Page 1

Krit

19

Saterdag, 29.3.2013 | 19 Saterdag 29 Maart 2014

In die Oog met Murray La Vita

Gesien en gehoor op Worcester Die kroegman van die Protea Hotel op Worcester sê hy drink nie. Hy is jonk en sy naam is Lydon. Een laatmiddag het ’n vrou en haar twee dogters van so agt nege jaar oud daar aangekom. Die twee het gaan snoeker speel en hul ma het ’n bottel rooiwyn bestel, sê Lydon. Later het sy tequila gedrink en hom toe gevra of sy vir hom mag sing. Dit was net die twee van hulle daar by die kroegtoonbank. Elders het die dogters nog gespeel. Toe begin die vrou Skipskop van David Kramer sing. Lydon het dit nie geken nie. Hy het daar gestaan met ’n vadoek in sy hand terwyl die vrou sing: Die kunstenaar en digter­skrywer Louis Jansen van Vuuren by ’n werk waarin die selfdood van sy pa figureer. Foto’s: LERATO MADUNA

Wat die oog sien

I

n die Victoria Memorial Hall aan Baron van Reedestraat tref ons Louis Jansen van Vuuren en sy uitstalling OOGWINK: ’n Kunstenaarsblik, ’n Tentoonstelling in drie dele, aan. Die man met die besonder treffende blou oë neem ons op ’n rondleiding deur die galery. “Die brief was dat ons ’n tentoonstelling oorweeg wat so half jou werksruimte of ateljee reflekteer, en dis onmoontlik tog om my Franse studio hierheen te bring. “Toe het hulle vir my dié ruimte gegee en ek het met ’n argitekvriendin van my gepraat en vir haar gesê wat ek wil doen en sy het toe dié binneruimte vir my geskep. “So my tentoonstelling is in drie dele gedeel: vier kontemporêre stukke wat ek nou gedoen het plus die oogjuwele in die binnekant en dan net so ’n stukkie wat “Terugblik” genoem word. “Hierdie is ’n skildery wat in 1977 gedoen is en dan is daar net so hier en daar ’n spot uit elke era. “Ek hou van collaborations so met die oogjuwele het ek saam met drie juweliersvakleerlinge van Prins en Prins gewerk om hierdie werke te skep wat gebaseer is op die Victoriaanse en Eduardiaanse oogjuwele of liefdesjuwele. So ek het die pasteltekeninge van die oë gemaak en vir die kinders so ’n bietjie gewys en die drie vakleerlinge then just went to town. Dié saamsnoerkuns is vir my wonderlik.” Die oog word dan omraam met byvoorbeeld pêrels, ’n arend of edelgesteentes. Ook ou foto'tjies (herinneringsobjekte) in ronde silwerraampies met gesigte waarvan die gelaatstrekke daar onder die dowwe glas deur tyd vervaag is. “Ook horlosietjies wat so half sê: Tyd stap aan.” Op die agtergrond van hierdie werke is handgeskrewe sinne. “Dis dan gedigte wat ek geskryf het wat met die oog te doen het. Dis so half automatic writing, maar dit maak sin

Louis by een van sy reuse­portrette.

uit. Dit gaan nou moeilik wees om dit te sien, maar soos ek dit doen, skryf ek ’n gedig oor die hele ding van ‘kyk na my’, ‘moenie wegkyk nie’ – alles te doene met die oog. En dan word dit net ’n goeie dialoog vir my tussen die oog, die juwele en die sketse. “Partykeer is daar vreemde goed wat uitkom ... stout goed,” sê hy en lag. “Soos skielik skryf ek: ‘Soen my weer en doen dit hárd!’ Jy weet, súlke goed. Dan kom ons weer te staan voor daardie skildery uit 1977. Ons kyk na die buitelyne van ’n man se kop en skouers en ’n deel van sy bolyf. In die middel van die bolyf is ’n blom. Ook is daar ’n aantal rooi gate in die bolyf. By een drup ’n straaltjie rooi uit die gat. Die gat in die figuur se kop is dowwer as die ander. Onder die figuur verskyn die woorde: Roekeloos die mens wat liefdeloos lewe. “My pa het gedurende daardie peri-

