Engeland woon. Ons sien dit ook in ons eie land.

Wat is stigma? ‘Stigma’ is ’n Griekse woord wat verwys na ’n tipe merk wat destyds ingesny of ingebrand is in die vel van mense wat vermy moes word om een of ander rede. Hierdie ‘besmette’ mense moes duidelik sigbaar wees. Vandag nog word mense ‘gemerk’, sterk afgekeur en vermy as ons die persepsie het (reg of verkeerd) dat hulle nie heeltemal ’normaal’ is nie. Hulle is ‘anders’. Hulle is gebreklik, ons hou nie van hulle velkleur nie, hulle is nie geleerd nie, hulle is van ’n ander kultuur of etnisiteit, of

12 LYNNWOORDE 9

hulle lyk vir ons na kriminele of prostitute. Soms stigmatiseer ons sommer ’n hele gemeenskap. Stigma varieer volgens die sosio-politieke situasie in ’n land of streek en kom oral in die wêreld voor. Dit is dinamies en kompleks.

Gevolge van stigma Die mens se grootste behoefte, groter as die behoefte aan kos of skuiling, is om aanvaar te word en geliefd te wees. Daarom is om gestigmatiseer te word, een van die wreedste dinge wat met ’n mens kan gebeur. Hy of sy word aktief verwerp, verneder, geoordeel en gestraf. Daar word teen hom of haar gediskrimineer om watter rede ookal. Sulke mense word dikwels beledig, aangeval en selfs vermoor. Een van die beste voorbeelde hiervan is die Pakistanse meisie wat onlangs deur die Taliban in die kop geskiet is omdat sy die sosiale reëls van haar kultuur oortree het. Sy het dit gewaag om daarop aan te dring dat dogters ook toegelaat moet word om skool te gaan. Nog ’n gevolg van stigma is dat dit sekere mense se normale identiteit vernietig. Dit het byvoorbeeld gebeur met ’n pragtige, intelligente dogter in ’n gewone hoofstroom skool, wat deur boelies geterg en gespot is omdat sy verlam was in haar bene en in ’n rystoel was. Hulle het haar geëtiketteer as ’n ‘spas’ en ’n ‘weirdo’ en op hierdie manier haar normale identiteit bederf. Gestigmatiseerde persone se selfbeeld ly skade as gevolg van die verwerping. Hulle raak depressief omdat hulle begin glo dat hulle niks werd is nie. Selfs kinders so jonk as tien besef as daar teen hulle gediskrimineer word. Hulle voel magteloos want hulle kan niks daaraan doen nie. Soms ontstaan daar ’n situasie van ‘ons’ en ‘hulle’, wanneer ’n hele groep verwerp word. Die hele groep word beskou en behandel asof hulle minder as mense of glad nie mense is nie (‘Hulle is almal ’n spul diere’). Wanneer dit gebeur, is die gevolge soms skrikwekkend.

Nelia Louw

Gelukkig is daar heelwat mense wat teen stigmatisering opstaan. Hulle behou ’n positiewe selfbeeld, presteer goed in die samelewing en lyk gelukkig. Hulle kan die negatiewe ervarings verwerk. Snaaks genoeg is daar iets soos ‘positiewe stigma’. Jy kan te maer, te ryk of te slim wees!

Gevolge vir die persoon wat ander stigmatiseer Gewoonlik is die stigmatiseerder iemand in ’n magsposisie. Hy wil sy magsposisie behou. Om effektief te wees, moet hy ander verontmenslik, hulle dreig en van hulle stereotipiese karikature maak. Dikwels het die persoon dit nodig om ander mense te verwerp en te verneder sodat hy beter kan voel oor homself of omdat hy minderwaardig voel teenoor hulle. Die werklikheid is dat hy nooit regtig goed voel oor homself nie, want as jy haat saai, sal jy gehaat word.

Voorkoming van stigmatisering As ek gebrandmerk word om een of ander rede, moet ek hulp vra en my vaardighede verbeter om my situasie draagliker te maak. Miskien sal medikasie help as dit ’n siekte of ’n geestesversteuring is. Miskien moet ek by ’n ondersteuningsgroep aansluit. Dit sal my help om beter te voel oor myself en ek sal meer aanvaarbaar wees vir ander mense. Ek moet verstaan dat baie mense ander verwerp omdat hulle nie die persoon se situasie regtig verstaan nie. Hulle het nie die kennis of ervaring om te kan verstaan nie. Dit sal my seerkry bietjie versag as ek besef dat die persoon wat my so sleg behandel, net nie my situasie verstaan nie. Daarom is stigmakommunikasie so belangrik. Kom ons praat daaroor, verduidelik dit, probeer dit verstaan. Laat ons bewustheid kweek deur beswaar te maak teen sekere advertensies, artikels of programme wat mense in hokkies plaas en teen hulle diskrimineer.


Kom ons daag stigma uit deur individue en groepe op te voed met nie-stigmatiserende feite sodat hulle reg sal optree. Kom ons voed die publiek op oor sekere siektes, soos epilepsie, VIGS, bi-polêre versteuring, depressie en ander siektes wat stigma veroorsaak. Onderwys en opvoeding kan stigma heeltemal uitroei. Ons kan die hele wêreld mobiliseer deur op die internet, facebook en twitter, antistigma boodskappe (met feite) te stuur. Daar is reeds wetgewing teen diskriminasie in Suid-Afrika, waarvan die SA Grondwet die belangrikste is. Volgens die wet mag jy dus nie teen iemand diskrimineer nie. Kom ons vra die media om meer te fokus op empatie vir die hartseer en vrese van uitgeworpenes. Kom ons help diegene wat dink dat hulle geen waarde het nie, om ’n gevoel van eie waarde te besef en te glo dat hulle respek verdien en dat hulle sinvolle lewens kan lei. Help hulle om te glo dat hulle kosbaar is vir die Here en by hom altyd troos en liefde sal vind.

Ten slotte: Wat sou Jesus gedoen het? Kan ek soos Jesus wees en almal wat op my pad kom met empatie en ware omgee behandel? Kan ek omgee vir diegene wie se gedrag my ongemaklik laat voel of wat my te na kom? Stel ek ’n voorbeeld aan almal wat my ken, deur nie ander seer te maak, te etiketteer of te veroordeel nie, maar om hulle te aanvaar, soos Jesus hulle in liefde sou aanvaar het? Wat sal ek doen as mense die vertrek verlaat as ek inkom, as hulle oogkontak met my vermy, oor my fluister, nie langs my wil sit nie, net omdat ek ‘anders’ is? Die vlak van beskawing in ’n gemeenskap word gemeet aan die wyse waarop hulle die siekes, gestremdes, armes en uitgeworpenes behandel. Is ons ’n beskaafde gemeenskap? Is ons ’n Christelike gemeenskap?

DIE GROOT VREUGDE Om in ’n koor te kan sing is een van daardie dinge in die lewe wat ONEINDIG vreugde verskaf. Daar is ’n soort terapie daarin wat ’n mens heelmaak – wat jou laat vergeet van jou sorge en wat jou na ’n hoër vlak van bestaan neem. Wanneer die liedere wat jy sing dan ook geestelike liedere is – Psalms en Gesange, of liedere uit die ryke skat van die Christelike musiek, het koorsang ’n dubbele doel: Nie net is dit terapeuties nie, maar bring dit jou baie nader aan jou Skepper. Jy sing VAN jou Skepper, jy sing VIR jou Skepper, en jy kom NADER AAN jou Skepper. Die afgelope tyd het daar ’n paar films verskyn wat hierdie betowering van koorsang vir ons uitbeeld, soos As it is in Heaven en A song for Marion. Maar die persoon wat die wonder van koorsang die mooiste kon beskryf, is die Franse skryfster Muriel Barbery in die hoofstuk ‘A Choir is a beautiful thing’ in haar boek The Elegance of the Hedgehog (GALLIC, 2008 - p.180-181). Ek vertaal vrylik: “In ons pragtige woonbuurt is daar ’n skool, en die skool het ’n koor. Gistermiddag was dit die skoolkoor se uitvoering. Niemand dink dat dit vreemd is om in hierdie koor te sing nie, inteendeel almal wil graag deelneem, maar Monsieur Trianon, die musiekonderwyser, kies sy koorlede met die hand. Monsieur Trianon is jonk en musikaal en hy laat die koor nie slegs die tradisionele liedere sing nie, maar ook dié van moderne komponiste. Verder word die koor begelei deur uiters stylvolle orkestrasie. Die middag van die uitvoering is die skoolsaal stampvol en daar heers ’n atmosfeer van gedempte opwinding. Uiteindelik verskyn die koor geklee in rooi en wit, met strikdassies vir die seuns en lang rokke met skouerbandjies vir die meisies. Oorweldigende applous volg. Monsieur Trianon maak sy verskyning, gaan sit op ’n hoë stoeltjie, sy rug na die gehoor, in sy hand ’n dirigentstokkie met ’n flitsende rooi liggie aan die punt. Stilte

