Page 1

15 Junie VANDAG SE EREDIENSTE

BELANGRIK OM TE WEET

08:30 Erediens – Vadersdag

Kerrie-en-Rys vir Pandamatenga

Peet Crous Verskeidenheid van lidmate maak dag spesiaal vir pa's! 18:30 Aanddiens

1

Jakkie Strachan

"POWER HOUR" (Gr 7 – 11) As gevolg van die langnaweek sal daar geen “Power Hour” hierdie week wees nie. ∗ ∗

Geen Junior Kategese hierdie naweek. Sondagskoolpiekniek vir Junior Kategese op 22 Junie om 09:15.

‘Eat for Earth’-ete

Sondag 22 Junie 2014 08:30 Erediens

2

Eric Scholtz 10:10 Erediens & Kleuterkerk

Immanuel van Tonder Krisis, Kritici en Karakter 1 Sam 17 Bevestiging : Kerkraadslede Kleuterkerk afsluiting met poppekas 18:30 Aanddiens

Suid-Afrika is op alle vlakke 'n land van diversiteit . . . ook ten opsigte van kos. Kom pik en proe aan verskillende kossoorte van al nege ons land se provinsies, op 22 Junie na die aanddiens. Die geleentheid is deel van die groter 'Eat for earth'projek. Kaartjies kos R80/persoon en al die fondse word aan 'Soil for life' geskenk. 'Soil for life' sal die fondse gebruik om groentetuine in minderbevoorregte gemeenskappe te plant en onderhou. Kom kuier gerus saam! Kaartjies beskikbaar by die info-toonbank.

Voorbidding: ∗

Fay van Eeden ∗

Die predikantespan nooi lidmate uit om hulle gerus direk te skakel of die kerkkantoor te kontak indien u besoek verlang of van iemand weet wat 'n besoek benodig.

Wonderlike nuus - julle eet 26 Junie kerrie-en-rys EN JY HOEF DIT NIE SELF TE MAAK NIE – en dit vir slegs R25! Plaas jou bestelling vandag nog by die info-toonbank! Bestellings kan op 26 Junie tussen 16:00 en 18:00 by die ou kombuis (kerksaal) afgehaal word. Ten bate van Nuwe Generasie se Pandamatenga (Botswana) uitreik.

Hanlie Verwey, Kings Highway 436B, Lynnwood, 082 467 6467 – sterk tuis aan. Jannie, Marieta Loubser en gesin, Sussexlaan 433, Lynnwood, 083 287 7114 – Marieta se ma oorlede.

Kerkraadsvergadering 23 Junie 2014 om 19:00 in Koinonia.

Baie welkom aan alle besoekers en nuwe intrekkers. Ontmoet gerus die predikant na die diens by die liturgiese ruimte. Skryf asb ook u naam in die boek in die portaal of skakel die kerkkantoor of besoek die info-toonbank na die 1e oggenddiens. Ons wil u graag verwelkom! 24/7 CHRISTEN WEES | EENWEES | DIEN | LIEFDE | VIER


HIERDIE WEEK SE KALENDERAKTIWITEITE MAANDAG

Jeugdag

DINSDAG

Bybelstudie 08:15 (Nerina Deale, Elveramstraat 51, Lynnwood Glen, 012 361 1896) – Peet Crous 012 348 4004/079 893 5572. Bybelstudie 08:30 (Kapel) – Eric Scholtz 012 361 4219/082 856 5959. Tabita naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 012 361 1626. Nuwe Generasie Bybelskool 19:00 (Sjêk) – Jakkie Strachan 084 547 1660. Jongwerkendes-Bybelstudie 19:00 – Ingrid Fischer 082 862 2405.

WOENSDAG

Young-couples-omgeegroep 19:00. Meer inligting: Fay van Eeden 083 478 0854.

DONDERDAG

Bybelstudie 09:30 (Lynnwood Oord) – Johan Jooste 012 998 9166/072 555 0300. Tabita naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 012 361 1626. Egskeidingsbegeleiding 18:00 (B5) – Eric Scholtz 012 361 4219/082 856 5959. Jong Volwassenes Bybelstudie 19:30 (Sjêk) – Joekie Ahlers.

VRYDAG

24/7 T-Tyd. Christelike Meditasie 07:00 (Kapel). Kontak: Kosie de Clerk 083 299 7263. Bybelstudie 08:15 (A21) – Eric Scholtz 012 361 4219/082 856 5959.

Bewys van Lidmaatskap: Jeremy en Mona van den Heever, Strubenkop 376C, Lynnwood, 083 656 4338.

ALGEMEEN Lente-Retreat!  Lynnwood gemeente se retreat vind plaas by Good Shepherd vroeg-lentetyd vanaf 29 tot 31 Augustus 2014. Daar is 10 enkel- en 10 dubbelkamers beskikbaar. Koste: R850pp wat 'n dubbelkamer deel (etes ingesluit) en R1000 vir 'n enkelkamer (etes ingesluit). Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Inskrywingsvorms beskikbaar op die web of skakel die kerkkantoor 012 348 1245.

Y-Netwerk Seekamp 6 – 11 Oktober  Inskrywings by www.seekamp.co.za. Bybels in ander tale @ R45  by die kerkkantoor beskikbaar. CD opnames van preke @ R10  plaas bestellings by die kerkkantoor 012 348 1245 of by die info-toonbank op 'n Sondagoggend.

Motorwagdonasies  houers in die portaal beskikbaar – dankie vir u ondersteuning. Herwinning  daar is ook nou 'n houer vir glas (langs die papierhouers op die parkeerterrein). Maak gerus gebruik daarvan.

Biblioteek: Die biblioteek het in onbruik verval. Lidmate word uitgenooi om van die boeke (by die info-toonbank) te neem. U is welkom om 'n donasie te maak vir die boeke wat u neem.

NUWE GENERASIE UITREIK NA PANDAMATENGA Nuwe Generasie gaan 4-13 Julie, in samewerking met die Hervormde gemeente Pretoria-Oos en die NG gemeente Pandamatenga (Botswana), uitreik in die dorpie Pandamatenga en die omliggende omgewing. Ons is opgewonde om deur middel van kinderbediening, die Jesus-film en 'n opknappingsprojek 'n verskil in Pandamatenga te gaan maak. Kontak gerus vir Estel 072 606 2986 of Fay 083 478 0854 vir meer inligting. Indien jy met 'n borg kan help sal dit baie waardeer word: Borg 'n tenk brandstof: R1000, Borg 'n ete: R500, Borg 'n tolhek: R250, Borg 'n slaapplek: R100, Borg 'n Bybel: R50.

Almal word hartlik uitgenooi om saam te kom teedrink na die oggenddiens in Koinonia. Besoek gerus ook die Info-toonbank op 'n Sondagoggend na die 1e oggenddiens vir enige navrae.

Afkondiging 15 Junie 2014  

Afkondiging 15 Junie 2014

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you