Afkondiging 15 September 2019

Page 1

15 SEPTEMBER 09:00 Erediens Immanuel van Tonder 09:00 Kategese gr 1-6 09:00 Kleuterkerk Dis lente – bring 'n blommetjie saam. Ons sluit die kwartaal af met bak-en-brou.

18:00 Aanddiens & Pelgrimsgroepe Marina de Wet 19:00 Belydenisklas

22 SEPTEMBER 09:00 Erediens Immanuel van Tonder 18:00 Aanddiens Eric Scholtz

Voorbidding: Christa Pienaar en familie, Queens Crescent 450C, Lynnwood, 012 348 6553 – Francois oorlede. Begrafnis was Vrydag.

Verbouings: Gedurende die volgende paar weke vind verbouings by ons kerkkompleks plaas. Ventilasiegate in die kerkgebou word vervang en die moederskamer vergroot.


Dinsdag:

Bybelstudie 08:15 (Nerina Deale, Elveramstraat 51, Lynnwood Glen, 012 361 1896) – Peet Crous 079 893 5572. Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Nuwe Generasie Bybelskool 19:00 (Jeugsentrum) – Jeanri Bezuidenhout 074 893 2836.

Woensdag:

Kleingroep vir Mammas met babas en kleuters 10:00 – 11:30 (in die jeugsentrum) – Liesel Strasheim 082 344 4323 / Marina de Wet 082 505 2616. Ons behandel 'n boek.

Donderdag:

Bybelstudie 09:30 (Lynnwood Oord). Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Eiendom vergadering 18:00 (Kerkkantoor). Skole sluit. Gebedsgroep 09:30 (B5). Hanthi 083 293 0263 | Peet 079 893 5572 met gebedsversoeke.

Vrydag:

Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord. Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre. (Psalm 130:5,6) Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding. (Romeine 8:24-25) Ons hou nie daarvan om te wag nie. Ons wil nie in lang rye staan nie. Ons wil nie lank in 'n wagkamer sit voor ons toegang kry tot die persoon met wie ons 'n afspraak het nie. Dit is vir ons frustrerend om te moet wag. In die aangehaalde teksgedeeltes uit Psalm 130 en Romeine 8 word die geloofslewe beskryf as 'n wag op die Here. Hierdie wag op die Here is nie net 'n geloofsfase wat van 'n verbygaande aard is nie. Dit is 'n basiese houding wat die hele geloofslewe omvat. "The condition of man's relation to God is first of all one of not having, not seeing, not knowing, and not grasping", skryf die groot Duits-Amerikaanse teoloog Paul Tillich (1886-1965). Waar die Christendom dit vergeet en hul wagtende houding prysgee, ontaard dit in afgodery. Toe die Israeliete nie langer wou wag nie, het hulle besluit om 'n goue kalf te maak wat vir hulle 'n god kon wees (Eksodus 32). Volgens Paul Tillich is sulke afgodery 'n werklikheid binne die Christendom. Dit kom na vore by die predikant en die teoloog wat nie op God wag nie, omdat hulle Hom in volledig uitgewerkte leerstellings besit. Dit kom na vore by die Bybelkunde student wat nie op God wag nie, omdat hy Hom in 'n boek besit. En die lidmaat wat nie op God wag nie, omdat hy Hom in 'n instelling, die kerk, besit. En die gelowige wat nie op God wag nie, omdat sy Hom volkome in haar geloofservaring besit. Hierdie houding wat daarop aanspraak maak dat die gelowige vir God besit, strook egter nie met wie God is nie. "For how can God be possessed? Is God a thing that can be grasped and known among other things?.., since God is infinitely hidden, free, and incalculable, we must wait for Him in the most absolute and radical way" (Paul Tillich). Buiten dat dit nie strook met wie God is nie, bevorder dit ook nie God se saak in die wêreld nie. Elkeen wat al te doen gekry het met 'n Christen of 'n aanhanger van 'n ander geloof wat daarop aanspraak maak dat hulle God besit, weet hoe afstootlik dit is. Ek het al gewonder oor watter rol dit speel in ongelowiges se aanstoot aan Christene se getuienis, getuienis wat daarop neerkom dat hulle God besit…? Toegegee, dit is nie maklik om Sondag na Sondag te preek sonder dat die prediker voorgee dat hy/sy God besit en Hom tot ander se beskikking kan stel nie. Dit is nie maklik om met kinders en heidene, skeptici en agnostici oor God te praat en hulle duidelik te laat verstaan dat ons nie vir God besit nie, maar dat ons steeds op Hom wag… Groete Eric Scholtz (Namens die predikantespan)


Gemeentevroue en Martie en Jorrie Jordaan van Lynnwood Oord het die afgelope week koekies en kruideniersware by Harmoniehof Aftree Oord gaan aflaai. Lynnwood Oord het kruideniersware geskenk. Baie dankie aan almal wat koekies geskenk het – dit word opreg waardeer!