Marita Op’t Hof

daal op die gehoor neer en die uitvoering begin. Elke keer is dit van vooraf ’n wonderwerk. Hier is al die mense met hulle hartseer, drome, wense, hoop en verwagtinge. Die skooljaar is gevul met programme en aksies en onbenullighede... Hier is al die onderwysers en al die kinders – almal besig om deur die ‘lewe’ te stoei – die lewe vol hoop en trane en lag en verlore drome en onvervulde wense... Al hierdie dinge verdwyn in ’n oogwink wanneer die koor begin sing. Die alledaagse lewe verdwyn en word opgeneem in die wonder van die musiek. ’n Mens word oorweldig deur ’n gees van broederskap, ’n diepe eenheid. Dit verander die wreedheid van die alledaagse lewe in ’n gees van perfekte harmonie. Selfs die koorlede se gesigte word getransformeer. Ek sien nie meer vir Achille Grand-Fernet of Deborah Lemeur of Segolene Rachet of Charles SaintSauveur nie. Hulle verander in mense wat oorgegee is aan musiek. Dit is elke keer dieselfde ding: Die huil wel binne in my op. My keel trek toe en ek probeer my uiterste om myself te beheer. Partymaal kan ek amper nie. Ek wil uitbars in snikke. Dus, wanneer hulle die kanon sing, kyk ek af na die grond: Dit is net te veel emosie op een slag – dit is soveel skoonheid tegelyk op een keer. Dit is wonderskoon – hierdie samesang en die gedeelde moment. Ek is nie meer ek nie. Ek word ’n deeltjie van ’n verhewe eenheid waarvan die ander ook deel is. En ek wonder altyd in hierdie oomblikke waarom dit nie die realiteit van die daaglikse lewe kan wees nie – waarom dit slegs ’n uitsonderlike oomblik moet wees wanneer die koor sing. Wanneer die koor ophou, breek daar ’n oorverdowende applous uit. Almal se gesigte is opgelig, die koor stralend. Dit is so pragtig.” Aan die einde wonder ek of die ware wenteling van die aarde nie dalk net ’n mensestem verhef in sang is nie...

LYNNWOORDE 9 13


NUWE GENERASIE UITREIK NA YA BANA VILLAGE

Kontak gerus vir Carina by 082 900 4087 as u meer inligting verlang of betrokke wil raak.

In die Junievakansie het sestien jongmense van ons gemeente en die Hervormde gemeente Pretoria-Oos na die Ya Bana Village uitgereik. Ya Bana Village is ’n plek van hoop vir kinders sonder ander heenkome en ’n projek waarby Lynnwood-gemeente al baie jare betrokke is en dit was vir ons ’n voorreg om tyd saam met die kinders en personeel van Ya Bana deur te bring. Die warmte en liefde waarmee almal by Ya Bana ons ontvang het, het ons dadelik tuis laat voel.

