Issuu on Google+

4

Krit Saterdag

feesnuus

4 | Saterdag, 29 29.3.2014 Maart 2014

KKIK­toets wat weet jy?

Terwyl jy in die ry staan ... 1. Wie het oor sy eerste feesvertoning saam met Mimi Coertse gesê: “En toe sy instem vir die projek was my eerste reaksie: maar wat soek sy nou saam met ’n fool vol lipstiek op dieselfde stage?” 2. Watter 90-jarige tree vanjaar by sy eerste fees op? 3. Watter twee veteraanakteurs speel die eerste keer in ’n twee-persoon vertoning by vanjaar se fees? 4. Watter Afrikaanse sanger se werk was die onderwerp van ’n produksie tydens die eerste fees, en nou weer, in 2014? 5. Het Laurika Rauch Elvis Blue gevra om saam aan ’n produksie te werk of andersom? . Die antwoorde verskyn môre in Krit.

Wen kaartjies Hou Krit môre en Maandag dop en staan ’n kans om show­kaartjies te wen.

Als reg vir groot eet en drink Cara­Lee Sheun Meer as ’n ton pizza, 19 200 blikkies koeldrank en 480km toiletpapier. Dít staan onder meer gereed vir die duisende feesgangers wat van vandag af op Oudtshoorn toesak vir die 20ste fees. “Ons weet al hoe vinnig daar na ’n koeldrank of water gesoek word. Ons staan reg en verkoop minstens 100 kaste koeldrank per dag,” sê Koos Jonk, bedryfsbestuurder van Coke-produkte vir die fees. By fees-veteraan Kobus se Gat is

Sandra Prinsloo se top­10 dubbeldoor Hart en see, Laurika Rauch en Elvis Blue se musiek­ vertoning, het tot dusver die meeste kaartjies by vanjaar se fees verkoop. Sandra Prinsloo en Marius Weyers se Vir Ewig en Altyd is in die tweede plek. Nog ’n stuk met Sandra Prinsloo, Wie’s bang vir Virginia Woolf?, is ook in die top­vyf. Die Huisgenoot Treffer na Treffer Afskopkonsert is derde en kort op sy hakke is die Huisgenoot Klein Karoo 20 jaar Pops­konsert. Nicola Hanekom se Land van Skedels is sesde (sien Bladsy 10) en Boesman, my seun, wat op populêre aan­ vraag terug is by vanjaar se fees, is in die agtste plek. Drie komedies rond die top 10 af: Die Buite­egtelike Oupa, ddbb... Dowwe Dolla betaal belasting en Die­hoe­ se­wat­se­wie­nou­weer? Die komedie Ballade van ’n Banggat met Tobie Cronjé asook David Kramer­unplugged, is uitverkoop, maar is nie in die top­10 nie weens hul klein lokale by die fees. – Piet Matipa

werknemers reg om 20 000 roosterkoeke te maak. André Theron, eienaar van Fish and More wat vanjaar vir die eerste keer by die fees werk, het reeds ’n plan B. “Ons glo sowat 120 liter se olie sal genoeg wees om die 500kg se vars vis en skyfies te bak.” Maar sou die vis nie genoeg wees nie, het Theron ’n verskaffer in Mosselbaai wat met spoedvervoer sal aflewer. Suzaan Keyter, feeswoordvoerder, sê meer as 200 000 mense het verlede jaar se fees bygewoon.

Rooitapyt vir verebaljolyt Vier vlieënde rooi spikkels en ’n pienk volstruisveer-rok. Só het die Bravo!-verebal, op die vooraand van die 20ste Absa KKNK, gisteraand by die Oudtshoorn-vliegveld afgeskop. Gaste is in Hollywood-styl op die rooitapyt ontvang terwyl aanhangers foto’s geneem het. Maar kort voordat die wolke agter die berge verdwyn het, het die aandag van die celebs – onder wie Shaleen Surtie-Richards, Jak de Priester en Karen Zoid – na die rooi spikkels in die lug verskuif. Vier weermag-valskermspringers het die koffietafelboek – KKNK 20 aan die Bravo!-aanbieder Tracey Lange oorhandig. Lange het behoorlik in haar rok gepronk: “Ek voel sommer deel van die Karoo in my volstruis-mooi rok.” “Die boek was in goeie hande. Tussen die vier van ons, het ons meer as 3 500 spronge onder die belt,” het Antony Meyer gesê. – Cara­Lee Scheun

’n Valskermspringer lewer die feesboek af. Foto: DEON RAATH

Brecht­stuk sneuwel – vir eers Jan Gerber

“D

ie produksie móét gebeur. Al is dit oor ’n jaar in Oudtshoorn.” Só sê die dramaturg Saartjie Botha oor Moeder Moed en haar kinders. Die toneelstuk, wat vanjaar sy debuut by die Absa KKNK sou maak, is gekanselleer weens “persoonlike en menslikheidsredes”. Volgens Botha sou dit die eerste Afrikaanse toneelstuk met ’n swart regisseur, Jerry Mofokeng, wees. Dit is iets wat volgens haar lankal reeds moes gebeur het, veral by die KKNK waar daar ’n deurlopende debat oor betrokkenheid oor kultuurgrense heen is. Voorts is die stuk – ’n vertaling van Bertolt Brecht se Mutter Courage und ihre Kinder – met temas soos gierigheid en korrupsie – nóú baie relevant, selfs al is dit meer as 70 jaar gelede geskryf. Botha, wat Brecht se werk vertaal en verwerk het, hoop om dit volgende jaar na die KKNK te bring. Sy het op 7 Maart in oorleg met die senior-rolverdeling en die kreatiewe en opdraggewende vervaardigers besluit om die stuk van die feesprogram te onttrek. Dít nadat een van die spelers ’n

familielid aan die dood afgestaan het. Boonop het Mofokeng onlangs by die Vrystaatse Kunsteraad, Pacofs, as artistieke direkteur ingeval, wat baie van sy tyd eis. In die gewone gang van sake is dit reeds ’n nagmerrie om repetisietyd te skeduleer met akteurs wat in verskeie produksies speel en nog die pot aan die kook ook moet hou. Boonop is dit ’n besonder veeleisende stuk, het Botha gesê, met die teks wat eerder poësie as praattaal is. “Die akteurs se mind space moet reg wees,” het Botha gesê. “Dis nie die tipe stuk wat jy in drie weke kan repeteer nie.” Botha beskryf die nadraai van die kansellasie as “’n baie kompleksie situasie om op te los”, ’n proses wat nog aan die gang is. Nietemin begin repetisies vir die stuk se eerste speelvak op 20 April. Dit begin op 9 Mei in die André Huguenet-teater in Bloemfontein, in samewerking met die produksievennoot Pacofs. Theo Kemp, KKNK-programbestuurder, het gesê die kansellasie bring nie juis logistieke probleme vir die fees nie. Persone wat reeds kaartjies gekoop het kan dit by die kaartjiekantoor inruil.


Krit kr krit 4