Page 1

4 DESEMBER 2016  09:00 Erediens – Doop

Fay van Eeden

Jesaja 2

Nie swaarde en spiese nie – maar ploegskare en snoeiskêre. Johan van der Heever (Danie en Nelia), Lana de Nysschen (Rijan en Letticia), Andreas du Toit (Stephan en Nina) en James de Nysschen (Henry en Vicky) se kinders word vanoggend gedoop. Baie welkom aan al die familie en vriende.

09:30 Lynnwood Oord Kerssangdiens

Johan Jooste

Advent 2 In die Handleiding vir die Erediens word genoem dat Advent die begin van die kerklike jaar is en dat dit 'n aanvang neem op die vierde Sondag voor Kersfees. Een van die algemeenste simbole in hierdie tyd is die Adventskrans. Dit is 'n sirkelvormige krans waarbinne vyf kerse geplaas word; vier op die sirkel en een in die middel. Drie van die kerse op die sirkel is blou terwyl die vierde een ligroos is. Die middelste kers is wit. Die kerse word agtereenvolgens op die vier Adventsondae aangesteek sodat al vier kerse op die sirkel op die vierde Adventsondag brand. Die ligroos kers word op die derde Adventsondag aangesteek en die middelste kers, die Christuskers, op Kersdag. Die kleure vir Advent is Koningsblou/pers.

18:30 Aanddiens – Kapel

Immanuel van Tonder Diep vrede vir jou.

Eredienste tydens die vakansie 11 Desember 2016 09:00 Erediens – Advent 3

Fay van Eeden

Jesaja 9

 



Maak elke dag van Advent die deurtjie van ons eie Advent-kuns-kalender oop deur na die voorblad van ons gemeente webblad te gaan loer. Daar sal elke dag 'n stuk kuns wees wat op sy eie manier die goeie nuus van advent- en kerstyd verwoord. 

 

18 Desember 2016 09:00 Erediens – Advent 4

Fay van Eeden

  

Jesaja 52

 

25 Desember 2016 09:00 Kersdiens

Fay van Eeden 31 Desember 2016 18:30 Oujaarsdiens



Neem asseblief kennis van hierdie twee belangrike datums: Verwelkoming en oorsig van die belydenisjaar: 15 Januarie om 18:00 met die Aanddiens. Belydeniskamp: 18 - 19 Februarie. 

  

Peet Crous

 

1 Januarie 2017 09:00 Erediens : Doop

  

 

Peet Crous

 

8 Januarie 2017 09:00 Erediens

Peet Crous 18:00 Aandiens

Immanuel van Tonder

Baie dankie aan almal wat ons Kerssangdiens en –tee so spesiaal gemaak het.




Christiaan Jacobs, Clearwaterweg 105, Lynnwood Glen, 072 618 4812 – hospitaal. Baie dankie aan almal wat pakkies vir die Weskoppies besoek gebring het. U meelewing word opreg waardeer!

 Ons wil graag baie dankie sê vir elkeen

wat ons gedurende 2016 ondersteun het, op welke manier ookal. Ons waardeer dit opreg. Mag u liefde en vrede gedurende die Kerstyd beleef, en dit is ons wens dat u seën en voorspoed in die Nuwe Jaar sal ontvang.

    

Kom raak stil voor 2017 se besig-wees jou insluk. Die retreat vind vanaf Vrydag 27 Januarie 2017 om 18:00 tot Sondagmiddag 29 Januarie om 13:00 by Origins in Krugersdorp plaas. Ons gaan saam dink oor die tema: "Met 2017 se vrese en vreugdes voor God". Daar sal tyd wees vir stilword, stap, skryf en gebed. Gaan loer gerus na Origins se webblad om te sien hoe mooi die sentrum en omgewing is. Die koste vir die naweek beloop R800 en sluit verblyf, 2 aandetes en versnapperinge in. Die res van die etes is elkeen self voor verantwoordelik. Origins se goed toegeruste kombuis is tot ons beskikking. Verblyf: dubbelkamers met 'n eie badkamer. Plek is beperk – om jou bespreking te verseker kontak asb. so gou moontlik vir Bets by die kerkkantoor om jou deposito van R400 te betaal. Vir meer inligting kontak gerus vir Fay van Eeden 083 478 0854 of Leanie Oberholzer 083 564 5232.

 

Ons wil graag die ruimte tussen die kerk en die saal as 'n gesellig koffie-drink ruimte inrig. Ons sou graag die ruimte met 'n paar draad tuinstelle wil vul. Indien u 'n tuinstel wil skenk kontak gerus vir die kerkkantoor of Fay 083 478 0854.



Houers in die portaal beskikbaar – dankie vir u ondersteuning.

"" 

Soek solank 'n kinderoppasser en merk die volgende datums op julle kalender – 16 Februarie, 2, 16 en 30 Maart. Daar gaan elke aand geleentheid wees om met mekaar oor 'n bepaalde tema te gesels terwyl julle aansit by 'n kersligete vir twee. Die koste vir die vier geleenthede is R1700 per paartjie. Of jy oud-en-getroud, verloof of in 'n nuwe verhouding staan - almal is welkom. Daar is slegs plek vir twintig paartjies. Bespreek jou plek by die kerkkantoor deur 'n deposito van R850 te betaal. Vir meer inligting kontak gerus vir Fay van Eeden 083 478 0854.

     

Oorweeg asb. biddend 'n dankoffer d.m.v. een van die volgende wyses: koevert, aftrek- of debietorder, elektroniese oorplasing NG Lynnwood, ABSA Takkode: 632005, Tjekrekening nr: 540 580 014 (gebruik asb. u Voorletters en Van as verwysing) of SnapScan

  

Die kerkkantoor sluit op 15 Desember 2016 en open weer DV op 3 Januarie 2017. Die predikante en personeel wens almal 'n Geseënde Kersfees en 'n voorspoedige 2017 toe.  Kontak-inligting: Kerkkantoor: 012 348 1245 kerkkantoor@nglynnwood.co.za. Koster: Frikan Erwee 083 603 4961. Kombuis: Maretha Brits 073 267 7019.

Afkondiging 4 Desember 2016  

Afkondiging 4 Desember 2016

Advertisement