Die jongmense het saam met ds Fay op die perseel gebly in een van die pas voltooide jeughuise. Met die intrapslag het hulle beleef hoe dit is om sonder elektriese krag klaar te kom want die transformator het geblaas weens onwettige koppelinge aan die lyn wat Ya Bana moes voorsien. Maar koue storte en piknag donkerte het die vuur van God se liefde net helderder laat brand by hierdie jongmense. Met tuisbesoeke en daaglikse aktiwiteite saam met die jongmense van die kinderhuis en die omliggende woongebied het hulle die liefde van Jesus met die gemeenskap gedeel.

Estelle Terblancé en Fay van Eeden

Soggens na groepbybelstudie het ons op Ya Bana se perseel met instandhoudingswerk gehelp. Smiddae is gereserveer vir speeltyd saam met die kinders wat hand aan hand gegaan het met ’n kort Bybelles wat deur die kleurvolle karakter, Chef Fruity, en die res van ons span aangebied is. Saans het ons rolprente vertoon en selfs een aand ’n kultuuraand gehou waar ’n ieder en ’n elk sy of haar dramatalente op die verhoog kon ten toon stel. Daar was egter ’n baie spesiale tydjie tussen speeltyd en die aandprogram – huisbesoek! Donderdag se huisbesoek was veral baie spesiaal, want die jongmense het met wors en sheba in die hand by plaaslike gesinne gaan kuier en eet. Estelle vertel van haar en haar groep se huisbesoekervaring:

Elizabeth nooi ons vriendelik in. My oog vang eerste die Setswana Bybel op haar bank waarvan die buiteblad en die eerste paar bladsye afgeskeur is en die res omkrul van ouderdom. Flink en vinnig skuif sy die minimalistiese goedjies in haar elektrisiteitlose huisie rond, ’n vlammetjie word aangesteek en kort voor lank ruik die huisie na sheba. Na ’n aan-

vanklike ongemaklike stilte laat val sy dat sy so geseënd is om vanaand kuiergaste te ontvang. Sy vertel ons dat die kombuis waarin ons staan eintlik ’n badkamer moet wees en dat hulle nog moet aanbou, maar dat sy al dood sal wees wanneer dit gebeur… Sy voeg by dat dit haar nie pla nie, want sy is dan in die hemel en dis baie beter daar! Na elkeen se bord vol geskep is, sit ons buite en deel ’n ete terwyl die son prentjiemooi oor Winterveld ondergaan. Elizabeth vra uit oor ons families en ons hoor van haar vyf kinders en gesels hartlik saam. Om in woorde te verduidelik wat ons beleef het tydens ons verblyf en besoeke by Ya Bana is onmoontlik. Watter woorde gebruik mens om die onblusbare vreugde van die Here te beskryf wat in ons opgevlam het toe die son oor verskillende etenstafels in Winterveld daardie aand gesak het? Hierdie huisbesoek en al die ander ervarings wat ons by Ya Bana gehad het sal vir baie lank in ons harte voortleef. Dankie aan elkeen wat hierdie onvergeetlike uitreik moontlik gemaak het. Dankie vir die hulp met vervoer, die skenkings en die gebede. ’n Spesiale dankie aan Carina Goosen en Amanda Gazendam vir al julle ondersteuning en aan Hennie Ehlers wat hard gewerk het om te sorg vir ’n dak oor ons koppe.

Daar is ’n kinderhuis en kleuterskool op die Ya Bana perseel, wat gesamentlik 170+ kinders bedien. Ya Bana is al sedert 2006 ’n Uitreik van ons gemeente met Carina Goosen as stigterslid. Sy het al vóór 2006 by die nood in die Winterveld betrokke geraak, en werk nóú saam met die Mabopane Foundation van die VSA om strukture en prosedures vir die versorging van kinders in nood in plek te kry. Heelwat van ons gemeentelede is of was al op verskillende maniere betrokke, hetsy by weeklikse besoeke, organisasie van kos, ondersteuning van huisma’s, boomaanplantings en groentetuinbeplanning, fondsinsamelings soos die tweedehandse winkel wat maandeliks by die kerk gehou word, of die jaarlikse gholfdag wat deur ’n plaaslike prokureursfirma gereël word. Die gemeente help ook met spesifieke bou- en instandhoudingsprojekte op die Ya Bana perseel, of met opleiding van personeel, veral onderwyseresse, of by weeklikse, maandelikse of sporadiese skenkings en/of geldelike ondersteuning. Ya Bana is baie dankbaar teenoor almal wat hierdie projek met soveel liefde ondersteun. Dit help ons om van krag tot krag te gaan. Die uitdagings is baie en die frustrasies soms groot, maar die lesse wat geleer word en die verhoudings wat met ’n gemeenskapin-nood opgebou word, is onbetaalbaar kosbaar.

