Issuu on Google+

14

krit Krit

Sondag 30 Maart 2014

KORTLIKS

GUNSTELING AFRIKAANSE FILM?

Wen kaartjies

Cindy Swanepoel, Anel du Plessis en Francois van Rensburg. Die re­ gie word deur Frans Swart behar­ tig. . Drie Krit­lesers staan die kans om dubbelkaartjies vir dié produksie los te slaan. Al wat jy hoef te doen, is om die volgende na 35075 te SMS: Wen Krit, jou naam en van en stad/dorp. Wen­ ners sal telefonies gekontak word en die organiseerders se besluit is finaal. SMS’e kos R1,50.

Hennie Smit, vir bykans 20 jaar bekend as Bertie in Egoli, keer vanjaar op 71 terug na die ver­ hoog as Deda in Lefra Produksies se nuwe klug. My Boetie se Sussie se Ou is van 2 tot 5 April te sien in die Weermagouditorium met ander bekendes soos David Rees, Botha Enslin, Anmari van Achterbergh,

In die blote uitvoering van iets, verdien Pad na jou hart dit.

Sallas de Jager

KKIK­toets wat weet jy?

Terwyl jy in die ry staan ... 1. Watter feesproduksie handel oor die alewige gejaag na net mooi niks? 2. Uit watter show kom dié aanhaling: “Daar’s net twee

dinge wat jy doen met ’n geweer – skyfskiet of vrekskiet.” 3. Wat was Glenda Kemp se slang se naam? 4. Waar by die fees kan jy ’n lewensgrootte babapop koop? 5. By watter vertoning het drie mense gister opgedaag?

Antwoorde op gister se vrae

1. 1995 2. TT Cloete 3. Sandra Prinsloo en Marius Weyers 4. Andersom 5. Koos du Plessis

K Multifunctional Devices

Telep h

s

ble uma

s Con

one S

Canon Business Center SWD

hop

yS Cop

ystem

Grap hic D e

Plus lots more... Knysna (Tel) 044 382 6241 George (Tel) 044 801 6700

www.canonec.co.za

sign

s

Ek sal dadelik sê Paljas.

Leatitia Pople

Deon Meyer Foto’s: JAN GERBER

Op soek na draaiboeke met oemf Jan Gerber

Total Office Equipment Solutions

Semi­soet – vir dit wat dit wou wees, is dit briljant gedoen.

waliteit draaiboeke is een van die grootste struikelblokke vir Afrikaanse films. Dit was gister duidelik toe oor die stand van Afrikaanse films besin is. Deelnemers aan die gesprek, wat deel is van die Kunskletsprogram by die ATKV-Karoo Kafee, was filmmakers Deon Meyer en Sallas de Jager, en Laetitia Pople, resensent vir Die Burger, asook Karen Meiring, kykNET se hoof (asook toe die Silwerskermfilmfees begin is). Ilza Roggeband, die gespreksleier, het gesê Suid-Afrikaners is geweldig kreatief – die storievertellers is daar, die akteurs is daar, die regisseurs is daar. “Wat kort nog? Wat is daai een ding wat ons nodig het om ’n Oscarbenoeming te kry vir beste buitelandse rolprent?” wou sy weet.

Meiring het sonder aarsel geantwoord: “Vaardigheid in draaiboekskryf. Dit is nie iets wat jy enige plek kan leer nie. “Ek dink draaiboeke is regtig ’n groot probleem, die skryf daarvan, want it’s all about showing, not telling. Dít is wat mense nie altyd verstaan nie, film is so ’n visuele medium.” Sy het gesê daar is ’n behoefte aan ordentlike draaiboekskryfkursusse en het meesterklasse vir draaiboekskrywers voorgestel. De Jager meen egter ’n goeie draaiboek is nie noodwendig die oplossing nie. “Ons grootste uitdaging op die oomblik – dis ’n kollektiewe uitdaging – is dat ons moet begin sterre skep. As ons nie begin sterre skep nie, gaan ’n goeie draaiboek nie noodwendig ’n goeie loketinkomste verseker nie,” het hy gesê.

Kontaklose kaart. Vinnig en gerieflik. Kry vandag nog jou Kontaklose kaart vir kooptransaksies onder R200 Besoek ons stalletjie by die KKNK-fees of die Oudtshoorn-tak vir meer inligting

Bepalings en voorwaardes geld Absa Bank Bpk Reg no 1986/004794/06 Gemagtigde Finansiëlediensteverskaffer Geregistreerde Kredietverskaffer Reg no NCRCP7

Beperkte begrotings, terwyl Suid-Afrikaanse films met die beste uit Amerika en Europa moet meeding, is ook ’n kopsorg. “Ek stem saam die gehalte van draaiboeke ís ’n probleem, omdat dit ook baie tyd vat. Jy het net soveel tyd om te bestee om dit te herskryf, so die dilemma op die ou end is die ding van geld, en dis ’n hartseer ding,” het Meyer gesê. Hy het voorgestel dat al die Suid-Afrikaanse filmmakers saamspan om een gróót produksie per jaar te maak. Hiervoor is ’n goeie netwerk van filmmakers egter nodig. Pople het gesê Afrikaanse gehore word onderskat, daarom fokus sommige filmmakers op die platvloerse om goed te doen by die loket. “Dis ’n proses waardeur jy met jouself moet gaan as ’n kunstenaar: Wat wil jy vir mense sê?”


Krit kr krit 14