Issuu on Google+

krit Krit Dinsdag 1 April 2014

’n Bitter­soet ervaring Cara­Lee Scheun Sjokolade en bier is ’n ongewone kombinasie. En as die bier boonop deur ’n dominee gebrou word, mik ’n mens waarskynlik vir ’n eerste. G’n wonder Sjokolade en Bier – Magnifique maak daarop aanspraak dat dié Klein Karoo-ervaring – met ds. Dieks

Theron, mikro-brouer, en Marita Lamprecht, sjokolateur – ’n eerste in Afrika is nie. Danksy Theron se voorliefde vir Jack Daniels-whiskey het hy probeer om dit self te maak. “Ek het gou besef ek moet eers bier brou voor ek whiskey kan maak en net daar het ek vasgehaak.”

Lamprecht erken dit was nie ’n oornag-sukses om die bitter-smaak van bier met die soet smaak van sjokolade te kombineer nie. “Ná baie proe en drink het ons die twee smake gekry om mekaar te komplementeer eerder as opponeer.” . Maak dié ervaring tot 4 April by die Bibsaal mee.

Spot maar, Steve pot nie meer nie A

s jy die Pampoen-sanger Steve Hofmeyr ’n paar jaar gelede gespot het, kon hy jou dalk gepot het. Nou reageer dié bul met: “Hehehe, ek neem nie aanstoot nie.” Dít is hoe Hofmeyr op die eenmanvertoning Affairs vir Domkoppe gereageer het X al was dit nie baie gaaf teenoor hom nie. In teenstelling hiermee het hy in 2002 tydens die fees vir Jan-Jan Joubert, toe dié redakteur van Krit was,

ten aanskoue van ’n groep feesgangers te lyf gegaan en bo-op ’n tafel voor ’n kosstalletjie gegooi. Hofmeyr was woedend oor ’n resensie deur ’n redaksielid wat in Krit verskyn het oor sy vertoning Engele om ons. Die resensent het verwys na Hofmeyr se “hiperk*k skoene”. Klaarblyklik gaan 7de Laan se Chris Vorster dié jaar nie Hofmeyr se vuiste proe nie. In dié toneel skep hy ’n scenario waarin ’n fiktiewe Hofmeyr met ander karakters soos “Kurt Darren” lesse by “Marius Weyers” kry oor hoe

om beter egbrekers te wees. “Hofmeyr” is ’n seksbehepte man wat hou daarvan om die woord “ek” te gebruik. Vorster maak Hofmeyr se stem goed na. Op die verhoog is daar ook ’n skets van Hofmeyr sodat jy presies kan sien van wie hy praat. Dié karakter maak ook onskuldige woorde soos “kom” vuil. Hofmeyr se vrou, “Liz Meiring”, en swangerskelmpie, “die Flooze”, maak hom op die ou end dood, omdat hulle uitvind dat hy hulle verneuk het. Hofmeyr het dit alles afgelag.

Só kom jy waar jy moet wees Is jou voete seer geloop? Dit is wat jy van die Absa KKNK se amptelike pendeldiens moet weet: Hoe dit werk Opsie 1: Pendelaars kan tot by die pendel­ diens­standplaas gaan en van daar ’n bussie na die verlangde venue neem. Opsie 2: Pendelaars kan by hul woonplek of venue deur die pendeldienste opgelaai word, mits dit vooraf gereël word. Waar is die pendeldiens­standplaas? Op die hoek van Voortrekker­ en Langen­ hovenstraat, voor die Absa Burgersentrum.

