Issuu on Google+

20 JANUARIE 2013

JAARFOKUS | Geloofsvorming

VANDAG SE EREDIENSTE

BELANGRIK OM TE WEET

08:00 Erediens Peet Crous ‘Wie is reg?’ Mat 7:

13-20

10:00 Erediens (Informeel) Immanuel van Tonder Boustene van Bome: ‘Wie is ek?’ Jes 43:1-7

10:00 Kleuterkerk

Verwelkomingstee Die Gasvryheidsbediening nooi almal hartlik uit na 'n Verwelkomingstee, Sondag, 27 Januarie 2013 tussen 09:00 en 10:00 in Koinonia.

18:30 Aanddiens Fay van Eeden Gewortel. . . .

 Junior kategese | 09:15 Grootgroep in die saal.

VOLGENDE SONDAG

 Senior kategese klasindeling | 17:17 in die saal.

08:00 Erediens Eric Scholtz

VOORBIDDING

10:00 Erediens (Informeel) Eric Scholtz

10:00 Kleuterkerk 18:30 Aanddiens



Koos Terblanche, Oxfordsteeg 4, Lynnwood Manor, 012 361 9013 – Zuid Afrikaanse Hospitaal (intensief).



Christené Roos (012 361 3117), voorheen van Lynnwood – Danie oorlede.

Peet Crous Ons eerste Belydenisaflegging vir 2013 vind op 3 Februarie plaas. Aansoeke vir hierdie geleentheid sluit 20 Januarie. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor. Tydens die afgelope kerkraadsvergadering is Sue Visser [Erediens] as primarius kerkraadslid verkies.

Opdatering van Lidmaat-inligting | 'n Alfabetiese lidmaatlys is in die voorportaal uitgepak. Ter wille van effektiewe kommunikasie in die gemeente sal ons dit waardeer indien u die inligting kan kontroleer en verander waar nodig. Kontroleer asb alle lede van u gesin. Indien u besonderhede nie op die lys verskyn nie, kontak asb. die kerkkantoor. Baie dankie vir u samewerking in dié verband!

Baie welkom aan alle besoekers en nuwe intrekkers. Ontmoet asb die predikant na die diens by die liturgiese ruimte en meld asb aan by die info-toonbank. 24/7 CHRISTEN WEES | EENWEES | DIEN | LIEFDE | VIER


HIERDIE WEEK SE KALENDER AKTIWITEITE MAANDAG

Gebedsgroep 09:30 (Kapel). Kontak: Hanthi Jacobs 012 361 9058/083 293 0263 of Peet Crous 012 348 4004/079 893 5572 met gebedsversoeke. Gemeentevroue Komiteevergadering 16:00 (A21). Bybelstudie 19:30 (A21) – Johan Jooste.

DINSDAG

Bybelstudie 08:15 (Nerina Deale, Elveramstraat 51, Lynnwood Glen, 012 361 1896) – Peet Crous 012 348 4004/079 893 5572. Bybelstudie 08:30 (Koinonia) – Eric Scholtz 012 361 4219/082 856 5959. Bybelstudie 19:00 (Kapel) – Peet Crous 012 361 4219/079 893 5572. Bybelstudie 19:10 (Koinonia) – Immanuel van Tonder 079 893 5572. Tema: Room van Romeine 8:1-17.

WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Young-couples-omgeegroep 19:00. Meer inligting: Fay van Eeden 083 478 0854. Bybelstudie 09:00 Lynnwood Oord – Johan Jooste. 24/7 T-Tyd in 2013. Christelike Meditasie 07:00 [Kapel]. Kontak: Kosie de Clerk 083 299 7263. Bybelstudie 08:15 (A21) – Eric Scholtz 012 361 4219/082 856 5959.

Bewys van Lidmaatskap | Cecelia Barnard-Van Zyl, Hanningtonlane 15, Buttonweg, Lynnwood Glen, 082 739 8754. Gerhard Hugo, Meer-en-Dal 12, Prioryweg 99, Lynnwood Manor, 072 356 4514. Fritz Buys, Alcadeweg 35, Lynnwood Manor, 076 432 6781. Martin, Karla en Annelie Buys, Alcadeweg 35, Lynnwood Glen, 079 704 2896. Herman, René, Alex en Jenna le Roux, Millers Mile 436A, Lynnwood Manor, 012 348 2079.

BEDIENINGSNUUS Ya Bana kleuterskool | Ons getalle het aangegroei tot 151 met 'n nuwe peuterklas (2 – 3 jariges). Indien u enige speelapparaat vir hierdie ouderdomsgroep onder stof iewers in u huis het kan u dit gerus aan ons skenk – dit sal goed gebruik word. Enige kantoortoerusting (kabinette, laaikaste, liasseer apparaat, ens) is ook meer as welkom, asook gebruikte papier met een skoon kant. Baie dankie vir u gewaardeerde ondersteuning by al ons uitreike. Amanda Gazendam 082 458 9440. Uitreikfoto-bekendstelling hierdie week: TABITA | Hierdie week wys ons graag vir u hoe lyk Tabita! Naaldwerkklasse (ook kwiltklasse op Donderdag) word deur helpers uit die gemeente aan die huiswerkers gebied. Ons benodig asb dringend helpers om Dinsdae en Donderdae (14:00 – 16:00) in die kerksaal te kom help. Enige skenkings van materiaal, ens. is meer as welkom! Selma du Preez 012 361 1626/082 448 6413. Boomplant | Wolf en Marie Weidemann plant vanoggend 'n Rooi Ivoor op die Noord eiland. Seksuele Verslawing | As jou seksuele gedrag vir jou verhoudings, beroep, emosionele of wetlike probleme veroorsaak, maar jy kry nie jouself gestop nie, het jy moontlik 'n probleem. Seksuele verslawing strek oor 'n wye spektrum van gedrag, insluitend kompulsiewe pornografie gebruik, anonieme seks, prostitusie, sensuele massering, buite-egtelike verhoudings, ens. Daar is 'n ondersteuningsgroep gevorm by Stellastraat Gemeente onder die vaandel van Sex Addicts Anonymous. Meer inligting www.saarecovery.org; saapretoria@gmail.com of skakel 083 462 9625. Seniorbediening | beskik oor 'n diens om persone te help met vervoer na doktersafsprake, ens. Mense wat vervoer of hulp nodig het kan vir Nelia Louw skakel 082 685 8900. Bybels in ander tale @ R40 | by die kerkkantoor beskikbaar. Tukkie Eerstejaarskamp 21 – 25 Januarie 2013 | meer inligting op die kennisgewingborde.

 Besoek gerus die Info-toonbank op Sondae vanaf 09:00 – 10:00 vir enige navrae.


Afkondigings 20 Januarie 2013