Issuu on Google+

krit Krit Dinsdag 1 April 2014

3

Resensente­dagboek

Teater met hart, magiese duo’s en terugkyk Laetitia Pople Op die vierde dag van die Absa KKNK kyk ek graag reeds vlugtig in die truspieëltjie. Gewigtige sake word vanjaar aangespreek – van kinderverkragting, gesinsmoord tot genadedood. Vir my is die fees se top-produksie tot dusver ongetwyfeld Rachelle Greeff se Rondomskrik. Greeff bied insae in die gemeenskap waar ’n daad soos die verkragting en moord van Anene Booysen kan plaasvind. Soos met Willemien Brümmer se Braai, waarin ’n gesin uitgemoor word, wil ’n mens verstaan vanwaar die tipe verskrikking ontspring. Teater probeer om antwoorde te gee al bied dit nie hoop nie. Net in Rondomskrik word die mens met hoop gelaat. In Vir Ewig en Altyd met die veterane Sandra Prinsloo en Marius Weyers moet ’n paartjie ná dekades saam afskeid neem – die kwessie van genadedood word met eerlikheid en rou emosie blootgelê. As Weyers se karakter oplaas begin snik, kan jy nie anders as om self die sluise oop te maak nie.

Corlea bekoor die gehoor Mense op sosiale media kon gisteraand nie uitgepraat raak oor die sange­ res Corlea se optrede by die Huisgenoot­verhoog nie. Foto: DEON RAATH

‘’n Klein juweel’ Hierna het ’n mens verlossing nodig en dit bied teater met ’n ruim hart. Om die ervaring van die klein juweel Kontinuum – geskep met sand-animasie, skaduteater en akoestiese kitaar – te beskryf, is soos om jou posbus, gevul met gemorspos en advertensies vir goed wat jy nie nodig het nie, oop te maak en ’n handgeskrewe brief van ’n geesgenoot te kry. In onder ’n uur speel ’n liefdesverhouding uit, kompleet met seisoene wat wissel, vliegtuie wat vertrek, landskappe wat verbyglip en ’n Paryse straatkafeetjie. Dit word ’n klein landskap van afskeid en vertrek, maar met die belofte van nuwe moontlikhede. Voordat die Akoestiese Klanke-program my heeltemal verbyglip, gaan ek na rockster Karen Zoid en Zolani van Freshlyground luister. Dié samekoms beloof om so magies te wees soos Zoid en Vusi Mahlasela. Verbeel ek my of is die Nederlandse produksie Tatiana Aarons Experience die enigste internasionale teenwoordigheid op die fees? ’n Mens kan dit kwalik mis.

Die jaar toe Bles gesterf het D

ie jaar 2000 se fees word onthou vir die dood van Bles Bridges. Dit het gemoedere gedemp vir die eerste paar dae van die fees. Bridges (53) was op pad tussen Wolmeransstad en Bloemhof toe die ongeluk gebeur het. Sy vrou, Leonie, het dit oorleef. Koos Kombuis, wat tydens die Voëlvry-toer t-hemde met die woorde “Ek verpes Bles” versprei het, het aan Krit vertel: “Nadat Bles in Rapport afgeneem is in een van die t-hemde, het ek vir hom ’n brief geskryf waarin ek gesê het ek meen hy het die kritiek op sy kunstenaarskap goed gehanteer.” Pieter-Dirk Uys het gesê Evita Bezuidenhout “gaan die hele dag huil” en Rina Hugo het gesê “baie mense het goeie stemme en hope talent, maar het nie daai magic

nie”.

Vandag in die (Fees) verlede Ilza Roggeband

Plakkaat maak kwaad Een van die produksies op die Rimpelfees wat baie aandag getrek het – dalk vir al die verkeerde redes – was Jani van der Westhuizen se produksie Vote for Me. Reeds op die eerste dag was daar onmin oor die plakkaat vir die produksie wat die koppe van Eugene Terre’Blanche, Constant Viljoen en Louis Luyt op dié van kaalbors swart vroue gesit het. Toe Viljoen ’n plakkaat op straat raakgeloop het, het hy dit van die muur geskeur, opgefrommel en neergegooi. “Is dit bloot gedoen om reklame te maak of is dit ’n poging om die rol te ondermyn wat ek as politikus vir Afrikaners speel?” het Viljoen daarna aan ’n verslaggewer van Krit gesê-vra.

Bless Bridges met een van die vele kasette wat hy oor die jare vrygestel het. Foto: ARGIEF

Hy het die hulp van Luyt ingeroep om die plakkate te laat verwyder, maar Luyt het gesê dit pla hom nie. “Hy kan egter geen verantwoordelikheid neem as die plasing van sy gesig op die plakkaat negatiewe gevolge vir verkope het nie,” het Luyt deur sy woordvoerder Jan Bosman laat weet. Die plakkate het ’n versamelitem op die fees geword en is deur spelers in die produksie verkoop.

. Roggeband is die skrywer van KKNK 20, ’n feesboek wat teen R250 by die volgende plekke te koop: •PNA-boekwinkel by die CP Nel Museum •Die Absa KKNK-stalletjies in Baron van Reede en die Rivierbuurt •Aanlyn by www.absakknk.co.za •PNA-boekwinkel by die ATKV Karoo Kafee by Arbeidsgenot.


Krit kr krit 3 sq003 kr003