Page 1

16

krit Krit

Dinsdag 1 April 2014

Die Ou Pastorie:

Mimosa Lodge: Die huis is in 1907 vir ’n Joodse handelaar ont­ werp. Hierdie huis, wat as gevolg van die styl as ’n tipiese volstruis­ paleis geklassifiseer word, is tans die wo­ ning van Hazel Gibson­ Jonker en haar man. Sy is die toerleier van Oudtshoorn se historie­ se uitstappies.

Hierdie buitengewone huis van gekapte klip en hout is in 1881 gebou en spog met vyf kaggels dwarsdeur die huis. Dit was die woning van Ds George Murray en sy vrou. Die paar het sestien kinders gehad wat almal in die huis grootgeword het.

Hazel Gibson­Jonker, die toerleier.

Oor sandsteen en die rykdom wat vere bring Sandsteenhuise en volstruispaleise. Dít is hoe Oudtshoorn teen die einde van die 1800’s gelyk het nadat die florerende volstruisveerbedryf volstruisveerhandelaars behoorlik ryk gemaak het. Dié handelaars het in weelde geleef: in huise met spesiaal­ontwerpte spits­ torings waarvan meeste van die boumateriaal uit die buiteland ingevoer is. Hierdie huise is deur plaaslike inwoners “volstruispaleise” gedoop. Yolande du Preez het gisteroggend saamgestap toe Hazel Gibson­Jonker ’n groep van ongeveer vyftien kruis en dwars deur die dorp gelei het as deel van die fees se daaglikse Historiese Wandeltoer. Herman Verwey het die fo­ to’s geneem.

NG­kerk: Die kerk se konstruksie is in 1839 begin met plaaslike sandsteen. Die banke bestaan uit ore­ gonden wat per skip via Mosselbaai ingevoer is. Dit is eers in 1876 voltooi nadat die dak­ balke wat vroeër spesi­ aal laat maak is, nie gepas het nie.

Krit kr krit 16 sq016 kr015  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you