LYNNWOORD 8 11 14 LYNNWOORDE 9


OUTREACH REPORT – by the management of YA BANA VILLAGE The outreach happened from the 9th to the 14th July. Below is a breakdown of attendance by adults and children of the community. DAY

No. of children No. of adults TOTAL

Tues-Thur Friday Saturday (Community day)

215

17 232

94

7 101

192

The group touched the community by doing visits to their homes and sharing meals. Six children and one adult were led to Christ during the outreach and are participating in the prayer meetings and church services. Romans 8:29(a)- For Whom He foreknew, He also predestined to be conformed to the image of His Son,

15 207 TOTAL

The outreach was a huge success in its planning and execution and Ya Bana is most grateful to the group of young people from the church who made it happen. The children and adults alike learnt valuable lessons through various activities such as play, fun and movies.

With these words Ya Bana children, staff, management and the board greet you. May we add that during the outreach week we saw the image of Christ in each and every young person who visited us.

772

seekamp 2013

Valize Scholtz

309 mense van 10 gemeentes + 5 busse + die Suidkus van Kwazulu Natal = DIE GROOTSTE SEEKAMP OOIT! Die Gautengers het tydens die Septembervakansie omtrént die TO-strand op horings geneem. Swem, tan en strandsport was aan die orde van die dag en het vir ’n paar rooigebrande en seer lywe gesorg. Maar die Seekamp het oor baie meer as sonbrandolie en snorkel gegaan…

God se droom vir ons lewe te ontdek en radikaal vir Hom te lewe. Tussen alles deur was daar ook nog tyd vir uitreike na die Give a child a family-versorgingsentrum en die Margate polisiestasie, asook ’n aardskuddende flashmob by die Shelly Beach winkelsentrum!

Hierdie jaar kon die kampeerders besluit of hulle soggens, na stilword op die strand of lofprysing in die saal, by die verhoudings- of die geloofsessie wou inskakel – sessies wat deurgaans prakties en interaktief aangebied is. En die hoogtepunt van elke dag was Louis Brittz se inspirerende boodskap tydens die aandsessie. Met die woorde You are here for a season and a reason het Louis ons almal uitgedaag om

Hierdie jaar se Seekamp was ’n ongelooflike ervaring waarin honderde jongmense meer oor God en hulself geleer en ’n ook verskil op die Suidkus van Kwazulu Natal gemaak het. Dankie aan elkeen wat hierdie kamp moontlik gemaak het deur ’n koek te koop of te verkoop, met borge gehelp en vir die kamp gebid het.

