__MAIN_TEXT__
feature-image

Page 1

KWARTAALTEMA | Verhoudinge! 20 NOVEMBER 2011

Welkom by NG Gemeente Lynnwood! DIE BELANGRIKSTE DINGE WAT JY MOET WEET

VANDAG SE EREDIENSTE OGGENDDIENS 09:00 | KERKGEBOU Johann Voges [Kerssangdiens]

AANDDIENS 18:30 | KERK Fay van Eeden

VOLGENDE SONDAG

1

Kerstee | Die Gasvryheidsbediening nooi almal hartlik uit na 'n Kerstee na die Kerssangdiens in Koinonia.

2

Sterkte aan almal wat eksamen skryf!

3

Nuwe Lidmate-tee | Die Gasvryheidsbediening nooi al die nuwe lidmate uit na 'n Nuwe Lidmatetee na die oggenddiens volgende Sondag in die Kapel.

OGGENDDIENS

VOORBIDDING |

09:00 | KERKGEBOU Pieter Oosthuizen [Advent 1]

 Theresa Pronk, Tuinhuis 1, Kings Highway 430, Lynnwood, 012 361 2881 – siek.

AANDDIENS

 Danie Troskie, Die Rand 316B, Menlopark, 012 348 5336 – siek.

18:30 | KERK Peet Crous ADORAMUSDIENS | Woensdae om 19:00 [Kapel]. Kom aanbid die Here in stilte; ons luister na musiek en dink oor Skrifgedeeltes. Meer inligting: Pieter Oosthuizen 082 579 1125 of Johan Jooste 072 555 0300.

 Bess Radloff, Lynnwood Oord 6, The Hillside 315, Lynnwood, 012 348 5322 – kliniek.  Rina Poggenpoel, Ruimtesig A10, Koedoebergweg 642, Faerie Glen, 012 991 6210 – Flip oorlede. Begrafnisdiens was Vrydag.

'n Duisend dankies en hope waardering aan:  Riaan, die kore, die personeel en die predikante vir hulle aandeel in ons Feesdiens verlede Sondag – dit was 'n fees!  Johan en Anneke Doms, al die potjiekosmakers en ander helpers vir die wonderlike potjiekos-ete; ook almal wat kom saamkuier het;  Fay en die Nuwe Generasie-span vir die mooimaak van die kerk, die reël van 'n heerlike kerssang-program en die twee orkeste;  elke lidmaat vir u verjaarsdagdankoffer en bring van die koeverte na die erediens toe . . . u kan nog steeds u koevert inhandig, indien u nog nie die geleentheid gehad het nie;  Riaan, Jozua Loots, Daniël Nel en Antoinette Olivier vir 'n wonderlike verjaarsdag-ervaring Woensdagaand tydens die Verjaarsdagfeeskonsert.  Al die instrumentaliste en sangers by vanoggend se Kerssangdiens.

Baie welkom aan alle besoekers en nuwe intrekkers. Ontmoet asb die predikant na die diens by die liturgiese ruimte. 24/7 CHRISTEN WEES | FONTEINE | GEMEENSKAP | EKOLOGIE | VERHOUDINGE


HIERDIE WEEK SE KALENDER AKTIWITEITE MAANDAG

Gebedsgroep 09:30 [Kapel]. Kontak: Hanthi Jacobs 012 361 9058/083 293 0263 of Peet Crous 012 361 4219/079 893 5572 met gebedsversoeke. Kerkraadsvergadering 19:00 [Koinonia].

DINSDAG

Bybelstudie 08:15 – Peet Crous [Nerina Deale, Elveramstraat 51, Lynnwood Glen, 012 361 1896]. Bybelstudie 08:30 [Koinonia] – Pieter Oosthuizen 012 348 4004/082 579 1125. Tabita 14:00 [Gesinskerk] – Selma du Preez 012 361 1626. Bybelstudie 19:00 [A21] – Johann Voges 012 361 1537/082 579 1122.

WOENSDAG

'Young-couples'-selgroep 19:00 [Die Sjêk]. Meer inligting: Fay van Eeden 083 478 0854. Adoramus 19:00 [Kapel].

DONDERDAG

Bybelstudie 09:00 Lynnwood Oord – Johan Jooste. Tabita Afsluitingsfunksie 14:00 [Gesinskerk] – Selma du Preez 012 361 1626.

VRYDAG

Christelike Meditasie 07:00 [Kapel]. Kontak: Kosie de Clerk 083 299 7263. Bybelstudie 08:00 [A21] – Johann Voges 012 361 1537/082 579 1122.

BEDIENINGSNUUS • Mabopane Uitreik | benodig asb 'n tuinbank en 20 tot 30 inheemse bome vir die ingang by die Ya Bana Village. Indien u kan help skakel asb vir Sini Meyer 083 455 9473. 'n Baie groot dankie aan almal wat ons ondersteun! • Lynnwoorde | Die Kersuitgawe is by die deure beskikbaar. Neem gerus een!

• Preke op CD | Bestellings kan na die oggenddiens by die info-toonbank geplaas word of kontak die kerkkantoor 012 348 1245. • Jakaranda Kinderhuis Kersfees Liggiefees 2011 | 1 – 31 Des 19:00 – 21:30. Naweke en Vakansiedae 19:00 – 22:30. Laservertoning 9 Des. Kerssangaand 3, 15 en 23 Desember. Toegang R10 pp. Talitha Kumi str, East Lynn. Navrae 012 800 4700.

CD Bekendstellingskonsert : Vrydag 25 November om 19:30 in die kerk | Marc Botha [saxofoon] en Riaan Steyn [orrel]. Kaartjies by Computicket R90 [volwassenes] en R70 [skoliere]. [Sluit vinger-ete en vrugtesap/wyn in.] U kan ook vanoggend na die diens by die info-toonbank kaartjies kry. Navrae: Kerkkantoor 012 348 1245.

KONTAK-INLIGTING • • • •

Kerkkantoor |012 348 1245 of kerkkantoor@nglynnwood.co.za. Kosters |Pieter Schoeman [dagkoster] 082 771 8988 | Frikan Erwee [na-ure koster] 083 603 4961. Kombuis [breekgoed, eetgerei, tafeldoeke, ens] |Maretha Brits 073 267 7019. Bankbesonderhede: NG Gemeente Lynnwood, ABSA Brooklyn Court [632005], Rek nr 540 580 014.

Profile for NG Lynnwood Gemeente

Afkondigings 20 November 2011  

Afkondigings 20 November 2011

Afkondigings 20 November 2011  

Afkondigings 20 November 2011

Advertisement

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded