Page 1

4

krit Krit

Maandag 31 Maart 2014

RESENSIE: Rondomskrik

Shaleen Surtie­ Richards en Crystal­ Donna Roberts in Rondom­ skrik. Foto: DEON RAATH

Sensitiewe spel lig ons uit tragiek Marina Griebenow

I

n Die Naaimasjien van dramaturg Rachelle Greeff is daar één spesifieke oomblik waar my hart aan stukke geskeur het al vier kere wat ek dit gesien het. In haar nuwe drama, Rondomskrik, breek jou hart egter kéér op kéér, en dan nóg ’n keer. Rondomskrik se vertrekpunt is die gru-verhaal van die 17-jarige Anene Booysen se verkragting en moord, maar Greeff se toneelstuk is veel meer as ’n swaar nabetragting of ontleding van ’n insident wat van alle sin en rede ontdaan was. Dit gaan eerstens oor ’n tiener X Antjie Fortuin (Crystal-Donna Roberts) X wie se potensiaal en drome van ’n beter lewe raakgesien is en gekoester word deur Jasmien Jacobs (Shaleen Surtie-Richards), haar onderwy-

seres. Omdat die uiteinde van die storie bekend is, dra selfs die kleinste insident, gebaar of woord swaar aan betekenis. Regisseur Hennie van Greunen, met sy kenmerkende oog vir detail en puik aanvoeling vir wat mense sal raak, handhaaf egter deurgaans die noodsaaklike balans tussen erns en luim sodat jy nie verswelg raak in die tragiek van die verhaal nie. Hierin word hy knap bygestaan deur die twee hoofspelers. Roberts blink uit as Antjie en toon sy het die nodige emosionele reikwydte om die lig én donker oomblikke te dra. Surtie-Richards se diepte en ervaring wys in haar egtheid, warmte en passie wat jou laat verlang na daardie één leerkrag wat ’n verskil in jou lewe gemaak het. Jasmien is die mondstuk vir Antjie se verhaal en sy begin deur te verduidelik waarom die

RONDOMSKRIK SANW­OUDITORIUM

verhoog besaai lê met papiervliegtuie. Haar pa, gespeel deur Richard September, was ook ’n onderwyser wat vir elk van sy leerders ’n papiervliegtuig gevou het. Vir hom het dit sy taak as leerkrag gesimboliseer, naamlik om elke kind te leer om bo sy of haar omstandighede uit te styg. September en Lee-Ann van Rooi speel om die beurt al die ander karakters, September se spel is verbysterend en dis veral sy Gigi wat harte steel en met gemak die drama se ontknoping

dra. Op Van Rooi kan jy altyd staatmaak vir ’n stewige, weldeurdagte vertolking. Hul karakter- en toneelwisselings is só seepglad dat dit kompleet voel of jy in die loop van die drama kennis maak met die hele Rondomskrik-gemeenskap. Dis belangrik, want hulle is ons en ons is hulle. Deur hulle leer ons vir Antjie ken en in haar sien ’n mens weer die kinders vir wie jy ken en liefhet. Daar’s nêrens ’n groter behoefte aan ubuntu as in dié situasie nie.

RESENSIE: Barok en Roll

As orrel en kitaar paar ... Willem Bester ’n Orrel en ’n elektriese kitaar is onwaarskynlike bedmaats. Die kroos van so ’n unie kan óf ’n moraliteitsonde óf ’n lokroep tot plesierigheid wees. In die geval van Barok en Roll is dit, gelukkig, laasgenoemde. Dié breinkind van Ockie Vermeulen (musiekregisseur en orrelis) is nie heeltemal so “vernuwend en oorspronklik” as die feesgids dit wil hê nie. Die liefdesverhouding tussen Barok- en rockmusiek is immers al dekades lank af en aan. En wat is daar om nie van te hou nie? Stuwende ritmes, verleidelike harmonieë en verraderlike lopies... sekerlik alles dinge wat enige klassieke of rockmusikant (wat sy sout werd is) se knieë lam en vingers jeukerig sal maak. Vermeulen se gelukkige orkes van reëlbuigers is Lizelle le Roux (viool), Juan Oosthuizen (kitaar), Denny Lalouette (baskitaar) en David Klassen (tromme). Hulle takel alles van Bach en Vivaldi tot Abba en Karl Jenkins – dit is amper verbasend die ouditorium het nie, soos die mure van Jerigo, inmekaar getuimel nie. Die crossover van Barok na rock werk meestal beter as andersom. Bach se bekende Toccata en Fuga in D mineur gee jou eenvoudig soveel

Ockie Vermeulen Foto: DEON RAATH meer om op voort te bou as “Skarumba”. Ten minste is “A whiter shade of pale” en “Money, money, money” darem amper klassieke musiek. Daar was selfs ’n stukkie jazz in die “Winter” uit Vivaldi se Vier Seisoene. Die klank was ongelukkig heeltemal oorversterk vir die ruimte – nie dat dit gelyk het of dit die waarderende gehoor te veel gepla het nie. Dis iets wat oud en jonk, musikaal geletterdes en sing-in-die-stort-tipes ewe veel kan geniet. Maar dis ’n produksie wat ’n groter skilderdoek kort. Dit verdien nie om vasgekeer te wees voor ’n kansel tussen vier mure nie. Dis iets wat in die buitelug hoort, om ver oor die Klein Karoo se vlaktes te weergalm.

BAROK EN ROLL NGK PARK

Krit kr krit 4  
Advertisement