ode selfmoord gepleeg . . . met ’n vuurwapen . . . teen die kop.” En dan die ontroerende mededeling wat daarop dui dat die kind die dood van die vader ongedaan wou maak of versag: “Dit is hoekom hy (die gat in die kop) ligter gemaak is. So dit reflekteer so ’n bietjie van mý.” ’n Aantal skilderye uit ’n vorige uitstalling getiteld “Memory and desire” hang ook hier in die ou Presbiteriaanse kerkgebou. Een van hulle is van twee mans met die gesigte na mekaar gedraai. “Dit is ek en my pa in kommunikasie.” Rondom hulle tuimel die figure van Mickey en Minnie Mouse. “Dit suggereer so half kind, of dit kan soos ’n krans om ons koppe wees. Hy kyk so half weg ... hy sien my nie raak nie.” Onder sy onlangse werk is die reuse, intense portrette van veral vroue, ook stillewes waarin rou vleis die fokus is. Louis vertel van die veiligheidswag by die galery, Annie Makoma, met wie hy besig is om ’n band te vorm. “Toe sê ek vir Hardy (Olivier, sy lewensmaat) gisteraand: dáái wisselwerking is tien teen een waarvoor ek hier is; dáái oomblik. Ek is nou tevrede; wie nou kom met hakke en shawls en whatever ... Daar het ek ’n diep ménslike interaksie gehad. En dit was vir my die mooiste oomblik gewees.” Annie is ’n klein vrou met blink oë. Sy kan stip kyk. “Ek het al die werke aanskou, maar meneer het gesê hy gaan nog vir my verduidelik waaroor die werke gaan. Ek het nie baie kennis van kuns nie maar daar is een waarvan ek hou.” Sy gaan wys ’n kunswerk van Christiaan Conradie waarin ’n ou man sonder voete figureer. Dit heet “Die Speelgoedmaker”. “Dié oom is móég. Jy kan sien hy het ’n swáár lewe gehad. Hy kom ’n ver pad. Dís wat ék sien,” sê Annie. . Onder die ander kunstenaars wie se werk van Louis se uitstalling deel vorm, is Ingrid Winterbach, Adriaan Diedericks, Ma­ rie Stander, Ruan Huisamen, Johan Wilke, Elizabeth Gunter en Klara­Marie Den Heijer.

pak op, pak op sit jou goedjies op jou kop more gaan ons weg, ver van hier weg skipskop, skipskop, wanneer hou die dinge op swaarkry lê net voor die blou berge oor overberg se mens isse ek gebore, op die plek skipskop nes my pa en sy pa ook. Wanneer ons groet en regmaak om te vertrek, sê Lydon die vrou het toe vir hom verduidelik waaroor David se liedjie gaan. Die oggend kyk ek by die hotelkamer se venster uit op die agterplaas van ’n huis. Daar staan ’n vrou en wasgoed ophang. Sy is effens oorgewig en het lang donker hare. Op die muur van ’n buitegeboutjie is met ’n lomp hand ’n vlag geverf. Dit het drie kleurbane: oranje bo en daaronder wit en blou. In die middel van die wit baan is daar ’n smeerseltjie kleur. Dit is nie duidelik wat daar afgebeeld is nie. ’n Man leun oor ’n muurtjie van ’n woonstel en kyk, soos ek, ook vir die vrou. Hy rook en op sy kop is ’n rooi pet. Wat ek ook kan sien, is ’n ander werf, waarskynlik dié van ’n onderneming. Daar staan rye en rye gasbottels langs mekaar.

Lees môre oor die foto­ graaf Michael Hammond se belewenisse op Ora­ nia. Die foto’s wat hy daar geneem het, word op die fees uitgestal. Foto: LERATO MADUNA

Krit kr krit 19  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you