Abram van Heerden, Dianaweg 385, Lynnwood, 083 289 0607, word Dinsdag 17 September 92 jaar oud. Juan het by oom Abram en tannie Philene gaan kuier en hom geluk gewens.

WhatsApp gerus foto's aan 063 481 3864

Soos gewoonlik 'n bedrywige, vol Tabita naaldwerkklas. Baie dankie vir die brilskenkings – dit word goed gebruik.

Wil jy 'n gasvrou wees by die Damestee? Bespreek 'n tafel van 8 persone. Gasvrouens is verantwoordelik vir die dek van 'n tafel en reël van peuselhappies. Eetgerei word voorsien. Kontak vir Monique (082 828 8581) of Anel (082 069 0494) vir besprekings.


012 348 1245 Kantoorure: Ma-Do 07:30 – 12:30, Vry 07:30-12:00 kerkkantoor@nglynnwood.co.za; www.nglynnwood.co.za Posbus 36430, Menlopark, 0102 Sussexlaan 439, Lynnwood (GPS: S 25° E 28° 15.93) 084 588 4948 Juan Ferreira (koster) 073 267 7019 Maretha Brits (kombuis) bets@nglynnwood.co.za (lokaalhuur) 012 348 1245 (CD bestellings (diens en begrafnis) kerkkantoor@nglynnwood.co.za (Muur van herinnering) 063 481 3864

Lidmaatskap: Het jou inligting verander of wil jy 'n lidmaat word? Aanlynvorm: www.nglynnwood.co.za – meer info – vorms | Kontak: 012 348 1245 of e-pos bets@nglynnwood.co.za. Doopregistrasie: Aanlynvorm: www.nglynnwood.co.za – meer info – vorms | Kontak: 012 348 1245 of e-pos bets@nglynnwood.co.za. Klein advertensies: Indien u 'n kennisgewing op die borde wil plaas, bring dit asseblief na die kerkkantoor of Info-toonbank. Stuur dit ook gerus vir plaas op die kennisgewingborde en in Gemeenskapsblad op die web https://st2.ning.com/topology/rest/1.0/file/get/33514 99160?profile=original. Motorwagdonasies: Houers in die portaal beskikbaar. Dankie vir u ondersteuning.

Elektroniese e-pos (Kontak): Mense wat nog nie die Kontak elektronies ontvang nie of weet van iemand wat dit graag wil ontvang, kan gerus hulle e-pos adresse aan die kerkkantoor stuur by kerkkantoor@nglynnwood.co.za of WhatsApp dit aan 063 481 3864. Parkering tydens eredienste: Almal word vriendelik versoek om asseblief wettig en ook in die regte rigting voor die kerk te parkeer tydens die eredienste, om verkeerspolisie-optrede te voorkom. Herwinningshouers: In die parkeerarea (Sussexlaan) – bring gerus herwinbare artikels. Maak asseblief artikels, kartonhouers en blikkies plat. Oorweeg asseblief biddend 'n dankoffer d.m.v. een van die volgende wyses: koevert, aftrek- of debietorder of elektroniese oorplasing. Bankbesonderhede: NG Lynnwood, ABSA Takkode: 632005, Tjekrekening nr. 540 580 014 (gebruik asseblief u Voorletters en Van as verwysing) en e-pos bewys van betaling aan finansies@nglynnwood.co.za of Snap Scan.

GOOI IN KOLLEKTEBORD | HANDIG IN BY DIE INFO-TOONBANK Besoeker? Nuwe intrekkers? Ons wil jou graag leer ken! Naam & Van:

@  Enkel

Jonggetroude

Tiener

Gesin

Student

Senior-lidmaat

Jongvolwassenes

Die kerkkantoor beskik oor 'n aantal kassette (argief) wat na CD-formaat omgeskakel moet word. Indien u weet van iemand wat hierdie diens aanbied, laat weet gerus die kerkkantoor by 012 348 1245


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.