NUWE GENERASIE

LYNNWOORDE 9 15


In jou skoene

Erika Theron

’n Mens sê maklik: “As ek in jou skoene was . . .” Wat is intiemer as skoene? Ek onthou steeds, vyf en veertig jaar na my ma se dood, die vorm van haar voete, selfs die afdruk van haar bunions, in haar swart strepiespantoffels. Een van my ma se mees kenmerkende eienskappe was haar vermoë om in hart en grein te wéét hoe dit is om iemand anders te wees. Dit het uiting gevind in haar deernis en warmte, in die geredelikheid waarmee haar uitsonderlike blou oë vol trane geskiet het. Tot my ontroering vind ek haar empatie, in dieselfde gedistilleerde vorm, terug in van haar kleinkinders. ’n Spreekwoord van die Amerikaanse Indiane lui, “Do not judge your neighbor until you walk two moons in his moccasins.” Die vraag is of dit ooit moontlik is om, prakties of in jou verbeelding, iemand anders se lewensomstandighede werklik jou eie te maak. Maar sekere mense besit amper vanself die vermoë. Dit is ’n talent in eie reg. In Beeld van 3 September 2013 was daar ’n foto van ’n jong pa en ma, elk met ’n kleuter op die heup, voor die eenkamerhut in die Phomolongplakkerskamp in Mamelodi waar hulle amper ’n maand lank, uit vrye keuse, soos die arm mense om hulle gewoon het. Die doel van die Hewitt-gesin, toe al baie bekend deur al die mediaaandag wat hul eksperiment gekry het, was: “om die mure tussen ons en die mense om ons af te breek, ook om ons akademiese kennis oor mense in plakkerskampe in praktiese kennis te verander.” In die proses wou hulle, en hét hulle ook, ’n gesprek begin waarvan hierdie seker dan ook deel is. Ek lees hoe familielede van mense met demensie gehelp word om die skrikwekkende en onsekere nuwe wêreld van hul geliefdes te ervaar en te verstaan. Hulle word skoene gegee wat hul vermoë om te loop strem, handskoene wat die hande en vingers styf en dom maak, oorfone wat geluid

16 LYNNWOORDE 9

demp en vervorm en agtergrondgesuis en gefluit byvoeg, ’n bril wat die effek van makulêre degenerasie naboots. Al duur die eksperiment skaars twintig minute lank, raak gesonde mense gedisoriënteerd en vind hulle dit amper onmoontlik om ’n reeksie allereenvoudige opdragte in te neem, te onthou of uit te voer. Videomateriaal wys hoe ook húlle nou verdwaald kasdeure oop- en toemaak, hoe hulle doelloos rondtas en soek. Die ervaring en nuwe insig het ’n skuddende, ingrypende emosionele effek op die deelnemers. Party vind dit skaars moontlik om te verduur. In Jesus het God mens geword en tussen ons kom woon. Hy wéét hoe dit is om ons te wees.

Sotho-lesers Esaya 9 5

Seeta sa mohlabani ka mong, seaparo ka seng se sudubantsweng mading, tsena di tla akgelwa mollong, di tjheswe. Rona re tswaletswe Ngwana, rona re filwe Mora, puso e tla ba mahetleng a hae, o tla bitswa Radimakatso

O / ZERO TREE FELLING CC BOOMSLOPING en snoei van bome en struike. Ons verskaf ook kaggelhout Kontak Ernst by 083 656 4992

Alles op CD, DVD, mp3 Alles op CD, DVD, mp3, langspeelplate, 78’s, solo 7s, klankkassette, video’s (verskeie formate), kleurskyfies, foto’s. U CD-snitte ook na mp3. Aflaaipunt in Hatfield 012 527 0140 Mari: 083 611 0317 Chris: 083 604 8167 www.video-c.co.za

le Moeletsi, Modimo ya matla, Rabosafeleng, Kgosana ya Kgotso. O tla hodisa mmuso wa hae, o be le kgotso e sa feleng; o tla busa a le teroneng ya Davida, a okamele mmuso wa hae, a o tsitsise, a o tshehetse ka toka le ka ho loka kamehla le mehla. Tjheseho ya Morena mabotho e tla phethahatsa hona.

MOEDER TERESA (1910 – 1997) VAN KALKUTTA het gesê: Lewe is ’n geleentheid, gebruik dit tot jou voordeel Lewe is skoonheid, bewonder dit Lewe is ’n droom, realiseer dit Lewe is ’n uitdaging, aanvaar dit Lewe is plig, doen en voltooi dit Lewe is ’n spel, speel dit Lewe is ’n belofte, kom dit na Lewe is smart, oorkom dit Lewe is ’n lied, sing dit Lewe is moeite, aanvaar dit Lewe is ’n tragedie, spreek dit aan Lewe is ’n avontuur, waag dit Lewe is geluk, skep dit Lewe is te kosbaar, moet dit nie vernietig nie Lewe is lewe, veg daarvoor! Uit: Predikante Boodskap 29 Desember 2011 van Johann Voges

www.nglynnwood.co.za


Lynnwoorde