Vernuftige verkopers weer saam Nielen de Klerk

‘‘

Agttien jaar gelede het Hulle word ses vroue die pad van Kaapstad na ook baie Oudtshoorn aangepak meer opge­ om die feeskoerant Krit te verkoop. chat En so het dit vir vyf jaar aangehou. Die — HANNELIE CRONJÉ vrouens, wat almal in daardie stadium vir Die Burger se Snuffelgids gewerk het, het die fees hul jaarlikse moetdoen-geleentheid gemaak. Vanjaar is hulle almal terug vir die 20ste Absa KKNK – en die verkope lyk beter as ooit. Minette de Villiers, Janine Strydom, Belinda Smit, Catherine Phillips en Lize Mulder het almal vanjaar saam in ’n koshuiskamer ingetrek. Saam met Hannelie Cronjé, die uitgewer van Krit, is hulle die oorspronklike groep verkoopsvrouens. Volgens Cronjé, verkoop die ouer vroue baie meer koerante as hul jonger mede-verkopers. “En hulle is steeds betyds (vir werk) in die oggend al kuier hulle tot laataand. “Hulle word ook baie meer opgechat,” voeg sy laggend by. Mulder skryf hul verkoopsukses toe aan die feit dat hulle meer kennis het. “Ons verkoop eintlik die hele fees,” sê sy. Daar is dikwels mense wat hulle raad oor vertonings vra of net aanwysings soek en hulle is dan meer as gewillig om te help.

Chris Voster staan voor ’n tekening van Steve Hofmeyr en maak hom na in die toneelstuk Affairs vir Domkoppe. Foto: DEON RAATH

Piet Matipa

17

Pendelaars kan ook by vooraf­bespreekte punte opgelaai word. Roete Slegs in Oudtshoorn se feeskern. Dit sluit verblyfpunte en venues in. Kostes Kaartjies beloop R10 per rit (bv. R10 na ’n venue en weer R10 terug na jou woonplek). Afslag Absa­kliënte kry 50% afslag per rit. Wys net jou Absa­kaart. Die afslag is net geldig wanneer jy kaart­ jies by die pendeldiens­standplaas koop.

Vervoer tyd Daagliks, 08:00 – 23:00 Vir vervoer, kontak: Ballie Rhodes 0 084 077 4371 David Ewers 0 083 524 2110 Onthou Maak seker jy klim in die amptelike ge­ merkte taxi. Kyk uit vir die groot rooi plak­ kaat, “Pendeldiens moontlik gemaak deur Absa,” aan die sydeur van die taxi. Meld ook minstens 30 minute voor ’n ver­ toning by die pendeldiens aan. – Cara­Lee Scheun

Is dit nog hipnoti­seer? Piet Matipa André, die Skreeusnaakse Hipnotiseur, het sy vertoning gisteraand gekanselleer nadat hy meerdere bysteke opgedoen het. “Dit is asof die bye nie wou hê ek moet op die verhoog gaan nie,” het hy André eergister geskerts. in Oudtshoorn. Hy het gister met twee opgeswelde oë wakker geword nadat ’n by hom die vorige aand in sy linkeroog gesteek het. Hy was besig om vir een van sy vertonings voor te berei. “Ek moes iets gedoen het wat hulle gepla het.” Hy is toe dokter toe en dié het die nuus gebreek dat André nie op een, of twee plekke deur bye gesteek is nie, maar drie. “Ek is op my maag en kop ook gesteek.” Hy het gisteraand nog met ’n angel in sy linkeroog rondgeloop. “Ons kon nog steeds nie die angel (in sy oog) kry nie. Ek voel net ’n krapperigheid.” Die dokter het André ingespuit en pille voorgeskryf wat hom heeldag “deurmekaar” laat voel het. Hy het die hele oggend in die bed gelê. Dit is gedoen met die hoop dat hy teen die aand sou beter voel. André sê die kinders kon nie ophou na hom staar met sy opgeswelde oë nie. “As ek aangegaan het met die show, sou die gehoor nie die beste een gekry het nie,” het hy gesê. . André, die Skreeusnaakse Hipnotiseur, is nog vanoggend 11:00 vir oulaas in die Gimsaal te sien.


Krit kr krit 17 sq017 kr016