Page 1

9

krit Krit Sondag 30 Maart 2014

RESENSIE: Boeing, Boeing

Gehoor vlieg heelpad saam Mariana Malan

D

ie eerste paar boudjies ontlok ’n gilletjie. Die tweede paar skaars ’n snak na asem. Daarna volg nog verskeie lenige lywe soos die dag wat hulle in die wêreld gekom het. Glad nie die soort kleredrag (of gebrek daaraan) wat ’n mens in 7de Laan sal sien nie. Ja, die manne is meer bekend vir hul rolle in dié sepie as kaalbas op die verhoog rondpronk. Maar dit lyk nie of hulle ongemaklik is nie. En ’n mooi lyf was nog nooit lelik nie. Die brigade gryskoppies wat die eerste opvoering van die stuk bygewoon het, het nie geskok gelyk nie. Niemand het uitgestap nie. Die stoute grappies en skuins verwysings na flankeerdery tussen dieselfde geslag het eerder

vermaak as aanstoot gegee. Marc Camoletti se oorspronklike teks gaan oor die kaskenades van een man en drie lugwaardinne. Hierdie keer is daar in plaas van waardinne drie koffie-moffies (nie my woord nie, dit lê so in die volksmond). Jy weet reeds om iets aweregs te verwag as die suggestiewe rooi poef heel voor op die verhoog staan. Hier is ’n interkontinentale groepswoeps van formaat, met die vlugkelners van verskillende rederye wat oor die drumpel dartel. Niks van die oorspronklike klug-elemente word ingeboet nie. Dit word eerder nog meer beklemtoon met die stuitige woordspelings en seksuele innuendo. Die vertaling is in die kol en as ’n mens dit mag noem, kan sekere lugrederye daaraan dink om hul vlugkelners juis in hier-

Een van die groot komiese onthullings uit Boeing, Boeing. Foto: HERMAN VERWEY

BOEING, BOEING Geen o/14 S SANW­OUDITORIUM

die soort pretdrag te klee. In kinderteater kry ’n mens baie dat die kinders die goeie

outjie teen die booswig waarsku. Maar hierdie keer het daar hulp uit die gehoor gekom om te keer dat die verkeerde meneer by die verkeerde deur instorm. Daar word sonder meer uit die gehoor geroep dat die geel deur die verkeerde een is, die blou deur vermy moet word en dat die rooi een moeilikheid voorspel. Terug op die verhoog na ’n lang afwesigheid is Lindie Stander met ’n onverskrokke haardos en perfekte komiese tydsbe-

rekening. As ’n mens moet bespiegel oor die feit dat almal hierdie gaykaskenades sonder meer aanvaar, is dit omdat al die karakters totaal oordrewe, totaal stereotipiese gays is. Hier is sommer drie trippelende, flappende, voëls wat met helder kleure spog in een vertrek vasgevang. Gewoonlik kry ’n mens so een uit tien van hulle op ’n hoogs uitsonderlike geleentheid bymekaar.

Só sê hulle Om poedelnaak op die verhoog te wees, is niks vreemds vir dié 7de Laan­sterre nie, vertel hulle vir Piet Matipa.

Hendrik Cronjé (Lucas in 7de Laan) sê hy geniet dit om weer saam met sy 7de Laan vriende te kuier. Hy wys ook ’n paar keer sy agterstewe vir die gehoor.

Heino Schmitt, wat die rol van Altus in 7de Laan vertolk, wys ’n paar keer sy boude vir die gehoor. “Dit is baie lekker om met my vriende te kan werk. Hulle is soos my broers,” sê hy oor Boeing Boeing.

Vandag by die atkv-Neelsie: 30 MAART 2014 Gedigte sonder grense – Kom vier saam met Marion Holm ons beeldskone woordeskatte uit Afrikaans

9:00

Ken jy tant Mossie? – Die groen FAK-bundel word afgestof en die krane oopgedraai vir ’n musikale fees van vernuwe volkstreffers!

12:00

Homage - ’n huldiging van Suid-Afrikaanse komponiste – Klassieke kamermusiek

15:00

Doep is nie dood nie – Dié produksie is ’n jukstaposisie van hoe Koos du Plessis in woorde en note oor die lewe besin

18:00

Vandag by die atkv-Karoo Kafee: 30 MAART 2014 Koeitjies en kalfies, ditjies en datjies – ’n Splinternuwe baadjie word vir die storievertelling-genre aangetrek. Met Marion Holm 18:00

Ook by die ATKV-Karoo Kafee:

Hou die program dop vir die daaglikse Die Burger Praat Saam-reeks; die Skrywers- en Boekgesprekke, en Kunsklets.

Amen:

Van Mozart tot Madonna . . .

Lindie Stander, wat in Binnelanders gespeel het, is aan die ontvangkant van al die vel­wysery. “Ek weet hoe almal se anatomie lyk. Maar ek staan nie backstage en kyk na al­ mal se totties nie,” skerts sy. “Al­ mal hier is baie professioneel. Hulle het my van die begin af deel van die span laat voel.”

’n atkv-musiekproduksie in samewerking met die US Woordfees. Drie soliste: Rina Hugo, Zanne Stapelberg en Hlengiwe Mkhwanazi, ’n massakoor en ’n 9-stuks orkes. Moenie die laaste opvoering van hierdie uitsonderlike produksie misloop nie.

Werner Coetser, die Laan se Bernard, sê hy is té gemaklik met sy lyf vir die naaktonele om hom te pla. Dit was wel ’n uitdaging om die rol van ’n gay karakter te vertolk. “Dit is heeltemal anders as wat ek van te vore gedoen het.”

Musiekregisseur: Ockie Vermeulen. Absa Burgersentrum: 30 Maart, 10:00

Wenner van atkv-Tienertoneel 2013 by vanjaar se Absa kknk!

Sneeuwitjie en die Sewe Zombies:

Hoër Meisieskool Bloemhof se genotvolle musiekkomedie geskep deur die bekroonde Christiaan Olwagen en André Gerber. Oudtshoorn Courant Van Reedesaal: 3, 4 en 5 April.

Krit kr krit 9  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you